100% found this document useful (1 vote)
12K views394 pages

BS Graad 12 LB Afr

Uploaded by

Dani Heyman
Copyright
© © All Rights Reserved
We take content rights seriously. If you suspect this is your content, claim it here.
Available Formats
Download as PDF, TXT or read online on Scribd
100% found this document useful (1 vote)
12K views394 pages

BS Graad 12 LB Afr

Uploaded by

Dani Heyman
Copyright
© © All Rights Reserved
We take content rights seriously. If you suspect this is your content, claim it here.
Available Formats
Download as PDF, TXT or read online on Scribd

BS GRAAD 12 LB AFR.

indb 1 2022/03/27 23:46:29


Absa Voorwoord
Absa speel ‘n vormende rol in Afrika se groei en volhoubaarheid deur gefokusde aksies wat kommersiële en sosiale aksies
saamsnoer, en sodoende gedeelde waardes skep. Absa het ‘n reeks programme geïmplementeer wat toegang tot gehalte
onderwys ten doel het om sodoende by te dra tot ‘n inklusiewe samelewing. Absa, in samewerking met die Departement van
Onderwys, is ‘n trotse finansier en ondersteuner van die Digitale Leerderboeke en Onderwysersgidse vir Besigheidstudies
Graad 10 tot 12.

Dr Reaan Immelman
Hoof: Onderwys Voorsiening

Gehalteversekeringspan vir die Digitale Besigheidstudies Graad 10 tot 12 Leerderboek en Onderwysersgids


Annacletta Fisane Ngubane, Busisiwe Zwane, Cherylleen Gordon, Enoch Rasmeni, Florence Baloyi-Jele, Fouzia Peters, Frank
Ofori, Habiel Adams, Handri van Rooi, Hester Steenkamp, Joyce Strydom, Leicester Momberg, Madeline Trollope, Maselo
Ditshego, Medupe Shadrack Mmui, Melanie Momberg, Mzikaise Masango, Nonhlanhla Gumbi, Petra Burger, Sybil Mdunge.

Projekbestuurspan vir die Digitale Besigheidstudies Graad 10 tot 12 Leerderboek en Onderwysersgids


Henry Kavuma – DBE Digitisation, Mimi Mini – DBE LTSM, Ntebo Mkhondo – DBE Administration
Jeanine Briggs – Absa Management, Julia Lhuillery-Moulder Project Coordination – Absa, Zainab Karriem Publishing – Absa

Vertaalspan vir die Digitale Besigheidstudies Graad 10 tot 12 Leerderboek en Onderwysersgids


Alfred Trollope, Christo Prins, Fouzia Peters, Habiel Adams, Julia Lhuillery-Moulder, Petra Burger, Warren Brink, Zainab Karriem

Graad 12 Leerderboek/Onderwysersgids

Boek ISBN: 978-0-6398336-4-4

Eerste uitgawe in 2022

Uitgegee deur: The Training Room Online en Imprint Publishing

Kopiereg van die inhoud behoort aan die bydraers.

Beperkings
U mag nie gedeeltes van hierdie boek of die boek in geheel kopieër nie – nie in gedrukte vorm, elektronies, oudio, video of
enige ander wyse – om wins daaruit te verkry nie.

Regte van ander kopiereg houers


Alle redelike pogings is aangewend om te verseker dat materiaal wat gebruik is, nie reeds deur kopiereg aan ander entiteite
behoort nie, of in enkele gevalle, dat toestemming verkry en erkenning houers van kopiereg verleen is. In enkele gevalle was dit
nie moontlik nie. Die uitgewers verwelkom die geleentheid om ‘n regstelling te doen aan nie-erkende kopiereghouers.

BS GRAAD 12 LB AFR.indb 2 2022/03/27 23:46:29


Inhoud
Kwartaal 1
Onderwerp 1 Die impak van onlangse wetgewing op besighede 1
Eenheid 1.1 Die Wet op Vaardigheidsontwikkeling (WVO) (Nr. 97 van 1998) 4
Eenheid 1.2 Die Wet op Arbeidsverhoudinge (WAV) (Nr. 66 van 1995) 10
Eenheid 1.3 Die Wet op Gelyke Indiensneming (WGI) (Nr. 55 van 1998) 13
Eenheid 1.4 Die Wet op Basiese Diensvoorwaardes (WBDV) (Nr. 75 van 1997) 17
Eenheid 1.5 Die Wysigingswet op Vergoeding vir Beroepsbeserings en Siektes
(WVBBS/COIDA) (Nr. 61 van 1997) 22
Eenheid 1.6 Die Wet op Breëbasis-Swart Ekonomiese Bemagtiging (BBSEB)
(Nr. 53 van 2003, gewysig in 2013) 25
Eenheid 1.7 Die Nasionale Kredietwet (NKW) (Nr. 34 van 2005) 29
Eenheid 1.8 Die Wet op Verbruikersbeskerming (WVB) (Nr. 68 van 2008) 32
Konsolidasie 36

Onderwerp 2 Die menslike hulpbronfunksie 45


Eenheid 2.1 Werwing 48
Eenheid 2.2 Keuring 52
Eenheid 2.3 Induksie 59
Eenheid 2.4 Plasing 61
Eenheid 2.5 Salarisbepaling 63
Eenheid 2.6 Byvoordele 64
Eenheid 2.7 Die implikasies van die wetgewing op die menslike hulpbronfunksie 67
Konsolidasie 70

Onderwerp 3 Etiek en professionalisme 82


Eenheid 3.1 Die begrip van etiese en professionele gedrag 84
Eenheid 3.2 Toepassing van die beginsels van die King-kode 87
Eenheid 3.3 Uitdagings van onetiese en onprofessionele besigheidspraktyke 89
Konsolidasie 96

Onderwerp 4 Kreatiewe denke en probleemoplossing 98


Eenheid 4.1 Probleemoplossing 99
Eenheid 4.2 Kreatiewe denke 108
Konsolidasie 112

Onderwerp 5 Makro-omgewing: Besigheidstrategieë 114


Eenheid 5.1 Die strategiese bestuursproses en nywerheidsanalise-instrumente 117
Eenheid 5.2 Besigheidstrategieë 129
Konsolidasie 140
Formele Assesseringstake: Kwartaal 1 149

BS GRAAD 12 LB AFR.indb 3 2022/03/27 23:46:29


Kwartaal 2
Onderwerp 6 Besigheidsektore en Besigheidsomgewings 155
Eenheid 6.1 Besigheidsektore 156
Eenheid 6.2 Besigheidsomgewings 159
Konsolidasie 165

Onderwerp 7 Gehalte van prestasie 168


Eenheid 7.1 Gehalte en gehalte-konsepte 170
Eenheid 7.2 Totale Gehaltebeheer (TGB) 178
Konsolidasie 190

Onderwerp 8 Bestuur en leierskap 198


Eenheid 8.1 Verskille tussen bestuur en leierskap 199
Eenheid 8.2 Toepassing en impak van die vyf leierskapstyle in die werkplek 203
Eenheid 8.3 Begrip van die drie leierskapsteorieë 208
Konsolidasie 214

Onderwerp 9 Belegging: Sekuriteite 216


Eenheid 9.1 Funksies van die Johannesburgse Effektebeurs 217
Eenheid 9.2 Faktore wat in ag geneem moet word wanneer beleggingsbesluite
geneem word 218
Eenheid 9.3 Tipes beleggingsgeleenthede en risikofaktore 221
Eenheid 9.4 Beleggingsvorme 224
Eenheid 9.5 Begrip van enkelvoudige en saamgestelde rente 232
Konsolidasie 236

Onderwerp 10 Belegging: Versekering 238


Eenheid 10.1 Versekeringskonsepte 240
Eenheid 10.2 Die beginsels van versekering 244
Eenheid 10.3 Versekering vir besighede en versekerbare risiko’s 246
Konsolidasie 256

Onderwerp 11 Beoordeling van spanprestasie en konflikbestuur 258


Eenheid 11.1 Kriteria vir suksesvolle spanprestasie 260
Eenheid 11.2 Stadiums van spanontwikkeling 262
Eenheid 11.3 Stappe van konflikoplossing en tegnieke om konflik op te los 265
Konsolidasie 272
Formele Assesseringstake: Kwartaal 2 274

BS GRAAD 12 LB AFR.indb 4 2022/03/27 23:46:29


Kwartaal 3
Onderwerp 12 Menseregte, inklusiwiteit en
omgewingskwessies 288
Eenheid 12.1 Menseregte 290
Eenheid 12.2 Diversiteit in die werkplek 295
Eenheid 12.3 Omgewingskwessies 300
Konsolidasie 305

Onderwerp 13 Maatskaplike verantwoordelikheid en


korporatiewe burgerskap: KMV & KMI 306
Eenheid 13.1 Die begrip van maatskaplike verantwoordelikheid 307
Eenheid 13.2 Sosio-ekonomiese kwessies 310
Eenheid 13.3 Korporatiewe Maatskaplike Verantwoordelikheid (KMV) en
Korporatiewe Maatskaplike Investering (KMI) 313
Konsolidasie 319

Onderwerp 14 Aanbiedings en data-respons 320


Eenheid 14.1 Faktore wat oorweeg moet word wanneer ‘n aanbieding
voorberei word 322
Eenheid 14.2 Areas van verbetering in die volgende aanbieding 325
Eenheid 14.3 Impak van SES visuele hulpmiddels 329
Konsolidasie 334

Onderwerp 15 Ondernemingsvorme: Kriteria vir sukses


of mislukking 336
Eenheid 15.1 Ondernemingsvorme 337
Eenheid 15.2 Betekenis van beperkte aanspreeklikheid en onbeperkte
aanspreeklikheid 338
Eenheid 15.3 Kriteria wat gebruik word om die sukses en/of mislukking van
ondernemingsvorme te evalueer 339
Eenheid 15.4 Ondernemingsvorme en die bydrae van die kriteria tot die sukses
en/of mislukking van elke ondernemingsvorm 341
Konsolidasie 360
Formele Assesseringstake: Kwartaal 3 362
Woordelys 378

BS GRAAD 12 LB AFR.indb 5 2022/03/27 23:46:29


Hoe om die
boek te gebruik

Welkom by die Besigheidstudies Graad 12 Leerderboek. Lees asseblief die onderstaande inligting oor die boek
voordat jy dit gebruik. Hierdie boek voorsien jou van al die inligting wat nodig is om die Graad 12 kurrikulum te
bemeester. Dit gaan jou ook help om vaardighede, gesindhede en waardes te ontwikkel, wat jy nodig het om
te presteer in Besigheidstudies.

Elke hoofstuk in die boek beskik die volgende kenmerke om jou by te staan met jou studies:

Onderwerp oorsig
Hierdie is ‘n oorsig van die inhoud en eenhede van elke hoofstuk.

ONDERWERP OORSIG

 Eenheid 1.1 Die Wet op Vaardigheidsontwikkeling (WVO) (Nr. 97 van 1998)


 Eenheid 1.2 Die Wet op Arbeidsverhoudinge (WAV) (Nr. 66 van 1995)

Leerdoelwitte
Hierdie is leerdoelwitte wat in die onderwerp behandel word. Dit meld wat
jy veronderstel is om te kan doen aan die einde van die onderwerp. Dit gee
ook vir jou ‘n idee wat van jou as leerder verwag word. Na voltooiing van
elke onderwerp, moet jy jouself afvra “Is ek in staat om alles te beantwoord
wat in die leerdoelwitte staan?”. Indien nie, moet jy weer die inhoud hersien
SPEELLYS
wat in die onderwerp behandel is.
Klik op die QR-kode om toegang
tot die speellys van die video’s
Leerdoelwitte te kry wat jou verskillende
vaardighede sal aanleer wat vir
Aan die einde van hierdie onderwerp moet leerders die die kursus nodig is.
volgende kan doen:
❖ Noem DRIE tipes besigheidsektore: Primêre-, Sekondêre-
en Tersiêre sektor
❖ Identifiseer/Benoem ‘n besigheidsektor uit gegewe
scenario’s en gevallestudies
❖ Identifiseer besigheidsuitdagings uit gegewe scenario’s
en gevallestudies en klassifiseer hul volgens die DRIE
besigheidsomgewings
❖ Noem die mate waartoe ‘n besigheid (wat in enige van
die drie sektore bedryf word) die drie besigheidsomge- https://youtube.com/play-
wings uit gegewe scenario’s en gevallestudies kan list?list=PLY8n0zQCEkpq-
beheer. FIeP-ayvS2S2zCgxTISr3

vi BESIGHEIDSTUDIES | GRAAD 12

BS GRAAD 12 LB AFR.indb 6 2022/03/27 23:46:30


Inleiding
Die inleiding is ‘n kort opsomming wat verduidelik hoekom jy die inhoud moet leer wat
in die onderwerp gedek word. Soms word ‘n kort agtergrond gegee van die werk wat
voorheen behandel is. In ander gevalle word ‘n kort vooruitskouing van die werk wat
behandel gaan word, gegee.

Inleiding
Ons het voorheen geleer oor verhoudings en spanprestasie in die
werkplek. Ons het ook geleer dat sommige spanne goed saamwerk,
terwyl ander minder effektief is. Ons het kennis gemaak met faktore
wat spanne se verhoudinge kan beïnvloed, asook die kriteria vir
suksesvolle spanne. In hierdie onderwerp gaan ons kyk na die fases
van spanontwikkeling en die spandinamika-teorieë. Ons sal ook kyk na
konflikbestuur en konflikoplossingstegnieke.

Nuwe woorde Nuwe woorde


Administrasie-intensief die Hierdie is nuwe/moeilike woorde wat
implementering van die Wet jy moontlik nog nie teëgekom het nie.
behels groot hoeveelhede ‘n Kort verduideliking van die woorde
papierwerk en administrasie word hier gegee.

Aktiwiteite
Beantwoord hierdie vrae wat gebaseer is op die inhoud wat die aktiwiteit voorafgaan.
Aktiwiteite sal jou help om te toets of jy die inhoud wat in die boek aangebied is, verstaan.

| Aktiwiteit 8.2 Klaswerk/Huiswerk

VRAAG 1
1.1 Lees die scenario hieronder en beantwoord die vrae wat volg.
VOEDSEL HANDELAARS (VH)
Jaco is die eienaar van Voedsel Handelaars. Hy versoek gereeld ervare
werknemers om idees by te dra oor hoe om hul verkope te verhoog. Nomsa,
die topverkoper het onlangs ‘n bonus ontvang omdat sy die maandelikse
verkoopsteiken oortref het.

1.1.1 Identifiseer die leierskapstyl wat deur Jaco gebruik word. Motiveer jou
antwoord deur uit die scenario hierbo aan te haal. (3)
1.1.2 Bespreek die impak van die leierskapstyl wat in VRAAG 1.1.1
geïdentifiseer is. (8)
1.1.3 Stel situasies voor waarin die transaksionele leierskapstyl in die
werkplek toegepas kan word. (6)
[17]

HOE OM DIE BOEK TE GEBRUIK vii

BS GRAAD 12 LB AFR.indb 7 2022/03/27 23:46:30


Het jy geweet raampie Neem kennis raampies
Hierdie raampie voorsien jou van ekstra, Die raampies vestig jou aandag op spesifieke
interessante feite of gee jou addisionele aspekte van die kurrikulum/inhoud/aktiwiteite/
inligting oor ‘n spesifieke onderwerp. Let assessering. Hulle voeg waarde by tot die
daarop dat die ‘Het Jy Geweet’ raampies nie vir inhoud van die boek.
eksamendoeleindes is nie.

Het jy geweet
Neem kennis
Om ‘n ambagsman-ekwivalente
Die inligting aan die linkerkant
kwalifikasie, wat ‘n NKR Vlak
word vir verrykingsdoeleindes
4-kwalifikasie is, te verwerf, sal
verskaf.
vier afsonderlike leerlingskappe
voltooi moet word – dit
beteken dat kwalifikasies op
NKR-vlakke 1, 2, 3 en 4 verwerf
sal moet word om die ambags-
kwalifikasie of L4-sertifikaat
te kry.

QR-KODE
Oorsig van die Wet op
QR-kodes, video’s en skermgrepe Arbeidsverhoudinge (WAV)
Hierdie QR-kode sal jou na aanlyn-inhoud neem. As jy in die eBoek is kan
jy hierdie skakel gebruik.

Die proses om QR-kodes te skandeer hang af van die model van jou
selfoon. Nuwer selfoonmodelle kan QR-kodes met die kamera skandeer,
en ouer modelle benodig dalk ‘n QR-kode-toepassing. Vind die korrekte
QR-skandeerder vir jou selfoon en laai dit dienooreenkomstig af. Let
daarop dat jy dalk ‘n paar skandeerders moet probeer voordat jy die
geskikste skandeerder vir jou selfoon kry.
https://www.youtube.com/
watch?v=YTUhMIT7k3k

Wenk
Deur enige VYF feite per Wenk raampie
opskrif te bemeester, kan jou Hierdie raampies gee vir jou wenke wat gebruik
kanse aansienlik verbeter kan word wanneer jy eksamen skryf of formele
om te slaag, en ‘n positiewe assesseringstake voltooi.
uitslag vir Besigheidstudies
te bereik.

viii BESIGHEIDSTUDIES | GRAAD 12

BS GRAAD 12 LB AFR.indb 8 2022/03/27 23:46:30


GEVALLESTUDIE OOR KREATIEWE DENKE: VERRYKING

Die uitvinding van plaknotas


Datum: 12 Mei 2021

Gevallestudie
‘n Gevallestudie is ‘n goeie
manier om die onderwerp
relevant te hou deur ‘n
In 1968 het Dr Spencer Silver, ‘n chemikus super-swak gom vorendag gekom. Hy het sy
probleem of ‘n insident in die by 3M Maatskappy probeer om ‘n super- kollegas daarvan vertel, maar het nie geweet
werklike lewe te gebruik wat sterk gom uit te vind, maar het eerder met ‘n wat om daarmee te doen nie.
verwant is aan die onderwerp. In 1974 het Art Fry, ‘n kollega van Dr merk, aanhoudend uitval. Hy het Dr Silver
Silver by 3M, in sy kerkkoor gesing. Hy het gevra om van die kleefmiddels te gebruik
Jy kan put uit eie ervarings, gefrustreerd geraak toe die boekmerk wat hy en dit het gewerk sonder om die bladsye te
ervarings van klasmaats of gebruik het om sy plek in sy gesangboek te beskadig.
vooraf leer, om die gevallestudie Die res sê hulle is geskiedenis …
[Bron: Aangepas vanaf https://en.wikipedia.org/wiki/Post-it_Note, verkry op 6/02/2021 in Wikipedia ‘Wie het plaknotas uitgevind’’]
te interpreteer en te analiseer
om die probleem op te los. Klasaktiwiteit
Werk in groepe
1.1 Neem ‘n voorwerp in die klaskamer (soos bv. ‘n stoel) en dinkskrum oor maniere om dit
te verbeter of met iets nuuts/anders te vervang.
1.2 Skryf jou voorstelle op ‘n bladsy.
1.3 Deel jou voorstelle met die res van die klas.

Konsolidasie aktiwiteite
Die doel van die konsolidasie aktiwiteite is om die inhoud wat in die onderwerp behandel is, te assesseer.
Onderwysers kan ook die konsolidasie aktiwiteite gebruik om jou vordering in die klas te assesseer.

Konsolidasie

VRAAG 1
1.1 Verskeie opsies word as moontlike antwoorde op die volgende vrae gegee. Kies die antwoord en skryf slegs die letter
(A–D) langs die vraagnommer (1.1.1 - 1.1.5) neer, byvoorbeeld, 1.1.6 D.
1.1.1 Die aanbieder moenie met die gehoor argumenteer nie. Hierdie faktor moet … ‘n aanbieding in ag geneem
word.
A voor
B na
C net voor
D tydens
1.1.2 Mandla het … ingesluit om die skyfies en video’s aan te vul toe hy ‘n multimedia-aanbieding ontwerp het.
A oudio
B uitdeelstukke
C pamflette
D hiperskakels

HOE OM DIE BOEK TE GEBRUIK ix

BS GRAAD 12 LB AFR.indb 9 2022/03/27 23:46:33


Hoe om ‘n blokkiesraaisel te voltooi
Wenke word gegee om woorde af of dwars te voltooi. Die donker skakering dui op ‘n spasie
tussen woorde waar die antwoord uit meer as een woord bestaan.

| Aktiwiteit 4.3 Blokkiesraaisel

VRAAG 1
Voltooi die blokkiesraaisel hieronder gebaseer op die leidrade wat verskaf word.
1

DWARS
2 ‘n Voordeel van hierdie probleemoplossingstegniek is dat kundiges die besigheid voorsien met idees of oplossings om
hul winsgewendheid te verbeter.
5 Die proses om ‘n situasie in ‘n groep te ontleed om strategieë te identifiseer wat verandering teweeg sal bring.
6 Die vermoë om anders na dieselfde uitdaging te kyk en met nuwe, innoverende en oorspronklike idees op te kom.
7 Sommige spanlede mag die bespreking oorheers en ander groeplede beïnvloed, word gesien as ‘n nadeel van hierdie
probleemoplossingstegniek.
8 Los die kwessies op wat met dinkskrums geassosieer word, deur klein groepies te laat probleme oplos met die doel om
konsensus te bereik.
AF
1 Tydens hierdie stap van probleemoplossing word die probleem erken voordat dit opgelos kan word.
3 Senior bestuur oorweeg verskeie alternatiewe voordat hulle op die beste een besluit.
4 Ondersteunende en opponerende kragte word geëvalueer om te bepaal of verandering in die werksplek moet plaasvind.
(10 × 2 ) (20)

x BESIGHEIDSTUDIES | GRAAD 12

BS GRAAD 12 LB AFR.indb 10 2022/03/27 23:46:33


Oorsig van die onderwerpe per kwartaal
GRAAD 12
Kwartaal Onderwerp
1 Onderwerp 1 Die impak van onlangse wetgewing op besighede
Onderwerp 2 Die menslike hulpbronfunksie
Onderwerp 3 Etiek en professionalisme
Onderwerp 4 Kreatiewe denke en probleemoplossing
Onderwerp 5 Makro-omgewing: Besigheidstrategieë
2 Onderwerp 6 Besigheidsektore en Besigheidsomgewings
Onderwerp 7 Gehalte van prestasie
Onderwerp 8 Bestuur en leierskap
Onderwerp 9 Belegging: Sekuriteite
Onderwerp 10 Belegging: Versekering
Onderwerp 11 Beoordeling van spanprestasie en konflikbestuur
3 Onderwerp 12 Menseregte, inklusiwiteit en omgewingskwessies
Onderwerp 13 Maatskaplike verantwoordelikheid en korporatiewe burgerskap: KMV & KMI
Onderwerp 14 Aanbiedings en data-respons
Onderwerp 15 Ondernemingsvorme: Kriteria vir sukses of mislukking
4 Finale eksamen voorbereiding

HOE OM DIE BOEK TE GEBRUIK xi

BS GRAAD 12 LB AFR.indb 11 2022/03/27 23:46:33


BS GRAAD 12 LB AFR.indb 12 2022/03/27 23:46:33
BESIGHEIDSTUDIES | Graad 12

KWARTAAL 1

1 Die impak van onlangse


wetgewing op besighede
ONDERWERP OORSIG

 Eenheid 1.1 Die Wet op Vaardigheidsontwikkeling (WVO) (Nr. 97 van 1998)


 Eenheid 1.2 Die Wet op Arbeidsverhoudinge (WAV) (Nr. 66 van 1995)
 Eenheid 1.3 Die Wet op Gelyke Indiensneming (WGI) (Nr. 55 van 1998)
 Eenheid 1.4 Die Wet op Basiese Diensvoorwaardes (WBDV) (Nr. 75 van 1997)
 Eenheid 1.5 Die Wysigingswet op Vergoeding vir Beroepsbeserings en Siektes
(WVBBS/COIDA) (Nr. 61 van 1997)
 Eenheid 1.6 Die Wet op Breëbasis-Swart Ekonomiese Bemagtiging (BBSEB)
(Nr. 53 van 2003, gewysig in 2013)
 Eenheid 1.7 Die Nasionale Kredietwet (NKW) (Nr. 34 van 2005)
 Eenheid 1.8 Die Wet op Verbruikersbeskerming (WVB) (Nr. 68 van 2008)

Leerdoelwitte
Aan die einde van hierdie onderwerp moet leerders die volgende
kan doen:
❖ Beskryf kortliks/Beskryf/Verduidelik/Bespreek die doel van die
WVO, WAV, WGI, WBDV, WVBBS/COIDA, BBSEB, NKW en WVB.
❖ Bespreek/Verduidelik/Evalueer die impak (positiewe/voordele en/of
negatiewe/nadele) van die WVO, WAV, WGI, WBDV, WVBBS/
COIDA, BBSEB, NKW en WVB op besighede.
❖ Beskryf kortliks/Verduidelik/Bespreek optredes wat as nie-na-
koming van die WVO, WAV, WGI, WBDV, WVBBS/COIDA, BBSEB,
NKW en WVB beskou word.
❖ Beskryf kortliks/Verduidelik/Bespreek strafmaatreëls/gevolge vir
nie-nakoming aan die WVO, WAV, WGI, WBDV, WVBBS/COIDA,
BBSEB, NKW en WVB.
❖ Stel voor/Beveel maniere aan waarop besighede die WVO, WAV,
WGI, WBDV, WVBBS/COIDA, BBSEB, NKW en WVB kan nakom.
❖ Beskryf kortliks/Verduidelik/Bespreek die rol/funksies van SOOO’s
(SETAs) .
❖ Verduidelik hoe SOOO’s (SETAs) befonds word.
❖ Definieer/Brei uit oor die betekenis van leerlingskappe.
❖ Verduidelik die Nasionale Vaardigheidsontwikkelingstrategie
(NVOS) en die Menslike hulpbron-ontwikkelingstrategie (MHOS)
(d.i. Sektorale Onderwys-en-Opleidingsowerhede).

KWARTAAL 1 | ONDERWERP 1 | Die impak van onlangse wetgewing op besighede 1

BS GRAAD 12 LB AFR.indb 1 2022/03/27 23:46:33


KWARTAAL 1

Leerdoelwitte 

❖ Beskryf kortliks/Verduidelik/Bespreek die regte van werkgewers en


werknemers ten opsigte van die WAV.
❖ Beskryf kortliks/Verduidelik/Beskryf/Bespreek die bepalings van die
WBDV.
❖ Onderskei tussen Swart Ekonomiese Bemagtiging (SEB) en die Wet
op BBSEB .
❖ Bespreek/Verduidelik die implikasies van die volgende hersiene
VYF pilare van BBSEB op besighede:
❖ bestuursbeheer
❖ eienaarskap
❖ ondernemings- en verskaffersontwikkeling
❖ vaardigheidsontwikkeling
❖ sosio-ekonomiese ontwikkeling/sosiale verantwoordelikheid
❖ Stel voor/Beveel aan maniere hoe besighede die hersiene VYF
pilare van die BBSEB in die werksplek kan toepas.
❖ Beskryf kortliks/Verduidelik/Beskryf/Bespreek die regte van verbrui-
kers ingevolge die NKW en WVB.

Kernbegrippe
■ BBSEB-gradering: BBSEB-gradering meet ‘n besigheid se voldoening aan
BBSEB en ‘n sertifikaat word aan die besigheid uitgereik wat hul BBSEB-
gradering stipuleer.
■ Bedingingsrade: onderhandelinge tussen vakbondverteenwoordigers en
werkgewersorganisasies oor arbeidsverwante kwessies soos aanvraag vir
hoër lone of verbeterde werksomstandighede.
■ Billikheid: billike en gelyke behandeling in die werkplek/samelewing.
■ Diskriminasie: die opsetlike vooroordeel, differensiële of onregverdige
behandeling van mense/sosiale groepe op grond van ras, ouderdom, geslag,
■ seksuele oriëntasie, gestremdheid of geloof.
■ Geskil: ‘n argument/onenigheid tussen mense/groepe mense in die
werkplek.
■ Heffings: oplegging/invordering van geld deur die regering, gewoonlik in
die vorm van belasting.
■ Indiensnemingskontrak: ‘n wetlik bindende ooreenkoms tussen die
werkgewer en die werknemer.
■ Kollektiewe bedinging: die proses om arbeidsgeskille gesamentlik tussen
vakbondverteenwoordigers en werkgewersorganisasies aan te spreek en op
te los.
■ Kollektiewe ooreenkoms: ‘n Ooreenkoms aangegaan tussen ‘n vakbond
en ‘n werkgewersorganisasie oor die diensvoorwaardes vir spesifieke
aangeleenthede.
■ Kredietverskaffers: besighede wat goedere en dienste op krediet verkoop/
kredietaankope-opsies aanbied/kredietfasiliteite/kredietprodukte aan kliënte
verskaf.
■ Leerlingskappe: teoretiese/praktiese opleidingsgeleenthede wat lei tot ‘n
erkende beroepskwalifikasie.
■ Nasionale Kredietreguleerder (NKR): die regulerende liggaam wat die
NKW toepas, verbruikers oor hul regte opvoed, nakoming van die NKW
verseker en die kredietbedryf monitor en administreer.

2 BESIGHEIDSTUDIES | GRAAD 12

BS GRAAD 12 LB AFR.indb 2 2022/03/27 23:46:33


Kernbegrippe
■ Ombudsman: ‘n staatsamptenaar wat verantwoordelik is vir die ondersoek
van klagtes van private burgers/lede van die publiek wat teen besighede/
organisasies/regering gemaak is.
■ Regstellende aksie: die beleid en proses om voorkeure in werksgeleenthede
aan voorheen benadeelde mense te verskaf.
■ Skuldberaders: verskaf professionele advies/berading en terugbetalings-
opsies aan private burgers/lede van die publiek/besighede/organisasies wat
te veel skuld het.
■ SOOO’s (SETAs): ‘n opleidingsorganisasie vir beroepsvaardigheid in Suid-
Afrika wat leerlingskappe, internskappe en vakleerlingskappe binne hul
jurisdiksie identifiseer/beskryf/bestuur en skep.
■ Stakings: die gedeeltelike/volledige weiering van ‘n groep werknemers om
te werk met die doel om ‘n grief/geskil oor enige saak van wedersydse
belang tussen die werkgewer en werknemers reg te stel.
■ Uitsluiting: vind plaas wanneer die werkgewer werknemers verhoed
(letterlik uitsluit) om die besigheidsperseel te betree tydens stakingsaksie en
(arbeids)geskil-beslegtingsproses om plundering en skade aan eiendom te
voorkom.
■ Vergoedingsfonds: hierdie fonds verskaf vergoeding aan werknemers wat
beseer word of siektes opdoen terwyl hulle aan diens is.
■ Werkplekbeserings: beserings wat plaasvind tydens die uitvoering van
werksverwante pligte/-verantwoordelikhede.

Nuwe woorde
Inleiding gepromulgeer  om
wetgewing in die parlement
Die verskillende wetgewing waaroor ons gaan leer, is na 1994 gepromulgeer/
aan te neem sodat dit ‘n
ingestel. Die kerndoel van hierdie wetgewing is om die veelvuldige
amptelike wet in Suid-Afrika
ongeregtighede en diskriminerende wette van apartheid aan te spreek. Hierdie word
wetgewing sal optrede van gelykheid en regverdigheid vir alle Suid-Afrikaners
verseker en is ontwikkel in reaksie op die eise vir regstelling en billikheid in Suid- ongeregtighede 
onregverdige optrede wat
Afrika. Deur die effektiewe implementering van die verskillende vereistes wat in
menseregte skend
die wetgewing bepaal word, kan die lewens van voorheen benadeelde mense
aansienlik verbeter word. diskriminerende  die
optrede om benadelende-/
rasgebaseerde- (en ander)
onderskeid tussen mense te
maak
regstelling  om die
ongeregtighede/skendings van
apartheid aan te spreek
billikheid  billike en gelyke
behandeling in die werkplek/
samelewing

KWARTAAL 1 | ONDERWERP 1 | Die impak van onlangse wetgewing op besighede 3

BS GRAAD 12 LB AFR.indb 3 2022/03/27 23:46:33


KWARTAAL 1

QR-KODE Eenheid 1.1 Wet op


Inleiding tot die Wet op
Vaardigheidsontwikkeling
Vaardigheidsontwikkeling
(WVO) (Nr. 97 van 1998)
Die WVO speel ‘n belangrike rol om te verseker dat die Suid-Afrikaanse
arbeidsmag vaardig is en bydra tot die produktiwiteit en ekonomiese groei van
die land. Die WVO poog om meer Suid-Afrikaners in staat te stel om toegang te
verkry tot vaardigheidsopleiding wat langtermyn voordele vir die bevolking en die
samelewing inhou.

Die doel van die WVO


https://www.youtube.com/
• Ontwikkel die vaardighede van Suid-Afrikaners om produktiwiteit in die
watch?v=FJ8klEdZnv4
werkplek te verbeter.
• Moedig besighede aan om die vaardighede van nuwe en bestaande werkers
te verbeter.
Wenk
• Belê in die onderwys en opleiding van die Suid-Afrikaanse arbeidsmag.
Deur enige VYF feite per • Herstel doelbewus wanbalanse van die verlede deur onderwys en opleiding.
opskrif te bemeester, kan jou • Verbeter die werksvooruitsigte van voorheen benadeelde mense.
kanse aansienlik verbeter • Verskaf die sistematiese implementering van
om te slaag, en ‘n positiewe
vaardigheidsontwikkelingstrategieë op ‘n nasionale-, sektor- en werkplekbasis.
uitslag vir Besigheidstudies
te bereik.
Die impak van die WVO op besighede
QR-KODE
Positiewe/Voordele
Wet op
Vaardigheidsontwikkeling • Vermeerder die aantal werkers wat oor
skaars vaardighede beskik. Wenk
• Verbeter produktiwiteit in die werkplek
Die impak verwys na die
want werknemers word bemagtig deur
positiewe en/of negatiewe
opleidingsprogramme, en word dus meer
van die Wetgewing.
kundig.
• Verhoog globale mededingendheid van
Suid-Afrikaanse besighede, aangesien meer werknemers opgelei word met
opgegradeerde, relevante en skaars vaardighede.
• Verbeter die opbrengs op belegging (OOB) in onderwys en opleiding.
• Verhoog belegging in onderwys en opleiding in die Suid-Afrikaanse
https://www.youtube.com/ arbeidsmark.
watch?v=HvaXBNf2Dg4
• Verbeter die dienslewering van besighede omdat werknemers op ‘n optimale
vlak werk.
Wenk EN/OF
Om die inhoud in Negatiewe/Nadele
Besigheidstudies te
bemeester, hanteer elke • Die implementering van die WVO is tydrowend, duur, voorskriftelik en
opskrif as ‘n vraag. administrasie-intensief.
• Die heffing op vaardigheidsontwikkeling (VOH) plaas ‘n bykomende las op
Nuwe woorde besighede wat finansieel sukkel.
• Die WVO-inisiatief van die regering word dalk nie altyd deur alle besighede
Administrasie-intensief die ondersteun nie.
implementering van die Wet • Besighede vind dit moeilik om die implementering van hierdie Wet te monitor
behels groot hoeveelhede en te beheer.
papierwerk en administrasie

4 BESIGHEIDSTUDIES | GRAAD 12

BS GRAAD 12 LB AFR.indb 4 2022/03/27 23:46:34


Eenheid 1.1  Die Wet op Vaardigheidsontwikkeling (WVO) (Nr. 97 van 1998)

• Produktiwiteit in die werkplek mag afneem want werknemers moet


leerlingskappe tydens werksure bywoon.
• Slegs maatskappye/besighede met ‘n salarisrekening van meer as R500 000
per jaar kan toelaes terugeis van die VOH.

Optredes wat nie voldoen aan die WVO nie


• Die voorkoming van gekwalifiseerde werknemers om toegang tot Wenk
opleidingsgeleenthede en leerlingskappe te verkry.
Optrede wat nie voldoen aan
• Die voorkoming van werknemers se toegang tot leerlingskappe gebaseer op
die wetsvereistes nie, verwys
enige diskriminerende gronde soos swangerskap, ouderdom, posisie, taal, na optrede wat onregverdig,
geslag, seksuele oriëntasie, kultuur of geloof. onbillik, onwettig is, en
• Die onregverdige bevordering van vaardigheidsontwikkeling, byvoorbeeld, vooroordeel teenoor
waar slegs sekere werknemers bevoordeel word. werknemers toon, in die
• Vervalsing van inligting in enige dokumentasie soos konteks van die oortreding
werksplekvaardigheidsplanne en belastingdokumentasie wat by die SAID van die Wet.
ingedien is.
• Die verskaffing van indiensnemingsdienste vir wins sonder om as ‘n
werkgewer geregistreer te wees of by die betrokke SOOO (SETA) geregistreer
te wees.
• Die verskaffing van verkeerde en ontoepaslike inligting oor ‘n leerlingskap om Nuwe woorde
werknemers doelbewus te mislei.
Nakomingsbevel/
Strafmaatreëls/gevolge vir oortreding van die WVO voldoeningsbevel   ‘n
dokument uitgereik deur ‘n
• Besighede wat nie aan die WVO voldoen nie, kan ‘n nakomingsbevel van die geregshof aan ‘n besigheid
Arbeidshof ontvang. Hierdie bevel dwing die besigheid om aan die WVO te wat die besigheid dwing om
voldoen. aan ‘n spesifieke aspek van
• Besighede wat versuim om aan die WVO te voldoen, kan groot boetes ‘n wetgewing/beslissing te
ontvang en kan tronkstraf (gevangenisstraf) opgelê word, wat afhang van die voldoen
erns van die oortreding.
teruggetrek  die
• Besighede wat nie die VOH betaal nie, mag nie leerlingskappe aan besigheidslisensie kan
werknemers aanbied of toelaes van die WVO eis nie. amptelik deur die Arbeidshof
• ’n Arbeidsinspekteur mag die bedrywighede van die besigheid onbepaald gekanselleer of herroep word
staak indien die besigheid aan onwettige praktyke skuldig bevind word.
• Die besigheid se lisensie kan teruggetrek word, wat die besigheid kan verhoed
om enige vorm van verdere bedrywighede uit te voer.

Maniere waarop besighede vereistes van die WVO Wenk


Strafmaatreëls/gevolge vir
kan nakom oortredings verwys na die
• Vertoon ‘n opsomming van die WVO in die besigheid waar dit vir alle regskoste wat besighede
werknemers sigbaar is. in die gesig staar as hulle
• Gee geleenthede aan alle werknemers om hul vaardighede te verbeter. nie aan die betrokke Wet/
• Evalueer die vaardighede van werknemers om die areas waarin wetgewing voldoen nie.
vaardigheidsontwikkeling nodig is te bepaal/vas te stel.
• Bevorder en moedig werknemers aan om hul vaardighede te verbeter en
aktief by leerlingskappe betrokke te raak.
• Werkgewers wat LBS (werknemersbelasting) invorder, moet by die betrokke
Wenk
SETA registreer.
• Werkgewers wie se salarisuitgawes R500 000 (‘n halfmiljoen rand) per jaar Nakoming verwys na
oorskry, moet 1% daarvan as ‘n vaardigheidsheffing oorbetaal. maniere/metodes waarop
besighede aan die WVO kan
• Werkgewers moet ‘n werksplekvaardigheidsplanne indien en bewyse lewer
voldoen.
dat dit geïmplementeer is.

KWARTAAL 1 | ONDERWERP 1 | Die impak van onlangse wetgewing op besighede 5

BS GRAAD 12 LB AFR.indb 5 2022/03/27 23:46:34


KWARTAAL 1

Die rol/funksies van SOOO (Sektorale Onderwys-


en-Opleidingsowerhede) (SETA) in die
ondersteuning/implementering van die WVO
‘n SETA is ‘n beroepsvaardigheid-opleidingsorganisasie in Suid-Afrika
wat leerlingskappe, internskappe en vakleerlingskappe in die onderskeie
besigheidsektore identifiseer/beskryf/bestuur en skep.

Wenk
SOOO (SETA) is nie aparte
wette nie, maar ondersteun
die implementering van
die WVO. Die SOOO is
die implementeerders
van die WVO. Die WVO
kan nie sonder die SOOO
geïmplementeer word nie. Die rol en funksie van ‘n SETA:
• registreer verskillende leerlingskappe en leerprogramme.
• bevorder en vestig verskillende leerlingskappe.
• keur die werksplekvaardigheidsplanne en jaarlikse opleidingsverslae goed wat
deur besighede ingedien word.
• ontwikkel vaardigheidsplanne wat in lyn is met die doelwitte van die
Nasionale Vaardigheidsontwikkelingstrategie (NVOS)
• ontwikkel vaardigheidsontwikkelingsplanne vir die verskillende ekonomiese
sektore.
• bevorder leerlingskappe en leerprogramme deur gepaste werkplekke vir
praktiese werksondervinding te identifiseer.

Befondsing van SETAs


• Vaardigheidsontwikkelingsheffings (VOHs) word deur werkgewers aan die
SAID betaal. Die SAID dien as ‘n invorderingsagentskap vir die regering.
• Werkgewers met ‘n salarisrekening wat R500 000 per jaar oorskry, moet een
persent (1%) van hul jaarlikse salarisse as ‘n heffing betaal.
• Die onderskeie SETAs ontvang 80% van die heffing vir organisatoriese-uitgawes
en die oorblywende 20% word aan die Nasionale Vaardigheidsfonds betaal.
• Skenkings/Toelaes ontvang van die publiek/besighede/KMI-programme.
• Surplusfondse van staatsinstellings.
• Fondse ontvang uit die lewering van hul dienste.

Leerlingskappe
Wenk
Die woorde leerlingskappe en Die betekenis van leerlingskappe
leerderskappe kan uitruilbaar • ‘n Leerlingskap is ‘n teoretiese en praktiese opleidingsgeleentheid wat lei tot
gebruik word. ‘n erkende beroepskwalifikasie.
• ‘n Leerlingskap verskaf gestruktureerde leerprogramme wat gedurende
werksure vir ‘n bepaalde tydperk voltooi word.
• Dit sluit ‘n opleidingskursus met leermateriaal sowel as praktiese
werkservaring in.
• ‘n Leerderskap is ‘n ooreenkoms tussen die leerder, die werkgewer en die
verskaffer van die opleiding, wat die regte en verantwoordelikhede van al drie
partye uiteensit.
• Dit kan soms indiensneming vir ‘n bepaalde tydperk nadat die leerlingskap
voltooi is insluit.
6 BESIGHEIDSTUDIES | GRAAD 12

BS GRAAD 12 LB AFR.indb 6 2022/03/27 23:46:34


Eenheid 1.1 Die Wet op Vaardigheidsontwikkeling (WVO) (Nr. 97 van 1998)

Verryking: Bykomende inligting oor leerlingskappe Neem kennis


‘n Leerlingskap is ‘n gestruktureerde leerprogram wat uit teoretiese en praktiese Die inligting aan die linkerkant
vaardighede in die werkplek bestaan. Die voltooiing van ‘n leerlingskap lei word vir verrykingsdoeleindes
tot die bereiking van ‘n nasionale erkende kwalifikasie wat op die Nasionale verskaf.
Kwalifikasieraamwerk (NKR) geregistreer is.
• Hierdie nasionale erkende kwalifikasie hou direk verband met ‘n
beroep, byvoorbeeld ‘n gesondheidsorgwerker, motorwerktuigkundige, QR-KODE
konstruksiewerker, IT-tegnikus of rekenmeester. Jaryd Raizon gesels oor
• ‘n Leerlingskap kombineer gestruktureerde leer met praktiese werkservaring leerlingskappe, internskappe en
terwyl dit in diens is van ‘n geakkrediteerde openbare of private leerlingskap- werksgeleenthede
verskaffer (goedgekeurde staatsdepartement, maatskappy of klein besigheid).
• Leerders moet klasse by kolleges/opleidingsentrums bywoon om die
klaskamer-gebaseerde leer te voltooi, en hulle moet indiensopleiding by ‘n
werkplek voltooi.
• ‘n Leerlingskap is uitkomsgebaseerd en nie tydgebaseerd nie, en maak
voorsiening vir die erkenning van vorige leer.
• Die tydsduur van ‘n leerlingskap verskil, maar die gemiddelde tydsduur is
ongeveer 18 maande.
• Mense wat ‘n leerlingskap betree, moet ten minste 16 jaar oud en jonger as
35 jaar oud wees.
https://www.youtube.com/
watch?v=tpUGQQqOd08
Die tabel hieronder toon die NKR vir leerlingskapvlakke 1 – 4:
Ambagsman (Beroepsgetoets of L4-sertifikaat)
Het jy geweet
NKR-vlak Onderwysband Kwalifikasie Verskaffer
Om ‘n ambagsman-ekwivalente
4 Ambagsman Verdere Nasionale Geakkrediteerde kwalifikasie, wat ‘n NKR Vlak
Onderwys Sertifikate openbare/private 4-kwalifikasie is, te verwerf, sal
3 Junior
verskaffers vier afsonderlike leerlingskappe
2 Assistent Graad 9 – N2 Openbare/private voltooi moet word – dit
BOOV/ABET skole beteken dat kwalifikasies op
1 Algemene NKR-vlakke 1, 2, 3 en 4 verwerf
Vlak 4
Onderwys sal moet word om die ambags-
kwalifikasie of L4-sertifikaat
Die Nasionale Vaardigheidsontwikkeling- te kry.

strategie (NVOS) en die Menslike hulpbron-


ontwikkelingstrategie (MHOS)
Die NVOS is gemik daarop om vaardighede te ontwikkel, onderwys te verbeter,
en ondersteuning en opleiding aan die Suid-Afrikaanse arbeidsmag te verskaf.
Doelwitte sluit ook in, om ekonomiese groei te verbeter, en in die proses armoede
te verlig en werkloosheid te verminder. Dit is ontwikkel as gevolg van die
promulgering van die WVO om meer vaardige werkers in skaars velde in Suid-
Afrika bekend te stel. Die Nasionale Vaardigheidsowerheid (NVO), die Nasionale
Vaardigheidsfonds (NVF), die verskillende SETAs en ander staatsdepartemente het
hul spesifieke verantwoordelikhede en funksies rakende die NVOS.

Die MHOS daarenteen, beoog om gelykheid aan te spreek en om armoede en


ongelykheid in Suid-Afrika te verminder deur vaardigheidstekorte in die ekonomie
aan te spreek. Doelwitte sluit ook in, die implementering van ingrypingsplanne
om menslike hulpbronne te ontwikkel om die Suid-Afrikaanse ekonomie te
verbeter. Soos die NVOS, is die MHOS ontwikkel as gevolg van die promulgering
van die WVO. Die MHOS is in lyn met huidige ekonomiese behoeftes, verhoogde
globale mededinging en globalisering.

KWARTAAL 1 | ONDERWERP 1 | Die impak van onlangse wetgewing op besighede 7

BS GRAAD 12 LB AFR.indb 7 2022/03/27 23:46:34


KWARTAAL 1

Verduideliking van die Nasionale


Vaardigheidsontwikkelingstrategie (NVOS)
• Verhoog toegang tot programme wat mense oplei.
• Spreek die lae vlak/tekort aan taal- en wiskundige vaardighede onder die jeug
en volwassenes aan.
• Bevorder die openbare VOO-kollegestelsel wat programme het om te voldoen
aan die vaardighede wat deur SETAs/plaaslike/streeks-/provinsiale/nasionale
organisasies benodig word.
• Maak beter gebruik van en verbeter werkplek-gebaseerde
vaardigheidsontwikkeling.
• Ondersteun en moedig inisiatiewe vir opleiding aan by klein besighede/
gemeenskap-opleidingsgroepe/NRO’s. Die NVOS ondersteun ook werker-
geïnisieerde opleidings-inisiatiewe.
• Verhoog/verbeter die vaardighede van die openbare sektor om dienslewering
te verbeter.
• Bou loopbaan/beroepsvoorligting opleidingsentrums.
• Stel die verantwoordelikhede van ander onderwys en opleidings-
belanghebbendes uiteen.
• Verbeter sosiale ontwikkeling deur ekonomiese ontwikkeling.

Verduideliking van die Menslike


hulpbronontwikkelingstrategie (MHOS)
• Verbeter die verskaffing van vaardighede, wat die land regstreeks bevoordeel.
• Bevorder maatskaplike ontwikkeling/sosiale geregtigheid en help om
armoede te verminder.
• Spreek vaardigheidstekorte in die Suid-Afrikaanse werkplek aan.
• Bereik vinniger ekonomiese groei/hoër indiensnemingsvlakke en verlaag die
vlak van armoede in Suid-Afrika.
• Ontwikkel beide korttermyn- en langtermyn vaardighede in die arbeidsmag.
• Verhoog/moedig werknemers se deelname aan lewenslange leer aan.

| Aktiwiteit 1.1 Klaswerk/Huiswerk


Wenk
Dit is belangrik om deur ‘n VRAAG 1
verskeidenheid vrae vir die 1.1 Kies ‘n beskrywing uit KOLOM B wat by ‘n term in KOLOM A pas. Skryf slegs die
NSS-eksamen te werk. Die letter (A–J) langs die vraag nommer (1.1.1 - 1.1.5) neer, bv. 1.1.6 J.
vrae wat in die aktiwiteite
in hierdie handboek verskaf Kolom A Kolom B
word, is voorbeelde van 1.1.1 Vaardigheidsontwikkelings- A 1% word betaal as die jaarlikse
kortvrae, direkte vrae, heffing (VOH) omset ‘n halfmiljoen rand oorskry
indirekte vrae en opstel-tipe
vrae. 1.1.2 Leerlingskap B mededingendheid van
plaaslike firmas verbeter as
gevolg van groter toegang tot
vaardigheidsopleiding
1.1.3 Wet op Vaardigheids- C bevorder die openbare VOO-
ontwikkeling (WVO) kollegestelsel wat programme
het om te voldoen aan die
vaardighede wat deur SOOO
benodig word

8 BESIGHEIDSTUDIES | GRAAD 12

BS GRAAD 12 LB AFR.indb 8 2022/03/27 23:46:34


Eenheid 1.1  Die Wet op Vaardigheidsontwikkeling (WVO) (Nr. 97 van 1998)

| Aktiwiteit 1.1 Klaswerk/Huiswerk

Kolom A Kolom B
1.1.4 Nasionale Vaardigheids- D registrering van vakbonde word
ontwikkelingstrategie (NVOS) deur hierdie liggaam gedoen
1.1.5 Sektor Onderwys en E teoretiese en praktiese
Opleidingsowerhede (SOOOs opleidingsgeleenthede wat lei tot
of SETAs) ‘n erkende beroepskwalifikasie
hou aan
F besighede met ‘n jaarlikse
salarisrekening van meer as
‘n halfmiljoen rand moet 1%
vaardigheidsheffing betaal
G arbeidsverhoudinge word verbeter
as gevolg van hierdie Wet
H leerders verwerf ‘n erkende graad
by die voltooiing van hierdie
opleiding
I voer registrasies van
leerlingskappe en leerprogramme
uit
J bereik doelwitte soos uiteengesit
deur die Suid-Afrikaanse
universiteitstelsel
(5 × 2) (10)
VRAAG 2
2.1 Lees die scenario hieronder en beantwoord die vrae wat volg.
GLORIA BALEKA INGENIEURSWESE (GBI)
Gloria Baleka Ingenieurswese (GBI) beplan om die dienste van Sektor Onderwys
en Opleidingsowerhede (SOOO) te gebruik om die implementering van die Wet
op Vaardigheidsontwikkeling (WVO), 1998 (Wet 97 van 1998) te ondersteun.
Hulle het vasgestel dat SOOO vaardigheidsplanne vir die verskillende ekonomiese
sektore ontwikkel. SOOO bevorder ook verskeie leerlingskappe. Dit sal verseker
dat GBI voldoen aan die WVO.

2.1.1 Haal TWEE rolle van SOOO uit die scenario hierbo aan.  (2)
2.1.2 Beskryf kortliks DRIE ander rolle van SOOO ter ondersteuning van die
implementering van die WVO. (6)
2.1.3 Brei uit oor die betekenis van leerlingskappe.  (4)
2.1.4 Bespreek die impak van die WVO op GBI as ‘n besigheid. (6)
2.1.5 Beveel maniere aan waarop GBI die WVO kan nakom. (8)
[26]

KWARTAAL 1 | ONDERWERP 1 | Die impak van onlangse wetgewing op besighede 9

BS GRAAD 12 LB AFR.indb 9 2022/03/27 23:46:34


KWARTAAL 1

QR-KODE
Eenheid 1.2 Die Wet op Arbeids-
Oorsig van die Wet op
Arbeidsverhoudinge (WAV) verhoudinge (WAV) (Nr. 66 van 1995)
Die WAV is ‘n bemagtigende raamwerk wat die verhouding tussen werknemers
en werkgewers reguleer, en goeie verhoudinge tussen vakbonde en
werkgewersorganisasies bevorder. Die Wet bevorder ook demokrasie in die werkplek
deur die voorkoming van onbillike arbeidspraktyke. Deur effektiewe implementering
van die WAV, dra billike arbeidspraktyke in die werkplek by tot verbeterde
doeltreffendheid in besigheidsbedrywighede met minimale ontwrigtings.

https://www.youtube.com/
watch?v=YTUhMIT7k3k

QR-KODE
Wet op Arbeidsverhoudinge Regte van
werknemers Regte van
(WAV werknemers

werknemer werkgewer

https://www.youtube.com/ Die doel van die WAV


watch?v=0QR2St3Okk4
• Verskaf ‘n bemagtigende raamwerk en struktuur vir arbeidsverhoudinge
tussen werknemers en werkgewers, vakbonde en werkgewersorganisasies.
• Bevorder kollektiewe bedinging op die werkplek/sektorale vlak.
Nuwe woorde • Bevorder eenvoudige prosedures vir die registrasie van vakbonde en
kollektiewe bedinging die werkgewersorganisasies .
proses om arbeidsgeskille • Bevorder billike arbeidspraktyke tussen werkgewers en werknemers.
gesamentlik tussen • Die Kommissie vir Versoening, Bemiddeling en Arbitrasie (KVBA), Arbeidshof
vakbondverteenwoordigers en en Arbeidsappèlhof is deur die WAV tot stand gebring.
werkgewersorganisasies op • Bevorder sosiale geregtigheid/arbeidsvrede/ekonomiese ontwikkeling, wat
te los verseker dat die werkplek die basiese regte van werknemers handhaaf.
KVBA ‘n onafhanklike ‘n
liggaam vir die oplossing van Die impak van die WAV op besighede
geskille wat samewerking en
vrede bevorder Positiewe/Voordele
Arbeidshof bereg • Verseker die deelname van alle partye aan die kollektiewe bedingingsproses,
arbeidsgeskille wat nie deur wat konflik in die werkplek verminder.
die KVBA opgelos kan word nie • Beskerm die regte van besighede en werkgewersorganisasies in
Arbeidsappèlhof kan enige arbeidsverwante kwessies.
beslissings of bevele wat deur • Bevorder vinnige en goedkoper beslegting van arbeidsgeskille.
die Arbeidshof gemaak is • Beskerm werkgewers wat wettige uitsluitings inroep wanneer
omkeer of wysig onderhandelinge tussen partye misluk en wanneer werknemers aan stakings
deelneem.

10 BESIGHEIDSTUDIES | GRAAD 12

BS GRAAD 12 LB AFR.indb 10 2022/03/27 23:46:35


Eenheid 1.2 Die Wet op Arbeidsverhoudinge (WAV) (Nr. 66 van 1995)

• Voorkom onbillike diskriminasie in die werkplek omdat gelyke geleenthede vir QR-KODE
alle werknemers bevorder word.
• Verskaf goeie geskilbeslegting deur konsensus tussen georganiseerde arbeid, Die impak van stakings in
besighede en die staat. Suid-Afrika.
EN/OF

Negatiewe/Nadele
• Die WAV kan die globale mededingendheid van besighede verminder as
gevolg van laer produktiwiteit in die werkplek.
• Besighede kan hul mededingende voordeel verloor omdat belangrike
inligting, wat aan mededingers uitgelek kan word, dikwels tydens kollektiewe
bedinging aan vakbondlede bekend gemaak word.
• Verminderde winsgewendheid van besighede as gevolg van ‘n afname in
produktiwiteit en verkope. https://www.youtube.com/
• Produktiwiteit kan aansienlik verminder as werknemers betrokke raak by watch?v=VIOJJjsb_j4
vakbond-verwante aktiwiteite gedurende werksure.
• Die implementering van die WAV kan baie duur en tydrowend wees – veral
die geskilbeslegtingsproses.
• Die indiensneming van regspesialiste en arbeidskonsultante verhoog die koste
van die besigheid.

Optredes wat as oortreding van die WAV


beskou word Wenk
Jy moet die impak/evaluering
• Onbillike en onwettige ontslag van werknemers.
van alle wetgewing/wette
• Voorkoming van werknemers om vakbonde te stig en daarby aan te sluit. bemeester aangesien dit
• Weiering om vakbondverteenwoordigers verlof te gee om vakbondsake by aktuele onderwerpe in die
te woon. Besigheidstudies-kurrikulum
• Voorkoming van werknemers om aan wettige stakings deel te neem. is.
• Afdanking van werknemers wat aan wettige stakings deelneem.
• Om werknemers te dwing om hul vakbond-lidmaatskap en
verteenwoordiging prys te gee of daarvan af te sien.

Strafmaatreëls/gevolge vir oortreding van die WAV


• Besighede wat nie aan die WAV voldoen nie, kan ‘n nakomingsbevel van die
Arbeidshof ontvang wat die besigheid dwing om daaraan te voldoen.
• Besighede wat nalaat om aan die WAV te voldoen, kan groot boetes ontvang
as hulle nie die ooreenkomste nakom wat tydens die geskilbeslegtingsproses
bereik is nie.
• Besighede kan gedwing word om ‘n geskilbeslegtingsproses aan te gaan as
hulle nie gewillig deelneem nie.
• Die besigheid se lisensie kan teruggetrek word, wat die besigheid kan verhoed
om voort te gaan met enige vorm van bedrywighede.
• Besighede wat versuim om aan die WAV te voldoen, kan finansiële koste soos
regskoste/KVBA-fooie aangaan.

Maniere aan waarop besighede die vereistes van die


WAV kan nakom
• Vertoon ‘n opsomming van die WAV in die werkplek waar dit vir alle
werknemers sigbaar is.
• Werknemers moet toegelaat word om vakbonde te stig en aan vakbond-
verwante aktiwiteite of wettige stakings deel te neem.

KWARTAAL 1 | ONDERWERP 1 | Die impak van onlangse wetgewing op besighede 11

BS GRAAD 12 LB AFR.indb 11 2022/03/27 23:46:35


KWARTAAL 1

• Die vestiging van werksplekforums moet deur werkgewers ondersteun word.


Nuwe woorde
• Enige ooreenkomste wat tydens kollektiewe bedinging gemaak word, moet
Uitsluiting gebeur nie deur werkgewers geïgnoreer/verbreek word nie.
wanneer ‘n werkgewer • Billikheid moet bevorder word, en werknemers moet nie onbillik/onwettig
die werknemers verhoed afgedank word nie.
(letterlik uitsluit) om die • Werkgewers moet alle relevante inligting aan die vakbondverteenwoordigers
sakeperseel te betree tydens bekend maak vir die effektiewe voltooiing van vereiste take.
stakingsaksie en arbeidsgeskil-
beslegtingsprosesse om Regte van werkgewers en werknemers ten opsigte van
plundering en skade aan
eiendom te voorkom die WAV
Bedingingsrade Regte van werkgewers ten opsigte van die WAV
onderhandelinge tussen
vakbondverteenwoordigers Werkgewers het die reg om:
en werkgewersorganisasies • ‘n uitsluiting uit te voer wanneer werknemers betrokke raak by onbeskermde
oor arbeidsverwante of onwettige stakings of -nywerheidsaksie.
kwessies soos aanvraag • werkgewersorganisasies te vorm.
vir hoër lone of verbeterde • werknemers wat betrokke is by onbeskermde stakings/wangedrag soos
werksomstandighede geweld of intimidasie tydens stakings, af te dank.
Kollektiewe bedinging die • bedingingsrade te vorm vir die doel van kollektiewe bedinging.
proses om arbeidsgeskille • werknemers wat aan beskermde stakings deelneem, nie te vergoed nie.
gesamentlik tussen • vergoeding te weerhou vir werk wat tydens beskermde stakings nie voltooi
vakbondverteenwoordigers en is nie.
werkgewersorganisasies aan te
spreek en op te los Regte van werknemers ten opsigte van die WAV
Werknemers het die reg om:
Wenk • by ‘n vakbond van hul keuse aan te sluit.
• ‘n werksplekforum te vestig waar ‘n besigheid 100 of meer werknemers het
Die woorde dissiplinêre
om werkverwante kwessies op te los.
verhore en tugverhore kan
uitruilbaar gebruik word. • vakbondverteenwoordigers te versoek om werknemers tydens die
grieweprosedures/dissiplinêre verhore te verteenwoordig en by te staan.
• wettige stakings te begin as ‘n oplossing vir griewe.
QR-KODE • Vakbondverteenwoordigers kan redelike tyd met betaling van die werk af
neem om vakbond-verwante verpligtings aan te spreek.
Die doel van die artikel is vir
• onopgeloste dispute na die Kommissie vir Versoening, Bemiddeling en
jou om oor die implikasie van
die WAV op die hedendaagse/ Arbitrasie (KVBA) te verwys.
kontemporêre sakewêreld te • onopgeloste KVBA-dispute na die Arbeidshof vir ‘n appèl te verwys.
reflekteer.
| Aktiwiteit 1.2 Klaswerk/Huiswerk

VRAAG 1
1.1 Voltooi die volgende stellings deur die woorde in die lys hieronder te gebruik.
Skryf slegs die woord langs die vraag nommer (1.1.1 tot 1.1.5) neer.
Wet op Arbeidsverhoudinge ; sloerstakings ; kollektiewe bedinging ; Arbeidshof
vakbond ; Wet op Vaardigheidsontwikkeling ; werksplekforum ; uitsluiting;
Kommissie vir Versoening ; Bemiddeling en Arbitrasie ; ontslag

1.1.1 Die werkers van Getsmart Handelaars het die ... genader vir onopgeloste
https://www.iol.co.za/ dispute.
capeargus/news/opinion/ 1.1.2 ‘n … kan gevorm word wanneer ‘n besigheid 100 of meer werknemers het
our-labour-laws-have-not- om werkverwante kwessies op te los.
changed-because-of-the-
1.1.3 Katlego Versekeraars het ‘n … toegepas in die vrees dat werknemers die
pandemic-8fc160f9-3a3d-
besighede tydens stakings sal plunder en beskadig.
4a28-9619-e759e2bc23c0

12 BESIGHEIDSTUDIES | GRAAD 12

BS GRAAD 12 LB AFR.indb 12 2022/03/27 23:46:35


Eenheid 1.3  Die Wet op Gelyke Indiensneming (WGI) (Nr. 55 van 1998)

| Aktiwiteit 1.2 Klaswerk/Huiswerk

1.1.4 Die … verskaf ‘n bemagtigende raamwerk vir arbeidsverhoudinge in Wenk


Suid-Afrika.
1.1.5 Bedford Vervaardigers het … prosesse met vakbondverteenwoordigers Die vraag aan die linkerkant
is ‘n voorbeeld van ‘n opstel-
begin om arbeidsgeskille op te los.
tipe vraag. ‘n Verskeidenheid
(5 × 2) (10)
opsteltipe vrae moet geoefen
VRAAG 2: BESIGHEIDSOMGEWINGS (WET OP ARBEIDSVERHOUDINGE) en bemeester word ter
voorbereiding vir die NSS-
Goldman Mynbou (GM) het ‘n regspesialis uitgekontrakteer om opleiding oor die eksamen. Verwys na bladsy
vereistes van die Wet op Arbeidsverhoudinge (WAV), (Nr. 66 van 1995) te doen. 107 en 211 vir wenke oor die
Die opleidingsessie het op die regte van werknemers en werkgewers, asook die skryf van opstelle.
impak van die WAV op besighede gefokus. Daarbenewens is optredes wat as
oortredings van die wet beskou word en strafmaatreëls vir oortreding bespreek.

Wenk
Skryf ‘n opstel oor die WAV waarby jy die volgende aspekte insluit:
• Beskryf kortliks die regte van die werkgewers en werknemers ten opsigte van die WAV. Wanneer die regte van
werkgewers en werknemers
• Verduidelik die impak van die WAV op besighede.
ten opsigte van die WAV
• Bespreek die optredes wat as oortredings van die WAV beskou word.
verduidelik word, moet dit
• Gee raad aan besighede oor die strafmaatreëls wat hulle in die gesig staar indien afsonderlik gedoen word,
hulle die WAV oortree. met twee afsonderlike
[40] subopskrifte.

Eenheid 1.3  Die Wet op Gelyke


Indiensneming (WGI) (Nr. 55 van 1998)
Die WGI skep ‘n bemagtigende raamwerk van aanvaarbare
indiensnemingspraktyke en is hoofsaaklik gepromulgeer/ingestel om
regstellende aksie te bevorder. Dit maak voorsiening vir verbeterde en
groter transformasieprosesse in die werkplek. Deur die WGI word mense
gelyk/billik behandel, ongeag ras, kultuur, ouderdom, taal, geslag, seksuele
oriëntasie, gestremdheid en geloof. Die WGI verplig besighede ook om gelyke
indiensnemingsplanne op te stel.

Wenk
Die doel van die WGI Wanneer jy die WGI in die
• Verseker gelyke verteenwoordiging van alle bevolkingsgroepe van Suid-Afrika eksamen bespreek, moet
in die werkplek deur die effektiewe bevordering en implementering van jy beklemtoon dat die WGI
regstellende aksie. regstellende aksie bevorder.
• Bepleit dat werknemers wat werk van dieselfde of gelyke waarde doen, gelyk
betaal moet word.
• Bevorder gelyke geleenthede en regverdige behandeling vir alle werkers in Nuwe woorde
die werkplek.
• Voorkom diskriminasie op grond van geslag/ras/gestremdheid in die werkplek. regstellende aksie 
• Beskerm werknemers teen viktimisering in die konteks van die uitoefening die beleid en proses om
van hul regte soos uiteengesit in die WGI. voorkeure in werksgeleenthede
• Bied die moontlikheid vir werkers om onopgeloste kwessies na die KVBA aan voorheen benadeelde
mense te verskaf
te verwys.

KWARTAAL 1 | ONDERWERP 1 | Die impak van onlangse wetgewing op besighede 13

BS GRAAD 12 LB AFR.indb 13 2022/03/27 23:46:36


KWARTAAL 1

Die impak van die WGI op besighede


Wenk
Die woorde diensbillikheid Positiewe/Voordele
en gelyke indiensneming kan
• Bevorder die implementering van regstellende aksie-maatreëls om die
uitruilbaar gebruik word in
die konteks van die WGI. verskillende wanbalanse in indiensneming reg te stel.
• Voorkom stelselmatig onbillike diskriminasie aangesien dit verseker dat die
arbeidsmag verteenwoordigend is van die demografie van die land.
• Bevorder gelyke geleenthede en regverdige behandeling vir alle werkers in die
werkplek.
• Moedig diversiteit in die besigheid aan deur mense van verskillende rasse in
diens te neem.
• Moedig konsultasie tussen werkgewers en werknemers aan.
• Bied alle werknemers ‘n gelyke geleentheid tydens keurings, aanstellings en
bevorderings in die werkplek.
EN/OF
Negatiewe/Nadele
• Die implementering van die WGI is tydrowend, duur, voorskriftelik en
administrasie-intensief, omdat ‘n gelyke indiensnemingsverslag elke twee jaar
by die Departement van Arbeid ingedien moet word.
• Die opleidingskoste van die besigheid neem toe omdat werknemers korrek
opgelei moet word ten opsigte van die implementering van die WGI.
• Gelyke indiensneming-aanstellings kan konflik in die werkplek veroorsaak
aangesien sommige werknemers dalk nie die kennis, vaardighede,
kwalifikasies en ervarings van die GI (Gelyke indiensneming)-aanstelling
respekteer nie.
Nuwe woorde • Besighede stel soms kandidate in ‘n GI-posisie aan wat nie geskik, of
ongekwalifiseerd is vir die werk, net om aan die vereistes van hul gelyke
Gelyke indiensnemingsplan indiensnemingsplan te voldoen.
‘n dokument wat uiteensit
• Besighede vind dit moeilik om aanstellings te maak weens die ongeskiktheid
hoe die onderneming van
van kandidate, wat daartoe lei dat die pos nie gevul word nie.
voorneme is om diensbillikheid
oor vyf jaar te bereik • Besighede moet gelyke indiensnemingsplanne en nakomingsertifikate indien
voordat besigheid met die staat gedoen kan word.

QR-KODE Optredes wat as oortreding van die WGI beskou


Wet op Gelyke Indiensneming word
• Om mense toegang tot die werkplek te weier, gebaseer op enige vorm van
diskriminasie soos geslag, ras, kultuur, geloof, taal en geslag.
• Die onregverdige behandeling van werkers en die verkeerdelike bevordering
van regstellende aksie in die werkplek.
• Die weiering om jong vroue in diens te neem omdat hulle in die toekoms sou
kies om kinders te hê.
• Die uitvoering van MIV-toetse tensy die toetsing deur die Arbeidshof
geregverdig word.
• Die weiering om ‘n persoon in diens te neem as gevolg van sterk
https://www.youtube.com/ godsdienstige of kulturele oortuigings, of as gevolg van ‘n gestremdheid.
watch?v=vDiQwRMIUCk • Die teistering en viktimisering van ‘n werknemer in enige vorm word volgens
die WGI as diskriminerend beskou.

14 BESIGHEIDSTUDIES | GRAAD 12

BS GRAAD 12 LB AFR.indb 14 2022/03/27 23:46:36


Eenheid 1.3 Die Wet op Gelyke Indiensneming (WGI) (Nr. 55 van 1998)

Het jy geweet
Oorweeg die volgende:
Sal dit as ‘n oortreding van die wet deur besighede beskou word as werknemers
nie Covid-19-inentings wil ontvang nie?
In Suid-Afrika is daar tans geen wetgewing wat verpligte immunisering teen Covid-19
van die Suid-Afrikaanse bevolking vereis nie. Sou die regering besluit om wetgewing
vir verpligte immunisering te promulgeer/in te stel, moet dit in samewerking met
indiensnemingswetgewing soos die WAV, WGI, WBDV en WBGV gedoen word. Dit word
dus nie as ‘n oortreding van die wet deur besighede beskou as werknemers nie Covid-
19-inentings wil ontvang nie. Werkgewers kan egter verpligte inentings-beleide in
die werkplek instel en die weiering van verpligte inentings deur werknemers mag tot
ontslag lei.

Strafmaatreëls/gevolge vir oortreding van die WGI


• Besighede wat nie aan die WGI voldoen nie, kan ‘n nakomingsbevel van die
Arbeidshof ontvang wat die besigheid dwing om aan die WGI te voldoen.
• Besighede wat steeds nie daaraan voldoen nadat die nakomingsbevel
uitgereik is nie, kan dan deur die Arbeidshof aangekla/vervolg word vir
oortreding van die wet.
• Besighede wat nalatig is om aan die WGI te voldoen, kan groot boetes
ontvang, wat afhang van die mate van oortreding, veral in die konteks van Wenk
besighede wat voorgee. Dit is belangrik om huidige
• Die Departement van Arbeid kan besighede wat oortree verhoed om sake gebeure in die media aan
met die regering te doen, veral in die konteks van staatstenders. die oorspronklikheid van jou
• Arbeidsinspekteurs kan die besigheid besoek en onderhoude met opstel antwoorde te koppel
werknemers voer om vas te stel of die inligting wat op die gelyke waar van toepassing.
indiensnemingsplanne verskaf is, korrek of vervals is.

Maniere aan waarop besighede die WGI kan nakom QR-KODE


• Vertoon ‘n opsomming van die WGI in die werkplek waar dit vir alle Die Wet op Gelyke
werknemers sigbaar is. Indiensneming (WGI)
• Gee gelyke geleenthede aan alle werknemers in die werkplek.
• Besighede moet verseker dat werknemers gelyk betaal word vir werk van
gelyke waarde.
• Implementeer regstellende aksie-maatreëls om diversiteit in die werkplek
te bevorder.
• Stel gelyke indiensnemingsplanne saam wat spesifiseer hoe regstellende aksie
in die werkplek geïmplementeer sal word.
• Die werkplek moet verteenwoordigend wees van die demografie van die land
op alle vlakke.
• Huidige indiensnemingsbeleide/praktyke/prosedures moet herstruktureer en
geëvalueer word om die verskillende aangewese groepe te akkommodeer. https://www.youtube.com/
watch?v=0Pqq0mPJe-I

KWARTAAL 1 | ONDERWERP 1 | Die impak van onlangse wetgewing op besighede 15

BS GRAAD 12 LB AFR.indb 15 2022/03/27 23:46:37


KWARTAAL 1

QR-KODE | Aktiwiteit 1.3 Klaswerk/Huiswerk


Die doel van die artikel is vir VRAAG 1
jou om oor die implikasie van 1.1 Verskeie opsies word as moontlike antwoorde op die volgende vrae gegee. Kies
die WGI op die hedendaagse/ die antwoord en skryf slegs die letter (A–D) langs die vraag nommer (1.1.1 tot
kontemporêre sakewêreld te 1.1.5) neer, bv. 1.1.6 D.
reflekteer. 1.1.1 De Lange Boekhouers implementeer die... om regstellende aksie in die
werkplek te bevorder.
A Wet op Vaardigheidsontwikkeling (WVO) (Nr. 97 van 1998)
B Wet op Arbeidsverhoudinge (WAV) (Nr. 66 van 1995)
C Wet op Gelyke Indiensneming (WGI) (Nr. 55 van 1998)
D Wet op Basiese Diensvoorwaardes (WBDV) (Nr. 75 van 1997))
1.1.2 ‘n Gelyke indiensnemingsplan is ‘n dokument wat uiteensit hoe die
besigheid van voorneme is om gelyke indiensneming oor ‘n … tydperk
te bereik.
A twee-jaar
https://businesstech.co.za/ B drie-jaar
news/business/469624/ C vier-jaar
these-planned-changes-aim- D vyf-jaar
to-speed-up-transformation- 1.1.3 Een manier waarop Rethabile Kleinhandelaars die Wet op Gelyke
in-south-africa/
Indiensneming (WGI), 1998 (Nr. 55 van 1998) kan nakom, is om…
A werknemers gelyk te betaal vir werk van gelyke waarde.
B werkers onregverdig te behandel op die grond van diskriminasie.
C werkers verskillend te vergoed vir werk van dieselfde waarde.
D die indiensneming van ‘n persoon te weier weens sterk kulturele
oortuigings.
1.1.4 ‘n Groot voordeel van die Wet op Gelyke Indiensneming (WGI), 1998
(Nr. 55 van 1998) is dat …
A die implementering daarvan tydrowend en voorskriftelik is.
B dit diversiteit in die besigheid bevorder.
C die besigheid moeilikhede ervaar wanneer aanstellings gemaak
word.
D dit die vestiging van werksplekforums bevorder.
1.1.5 Die bestuur van Myburgh Vervaardigers is met ‘n … uitgereik omdat
hulle nie aan die WGI in die werkplek voldoen het nie.
A nakomingsbevel
B besigheidslisensie
C SAID belastingnakomingsertifikaat
D finansieringstoelaag
(5 × 2 ) (10)
VRAAG 2
2.1 Beskryf kortliks die doel van die Wet op Gelyke Indiensneming (WGI), 1998 (Nr.
55 van 1998). (6)
2.2 Bespreek die impak van die WGI op besighede. (8)
2.3 Lees die scenario hieronder en beantwoord die vrae wat volg.
CONQUEST GROOTHANDELAARS (CG)
‘n Nakomings-inspeksie met betrekking tot die Wet op Gelyke Indiensneming
(WGI), 1998 (Wet 55 van 1998) is by Conquest Groothandelaars (CG) gedoen.
Die bevindinge het ontdek dat die arbeidsmag nie verteenwoordigend is van
die demografie van Suid-Afrika nie. CG implementeer nie regstellende aksie-
maatreëls nie. ‘n Opsomming van die WGI word nie by die besigheid vertoon nie.

16 BESIGHEIDSTUDIES | GRAAD 12

BS GRAAD 12 LB AFR.indb 16 2022/03/27 23:46:37


Eenheid 1.3 Die Wet op Gelyke Indiensneming (WGI) (Nr. 55 van 1998)

| Aktiwiteit 1.3 Klaswerk/Huiswerk

2.3.1 Haal TWEE optredes aan wat as oortreding van die WGI beskou
word uit die scenario hierbo. (2)
2.3.2 Verduidelik DRIE ander optredes wat as oortreding van die WGI deur
besighede beskou kan word. (6)
2.3.3 Stel die strawwe voor wat CW in die gesig staar vir oortreding van
die WGI. (6)
[28]

Eenheid 1.4 Die Wet op Basiese


Diensvoorwaardes (WBDV)
(Nr. 75 van 1997)
Die WBDV sit die minimum voorwaardes uiteen wat billike arbeidspraktyke en QR-KODE
menslike hulpbronpraktyke in die werkplek verseker. Die WBDV is van toepassing
Die Wet op Basiese
op alle werkgewers en werknemers, behalwe vir lede van die Nasionale
Diensvoorwaardes
Weermag, Suid-Afrikaanse Geheime Dienste, Nasionale Intelligensie Agentskap
en onbetaalde vrywilligers wat vir liefdadigheidsorganisasies werk. Die WBDV
is van toepassing op alle los-, tydelike en permanente werknemers, sowel as
onafhanklike kontrakteurs. Besighede moet op hoogte bly van wysigings wat
aangebring is rakende die variasies/wysigings op die WBDV-bepalings deur die
Minister van Arbeid.

https://www.youtube.com/
watch?v=Q_OkYd0fnMw
Bevorder billike
arbeidspraktyke

Bepalings en
voorwaardes van
indiensnemings-
WBDV Bevorder ekonomiese
ontwikkeling van werknemers

kontrakte

Internasionale
Arbeids OORTYD
Organisasie
Reguleer variasies van
Voldoen aan die reëls van die IAO/ILO WBDV-bepalings

KWARTAAL 1 | ONDERWERP 1 | Die impak van onlangse wetgewing op besighede 17

BS GRAAD 12 LB AFR.indb 17 2022/03/27 23:46:37


KWARTAAL 1

QR-KODE Die doel van die WBDV


WBDV • Bepaal duidelike diensbepaling en voorwaardes vir werkgewers en werknemers.
• Reguleer en bevorder die reg op billike arbeidspraktyke soos uiteengesit in die
Grondwet van Suid-Afrika.
• Verskaf minimum vereistes/standaarde vir die skep van indiensnemingskontrakte.
• Bevorder die ekonomiese ontwikkeling en maatskaplike geregtigheid van
werknemers.
• Voldoen aan die reëls en regulasies uiteengesit deur die Internasionale
Arbeidsorganisasie (IAO/ILO).
• Reguleer die variasies van die basiese diensvoorwaardes.

https://www.youtube.com/
watch?v=hvByPWmRNQs

Die bepalings van die WBDV

Bepalings van die WBDV


Bepaling Bespreking
• Werknemers word nie toegelaat om meer as 45 uur per week te werk nie.
Werksure • Werknemers mag 9 uur per dag werk as hulle vyf dae of minder per week werk.
• Werknemers mag 8 uur per dag werk as hulle meer as vyf dae per week werk.
• Nagwerk wat deur werknemers na 18:00 en voor 6:00 die volgende dag verrig
word, moet volgens wedersydse ooreenkoms gedoen word, en werknemers moet
vergoed word deur toelae/vermindering van werksure.
• Werknemers kan nie gedwing word om oortyd te werk nie, maar moet instem om
Oortyd oortyd te werk.
• Werknemers kan nie meer as 3 uur oortyd per dag of 10 uur per week werk nie.
• Oortyd moet as volg vergoed word:
– 1½ keer/Een en 'n half keer die normale tarief vir oortyd gewerk op weeksdae
en Saterdae.
– 2 keer/Twee keer/Dubbel die normale tarief van betaling vir oortyd gewerk op
Sondae en publieke vakansiedae.
Uit • Werknemers moet 'n etenspouse van 60 minute hê na 5 aaneenlopende ure se werk.
vir ete! Maaltye en • Die etenspouse kan deur 'n wedersydse skriftelike ooreenkoms tot 30 minute/halfuur
rusperiodes verminder word wanneer werknemers minder as 6 uur per dag werk.
• Werknemers moet 'n daaglikse rusperiode van 12 aaneenlopende ure/ 'n weeklikse
rusperiode van 36 aaneenlopende ure hê, wat Sondae moet insluit.

Beëindiging • 'n Indiensnemingskontrak kan slegs na 1 week se kennis beëindig word indien die
JY IS werknemer vir 6 maande of minder in diens is.
AFGEDANK van • 'n Minimum van 4 weke kennis moet aan die besigheid gegee word indien die
indiensneming werknemer vir 'n jaar of langer in diens is.
• Die werknemer moet skriftelike formele kennis gegee word indien die werkgewer die
kontrak beëindig het, net so moet die werknemer die werkgewer skriftelike formele
kennis gee vir die beëindiging van die kontrak.
• Dit is onwettig om 'n kind jonger as 15 in Suid-Afrika in diens te neem.
Kinder- en • Dit is ook onwettig om 'n werknemer te dwing om te werk.
dwangarbeid • Besighede mag kinders bo die ouderdom van 15 in diens neem indien indiensneming nie
skadelik is vir hul welstand/gesondheid/opvoeding/morele en maatskaplike ontwikkeling nie.
• Minderjariges/Kinders onder die ouderdom van 18 mag nie betrokke raak by gevaarlike
werk/werk wat vir 'n volwassene bedoel is nie.
Publieke • Werknemers moet betaal word vir enige publieke vakansiedag wat op 'n werksdag val.
• Werknemers mag op publieke vakansiedae werk wanneer daar 'n wedersydse
vakansiedae ooreenkoms is, en hulle word 2 keer/twee keer/dubbel hul normale tarief betaal.

18 BESIGHEIDSTUDIES | GRAAD 12

BS GRAAD 12 LB AFR.indb 18 2022/03/27 23:46:37


Eenheid 1.4 Die Wet op Basiese Diensvoorwaardes (WBDV) (Nr. 75 van 1997)

Bepalings van die WBDV (Vervolg)


Bepaling Bespreking
Jaarlikse verlof
Werknemers is geregtig op:
• 21 opeenvolgende dae jaarlikse verlof per jaar of 1 dag vir elke 17 dae gewerk/1
uur vir elke 17 uur gewerk.
• 'n Werkgewer kan slegs 'n werknemer betaal in plaas daarvan om verlof toe te
staan indien daardie werknemer se indiensnemingskontrak beëindig word.
• Jaarlikse verlof moet toegestaan word binne 6 maande nadat die verlofsiklus
geëindig het.
Siekverlof
Werknemers is geregtig op:
• 30 dae/6 weke betaalde siekverlof in 'n 3 jaar/36 maande siklus.
Verlof • 1 dag betaalde siekverlof vir elke 26 dae gewerk gedurende die eerste 6 maande
van diens.
• Daarna mag hulle al 30 dae se siekteverlof neem, mits hulle aan die wetlike
vereistes voldoen.
• 'n Mediese sertifikaat kan vereis word voordat 'n werknemer betaal word wat
vir meer as 2 opeenvolgende dae afwesig is/wat gereeld afwesig is.
Kraamverlof
• Swanger werknemers is geregtig op vier opeenvolgende maande kraamverlof.
• Swanger werknemers word verhinder om werk te verrig wat vir hulself en die
ongebore kind gevaarlik kan wees.
• Kraamverlof begin gewoonlik enige tyd vanaf vier weke voor die verwagte
geboortedatum van die ongebore kind onder die raad van 'n dokter/vroedvrou.

Ouerskapverlof
• 'n Werknemer, ongeag geslag, wat 'n ouer is, is geregtig op 10 opeenvolgende dae
ouerskapverlof na die geboorte van sy/haar kind.
• Ouerskapverlof is onbetaald maar die werknemer/ouer kan van die
Werkloosheidsversekeringsfonds/WVF eis.
• Die werkgewer moet ten minste een maand voor die verwagte sperdatum van die
geboorte ingelig/in kennis gestel word.
• Aannemingsverlof is van toepassing by die aanneming van 'n kind onder die
ouderdom van 2 jaar.
• Een ouer van die aangenome kind is geregtig op 10 weke aannemingsverlof om die
kind te versorg, terwyl die ander ouer geregtig is op 10 opeenvolgende dae normale
ouerskapverlof.
• Ingebruikneming van ouerskapverlof is slegs van toepassing op
surrogaatmoederskap waar een ouer geregtig is op 10 weke opdraggewende
ouerskapverlof om die kind te versorg, terwyl die ander ouer geregtig is op 10
opeenvolgende dae normale ouerskapverlof.
Gesinsverantwoordelikheidsverlof
• 'n Werknemer kan op aanvraag 3 tot 5 dae betaalde verlof per jaar ontvang in die
geval van die dood van die werknemer se eggenoot / lewensmaat / ouer /
aanneemouer / grootouer / kind / aanneemkind / kleinkind / broer / suster.
• 'n Werkgewer kan redelike bewyse vereis – voordat hierdie tipe verlof goedgekeur
word – soos 'n doodsertifikaat van die familielid wie se begrafnis bygewoon sal word.

KWARTAAL 1 | ONDERWERP 1 | Die impak van onlangse wetgewing op besighede 19

BS GRAAD 12 LB AFR.indb 19 2022/03/27 23:46:38


KWARTAAL 1

Die impak van die WBDV op besighede


Positiewe/Voordele
• Skep/vestig ‘n bemagtigende raamwerk van aanvaarbare
indiensnemingspraktyke, byvoorbeeld werksure, verlof, en die wettigheid van
indiensnemingskontrakte.
• Bepaal/Verskaf die reëls en regulasies, en verskaf duidelike en spesifieke
riglyne vir werkgewers om werksverwante kwessies te hanteer.
• Bevorder konsultasie tussen werkgewers en werknemers in die werkplek.
• Bepaal/Verskaf die minimum/basiese vereistes vir indiensnemingskontrakte.
• Spesifiseer werksure om uitbuiting van werknemers te voorkom.
• Werkers word toegelaat om vakbonde te raadpleeg in gevalle waar die
WBDV-voorwaardes oortree word.
EN/OF
QR-KODE
Negatiewe/Nadele
Die doel van die artikel is vir jou
• Die implementering van die WBDV is tydrowend, duur, voorskriftelik en
om oor die implikasie van die
administrasie-intensief, veral die opstel van formele/wettige kontrakte.
WBDV op die hedendaagse/
kontemporêre sakewêreld te • Die opleidingskoste van besighede kan styg omdat werknemers opgelei moet
reflekteer. word ten opsigte van die implikasies van die WBDV, en dat besighede dikwels
regspesialiste in diens moet neem.
• Besighede beskou indiensnemingskontrakte dikwels as ‘n negatiewe aspek en
implementeer soms nie die vereistes nie, wat lei tot oortreding van die wet.
• Werkgewers en bestuurders mag nie werknemers dwing om meer as 45 uur
per week te werk nie, wat ’n vermindering in produktiwiteit tot gevolg kan hê.
• Werkgewers kan nie goedkoop arbeid aanstel nie, en kan dus nie werknemers
uitbuit nie.
• Besighede word gedwing om aan die verskeie wetlike vereistes van die WBDV
te voldoen, wat die arbeidskoste van besighede direk verhoog.

https://www.iol.co.za/ Optredes wat as oortreding van die WBDV beskou word


capeargus/news/opinion/
our-labour-laws-have-not- • Eensydige veranderinge van inligting in die indiensnemingskontrakte deur
changed-because-of-the- werkgewers sonder om werknemers te raadpleeg.
pandemic-8fc160f9-3a3d- • Om werknemers te verbied om vergoeding/lone en salariskwessies met ander
4a28-9619-e759e2bc23c0 werknemers te bespreek.
• Die voorkoming van werknemers om toegang tot indiensnemingskontrakte
te verkry.
• Die voorkoming van swanger werknemers om kraamverlof wettiglik neem.
• Die weiering van aanvaarding van ‘n geldige mediese sertifikaat van ‘n siek
werknemer.
• Die weiering om ‘n werknemer gesinsverantwoordelikheidsverlof toe te staan
vir enige aspek van gesinsverantwoordelikheidsverlof soos uiteengesit in die
WBDV, soos om ‘n siek familielid te ondersteun of die begrafnis van ‘n nabye
familielid by te woon.

Strafmaatreëls/gevolge vir oortreding van die WBDV


• Besighede wat nie aan die WBDV voldoen nie, kan ‘n nakomingsbevel van die
Arbeidshof ontvang wat die besigheid dwing om aan die WBDV te voldoen.
• Die Direkteur Generaal van die Arbeidshof kan die nakomingsbevel toestaan,
wysig of kanselleer.
• Besighede kan na die Arbeidshof geneem word vir ‘n beslissing.
• Arbeidsinspekteurs kan ondersoeke en navrae oor klagtes in die konteks van
die WBDV doen en rekords/dokumentasie as bewyse verwyder.

20 BESIGHEIDSTUDIES | GRAAD 12

BS GRAAD 12 LB AFR.indb 20 2022/03/27 23:46:38


Eenheid 1.4  Die Wet op Basiese Diensvoorwaardes (WBDV) (Nr. 75 van 1997)

• Besighede wat nalaat om aan die WBDV te voldoen, kan groot boetes kry en
kan selfs tronkstraf opgelê word, wat afhang van die erns van die oortreding.

Maniere waarop besighede die WBDV kan nakom


• Vergoed/betaal werknemers wat oortyd werk, soos bepaal in die bepalings
van die WBDV.
• Verseker dat werknemers nie die vasgestelde werksure van 45 uur per week
oorskry nie.
• Voorsien kraamverlof vir swanger werknemers.
• Verseker dat die indiensnemingskontrakte nie enige aspek van die vereistes
van die WBDV oortree nie.
• Laat siek werknemers toe om die vereiste hoeveelheid siekteverlof af te neem,
d.w.s ses weke in ‘n 3 jaar siklus.
• Weerhou daarvan om kinders onder die ouderdom van 16 in diens te neem,
aangesien dit onwettig is.

| Aktiwiteit 1.4 Klaswerk/Huiswerk

VRAAG 1
1.1 Identifiseer die bepaling van die Wet op Basiese Diensvoorwaardes (WBDV),
1997 (Nr. 75 van 1997) wat op Dalwai Beleggers (DB) in ELK van die stellings
hieronder van toepassing is.
1.1.1 Megan, ‘n werknemer, is een en ‘n half keer haar normale tarief betaal
vir bykomende ure wat op weeksdae gewerk is.
1.1.2 DB neem nie kinders onder die ouderdom van 15 in diens nie omdat dit
teen die wet is.
1.1.3 Die opleidingsbestuurder, Mbali, het vier weke kennis gegee voordat sy
‘n pos by ‘n mededingende firma aanvaar het.
1.1.4 ‘n Sestig minute pouse word aan alle werknemers van DB verskaf na vyf
aaneenlopende ure se werk.
1.1.5 Rynard is 10 dae opeenvolgende onbetaalde verlof toegestaan na die
geboorte van sy dogter.
(5 × 2) (10)
VRAAG 2: BESIGHEIDSOMGEWINGS (WET OP BASIESE
DIENSVOORWAARDES)

Besighede moet goeie kennis van die doel en bepalings van die Wet op Basiese
Diensvoorwaardes (WBDV), 1997 (Wet 75 van 1997) hê. Die implementering van
die WBDV kan ‘n direkte impak op besigheidsbedrywighede hê. ‘n Daadwerklike
poging word dus deur besighede vereis om aan die WBDV te voldoen.

Skryf ‘n opstel oor die WBDV waarby jy die volgende aspekte insluit:
• Beskryf kortliks die doel van die Wet op Basiese Diensvoorwaardes.
• Verduidelik die volgende bepalings van die WBDV:
» Werksure
» Beëindiging van indiensneming
» Kinder- en dwangarbeid
• Bespreek die impak van die WBDV op besighede.
• Beveel maniere aan waarop besighede die WBDV kan nakom.
[40]

KWARTAAL 1 | ONDERWERP 1 | Die impak van onlangse wetgewing op besighede 21

BS GRAAD 12 LB AFR.indb 21 2022/03/27 23:46:38


KWARTAAL 1

QR-KODE Eenheid 1.5 Die Wysigingswet op


WVBBS/COIDA Vergoeding vir Beroepsbeserings en
Siektes (WVBBS/COIDA) (Nr. 61 van 1997)
Die WVBBS/COIDA is gepromulgeer/ingestel om die gesondheid en veiligheid
van werknemers in die werkplek te bevorder en te beskerm. Die WVBBS verskaf
riglyne vir die vergoeding van werknemers wat in die normale uitvoering van
hul pligte by die werkplek beserings en/of siektes opdoen. Dit verskaf ook
riglyne wanneer werknemers sterf as gevolg van werkverwante beserings. Die
verskillende beserings en siektes waarvoor eise gemaak kan word, word in die
WVBBS gespesifiseer. Beduidende vordering is gemaak met die implementering
van die WVBBS, aangesien meer besighede nou meer maatskaplik
https://www.youtube.com/
verantwoordelik is vir werkers en hul afhanklikes.
watch?v=zRDX-nV7Yss

Besering aan diens Vergoeding


QR-KODE
WVBBS-wysiging :
Beskerm werkers of vermy
aanspreeklikheid?

Die doel van die WVBBS/COIDA


• Die WVBBS is van toepassing op alle deeltydse werknemers en voltydse
werknemers wat beseer/gestremd raak/sterf as gevolg van ‘n werksplek-
https://www.youtube.com/
watch?v=2zBpd-K0elI ongeluk/-siekte.
• Die WVBBS/COIDA sluit werknemers uit wat hulle skuldig maak aan opsetlike
wangedrag soos roekelose speletjies/bak van poetse of verontagsaming van
die veiligheidsreëls in die werkplek.
Nuwe woorde
• Werknemers wat buite Suid-Afrika werk vir minstens twaalf maande, lede
Vergoedingsraad van die Suid-Afrikaanse Nasionale Weermag, en lede van die Suid-Afrikaanse
‘n statutêre liggaam van die Polisiediens is ook uitgesluit by die bepalings van hierdie wet.
Vergoedingsfonds wat die • Die promulgering van die WVBBS het gelei tot die totstandkoming van ‘n
Minister van Arbeid raad gee Vergoedingsraad, wie se funksie is om in ‘n adviserende hoedanigheid vir die
oor kwessies soos beleidsake, Minister van Arbeid op te tree oor die toepassing/bepalings van die WVBBS.
jaarlikse voordeel-verhogings, • Die tipe en erns van die besering sal die mediese uitgawes en ander
aanstelling van evalueerders
vergoeding bepaal wat aan werknemers betaal sal word.
en wysigings aan die WVBSS
• Werkgewers maak maandelikse bydraes tot die Vergoedingsfonds, wat op die
aantal werknemers in die werkplek gebaseer is, asook vlak van risiko waaraan
werknemers blootgestel is.
Wenk
Die akronieme WVBBS
of COIDA kan gebruik
word wanneer jy na die
Wysigingswet op Vergoeding
vir Beroepsbeserings
en Siektes verwys. Albei
akronieme is aanvaarbaar.

22 BESIGHEIDSTUDIES | GRAAD 12

BS GRAAD 12 LB AFR.indb 22 2022/03/27 23:46:40


Eenheid 1.5 Die Wysigingswet op Vergoeding vir Beroepsbeserings en Siektes (WVBBS/COIDA) (Nr. 61 van 1997)

Die impak van die WVBBS/COIDA op besighede QR-KODE

Positiewe/Voordele Die nuwe opdatering aan die


WVBBS maak voorsiening vir
• Bevorder gesondheid en veiligheid in die werkplek. vergoeding vir huiswerkers.
• Skep ‘n bemagtigende raamwerk vir aanvaarbare indiensnemingspraktyke/ Skandeer die QR-kode
veiligheidsregulasies. hieronder vir meer inligting.
• Dek alle werknemers in die werkplek, indien beide partye (werkgewers en
werknemers) voldoen aan al die nodige veiligheidsbepalings soos uiteengesit
deur die WVBBS.
• Verskaf administratiewe riglyne/meganismes vir die hantering en verwerking
van eise.
• Verskaf aan werknemers finansiële/monetêre vergoeding vir enige besering/
gestremdheid/siekte wat voortspruit uit die uitvoering van werkplek pligte.
• Beskerm werknemers teen finansiële las sou ‘n ongeluk in die werkplek
plaasvind, mits die werkgewer hom/haar nie aan nalatigheid skuldig maak nie
en bydrae tot die Vergoedingsfonds gemaak het.
• Die WVBBS verskaf vergoeding aan huiswerkers. https://businesstech.co.za/
news/business/474916/
EN/OF government-gazettes-updated-
rules-for-domestic-workers-in-
Negatiewe/Nadele south-africa/
• Die implementering van die WVBBS is tydrowend, duur, voorskriftelik en
administrasie-intensief – veral die lang eis-prosesse/prosedures.
• Werkgewers moet al hul werknemers registreer om jaarlikse bydrae tot die
WVBBS te maak, wat tot kontantvloeiprobleme vir besighede kan lei.
• Implementeringsprosesse/prosedures wat deur die Wet vereis word, kan duur
wees en ‘n bykomende finansiële las op sukkelende besighede plaas.
• Werkgewers kan gedwing word om swaar boetes te betaal as hulle skuldig
bevind word aan nalatigheid, of omdat hulle nie veiligheidsmaatreëls
toegepas het nie.
• Suid-Afrikaners wat tydelik/permanent in die buiteland in diens is, word nie
deur die WVBBS gedek nie.
• Die WVBBS dek nie werknemers in die Suid-Afrikaanse Nasionale Weermag nie.

Optredes wat as oortreding van die WVBBS/


COIDA beskou word
• Die omkoop van werknemers om die ongelukke of beserings nie aan te meld
op grond van ras/geloof/kultuur/taal/geslag/seksuele oriëntasie nie.
• Vervalsing van inligting oor vorige, ernstige ongelukke/beroepsiektes op
grond van ras/geloof/kultuur/taal/geslag/seksuele oriëntasie.
• Versuim om alle inligting aan die Vergoedingsraad bekend te maak wanneer
ongelukke of beserings vir spesifieke werknemers plaasvind.
• Om die verkeerde bedrae doelbewus aan die Vergoedingsfonds by te dra, wat
verhoed dat werknemers vergoeding ontvang.
• Diskriminering teen beseerde werknemers wanneer eise ingedien moet
word/werkgewers wat weier om eise van beseerde werknemers by die
Vergoedingsraad in te dien.
• Weiering om die eise van huiswerkers in te dien.

KWARTAAL 1 | ONDERWERP 1 | Die impak van onlangse wetgewing op besighede 23

BS GRAAD 12 LB AFR.indb 23 2022/03/27 23:46:40


KWARTAAL 1

Strafmaatreëls/gevolge vir oortreding van die WVBBS/


COIDA
• Besighede wat nie aan die WVBBS voldoen nie, kan ‘n nakomingsbevel van
die Arbeidshof ontvang, wat die besigheid dwing om aan die WVBBS te
voldoen.
• Besighede wat nalaat om aan die WVBBS te voldoen, kan groot boetes kry
omdat hulle weier om eise in te dien en kan selfs tronkstraf/gevangenisstraf
opgelê word, afhangend van die erns van die oortreding.
• Besighede kan gedwing word om groot betalings te maak as hulle nie die
nodige voorsorgmaatreëls geïmplementeer het om ongelukke/sterftes
te verminder nie, en ook nie gesondheid en veiligheid in die werkplek te
bevorder nie.
• Besighede kan gedwing word om verhalingskoste te betaal wat deur die
vergoedingsfonds vereis word.
• Werknemers kan ‘n besigheid voor die hof daag omdat hulle nie by die
Kommissaris van die Vergoedingsfonds geregistreer het nie.

QR-KODE Maniere aan waarop besighede die WVBBS/COIDA


Die doel van die artikel is vir jou kan nakom
om oor die implikasie van die • Vertoon ‘n opsomming van die WVBBS in die werkplek waar dit vir alle
WVBBS op die hedendaagse/ werknemers sigbaar is.
kontemporêre sakewêreld te • Organiseer opleiding oor die WVBBS met alle relevante belanghebbendes
reflekteer. sodat werknemers hul regte in die konteks van die WVBBS ken, maar ook om
gesondheid en veiligheid in die werkplek te beskerm en te bevorder.
• Verskaf en verbeter die kapasiteit om gesondheid en ‘n veilige
werksomgewing te bevorder.
• Registreer by die Vergoedingsraad en Vergoedingskommissaris.
• Betaal die vereiste heffings aan die Vergoedingsfonds.
• Rapporteer alle ongelukke, beserings, siektes en sterftes by die
Vergoedingskommissaris soos dit plaasvind.

| Aktiwiteit 1.5 Klaswerk/Huiswerk


https://citizen.co.za/business/
business-news/2442429/
VRAAG 1
compensation-fund-
1.1 Lees die scenario hieronder en beantwoord die vrae wat volg.
amendments-weak-
governance-no-help-for- CARMEN BOUKONTRAKTEURS (CBK)
vulnerable-workers/
Faraaz Essop ‘n werknemer by Carmen Boukontrakteurs, het sy lewe verloor
weens beserings wat by die werkplek opgedoen is. CBK het nie die nodige eis
ingedien soos deur die wet vereis word nie. CBK sal boetes opgelê word vir
oortreding van die wet.

1.1.1 Identifiseer die Wet wat deur CBK in die scenario hierbo oortree is. (2)
1.1.2 Bespreek strafmaatreëls vir oortreding van die Wet wat in
VRAAG 1.1.1 hierbo geïdentifiseer is. (8)
1.2 Evalueer die impak van die WVBBS/COIDA op besighede. (10)
[20]

24 BESIGHEIDSTUDIES | GRAAD 12

BS GRAAD 12 LB AFR.indb 24 2022/03/27 23:46:41


Eenheid 1.6 Die Wet op Breëbasis-Swart Ekonomiese Bemagtiging (BBSEB) (Nr. 53 van 2003, gewysig in 2013)

Eenheid 1.6 Die Wet op Breëbasis-Swart QR-KODE

Ekonomiese Bemagtiging (BBSEB) (Nr. 53 Oorsig van BBSEB.

van 2003, gewysig in 2013)


Die BBSEB is gepromulgeer/ingestel
om die meerderheid Suid-Afrikaners in
die hoofstroom van die ekonomie te
bring, om ekonomiese groei aansienlik
te versnel, geleenthede aan voorheen
benadeelde mense te bied, en om
rykdom breër oor alle
bevolkingsgroepe te versprei. Die https://www.youtube.com/
implementering van die BBSEB het die watch?v=t2b7XVlqDZQ
aantal swart mense wat die Suid-
Afrikaanse ekonomie bestuur/besit/beheer, laat toeneem. ‘n BBSEB-telkaart word
gebruik om die BBSEB-statusse van besighede te bepaal. Die BBSEB is gemik om alle Nuwe woorde
burgers van Suid-Afrika beduidend in die ekonomie te integreer.
swart in die konteks van
BBSEB is ‘n generiese term vir
Die doel van die BBSEB die Swart-, Bruin- , en Indiër-
bevolking wat burgers van
• Stel rykdom in staat om wyer oor alle bevolkingsgroepe versprei te word. Suid-Afrika is van geboorte of
• Beoog om ongelykheid in die Suid-Afrikaanse ekonomie aan te spreek/te afkoms, of wat voor April 1994
teiken. genaturaliseerde burgers van
• Omskryf/Beskryf areas wat die regering ‘n platform sal gee om die billike Suid-Afrika geword het
verspreiding van rykdom onder alle bevolkingsgroepe te bring.
• Maak voorsiening vir die ontwikkeling van kodes van goeie praktyke.
• Verhoog die aantal swart mense wat Suid-Afrikaanse besighede bestuur/ QR-KODE
beheer.
Inleiding tot die BBSEB Goeie
Praktykskodes.
Verskille tussen SEB en BBSEB
Swart Ekonomiese Breëbasis-Swart Ekonomiese
Bemagtiging (SEB) Bemagtiging (BBSEB)
• Dit is ‘n regeringsbeleid wat nie • Dit is ‘n wet wat afdwingbaar is/aan
afdwingbaar is nie. voldoen moet word deur besighede.
• Bevoordeel slegs ‘n paar voorheen- • Moedig ‘n wyer groep voorheen
benadeelde mense in die ekonomie. benadeelde mense – wat swart vroue/
mense met fisiese uitdagings/jeug/
mense in afgeleë gebiede in sluit om https://www.youtube.com/
aan die ekonomie deel te neem. watch?v=EwDKU5OJ2V4

• Dit het daartoe gelei dat ‘n paar • Beoog om die land se rykdom te
voorheen benadeelde individue in die verdeel oor ‘n breër spektrum van die
rykdom van die ekonomie gedeel het. samelewing. Wenk
• Fokus slegs op drie pilare wat nie alle • Fokus op vyf pilare – wat alle sektore Neem asseblief kennis dat
voorheen benadeelde mense insluit nie. van die samelewing insluit – veral SEB ‘n regeringsbeleid is,
die voorheen benadeelde mense en terwyl BBSEB ‘n Wet is.
voorheen benadeelde gemeenskappe.

KWARTAAL 1 | ONDERWERP 1 | Die impak van onlangse wetgewing op besighede 25

BS GRAAD 12 LB AFR.indb 25 2022/03/27 23:46:42


KWARTAAL 1

Toepassing en implikasies van die hersiene


VYF pilare van BBSEB Wenk
Maniere hoe besighede die
Bestuursbeheer
hersiene VYF pilare van BBSEB
Besighede moet/behoort:
in die werkplek kan toepas,
Bestuursbeheer

Verseker dat transformasie op alle vlakke geïmplementeer word.


Swart mense aanstel in senior uitvoerende posisies/in bestuur. verwys na wat die besigheid
Swart werknemers by besluitnemingsprosesse betrek. kan doen om ELKE pilaar toe
Swart vroulike verteenwoordiging in bestuur verseker en prioritiseer. te pas. Implikasies verwys na
Hindernis/beperking: wat die besigheid kan doen
Weens ’n tekort aan vaardige swart bestuurders/direkteure, vind sommige besighede om ELKE pilaar toe te pas en
dit moeilik om aanstellings te maak. Dit beperk die groeigeleenthede vir die besigheid.
die hindernisse/beperkings
wat besighede verhoed
Eienaarskap om ELKE BBSEB-pilaar te
Besighede moet/behoort:
Swart mense by aandeelhouding/vennootskappe/franchises insluit. implementeer.
Eienaarskap

Meer geleenthede vir swart mense skep om eienaars en entrepreneurs te word.


Klein swart beleggers aanmoedig om in groot maatskappye te belê en deel in eienaarskap.
Vrygestelde Mikro-ondernemings (VMO's) wat 'n eienaarskap van 50% of meer van swart mense in bestuur
het, word outomaties bevorder na Vlak 3 van die BBSEB-telkaart.
Hindernis/beperking:
Besighede vind dit moeilik om geskikte swart besigheidsvennote/aandeelhouers te vind wat aandele kan bekostig.

Ondernemings- en verskaffersontwikkeling (OVO)


Enterprise and plan
A business supplier development
is a formal (ESD)
written document
Besighede
Businesses moet/behoort:
must:
verskaffersontwikkeling

describing the goals of a business and the


Aangemoedig wordtoom in klein medium-
goals. en mikro-ondernemings (KMMO's) in swart besit te belê en te ondersteun).
Ondernemings- en

methods on how achieve the


Werk skep want OVO bevorder en ondersteun plaaslike vervaardiging .
(OVO/ESD

Finansiële bydrae aan besighede maak wat aan BBSEB voldoen en KMMO's, soos lenings/skenkings/beleggings.
Ook nie-finansiële bydrae aan BBSEB-voldoende besighede maak en KMMO's soos adviesdienste /
konsultasiedienste/entrepreneursprogramme.
Hindernis/beperking:
OVO bevorder voorkeurverkryging en besighede het dikwels nie 'n keuse as om transaksies te doen met
BBSEB-goedgekeurde verskaffers wat nie noodwendig hul eerste keuse is nie.

Vaardigheidsontwikkeling
Besighede moet/behoort:
Vaardigheidsontwikkeling

Swart werknemers betrek by verskeie opleidingsprogramme en inisiatiewe vir vaardigheidsontwikkeling.


Voordeel vind uit die groter aantal vaardige/opgeleide werknemers, wat algehele produktiwiteit in die
werkplek verhoog.
Leerlingskappe en leerprogramme aan swart werknemers voorsien/verskaf.
1% van hul jaarlikse salarisrekening bydra as dit R500 000 oorskry om die programme vir
vaardigheidsontwikkeling te befonds.
Hindernis/beperking:
Besighede offer dikwels produktiwiteit op aangesien mentors/afrigters werksure moet gebruik om aan
leerlingskappe/opleiding deel te neem.

Sosio-ekonomiese ontwikkeling/Sosiale verantwoordelikheid


Sosio-ekonomiese ontwikkeling/

Besighede moet/behoort:
Sosiale verantwoordelikheid

Bydra tot maatskaplike investeringsprojekte en gemeenskapsontwikkeling.


Op kritieke areas van KMI fokus soos ontwikkeling in die land, byvoorbeeld omgewingsbewustheid/onderwys/
behuising/armoede/werkloosheid, ens.
Skaars KMI-hulpbronne aan geselekteerde begunstigdes in die gemeenskap versprei.
Volhoubare gebruik van natuurlike hulpbronne bevorder en besighede wat gebruik maak van volhoubare
produksie-tegnieke en volhoubare energiebenuttingspraktyke ondersteun.
Hindernis/beperking:
Besighede is dikwels nie kundig oor maatskaplike kwessies en sosiale verantwoordelikheid nie, en kan lei tot
vermorsing van finansiële hulpbronne as dit nie korrek ondersoek word nie.

Wenk
‘n Deeglike konseptuele begrip van die BBSEB-pilare word vereis om die impak van BBSEB op besighede te verstaan. Die fokus
moet wees op hoe besighede aan elke BBSEB-pilaar moet voldoen.

26 BESIGHEIDSTUDIES | GRAAD 12

BS GRAAD 12 LB AFR.indb 26 2022/03/27 23:46:42


Eenheid 1.6  Die Wet op Breëbasis-Swart Ekonomiese Bemagtiging (BBSEB) (Nr. 53 van 2003, gewysig in 2013)

Die impak van die BBSEB op besighede


Positiewe/Voordele
• Besighede wat aan die BBSEB voldoen sal hoog aangeslaan word op die BBSEB-
telkaart/kan staatstenders kry/kan ander BBSEB-besigheidsvennote/verskaffers lok.
• Moedig besighede aan om die eise vir regstelling/billikheid direk in die
werkplek aan te spreek.
• Maak voorsiening vir verbeterde ontwikkeling van menslike hulpbronne deur
doeltreffende opleiding en ontwikkeling.
• Bevorder ondernemingsontwikkeling deur entrepreneuriese vaardighede van
aangewese mense te ontwikkel om hul eie besighede te vestig.
• Besighede wat op BBSEB fokus toon toewyding tot die maatskaplike/
opvoedkundige/ekonomiese ontwikkelings in die gemeenskap/land.
• Verbeter die beeld van die besigheid omdat ‘n goeie BBSEB-gradering meer
beleggers na die besigheid lok.
EN/OF

Negatiewe/Nadele
Nuwe woorde
• Die implementering van BBSEB is tydrowend, duur, voorskriftelik en
administrasie-intensief, veral om BBSEB-telkaart graderings en opleiding van BBSEB-telkaarte  meet ‘n
werknemers te behaal. besigheid se voldoening/
• Besighede moet rigiede/moeilike prosesse verduur om hul BBSEB-nakoming nakoming aan BBSEB en
deur ‘n onafhanklike BBSEB-verifikasie-agentskap te laat meet/verifieer. ‘n sertifikaat word aan die
• Sommige prosesse wat met BBSEB geassosieer word – as dit nie behoorlik besigheid uitgereik wat hul
gemonitor word nie – kan tot korrupsie/nepotisme/kronisme lei. BBSEB-gradering stipuleer
• Die BBSEB bepleit Ondernemings- en Verskaffersontwikkeling (OVO), wat
beteken dat sekere besighede wat nie goedgekeurde BBSEB-verskaffers is nie,
kan uitgesluit word van die verskaffing van goedere en dienste.
• Besighede wat staatstenders wil bekom en sake met die staat wil doen, moet
jaarliks hul BBSEB-status laat assesseer. Dit verhoog die administratiewe las
van besighede.
• Besigheidskostes neem toe omdat besighede geld moet bestee aan die
korrekte voldoening aan die vyf pilare van BBSEB om ‘n goeie BBSEB-
gradering te verkry. Nuwe woorde

Optredes wat as oortreding van die BBSEB beskou word frontering  besighede wat
voorgee om aan BBSEB te
• Werkgewers wat verkeerdelik die middele implementeer om die vereistes van voldoen deur inligting wat
die vyf BBSEB-pilare te bereik. verband hou met BBSEB
• Werkgewers wat versuim om regstellende aksie in die konteks van gelyke indiens- te vervals of te lieg oor die
neming korrek te implementeer om BBSEB-verantwoordelikhede na te kom. bestuursposisies van swart
• Werkgewers wat ongeskikte mense in bestuursposte bevorder ten koste van werknemers en voor te gee
gekwalifiseerde voorheen benadeelde mense. dat hulle swart werknemers in
• Werkgewers wat doelbewus betrokke by frontering, korrupsie, nepotisme sekere poste aanstel
en kronisme is, en as gevolg hiervan sekere individue ten koste van ander nepotisme  om poste,
individue bevoordeel. bevorderings of geleenthede
• Weiering om staatstenders toe te ken aan verskaffers wat aan BBSEB voldoen. aan familie te verskaf, maar
hierdie familielede is nie vir die
Strafmaatreëls/gevolge vir oortreding van die BBSEB poste gekwalifiseer nie

• Besighede wat nie aan BBSEB voldoen nie, kan ‘n nakomingsbevel van die kronisme  om poste,
bevorderings of geleenthede
Arbeidshof ontvang, wat die besigheid dwing om aan BBSEB te voldoen.
aan vriende te verskaf, maar
• Besighede wat nalaat om aan BBSEB te voldoen, kan groot boetes kry vir
hierdie familielede is nie vir die
fronteringspraktyke en kan selfs tronkstraf (gevangenisstraf) opgelê word , poste gekwalifiseer nie
wat afhang van die erns van die oortreding.

KWARTAAL 1 | ONDERWERP 1 | Die impak van onlangse wetgewing op besighede 27

BS GRAAD 12 LB AFR.indb 27 2022/03/27 23:46:42


KWARTAAL 1

QR-KODE • Besighede kan beboet word met ‘n boete van tot 10% van die jaarlikse omset
van besighede.
Die doel van die artikel is vir jou • Die staat kan besluit om besigheidslisensie nie te hernu nie, die
om oor die implikasie van die besigheidslisensie terug te trek, of weier om magtigings te verleen om
BBSEB op die hedendaagse/ besigheidsaktiwiteite uit te voer.
kontemporêre sakewêreld te • Die staat kan enige kontrak kanselleer wat toegeken word aan besighede wat
reflekteer. dit op grond van vals inligting rakende hul BBSEB-status verkry het.
• Goedgekeurde verskaffers wat aan BBSEB voldoen, sal hul kontrakte
terugtrek met besighede wat nie voldoen nie.

Maniere aan waarop besighede die BBSEB kan nakom


• Besighede moet alle middele vind om die vereistes van die vyf pilare van
BBSEB te bereik, soos die bevordering van regstellende aksie wanneer
aanstellings gemaak word.
• Voer besigheidsaktiwiteite uit met verskaffers wat aan BBSEB voldoen/neem
deel aan voorkeurverkryging.
https://sundayworld.co.za/ • Doen gereelde opleiding vir vaardigheidsontwikkeling saam met swart
breaking-news/bbbee-could- werknemers.
regenerate-industry/ • Verkoop aandele aan meer swart individue binne en buite die organisasie/
besigheid.
• Stel meer swart werknemers in bestuursposte aan en bevorder dit.
• Implementeer gesonde korporatiewe maatskaplike investering (KMI)-beleide
om die samelewing in die algemeen te verbeter en te ontwikkel.

| Aktiwiteit 1.6 Klaswerk/Huiswerk

VRAAG 1
1.1 Identifiseer die BBSEB-pilaar wat deur Botha Voedsel Kleinhandelaars (BVK) in
ELK van die stellings hieronder geïmplementeer is.
1.1.1 Meer geleenthede is deur BVK geskep om aandele aan swart mense te
verkoop.
1.1.2 Swart werknemers word aangemoedig om betrokke te raak by verskeie
opleidingsprogramme wat by BVK aangebied word.
1.1.3 Daar is groter sigbaarheid van aangestelde vroulike bestuurders by alle
BVK-takke.
(3 × 2) (6)
VRAAG 2
2.1 Lees die scenario hieronder en beantwoord die vrae wat volg.
WATIBE BEPERK (WB)
Watibe Beperk het Pondo Raadgewers versoek om alle werknemers op te lei oor
die verskille tussen SEB en BBSEB. Dit is uitgelig dat SEB ‘n regeringsbeleid is
wat nie deur die regering afgedwing word nie. Besighede word verplig om aan
die BBSEB-Wet te voldoen. WB is ook raad gegee oor hoe om die BBSEB-pilare
in die werkplek toe te pas.

2.1.1 Haal die verskil tussen SEB en BBSEB aan soos in die scenario
genoem. (2)
2.1.2 Beskryf ander verskille tussen SEB en BBSEB. (4)
2.1.3 Verduidelik hoe WB die volgende BBSEB-pilare in die werkplek
kan toepas:
a Ondernemings- en Verskaffersontwikkeling (OVO) (4)
b Sosiale verantwoordelikheid (4)
2.1.4 Evalueer die impak van BBSEB op WB as ‘n besigheid. (6)
[20]

28 BESIGHEIDSTUDIES | GRAAD 12

BS GRAAD 12 LB AFR.indb 28 2022/03/27 23:46:43


Eenheid 1.7 Die Nasionale Kredietwet (NKW) (Nr. 34 van 2005)

Eenheid 1.7 Die Nasionale Kredietwet Nuwe woorde

(NKW) (Nr. 34 van 2005) NKR die regulerende


liggaam wat die NKW toepas,
Die NKW is gemoeid met verbruikerskrediet en die kredietbedryf. Die NKW is verbruikers oor hul regte
gepromulgeer/ ingestel om hoë vlakke van verbruikerskuld te bekamp, en om opvoed, en nakoming van
verantwoordelikheid te bevorder in die neem van ingeligte besluite voor die NKW en die kredietbedryf
monitor/administreer en
verbruikers op krediet koop. Die NKW verhoed dus die roekelose toestaan van
verseker
krediet aan verbruikers om te verseker dat verbruikers nie te veel skuld maak nie.
Die NKW het gelei tot die instelling van die Nasionale Kredietreguleerder (NKR).

QR-KODE
NKW - Die Nasionale
Kredietwet

https://www.youtube.com/
watch?v=EUp-_AKoXtM
Die doel van die NKW
• Bevorder die maatskaplike en finansiële belange van Suid-Afrikaanse
verbruikers, en by uitbreiding die Suid-Afrikaanse ekonomie.
QR-KODE
• Verseker dat verbruikers van krediet goed ingelig is oor die besonderhede wat
in hul kredietkontrakte ingesluit is. Moet jou besigheid as ‘n
• Bevorder die verantwoordelike toestaan van krediet deur kredietverskaffers. Kredietverskaffer geregistreer
• Verseker dat krediet ewe beskikbaar is vir alle kwalifiserende verbruikers. word ten opsigte van die
• Beskerm beide uitleners en leners teen nalatige uitleenpraktyke wat tot hoë Nasionale Kredietwet?
vlakke van skuld vir verbruikers kan lei.
• Verseker dat die kredietburo/kredietverskaffers/skuldberaders geregistreer is
om verbruiker-uitbuiting te vermy.

Die impak van die NKW op besighede


Positiewe/Voordele
• Die NKW beskerm besighede teen nie-betalende kliënte.
• Besighede voltooi deeglike kredietkontrole en ontvang bygewerkte
dokumentasie van die verbruiker as bewyse dat hulle die terugbetalings/
https://www.youtube.com/
krediet kan bekostig.
watch?v=B6uSua1_BkA
• Die inligting wat deur die kredietburo gehou word, word aan besighede
beskikbaar gestel sodat hulle die kredietwaardigheid van verbruikers verifieer/
bevestig voordat krediet verleen word.
• Besighede wat gemagtigde kredietverskaffers is, kan meer verbruikers lok.
• Die korrekte implementering van die NKW lei tot meer kliënte deur
kredietverkope aangesien hulle nou teen misbruik en uitbuiting beskerm word.
• Die hele kredietverleningsproses is deursigtig, dit wil sê, beide
kredietverskaffers/krediteure en verbruikers/debiteure ken hul
verantwoordelikhede ten opsigte van die NKW.

KWARTAAL 1 | ONDERWERP 1 | Die impak van onlangse wetgewing op besighede 29

BS GRAAD 12 LB AFR.indb 29 2022/03/27 23:46:44


KWARTAAL 1

EN/OF

Nuwe woorde Negatiewe/Nadele


• Die implementering van die NKW is tydrowend, duur, voorskriftelik
Swartlys  om ‘n vonnis te
en administrasie-intensief, veral die komplekse en duur
plaas teen die naam van ‘n
slegte skuldenaar wat versuim skuldinvorderingsprosedures.
om skuld terug te betaal nadat • Besighede wat versuim om aan die NKW te voldoen, kan regstappe in die
verskeie pogings deur die gesig staar.
kredietverskaffer aangewend • Besighede moet verseker dat alle pogings om skuld te verhaal, uitgeput is
is om die skuld te verhaal. voordat verbruikers op die swartlys geplaas word.
Die vonnis teen die naam • Besighede/kredietverskaffers mag nie skuld invorder van verbruikers wat
van die slegte skuldenaar onder skuldhersiening is nie.
beteken dat die skuldenaar • Besighede wat roekeloos krediet toestaan, mag nie die skuld verhaal nie.
wettiglik verhinder sal word • Die wins van besighede kan afneem omdat hulle nie meer kan staatmaak op
om goedere op krediet te koop kliënte wat maklike toegang tot krediet gehad het nie.
vir ‘n vasgestelde tydperk,
byvoorbeeld 5 jaar
Optredes wat as oortreding van die NKW beskou word
• Weiering om krediet aan verbruikers toe te staan op grond van enige vorm
van diskriminasie soos ras, geslag, ouderdom, geloof, taal, kultuur, seksuele
oriëntasie.
• Heffing van verskillende rentekoerse aan verskillende verbruikers op grond
van diskriminerende gronde soos ras, geslag, ouderdom, geloof, taal, kultuur,
seksuele oriëntasie.
• Om krediet roekeloos aan verbruikers toe te staan en versuim om die
kredietkontrak aan verbruikers te verduidelik.
• Versuim om bekostigbaarheid-beoordelings uit te voer om te bepaal of die
kliënt werklik die krediet wat aangebied word kan bekostig.
• Swartlys van kliënte sonder om alle pogings uit te put om die skuld van die
verbruiker te verhaal.

Strafmaatreëls/gevolge vir oortreding van die NKW


• Die Nasionale Kredietreguleerder (NKR) kan die besigheid beboet vir
oortreding van die wet.
• Kredietverskaffers mag geen addisionele koste of rente hef op onwettige
kredietooreekomste wat tot stand gekom het nie.
• Die hof kan die toestaan van krediet deur die besigheid as roekeloos verklaar,
en kan verbruikers beveel om nie die krediet/of deel daarvan aan die
besigheid terug te betaal nie.
• Besighede mag nie betaling eis, dagvaar of beslag lê op die kliënte/verbruiker
se salarisse/bates om skuld terug te betaal nie.
• Die kredietverskaffer moet alle koste dra om die negatiewe inligting van
verbruikers te verwyder wat as gevolg van die roekelose toestaan van krediet
op die swartlys geplaas is.
• Die besigheidslisensie kan teruggetrek word vir roekelose toestaan van krediet
en growwe oortredings van die NKW.

Maniere aan waarop besighede die NKW kan nakom


• Voer kredietkontrole uit by ‘n geregistreerde kredietburo en/of raadpleeg die
Nasionale Kredietregister.
• Registreer die besigheid by die Nasionale Kredietreguleerder (NKR).
• Dien jaarlikse verslag van voldoening by die NKR in.
• Doen bekostigbaarheid-beoordelings om te verseker dat verbruikers hul
verpligtinge kan nakom.

30 BESIGHEIDSTUDIES | GRAAD 12

BS GRAAD 12 LB AFR.indb 30 2022/03/27 23:46:44


Eenheid 1.7 Die Nasionale Kredietwet (NKW) (Nr. 34 van 2005)

• Voldoen aan die nodige prosedures rakende die bepalings van die Wet op Nuwe woorde
Finansiële Intelligensiesentrum (WFIS/FICA).
• Verifieer die identiteit van kliënte en rapporteer verdagte transaksies/lei WFIS/FICA Suid-Afrika
personeel op oor hul verpligtinge ten opsigte van die WFIS. se primêre wetgewing
teen geldwassery en teen
terrorisme-finansiering

Verbruikersregte ingevolge die NKW


Kredietverbruikers het die reg om: Wenk
• aansoek te doen om krediet, sonder om te vrees dat daar op enige wyse teen
’n Algemene eksamenfout
die aansoek gediskrimineer sal word.
is dat leerders die regte van
• redes te kry waarom krediet deur kredietverskaffers geweier word. verbruikers ten opsigte van
• die vertroulike hantering van hul persoonlike inligting. die WVB met die NKW verwar.
• vooraf-ooreenkoms dokumentasie te ontvang voordat enige krediettransaksie Die regte van verbruikers
afgesluit word. ten opsigte van die NKW
• billike en verantwoordelike kredietbemarking te ontvang. fokus op krediet , terwyl
• inligting in eenvoudige en verstaanbare taal te ontvang. die regte van verbruikers
• dokumentasie te ontvang soos vereis deur die NKW. ten opsigte van die WVB
• toegang te verkry tot kredietrekords en inligting wat deur die Kredietburo fokus op die veiligheid en
gehou word, te bevraagteken. bemarking van produkte in
• goedere terug te gee aan die kredietverskaffer om die uitstaande bedrag/ die verbruikersmark.
skuld te vereffen.
• aansoek te doen vir skuldhersiening/berading indien hul nie kan bekostig om
hul skuld terug te betaal nie. QR-KODE
• beskerming te ontvang om aanspreeklik gehou te word vir die gebruik van hul
Die doel van die artikel is om
kredietfasiliteit nadat hulle die verlies/diefstal daarvan aangemeld het. jou te help reflekteer oor die
• ‘n aanbod om verhoging van limiete op kredietfasiliteite te weier. implikasie van die NKW in die
realiteit van die kontemporêre
| Aktiwiteit 1.7 Klaswerk/Huiswerk sakewêreld.

VRAAG 1
1.1 Kies ‘n beskrywing uit KOLOM B wat by ‘n term in KOLOM A pas. Skryf slegs die
letter (A – F) langs die vraag nommer (1.1.1 – 1.1.3) neer, bv. 1.1.3 G.
Kolom A Kolom B
1.1.1 Nasionale A gepromulgeer om hoë vlakke van
Kredietreguleerder verbruikerskuld te bekamp en
(NKR) verantwoordelikheid te bevorder voordat
kredietaankope gedoen word
1.1.2 Skuldhersiening B verbruikers kan krediet ontvang alhoewel https://mg.co.za/special-
beoordelings van bekostigbaarheid anders reports/2021-02-15-debt-
bewys another-side-effect-of-the-
coronavirus/
1.1.3 Nasionale C verseker dat indiensnemingskontrakte aan
Kredietwet (NKW) sekere basiese vereistes voldoen
D beskerm verbruikersregte in die
verbruikersmark
E monitor die kredietbedryf in Suid-Afrika
F hierdie reg is van toepassing indien verbruikers
nie kan bekostig om hul skuld terug te betaal
nie
(3 × 2) (6)

KWARTAAL 1 | ONDERWERP 1 | Die impak van onlangse wetgewing op besighede 31

BS GRAAD 12 LB AFR.indb 31 2022/03/27 23:46:44


KWARTAAL 1

| Aktiwiteit 1.7 Klaswerk/Huiswerk cont.

VRAAG 2: BESIGHEIDSOMGEWINGS (NASIONALE KREDIETWET)

Die Nasionale Kredietwet (NKW), 2005 (Nr. 34 van 2005) het die kredietbedryf
in Suid-Afrika getransformeer en stipuleer die regte van verbruikers in die
konteks van die NKW. Besighede moet weet wat die impak van die NKW op hul
bedrywighede is en aan hierdie Wet voldoen.

Skryf ‘n opstel oor die NKW waarby jy die volgende aspekte insluit:

• Beskryf kortliks die doel van die Nasionale Kredietwet.


• Verduidelik die regte van verbruikers ten opsigte van die NKW.
• Bespreek die impak van NKW op besighede.
• Beveel maniere aan waarop besighede die NKW kan nakom.
[40]

Eenheid 1.8 Die Wet op Verbruikers-


beskerming (WVB) (Nr. 68 van 2008)
Die WVB is gepromulgeer/ingestel om ekonomiese ongelykhede van die verlede reg
Nuwe woorde
te stel en om gelykheid in die verbruikersmark vir alle verbruikers van goedere en
NVK die primêre reguleerder dienste te bevorder. Die WVB bevorder die maatskaplike en ekonomiese welsyn van
van verbruiker-en-besigheid verbruikers in Suid-Afrika. Die afkondiging van die WVB het gelei tot die stigting
interaksies in Suid-Afrika en van die Nasionale Verbruikerskommissie (NVK). Die WVB verplig beide besighede en
is gestig om die ekonomiese verbruikers om verantwoordelik op te tree wanneer hulle besigheidsaktiwiteite
welsyn van verbruikers te uitvoer. Daarbenewens is die WVB van toepassing op elke enkele transaksie wat die
bevorder en te verseker koop en verkoop van goedere en dienste in Suid-Afrika behels.

Die doel van die WVB


QR-KODE
• Bevorder billike/toeganklike en volhoubare plekke vir produsente om hul
Eenvoudige taal – Die Wet produkte te verkoop.
op Verbruikersbeskerming se • Bevorder verantwoordelike verbruikersgedrag onder verbruikers.
perspektief • Verseker die konsekwente toepassing van wette met betrekking tot
verbruikerstransaksies en ooreenkomste.
• Bevorder die regte en volle deelname van histories benadeelde individue as
verbruikers in die ekonomie.
• Stel nasionale standaarde vas om verbruikers te beskerm ongeag hul
ekonomiese status.
• Verskaf riglyne vir beter verbruikersinligting en verbied onbillike sakepraktyke.

Die impak van die WVB op besighede


Positiewe/Voordele
https://www.youtube.com/
watch?v=ZqZS0gzOxlo • Stel besighede in staat om geskille billik op te los deur die Nasionale
Verbruikerskommissie (NVK)/Verbruikershof/ Nywerheid-ombudsmanne.
• Laat besighede toe om ‘n goeie beeld te bou wanneer hulle verseker dat
verbruikersregte doeltreffend bevorder en nie geskend word nie.
• Beskerm besighede wanneer hulle in die hoedanigheid van verbruikers
aankope van voorrade doen.

32 BESIGHEIDSTUDIES | GRAAD 12

BS GRAAD 12 LB AFR.indb 32 2022/03/27 23:46:44


Eenheid 1.8 Die Wet op Verbruikersbeskerming (WVB) (Nr. 68 van 2008)

• Beskerm besighede teen oneerlike mededingers wat verbruikers uitbuit.


QR-KODE
• Besighede kan verhoogde lojaliteit van kliënte verkry en winsgewendheid
verbeter as gevolg van voldoening aan die WVB. TPN Regsopleiding - Die Wet op
• Daar is ‘n aansienlike afname in hofsake teen besighede, aangesien besighede Verbruikersbeskerming
bewustelik en aktief skendings van verbruikersregte voorkom.
EN/OF
Negatiewe/Nadele
• Die implementering van die WVB is tydrowend, duur, voorskriftelik en
administrasie-intensief, veral die implementeringsprosesse en prosedures wat
deur die WVB vereis word.
• Verbruikers kan hul regte misbruik en goedere terugstuur wanneer dit nie
nodig is om dit te doen nie.
• Besighede kan hul mededingende voordeel verloor aangesien vertroulike en https://www.youtube.com/
geklassifiseerde inligting vir mededingers beskikbaar kan word. watch?v=ti1792rLpcY
• Opleidingskoste van die besigheid neem toe want personeel moet
opgelei word oor die implikasies van die WVB, of besighede moet dikwels
regspesialiste in diens neem wat kennis dra van die WVB om sulke opleiding
te doen.
• Dokumentasie, soos verkoopskontrakte, moet geredigeer, opgegradeer en
vereenvoudig word. Dit plaas bykomende finansiële druk op die besigheid
omdat verbruikers die reg het om kontrakte te ontvang in ‘n taal wat maklik is
om te verstaan.
• Besighede ervaar aansienlike stygings in administrasiekoste omdat wettige
kontrakte herbewoord moet word in gewone taal wat maklik verstaanbaar is
vir verbruikers.

Optredes wat as oortreding van die WVB beskou word


• Om kliënte onregverdig te behandel op grond van enige vorm van
diskriminasie soos ras, geslag, ouderdom, geloof, taal, kultuur, gestremdheid,
seksuele oriëntasie.
• Om verskillende en onbillike pryse te hef vir dieselfde goedere en dienste aan
verskillende verbruikers.
• Om kliënte behoorlike inligting oor die goedere en dienste te weier.
• Om die gehalte van goedere te verander wanneer dit in verskillende gebiede
verkoop word – dit staan bekend as plekdiskriminasie.
• Om die behoeftes van enige verbruikersgroep bo dié van `n ander te
prioritiseer wanneer goedere en dienste bemark of verkoop word.
• Om inligting oor die produk te vervals, soos bv. die land van oorsprong, tipe
bestanddele en vervaldatums, ens.

Strafmaatreëls/gevolge vir oortreding van die WVB


• Besighede wat nie daaraan voldoen nie, kan ‘n nakomingsbevel ontvang wat
die besigheid dwing om aan die WVB te voldoen.
• Besighede wat nalaat om aan die WVB te voldoen, kan groot boetes ontvang
en kan tronkstraf/gevangenisstraf opgelê word, wat afhang van die erns van
die oortreding.
• Lisensies van besighede kan teruggetrek word vir onbillike verbruikerspraktyke.
• ‘n Besigheid kan deur die NVK versoek word om aktiwiteite onbepaald op
te skort.
• Besighede kan verplig word om rente of skadevergoeding te betaal wat aan
die verbruiker verskuldig is.

KWARTAAL 1 | ONDERWERP 1 | Die impak van onlangse wetgewing op besighede 33

BS GRAAD 12 LB AFR.indb 33 2022/03/27 23:46:44


KWARTAAL 1

Maniere aan waarop besighede die WVB kan nakom


• Vertoon die naam van die besigheid op alle besigheidsdokumentasie,
byvoorbeeld briefhoofde/fakture/kontrakte.
• Laat verbruikers ‘n vyf dae afkoel-periode in die verkoopsooreenkoms toe.
• Maak die pryse van alle produkte wat te koop is bekend.
• Verseker dat die gehalte van die goedere en dienste gestandaardiseer en
identies is vir alle verbruikers.
• Voldoen aan vereistes rakende die vertoning van inligting op etikette/
verpakking, byvoorbeeld, rook is gevaarlik vir swanger vroue.
• Voer opleiding op die WVB met alle personeellede en belanghebbendes uit.

Die regte van verbruikers in terme van die NKW


Wenk
Verbruikersregte moet Verbruikersregte Verduideliking
bewoord word soos Verbruikers het die reg om:
gestipuleer in die WVB. Verskaffers en goedere en dienste te kies.
Reg om Rond te soek vir die beste pryse en dan ingeligte keuses te maak.
Die verandering van die te kies Goedere terug te stuur wat onveilig/defektief is vir 'n volle terugbetaling.
bewoording kan die konteks Skriftelike kwotasies en kosteberamings te versoek .
verander. Verskaffers mag nie misleidende/vals inligting aan verbruikers verskaf nie.
Reg op Verskaffers mag nie fisieke geweld gebruik/verbruikers teister om produkte
te koop nie.
regverdige en Besighede mag nie dieselfde goedere of dienste twee keer verkoop, of
eerlike handelinge dubbele besprekings maak en dan die ooreenkoms verontagsaam nie.
Besighede mag nie piramide-skemas en kettingbrief-skemas bevorder nie.

Besighede moet:
Reg op inligting oor
Verseker dat kontrakte in `n eenvoudige taal opgestel is, wat maklik is
produkte en
om te verstaan.
ooreenkomste/
Produkte en handelsbeskrywings korrek/akkuraat etiketteer.
Reg op openbaarmaking
en inligting Pryse vertoon wat volledig insluitend is/alle koste openbaar.
Verbruikers 'n laer prys vra as twee verskillende pryse vir dieselfde produk
Nuwe woorde vertoon word.
Besighede moet alle inligting bekend maak wat verband hou met die land
bêrekoop  ‘n Metode om ‘n Reg op billike/
van oorsprong, vervaldatums/bestanddele van die produkte.
Verbruikers kan aankope wat deur middel van direkte bemarking gemaak word
produk te koop en in verskeie verantwoordelike binne die afkoeltydperk van vyf werksdae kanselleer.
paaiemente (twee of drie) bemarking/ Besighede moet nie doelbewus verbruikers mislei oor pryse, voordele/gebruike
promosie van goedere nie.
daarvoor te betaal, voordat dit
Besighede moet bemarking van besigheidsaktiwiteite doen op 'n
huis toe geneem word sonder verantwoordelike wyse wat voldoen aan riglyne soos uiteengesit in die WVB.
die heffing van addisionele Besighede moet voorafbetaalde kredietbewyse (vouchers) en vooruitbetaalde
rente dienste eer/nakom.
Verskaffers in besit van enige voorafbetaalde sertifikate/kredietbewyse moet
Reg tot
nie sodanige eiendom soos hulle s'n hanteer nie en moet sorg/ywer en
aanspreeklikheid
vaardigheid aan die dag lê/en aanspreeklikheid aanvaar vir enige verliese
van verskaffers
wat verbruikers in hierdie verband ly.
Verbruikers het die reg om beskerm te word in bêrekoop-ooreenkomste.
Verskaffers moet ekwivalente of voortreflike produkte verskaf of 'n volle
terugbetaling met rente aanbied as goedere in die bêrekoop nie deur besighede
verskaf word nie.
Reg op billike/ Verbruikers het die reg om:
regverdige/ • Beskerming teen onbillike, onredelike of onregverdige kontrakbepalings.
redelike bepalings • Die hof te nader om billike en regverdige gedrag, bepalings en voorwaardes
en voorwaardes te verseker.
• Besighede moet verbruikers skriftelike kennisgewings gee van klousules wat
verbruikersregte kan beperk.
• Besighede mag nie goedere teen onbillike pryse aan verbruikers bemark/
verkoop nie.
Wenk Reg op gelykheid in • Besighede mag nie verskillende pryse vir dieselfde goedere / dienste hef nie.
die verbruikersmark • Besighede moet nie teen enige groep verbruikers diskrimineer wanneer hulle
‘n Bykomende voordeel hul produkte en dienste in verskillende gebiede/plekke bemark nie.
sou wees om elke reg te • Besighede moet nie toegang tot goedere en dienste in die verbruikersmark
identifiseer en te verduidelik. beperk nie.
• Besighede mag onder geen omstandighede die gehalte van hul goedere aan
verskillende verbruikers verander nie, aangesien dit diskriminerend is.

34 BESIGHEIDSTUDIES | GRAAD 12

BS GRAAD 12 LB AFR.indb 34 2022/03/27 23:46:45


Eenheid 1.8 Die Wet op Verbruikersbeskerming (WVB) (Nr. 68 van 2008)

| Aktiwiteit 1.8 Klaswerk/Huiswerk QR-KODE

VRAAG 1 Die doel van die skakel is vir


1.1 Identifiseer die korrekte reg volgens die WVB wat deur ELK van die stellings verdere lees. Die gids verskaf
hieronder verteenwoordig word. bykomende besonderhede oor
die regte van verbruikers in die
1.1.1 Verskaffers mag nie vals inligting aan verbruikers verskaf nie.
konteks van die WVB.
1.1.2 Verbruikers kan rondkyk vir die beste pryse en dan ingeligte besluite
neem.
1.1.3 Etikettering van produkte en handelsbeskrywings moet akkuraat aan
verbruikers verskaf word.
1.1.4 Verbruikers het die reg om beskerm te word in bêrekoop-ooreenkomste.
1.1.5 Besighede mag nie verskillende pryse vir dieselfde goedere en dienste
hef nie.
(5 × 2) (10)

VRAAG 2
2.1 Lees die scenario hieronder en beantwoord die vrae wat volg. https://www.westerncape.gov.
za/other/2012/4/guide-to-cpa.
pdf
UITSTEKENDE KLEREHANDELAARS (UKH)
Uitstaande Klerehandelaars (UKH) het `n aansienlike bedrag geld bestee
om alle personeellede oor wetgewing op te lei. Die verskillende wette het QR-KODE
verskillende doelwitte, wat die volgende kan insluit:
• Versekering dat krediet op gelyke grondslag beskikbaar is vir alle kwalifiserende Die doel van die artikel is vir
verbruikers. jou om oor die implikasie van
• Bevordering van verantwoordelike verbruikersgedrag. die WVB op die hedendaagse/
• Vasstel van nasionale standaarde om verbruikers te beskerm, ongeag hul kontemporêre sakewêreld te
ekonomiese status. reflekteer.

2.1.1 Haal TWEE doelwitte van die WVB uit die scenario hierbo aan. (2)
2.1.2 Beskryf kortliks optredes wat as ‘n oortreding van die WVB beskou
word. (4)
2.1.3 Verduidelik die negatiewe impak van die WVB op UKH as
‘n besigheid. (6)
2.1.4 Bespreek enige VIER verbruikersregte ten opsigte van die WVB. (12)
2.1.5 Gee raad aan UKH oor die strafmaatreëls vir oortreding van
die WVB. (6)
[30] https://www.grocotts.
co.za/2021/02/09/as-a-
consumer-do-you-have-rights

KWARTAAL 1 | ONDERWERP 1 | Die impak van onlangse wetgewing op besighede 35

BS GRAAD 12 LB AFR.indb 35 2022/03/27 23:46:45


KWARTAAL 1

Konsolidasie

VRAAG 1: BLOKKIESRAAISEL
Voltooi die blokkiesraaisel deur die leidrade te gebruik wat hieronder verskaf word.

7 8 9

10 11

12

13

14

15

16

17

18

36 BESIGHEIDSTUDIES | GRAAD 12

BS GRAAD 12 LB AFR.indb 36 2022/03/27 23:46:45


Eenheid 1.8  Die Wet op Verbruikersbeskerming (WVB) (Nr. 68 van 2008)

Konsolidasie

DWARS AF
3 Die Nasionale Vaardigheidsontwikkelingstrategie (NVOS) 1 Die tipe verlof wat aan ‘n werknemer toegestaan
en Menslike hulpbron-ontwikkelingstrategie (MHOS) is as word om die begrafnis van ‘n nabye familielid by te
gevolg van hierdie Wet ingestel. woon.
4 Gesonde verhoudings tussen werknemers en werkgewers, 2 Die regulerende liggaam wat verbruikers oor hul
en vakbonde en werkgewersorganisasies word deur hierdie regte opvoed, en die kredietbedryf in Suid-Afrika
wetgewing bevorder. monitor.
5 Besighede wat voorgee dat hulle aan die BBSEB voldoen 7 Die BBSEB-pilaar wat daarop fokus om meer
deur inligting wat verband hou met BBSEB te vervals of te geleenthede vir swart mense te skep om eienaars en
lieg oor die bestuursposisies van swart werknemers. entrepreneurs te word.
6 Hierdie wetgewing is gepromulgeer om hoofsaaklik 8 ‘n Dokument wat uiteensit hoe die onderneming van
regstellende aksie te bevorder. voorneme is om gelyke indiensneming oor ‘n tydperk
van vyf jaar te bereik.
10 Gestruktureerde leerprogramme wat beide praktiese en 9 Hierdie verbruikersreg bepleit die vermoë van die
teoretiese opleiding insluit wat bydra tot ‘n NKR-erkende verbruiker om ingeligte keuses te maak voordat
kwalifikasie. aankope gedoen word.
13 Die primêre reguleerder van verbruiker-en-besigheid 11 Die beleid en proses om voorkeure in
interaksies in Suid-Afrika en is gestig om die ekonomiese werksgeleenthede aan voorheen benadeelde mense
welsyn van verbruikers te bevorder en te verseker. te verskaf.
14 Beskerm beide uitleners en leners teen nalatige 12 Die wetlike proses om werknemers nie toe te laat om
uitleenpraktyke. die besigheidsperseel te betree nie, tydens stakings-
aksies om plundering en skade aan eiendom te
voorkom.
15 Hierdie regulerende liggaam besluit oor aangeleenthede
wat verband hou met arbeidsgeskille wat nie deur die KVBA
opgelos kan word nie.
16 ‘n Dokument uitgereik deur ‘n geregshof aan ‘n besigheid
wat die besigheid dwing om aan ‘n spesifieke aspek van die
wetgewing te voldoen.
17 Onderhandelinge tussen vakbondverteenwoordigers en
werkgewersorganisasies oor arbeidsverwante kwessies soos
aanvraag vir hoër lone.
18 ‘n Statutêre liggaam van die Vergoedingsfonds wat die Minister
van Arbeid raad gee oor kwessies soos beleidsake aan die
Wysigingswet op Vergoeding vir Beroepsbeserings en Siektes,
1997 (Wet 61 van 1997).
(2 × 18) (36)
VRAAG 2
2.1 Verskeie opsies word as moontlike antwoorde op die volgende vrae gegee. Kies die antwoord en skryf slegs die letter
(A–D) langs die vraag nommer (2.1.1 tot 2.1.5) neer, byvoorbeeld. 2.1.5 D.
2.1.1 Besighede pas die BBSEB-pilaar van … toe wanneer swart werknemers by die besluitnemingsprosesse
ingesluit word.
A bestuursbeheer
B vaardigheidsontwikkeling
C sosio-ekonomiese ontwikkeling
D ondernemings- en verskaffersontwikkeling (OVO) 
2.1.2 Die reg op (tot)… beskryf dat besighede kredietbewyse en voorafbetaalde dienste aan verbruikers moet
nakom volgens die Wet op Verbruikersbeskerming (WVB), 2008 (Nr. 68 van 2008).
A redelike bepalings en voorwaardes
B gelykheid in die verbruikersmark
C regverdige en eerlike handelinge
D aanspreeklikheid van verskaffers 

KWARTAAL 1 | ONDERWERP 1 | Die impak van onlangse wetgewing op besighede 37

BS GRAAD 12 LB AFR.indb 37 2022/03/27 23:46:45


KWARTAAL 1

Konsolidasie
2.1.3 Die … maak voorsiening vir die instelling van die Kommissie vir Versoening, Bemiddeling en Arbitrasie
(KVBA).
A Wet op Arbeidsverhoudinge, 1995 (Nr. 66 van 1995)
B Wet op Gelyke Indiensneming, 1998 (Nr. 55 van 1998)
C Nasionale Kredietwet, 2005 (Nr. 34 van 2005)
D Wysigingswet op Vergoeding vir Beroepsbeserings en Siektes, 1997 (Nr. 61 van 1997) 
2.1.4 Mihle is geregtig op 6 weke betaalde ... -verlof binne `n tydperk van 36 maande volgens die Wet op Basiese
Diensvoorwaardes (WBDV), 1997 (Nr. 75 van 1997).
A jaarlikse
B kraam
C siek
D gesin-verantwoordelikheids 
2.1.5 Hierdie wetgewing is gepromulgeer met die primêre doel om regstellende aksie te bevorder.
A Wet op Breëbasis-Swart Ekonomiese Bemagtiging (BBSEB), 2003 (Nr. 53 van 2003, gewysig in 2013)
B Wet op Arbeidsverhoudinge (WAV), 1995 (Nr. 66 van 1995)
C Wet op Vaardigheidsontwikkeling (WVO), 1998 (Nr. 97 van 1998)
D Wet op Gelyke Indiensneming (WGI), 1998 (Nr. 55 van 1998) 
(5 × 2) (10)

2.2 Kies ‘n beskrywing uit KOLOM B wat by ‘n term in KOLOM A pas. Skryf slegs die letter (A-J) langs die vraag nommer
(2.2.1 – 2.2.5) neer, byvoorbeeld, 2.2.6 J.

KOLOM A KOLOM B
2.2.1 Sektorale Onderwys-en- A werknemers moet dubbel hul normale loon betaal word
Opleidingsowerhede (SOOO’s) volgens hierdie bepaling van die WBDV
2.2.2 Publieke vakansiedae B slegs ‘n paar voorheen benadeelde mense in die ekonomie
is bevoordeel
2.2.3 Swart Ekonomiese Bemagtiging (SEB) C hierdie liggaam is gevorm as gevolg van die stigting van
die NKW
2.2.4 Kommissie vir Versoening, Bemiddeling en D beoog om die land se rykdom oor ‘n breër spektrum van
Arbitrasie (KVBA) die samelewing te versprei
2.2.5 Wet op Gelyke Indiensneming (WGI) E beperk blootstelling en toegang tot leerlingskappe vir
werknemers
F ontwikkel vaardigheidsplanne vir die verskillende
ekonomiese sektore in Suid-Afrika
G ‘n onafhanklike liggaam vir die beslegting van geskille wat
samewerking en industriële vrede bevorder
H werknemers moet een en ‘n half keer hul normale loon
betaal word volgens hierdie bepaling van die WBDV
I moedig diversiteit aan en bevorder billike behandeling in
die werkplek
J verskaf vergoeding vir werksplekbeserings

(5 × 2) (10)
[20]

38 BESIGHEIDSTUDIES | GRAAD 12

BS GRAAD 12 LB AFR.indb 38 2022/03/27 23:46:45


Eenheid 1.8  Die Wet op Verbruikersbeskerming (WVB) (Nr. 68 van 2008)

Konsolidasie

VRAAG 3
3.1 Lees die scenario hieronder en beantwoord die vrae wat volg.
DENISHA HANSEN VERVAARDIGERS (DHV)
Denisha Hansen Vervaardigers spesialiseer in die vervaardiging van mansklere. Die onderneming sukkel om hul
krediteure te betaal weens die hoë inflasiekoers. Daar is sekere wetgewing wat DHV tans oortree. Die besigheid
betaal nie die 1% VOH nie, ongeag daarvan dat die jaarlikse salarisrekening R6 500 000 is. Wanneer werkers op
Sondae werk, word hulle die normale tarief betaal. Weens frontering het hierdie wanvoorstelling groter toegang tot
staatstenders tot gevolg gehad. Daarbenewens word die land van oorsprong vir die materiaal wat gebruik word nie
in die etikette van die kledingstukke aangedui nie. Verder word daar dikwels nie aan regstellende aksie-vereistes
voldoen nie.

3.1.1 Identifiseer VIER Wette waaraan DHV nie voldoen nie. Motiveer jou antwoord deur uit die scenario hierbo
aan te haal.

Gebruik die tabel hieronder as ‘n RIGLYN om VRAAG 3.1.1 te beantwoord.


WETTE MOTIVERING
1
2
3
4
(12)

3.2 Noem VIER verbruikersregte volgens die Nasionale Kredietwet (NKW), 2005 (Nr. 34 van 2005).  (4)
3.3 Beskryf kortliks die rol van SOOO’s in die ondersteuning van die implementering van die WVO.  (6)
3.4 Verduidelik ouerskapverlof as ‘n bepaling van die Wet op Basiese Diensvoorwaardes (WBDV), 1997
(Nr. 75 van 1997).  (6)
3.5 Bespreek die negatiewe impak van die Wet op Gelyke Indiensneming (WGI), 1998 (Nr. 55 van 1998) op besighede.  (6)
3.6 Stel maniere voor waarop besighede die Wet op Breëbasis-Swart Ekonomiese Bemagtiging (BBBEE), 2003 (Nr. 53 van
2003, gewysig in 2013) kan nakom.  (6)
[40]

VRAAG 4
4.1 Identifiseer die wetgewing wat in ELK van die stellings hieronder van toepassing is.
4.1.1 Beoog om billike verspreiding van rykdom onder alle bevolkingsgroepe in Suid-Afrika te versnel.
4.1.2 Ingestel om hoë vlakke van verbruikerskuld te bekamp.
4.1.3 SOOO’s is gestig as gevolg van die promulgering van hierdie wetgewing.
4.1.4 Beskryf die wetlike aspekte van indiensnemingskontrakte.
4.1.5 Werkgewers maak bydraes tot die Vergoedingsfonds in die geval van werksplekongelukke, beserings
en sterftes.
(5 × 2) (10)

KWARTAAL 1 | ONDERWERP 1 | Die impak van onlangse wetgewing op besighede 39

BS GRAAD 12 LB AFR.indb 39 2022/03/27 23:46:45


KWARTAAL 1

Konsolidasie
4.2 Beskryf kortliks die doel van die Wet op Vaardigheidsontwikkeling (WVO), 1998 (Nr. 97 van 1998).  (6)

4.3 Lees die scenario hieronder en beantwoord die vrae wat volg.
NKWENKWANA PROFESSIONELE HAARSTILISTE (NPH)
‘n Haarstilis by Nkwenkwana Professionele Haarstiliste het nie al die bestanddele van een van die haarprodukte
aan ‘n kliënt verklaar nie. Die kliënt het ‘n allergiese reaksie getoon en moes in die hospitaal opgeneem word.
Verkoopspersoneel het ook kliënte geteister om aankope te doen. Die bestuur van NPH is teleurgesteld oor die
ernstige oortreding van die Wet op Verbruikersbeskerming (WVB), 2008 (NR. 68 van 2008) omdat dit die naam van
NPH beswadder het.

4.3.1 Identifiseer TWEE verbruikersregte wat deur NPH geskend is. Motiveer jou antwoord deur uit die scenario
hierbo aan te haal.

Gebruik die tabel hieronder as ‘n RIGLYN om VRAAG 4.3.1 te beantwoord.


VERBRUIKERSREGTE MOTIVERING
1
2

4.3.2 Verduidelik enige TWEE verbruikersregte soos uiteengesit in die WVB, behalwe die waarna in die scenario
hierbo verwys word.(6)
4.3.3 Beveel maniere aan waarop besighede die WVB kan nakom.(6)

4.4 Evalueer die impak van die Wysigingswet op Vergoeding vir Beroepsbeserings en Siektes (WVBBS/COIDA),
1997 (Nr. 61 van 1997) op besighede.  (6)
[40]

VRAAG 5: BESIGHEIDSOMGEWINGS (DIE WET OP BASIESE DIENSVOORWAARDES EN DIE


WET OP ARBEIDSVERHOUDINGE)

Die Wet op Basiese Diensvoorwaardes (WBDV), 1997 (Nr. 75 van Wenk


1997), en die Wet op Arbeidsverhoudinge (WAV), 1995 (Nr. 66 van Daar is geen vasgestelde
1995) is onlangse wetgewing wat ‘n impak op die bedrywighede opstelle in Besigheidstudies
van besighede het. Besighede moet voldoen aan die bepalings nie. Dit is hoogs moontlik
van die WBDV. Dit is belangrik dat alle besighede moet waak teen dat ‘n verskeidenheid
optrede wat as `n oortreding van die wet beskou kan word. sub-onderwerpe binne ‘n
hoofonderwerp in dieselfde
opstel geëksamineer kan
Skryf ‘n opstel oor die WBDV en die WAV waarby jy die volgende aspekte insluit: word, soos met die opstel
• Beskryf kortliks die doel van die WBDV. aan die linkerkant. Dit
• Verduidelik VIER bepalings van die WBDV. is dus belangrik om ‘n
• Bespreek die impak van die WAV op besighede. verskeidenheid opstel-tipe
• Gee raad aan besighede oor optredes wat as oortredings van die WAV vrae te oefen.
beskou word. [40]

40 BESIGHEIDSTUDIES | GRAAD 12

BS GRAAD 12 LB AFR.indb 40 2022/03/27 23:46:45


Eenheid 1.8  Die Wet op Verbruikersbeskerming (WVB) (Nr. 68 van 2008)

Breinkaart: Onderwerp 1 – Die impak van onlangse wetgewing op


besighede
Gebruik die breinkaart as ‘n riglyn om die inhoud wat in hierdie onderwerp
behandel word, te konsolideer. Maak seker dat jy die inhoud van elke opskrif in
hierdie onderwerp bestudeer.

Die Wet op
Vaardigheidsontwikkeling (WVO)

Verbeter werksvooruitsigte van voorheen benadeelde mense.


Doel Moedig besighede aan om die vaardighede van werknemers te verbeter.

Verhoog die aantal vaardige werkers.


Positiewe impak
Verbeter produktiwiteit in die werkplek.
Impak
Negatiewe Tydrowend, voorskriftelik en duur.
impak Moeilik om te monitor.

Optredes wat as Voorkoming van werknemers om toegang tot leerlingskappe te verkry.


oortreding beskou word Die Vervalsing van dokumentasie.

Kan 'n nakomingsbevel ontvang.


Strafmaatreëls/gevolge
vir oortreding Kan groot boetes kry.

Maniere waarop Vertoon 'n opsomming van die wet.

besighede die Wet kan nakom Betaal 1% van die salarisrekening aan die VOH.

SOOO en leerlingskappe.
Besonderse aspekte NVOS & MHOS.

Die Wet op
Arbeidsverhoudinge (WAV)

Bevorder billike arbeidspraktyke.


Doel Bevorder kollektiewe bedinging.

Beskerm die regte van besighede.


Positiewe impak Voorkom onbillike diskriminasie in die werkplek.

Impak
Negatiewe Verminder globale mededingendheid.
impak Verminder produktiwiteit en winsgewendheid.

Optredes wat as Om werknemers onbillik te ontslaan.


oortreding beskou word Voorkoming van werknemers om by vakbonde aan te sluit.

Kan 'n nakomingsbevel ontvang.


Strafmaatreëls/gevolge
vir oortreding Kan tot geskilbeslegting gedwing word.

Maniere waarop Vertoon 'n opsomming van die wet.


besighede
Laat werknemers toe om by vakbonde aan te sluit.
die Wet kan nakom

Regte van werkgewers


Besonderse aspekte
Regte van werknemers

KWARTAAL 1 | ONDERWERP 1 | Die impak van onlangse wetgewing op besighede 41

BS GRAAD 12 LB AFR.indb 41 2022/03/27 23:46:45


KWARTAAL 1

Die Wet op Gelyke


Indiensneming (WGI)

Implementeer regstellende aksie.


Doel Voorkom geslagsdiskriminasie.

Bevorder regstellende aksie.


Positiewe impak
Bevorder gelyke geleenthede.
Impak
Negatiewe Verhoogde opleidingskoste.
impak Mag ongeskikte kandidate aanstel.

Optredes wat as Om werknemers onregverdig te behandel.


oortreding beskou word Voorkoming van geleenthede gebaseer op diskriminasie.

Strafmaatreëls/gevolge Kan 'n nakomingsbevel ontvang.


vir oortreding Arbeidsinspekteurs mag ondersoeke doen.

Maniere waarop besighede Vertoon 'n opsomming van die wet.


die Wet kan nakom
Stel Gelyke Indiensnemingsplanne saam.

Die Wet op Basiese Diensvoorwaardes (WBDV)

Bepaal diensvoorwaardes.
Doel Bevorder ekonomiese ontwikkeling.

Vestig aanvaarbare indiensnemingspraktyke.


Positiewe impak Beskryf minimum vereistes vir indiensnemingskontrakte.
Impak
Die opstel van kontrakte is tydrowend, voorskriftelik en duur.
Negatiewe impak
Verhoogde opleidingskoste

Om werknemers te verbied om vergoeding te bespreek.


Optredes wat as
oortreding beskou word Voorkoming van kraamverlof vir swanger werknemers.

Strafmaatreëls/gevolge Kan 'n nakomingsbevel ontvang.


vir oortreding Arbeidsinspekteurs mag ondersoeke doen.

Maniere waarop besighede Vertoon 'n opsomming van die wet.


die Wet kan nakom Betaal werknemers oortyd.

Bepalings: Werksure, Oortyd, Verlof, maaltye en rusperiodes,


Besonderse aspekte
publieke vakansiedae, ens.

42 BESIGHEIDSTUDIES | GRAAD 12

BS GRAAD 12 LB AFR.indb 42 2022/03/27 23:46:46


Eenheid 1.8  Die Wet op Verbruikersbeskerming (WVB) (Nr. 68 van 2008)

Die Wysigingswet op Vergoeding vir


Beroepsbeserings en Siektes (WVBBS/COIDA)

Verskaf vergoeding vir beserings, siektes en sterftes.


Doel Vestig die Vergoedingsraad.

Bevorder gesondheid en veiligheid.


Positiewe impak
Dek alle werknemers in die werkplek.
Impak
Tydrowend, voorskriftelik en duur.
Negatiewe impak
Werknemers moet geregistreer wees.

Om nie alle inligting bekend te maak nie.


Optredes wat as
oortreding beskou word Vervalsing van dokumentasie en inligting.

Strafmaatreëls/gevolge Kan 'n nakomingsbevel ontvang.


vir oortreding Kan groot boetes ontvang.

Maniere waarop Organiseer opleiding oor WVBBS/COIDA.


besighede die
Betaal heffings aan die Vergoedingsfonds.
Wet kan nakom

Die Wet op Breëbasis-Swart Ekonomiese


Bemagtiging (BBSEB)

Versprei rykdom wyer oor alle bevolkingsgroepe.


Doel Teiken ongelykheid in Suid-Afrika.

Herstel die eise vir billikheid.


Positiewe impak Verbeter menslike hulpbronontwikkeling.
Impak
Rigiede implementeringsprosesse.
Negatiewe impak
Kan lei tot korrupsie/nepotisme/kronisme.

Optredes wat as Versuim om regstellende aksie te implementeer.


oortreding beskou word Om betrokke te wees by fronteringspraktyke.

Strafmaatreëls/gevolge Kan 'n nakomingsbevel ontvang.


vir oortreding Kan groot boetes/gevangenisstraf kry.

Maniere waarop Doen gereelde opleiding vir vaardigheidsontwikkeling.


besighede die
Wet kan nakom Ondersteun verskaffers wat aan BBSEB voldoen.

BBSEB-pilare: Bestuursbeheer, Eienaarskap, Ondernemings-


Besonderse aspekte en verskaffersontwikkeling (OVO), Vaardigheidsontwikkeling,
Sosiale verantwoordelikheid.

KWARTAAL 1 | ONDERWERP 1 | Die impak van onlangse wetgewing op besighede 43

BS GRAAD 12 LB AFR.indb 43 2022/03/27 23:46:46


KWARTAAL 1

QR-KODE
Skandeer hierdie kode vir ‘n Die Nasionale Kredietwet (NKW)
oorsig oor die inhoud van
hierdie onderwerp rakende die
spesifieke kernleerpunte. Bevorder verantwoordelike toestaan van krediet.
Doel Beskerm finansiële belange van verbruikers.

Beskerming teen nie-betalende kliënte.


Positiewe impak
Meer kliënte deur kredietverkope.
Impak
Komplekse en duur skuldinvorderingsprosedures.
Negatiewe impak
Om nie-betaalde leners te swartlys is 'n laaste uitweg.

Optredes wat as Om betrokke te raak by diskriminerende praktyke.


oortreding beskou word Roekelose toestaan van krediet.
https://youtube.com/play-
list?list=PLY8n0zQCEkpq-
NKR kan 'n boete oplê.
FIeP-ayvS2S2zCgxTISr3 Strafmaatreëls/gevolge
vir oortreding Die besigheidslisensie kan teruggetrek word.

Maniere waarop Voer kredietkontrole uit.


besighede die Registreer by die Nasionale Kredietreguleerder (NKR)
Wet kan nakom

Regte van verbruikers ten opsigte van die NKW.


Besonderse aspekte

Die Wet op
Verbruikersbeskerming (WVB)

Bevorder verantwoordelike verbruikersgedrag.


Doel Bevorder verbruikersbeskerming.

NVK laat toe dat dispute opgelos word.


Positiewe impak Verbeter die beeld van die besigheid.

Impak
Implementerings prosedures is tydrowend, voorskriftelik en duur.
Negatiewe impak
Kan hul mededingende voordeel verloor.

Optredes wat as Om verskillende pryse te vra vir dieselfde goedere.


oortreding beskou word Weiering om inligting aan kliënte te verskaf.

Kan 'n nakomingsbevel ontvang.


Strafmaatreëls/gevolge
vir oortreding Die besigheidslisensie kan teruggetrek word.

Maniere waarop Laat 'n 5-dae afkoel periode toe.


besighede die
Wet kan nakom Maak verkooppryse bekend.

Verbruikersregte: Reg om te kies, reg op regverdige en eerlike handelinge,


Besonderse aspekte reg op billike bepalings en voorwaardes, ens.

44 BESIGHEIDSTUDIES | GRAAD 12

BS GRAAD 12 LB AFR.indb 44 2022/03/27 23:46:46


BESIGHEIDSTUDIES | Graad 12

KWARTAAL 1

2 Die menslike
hulpbronnefunksie
ONDERWERP OORSIG

 Eenheid 2.1 Werwing


 Eenheid 2.2 Keuring
 Eenheid 2.3 Induksie
 Eenheid 2.4 Plasing
 Eenheid 2.5 Salarisbepaling
 Eenheid 2.6 Byvoordele
 Eenheid 2.7 Die implikasies van die wetgewing op die menslike hulpbronfunksie

Leerdoelwitte
Aan die einde van hierdie onderwerp moet leerders die volgende
kan doen::
❖ Verduidelik/Brei uit oor die betekenis van werwing, posontleding
en sifting as deel van die keuringsprosedure
❖ Beskryf kortliks/Verduidelik/Bespreek die werwingsprosedure
❖ Onderskei tussen posbeskrywing en posspesifikasie as komponente
van ‘n posontleding
❖ Identifiseer posbeskrywing en posspesifikasie vanuit gegewe
stellings en scenario’s
❖ Verduidelik/Bespreek/Ontleed die impak (positiewe/voordele en/of
negatiewe/nadele) van die bogenoemde metodes van werwing
❖ Identifiseer/Gee voorbeelde van bronne van interne/ eksterne
werwing van gegewe scenario’s/stellings
❖ Beskryf kortliks/Verduidelik/Bespreek die keuringsprosedure
❖ Bespreek/Verduidelik die doel van ‘n onderhoud
❖ Beskryf kortliks/Verduidelik/Bespreek die rol van die
onderhoudvoerder voor en tydens die onderhoud
❖ Beskryf kortliks/Verduidelik/Bespreek die rol van die kandidaat/
aansoeker tydens die onderhoud
❖ Definieer/Brei uit oor die betekenis van ‘n indiensnemingskontrak
❖ Noem/Beskryf kortliks/Benoem die besonderhede/ aspekte/inhoud
van ‘n indiensnemingskontrak
❖ Beskryf kortliks/Verduidelik/Bespreek die wetlike vereistes/
wettigheid van ‘n indiensnemingskontrak
❖ Ontleed ‘n indiensnemingskontrak uit gegewe scenario’s en maak
aanbevelings vir verbetering

KWARTAAL 1 | ONDERWERP 2 | Die menslike hulpbronnefunksie 45

BS GRAAD 12 LB AFR.indb 45 2022/03/27 23:46:46


KWARTAAL 1

Leerdoelwitte 

❖ Noem/Beskryf Kortliks/Verduidelik/Bespreek die redes vir die


beëindiging van ‘n indiensnemingskontrak
❖ Definieer/Brei uit oor die betekenis van induksie
❖ Beskryf Kortliks/Bespreek/Verduidelik die doel van induksie
❖ Benoem/Beskryf kortliks aspekte wat by die induksieprogram
ingesluit moet word
❖ Evalueer ‘n induksieprogram uit gegewe scenario’s en maak
aanbevelings vir verbetering
❖ Bespreek/Verduidelik die voordele van induksie vir besighede
❖ identifiseer die voordele van induksie vanuit gegewe scenario’s
❖ Brei uit oor die betekenis van plasing
❖ Beskryf kortliks/Verduidelik/Bespreek die plasingsprosedure
❖ Bespreek/Verduidelik die belangrikheid van opleiding/vaardigheids-
ontwikkeling as deel van die menslike hulpbronfunksie
❖ Verduidelik/Onderskei tussen stukwerk en tyd-verwante
salarisbepalingsmetodes
❖ Verduidelik die verband tussen salarisbepaling en die Wet op
Basiese Diensvoorwaardes
❖ Noem/Benoem/Gee voorbeelde van byvoordele vir werknemers
soos, pensioen, mediese hulp/bystand, voorsorgfonds en toelaes
❖ Bespreek/Evalueer die impak (positiewe/voordele en/of negatiewe/
nadele) van byvoordele op besighede
❖ Bespreek/Evalueer die impak (positiewe/voordele en/of negatiewe/
nadele) van byvoordele op besighede
❖ Verduidelik WVF as ‘n voordeel wat deur die wet vereis word
(verpligte voordeel)
❖ Bespreek die implikasies van die volgende wetgewing op die
menslike hulpbronfunksie:
❖ Wet op Arbeidsverhoudinge (WAV) (Nr. 66 van 1995)
❖ Wet op Basiese Diensvoorwaardes (WBDV) (Nr. 75 van 1997)
❖ Wet op Vaardigheidsontwikkeling (WVO) (Nr. 97 van 1998)
❖ Wet op Gelyke Indiensneming (WGI) (Nr. 55 van 1998).

Kernbegrippe
■ Aansoeker/kandidaat: die persoon wat die vrae tydens die onderhoud
beantwoord.
■ Byvoordele: voordele wat verskaf word deur die besigheid aan werknemers
bykomend tot hul salarisse.
■ Curriculum Vitae (CV): ‘n kort opsomming van die opleiding, kwalifikasies,
ondervinding, vaardighede, vorige beroepe en spesiale persoonlikheidseienskappe
van ‘n individu wat gebruik word wanneer vir werk aansoek gedoen word.
■ Eksterne werwing: proses om potensiële kandidate vir sekere beskikbare
poste van buite die besigheid te verkry.
■ Indiensnemingskontrak: ‘n wetlik bindende ooreenkoms tussen die
werkgewer en die werknemer.
■ Induksie: sluit inleidende opleiding van nuwe werkers aan die werkplek/
organisasie in wat waardevolle inligting oor produkte/dienste/prosesse/
prosedures/beleide/onmiddellike span en bestuur insluit.
■ Interne werwing: proses om potensiële kandidate vir sekere beskikbare
poste binne die besigheid te verkry.
■ Keuring: die keuse van ‘n gekwalifiseerde kandidaat of aansoeker vir ‘n
beskikbare pos gebaseer op die vereistes van posontleding.

46 BESIGHEIDSTUDIES | GRAAD 12

BS GRAAD 12 LB AFR.indb 46 2022/03/27 23:46:46


Kernbegrippe
■ Keuringsprosedure: die proses wat gevolg moet word voordat aanstellings
gemaak word.
■ Onderhoud: ‘n formele vergadering waar inligting tussen die
onderhoudvoerder en die kandidaat/aansoeker uitgeruil word.
■ Onderhoudvoerder: individu/bestuurder wat verantwoordelik is vir die vra
van vrae tydens die voer van die onderhoud.
■ Plasing: geselekteerde kandidate word aangestel/geposisioneer waar hulle
optimaal sal funksioneer en waarde tot die besigheid sal toevoeg.
■ Posbeskrywing: beskryf pligte/verantwoordelikhede van ‘n spesifieke pos.
■ Posontleding: ‘n hulpmiddel wat deur die menslike hulpbronfunksie gebruik
word om inligting oor die onderneming se arbeidsmag te bekom en te
ontleed, sodat hulle die regte persoon in die regte pos kan plaas en dit
bestaan uit die posbeskrywing en posspesifikasie.
■ Posspesifikasie: beskryf die minimum aanvaarbare persoonlike eienskappe/
vaardighede/ kwalifikasies wat nodig is vir die pos.
■ Voorlopige siftingsonderhoude: ‘n kort vorm van onderhoudvoering met
potensiële kandidate om te bepaal watter kandidate aan die spesifieke
kriteria voldoen.
■ Werwing: proses wat deur ‘n besigheid gebruik word om sekere vakatures
in die besigheid te identifiseer en geskikte kandidate daarvoor te lok.

Inleiding
Die menslike hulpbronnefunksie is verantwoordelik vir ‘n wye verskeidenheid
kernfunksies. Hierdie funksie speel een van die mees kritiese rolle in ‘n besigheid
omdat die toepassing van gesonde menslike hulpbronpraktyke en -beleide
hoofsaaklik die tipe werknemers wat die besigheid in diens neem/lok, beïnvloed.
Die menslike hulpbronnefunksie bestaan uit verskeie komponente, of aktiwiteite.
Dit sluit in werwing, keuring, induksie, plasing, salarisbepaling, byvoordele en
wetgewing. Hierdie dissiplines, funksies, komponente en aktiwiteite is almal
gemik op die bereiking van die organisatoriese doelwitte.

Menslike hulpbronaktiwiteite

Werwing Keuring Induksie Plasing Salarisbepaling Byvoordele

KWARTAAL 1 | ONDERWERP 2 | Die menslike hulpbronnefunksie 47

BS GRAAD 12 LB AFR.indb 47 2022/03/27 23:46:47


KWARTAAL 1

Eenheid 2.1 Werwing


Inleiding tot werwing
In Graad 11 het ons oor die betekenis van werwing, die werwingsprosedure,
die komponente van posontleding, sowel as interne en eksterne metodes van
werwing geleer. Werknemers is die mees waardevolle bate van ‘n besigheid,
en daarom word die sukses van ‘n besigheid sterk beïnvloed deur gesonde
werwingsprosesse wat deur die menslike hulpbronfunksie toegepas word.
Werwing beoog/mik om die beste moontlike aansoekers te lok/verkry wat oor
die vereiste vaardighede/kennis/kwalifikasies/bevoegdhede/ervaring beskik om
vakatures/beskikbare poste te vul. Die menslike hulpbron-afdeling moet gebruik
maak van betroubare werwingsprosedures/ prosesse/stelsels om spesifieke
menslike hulpbrondoelwitte te bereik.

QR-KODE
Die werwingsproses
Die betekenis van werwing
• Die proses wat deur ‘n besigheid gebruik word om sekere vakatures in die
besigheid te identifiseer en geskikte kandidate daarvoor te lok.
• Besighede kan kies om ‘n interne of eksterne metode van werwing
te gebruik.
• Die metode wat hulle kies sal afhang van die aard/vereistes van die vakature.
• Werwing is ‘n deurlopende proses omdat werknemers hul werk verlaat vir
ander werke/bevorderings behaal/aftree/omdat nuwe tegniese/tegnologiese
vaardighede vereis word.
• Dit begin met die proses om aktief kandidate vir ‘n vakature te soek/vind, tot
die suksesvolle integrasie van die kandidaat in die besigheid.
https://www.youtube.com/
watch?v=OJNcYZvToGY

48 BESIGHEIDSTUDIES | GRAAD 12

BS GRAAD 12 LB AFR.indb 48 2022/03/27 23:46:48


Eenheid 2.1  Werwing

Werwingsprosedure Wenk
• Die menslike hulpbronbestuurder (MHB) moet die pos evalueer en `n
Maak seker dat jy die
posontleding voorberei, om werwingsbehoeftes te identifiseer. werwingsprosedure baie
• Die MHB moet die posspesifikasie/sleutelprestasie-areas aandui om geskikte goed ken, aangesien dit
kandidate te lok. tussen 8 tot 12 punte kan tel,
• Kies die metode van werwing, bv. interne/eksterne werwing, om die geskikte afhangende van die afdeling
aansoekers/kandidate te bereik/te teiken. waarin die vraag gevra word.
• Indien eksterne werwing gekies word, moet die relevante werwingsbronne
gekies word, bv. werwingsagentskappe/tersiêre instellings/koerante/
elektroniese media, ens.
• Vakatures kan intern geadverteer word via interne e-pos/mededeling/
plakkate/interne kennisgewingborde ens.
• Indien daar aanvanklik op interne besluit was en dit onsuksesvol was, sal
eksterne werwing oorweeg moet word.
• Die advertensie moet voorberei word met die relevante inligting, bv. die naam
van die maatskappy, kontakbesonderhede, kontakpersoon, ens.
• Plaas die advertensie in die geselekteerde media wat sal verseker dat die beste
kandidate aansoek doen.

Die betekenis van posontleding Wenk


• ‘n Posontleding is ‘n hulpmiddel wat deur die menslike hulpbronfunksie Die woord: ‘posontleding’
gebruik word om inligting oor die besigheid se arbeidsmag te verkry en te moet jou dadelik aan
ontleed. Hierdie inligting word dan gebruik om die regte persoon in die regte posbeskrywing en
pos te plaas/werf. posspesifikasie laat dink.
• ‘n Posontleding bestaan uit ‘n posbeskrywing en posspesifikasie.
• Die werkgewer moet duidelik wees oor die aard/tipe werk wat ‘n
potensiële werknemer sal moet verrig sodat ‘n toepaslike posbeskrywing en
posspesifikasie voorberei kan word.

Die onderskeiding/verskille tussen Wenk


posbeskrywing en posspesifikasie Posbeskrywing staan ook
bekend as taakbeskrywing,
Posbeskrywing Posspesifikasie en posspesifikasie staan ook
• Beskryf pligte/verantwoordelikhede van • Beskryf die minimum aanvaarbare bekend as taakspesifikasie.
‘n spesifieke werk. persoonlike eienskappe/ vaardighede/
kwalifikasies wat nodig is vir die werk.
• ‘n Geskrewe beskrywing van die pos • ‘n Geskrewe beskrywing van spesifieke
en sy vereistes./’n Opsomming van die kwalifikasies/ vaardighede/ervaring wat
aard/tipe werk. nodig is vir die pos.
• Beskryf sleutelprestasie-areas vir ‘n • Beskryf sleutelvereistes vir die persoon
spesifieke pos, byvoorbeeld postitel/ wat die pos sal vul, byvoorbeeld,
pligte/werksomstandighede/ ligging formele kwalifikasies/ bereidwilligheid
van die werkplek/verhouding van die om te reis/ ongewone werksure, ens.
pos met ander poste in die besigheid,
ens.

KWARTAAL 1 | ONDERWERP 2 | Die menslike hulpbronnefunksie 49

BS GRAAD 12 LB AFR.indb 49 2022/03/27 23:46:48


KWARTAAL 1

Wenk
Werwingsmetodes
Jy moet goeie kennis van
Twee hoof/sentrale metodes van werwing kan deur ‘n besigheid gebruik word.
Die metode van werwing wat deur die besigheid gebruik word, word bepaal deur
METHODS
beide interne werwing en
die aard/tipe werk en hul spesifieke vereistes.
eksterne werwing hê.
Interne werwing
Nuwe woorde
Bronne van interne werwing
interne werwing die proses • Interne e-posse / intranet / webblad
om potensiële kandidate vir aan personeel
sekere beskikbare poste van
binne die besigheid te verkry
• Mededeling/Oorvertelling (word-of-mouth) Internal Recruitment
• Besigheid-nuusbriewe/omsendskrywes
roofwerwing om ‘n • Interne- / bestuursverwysings Option 1
spesifieke kandidaat te • Interne kantoor-kennisgewingbord van die besigheid
Determine fair assessment criteria on which selection
identifiseer en te nader wat • Interne bulletins will be based.
kenmerkende eienskappe • Aanbeveling van huidige werknemers
vir ‘n pos het (In Engels – Use the assessment criteria to assess all CV’s/application
• Roofwerwing binne die besigheids- of organisatoriese
formsdatabasis
received during recruitment. Conduct
headhunting)
preliminary screening, which is sorting the applications
received according to the criteria for the job.
Die impak van interne werwing
Check that applicants are not submitting false document
Positiewe/Voordele such as forged certificates/degrees/achievements.
• Die besigheid behou bestaande werknemers deur bevorderings/oorplasings
van binne die besigheid. Make a preliminary list of all applicants who qualify
for the post.
• Geleenthede vir bevordering beloon goeie werk en motiveer huidige
werknemers. Screen and check references, for example, check applican
• criminalgeskikte
Moraal en produktiwiteit van personeel verhoog indien records/credit history/social media,and so on.
personeellede gereeld bevorder word en die induksieproses sal vinniger
Conduct preliminary en to identify suitable
interviews
makliker afgehandel kan word. applicants.
• Huidige werknemers verstaan die bedrywighede/funksies van die besigheid.
Inform all applicants about the outcome of the applicatio
• Die besigheid ken die persoonlikheid, sterk- en swakpunte van die kandidaat.
• Complete a aan
Die werwingsproses is vinniger/goedkoper as die kandidate shortlist
die of approximately five candidates.
besigheid
Wenk bekend is. Invite the shortlisted applicants/candidates for an intervi
Die impak verwys na die
EN/OF Shortlisted candidates may be subjected to various
positiewe(voordele) en/of
types of selection tests, for example, skills tests.
negatiewe(nadele).
Negatiewe/Nadele Once a candidate is selected, a written offer is made
to them.
• Huidige werknemers mag moontlik nie nuwe idees in die besigheid inbring
nie. Idees van huidige werknemers mag dalk beperk wees.
• Die bevordering van `n huidige werknemer, mag veroorsaak dat daar `n wrok
ontstaan by sommige van die ander werkers, wat kan lei tot konflik of `n
gebrek aan samewerking van hulle kant af.
• Die poel van aansoekers is nie so groot nie, aangesien dit beperk is tot slegs
die huidige werknemers.
• Werknemers wat nie die nodige vaardighede vir die nuwe werk het nie, kan
dalk bevorder word.
• Huidige werknemers moet dalk opgelei/ontwikkel word voordat hulle
bevorder kan word, wat duur en tydrowend kan wees.
• Werknemers wat nie bevorder word nie, kan gedemotiveerd voel, wat
produktiwiteit kan belemmer en moraal verlaag.

50 BESIGHEIDSTUDIES | GRAAD 12

BS GRAAD 12 LB AFR.indb 50 2022/03/27 23:46:48


Eenheid 2.1 Werwing
METHODS OF RECRUITMENT

Eksterne werwing Nuwe woorde

Bronne van eksterne werwing eksterne werwing die proses


om potensiële kandidate vir
• Gedrukte media, byvoorbeeld koerante/ sekere beskikbare poste van
strooibiljette/tydskrifte buite die besigheid te verkry.
• Elektroniese media, byvoorbeeld radio/TV
rnal Recruitment • Sosiale media/sosiale
External Recruitment
ORnetwerke/internet/besigheidswebwerwe
Option 1 • Werwingsagentskappe Option 2
• Instappers (walk-ins)
air assessment criteria on• which selection (headhunting) Receive documentation, for example, application forms and
Roofwerwing
d. sort it according to the criteria of the job.
• Professionele verenigings
essment criteria to assess all CV’s/application Evaluate CV’s and create a shortlist/screen of the
• Netwerking
ed during recruitment. Conduct applicants.
• Onderwys-/opleidingsinstellings
screening, which is sorting the applications
• thePlakkate/advertensieborde
ording to the criteria for job. buite die besigheid

applicants are not submitting false documents Check information in the CV’s and contact references.
Die impak van eksterne werwing
ed certificates/degrees/achievements.
Positiewe/Voordele
minary list of all applicants who qualify Conduct preliminary sifting interviews to identify
applicants who are not suitable for the job, even though
• Nuwe kandidate bring nuwe talente/idees/ervarings/vaardighede/ kennis in
they meet the requirements.
check references, for example,diecheck
besigheid.
applicants’
ords/credit history/social• media,and
Dit kansodie
on.besigheid help om regstellende aksie-, WGI- en BBSEB teikens te
bereik. Assess/test candidates who have applied for
liminary interviews to identify suitable
• Daar is ‘n groter aantal kandidate seniorom uit te kies.
positions
• Daar is ‘n groter kans om geskikte kandidate
to ensure that the met die vereiste
best candidate vaardighede/
is chosen.
pplicants about the outcomekwalifi
of the application.
kasies/bevoegdhede/ervaring te kry wat nie veel opleiding/ontwikkeling
shortlist of approximately fivenodig het nie wat koste kan verlaag.
candidates.
• Minimaliseer ongelukkigheid/konflik onder huidige/bestaande werknemers
ortlisted applicants/candidates for an interview. Conduct interviews with shortlisted candidates.
wat moontlik vir die pos aansoek gedoen het.
andidates may be subjected to various doeltreffendheid/produktiwiteit kan voorkom as die nuwe werker
• Algehele
ction tests, for example, skills tests.waarde tot die besigheid toevoeg.
aktief
idate is selected, a written offer is made A written employment offer is made to the
EN/OF
selected candidate(s).
QR-KODE
Negatiewe/Nadele
• Eksterne bronne kan duur wees, byvoorbeeld werwingsagentskappe se fooie/ Voordele en nadele van interne
advertensies in koerante/tydskrifte. en eksterne werwing
• Die keuringsproses kan daartoe lei dat ‘n oneffektiewe/onbevoegde
kandidaat gekies word.
• Inligting oor CV’s/verwysings is dalk nie betroubaar nie/mag vervals wees.
• Die werwingsproses neem langer/is meer tydrowend en duur aangesien
agtergrondsondersoeke uitgevoer moet word.
• Nuwe kandidate neem gewoonlik langer om by ‘n nuwe werksomgewing aan
te pas.
• Indiensopleiding mag nodig wees, wat produktiwiteit gedurende die tyd van
opleiding verlaag/koste van die besigheid verhoog.
• Nie-geskikte aansoeke kan die keuringsproses vertraag.
https://www.youtube.com/
watch?v=eWCq77UUEWs

KWARTAAL 1 | ONDERWERP 2 | Die menslike hulpbronnefunksie 51

BS GRAAD 12 LB AFR.indb 51 2022/03/27 23:46:48


KWARTAAL 1

| Aktiwiteit 2.1 Klaswerk/Huiswerk

VRAAG 1: BESIGHEIDSBEDRYWIGHEDE (WERWING)

Besighede besef die belangrikheid daarvan om die beste werknemers te


werf wat sal bydra tot die bereiking van hul doelwitte. Dit is belangrik dat
besighede beide die interne en eksterne werwingsmetodes oorweeg om hul
doelwitte te bereik.

Skryf ‘n opstel oor werwing waarby jy die volgende aspekte insluit:


• Brei uit oor die betekenis van werwing.
• Verduidelik TWEE komponente van posontleding.
• Bespreek die werwingsprosedure.
• Gee raad aan besighede oor die impak van eksterne werwing op hul bedrywighede.
[40]

Eenheid 2.2 Keuring


Nuwe woorde Inleiding
keuring die keuse van ‘n In Graad 11 het ons van die keuringsprosedure, die doel van ‘n onderhoud, die rol
gekwalifiseerde kandidaat/ van die onderhoudvoerder tydens die onderhoud, aspekte van
aansoeker vir ‘n beskikbare pos indiensnemingskontrakte en wettigheid van indiensnemingskontrakte geleer.
gebaseer op die vereistes van Keuring behels die doelgerigte keuse van die beste kandidaat/aansoeker vir ‘n
posontleding beskikbare pos gebaseer op die vereistes van die posontleding. Die toepassing van
Keuringsprosedure die doeltreffende/korrekte keuringsprosedures is belangrik omdat ‘n besigheid
proses wat gevolg moet word daarna moet streef om die mees vaardige kandidate/aansoekers vir ‘n beskikbare
voordat aanstellings gemaak pos aan te stel. Die verkeerde toepassing van die keuringsprosedure kan lei tot die
word vermorsing van baie waardevolle hulpbronne, soos finansies en tyd, en gevolglik
sal die besigheid nie hul organisatoriese doelwitte bereik nie.

QR-KODE
MH: Keuring

https://www.youtube.com/
watch?v=1RTeEPyktKY

52 BESIGHEIDSTUDIES | GRAAD 12

BS GRAAD 12 LB AFR.indb 52 2022/03/27 23:46:51


Eenheid 2.2  Keuring

Keuringsprosedure
Opsie 1
• Bepaal regverdige assesseringskriteria waarop keuring gebaseer sal word.
• Gebruik die assesseringskriteria om alle CV’s/aansoekvorms wat tydens
werwing ontvang is, te evalueer. Doen voorlopige sifting - dit behels om die
aansoeke wat ontvang is, volgens die kriteria vir die pos te sorteer.
• Kontroleer dat aansoekers nie vals dokumente soos vervalste sertifikate/
grade/prestasies indien nie.
• Maak ‘n voorlopige lys van alle aansoekers wat vir die pos kwalifiseer.
• Sif en kontroleer verwysings, kontroleer/kyk na byvoorbeeld aansoekers se
kriminele rekords/kredietgeskiedenis/sosiale media, ens.
• Voer voorlopige siftingsonderhoude om geskikte aansoekers te identifiseer.
• Lig alle aansoekers in oor die uitkoms van die aansoek.
• Stel ‘n kortlys van ongeveer vyf kandidate saam.
• Nooi die aansoekers/kandidate op die kortlys vir ‘n onderhoud.
• Kandidate op die kortlys kan aan verskeie tipes keuringstoetse onderwerp
word, byvoorbeeld vaardigheidstoetse.
• Sodra kandidate gekies is, word ‘n skriftelike aanbod aan hulle gemaak.
OF

Opsie 2
• Ontvang dokumentasie, byvoorbeeld, aansoekvorms en sorteer dit volgens Nuwe woorde
die kriteria van die pos.
• Evalueer CV’s en stel ‘n kortlys op/keur die aansoekers. Curriculum Vitae (CV) 
‘n kort opsomming van die
• Gaan inligting op CV’s na en maak kontak met verwysings.
opleiding, kwalifikasies,
• Hou voorlopige siftingsonderhoude om aansoekers te identifiseer wat nie vir
ondervinding, vaardighede,
die pos geskik is nie, al voldoen hulle aan al die vereistes. vorige beroepe en spesiale
• Assesseer/Toets kandidate wat vir senior posisies aansoek gedoen het/om te persoonlikheidseienskappe van
verseker dat die beste kandidaat gekies word. ‘n individu wat gebruik word
• Voer onderhoude met kandidate op die kortlys. wanneer vir werk aansoek
• Bied ‘n geskrewe werksaanbod aan die gekose kandidaat(e). gedoen word
voorlopige onderhoude 
‘n kort vorm van
onderhoudvoering met
Wenk
potensiële kandidate om te
Maak seker dat jy opsie 2 baie goed bemeester om die maksimum punte in die eksamen bepaal watter kandidate aan
vir hierdie afdeling te behaal. die spesifieke kriteria voldoen

KWARTAAL 1 | ONDERWERP 2 | Die menslike hulpbronnefunksie 53

BS GRAAD 12 LB AFR.indb 53 2022/03/27 23:46:51


KWARTAAL 1

Bestudeer die aantekeninge oor sifting as deel van die keuringsprosedure in die
diagram hieronder.

Wenk Sifting as deel van die keuringsprosedure


Maak seker dat jy in staat
is om sifting as deel van die
keuringsproses te verduidelik. Sifting as deel
Maak seker dat jy opsie 2 van die
baie goed bemeester om
die maksimum punte in die keuringsprosedure
eksamen vir hierdie afdeling Vergelyk/Kontroleer
te behaal.
1 aansoekdokumente van
kandidate/aansoekers
teen die vereistes van
die pos.

3

Voer agtergrond-/ 
2 Kandidate/aansoekers
geloofwaardigheids-/krediet- 4 Stel 'n kortlys op van
wat aan die minimum die mees gepaste
vereistes voldoen, /-verwysingsnavraekontroles
kandidate nadat
word van ander geskei. uit van aansoekers wat vir
sifting afgehandel is.
die pos kwalifiseer.
QR-KODE
Doel van die onderhoud
Die doel van die onderhoud
• Skep ‘n geleentheid waar inligting oor die besigheid en aansoeker uitgeruil
kan word.
• Versamel inligting oor die sterkpunte en swakpunte van elke kandidaat.
• Bepaal ‘n kandidaat se geskiktheid vir die pos./Bepaal of die kandidaat
waarde tot die besigheid sal toevoeg.
• Help die werkgewer om ‘n ingeligte besluit oor die mees geskikte kandidaat
vir die pos te kies.
• Pas inligting wat deur die aansoeker verskaf is by die posvereistes.
• Evalueer die vaardighede/persoonlike eienskappe van die aansoeker.
https://www.youtube.com/
• Verifieer tot ‘n sekere mate die akkuraatheid van die inligting wat op die CV
watch?v=mdyg8XOGGYo
aangebied word.

Nuwe woorde
Die rol van die onderhoudvoerder voor en
Onderhoudvoerder
individu/bestuurder wat
tydens die onderhoud
verantwoordelik is vir die vra
van vrae tydens die onderhoud/ Die rol van die onderhoudvoerder voor die onderhoud
die voer van die onderhoud
• Die onderhoudvoerder moet ‘n kernstel vrae ontwikkel gebaseer op die
Onderhoud ‘n formele vaardighede/kennis/vermoëns/bevoegdhede wat vereis word.
vergadering waar inligting • Gaan die aansoek na/verifieer die CV van elke kandidaat vir enigiets wat dalk
tussen die onderhoudvoerder verduidelik moet word.
en die kandidaat/aansoeker
• Bespreek en berei die plek voor vir die onderhoud.
uitgeruil word
• Stel die onderhoudsdatum vas./Verseker dat alle onderhoude op dieselfde
datum plaasvind, indien moontlik.

54 BESIGHEIDSTUDIES | GRAAD 12

BS GRAAD 12 LB AFR.indb 54 2022/03/27 23:46:51


Eenheid 2.2 Keuring

• Stel ‘n program op vir die verloop van die onderhoude, waarin daar dieselfde
hoeveelheid tyd vir elke kandidaat geskeduleer/toegelaat word. Wenk
• Stel alle paneellede wat die onderhoud voer in kennis van die datum en plek Die rol van die
van die onderhoud. onderhoudvoerder is
• Ken dieselfde hoeveelheid tyd toe om onderhoude uit te voer met elke tweevoudig: ‘’voor en tydens
kandidaat op die program. die onderhoud’’.

Die rol van die onderhoudvoerder tydens die onderhoud


• Sien toe dat die beplande hoeveelheid/geskeduleerde tyd vir elke kandidaat
Nuwe woorde
nie oorskry word nie.
• Stel lede van die onderhoudspaneel voor aan elke kandidaat/aansoeker. Aansoeker/kandidaat
• Laat die kandidaat/aansoeker op sy gemak voel. die persoon wat die vrae
• Verduidelik die doel van die onderhoud aan die paneel en die kandidaat/ tydens die onderhoud
aansoeker. beantwoord
• Skryf die antwoorde van die kandidaat/aansoeker neer vir toekomstige
verwysing.
• Moenie die kandidaat/aansoeker verkeerd inlig/mislei nie. Het jy geweet
• Gee ‘n geleentheid vir die kandidaat/aansoeker om vrae te vra.
Weens COVID-19 word dit
• Sluit die onderhoud af deur die kandidaat/aansoeker te bedank vir die
aanbeveel dat individue nie
bywoning van die onderhoud. tydens ‘n onderhoud hande
• Stel dieselfde stel vrae aan alle kandidate/aansoekers. skud nie, maar dat hulle
elmboog-teen-elmboog
aanraking as ‘n vorm van
Die rol van die kandidaat/aansoeker tydens erkenning kan oorweeg.

die onderhoud
• Groet die onderhoudvoerder op sy/haar naam met ‘n stewige handdruk en ‘n
vriendelike glimlag.
• Luister aandagtig na die vrae voordat jy reageer.
• Maak oogkontak en hou ‘n goeie postuur/lyftaal.
• Wees selfversekerd/self-geldend en openbaar ‘n positiewe gesindheid.
• Wees nuuskierig en toon belangstelling in die besigheid. Wenk
• Vra vrae om duidelikheid te verkry. Die aansoeker/kandidaat het
• Toon respek en hanteer die onderhoud met die nodige belangrikheid. slegs EEN rol, wat “tydens”
• Wees eerlik oor foute en verduidelik hoe jy dit hanteer het. die onderhoud is.
• Ken jou sterk- en swakpunte en wees bereid om dit openlik te bespreek.
• Bedank die onderhoudvoerder vir die geleentheid wat gegee is om deel van
die onderhoude te wees.
QR-KODE
Rol van die onderhoudvoerder
Betekenis van ‘n indiensnemingskontrak
‘n Indiensnemingskontrak:
• bepaal beide die regte en verantwoordelikhede van die werkgewer en die
werknemer.
• spesifiseer die pligte wat deur die werknemer uitgevoer sal word in ruil vir
vergoeding van die werkgewer.

https://www.youtube.com/
watch?v=u5s_3fb20GI

KWARTAAL 1 | ONDERWERP 2 | Die menslike hulpbronnefunksie 55

BS GRAAD 12 LB AFR.indb 55 2022/03/27 23:46:52


KWARTAAL 1

QR-KODE Besonderhede/aspekte/inhoud van ‘n


Indiensnemingskontrak indiensnemingskontrak
betekenis en besonderhede Die volgende besonderhede moet deel vorm van ‘n indiensnemingskontrak:
• persoonlike besonderhede van die werknemer
• besonderhede van die werkgewer, byvoorbeeld besigheidsnaam en adres,
ens.
• postitel/posbenaming
• posbeskrywing, byvoorbeeld, pligte/werksvoorwaardes/verantwoordelikhede
• posspesifikasie , byvoorbeeld, formele kwalifikasies/ervaring/bereidheid om te
reis
• datum van indiensneming/aanvang van diens
• plek waar die werknemer die meeste van sy/haar werkstyd sal deurbring en
werksaktiwiteite sal uitvoer
https://www.youtube.com/
• werksure, byvoorbeeld, normale ure/oortyd
watch?v=gYv2EJwbAkc
• vergoeding, byvoorbeeld weeklikse-/twee-weeklikse-/maandelikse-betaling
• voordele/byvoordele/toelaes
• verlof, byvoorbeeld, siek-/kraam-/jaarlikse/aannemingsverlof/
gesinsverantwoordelikheidsverlof
Wenk
• salarisaftrekkings (verpligtend/nie-verpligtend)
Maak seker dat jy • kontraktydperk/besonderhede van beëindiging
nie die inhoud van ‘n • proeftydperk
indiensnemingskontrak • handtekeninge van beide die werkgewer en werknemer
met die wettigheid van ‘n
• lys van dokumente wat deel vorm van die kontrak, byvoorbeeld,
indiensnemingskontrak
aanstellingsbrief/gedragskode/etiese kode
verwar nie.
• dissiplinêre beleid, byvoorbeeld reëls en dissiplinêre prosedures vir
onaanvaarbare gedrag.

Nuwe woorde Die wetlike vereistes/wettigheid van ‘n


eensydig optredes wat deur indiensnemingskontrak
een party uitgevoer word • ‘n Indiensnemingskontrak is ‘n ooreenkoms tussen die werkgewer en die
sonder die instemming van die nuwe werknemer, en is wetlik bindend.
ander party
• Die werkgewer en werknemer moet instem tot enige veranderinge aan die
kontrak.
• Aspekte van die indiensnemingskontrak kan gedurende die dienstydperk
heronderhandel word.
Wenk • Geen party mag aspekte van die indiensnemingskontrak eensydig verander
Die woorde dienskontrak en nie.
indiensnemingskontrak kan • Die werkgewer en die nuwe werknemer moet albei die kontrak onderteken.
uitruilbaar gebruik word. • Die indiensnemingskontrak moet ‘n gedragskode en ‘n etiese kode insluit.
• Dit mag geen vereistes bevat wat teenstrydig is met en nie aan die WBDV
voldoen nie.
• Diensvoorwaardes/pligte/verantwoordelikhede/rolle van die werknemers
moet duidelik uiteengesit word.
• Die vergoedingspakket, insluitend voordele moet duidelik aangedui word.

56 BESIGHEIDSTUDIES | GRAAD 12

BS GRAAD 12 LB AFR.indb 56 2022/03/27 23:46:52


Eenheid 2.2  Keuring

Ontleding van ‘n indiensnemingskontrak vanuit ‘n gegewe scenario en


aanbevelings vir verbetering

Voorbeeld-aktiwiteit oor die wetlike vereistes van indiensnemingskontrakte


VRAAG 1
1.1 Lees die scenario hieronder en beantwoord die vrae wat volg.
LEWIS LOGISTIEKE (LL)
Lewis Logistieke het in Damian se indiensnemingskontrak gespesifiseer dat hy nie oortyd betaal
sal word wanneer hy op ‘n Sondag werk nie. Die bestuurder het nie die bepalings en voorwaardes
van die indiensnemingskontrak aan Damian verduidelik nie. LL het eensydig veranderinge aan die
indiensnemingskontrak aangebring. Die gedragskode is nie in die indiensnemingskontrak ingesluit nie.
Damian is onbewus van die salaris wat hy gaan verdien.

Gebruik die tabel hieronder as ‘n RIGLYN om VRAAG 1.1.1 – 1.1.2 te beantwoord.


WETLIKE VEREISTES UIT DIE REGSVEREISTES VOLGENS
SCENARIO AANGEHAAL (1.1.1)) DIE INDIENSNEMINGSKONTRAK (1.1.2)
1.
2.
3.
4.
5.

1.1.1 Haal VYF maniere aan waarop Damian se indiensnemingskontrak nie aan die wetlike vereistes van ‘n
indiensnemingskontrak voldoen nie. (5)
1.1.2 Gee raad aan die bestuur van LL oor die wetlike vereistes van ‘n indiensnemingskontrak gebaseer
op VRAAG 1.1.1. (10)
[15]
VOORGESTELDE ANTWOORD
WETLIKE VEREISTES UIT DIE REGSVEREISTES VOLGENS
SCENARIO AANGEHAAL (1.1.1) DIE INDIENSNEMINGSKONTRAK (1.1.2)
(1) Lewis Logistiek het in Damian se Die indiensnemingskontrak moet voldoen aan die
indiensnemingskontrak gespesifiseer dat hy nie oortyd WBDV. Damian moet oortyd betaal word vir werk op ‘n
betaal sal word wanneer hy op ‘n Sondag werk nie.  Sondag. 
(2) Die bestuurder het nie die bepalings en voorwaardes Die bestuurder/LL moet die bepalings en voorwaardes
van die indiensnemingskontrak aan Damian van die indiensnemingskontrak aan die werknemer
verduidelik nie.  verduidelik. 
(3) LL het eensydig veranderinge aan die Beide partye moet instem tot veranderinge wat aan die
indiensnemingskontrak aangebring.  kontrak gemaak word. LL mag en behoort nie eensydig
veranderinge aan die indiensnemingskontrak maak
nie. 
(4) Die gedragskode is nie in die indiensnemingskontrak Die kontrak moet ‘n gedragskode en etiese kode insluit.
ingesluit nie.  
(5) Damian is onbewus van die salaris wat hy gaan Die vergoedingspakket en voordele moet in die kontrak
verdien.  aangedui word. 
Submaks (5) Submaks (10)
(15)

KWARTAAL 1 | ONDERWERP 2 | Die menslike hulpbronnefunksie 57

BS GRAAD 12 LB AFR.indb 57 2022/03/27 23:46:52


KWARTAAL 1

Bestudeer die aantekeninge oor die redes vir die beëindiging van ‘n
indiensnemingskontrak in die diagram hieronder.

Redes vir die beëindiging van ‘n indiensnemingskontrak


Ontslag/Wangedrag Aftrede
Die werkgewer kan 'n werknemer vir 'n Werknemer het
'n geldige rede ontslaan, byvoorbeeld moontlik die
onbevredigende werksprestasie, voorafbepaalde ouderdom
wangedrag, ens. vir aftrede bereik.
Oortolligheid/Herstrukturering Gesondheidsonbevoegdheid
Die werkgewer mag moontlik 'n Werknemer kan
nie meer werk vir oortollige onbevoeg raak as
werknemers hê nie/kan nie REDES VIR gevolg van
die indiensnemingskontrak siekte/beserings.
nakom nie/is besig om DIE BEËINDIGING
te herstruktureer.
VAN 'N
Bedanking Wedersydse ooreenkoms
'n Werknemer kan besluit
INDIENSNEMINGS- Die werkgewer en
om die besigheid te verlaat KONTRAK werknemer kan
'n wedersydse
vir 'n beter werksgeleentheid
deur vrywillig te bedank. ooreenkoms bereik.

Aflegging Tydperk van kontrak


Die werkgewer kan sommige werknemers Die tydsduur van die
aflê weens insolvensie/moontlik nie in


indiensnemingskontrak
staat wees om die werknemers te betaal verstryk/kom tot 'n einde.
nie/bedryfsredes.

QR-KODE | Aktiwiteit 2.2 Huiswerk/Klaswerk


Redes vir die beëindiging van ‘n VRAAG 1
indiensnemingskontrak 1.1 Lees die scenario hieronder en beantwoord die vrae wat volg.
RAJESH MOODLEY NETWERKE (RMN)
Rajesh Moodley Netwerke het Tamia betyds ingelig dat die onderhoudsproses
‘n noodsaaklike komponent van die keurings-prosedure is. Tamia het
aandagtig na vrae geluister voordat sy tydens die onderhoud gereageer het.
Tamia het ook selfvertroue tydens die onderhoud getoon.

1.1.1 Haal TWEE rolle van Tamia as ‘n kandidaat tydens die onderhoud uit die
scenario hierbo aan. (2)
1.1.2 Beskryf DRIE ander rolle van Tamia as ‘n kandidaat tydens
https://www.youtube.com/ die onderhoud. (6)
watch?v=jCdw5xOKTYQ
1.1.3 Verduidelik die doel van ‘n onderhoud. (6)
1.1.4 Bespreek die keuringsprosedure as ‘n menslike hulpbron-aktiwiteit. (6)
[20]

58 BESIGHEIDSTUDIES | GRAAD 12

BS GRAAD 12 LB AFR.indb 58 2022/03/27 23:46:52


Eenheid 2.3 Induksie

Eenheid 2.3 Induksie QR-KODE


Induksie
Inleiding tot induksie
In Graad 11 het ons oor die
betekenis en doel van induksie
geleer. Induksie is die proses
om nuwe werknemers bekend
te stel aan die maniere waarop
die besigheid aktiwiteite
uitvoer, insluitend die beleide/
programme ens. Besighede berei
die induksieprogram voor voordat https://www.youtube.com/
induksie plaasvind. Besighede watch?v=WS-Ffwkrm0U
moet dus prioritiseer dat
induksie met nuwe werknemers
uitgevoer word voordat hulle
met werksaamhede begin. Werknemers wat behoorlike induksie ontvang het, QR-KODE
verstaan vinnig die besigheidskultuur en verwagtinge.
Betekenis van induksie

Die betekenis van induksie


• Induksie is die proses om nuwe werknemers aan ‘n besigheid/
werksomgewing/organisasie bekend te stel.
• Nuwe werknemers raak vertroud met hul nuwe fisiese werksomgewing/
organisasiekultuur/produkte en dienste.
• Inligting rakende die prosesse/prosedures/metodes van die besigheid word
aan nuwe werknemers gekommunikeer.
• Die werksverwagtinge/rolle/verantwoordelikhede word aan nuwe
werknemers verduidelik. https://www.youtube.com/
watch?v=f9m-w3B731o
Die doel van induksie
Die doel van induksie is om
• Nuwe werkers aan bestuur/kollegas bekend te stel en sodoende professionele
QR-KODE
verhoudings op verskillende vlakke te vestig.
• Nuwe werkers inligting te gee oor die uitleg van die kantoor en/of geboue. Die doel/belangrikheid van
• Die nuwe werkers vertroud te maak met die organisasiestruktuur, d.w.s wie induksie
hul toesighouers en direkte bestuurders is.
• Geleenthede te skep vir nuwe werkers om verskillende afdelings te verken en
te ervaar.
• Die nuwe werkers bekend te stel aan die veiligheidsregulasies en -reëls van die
besigheid, sodat hulle hul rolle in terme veiligheid kan verstaan.
• Inligting aan nuwe werkers te kommunikeer oor die produkte of dienste wat
die besigheid aanbied.
• Die doeltreffendheid van nuwe werkers te verseker sodat hulle meer
produktief sal wees omdat hulle na die induksieproses, hul rolle beter sal
verstaan.
• Die besigheid se beleide rakende etiese en professionele gedrag aan nuwe https://www.youtube.com/
watch?v=jnVioQM9PUE
werkers oor te dra.

KWARTAAL 1 | ONDERWERP 2 | Die menslike hulpbronnefunksie 59

BS GRAAD 12 LB AFR.indb 59 2022/03/27 23:46:53


KWARTAAL 1

Aspekte wat by die induksieprogram ingesluit


moet word
• Veiligheidsregulasies en -reëls
• Oorsig van die besigheid
• Toer deur die perseel/besigheid
• Inligting oor die besigheid se produkte/dienste
• Vergadering met senior bestuur wat die maatskappy se visie/missie/ waardes/
posontleding/daaglikse take sal verduidelik
• Inleiding tot sleutelpersone en onmiddellike kollegas
• Voorwaardes van indiensneming, byvoorbeeld, werksure/verlof-
aansoekproses/ byvoordele/dissiplinêre prosedures, ens.
• Bespreking van die indiensnemingskontrak en diensvoorwaardes
• Bespreking van personeelbeleid, byvoorbeeld die maak van private
telefoonoproepe/gebruik van die internet, ens.

Voordele van induksie vir besighede


• Nuwe werknemers wat vertroud is met die besigheid se beleid en prosedures
kan maklik by hul nuwe werksomgewing aanpas.
• Nuwe werknemers leer meer oor die besigheid en verstaan hul rol in die
besigheid en verwagtinge van die pos.
• Verhoogde produktiwiteit/doeltreffendheid en gehalte van diens/prestasie.
• Minimaliseer die behoefte aan deurlopende opleiding en ontwikkeling.
• Verbeterde/beter gefokusde opleiding kan verskaf word gebaseer op die
uitslae wat uit die induksieproses verkry is.
• Nuwe werknemers voel dalk deel van die span wat positiewe moraal/
motivering tot gevolg het.
• Verminder personeelomset aangesien nuwe werknemers behoorlik induksie
ontvang het.

| Aktiwiteit 2.3 Klaswerk/Huiswerk

VRAAG 1
1.1 Lees die scenario hieronder en beantwoord die vrae wat volg.
TIMBER HANDELAARS (TH)
Timber Handelaars ervaar ‘n aansienlike verlaging in die personeelomsetkoers
aangesien nuwe werknemers behoorlike induksie ontvang het. Dit het gelei
tot verhoogde produktiwiteit en doeltreffendheid in die werkplek. TH moet
verseker dat die korrekte aspekte by hul induksieprogram ingesluit word.

1.1.1 Brei uit oor die betekenis van induksie. (4)


1.1.2 Haal TWEE voordele van induksie vir TH uit die scenario hierbo aan. (2)
1.1.3 Beskryf kortliks DRIE ander voordele van induksie vir TH as
‘n besigheid. (6)
1.1.4 Gee raad aan die bestuur van TH oor enige VIER aspekte wat by die
induksieprogram ingesluit moet word. (8)
[20]

60 BESIGHEIDSTUDIES | GRAAD 12

BS GRAAD 12 LB AFR.indb 60 2022/03/27 23:46:53


Eenheid 2.4 Plasing

Eenheid 2.4 Plasing QR-KODE


Plasing

Inleiding tot plasing


In Graad 11 het ons oor die
betekenis van plasing en die
plasingsprosedure geleer. Plasing
mik om die geselekteerde kandidate
te posisioneer/plaas waar hulle
optimaal tot die besigheid
sou bydra, en is op spesifieke
besonderhede van die posontleding
gebaseer. Die korrekte toepassing https://www.youtube.com/
watch?v=aTn5999_xUk
van die plasingsprosedure sal
werksgeluk, lojaliteit en moraal verbeter en afwesigheid en personeelomsetkoerse
verminder. ‘n Werknemer wat reg geplaas is, sal ‘n aanwins vir die besigheid wees
omdat die plasing effektief ooreenstem met die posontleding.

Die betekenis van plasing


• Geselekteerde kandidate word geplaas/geposisioneer waar hulle optimaal sal
funksioneer en waarde tot die besigheid sal toevoeg.
• ‘n Spesifieke pos word aan die gekose kandidaat toegeken.
• Die kwalifikasies, vaardighede en persoonlikheid van die gekose kandidaat
word vergelyk met die vereistes van die pos.

Plasingsprosedure
• Die besigheid moet spesifieke verantwoordelikhede, verwagtinge en vereistes
van die nuwe pos uiteensit.
• Bepaal die suksesvolle kandidaat se sterkpunte, swakpunte, vaardighede,
belangstellings en bevoegdhede deur die kandidaat aan verskeie
psigometriese toetse te onderwerp.
• Bepaal die verhouding tussen die vereistes van die pos en die bevoegdhede
van die nuwe werknemer.
Die volgende diagram kan gebruik word om die stappe in die plasingsprosedure Neem kennis
te bestudeer.
Die plasingsprosedure vind
plaas na die keuringsprosedure
STAP 1
Plasings- Die besigheid moet spesifieke
met die suksesvolle kandidaat
wat nou ‘n ‘nuwe werknemer’
verantwoordelikhede,
prosedure verwagtinge en vereistes van
sal word.

die nuwe pos uiteensit.

STAP 2
Bepaal die suksesvolle kandidaat
STAP 3 se sterkpunte, swakpunte,
Bepaal die verhouding tussen vaardighede, belangstellings en
die pos en die bevoegdhede bevoegdhede deur die kandidaat
van die nuwe werknemer. aan verskeie psigometriese toetse
te onderwerp.

KWARTAAL 1 | ONDERWERP 2 | Die menslike hulpbronnefunksie 61

BS GRAAD 12 LB AFR.indb 61 2022/03/27 23:46:56


KWARTAAL 1

Die belangrikheid van opleiding en


vaardigheidsontwikkeling as deel van die
menslike hulpbronfunksie
Opleiding is ‘n beplande en doelgerigte georganiseerde aktiwiteit waar
werknemers kennis en vaardighede opdoen wat die vermoëns van hul
werk kan verbeter. Die menslike hulpbronfunksie moet verseker dat alle
opleidingsprogramme voldoen aan die raamwerk van die WVO om die
vaardighede van die werknemers te ontwikkel.

• ‘n Werknemer wat die nodige opleiding ontvang, kan in hul werk presteer en
QR-KODE
prestasie in hul werk verbeter. Werknemers is meer kundig en kan take meer
Die belangrikheid van opleiding/ doeltreffend uitvoer.
vaardigheidsontwikkeling • Die belegging wat ‘n besigheid maak in opleiding, wys aan werknemers dat
as deel van die menslike hulle waardeer word.
hulpbronfunksie • ‘n Effektiewe opleidingsprogram stel werknemers in staat om hul vaardighede
te versterk en te verbeter.
• Produktiwiteit neem gewoonlik toe wanneer die menslike hulpbronfunksie
opleidingskursusse implementeer.
• Algehele winsgewendheid van die besigheid sal verbeter as gevolg van
effektiewe en gereelde opleiding.
• Deurlopende opleiding en opgradering van die arbeidsmag moedig
kreatiwiteit aan.
• Opleiding en vaardigheidsontwikkeling dra positief tot die doelwitte en
nakoming van die WVO by.
https://www.youtube.com/
| Aktiwiteit 2.4 Klaswerk/Huiswerk
watch?v=o-MtSv9A2DQ
VRAAG 1
1.1 Lees die scenario hieronder en beantwoord die vrae wat volg.
BUKIWE BUKANI TEGNOLOGIE (BBT)
Die plasingsprosedure is by Bukiwe Bukani Tegnologie toegepas na ‘n
suksesvolle induksieprogram. BBT het in opleiding belê om aan werknemers
te wys dat hulle waardeer word. ‘n Effektiewe opleidingsprogram bestaan by
BBT vir werknemers om hul huidige vaardighede te verbeter.

1.1.1 Haal TWEE maniere aan waarop die belangrikheid van opleiding in die
menslike hulpbronfunksie by BBT vertoon word. (2)
1.1.2 Beskryf kortliks ander maniere waarop die belangrikheid van opleiding in
die menslike hulpbronfunksie by BBT vertoon kan word. (6)
1.1.3 Bespreek die plasingsprosedure as ‘n menslike hulpbron-aktiwiteit. (6)
[14]

62 BESIGHEIDSTUDIES | GRAAD 12

BS GRAAD 12 LB AFR.indb 62 2022/03/27 23:46:59


Eenheid 2.5 Salarisbepaling

Eenheid 2.5 Salarisbepaling


Inleiding tot salarisbepaling
In Graad 11 het ons oor stukwerk en tydsverwante salarisbepalingsmetodes
geleer. Daar bestaan verskillende metodes wat deur werkgewers gebruik word
om die salaris van werknemers te bepaal. Die tipe salarisbepalingsmetode wat
deur die besigheid gebruik of toegepas word, hang af van die aard en tipe poste
wat vereis word. Die besigheid moet verseker dat hulle kundig is oor die verband
tussen salarisbepaling en die WBDV.

Verskille tussen stukwerk en tydsverwante


salarisbepalingsmetodes
Stukwerk Tydsverwante
• Werkers word betaal volgens die aantal • Werkers word betaal vir die hoeveelheid
items / eenhede wat geproduseer word / tyd wat hulle by die werk/aan ‘n taak
aksie wat uitgevoer is. spandeer.
• Werkers word nie vergoed vir die aantal • Werkers met dieselfde ervaring /
ure wat gewerk word nie, ongeag hoe kwalifikasies word op dieselfde
lank dit duur om die items te maak salarisskale betaal, ongeag die
hoeveelheid werk wat gedoen is.
• Word meestal in fabrieke gebruik - veral • Baie private en openbare ondernemings
in die tekstiel- en tegnologiebedryf. gebruik hierdie metode.

Die verband tussen salarisbepaling en die QR-KODE

Wet op Basiese Diensvoorwaardes (WBDV) Salarisbepalingsmetodes

(Nr.75 of 1997)
• Die WBDV stel voorwaardes uiteen wat verseker dat billike arbeids- en
menslike hulpbronpraktyke ten opsigte van vergoeding binne die besigheid
plaasvind.
• Volgens die WBDV kan besighede verskillende vergoedingsmetodes gebruik
om hul werknemers te betaal.
• Betaling van salarisse moet gebaseer word op die vraag of die werknemer
permanent is of op ‘n vaste kontrak in diens is.
• Besighede moet inkomstebelasting (LBS) en ander salarisaftrekkings van die
https://www.youtube.com/
werknemers se belasbare salarisse aftrek. watch?v=bk9gVJ9PKGY
• Die WBDV beskryf wettigheid van die indiensnemingskontrak, soos werksure
en oortyd, wat salarisbepaling kan beïnvloed.
• Die WBDV reguleer ook die minimum loonkoerse per sektor en die besigheid
moet dus verseker dat vergoeding wat in die indiensnemingskontrak Nuwe woorde
weerspieël word, nie onder die minimumloon is nie.
Minimumloon die laagste
loonvlak wat deur die wet
toegelaat word

KWARTAAL 1 | ONDERWERP 2 | Die menslike hulpbronnefunksie 63

BS GRAAD 12 LB AFR.indb 63 2022/03/27 23:46:59


KWARTAAL 1

| Aktiwiteit 2.5 Klaswerk/Huiswerk

VRAAG 1
1.1 Lees die scenario hieronder en beantwoord die vrae wat volg.
EASTVILLE APTEEK (EA)
Okuhle en Junaid is albei in diens by Eastville Apteek. Okuhle word vergoed
volgens die aantal gesondheidsplanne wat verkoop word. Junaid die kassier,
word betaal vir die aantal ure wat hy by die werk spandeer. Die vergoeding
wat aan beide Okuhle en Junaid betaal word, is in ooreenstemming met die
Wet op Basiese Diensvoorwaardes (WBDV) (Nr. 75 van 1997).

1.1.1 Identifiseer TWEE salarisbepalingsmetodes wat EA gebruik het om Okuhle


en Junaid te betaal. Motiveer jou antwoord deur uit die scenario hierbo
aan te haal.

Gebruik die tabel hieronder as ‘n RIGLYN om VRAAG 1.1.1 te beantwoord.

WERKNEMER SALARISBEPALINGS- MOTIVERING


METODES
Okhule
Junaid
(6)
1.1.2 Bespreek die verband tussen salarisbepaling en die WBDV. (6)
[12]

Eenheid 2.6  Byvoordele


Inleiding tot byvoordele
In Graad 11 het ons van die verskillende soorte werknemersvoordele geleer.
Byvoordele is voordele wat bykomend tot hul salarisse deur die besigheid aan
werknemers verskaf word. Sommige werkgewers kan besluit om byvoordele
universeel aan alle werknemers te verskaf of om ander bykomende byvoordele
aan die uitvoerende bestuur te verskaf. Die besigheid het verskillende redes om
byvoordele aan werknemers te voorsien, wat onder andere insluit, die vergoeding
Nuwe woorde
van werknemers vir koste verbonde aan hul werk en die verbetering van algehele
Byvoordele  voordele verskaf werkstevredenheid.
deur die besigheid aan
werknemers bykomend tot hul
salarisse. Voorbeelde van byvoordele
• Mediese fonds/Gesondheidsversekeringsfonds
• Pensioenfonds
• Voorsorgfonds
• Begrafnisvoordele
• Motor-, Reis-, Behuising, Selfoon- en Kleretoelae
• Prestasie-gebaseerde aansporings
• Uitreiking van bonusaandele
• Personeelafslag, Gratis of lae-koste etes en Kantiengeriewe

64 BESIGHEIDSTUDIES | GRAAD 12

BS GRAAD 12 LB AFR.indb 64 2022/03/27 23:47:00


Eenheid 2.6 Byvoordele

Voorsorgfonds

Pensioenfonds Begrafnisvoordele

VOORBEELDE VAN BYVOORDELE 45-870 CAA

Mediese fonds, Motor-, Reis-,


Gesondheids- Behuising-,

R
versekeringsfonds Selfoon- en
Kleretoelae

bonus

Personeelafslag, Prestasie-
Gratis of lae-koste etes, gebaseerde aansporings
Kantiengeriewe
Uitreiking van bonusaandele

Die impak van byvoordele op besighede QR-KODE


Byvoordele
Positiewe/Voordele
• Aantreklike byvoordeelpakkette kan lei tot hoër werknemerbehoud,
verminderde personeelomset en lae werknemersverlatingskoerse.
• Lok en behou gekwalifiseerde, vaardige en ervare werknemers wat positief
kan bydra tot die besigheid se doelwitte en doelstellings.
• Verhoog werknemers se werkstevredenheid, lojaliteit en moraal aangesien
werknemers bereid is om die ekstra myl te loop.
• Verbeter produktiwiteit wat lei tot hoër winsgewendheid.
• Besighede spaar geld aangesien voordele belastingaftrekbaar is.
• Byvoordele kan as hefboom vir salarisonderhandelinge gebruik word. https://www.youtube.com/
watch?v=qfJ8koEhYw8
EN/OF

Negatiewe/Nadele
• Byvoordele is bykomende koste wat tot kontantvloeiprobleme vir die
besigheid kan lei.
• Administratiewe koste neem toe aangesien voordele korrek aangeteken moet
word vir belastingdoeleindes.
• Verminder besigheidswinste omdat aansporings-, pakket- of
vergoedingskoste hoër is.
• Skep konflik of lei tot korrupsie as byvoordele onregverdig toegeken word.
• Werknemers bly slegs by die besigheid vir byvoordele en mag dalk nie
toegewyd of lojaal tot hul take of die besigheid wees nie.

KWARTAAL 1 | ONDERWERP 2 | Die menslike hulpbronnefunksie 65

BS GRAAD 12 LB AFR.indb 65 2022/03/27 23:47:01


KWARTAAL 1

• Besighede wat werknemers verskillende voordeelplanne bied, kan ‘n


wrok skep by diegene wat minder voordele ontvang en dit kan tot laer
produktiwiteit lei.
• Besighede wat nie byvoordele kan bied nie, slaag nie daarin om vaardige
werkers te lok nie.
• Besighede moet adviseurs/prokureurs betaal om hulle te help om
voordeelplanne te skep wat aan die wet voldoen.

Werkloosheidsversekeringsfonds (WVF) as
‘n voordeel wat deur die wet vereis word/
verpligte voordeel
• WVF bied korttermyn finansiële bystand aan werkers wanneer hulle werkloos
word of nie kan werk nie weens siekte/kraam-/aannemingsverlof
• WVF help die afhanklikes van ‘n bydraende werker wat gesterf het.
• Volgens die wet, moet werknemers 1% van hul basiese salaris tot WVF bydra.
• Werkgewers word ook verplig om 1% van ‘n werknemer se basiese salaris tot
WVF by te dra.
• Werkgewers betaal die 2% direk aan die WVF namens die werknemers.
• Bydraes word aan die Werkloosheidsversekeringsfonds (WVF) of die Suid-
Afrikaanse Inkomstediens (SAID) betaal.

| Aktiwiteit 2.6 Huiswerk/Klaswerk

VRAAG 1
1.1 Lees die scenario hieronder en beantwoord die vrae wat volg.
MAGDALENA KROMBIE PROKUREURS (MKP)
Magdalena Krombie Prokureurs ondervind kontantvloeiprobleme as
gevolg van hoë uitgawes wat op byvoordele aangegaan word. Dit
het konflik veroorsaak weens die korrupsie wat verband hou met die
onregverdige toekenning van byvoordele. Die wet vereis dat MKP tot die
Werkloosheidsversekeringsfonds (WVF) bydra.

1.1.1 Noem VIER voorbeelde van werknemervoordele behalwe WVF. (4)


1.1.2 Haal TWEE nadele van byvoordele vir MKP uit die scenario hierbo aan. (2)
1.1.3 Verduidelik ander nadele van byvoordele vir MKP as ‘n besigheid. (6)
1.1.4 Bespreek die Werkloosheidsversekeringsfonds (WVF) as ‘n voordeel
wat deur die wet vereis word. (8)
[20]

66 BESIGHEIDSTUDIES | GRAAD 12

BS GRAAD 12 LB AFR.indb 66 2022/03/27 23:47:02


Eenheid 2.7  Die implikasies van die wetgewing op die menslike hulpbronfunksie

Eenheid 2.7  Die implikasies van


die wetgewing op die menslike
hulpbronfunksie
Inleiding tot die implikasies van die wetgewing Wenk
op die menslike hulpbronfunksie Hierdie afdeling moet nie
In Graad 11 het ons van die implikasie van die WAV, WBDV, WGI en WVBBS/ verwar word met die impak
COIDA op die menslike hulpbronfunksie geleer. Die verskillende wetgewing in en evaluering van die
Suid-Afrika het ‘n direkte implikasie op die menslike hulpbronfunksie. Menslike verskillende wetgewings wat
hulpbronbestuurders moet voortdurend opgelei word om op hoogte te bly van in Onderwerp 1 behandel is
huidige wetgewing, nuwe wetgewing en arbeidswetgewing wat bedrywighede nie.
binne die menslike hulpbronfunksie kan beïnvloed. Die besigheid het menslike
hulpbronbestuurders en regskenners in diens met grondige kennis en ervaring
van wetgewing.

Die implikasie van die Wet op


Arbeidsverhoudinge (WAV) (Nr. 66 van 1995)
op die menslike hulpbronfunksie
Die MHF moet verseker dat:
• Bedrywighede binne die MHF beïnvloed sal word deur vakbonde, kollektiewe
bedingingsrade, waarvoor daar in die WAV voorsiening gemaak word.
• Die korrekte prosedures in terme van bedingingsrade en KVBA-prosesse
gevolg word voordat werkers ontslaan word.
• ‘n Raamwerk vir bilaterale vergaderings tussen vakbonde en werkgewers
moet plaasvind, waartydens sake rakende indiensneming bespreek moet
word.
• Daar ordelike onderhandelinge en werknemersdeelname in die
besluitnemingsprosesse binne die MHF moet plaasvind.
• Die regte van werknemers beskerm word soos in die Grondwet uiteengesit.
• Ekonomiese ontwikkeling en sosiale geregtigheid en geskied en dat daar
arbeidsvrede gehandhaaf word.

Wenk
Die woord implikasie, in hierdie geval, kan beskryf word as die mate waarin die
menslike hulpbronfunksie aan die vereistes van die WAV, WBDV, WGI en WVO voldoen
en dit implementeer.

KWARTAAL 1 | ONDERWERP 2 | Die menslike hulpbronnefunksie 67

BS GRAAD 12 LB AFR.indb 67 2022/03/27 23:47:02


KWARTAAL 1

Die implikasie van die Wet op Basiese


Diensvoorwaardes (WBDV) (Nr. 75 van 1997) op
die menslike hulpbronfunksie
Die menslike hulpbronfunksie moet verseker dat:
• Verseker dat sakepraktyke soos basiese diensvoorwaardes binne die werkplek
nie die bepalings van die WBDV oortree nie.
• Die MHB moet verseker dat alle werknemerskontrakte voldoen aan die
bepalings van die WBDV.
• Verseker dat werknemers slegs 9 ure per dag werk in ‘n 5-dag werksweek of
8 ure per dag in ‘n 6-dag werksweek.
• Verseker dat werknemers korrek vergoed word vir oortyd. Oortyd moet nie 10
uur per week oorskry nie.
• Verseker dat werknemers ‘n pouse van 60 minute het na vyf uur se werk.
• Verseker dat werknemers geregtig is om betaalde siekteverlof van 6 weke
gedurende ‘n 36-maande-siklus te neem.
• Verseker dat werknemers dubbel hul tarief ontvang as hulle op publieke
vakansiedae of Sondae werk.
• Verseker dat die besigheid nie aan kinderarbeidspraktyke deelneem nie, en
nie kinders onder die ouderdom van 16 jaar in diens neem nie.

Die implikasie van die Wet op Gelyke


Indiensneming (WGI) (Nr. 55 van 1998) op die
menslike hulpbronfunksie
Die menslike hulpbronfunksie moet:
• gelyke geleenthede bevorder en voorsien, en gelykheid in die werkplek
bevorder.
• aan die Departement van Arbeid verslag doen oor die vordering rakende die
implementering van die gelyke indiensnemingsplan.
• gelyke indiensnemingsplanne saamstel wat aandui hoe hulle regstellende
aksie sal implementeer. Verseker dat die menslike hulpbronfunksie
regstellende aksie daarstel, bevorder en bereik met behulp van gelyke
indiensnemingsplanne.
• ‘n bestuurder toewys om te verseker dat die gelyke indiensnemingsplan
geïmplementeer en gereeld gemonitor sal word.
• verseker dat regstellende aksie diversiteit in die werkplek bevorder.

Die implikasie van die Wet op


Vaardigheidsontwikkeling (WVO) (Nr. 97 van
1998) op die menslike hulpbronfunksie
Die menslike hulpbronfunksie moet:
• die doelwitte en vereistes van die WVO interpreteer en vaardigheids- en
opleidingsprogramme dienooreenkomstig aanpas. Opleiding wat deur die
besigheid of MHF uitgevoer word, moet voldoen aan die vereistes van die WVO.
• die opleidingsbehoeftes van die werknemers identifiseer en opleidings-
geleenthede aan hulle verskaf sodat hulle hul take doeltreffend sal uitvoer.
• die NKR gebruik om die vaardigheidsvlakke van werknemers te assesseer.

68 BESIGHEIDSTUDIES | GRAAD 12

BS GRAAD 12 LB AFR.indb 68 2022/03/27 23:47:02


Eenheid 2.7  Die implikasies van die wetgewing op die menslike hulpbronfunksie

• die doelwitte en vereistes van die raamwerk van die NVOS Interpreteer en
implementeer.
• bestuurders help om vaardighede en opleidingsbehoeftes te identifiseer en
om leerlingskappe bekend te stel en te bevorder.
• seker maak dat die besigheid 1% van hul salarisrekening tot die VOH bydra.
• verseker opleiding in die werkplek geformaliseer/gestruktureerd.
• toesien dat ‘n voltydse of deeltydse konsultant as vaardigheidsontwikkelings-
fasiliteerder (VOF) aangestel word.

| Aktiwiteit 2.7

VRAAG 1
1.1 Lees die scenario hieronder en beantwoord die vrae wat volg.
KOPANO MEDIA (KM)
Kopano Media is trots daarop om regstellende aksie in die besigheid te
bevorder. Hul werknemers is geregtig op ses weke siekteverlof gedurende
‘n drie jaar siklus. Die bestuur van KM laat hul werknemers toe om aan
besluitneming deel te neem.

1.1.1 Identifiseer DRIE wetgewing wat ‘n implikasie op die menslike


hulpbronfunksie van KM het. Motiveer jou antwoord deur uit die scenario
hierbo aan te haal.

Gebruik die tabel hieronder as ‘n RIGLYN om VRAAG 1.1.1 te beantwoord.


WETGEWING MOTIVERING
1.
2.
3.
(9)
1.1.2 Bespreek die implikasie van die Wet op Vaardigheidsontwikkeling (WVO),
1998 (Wet 97 van 1998) op die menslike hulpbronfunksie van KM. (8)
[17]

KWARTAAL 1 | ONDERWERP 2 | Die menslike hulpbronnefunksie 69

BS GRAAD 12 LB AFR.indb 69 2022/03/27 23:47:02


KWARTAAL 1

Konsolidasie

VRAAG 1: BLOKKIESRAAISEL 1
Voltooi die blokkiesraaisel deur die leidrade hieronder te gebruik.
1

4 5

6 7

10

DWARS AF
5 Die laagste loonvlak wat deur die wet toegelaat word. 1 'n Kort vorm van onderhoudvoering met potensiële
kandidate om te bepaal watter kandidate aan die
spesifieke kriteria voldoen.
8
Die menslike hulpbronfunksie moet verseker dat dit 2 Die proses om potensiële kandidate vir sekere
‘n gelyke indiensnemingsplan korrek implementeer as beskikbare poste van buite die besigheid te verkry.
gevolg van die implikasie van hierdie wetgewing.
9 Die kontrak van die werknemer word beëindig weens 3 Hierdie komponent binne die menslike hulpbronfunksie
onbevredigende werksprestasie. bestaan uit die posbeskrywing en posspesifikasie.
10 Werkers word betaal vir die aantal ure gewerk. 4 Die proses om nuwe werknemers aan die
werksomgewing bekend te stel.
6 Werknemers het besluit om die besigheid vrywillig te
verlaat vir beter werksgeleenthede.
7 Hierdie belangrike menslike hulpbronaktiwiteit se doel
is om 'n geleentheid te skep waar inligting oor die
besigheid en die aansoeker uitgeruil kan word.
(10 × 2) (20)

70 BESIGHEIDSTUDIES | GRAAD 12

BS GRAAD 12 LB AFR.indb 70 2022/03/27 23:47:02


Eenheid 2.7  Die implikasies van die wetgewing op die menslike hulpbronfunksie

Konsolidasie

VRAAG 2: BLOKKIESRAAISEL 2
Voltooi die blokkiesraaisel deur die leidrade op bladsy 72 te gebruik.
1 2

10

KWARTAAL 1 | ONDERWERP 2 | Die menslike hulpbronnefunksie 71

BS GRAAD 12 LB AFR.indb 71 2022/03/27 23:47:02


KWARTAAL 1

Konsolidasie

DWARS AF
3 Hierdie metode om 'n kontrak te beëindig vind plaas 1 Die persoon wat die vrae tydens die onderhoud
wanneer die werkgewer dalk nie meer werk vir beantwoord.
onnodige werknemers in sekere afdelings het nie.
5 Die geselekteerde kandidate word geposisioneer 2 Hierdie verpligte voordeel moet aan werknemers
waar hulle die optimale bydrae tot die besigheid sal verskaf word soos dit deur die wet vereis word.
bydra gebaseer op spesifieke besonderhede van die
posontleding.
7 'n Regsbindende ooreenkoms tussen die werkgewer 4 Die proses wat gevolg moet word voor dat
en die werknemer. aanstellings gemaak word.
8 Werknemers word vergoed vir die aantal eenhede wat 6 'n Nadeel van hierdie tipe werwing is dat huidige
hulle vervaardig het. werknemers nie nuwe idees tot die onderneming kan
bydra nie.
9 Hierdie wetgewing het die implikasie op die menslike
hulpbronfunksie dat vakbonde en bedingingsrade
gestig kan word.
10 Hierdie deel van die keuringsprosedure vereis dat die
menslike hulpbronbestuurder aansoekdokumente
van aansoekers nagaan teen die vereistes van die
pos.
(10 × 2) (20)

VRAAG 3
3.1 Verskeie opsies word as moontlike antwoorde op die volgende vrae gegee. Kies die antwoord en skryf slegs die letter
(A–D) langs die vraag nommer (3.1.1 tot 3.1.5) neer, byvoorbeeld, 3.1.5 D.
3.1.1 Singama Lekker Vervaardigers gebruik ... as ‘n bron van interne werwing vir ‘n vakante pos.
A werwingsagentskappe
B netwerking
C elektroniese media
D bestuursverwysings

3.1.2 Die … het ‘n implikasie op die menslike hulpbronfunksie omdat dit ‘n raamwerk vir bilaterale vergaderings
verskaf.
A Wet op Arbeidsverhoudinge (WAV) (Nr. 66 van 1995)
B Wet op Basiese Diensvoorwaardes (WBDV) (Nr. 75 van 1997)
C Wet op Gelyke Indiensneming (WGI) (Nr. 55 van 1998)
D Wet op Vaardigheidsontwikkeling (WVO) (Nr. 97 van 1998)

3.1.3 Induksie is belangrik by Cohen Ontwikkelaars (CO) omdat dit verseker dat ...
A bestaande werknemers ‘n toer deur die uitleg van die gebou ontvang.
B alle werknemers deurlopende opleiding verkry.
C nuwe werknemers vertroud is met die organisasiestruktuur van CO.
D finansiering op opleiding ondoeltreffend aan nuwe werknemers bestee is.

72 BESIGHEIDSTUDIES | GRAAD 12

BS GRAAD 12 LB AFR.indb 72 2022/03/27 23:47:02


Eenheid 2.7  Die implikasies van die wetgewing op die menslike hulpbronfunksie

Konsolidasie

3.1.4 Astrid se indiensnemingskontrak is beëindig as gevolg van ... toe sy besluit het om die besigheid vrywillig te
verlaat weens beter werksvooruitsigte.
A aftrede
B herstrukturering
C bedanking
D aflegging

3.1.5 Tydens die keuringsprosedure het Faeez Visboerdery...


A ‘n posontleding voorberei.
B ‘n voorlopige lys van gekwalifiseerde aansoekers saamgestel.
C die vereistes van die nuwe pos aan die kandidaat verduidelik.
D ‘n advertensie in die koerant geplaas vir die beskikbare pos..
(5 × 2) (10)

3.2 Kies ‘n beskrywing uit KOLOM B wat by ‘n term in KOLOM A pas. Skryf slegs die letter (A–J) langs die vraag nommer
(3.2.1 – 3.2.5) neer, byvoorbeeld, 3.2.1 J .
KOLOM A KOLOM B
3.2.1 Posontleding A werknemers met dieselfde ondervinding word
op dieselfde salarisskale betaal, ongeag die
hoeveelheid werk wat gedoen is
3.2.2 Indiensnemingskontrak B besighede kan kies of hulle hierdie voordeel aan
werknemers wil bied
3.2.3 Plasing C werknemers word vergoed vir elke item wat hulle
produseer
3.2.4 Werkloosheidsversekeringsfonds D kandidate word geposisioneer waar hulle
optimaal sal funksioneer
3.2.5 Tydsverwante E 'n verpligte voordeel wat deur die wet vereis word
F 'n dokument wat slegs deur die werknemer
onderteken word
G ontleed die rol van die menslike
hulpbronbestuurder
H 'n getekende wetlik bindende ooreenkoms tussen
die werkgewer en werknemer
I bestaan uit 'n posbeskrywing en 'n posspesifikasie
J om 'n gekwalifiseerde kandidaat vir 'n beskikbare
pos te kies
(5 × 2) (10)
[20]

KWARTAAL 1 | ONDERWERP 2 | Die menslike hulpbronnefunksie 73

BS GRAAD 12 LB AFR.indb 73 2022/03/27 23:47:02


KWARTAAL 1

Konsolidasie

VRAAG 4
4.1 Noem TWEE aspekte wat in ‘n indiensnemingskontrak ingesluit moet word.  (2)

4.2 Identifiseer die wetgewing wat ‘n implikasie op die menslike hulpbronfunksie van Jordan Finansiële Dienste (JFD) het in
ELKE stelling hieronder.
4.2.1 Opleiding wat deur die menslike hulpbronbestuurder van JFD gedoen word, moet voldoen aan hierdie
wetgewing.
4.2.2 Werknemersregte word deur hierdie wetgewing beskerm soos in die Grondwet uiteengesit.
4.2.3 Die menslike hulpbronbestuurder van JFD moet gelyke indiensnemingsplanne saamstel.
4.2.4 Hierdie wetgewing verseker dat JFD nie aan kinderarbeid deelneem nie. (4 × 2 = 8)

4.3 Brei uit oor die betekenis van werwing.  (4)

4.4 Lees die scenario hieronder en beantwoord die vrae wat volg.
LUMKELA MPONGO LOGISTIEK (LML)
Die keuringsprosedure is deur Lumkela Mpongo Logistiek toegepas. Die
besigheid het dokumentasie soos die aansoekvorms ontvang. In die proses
het LML onderhoude met kandidate op die kortlys uitgevoer.

4.4.1 Haal TWEE stappe van die keuringsprosedure wat deur LML toegepas is uit die scenario hierbo aan.  (2)
4.4.2 Beskryf kortliks drie ander stappe van die keuringsprosedure wat deur LML toegepas kan word. (6)
4.4.3 Verduidelik die betekenis van sifting as deel van die keuringsprosedure.  (6)

4.5 Onderskei tussen die TWEE salarisbepalingsmetodes.  (6)

4.6 Evalueer die impak van byvoordele op besighede.  (6)


[40]

VRAAG 5
5.1 Noem VIER bronne van eksterne werwing.  (4)

5.2 Lees die scenario hieronder en beantwoord die vrae wat volg.
JASON RAY TUINMAAKDIENSTE (JRT)
Die menslike hulpbronbestuurder is besig om die induksieprogram van Jason
Ray Tuinmaakdienste op te stel. Die induksieprogram sluit veiligheidsreëls en
regulasies in. Inligting oor die dienste is ook ingesluit. ‘n Oorsig van die JRT
sal verskaf word.

5.2.1 Haal DRIE aspekte wat in die induksieprogram van JRT ingesluit is uit die scenario hierbo aan.  (3)
5.2.2 Beskryf kortliks TWEE ander aspekte wat in die induksieprogram van JRT ingesluit moet word. (4)
5.2.3 Verduidelik die doel van induksie vir JRT.  (4)

5.3 Beskryf kortliks die plasingsprosedure as ‘n menslike hulpbronaktiwiteit.  (4)

74 BESIGHEIDSTUDIES | GRAAD 12

BS GRAAD 12 LB AFR.indb 74 2022/03/27 23:47:03


Eenheid 2.7  Die implikasies van die wetgewing op die menslike hulpbronfunksie

Konsolidasie

5.4 Lees die scenario hieronder en beantwoord die vrae wat volg.
SALAMA NYWERHEDE (SN)
Liyema se indiensnemingskontrak is beëindig aangesien hy ‘n
voorafbepaalde ouderdom bereik het. Die tydperk van Maria se kontrak het
verstryk. Salama Nywerhede het nie meer werk vir Rodger nie, aangesien
hy ‘n duplikaatrol in die administrasie afdeling het.

5.4.1 Identifiseer DRIE redes vir die beëindiging van die indiensnemingskontrakte by SI. Motiveer jou antwoord deur
uit die scenario hierbo aan te haal.

Gebruik die tabel hieronder as ‘n RIGLYN om VRAAG 5.4.1 te beantwoord.


REDES VIR DIE BEËINDIGING VAN DIE MOTIVERING
INDIENSNEMINGSKONTRAKTE
1.
2.
3.
(9)
5.4.2 Bespreek die wetlike vereistes van ‘n indiensnemingskontrak.  (6)

5.5 Gee raad aan besighede oor die keuringsprosedure as ‘n menslike hulpbronaktiwiteit.  (6)
[40]

VRAAG 6
6.1 Noem enige DRIE voorbeelde van byvoordele.  (3)

6.2 Onderskei tussen die TWEE komponente van posontleding.  (6)

6.3 Lees die scenario hieronder en beantwoord die vrae wat volg.
DIEKETSENG KALAHARI TOERE (DKT)
Dieketseng Kalahari Toere het ‘n werwingsagentskap genader om die vakante
pos van ‘n bemarkingsdirekteur te vul. Die besigheid het drie maande om
hierdie pos te vul.

6.3.1 Identifiseer die werwingsmetode wat deur DKT toegepas word. Motiveer jou antwoord deur uit die scenario
hierbo aan te haal. (3)
6.3.2 Evalueer die impak van die werwingsmetode wat in VRAAG 6.3.1 geïdentifiseer is op DKT as ‘n besigheid. (6)

6.4 Bespreek die implikasie van die Wet op Gelyke Indiensneming (WGI) (NR. 55 van 1998) op die menslike
hulpbronfunksie.  (6)

KWARTAAL 1 | ONDERWERP 2 | Die menslike hulpbronnefunksie 75

BS GRAAD 12 LB AFR.indb 75 2022/03/27 23:47:03


KWARTAAL 1

Konsolidasie

6.5 Lees die scenario hieronder en beantwoord die vrae wat volg.
AMY EKSTEEN VERSPREIDERS (AEV)
Die HUB van Amy Eksteen Verspreiders het die lokaal vir die onderhoud
bespreek en voorberei. Die paneellede is in kennis gestel van die datum
en tyd van die onderhoud. Dieselfde hoeveelheid tyd is aan alle kandidate
tydens die onderhoud toegeken.

6.5.1 Haal TWEE rolle van Amy Eksteen as die onderhoudvoerder uit die scenario hierbo aan. (2)
6.5.2 Beskryf kortliks TWEE ander rolle van Amy Eksteen as die onderhoudvoerder voor die onderhoud
plaasgevind het.  (4)
6.5.3 Verduidelik die doel van ‘n onderhoud. (4)
6.5.4 Bespreek die rol van die kandidaat tydens die onderhoud. (6)
[40]
VRAAG 7: BESIGHEIDSBEDRYWIGHEDE (MENSLIKE HULPBRONFUNKSIE)

Salarisbepalingsmetodes stel besighede in staat om hul werknemers billik


te vergoed. Baie besighede bied byvoordele aan hul werknemers
bykomend tot hul salarisse. Besighede implementeer die Wet op Basiese
Diensvoorwaardes (WBDV), (Nr. 66 van 1995) as ‘n riglyn oor hoe werknemers
vergoed moet word.

Skryf ‘n opstel oor die menslike hulpbronfunksie waarby jy die volgende aspekte insluit:

• Onderskei tussen TWEE salarisbepalingsmetodes.


• Verduidelik die impak van byvoordele op besighede.
• Bespreek die verband tussen salarisbepaling en die WBDV.
• Gee raad aan besighede oor die implikasie van die WBDV op die menslike hulpbronfunksie.
[40]

VRAAG 8: BESIGHEIDSBEDRYWIGHEDE (MENSLIKE HULPBRON AKTIWITEITE)

Volhoubare besighede volg die korrekte werwingsprosedure en


onderhoudsproses. Besighede geniet ook die voordele van induksie met die
nuut aangestelde werknemers. Die menslike hulpbronbestuurder (MHB) moet
verseker dat werknemers deurlopend opgelei word sodat hulle op hoogte bly
van die jongste ontwikkeling in die sakewêreld.

Skryf ‘n opstel oor die menslike hulpbronaktiwiteite waarby jy die volgende aspekte insluit:

• Beskryf kortliks die werwingsprosedure as ‘n menslike hulpbronaktiwiteit.


• Verduidelik die doel van die onderhoud.
• Bespreek die voordele van induksie vir besighede.
• Gee raad aan die MH-bestuurder oor die belangrikheid van opleiding in die werkplek.
[40]

76 BESIGHEIDSTUDIES | GRAAD 12

BS GRAAD 12 LB AFR.indb 76 2022/03/27 23:47:03


Eenheid 2.7  Die implikasies van die wetgewing op die menslike hulpbronfunksie

Breinkaart: Onderwerp 2 – Die menslike hulpbronfunksie


Gebruik die breinkaart as ‘n riglyn om die inhoud wat in hierdie onderwerp
behandel word, te konsolideer.
Maak seker dat jy die inhoud van elke opskrif in hierdie onderwerp bestudeer.

WERWING

? Betekenis
Identifiseer sekere vakatures in die besigheid en lok
geskikte kandidate daarvoor.

Die MHB berei 'n posontleding (posbeskrywing en posspesifikasie) voor.


Werwings- Kies óf interne werwing óf eksterne werwing.
prosedure Oorweeg eksterne werwing as interne werwing onsuksesvol was.
Plaas advertensie in geselekteerde media.

Word gebruik om inligting oor die besigheid se arbeidsmag te bekom


Posontleding
om die regte persoon in die regte pos te plaas.
DING
POSONTLE

Posbeskrywing Beskryf pligte/verantwoordelikhede/van 'n spesifieke werk.

Posspesifikasie Beskryf die minimum aanvaarbare persoonlike eienskappe/vaardighede/kwalifikasies


wat nodig is vir die werk.

Interne e-posse/intranet/webblad aan personeel


Interne werwing Bronne Mededeling/Oorvertelling (word-of-mouth)
Interne/bestuursverwysings
Interne bulletins
Betekenis
Positiewe/ Betroubare werknemers word behou indien hulle bevorder word.
Voordele Huidige werknemers verstaan die bedrywighede van die
Verkryging van potensiële besigheid.
kandidate vir sekere
Negatiewe/ Beperkte idee-generering van huidige werknemers.
beskikbare poste van
Nadele Beperkte aantal aansoekers.
binne die besigheid.

Gedrukte media, bv. koerante/pamflette/tydskrifte


Elektroniese media, bv. radio/TV
Eksterne werwing Bronne Sosiale media/Sosiale netwerke/Internet/Besigheidswebwerwe
Roofwerwing (Headhunting

Betekenis Positiewe/ Nuwe kandidate bring nuwe idees in die besigheid.


Voordele Daar is 'n groter aantal kandidate om uit te kies.

Verkryging van potensiële


kandidate vir sekere Negatiewe/ Eksterne bronne kan duur wees.
beskikbare poste van Nadele Die werwingsproses is meer tydrowend.
buite die besigheid.

KWARTAAL 1 | ONDERWERP 2 | Die menslike hulpbronnefunksie 77

BS GRAAD 12 LB AFR.indb 77 2022/03/27 23:47:03


KWARTAAL 1

KEURING
Betekenis Die keuse van 'n gekwalifiseerde aansoeker vir 'n
van keuring beskikbare pos gebaseer op die vereistes van posontleding


Ontvang dokumentasie
Evalueer CV's en skep 'n kortlys
Keurings- Gaan inligting in die CV en kontakverwysings na
prosedure Voer voorlopige siftingsonderhoude
Assesseer/Evalueer kandidate wat aansoek gedoen het vir senior poste
Voer onderhoude met kandidate op die kortlys
Bied indiensneming skriftelik aan

Sifting as Gaan aansoekdokumente van kandidate na.


deel van die Aansoekers wat aan die minimum vereistes voldoen, word van ander geskei.
keuringsprosedure Doen agtergrond-/krediet-/verwysingskontroles van aansoekers.
Stel 'n kortlys van geskikte kandidate op

'n Formele vergadering waar inligting tussen die


Onderhoud onderhoudvoerder en die aansoeker/kandidaat uitgeruil word.

Doel van die Verkry inligting oor die sterkpunte/swakpunte van elke kandidaat.
Onderhoud Pas inligting van die kandidaat by die posvereistes.

Die rol van die onderhoudvoerder Ontwikkel 'n kernstel vrae gebaseer op die vaardighede wat vereis word.
voor die onderhoud Bespreek en berei die plek voor vir die onderhoud.

Die rol van die onderhoudvoerder Ken dieselfde hoeveelheid tyd toe aan elke kandidaat.
tydens die onderhoud Laat die aansoeker/kandidaat gemaklik voel.

Die rol van die aansoeker/kandidaat Luister aandagtig na die vrae voordat jy reageer
tydens die onderhoud Maak oogkontak en toon goeie lyftaal.

Indiensnemingskontrakte 'n Regsbindende ooreenkoms tussen die werkgewer en die werknemer.

Persoonlike besonderhede van die werknemer


Besonderhede/aspekte/inhoud Besonderhede van die besigheid
van 'n indiensnemingskontrak Postitel/Pos
Datum van indiensneming


Werksure

Die wetlike vereistes/wettigheid Werkgewer en werknemer moet instem tot enige veranderinge aan
van 'n indiensnemingskontrak die kontrak.
Die werkgewer en die nuwe werknemer moet die kontrak teken.

Ontslag/Wangedrag
Redes vir die beëindiging Oortolligheid/Herstrukturering
van 'n indiensnemingskontrak Bedanking
Aflegging
Aftrede

78 BESIGHEIDSTUDIES | GRAAD 12

BS GRAAD 12 LB AFR.indb 78 2022/03/27 23:47:03


Eenheid 2.7 Die implikasies van die wetgewing op die menslike hulpbronfunksie

PLASING

? Betekenis van plasing


Geselekteerde kandidate word
geposisioneer waar hulle optimaal
sal funksioneer

Beskryf spesifieke verantwoordelikhede


van die nuwe pos
Plasingsprosedure
Bepaal die kandidaat se sterkpunte/
swakpunte/vaardighede
Bepaal die verhouding tussen die pos
en die bevoegdhede van die kandidaat

Die belangrikheid van


Gaan aansoekdokumente van kandidate na.
opleiding/vaardigheids-
ontwikkeling as deel van die
Aansoekers wat aan die minimum
menslike hulpbronfunksie
vereistes voldoen, word van ander geskei

SALARISBEPALING

Verskille tussen stukwerk en tydsverwante salarisbepalingsmetodes

Stukwerk Tydsverwante

Werkers word betaal Werkers word betaal vir die


volgens die aantal eenhede hoeveelheid tyd wat hulle
geproduseer by die werk spandeer

Beskryf voorwaardes wat billike


Die verband tussen arbeids-/menslike hulpbronpraktyke verseker
salarisbepaling en die WBDV Besighede kan verskillende
vergoedingsmetodes gebruik

KWARTAAL 1 | ONDERWERP 2 | Die menslike hulpbronnefunksie 79

BS GRAAD 12 LB AFR.indb 79 2022/03/27 23:47:03


KWARTAAL 1

BYVOORDELE

? Betekenis van byvoordele


Voordele verskaf deur die besigheid aan
werknemers bykomend tot hul salarisse

Mediese Fonds
Pensioenfonds
Voorbeelde van byvoordele
Motortoelae
Personeel afslag

Die impak van byvoordele op besighede

+ Positiewe/Voordele
_ Negatiewe/Nadele

Kan lei tot hoër werknemerbehoud Bykomende koste wat tot


Behou gekwalifiseerde werknemers wat kontantvloeiprobleme kan lei
positiewe bydrae kan maak Verminder besigheidswins

Bied korttermyn finansiële ondersteuning


Werkloosheidsversekeringsfonds wanneer werkers werkloos word
(WVF) as 'n voordeel wat deur die wet Bydraes word aan die Suid-Afrikaanse
vereis word (verpligte voordeel) Inkomstediens (SAID) betaal)

INDUKSIE

? Betekenis van induksie Stel nuwe werknemers aan 'n besigheid bekend

Stel nuwe werknemers aan bestuur


bekend om professionele verhoudings te vestig
Doel van induksie
Gee nuwe werkers inligting oor die uitleg
van die kantoor en/of gebou

INDUC
Aspekte wat
TION
by die Veiligheidsregulasies en -reëls
induksieprogram Oorsig van die besigheid
ingesluit moet word

Voordele van Verhoogde produktiwiteit/doeltreffendheid


induksie vir Minimaliseer die behoefte aan deurlopende opleiding
besighede

80 BESIGHEIDSTUDIES | GRAAD 12

BS GRAAD 12 LB AFR.indb 80 2022/03/27 23:47:04


Eenheid 2.7 Die implikasies van die wetgewing op die menslike hulpbronfunksie

WETGEWING
Die implikasie van die Werknemers kan nie maklik ontslaan word nie
WAV op die menslike Verskaf 'n raamwerk vir bilaterale vergaderinge
hulpbronfunksie

Moenie die bepalings van die


Die implikasie van die WBDV oortree nie
WBDV op die menslike Werknemers moet korrek vir
hulpbronfunksie oortyd vergoed word

Die implikasie van die Gee gelyke geleenthede in die werkplek


WGI op die menslike Stel gelyke indiensnemingsplan saam
hulpbronfunksie

MHB moet die doelwitte en


Die implikasie van die
vereistes van die WVO interpreteer
WVO op die menslike
Identifiseer die opleidingsbehoeftes
hulpbronfunksie
van die werknemers

QR-KODE
Skandeer hierdie kode vir ‘n
oorsig oor die inhoud van
hierdie onderwerp rakende die
spesifieke kernleerpunte.

https://youtube.com/play-
list?list=PLY8n0zQCEkpq-
FIeP-ayvS2S2zCgxTISr3

KWARTAAL 1 | ONDERWERP 2 | Die menslike hulpbronnefunksie 81

BS GRAAD 12 LB AFR.indb 81 2022/03/27 23:47:04


BESIGHEIDSTUDIES | Graad 12

KWARTAAL 1

3 Etiek en professionalisme

ONDERWERP OORSIG

 Eenheid 3.1 Die begrip van etiese en professionele gedrag


 Eenheid 3.2 Toepassing van die beginsels van die King-kode
 Eenheid 3.3 Uitdagings van onetiese en onprofessionele besigheidspraktyke

Leerdoelwitte
Aan die einde van hierdie onderwerp moet leerders die volgende kan
doen:
❖ Definieer/Brei uit oor die betekenis van etiese gedrag.
❖ Gee praktiese voorbeelde van etiese en onetiese
besigheidspraktyke, bv. gebruik eerlike/billike vs. oneerlike/
onbillike advertensietegnieke.
❖ Definieer/Brei uit oor die betekenis van professionele gedrag.
❖ Gee praktiese voorbeelde van professionele en onprofessionele
besigheidspraktyke, bv. goeie gebruik van werkstyd en misbruik
van werkstyd.
❖ Beskryf kortliks die verskille/onderskei tussen etiese en
professionele gedrag.
❖ Verduidelik hoe besighede die King-kode se beginsels van
deursigtigheid, verantwoordbaarheid en verantwoordelikheid vir
goeie korporatiewe bestuur kan toepas om etiese
besigheidspraktyke te verbeter.
❖ Stel voor/Beveel maniere aan waarop professionele,
verantwoordelike, etiese en effektiewe besigheidspraktyk
uitgevoer behoort te word, bv. betaal billike lone, verskaf gehalte
goedere en dienste, moenie ‘n besigheid ten koste van ‘n ander
persoon begin nie, ens.
❖ Identifiseer die volgende tipes onetiese besigheidspraktyke uit
gegewe scenario’s/stellings:
– onbillike/oneerlike advertensies
– pryse van goedere in landelike gebiede
– belasting/belastingontduiking
❖ Verduidelik hoe die bogenoemde tipes onetiese
besigheidspraktyke uitdagings vir besighede inhou.
❖ Stel voor/Beveel maniere aan waarop besighede die bogenoemde
tipes onetiese besigheidspraktyke kan hanteer.

82 BESIGHEIDSTUDIES | GRAAD 12

BS GRAAD 12 LB AFR.indb 82 2022/03/27 23:47:04


Leerdoelwitte
❖ Identifiseer die volgende tipes onprofessionele besigheidspraktyke
uit gegewe scenario’s en stellings:
– seksuele teistering
– ongemagtigde gebruik van werkplekfondse en hulpbronne
– misbruik van werktyd
❖ Verduidelik hoe die bogenoemde tipes onprofessionele
besigheidspraktyke uitdagings vir besighede inhou.
❖ Beveel aan/Stel maniere voor waarop besighede die bogenoemde
tipes onprofessionele besigheidspraktyke kan hanteer.

Kernbegrippe
■ Algemene Jaarvergadering (AJV): ‘n Vergadering van ‘n maatskappy wat
deur al die aandeelhouers bygewoon word wat een keer per jaar plaasvind.
■ Besigheidsetiek: die stel waardes van ‘n besigheid, vertoon deur die
bestuurders, uitvoerende bestuur en werknemers. Hierdie waardes moet
moreel aanvaarbaar wees deur die samelewing, en binne vasgestelde
besigheidskodes.
■ Besigheidspraktyk: die prosedures/reëls wat ‘n besigheid volg in die
nastrewing van hul doelwitte.
■ Etiese gedrag: Optredes wat volgens ‘n stel waardes wat moreel
aanvaarbaar in die samelewing is.
■ Gedragskode: ‘n dokument wat aanvaarbare gedrag in die besigheid stel.
Almal in die besigheid moet volgens hierdie beginsels optree.
■ Korporatiewe bestuur: die uitoefening van etiese en effektiewe leierskap
deur die individue wat verantwoordelik is vir die bestuur van die besigheid.
Daar word van hulle verwag om goeie prestasie, effektiewe beheer,
volhoubaarheid en winsgewendheid te bereik.
■ Onetiese praktyke: wanneer die besigheid optree met ‘n ander stel
waardes van wat moreel aanvaarbaar is.
■ Onprofessionele praktyke: wanneer mense/die besigheid nie binne die
aanvaarde standaarde en verwagtings optree nie, is dit deel van
onprofessionele praktyke.
■ Professionalisme: beskryf die internasionaal aanvaarde standaarde en
verwagtinge wat besighede en die samelewing van mense se gedrag en
vlakke van bevoegdheid in die werkplek het. Dit is ‘n breër konsep as etiek
en sluit aspekte in soos voorkoms, gesindheid, lojaliteit, ens.

Inleiding
In Graad 11 het ons oor die betekenis van etiese en professionele gedrag sowel
as die verskille tussen hulle geleer. Ons het met voorbeelde gewerk en die
voordele van etiese besigheidsondernemings bespreek. Ons het ook geleer hoe
professionele, verantwoordelike, etiese en effektiewe besigheidspraktyke
uitgevoer moet word.

Ons sal hierdie inhoud in Graad 12 hersien en ‘n volledige verduideliking


van etiese gedrag en professionele gedrag verskaf. Ons sal ook kyk hoe
besighede die beginsels van die King-kode vir goeie korporatiewe bestuur
kan toepas. Die verskille tussen onetiese en onprofessionele gedrag sal ook
bespreek word.

KWARTAAL 1 | ONDERWERP 3 | Etiek en professionalisme 83

BS GRAAD 12 LB AFR.indb 83 2022/03/27 23:47:05


KWARTAAL 1

Eenheid 3.1  Die begrip van etiese en


professionele gedrag

Die betekenis van etiese gedrag


Besighede het ‘n verantwoordelikheid om die regte dinge te doen en ook
om dinge reg te doen. Daarom beteken etiese gedrag dat besighede die
verantwoordelikheid het om morele kodes te gebruik wat hulle lei om die keuse
tussen reg en verkeerd te maak.

Etiek vorm deel van die gedragskode van ‘n besigheid. Die besigheid moet
waardes stel wat in hul bedrywighede gebruik sal word. Hierdie morele kompas
van die besigheid sal as leiding gebruik word wanneer besluite geneem word.

| Klas-aktiwiteit

Bespreek die volgende as ‘n klas.


Is daar ‘n verskil tussen professionele en etiese gedrag?

Voorbeelde van etiese en onetiese gedrag


Die volgende voorbeelde van etiese en onetiese gedrag sal die verskil tussen hulle
illustreer.

Voorbeelde van etiese gedrag


• Die besigheid praat die waarheid tydens ‘n openbare betrekkinge-krisis om
die kwessie wat hulle in die gesig staar te oorkom.
• Besighede kom beloftes aan hul werknemers, vennote en kliënte na.
• Die besigheid toon lojaliteit wanneer hulle besluite neem wat ook hul
personeel, vennote, beleggers en kliënte sal bevoordeel.
• Wanneer die besigheid sy mag regverdig uitoefen, toon dit regverdigheid
teenoor al sy belanghebbendes.
• Die besigheid funksioneer binne die wet en ander beperkings.
• Besighede verseker dat die omgewing nie tydens hul produksieproses
besoedel word nie.
• Besighede is nie betrokke by onwettige besigheidspraktyke soos
prysvasstelling nie.
• Besighede maak nie van kinderarbeid gebruik nie.

Voorbeelde van onetiese gedrag


• Die storting van besoedelde afvalmateriaal in die watertoevoer eerder as om
omgewingsvriendelike oplossings te gebruik om die besoedeling op te ruim.
• Die vrystelling van gifstowwe in die lug bo die toegelate vlakke wat deur die
Omgewingsbeskermingsagentskap (OBA) bepaal is.
• Doelbewuste vervalsing van inligting op belastingopgawes.
• Klassifikasie van ‘n werknemer as ‘n kontrakteur om belasting op salarisse te
verminder en ander verpligte aftrekkings te vermy.

84 BESIGHEIDSTUDIES | GRAAD 12

BS GRAAD 12 LB AFR.indb 84 2022/03/27 23:47:06


Eenheid 3.1 Die begrip van etiese en professionele gedrag

• Deelname aan prysvasstelling om kleiner mededingers uit besigheid te dwing.


• Die gebruik van vals advertensie-taktieke om kliënte aan te lok of hulle te
oortuig om ‘n produk te koop.

Die betekenis van professionele gedrag


Alhoewel professionalisme ten nouste aan etiek gekoppel is, is dit ‘n breër konsep
as etiek. Dit sluit kwessies in soos voorkoms, kommunikasie, verantwoordelikheid,
kennis, vaardighede, ens.

‘n Voorbeeld van professionalisme is ‘n besigheidspersoon wat in ‘n pak en das


geklee is, goeie maniere het, en goeie besigheidsin toon. ’n Professionele persoon
sal ook werkstyd goed benut, alle mense met respek behandel en die besigheid
en kliënt se inligting vertroulik hou.

Voorbeelde van professionele en onprofessionele


gedrag
Professionele gedrag
• Om jouself en ander te respekteer, byvoorbeeld om betyds te wees vir werk
en afsprake.
• Om beleefde taal met kollegas en kliënte te gebruik.
• Goeie gebruik van werktyd en stel hoë standaarde in alle areas van jou werk. QR-KODE
• Hou kliënte se besonderhede vertroulik/Gebruik nie kliënte se inligting vir
Wenke oor professionalisme
persoonlike gewin nie.
• Behandel alle kollegas en kliënte dieselfde.
• Neem verantwoordelikheid vir jou dade, byvoorbeeld om jou foute te erken.
• Beoefen redelike werksetiek en self-motivering.

Onprofessionele gedrag
• Die gebruik van onbeskofte/onbeleefde taal met kollegas en kliënte.
• Misbruik van werktyd, byvoorbeeld, om laat te kom, die maak of ontvang van
persoonlike telefoonoproepe en die stuur van onnodige e-posse.
• Om kliënte se inligting te bespreek/Gebruik kliënte se inligting vir persoonlike https://www.youtube.com/
gewin. watch?v=OuHJ7EExchY
• Om sommige mense spesiale gunste te gee.
• Om die aantal ure gewerk te oordryf.
• Om onvoorbereid te wees vir opdragte of take.
• Om vals indrukke te skep en die verskaffing van misleidende inligting.
• Die Ongemagtigde gebruik van besigheidshulpbronne.

KWARTAAL 1 | ONDERWERP 3 | Etiek en professionalisme 85

BS GRAAD 12 LB AFR.indb 85 2022/03/27 23:47:06


KWARTAAL 1

Die verskille tussen etiese en professionele gedrag


Die verskille tussen etiese- en professionele gedrag word in die volgende tabel
aangedui.

Wenk Etiese gedrag Professionele gedrag

Etiese gedrag verwys na die • Verwys na die beginsels van reg en • Verwys na die beginsels van reg en
optrede van besighede terwyl verkeerd/aanvaarbare beginsels in die verkeerd/aanvaarbare beginsels binne
professionele gedrag verwys samelewing. ‘n besigheid.
na die optrede deur die • Voldoen aan ‘n stel waardes wat moreel • Stel van standaarde van verwagte
werknemers in ‘n besigheid. aanvaarbaar is. gedrag.
• Vorm deel van ‘n gedragskode om • Toepassing van ‘n gedragskode van ‘n
werknemers te lei om eties op te tree. beroep/professie of besigheid.
• Fokus op die ontwikkeling van ‘n morele • Fokus op die handhawing van die
kompas vir besluitneming. reputasie van ‘n besigheid/professie/
beroep.
• Behels die navolging van die • Sluit riglyne oor werknemers se
beginsels van reg en verkeerd in voorkoms/kommunikasie/houding/
besigheidsaktiwiteite/praktyke/ verantwoordelikheid.
transaksies/onderhandelinge.

| Aktiwiteit 3.1 Klaswerk/Huiswerk

VRAAG 1
1.1 Voltooi die volgende stellings deur die woord(e) in die lys hieronder te gebruik. Skryf
slegs die woord(e) langs die vraagnommer neer.

professionele gedrag ; gedragskode ; individualisme

kleredrag ; wettige gedrag ; etiese gedrag

1.1.1 Wanneer die besigheid optree binne ‘n stel waardes wat moreel deur die
samelewing aanvaar word en aan besigheidskodes voldoen, word dit …
genoem.
1.1.2 Die … is ‘n dokument wat die aanvaarbare gedrag van almal in die
besigheid stel.
1.1.3 Aspekte soos voorkoms, lojaliteit en houding verwys na die … van
werknemers.(6)
1.2 Lees die scenario hieronder en beantwoord die vrae wat volg.
ROLLS KANTOORTOERUSTING (RKT)
Xabanisa, ‘n bestuurder by Rolls Kantoortoerusting, wil die personeel
toespreek. Hy het opgemerk dat werknemers nie hoflik teenoor kliënte is nie.
Hy het ook opgemerk dat die vorige bestuur in die verlede by prysvasstelling
betrokke was. Hy het ook agtergekom dat senior personeel altyd laat was.

1.2.1 Haal TWEE optredes uit die scenario hierbo aan wat as onprofessioneel
beskou kan word. (2)
1.2.2 Noem DRIE voorbeelde van onetiese gedrag. (3)
1.2.3 Onderskei tussen etiese gedrag en professionele gedrag. (8)
1.3 Verduidelik voorbeelde van onetiese gedrag van besighede. (8)
[27]

86 BESIGHEIDSTUDIES | GRAAD 12

BS GRAAD 12 LB AFR.indb 86 2022/03/27 23:47:06


Eenheid 3.2 Toepassing van die beginsels van die King-kode

Eenheid 3.2 Toepassing van die beginsels


van die King-kode
Die betekenis van die beginsels van die King-
kode
Die King-kode is ontwikkel deur die voormalige regter van die hooggeregshof,
Mervyn King en deur die King-Kommissie. Die doel van die King-kode is om ‘n
kode vir etiese en effektiewe leierskap deur die direksie daar te stel.
[Bron: Aangepas vanaf www.2.deloite.com, verkry op 23 Maart 2021.] Regter Merwyn King
n 

Die toepassing van die beginsels van die


King-kode
Ons sal slegs fokus op die toepassing van deursigtigheid, aanspreeklikheid/
verantwoordbaarheid en verantwoordelikheid as die King-kode beginsels vir goeie
korporatiewe bestuur.

Deursigtigheid
Wenk
• Besluite/Optrede moet duidelik wees vir alle belanghebbendes.
Maak seker dat jy die verskille
• Personeel en ander prosesse moet oop en deursigtig wees.
tussen die beginsels van die
• Werknemers/Aandeelhouers/Direkteure moet bewus wees van die
King-kode ken.
indiensnemingsbeleide van die besigheid.
• Ouditverslae en ander verslae moet akkuraat/beskikbaar wees vir Deursigtigheid beteken
aandeelhouers/werknemers. dat die besigheid moet
• Gereelde oudits moet gedoen word om die doeltreffendheid van die niks vir die werknemers,
aandeelhouers, beleggers en
besigheid te bepaal.
die publiek wegsteek nie.
• Besigheidstransaksies moet openlik gedoen word sodat daar geen sweempie/
teken van oneerlikheid/korrupsie is nie. Aanspreeklikheid/
• Besighede moet besonderhede van aandeelhouers se stemreg aan hulle gee Verantwoordbaarheid
voor/by die Algemene Jaarvergadering (AJV). beteken dat die bestuur
bereid moet wees om
• Die direksie moet verslag doen oor beide die negatiewe en positiewe impak
aanspreeklik te wees vir al
van die besigheid op die gemeenskap/omgewing.
hul optredes.
• Die direksie moet verseker dat die maatskappy se etiek effektief
geïmplementeer word. Verantwoordelikheid
weerspieël die optrede
Aanspreeklikheid/Verantwoordbaarheid van die besigheid teenoor
die gemeenskap en die
• Daar moet gereelde kommunikasie tussen die bestuur en rolspelers, soos omgewing.
aandeelhouers, wees.
• Die maatskappy moet interne en eksterne ouditeure aanstel om finansiële
state te oudit.
• Die direksie moet verseker dat besigheid se etiek effektief geïmplementeer Wenk
word.
• Besighede behoort verantwoordbaar/verantwoordelik vir hul besluite/aksies Die woorde aanspreeklikheid
te wees. en verantwoordbaarheid kan
uitruilbaar gebruik word.
• Besighede behoort akkurate jaarverslae aan aandeelhouers voor te lê by die
Moenie verantwoordbaarheid
Algemene Jaarvergadering (AJV).
met verantwoordelikheid
• Topbestuur behoort te verseker dat ander bestuursvlakke hul rolle/ verwar nie.
verantwoordelikhede goed verstaan om verantwoordbaarheid te verbeter.

KWARTAAL 1 | ONDERWERP 3 | Etiek en professionalisme 87

BS GRAAD 12 LB AFR.indb 87 2022/03/27 23:47:08


KWARTAAL 1

Verantwoordelikheid
• Die besigheid/direksie moet programme ontwikkel en implementeer wat
daarop gemik moet wees om die gemeenskappe waarin hulle bedrywig is te
beskerm.
• Die besigheid/direksie moet remediërende programme ontwikkel om
die omgewing te beskerm, byvoorbeeld om lug- en waterbesoedeling te
verminder.

Wenk
Maniere waarop professionele,
Benader die vraag holisties verantwoordelike, etiese en effektiewe
en moenie probeer om
jou antwoord op te
besigheidspraktyk uitgevoer behoort te word
breek in professionele, Alhoewel besighede ‘n keuse het in hoe hulle hul besigheidspraktyke sal uitvoer,
verantwoordelike of moet hulle binne die beginsels van die King-kode kies om oor ‘n lang tydperk
etiese maniere waarop winsgewend en volhoubaar te bly. Kom ons kyk na maniere waarop professionele,
besigheidspraktyke uitgevoer verantwoordelike, etiese en effektiewe besigheidspraktyke uitgevoer behoort
moet word nie, want dit te word:
kan veroorsaak dat jy punte • Besigheidsbesluite en -optredes moet duidelik/deursigtig vir alle
verloor. belanghebbendes wees.
• Besighede moet aanspreeklik/verantwoordelik wees vir hul besluite en
optrede/patentregte.
• Die besigheid moet eerlike/betroubare rekenmeesters/finansiële beamptes
met goeie geloofsbriewe aanstel om deursigtige rekordhouding en finansiële
state te verseker.
• Die betaling van belasting moet gereeld/betyds wees, en die besigheid moet
alle nodige inligting aan die SAID bekend maak en nie skuiwergate vind om
belasting te vermy nie.
• Die besigheid moet ‘n etiese/gedragskode opstel. Hierdie dokument moet
aanvaarbare gedrag in die besigheid meld.
• Daar moet deurlopende ontwikkeling en opleiding vir alle werknemers van
die besigheid wees.
• Prestasiebestuurstelsels/beoordelings moet in plek wees om werknemers van
die besigheid te motiveer.
• Daar moet voldoende interne beheermaatreëls/monitering/evaluering wees
om aanspreeklikheid van die besigheid te verseker.
• Die besigheid se salarisse en lone moet billik en in lyn met die vereistes van
die WBDV wees. Besighede moet ook werknemers vergoed vir alle werk wat
gedoen is en vir oortydwerk.
Wenk • Besighede moet vir die omgewing sorg en omgewingsvriendelike beleid
Wanneer daar baie punte daarstel wat aksies soos herwinning van papier, verantwoordelike
onder ‘n konsep gelys is, wegdoening van afvalmateriaal en veilige energie in die werkplek, insluit.
steier die inligting en kies • Die besigheid moet nie ‘n besigheidsonderneming op iemand anders se
die ses feite wat jy die beste onkoste begin of die idees van ander besighede/individue gebruik nie, en die
onthou. intellektuele eiendom van ander besighede respekteer.
• Besighede moet al hul werknemers gelyk behandel, ongeag hul ras/kleur/
ouderdom/geslag/gestremdheid, ensovoorts. Hulle moet ook aan die vereistes
van die WGI voldoen.
• Verskaf gehalte goedere en -dienste aan kliënte, skenk aandag aan die
veiligheid van kliënte, en gee duidelike inligting aan die kliënte sodat hulle
ingeligte besluite kan neem.

88 BESIGHEIDSTUDIES | GRAAD 12

BS GRAAD 12 LB AFR.indb 88 2022/03/27 23:47:08


Eenheid 3.3  Uitdagings van onetiese en onprofessionele besigheidspraktyke

| Aktiwiteit 3.2 Klaswerk/Huiswerk

VRAAG 1 Wenk
1.1 Lees die scenario hieronder en beantwoord die vrae wat volg.
Onthou om na die
GLORY VRUGTE BEPERK (GVB) aksiewerkwoord/ kognitiewe
werkwoord vir elke vraag
Odwa is as die nuwe HUB by Glory Vrugte Beperk aangestel. Hy het ‘n
te kyk om te bepaal hoe die
vergadering met die maatskappy se aandeelhouers gehou. Sommige
antwoord nagesien sal word.
aandeelhouers was nie bewus van die Algemene Jaarvergadering nie.

1.1.1 Identifiseer die King-kode beginsel van toepassing op GVB.


Motiveer jou antwoord deur uit die scenario hierbo aan te haal. (3)
1.1.2 Verduidelik hoe GVB deursigtigheid as ‘n King-kode-beginsel kan
toepas om etiese besigheidsgedrag te verbeter.  (6)
1.2 Beveel maniere aan waarop professionele, etiese en effektiewe besigheidspraktyk
uitgevoer moet word. (6)
[15]

Eenheid 3.3  Uitdagings van onetiese-


en onprofessionele
besigheidspraktyke

Die betekenis van onetiese besigheidspraktyke Wenk


Onetiese gedrag van ‘n maatskappy en hul bestuur skep ‘n situasie waar Onetiese besigheidspraktyke
werknemers skaam of verleë voel oor die maatskappy, hul produk of diens, of hul sluit optredes van die
rol daarin. Dit is asof hulle iets verkeerd doen deur assosiasie. Hierdie gevoelens besigheid in.
veroorsaak wantroue en lae moraal.
Onprofessionele
besigheidspraktyke aan die
Onbillike/Oneerlike advertensies ander kant, sluit optredes van
Onbillike advertensies staan ook bekend as vals of bedrieglike advertensies. werknemers in.
Dit verwys na die gebruik van vals of misleidende stellings in advertensies, wat
lei tot die wanvoorstelling van ‘n produk, wat verbruikers negatief kan raak.
Voorbeelde van onbillike advertensies kan ‘n valse bewering oor die eienskappe
van die goedere of diens wees, soos wanneer ‘n produk ‘n ander kleur, grootte
of gewig is in vergelyking met wat geadverteer word. Dit kan ook wees dat die
prys of manier waarop die prys bereken word, verkeerd voorgestel word wanneer
produkte teen uitverkopingspryse geadverteer word, maar dit blykbaar nie so
is nie.
Wenk
Pryse van goedere in landelike gebiede Jy moet die tipe onetiese
Besighede vra dikwels hoë/buitensporige pryse vir goedere in landelike gebiede. kwessies ken, sodat jy dit
Mense in landelike gebiede is dikwels nie in staat om pryse van verskillende uit gegewe scenario’s kan
kleinhandelaars te vergelyk nie. Hulle word gedwing om by een plaaslike winkel identifiseer OF om te verstaan
te koop, en hulle word oorgelewer aan die genade van gulsige winkeliers wat hoe dit ‘n uitdaging vir
pryse opjaag. besighede inhou.

KWARTAAL 1 | ONDERWERP 3 | Etiek en professionalisme 89

BS GRAAD 12 LB AFR.indb 89 2022/03/27 23:47:09


KWARTAAL 1

Belasting/belastingontduiking
Belastingontduiking is ‘n onwettige optrede waarin ‘n persoon of besigheid
doelbewus nalaat om ‘n ware belastingaanspreeklikheid te betaal. Diegene
wat betrap word dat hulle belasting ontduik, is oor die algemeen onderhewig
aan kriminele aanklagte en aansienlike strawwe. Die opsetlike versuiming om
belasting te betaal is ‘n oortreding.

Uitdagings wat deur die tipe onetiese


besigheidspraktyke gestel word
Het jy geweet Uitdagings wat deur onbillike/oneerlike advertensies
Red Bull het 13 miljoen dollar gestel word
as skikking uitbetaal in ‘n
groepsgeding-hofsaak oor vals • Die gebruik van vals of misleidende stellings in advertensies lei tot die
advertering. Die advertensie wanvoorstelling van ‘n produk, wat verbruikers negatief kan beïnvloed.
hieronder was as misleidend • Misleidende reklame/advertering kan die vertroue van verbruikers skend en
beskou. besigheidsverhoudings vernietig.
• Besighede kan onverstandige advertensiekeuses maak wanneer hulle onder
druk is om hul wins te verhoog.
• Onbillike advertensies kan verbruikers negatief beïnvloed.
• Sommige advertensies kan as diskriminerend beskou word omdat dit
sommige dele van die bevolking uitsluit/teiken.

Misleidende advertensies
n 

Uitdagings wat deur pryse van goedere in landelike


gebiede gestel word
• Sommige besighede in landelike gebiede buit hul kliënte uit deur hul pryse
buitensporig hoog te maak en dit kan lei tot dislojaliteit van hul kliënte.
• Besighede kan afname in verkope ervaar as gevolg van hoë koste wat by die
prys van die finale produk gevoeg word.
• Besighede kan monopolieë in landelike gebiede vorm en hul pryse eensydig
verhoog wat kan lei tot swaar boetes.
• Dit kan algemene praktyk wees om hoër pryse te betaal vir goedere van
minderwaardige gehalte in landelike gebiede. Daar is dalk meer klagtes van
kliënte oor produkte/dienste van swak gehalte.

90 BESIGHEIDSTUDIES | GRAAD 12

BS GRAAD 12 LB AFR.indb 90 2022/03/27 23:47:09


Eenheid 3.3  Uitdagings van onetiese en onprofessionele besigheidspraktyke

Uitdagings wat deur belasting/belastingontduiking


gestel word
• Besighede kan swaar boetes betaal vir belastingontduiking.
• Belastingontduiking kan ‘n negatiewe impak op die beeld van die besigheid hê.
• Die rekenmeester kan hoë boetes betaal vir die vervalsing van die finansiële state.
• Besighede kan sleutel-belanghebbendes verloor as belastingontduiking
aangemeld word.
• Sommige besighede dien bedrieglike/verkeerde opgawes by die SAID in wat
boetes tot gevolg het.
• Besighede is dalk nie vertroud met die jongste veranderinge in
belastingwetgewing nie.

Maniere waarop besighede onetiese


besigheidspraktyke kan hanteer
Hantering van onbillike/oneerlike advertensies
• Besighede moet onregverdige advertensies deur mededingers by die
Advertensiestandaarde-owerheid (ASO/ASA) aanmeld.
• Besighede moet aangemoedig word om hul advertensies regverdig en in lyn
met die Grondwet te hou.
• Besighede moet seker maak dat hulle nie kern-inligting uit die advertensies
weglaat nie.
• Advertensies moet eerlik/wettig wees en nie verbruikers se vertroue/gebrek
aan kennis misbruik nie.
• Advertensies moet nie enigiets bevat wat diskriminerend is nie. Dit moet ook
nie aanstoot gee of dade van geweld ondersteun nie.

Hantering van pryse van goedere in landelike gebiede


• ‘n Besigheid kan met ander besighede in die area aan invloed-werwing deel
neem om die regering te oortuig om infrastruktuur in die landelike gebied te
verbeter.
• Besighede moet billike en markverwante pryse vir goedere en dienste hef.
• Die besigheid moet bereid wees om onetiese besigheidspraktyke te vermy om
kliëntlojaliteit te verseker.
• Hulle moet koste-effektiewe maniere ondersoek om produkte te vervoer/Huur
‘n groot vragmotor om aflewerings aan winkeleienaars in dieselfde area te
kombineer.
• Die besighede moet saam met verskaffers werk om afleweringskoste na
afgeleë landelike gebiede te deel.

Hantering van belasting/belastingontduiking


• Belasting op Toegevoegde Waarde/BTW moet gehef word op BTW-geskikte
items.
• Dien die korrekte belastingopgawes betyds by die SAID in.
• Alle produkte moet korrek gefaktureer en aangeteken word.
• Maak alle bronne van inkomste bekend vir belastingbetalings-doeleindes.
• Bly op hoogte van die jongste SAID-regulasies en belastingwette.
• Besighede wat belasting ontduik het, moet om amnestie aansoek doen en hul
inkomste verklaar.

KWARTAAL 1 | ONDERWERP 3 | Etiek en professionalisme 91

BS GRAAD 12 LB AFR.indb 91 2022/03/27 23:47:10


KWARTAAL 1

• Doeltreffende stelsels om die toepaslike bedrag belasting te bepaal wat betaal


moet word, moet in plek wees.
• Besighede moet akkurate rekords hou van inkomstestate/finansiële transaksies.
• Die werknemers se salaris-betaalstate moet akkurate aftrekkings volgens die
progressiewe belastingstelsel weerspieël.
• Maak seker dat alle finansiële rekords nagegaan en geoudit word.

Die betekenis van die tipes onprofessionele


Wenk
Professionalisme gaan nie
besigheidspraktyke
eintlik net oor hoe jy optree
of hoe jy lyk nie. Dit gaan
Seksuele teistering
ook daaroor om die werk reg Behels ongewenste en onwelkome aandag van ‘n seksuele aard van iemand by
gedoen te kry. die werk. Hierdie tipe aandag veroorsaak ongemak, is vernederend en belemmer
die vermoë van ‘n werknemer om sy/haar werk te doen.

Ongemagtigde gebruik van werkplekfondse en hulpbronne


As iemand die besigheid se geld of hulpbronne sonder toestemming gebruik,
word dit ongemagtigde gebruik van fondse/hulpbronne genoem.

Het jy geweet Misbruik van werktyd


‘Quid pro quo’ beteken om ‘n Verwys na aktiwiteite wat nie gefokus is op die werk waarvoor ‘n werknemer in
‘iets vir iets’-situasie te kry. Die diens geneem is gedurende werksure nie, byvoorbeeld om persoonlike oproepe
begrip is dat, as jy dit gee, sal tydens werksure te maak, uitgebreide middagete-pouses te neem, die drukker en
ek dat gee. Dit word dikwels fotostaatmasjien vir persoonlike gebruik te gebruik, en persoonlike sake tydens
as ‘n term gebruik wanneer werksure te doen.
seksuele gunste vir bevordering
of ‘n verhoging in salaris verruil Uitdagings wat deur die tipes onprofessionele
word.
besigheidspraktyke gestel word
Uitdagings wat deur seksuele teistering gestel word
• Die geaffekteerde party
is gewoonlik huiwerig
om die voorval aan te
meld weens die vrees vir
viktimisering.
• Seksuele teistering
veroorsaak ongemak/
vernedering en belemmer
die vermoë van die
slagoffer om toegewysde
werktake suksesvol te
voltooi.
• Die besigheid kan werkers n  Seksuele teistering
verloor omdat hulle nie
veilig in die besigheid voel nie.
• Soms verkies die slagoffer om weg te bly van die werk af en die besigheid
verloor produktiwiteit.
• Seksuele teistering veroorsaak emosionele trauma en die slagoffer se houding
sal negatief in die werkplek word.

92 BESIGHEIDSTUDIES | GRAAD 12

BS GRAAD 12 LB AFR.indb 92 2022/03/27 23:47:11


Eenheid 3.3  Uitdagings van onetiese en onprofessionele besigheidspraktyke

Uitdagings wat gestel word deur ongemagtigde gebruik van


Wenk
werkplekfondse en hulpbronne Maak seker dat jy die
• Bedrog verhoog die koste om sake te doen. onprofessionele uitdagings
• Dit kan die mededingendheid van die besigheid beïnvloed. ken sodat jy dit uit scenario’s
• Dit kan kliënte ontmoedig wanneer pryse verhoog word om die verliese te kan identifiseer en maniere
absorbeer. voorstel waarop die besigheid
dit kan hanteer.
• Dit kan beleggers ontmoedig wanneer die besigheid slegte publisiteit van
regsgedinge ontvang.

Uitdagings wat deur misbruik van werktyd gestel word


• Misbruik van werktyd verlaag produktiwiteit en veroorsaak dat besighede
wins verloor.
• Besighede kan ook kliënte verloor en nie spertye haal nie.
• Tyd is geld, dus ‘n verlies aan werktyd beïnvloed die wins van die besigheid.

Maniere waarop besighede onprofessionele


besigheidspraktyke kan hanteer
Onprofessionele gedrag deur medewerknemers, veral as dit ongestraf bly of
deur bestuur goedgekeur word, verhoed samewerking en vertroue tussen
werknemers, wat ook lae moraal skep.
Hantering van seksuele teistering
• Elke besigheid moet interne klagtes en dissiplinêre prosedures implementeer.
• Hulle moet werknemers opvoed oor kwessies rakende seksuele teistering.
• Die besigheid moet ‘n beleid ten opsigte van seksuele teistering formuleer.
• Hulle moet ‘n goeie werksomgewing skep waar alle werknemers se regte en
waardigheid gerespekteer word.
• ’n Interne ondersoek moet gedoen word om die erns van die teistering te
bepaal.
• Ernstige gevalle/aangeleenthede van seksuele teistering moet by die toepaslike
instansies soos die Suid-Afrikaanse Polisiediens (SAPD) aangemeld word.
• Besighede moet verseker dat hulle aan die wet/besigheidsgedragskode
voldoen.

Hantering van ongemagtigde gebruik van werkplekfondse en


Wenk
hulpbronne
Maniere waarop
• Die besigheid moet gereelde oudits doen. besighede onprofessionele
• Hulle moet risiko-areas/kwesbare areas identifiseer. besigheidspraktyke kan
• Hulle moet die aantal werknemers wat toegang tot besigheidsfondse/bates hanteer, moet insluit wat
het, beperk. die besigheid self kan doen
• Die besigheid moet ‘n bedrog voorkomingstrategie implementeer/instel. om die kwessies aan te
• Die besigheid moet werknemers opvoed oor die impak van bedrog. spreek. Strategieë moet
• Bedrogvoorkoming behoort ‘n kollektiewe verantwoordelikheid van nie negatiewe maniere
insluit om onprofessionele
besighede en werkers te wees.
besigheidspraktyke te
• Duidelike beleide moet in plek wees sodat werknemers bewus is van wat as
hanteer soos, die werknemer
bedrog beskou word. af te dank en skuldiges aan te
• Die besigheid moet stelsels in die organisasie opstel om bedrog en korrupsie kla nie.
aan te meld.

KWARTAAL 1 | ONDERWERP 3 | Etiek en professionalisme 93

BS GRAAD 12 LB AFR.indb 93 2022/03/27 23:47:12


KWARTAAL 1

Hantering van misbruik van werktyd


• Praat direk met daardie werknemers wat werktyd misbruik.
• Die gedragskode/etiese kode moet duidelike reëls oor die misbruik van
werktyd bevat.
• Besighede moet opleiding gee oor die inhoud van die gedragskode/etiek.
• Die gedragskode/etiese kode moet deur alle werknemers onderteken word
sodat hulle bewus is van die inhoud daarvan.
• Die besigheid moet werknemers monitor om te verseker dat take voltooi
word.
• Besighede behoort werksure so te struktureer dat werknemers vrye/buigsame
tyd vir persoonlike sake het.
• Die besigheid moet ‘n kultuur van verantwoordelikheid skep/spangees
versterk sodat alle werknemers verantwoordelik voel vir wat bereik moet
word.

| Aktiwiteit 3.3 Klaswerk/Huiswerk

VRAAG 1
Lees die scenario hieronder en beantwoord die vrae wat volg.
MBALI VERWE (MV)
Mbali Verwe is ‘n plaaslike fabriek wat verf vervaardig. MV het ‘n afslag van
30% vir die eerste 20 kopers geadverteer, wat nooit toegestaan is nie. Peter het
Sheila ‘n pos as die nuwe sekretaresse belowe as sy ‘n verhouding met hom sou
hê. Die maatskappy verklaar nie al hul inkomste aan die SAID nie. Alfred, die
vragmotorbestuurder, keer nie altyd terug na die fabriek nadat hy aflewerings
gemaak het nie. Hy gebruik die besigheid se vragmotor vir private reise.

1.1 Identifiseer verskillende tipes onetiese en onprofessionele besigheidspraktyke uit die


scenario hierbo. Motiveer jou antwoord deur uit die scenario aan te haal.

Gebruik die tabel hieronder as ‘n RIGLYN om VRAAG 1.1 te beantwoord.


ONETIESE MOTIVERING
BESIGHEIDSPRAKTYK
1.
2.
ONPROFESSIONELE MOTIVERING
BESIGHEIDSPRAKTYK
3.
4.
5.
[15]

94 BESIGHEIDSTUDIES | GRAAD 12

BS GRAAD 12 LB AFR.indb 94 2022/03/27 23:47:12


Eenheid 3.3  Uitdagings van onetiese en onprofessionele besigheidspraktyke

| Aktiwiteit 3.4 Klaswerk/Huiswerk

VRAAG 1
1.1 Lees die scenario hieronder en beantwoord die vrae wat volg.
Wenk
PABLO HAARSALON (PHS)
Die strategieë moet met
Pablo is die eienaar van ‘n klein maatskappy. Hy het aandele aan Jolene,
onetiese/onprofessionele
die rekenmeester, belowe in ruil daarvoor dat sy ‘n verhouding met hom
praktyke gekoppel word en
het. Jolene teken nie alle inkomste aan in die state wat hulle aan die SAID
moet in dieselfde volgorde as
stuur nie. Jolene gebruik ook die maatskappy se kredietkaart om vir haar
die onetiese/onprofessionele
persoonlike uitgawes te betaal.
praktyke wees.

Gebruik die tabel hieronder as ‘n RIGLYN om VRAAG 1.1.1 – 1.1.3 te beantwoord.


UITDAGING TIPE HANTERING VAN
(1.1.1) (1.1.2) TIPES ONETIESE EN
ONPROFESSIONELE
BESIGHEIDSPRAKTYKE
(1.1.3)
1.
2.
3.

1.1.1 Haal DRIE uitdagings wat PHS in die gesig staar uit die scenario
hierbo aan.  (3)
1.1.2 Klassifiseer die uitdagings van PHS volgens onetiese en onprofessionele
besigheidspraktyke soos aangehaal in VRAAG 1.1.1. (6)
1.1.3 Stel maniere voor waarop PHS elke tipe onetiese en onprofessionele
besigheidspraktyk wat in VRAAG 1.1.2 geïdentifiseer is, kan hanteer. (6)
[15]

KWARTAAL 1 | ONDERWERP 3 | Etiek en professionalisme 95

BS GRAAD 12 LB AFR.indb 95 2022/03/27 23:47:12


KWARTAAL 1

Konsolidasie

VRAAG 1
1.1 Verskeie opsies word as moontlike antwoorde op die volgende vrae gegee. Kies die antwoord en skryf slegs die letter
(A–D) langs die vraagnommer (1.1.1 tot 1.1.5) neer, byvoorbeeld. 1.1.5 D.
1.1.1 Direkteure van ‘n maatskappy moet etiese en effektiewe leierskap uitoefen deur …
A algemene jaarvergaderings.
B quid pro quo.
C korporatiewe bestuur.
D omkopery.
1.1.2 Die stel moreel aanvaarde waardes van ‘n besigheid wat deur die bestuur en die werknemers vertoon word:
A Professionalisme
B Besigheidsetiek
C Gedragskode
D Bedryfsprosedures
1.1.3 Die besigheid is betrokke by prysvasstelling om kleiner mededingers uit die mark te dwing:
A Onetiese gedrag
B Etiese gedrag
C Deursigtigheid
D Goeie besigheidsin
1.1.4 ‘n Maatskappy moet interne en eksterne ouditeure aanstel om finansiële state te oudit. Dit verwys na die King-
kode-beginsel van …
A deursigtigheid.
B aanspreeklikheid.
C verantwoordelikheid.
D etiese gedrag.
1.1.5 ‘n Werknemer neem lang middagete pouses om sy/haar persoonlike besigheidsaktiwiteite te doen:
A Onbillike gedrag
B Ongemagtigde gebruik van werkplek-hulpbronne
C Belastingontduiking
D Misbruik van werkstyd  (5 × 2) (10)
VRAAG 2
2.1 Noem enige VIER voorbeelde van etiese gedrag in die werkplek. (4)
2.2 Identifiseer die tipes onprofessionele besigheidspraktyke wat die werknemers van Redrock Handelaars in ELKE stelling
hieronder vertoon:
2.2.1 Hulle neem lang tee- en middagete-pouses. (2)
2.2.2 Die rekenmeester gebruik die besigheid se kleinkas om elke dag sonder toestemming vir haar middagete
te betaal.  (2)
2.3 Verduidelik hoe seksuele teistering as ‘n onprofessionele besigheidspraktyk uitdagings aan besighede stel.  (6)
2.4 Beveel maniere aan waarop besighede die pryse van goedere in landelike gebiede as ‘n onetiese besigheidspraktyk
kan hanteer. (6)
[20]
VRAAG 3

Onetiese gedrag en onprofessionele gedrag stel baie uitdagings aan besighede, aangesien dit altyd op sosiale media
gerapporteer word. Die King-kode beginsels vir goeie korporatiewe bestuur verskaf riglyne oor hoe besighede eties en
professioneel moet optree. Besighede moet weet hoe doeltreffende besigheidspraktyke uitgevoer moet word.

Skryf ‘n opstel oor etiek en professionalisme waarin jy die volgende aspekte insluit.
• Onderskei tussen etiese gedrag en professionele gedrag.
• Beskryf hoe die volgende onetiese besigheidspraktyke ‘n uitdaging aan besighede stel:
» Belastingontduiking
» Onbillike/Oneerlike advertensies
• Verduidelik hoe besighede die volgende King-kode beginsels kan toepas om etiese besigheidsgedrag te verbeter:
» Aanspreeklikheid/Verantwoordbaarheid
» Deursigtigheid
• Stel maniere voor waarop professionele, verantwoordelike, etiese en effektiewe besigheidspraktyke uitgevoer moet word. [40]

96 BESIGHEIDSTUDIES | GRAAD 12

BS GRAAD 12 LB AFR.indb 96 2022/03/27 23:47:12


Eenheid 3.3 Uitdagings van onetiese en onprofessionele besigheidspraktyke

Breinkaart: Onderwerp 3 – Etiek en professionalisme


Gebruik die breinkaart as ‘n riglyn om die inhoud wat in hierdie onderwerp
behandel word, te konsolideer.
Maak seker dat jy die inhoud van elke opskrif in hierdie onderwerp bestudeer.

Strategieë vir onetiese gedrag


• Verbruikers moet onbillike advertensies
aan die ASO/ASA rapporteer.
• Ondersoek koste-effektiewe maniere om Etiese gedrag -
produkte te vervoer. Stel moreel aanvaarbare waardes
• Dien alle belastingopgawes betyds in.
• Implementeer interne klagtes en Professionele gedrag -
dissiplinêre prosedures. Verwagte gedrag soos voorkoms,
• Voer gereelde oudits uit. verantwoordelikheid, ens.
• Monitor werknemers om te verseker
dat take voltooi word. Verskille -
Sien tabel op bladsy 86

Uitdagings wat deur onetiese


besigheidspraktyke gestel word
Onbillike/Oneerlike advertensies -
Onbillike advertensies kan skadelik King-kode beginsels
wees vir verbruikers Deursigtigheid -
Pryse van goedere in landelike gebiede -
Sommige verbruikers in landelike ETIEK EN Besluite/optredes moet duidelik
wees vir alle belanghebbendes
gebiede het min ekonomiese mag en
is kwesbaar vir uitbuiting.
PROFESSIONALISME Aanspreeklikheid/Verantwoordbaarheid -
Besighede moet aanspreeklik/
Belastingontduiking - verantwoordelik wees vir hul besluite
Besighede wat belasting ontduik Verantwoordelikheid -
kan vervolging en boetes in die gesig Besigheid moet na die samelewing
staar/tronk toe gestuur word indien en omgewing omsien
skuldig bevind.

Onetiese besigheidspraktyke
Onbillike/Oneerlike advertensies - Maniere om professioneel op
te tree:
• Vals en misleidende advertensies
• Wees deursigtig
Pryse van goedere in landelike gebiede - • Wees aanspreeklik
• Pryse is hoër in landelike gebiede • Huur betroubare mense
Belasting/Belastingontduiking - • Betaal belasting betyds
• Stel 'n gedragskode op
• Om nie inkomste te verklaar of inligting
• Ontwikkel personeel
te vervals nie
Onprofessionele besigheidspraktyke • Doen beoordelings om werkers
te motiveer
Seksuele teistering -
• Betaal billike lone
• Ongewenste en onwelkome aandag in • Sorg vir die omgewing
die werkplek • Moenie 'n besigheid op iemand
Ongemagtigde gebruik van fondse en hulpbronne - anders se onkoste begin nie
• Om fondse/hulpbronne te gebruik sonder
QR-KODE toestemming
Misbruik van werktyd -
Skandeer hierdie kode vir ‘n • Om ander aktiwiteite en nie jou werk
gedurende kantoorure te doen nie
oorsig oor die inhoud van
hierdie onderwerp rakende die
spesifieke kernleerpunte.

https://youtube.com/play-
list?list=PLY8n0zQCEkpq-
FIeP-ayvS2S2zCgxTISr3

KWARTAAL 1 | ONDERWERP 3 | Etiek en professionalisme 97

BS GRAAD 12 LB AFR.indb 97 2022/03/27 23:47:12


BESIGHEIDSTUDIES | Graad 12

KWARTAAL 1

4 Kreatiewe denke en
probleemoplossing
ONDERWERP OORSIG

 Eenheid 4.1 Probleemoplossing


 Eenheid 4.2 Kreatiewe denke

Leerdoelwitte
Aan die einde van hierdie onderwerp moet leerders die volgende
kan doen:
❖ Definieer/Brei uit oor die betekenis van probleemoplossing en
besluitneming.
❖ Verduidelik/Onderskei tussen probleemoplossing en
besluitneming.
❖ Identifiseer/Noem/Beskryf kortliks/Verduidelik/Bespreek die stappe
van probleemoplossing.
❖ Pas die stappe van probleemoplossing in scenario’s en gevall-
estudies toe.
❖ Identifiseer/Noem die volgende probleemoplossingstegnieke uit
gegewe scenario’s en stellings:
❖ Delphi-tegniek
❖ Kragveld-ontleding
❖ Dinkskrum
❖ Nominale groeptegniek
❖ Verduidelik/Gee raad aan besighede oor hoe hulle die bostaande
probleemoplossingstegnieke kan toepas om komplekse besigheid-
sprobleme op te los.
❖ Bespreek/Evalueer/Ontleed die impak (positiewe/voordele en/of
negatiewe/nadele) van die probleemoplossingstegnieke hierbo.
❖ Definieer/Brei uit oor die betekenis van kreatiewe denke.
❖ Verduidelik die voordele van kreatiewe denke in die werksplek.
❖ Verduidelik/Beveel maniere aan daarop besighede ‘n omgewing
kan skep wat kreatiewe denke bevorder.

Kernbegrippe
■ Aksieplan: ‘n plan wat al die stappe toon wat nodig is om ‘n spesifieke
doelwit te bereik.
■ Besluitneming: is die proses waar die besluitnemer(s) verskeie alternatiewe
oorweeg voordat hulle op die beste een besluit.

98 BESIGHEIDSTUDIES | GRAAD 12

BS GRAAD 12 LB AFR.indb 98 2022/03/27 23:47:13


Eenheid 4.1 Probleemoplossing

Kernbegrippe
■ Innoverend: dit is wanneer verskillende nuwe idees gebruik word om iets
unieks te skep of ‘n nuwe oplossing vir dieselfde probleem te skep.
■ Kreatiewe denke: dit is die vermoë om na dieselfde scenario/uitdaging
te kyk en met oorspronklike, nuwe innoverende idees/oplossings vorendag
te kom.
■ Probleemoplossing: die proses om die feite in te samel wat nodig is om
‘n spesifieke uitdaging te oorkom.
■ Probleemoplossingstegniek: die metode wat gebruik word om komplekse
besigheidsverwante probleme op te los.
■ Strategie: ‘n aksieplan om ‘n spesifieke doelwit te bereik.

Inleiding
In Graad 10 het ons na die betekenis van kreatiewe denke, en die voordele van
kreatiewe denke in die werksplek gekyk. Ons het ook na die verskille tussen
probleemoplossing en besluitneming, probleemoplossingstegnieke en die
toepassing van probleemoplossingstegnieke gekyk.

In Graad 11 het ons op die Delphi-tegniek en Kragveld-ontleding as


probleemoplossingstegnieke gefokus. Ons het gekyk na die toepassing van
hierdie probleemoplossingstegnieke in die verbetering van besigheidspraktyk. Ons
het ook gekyk hoe om probleemoplossingsvaardighede in ‘n besigheidskonteks te
gebruik om komplekse besigheidsprobleme op te los.

In Graad 12 sal ons die inhoud wat in graad 10 en 11 behandel word, opsom. Ons
sal ook op die VIER probleemoplossingstegnieke, die toepassing en die impak van
ELKE tegniek in die oplossing van komplekse besigheidsprobleme fokus.

Eenheid 4.1 Probleemoplossing


Besighede moet dikwels in ‘n uitdagende besigheidsomgewing funksioneer en
kan baie uitdagings ervaar. Besighede moet meganismes in plek hê om hulle te
help om deur hierdie probleme te werk, deur die feite in te samel wat nodig is
om ‘n spesifieke uitdaging te oorkom, of om verskeie alternatiewe te oorweeg
voordat hulle op die beste oplossing vir die probleem besluit.

Verskille tussen besluitneming en probleemoplossing


BESLUITNEMING PROBLEEMOPLOSSING
Wenk
• Besluitneming word dikwels deur • Probleme kan deur ‘n groep/span of ‘n
een persoon/senior bestuur gedoen. individuele spanlid opgelos word. Dit • Verskille hoef nie in
Dit maak besluitneming meer maak probleemoplossing meer inklusief. tabelvorm te wees nie.
gesaghebbend. • Die verskille hoef nie met
mekaar te skakel/gekoppel
• Die persoon/senior bestuur sal verskeie • Die groep/span sal verskeie oplossings te wees nie, maar die
alternatiewe oorweeg voordat daar op genereer/identifiseer en dan elkeen onderskeid moet duidelik
die beste een besluit word. krities evalueer. wees.
• Die gebruik van tabelle
• Hierdie proses is deel van die • Hierdie proses van ontleding van
maak dit makliker om vrae
probleemoplossing-siklus omdat ‘n situasie sal die groep/span help
oor verskille te verstaan en
besluite in elke stap van die siklus om strategieë te identifiseer wat
te beantwoord.
geneem moet word. verandering sal meebring.

KWARTAAL 1 | ONDERWERP 4 | Kreatiewe denke en probleemoplossing 99

BS GRAAD 12 LB AFR.indb 99 2022/03/27 23:47:13


KWARTAAL 1

Die stappe van probleemoplossing en hul


toepassing
As gevolg van die vele uitdagings wat besighede in komplekse
besigheidsomgewings in die gesig staar, moet hulle weet hoe om die stappe van
probleemoplossing toe te pas wanneer hulle voor ‘n uitdaging te staan kom.
Byvoorbeeld, as die werkers se moraal laag is, moet die bestuur alle relevante
inligting vir hierdie probleem insamel, alle moontlike oplossings oorweeg, ‘n
Om hierdie proses te hanteer
n 
besluit neem en dan die oplossing implementeer. Daarna moet die besigheid
moet besighede weet dat
evalueer of die werkers se moraal verbeter het. Kyk hieronder na die stappe van
probleme in die werkplek deur
‘n groep/span opgelos kan probleemoplossing.
word.

IDENTIFISEER DIE PROBLEEM


Die stappe van probleemoplossing
1
Erken dat daar 'n probleem is voordat
dit opgelos kan word.
DEFINIEER DIE PROBLEEM
Kry inligting en voorstelle van almal wat
Verkry 'n dieper begrip van die aard geraak/geaffekteer kan word om die
van die probleem

2
presiese probleem te identifiseer
Versamel soveel inligting as moontlik om die IDENTIFISEER ALTERNATIEWE OPLOSSINGS
oorsaak van die probleem vas te stel.
Definieer al die moontlike oorsake van die probleem. Identifiseer verskillende moontlike oplossings deur

EVALUEER ALTERNATIEWE OPLOSSINGS 3 'n probleemoplossingstegniek soos


'n dinkskrum of die Nominale
Groeptegniek te gebruik
Gebruik kritiese evaluering en Besluit wat die beste moontlike
analitiese vaardighede om
elke oplossing te evalueer
Oorweeg die voordele en
PLAN
B/C/D 4 oplossing(s) vir die probleem kan wees

KIES DIE BESTE OPLOSSING


nadele van elke alternatiewe
oplossing
5 Stel kriteria vir die beste oplossing, met
inagneming van aspekte soos tyd,
koste en risiko wat betrokke is
FORMULEER/ONTWIKKEL Kry konsensus of identifiseer watter

6
Aksie Plan
'N AKSIEPLAN/STRATEGIE oplossing gebruik sal word
Reël die nodige hulpbronne Die beste oplossing moet ooreenstem
en delegeer take met die grootte en die hulpbronne van die besigheid

7
Stel 'n tydlyn vir implementering en stel spertye vas. As daar nie 'n duidelike oplossing is nie, moet die
besigheid teruggaan na die eerste stap, dit wil sê,
EVALUEER DIE
die probleem te identifiseer
GEÏMPLEMENTEER
OPLOSSING/AKSIE PLAN

8
IMPLEMENTEER DIE AKSIEPLAN
Evalueer/Assesseer of die probleem
gedeeltelik of heeltemal opgelos is. Voer die beplande aksies uit om
Monitor die oplossing en aksieplan die probleem op te los
deurlopend deur die toepaslike toetse te gebruik. Kommunikeer gedelegeerde take
As probleme opduik, herformuleer die probleem vir en/of sperdatums aan alle
verbeterde oplossings in die toekoms werknemers

100 BESIGHEIDSTUDIES | GRAAD 12

BS GRAAD 12 LB AFR.indb 100 2022/03/27 23:47:15


Eenheid 4.1  Probleemoplossing

| Aktiwiteit 4.1 Klaswerk/Huiswerk

VRAAG 1
Lees die scenario hieronder en beantwoord die vrae wat volg.
JUSTIN WERWINGSAGENTSKAP (JWA)
Justin Werwingsagentskap is met ‘n komplekse besigheidsprobleem gekonfronteer
wat opgelos moes word. Die bestuur van JWA kon die probleem tydens hul
personeelvergadering identifiseer. Hulle het dinkskrumsessies met hul werknemers
gehou om met soveel moontlike oplossings vir hul probleem vorendag te kom.
Konsensus is bereik oor die beste oplossing. JWA het ‘n plan geformuleer oor hoe die
oplossing geïmplementeer sal word.

1.1 Identifiseer VIER stappe van probleemoplossing wat deur JWA toegepas word.
Motiveer jou antwoord deur uit die scenario aan te haal.
Gebruik die tabel hieronder as ‘n RIGLYN om VRAAG 1.1 te beantwoord.

STAPPE VAN MOTIVERING


PROBLEEMOPLOSSING
1.
2.
3.
4.
(12)
1.2 Verduidelik enige DRIE ander stappe van probleemoplossing wat deur JWA
toegepas kan word.  (9)
[21]

Probleemoplossingstegnieke
Daar is verskeie probleemoplossingstegnieke wat besighede kan toepas om
komplekse besigheidsprobleme op te los. Die fokus in Graad 12 sal op die
volgende probleemoplossingstegnieke wees:
• Delphi-tegniek
• Kragveld-ontleding
• Dinkskrum
• Nominale groeptegniek

KWARTAAL 1 | ONDERWERP 4 | Kreatiewe denke en probleemoplossing 101

BS GRAAD 12 LB AFR.indb 101 2022/03/27 23:47:16


KWARTAAL 1

Delphi-tegniek
Besighede gebruik die Delphi-tegniek om ‘n konsensus te verkry oor toekomstige
tendense en projeksies deur ‘n sistematiese proses van inligting-insameling te
gebruik. Die tegniek is nuttig waar die menings en oordeel van kundiges nodig is.
Delphi-tegniek word gewoonlik deur middel van vraelyste uitgevoer.

Maniere waarop die besigheid die Delphi-tegniek kan toepas


• Die besigheid moet ‘n paneel kundiges nooi om navorsing te doen oor die
uitdagings wat hulle in die gesig staar.
• Kenners hoef nie op een plek te wees nie en sal individueel gekontak word.
• ’n Vraelys wat uit vrae bestaan om inligting van die kundiges in te samel
rakende die uitdagings van die besigheid moet ontwerp word.
• Die kundiges sal dan versoek word om die vraelys te voltooi en dit terug
te stuur.
• Die besigheid moet dan die antwoorde van die kundiges opsom deur ‘n
terugvoerverslag op te stel.
• Hierdie terugvoerverslag word aan die kundiges teruggestuur en, indien
nodig, sal ‘n tweede vraelys opgestel word wat gebaseer is op die
terugvoerverslag.
Wenk • Paneellede sal dan versoek word om verdere insette/idees te verskaf oor hoe
om die uitdagings van die besigheid op te los.
Vraelyste sal drie keer of
• Indien nodig, word ‘n derde vraelys gebaseer op terugvoer van die tweede
meer aan kundiges gestuur
word indien nodig, na elke rondte opgestel word.
terugvoersessie voordat die • Laastens sal die besigheid al die terugvoer van die kundiges in ‘n verslag
finale verslag saamgestel opsom.
word. • Nadat konsensus bereik is, moet die besigheid dan die beste oplossing/
voorstel kies op grond van die verslag.

Impak van die Delphi-tegniek


Positiewe/Voordele
Wenk • Besighede kan ‘n groep kundiges/kenners gebruik sonder om hulle bymekaar
Die woorde kundiges en te bring.
kenners kan uitruilbaar • Die kundiges sal die besigheid duidelike idees of oplossings gee oor hoe om
gebruik word. produktiwiteit en/of winsgewendheid te verbeter.
• Inligting wat van kundiges ontvang word, kan gebruik word om komplekse
besigheidsprobleme op te los.
• Kenners kan eerlike, geloofwaardige menings gee omdat hulle nie ‘n direkte
of persoonlike belang in die besigheid het nie.
• Konflik kan vermy word veral as die kenners kundig en goed gekwalifiseerd is.
• Oorheersende werknemers sal nie die proses kan saboteer nie omdat hulle nie
deel vorm van die probleemoplossingsproses nie.
• Geraasvlakke in ‘n kantooromgewing kan vermy word omdat daar geen
behoefte aan groepbesprekings sal wees nie.

EN/OF

102 BESIGHEIDSTUDIES | GRAAD 12

BS GRAAD 12 LB AFR.indb 102 2022/03/27 23:47:16


Eenheid 4.1 Probleemoplossing

Negatiewe/Nadele QR-KODE
• Dit is ‘n duur tegniek om te gebruik vanweë die hoë administratiewe koste.
• Dit kan tydrowend en ingewikkeld wees om data te ontleed wat van Besoek die volgende webwerf
kundiges/kenners ontvang word en om nuwe vraelyste op te stel. vir meer inligting oor die
• Nie alle kundiges is bereid of stel belang om terugvoering te gee of vraelyste Delphi-tegniek:
te voltooi nie. www.projectsmart.co.uk
• As die kundiges nie goed gekies is nie, kan sommige kundiges dalk nie ‘n
dieper kennis van sekere onderwerpe hê nie.
• Kundiges se voorstelle word dalk nie deur sommige werknemers gewaardeer
nie, so konsensus sal moontlik nie bereik word nie.

Kragveld-ontleding
In Graad 11 het ons geleer dat die Kragveld-ontleding in die 1940’s deur
Kurt Lewin geskep is om verandering in ‘n besigheid te fasiliteer. Kragveld-
ontleding weeg ‘n besigheid se dryfkragte/ondersteunende kragte (voordele) en
terughoudende kragte/opponerende kragte (nadele) teen mekaar op, en besluit https://www.youtube.com/
dan watter veranderinge moet plaasvind. Hierdie tegniek kan ook gebruik word watch?v=bHwohMjG9OA
om dryfkragte te versterk en beperkende kragte te verswak.

Dryfkragte/ Kragveld-ontleding Terughoudende kragte/ Wenk


Ondersteunende kragte Opponerende kragte
Dryfkragte/ ondersteunende
kragte is die voordele van die
Visie uitdaging. Terughoudende
kragte/opponerende kragte is
Plan die nadele van die uitdaging.
Doelwit

Wenk
Die woorde dryfkragte en
Maniere waarop die besigheid Kragveld-ontleding kan toepas ondersteunende kragte kan
uitruilbaar gebruik word.
• Beskryf die huidige situasie of probleem en die verlangde situasie en skryf dit
EN
in die middel of heel bo sodat almal dit kan sien.
Die woorde terughoudende
• Maak ‘n lys van alle dryfkragte/voordele en terughoudende kragte/nadele wat kragte en opponerende
verandering sal ondersteun en weerstaan. kragte kan uitruilbaar gebruik
• Ken ‘n telling aan elke krag toe deur ‘n numeriese skaal te gebruik, waar 1 word.
swak en 5 sterk is.
• Weeg die positiewe en negatiewe punte op en besluit dan of die projek
lewensvatbaar is.
QR-KODE
• Kies die krag met die hoogste telling as die gekose oplossing. Kyk na die volgende video vir
• As die projek lewensvatbaar is, vind maniere om die kragte vir verandering meer inligting oor Kragveld-
(dryfkragte) te verhoog. ontleding:
• Identifiseer prioriteite en ontwikkel ‘n aksieplan.

Impak van Kragveld-ontleding


Positiewe/Voordele
• Dit verskaf ‘n visuele opsomming van al die faktore wat ‘n bepaalde idee
ondersteun en teenstaan.
• Werknemers voel ingesluit en is in staat om te verstaan waarheen die
besigheid op pad is.
• Werknemers ontwikkel en groei saam met die besigheid omdat hulle by die
proses ingesluit is.
• Ingeligte besluite kan geneem word omdat dryfkragte (kragte vir) en https://www.youtube.com/
terughoudende kragte (kragte teen) krities geëvalueer word. watch?v=X9ujAtYAfqU

KWARTAAL 1 | ONDERWERP 4 | Kreatiewe denke en probleemoplossing 103

BS GRAAD 12 LB AFR.indb 103 2022/03/27 23:47:16


KWARTAAL 1

• Dit stel besighede in staat om dryfkragte te versterk en terughoudende kragte


te verswak.
• Besighede kan ‘n idee kry van hoeveel tyd en bykomende hulpbronne hulle
mag benodig.

EN/OF

Negatiewe/Nadele
• Dit is tydrowend aangesien die besigheid moet stabiliseer voordat
veranderinge aangebring kan word.
• Vereis die deelname van alle besigheidseenhede.
• Die gehalte van die ontleding is afhanklik van die vaardigheidsvlak en kennis
van die groep wat deelneem aan die ontleding.

Nuwe woorde Dinkskrum


Spontaan  iets gebeur as ‘n Dinkskrum is ‘n groepaktiwiteit om ‘n oplossing vir ‘n spesifieke probleem te
‘n skielike impuls sonder vind deur spontaan ‘n lys idees bymekaar te maak. Dit is ‘n metode om kreatiewe
voorafbepaling of eksterne probleemoplossing te inspireer deur groeplede aan te moedig om met gedagtes
stimulus. en idees vorendag te kom.

‘n Groep mense wat nuwe idees skep deur dinkskrum te gebruik


n 

Maniere waarop die besigheid dinkskrum kan toepas


• Die besigheid moet die probleem duidelik definieer sodat alle deelnemers dit
verstaan.
• Die groep moet ‘n tydsbeperking vir elke dinkskrum opstel.
• Mense in die groep moet ewekansig idees voorstel, en alle idees moet op ‘n
blaaibord geskryf of aanlyn gedeel word tydens ‘n e-dinkskrumsessie.
• Elke voorstel moet gebruik word om nuwe gedagtes of idees van ander
groeplede te inspireer.
• Die groepleier moet niemand toelaat om enige idees te oordeel of te kritiseer
nie. Die doel is om soveel idees as moontlik te genereer.
• Die groep moet dan die idees verfyn of sekere idees kombineer.
Groepbespreking kan plaasvind indien nodig.
• Na die besprekings moet die groep idees beoordeel en die beste oplossings
kies volgens hul bruikbaarheid sowel as die koste om dit te implementeer.
• Groeplede moet dan ‘n plan van aksie bespreek oor hoe om die beste idees te
implementeer.

104 BESIGHEIDSTUDIES | GRAAD 12

BS GRAAD 12 LB AFR.indb 104 2022/03/27 23:47:19


Eenheid 4.1 Probleemoplossing

Impak van dinkskrum Nuwe woorde


Positiewe/Voordele groepsdenke die
• Beter of unieke oplossings en/of idees word ontwikkel deur kollektiewe psigologiese verskynsels/
bydraes en sal die besigheid ‘n mededingende voordeel gee. praktyk om besluite as ‘n groep
• Produktiwiteit neem toe as die besigheid idees genereer wat tyd en geld meer te neem, wat lei tot onbetwiste
effektief gebruik. besluitneming.
• Werknemers word gemotiveerd aangesien hulle toegelaat word om by te dra
tot die oplossing van besigheidsprobleme.
• Bestuurders sal beter leiers wees omdat hulle verandering kreatief sal kan
bestuur.
• Kreatiwiteit kan lei tot nuwe uitvindings, wat die algemene lewenstandaard
kan verbeter.
EN/OF

Negatiewe/Nadele QR-KODE
• Dinkskrums is tydrowend aangesien sommige deelnemers dalk te veel idees
genereer wat die proses kan vertraag om met lewensvatbare oplossings Kyk na die volgende video vir
vorendag te kom. meer inligting oor dinkskrum:
• Sommige spanlede kan die bespreking oorheers en ander groeplede
beïnvloed.
• Sommige werknemers vrees kritiek en dit kan volle deelname aan
dinkskrumsessies verhoed.
• Dit kan lei tot groepsdenke en sommige individue is dalk nie bereid om hul
opinies te gee nie.
• Bespreking kan konflik tot gevolg hê as gevolg van verskille in menings.

Nominale groeptegniek
https://www.youtube.com/
Besighede gebruik hierdie tegniek om elke werknemer in staat te stel om hul watch?v=YXZamW4-Ysk
insette te lewer en dit dan met hul kollegas te deel. Dit verhoed dat ander
werknemers die bespreking oorheers. Die Nominale groeptegniek kan deur
kleingroepe gebruik word om konsensus te bereik.

Definieer die
probleem

Tel stemme en kies Dinkskrum stil op


oplossing jou eie

Stem anoniem vir


Bied idees aan
‘n oplossing

KWARTAAL 1 | ONDERWERP 4 | Kreatiewe denke en probleemoplossing 105

BS GRAAD 12 LB AFR.indb 105 2022/03/27 23:47:19


KWARTAAL 1

Maniere waarop die besigheid die Nominale groeptegniek kan


toepas
• Moedig die groep aan om die probleem te definieer sodat alle deelnemers in
die kleingroep aan dieselfde probleem kan werk.
• As die groep te groot is, moet dit in kleiner groepe verdeel word.
• Versoek elke werknemer om stilweg te dinkskrum of soveel idees as moontlik
op sy/haar eie te genereer en dit neer te skryf.
• Elke werknemer in die kleingroep sal ‘n geleentheid kry om een van sy/haar
idees met ‘n kort verduideliking aan te bied.
• Alle idees word op ‘n groot papier neergeskryf of elektronies op ‘n rekenaar
aangeteken sodat almal dit kan sien.
• Werknemers word dan aangemoedig om vrae te vra oor aspekte wat
onduidelik is.
• Kritiek op idees sal nie toegelaat word nie omdat dit ander sal verhoed om
aan die proses deel te neem.
• Die volgende stap is om soortgelyke of gedupliseerde idees uit te skakel.
• Elke werknemer sal dan toegelaat word om deur die voorstelle te lees en dit
anoniem van hoogste na laagste te gradeer.
• Alle graderings word ingesamel en die totale punte vir elke voorstel word
bereken. Sodra alle tellings in is, kan die groep dan die beste oplossing kies.
• Klein groepe moet een oplossing aan die groot groep aanbied.

QR-KODE Impak van die Nominale groeptegniek


Positiewe/Voordele
Kyk na die volgende video vir
meer inligting oor die Nominale • Dit bied tyd om in stilte oor die vraag na te dink voordat jy reageer.
groeptegniek: • Elke spanlid/direkteur het ‘n kans om deel te neem sonder inmenging van
ander spanlede.
• Stemming oor die idees is anoniem en kan meer betroubaar/eerlik wees.
• Almal in die groep word toegelaat om by te dra tot die bespreking terwyl die
waarskynlikheid vermy word dat een persoon die groepproses sal oorheers.
• Stel die groep in staat om vinnig ‘n groot aantal idees te genereer en te
verduidelik en prioritiseer dit demokraties.
• Moedig deelnemers aan om kwessies te konfronteer deur konstruktiewe
probleemoplossing.
• Sterk tegniek om ooreenstemming met groepsdruk te voorkom.
EN/OF
https://www.youtube.
com/watch?v=q2yfS2n-
Negatiewe/Nadele
1n_8&list=RDCMUCl9CUCvO- • Dit minimaliseer bespreking en laat dus nie die volle ontwikkeling van idees
PotOcl9ZZEzPZsA&index=1 toe nie.
• Idees/insette wat deur lede gemaak word, mag dalk nie dieselfde einddoel hê
nie en kan gevolglik nie tot dieselfde oplossing(s) lei nie.
• Voorstelle is dalk nie so kreatief soos wanneer ‘n groep in staat is om betrokke
te raak by verskillende idees nie.
• Dit is tydrowend, aangesien elke lid ‘n aanbieding moet maak.
• Dit is moeilik om effektief te implementeer met groot groepe tensy dit vooraf
baie noukeurig beplan word.
Wenk • Vereis uitgebreide vooraf voorbereiding, wat beteken dat dit nie as ‘n
spontane tegniek gebruik kan word nie.
Onthou om vir die
• Goeie idees kan uitgestem word omdat hul potensiaal nie verder ontwikkel
sleutelwoorde in elke stelling
te soek. kan word nie.
• Kleingroepe beperk deelname en word vooraf gekies.

106 BESIGHEIDSTUDIES | GRAAD 12

BS GRAAD 12 LB AFR.indb 106 2022/03/27 23:47:20


Eenheid 4.1  Probleemoplossing

| Aktiwiteit 4.2 Klaswerk/Huiswerk Wenk


VRAAG 1 Onthou om die sleutelwoorde
1.1 Identifiseer die probleemoplossingstegniek wat deur Tsepo Ontwerpers (TO) in in elke stelling te
ELKE stelling hieronder toegepas word. soek om die korrekte
probleemoplossingstegniek
1.1.1 Die besigheid laat werknemers toe om idees hardop in groot groepe voor
te identifiseer.
te stel.
1.1.2 Die bestuur van TO het die voordele en nadele van die verandering van die
besigheidstruktuur gelys.
1.1.3 Die werknemers van TO is versoek om op hul eie te werk om soveel idees
as moontlik oor uitbreiding te genereer, en dit dan met die groep te deel.
1.1.4 TO het vraelyste aan sommige kundiges gestuur om te bepaal of dit
lewensvatbaar sal wees om ‘n nuwe tak in die area te ontwikkel. (8)

Wenk
Onthou die volgende wanneer jy ‘n opstelvraag beantwoord:
• Vir die inleiding moet jy inligting gee oor die onderwerpe wat in die kolpunte (bullet
points) gevra word sonder om enige inligting te herhaal, byvoorbeeld, in kolpunt twee
sal jy die stappe verduidelik, en in die inleiding kan jy die betekenis van die stappe van
probleemoplossing gee.
• In die inleiding moet daar twee afsonderlike feite wees (een punt elk).
• Kognitiewe werkwoorde/ Aksie werkwoorde soos verduidelik, onderskei, bespreek,
ensovoorts, sal gemerk word deur gebruik te maak van deelpunte.
• Aksie werkwoorde soos gee raad, stel voor, beveel aan, ensovoorts, sal met dubbelpunte
vir elke feit gemerk word.
• Jy moet al die opskrifte in die opstel insluit, maar geen punte sal toegeken word vir die
opskrifte van die kolpunte nie.
• As ‘n getal in ‘n vraag gegee word, soos byvoorbeeld by kolpunt twee van die
vraag hieronder, moet daar ‘n opskrif/feit () en ‘n verduideliking wees. ()
• Kolpunt een kan in tabelvorm wees, maar jy kan dit ook afsonderlik bespreek.
• Verskille wat in tabelvorm bespreek word, hoef nie met mekaar te skakel nie,
maar die verskil moet duidelik wees.
• Neem kennis van die betekenis van FSASO voordat jy met die opstel begin.

VRAAG 2: BESIGHEIDSROLLE

Besighede funksioneer in uitdagende omgewings en moet verskeie probleme


hanteer en ingeligte besluite neem. Om dit te doen, moet die besigheid die
stappe van probleemoplossing toepas om verandering teweeg te bring. Die
Kragveld-ontleding en dinkskrum kan tydens die probleemoplossingsproses
toegepas word.

Skryf ‘n opstel oor probleemoplossing waarin jy die volgende aspekte insluit:


• Beskryf kortliks die verskille tussen besluitneming en probleemoplossing.
• Verduidelik enige VIER stappe van probleemoplossing.
• Bespreek hoe besighede die volgende probleemoplossingstegnieke kan toepas:
– Kragveld-ontleding
– Dinkskrum
• Gee raad aan besighede oor die impak van die Kragveld-ontleding. [40]

KWARTAAL 1 | ONDERWERP 4 | Kreatiewe denke en probleemoplossing 107

BS GRAAD 12 LB AFR.indb 107 2022/03/27 23:47:20


KWARTAAL 1

Eenheid 4.2 Kreatiewe denke


In Graad 10 en 11 het ons geleer dat kreatiewe denke die vermoë is om
innoverend te wees en met nuwe idees vorendag te kom. Suksesvolle besighede
moedig werknemers altyd aan om met nuwe idees en nuwe maniere om dinge in
die werkplek te doen vorendag te kom.

Die volgende gevallestudie word vir verrykingsdoeleindes verskaf. Ons sal leer hoe
die proses van kreatiewe denke gebruik kan word.

GEVALLESTUDIE OOR KREATIEWE DENKE: VERRYKING

Die uitvinding van plaknotas


Datum: 12 Mei 2021

In 1968 het Dr Spencer Silver, ‘n chemikus gefrustreerd geraak toe die boekmerk wat hy
by 3M Maatskappy probeer om ‘n super- gebruik het om sy plek in sy gesangboek te
sterk gom uit te vind, maar het eerder met ‘n merk, aanhoudend uitval. Hy het Dr Silver
super-swak gom vorendag gekom. Hy het sy gevra om van die kleefmiddels te gebruik
kollegas daarvan vertel, maar het nie geweet en dit het gewerk sonder om die bladsye te
wat om daarmee te doen nie. beskadig.
In 1974 het Art Fry, ‘n kollega van Dr Die res sê hulle is geskiedenis …
Silver by 3M, in sy kerkkoor gesing. Hy het
[Bron: Aangepas vanaf https://en.wikipedia.org/wiki/Post-it_Note, verkry op 6/02/2021 in Wikipedia ‘Wie het plaknotas uitgevind’’]

Klasaktiwiteit
Werk in groepe
1.1 Neem ‘n voorwerp in die klaskamer (soos bv. ‘n stoel) en dinkskrum oor maniere om dit
te verbeter of met iets nuuts/anders te vervang.
1.2 Skryf jou voorstelle op ‘n bladsy.
1.3 Deel jou voorstelle met die res van die klas.

108 BESIGHEIDSTUDIES | GRAAD 12

BS GRAAD 12 LB AFR.indb 108 2022/03/27 23:47:22


Eenheid 4.2  Kreatiewe denke

Maniere waarop besighede ‘n omgewing kan


skep wat kreatiewe denke in die werkplek
bevorder
Besighede moet kreatiwiteit en verskillende probleemoplossingstegnieke gebruik
om komplekse besigheidsprobleme op te los.
Die bestuur moet:
• altyd bereid wees om te luister en entoesiasties op nuwe idees van
personeellede te reageer.
• alle personeellede aanmoedig om nuwe of unieke idees te ontwikkel.
• tyd maak vir die skepping van nuwe idees, byvoorbeeld, deur werkswinkels
te hou waar personeellede by dinkskrumsessies betrokke kan wees om nuwe
idees/oplossings te verkry.
• dit maklik vir personeellede maak om nuwe idees voor te stel deur middel van
voorstel-kassies op die besigheidsperseel.
• personeellede oplei in innoverende tegnieke soos die gebruik van breinkaarte.
• pos-/werkuitruilings met ander besighede organiseer om te leer van ander
meer kreatiewe maniere om situasies te hanteer.
• aansporings instel vir personeellede wat met nuttige en kreatiewe idees
vorendag kom.
• seker maak dat die werksomgewing vry is van steurnisse soos hoë
geraasvlakke.

Voordele van kreatiewe denke in die werkplek


• Beter, unieke of onkonvensionele idees en oplossings word gegenereer.
• Kan die besigheid ‘n mededingende voordeel gee as ongewone, unieke
oplossings, idees, strategieë geïmplementeer word.
• Komplekse besigheidsprobleme kan opgelos word.
• Produktiwiteit neem toe namate bestuur en werknemers vinnig verskeie idees
kan genereer wat tyd en geld meer effektief gebruik.
• Bestuurders en werknemers het meer selfvertroue aangesien hulle hul volle
potensiaal kan uitleef.
• Bestuurders sal beter leiers wees aangesien hulle verandering(e) positief en
kreatief sal kan hanteer/bestuur.
• Bestuurders en werknemers kan ‘n heeltemal nuwe uitkyk ontwikkel, wat
toegepas kan word op enige take wat hulle mag doen.
• Lei tot meer positiewe houdings aangesien bestuurders en werknemers voel
dat hulle bygedra het tot probleemoplossing.
• Verbeter motivering onder personeellede.
• Bestuurders en werknemers het ‘n gevoel van groot prestasie en hulle sal nie
die proses weerstaan of belemmer sodra hulle ‘n probleem opgelos het en tot
die sukses van die besigheid bygedra het nie.
• Bestuur en werknemers kan tred hou met vinnig veranderende tegnologie.
• Stimuleer inisiatief van werknemers en bestuurders aangesien hulle
voortdurend uit hul gemaksones gehaal word.
• Kreatiwiteit kan lei tot nuwe uitvindings wat die algemene lewenstandaard
verbeter.

KWARTAAL 1 | ONDERWERP 4 | Kreatiewe denke en probleemoplossing 109

BS GRAAD 12 LB AFR.indb 109 2022/03/27 23:47:22


KWARTAAL 1

| Aktiwiteit 4.3 Blokkiesraaisel

VRAAG 1
Voltooi die blokkiesraaisel hieronder gebaseer op die leidrade wat verskaf word.
1

DWARS
2 ‘n Voordeel van hierdie probleemoplossingstegniek is dat kundiges die besigheid voorsien met idees of oplossings om
hul winsgewendheid te verbeter.
5 Die proses om ‘n situasie in ‘n groep te ontleed om strategieë te identifiseer wat verandering teweeg sal bring.
6 Die vermoë om anders na dieselfde uitdaging te kyk en met nuwe, innoverende en oorspronklike idees op te kom.
7 Sommige spanlede mag die bespreking oorheers en ander groeplede beïnvloed, word gesien as ‘n nadeel van hierdie
probleemoplossingstegniek.
8 Los die kwessies op wat met dinkskrums geassosieer word, deur klein groepies te laat probleme oplos met die doel om
konsensus te bereik.
AF
1 Tydens hierdie stap van probleemoplossing word die probleem erken voordat dit opgelos kan word.
3 Senior bestuur oorweeg verskeie alternatiewe voordat hulle op die beste een besluit.
4 Ondersteunende en opponerende kragte word geëvalueer om te bepaal of verandering in die werksplek moet plaasvind.
(10 × 2 ) (20)

110 BESIGHEIDSTUDIES | GRAAD 12

BS GRAAD 12 LB AFR.indb 110 2022/03/27 23:47:22


Eenheid 4.2  Kreatiewe denke

Opsomming van die probleemoplossingstegnieke

KRAGVELD- NOMINALE
DELPHI-TENIEK DINKSKRUM
ONTLEDING GROEPTEGNIEK
Sleutelwoorde: kundiges/ Sleutelwoorde: Sleutelwoorde: Sleutelwoorde: gelyke
vraelyste verandering/ voordele + Kreatiwiteit/ groot groepe stem/ individuele idees
nadele
Toepassing: Toepassing: Toepassing: Toepassing:
• Nooi paneel • Die probleem in die middel • Definieer probleem • Definieer probleem
• Ontwerp vraelys • Lys voordele en nadele • Stel tydsbeperking • Stel klein groepies
• Vul die vraelys in • Ken ‘n telling toe • Stel ewekansige idees voor • Dinkskrum stilweg en skryf
• Som antwoorde op • Weeg voordele en nadele en skryf op ‘n blaaibord idees neer
• 2de en 3de vraelyste teen mekaar op • Geen kritiek nie • Kort verduideliking en vra
• Finaliseer verslag • Kies die hoogste uitkoms • Verfyn idees en bespreek vrae
• Neem besluit • Ontwikkel aksieplan • Kies oplossing • Elimineer en kombineer
• Ontwikkel aksieplan idees
• Rangskik/stem anoniem
• Bereken en kies
• Gee terugvoer
Voordele: Voordele: Voordele: Voordele:
• Spaar tyd en geld • Visuele opsomming • Beter/unieke idees/ • Tyd om stil te dink
• Duidelike idees • Werknemers voel ingesluit oplossings • Geen inmenging nie
• Kreatiewe insette • Werknemers ontwikkel en • Mededingende voordeel • Uitkoms eerliker
• Inligting is vertroulik groei/verbeter • Los komplekse probleme • Niemand oorheers nie
• Lae geraasvlak • Meer ingeligte besluite op • ‘n Groot aantal idees
• Beste oplossing – deur • Beter hantering van • Toename in produktiwiteit • Konstruktiewe proses
konsensus voordele en nadele • Motivering vir werknemers • Geen ooreenstemming
• Niemand oorheers nie • Ken tydlyn • Bestuurders – beter leiers
• Meer vertroue in besigheid
• Nuwe uitvindings
Nadele: Nadele: Nadele: Nadele:
• Duur • Tydrowend • Tydrowend • Nie altyd die beste
• Tydrowend • Alle eenhede moet • Sommige lede oorheers oplossing nie
• Kenners is soms onwillig deelneem • Sommige vrees kritiek • Geen voordeel uit ander se
• Gebrek aan in-diepte • Die groep moet kennis hê • Kan lei tot groepsdenke kreatiwiteit nie
kennis • Konflik kan voorkom • Nie effektief nie – groot
• Werknemers twyfel oor die groepe
kennis van kundiges • Tydrowend
• Groepe word vooraf gekies

KWARTAAL 1 | ONDERWERP 4 | Kreatiewe denke en probleemoplossing 111

BS GRAAD 12 LB AFR.indb 111 2022/03/27 23:47:23


KWARTAAL 1

Konsolidasie

VRAAG 1
1.1 Voltooi die volgende stellings deur die woorde in die lys hieronder te gebruik. Skryf slegs die woord langs die
vraagnommer (1.1.1 - 1.1.4) neer.

probleemoplossing;  dinkskrum;  konvensionele denke;
Delphi;  besluitneming;  Kragveld-ontleding;
kreatiwiteit;  nominale groep

1.1.1 Besighede oorweeg verskeie alternatiewe voordat hulle die mees geskikte een kies. Dit staan bekend as ...
1.1.2 Besighede kan ‘n groep kundiges gebruik sonder om hulle bymekaar te bring wanneer hulle die … tegniek
toepas.
1.1.3 Hoezit Vervaardigers het die … probleemoplossingstegniek toegepas deur elke werknemer te versoek om
stilweg baie nuwe idees te genereer en dit dan met ander te deel.
1.1.4 … is die vermoë om aan oorspronklike en nuwe idees te dink om probleme op te los.. (8)

1.2 Lees die scenario hieronder en beantwoord die vrae wat volg.

DELTA (EDMS) BPK (DEB)


Die bestuur van DEB oorweeg die moontlikheid om ‘n nuwe produksielyn te
open. DEB wil graag eers die menings van kundiges oor die volhoubaarheid en
lewensvatbaarheid van die idee inwin.

1.2.1 Identifiseer die probleemoplossingstegniek wat DEB sal gebruik. Motiveer jou antwoord deur uit die
scenario hierbo aan te haal. (3)
1.2.2 Verduidelik hoe DEB die probleemoplossingstegniek wat in VRAAG 1.2.1 geïdentifiseer is, kan toepas.
(8)

1.3 Bespreek die voordele van dinkskrum as ‘n probleemoplossingstegniek.  (8)


[27]

VRAAG 2: BESIGHEIDSROLLE (KREATIEWE DENKE EN PROBLEEMOPLOSSING)

Besighede werk in ‘n dinamiese omgewing wat vereis dat werknemers in ‘n


omgewing werk wat kreatiewe denke bevorder. Baie besighede verkies om die
Nominale groeptegniek toe te pas om hul komplekse besigheidsprobleme op te los.

Skryf ‘n opstel oor kreatiewe denke en probleemoplossing waarin jy die volgende aspekte insluit:
• Beskryf kortliks maniere waarop die besigheid ‘n omgewing kan skep wat kreatiewe denke in die werkplek bevorder.
• Verduidelik die voordele van kreatiewe denke in die werkplek.
• Bespreek hoe besighede die Nominale groeptegniek kan toepas om hul probleme op te los.
• Gee raad aan besighede oor die impak van die Nominale groeptegniek in die oplossing van komplekse
besigheidsprobleme.  [40]

112 BESIGHEIDSTUDIES | GRAAD 12

BS GRAAD 12 LB AFR.indb 112 2022/03/27 23:47:23


Eenheid 4.2 Kreatiewe denke

Breinkaart: Onderwerp 4 – Kreatiewe denke en probleemoplossing


Gebruik die breinkaarte as ‘n riglyn om die inhoud wat in hierdie onderwerp
behandel word, te konsolideer.
Maak seker dat jy die inhoud van elke opskrif in hierdie onderwerp bestudeer.

HOE OM 'N KREATIEWE OMGEWING TE SKEP


WAT KREATIEWE DENKE BEVORDER
PROBLEEM-
VS
Luister na voorstelle BESLUITNEMING
• Een persoon OPLOSSING
Moedig nuwe idees aan
Maak tyd vir kreatiwiteit • Oorweeg • Groep
alternatiewe • Genereer oplossings
Plaas voorstel-kassies
oplossings • Identifiseer
Lei personeel op in tegnieke
• Deel van strategieë vir
Organiseer pos-uitruilings
probleemoplossing- oplossing
Aansporings vir kreatiewe idees
'n Omgewing vry van afleidings strategieë

STAPPE VAN
PROBLEEMOPLOSSING

PROBLEEMOPLOSSINGS-
KREATIEWE Identifiseer probleem
Definieer probleem
TEGNIEKE DENKE EN Identifiseer oplossings
Delphi-tegniek
Toepassing
PROBLEEMOPLOSSING Kies die beste oplossing
Ontwikkel aksieplan
Voordele Implementeer aksieplan
Nadele Monitor implementering
Kragveld-ontleding Evalueer oplossing
Toepassing
Voordele
Nadele VOORDELE VAN KREATIEWE DENKE
Dinkskrum
Beter oplossings/idees
Toepassing
Mededingende voordeel
Voordele
Los komplekse besigheidsprobleme op
Nadele
Produktiwiteit neem toe
Nominale groeptegniek
Beter leiers
Toepassing
Motivering neem toe
Voordele
Hou tred met tegnologie
QR-KODE
Nadele
Lewenstandaarde styg Skandeer hierdie kode vir ‘n
oorsig oor die inhoud van
hierdie onderwerp rakende die
spesifieke kernleerpunte.

https://youtube.com/play-
list?list=PLY8n0zQCEkpq-
FIeP-ayvS2S2zCgxTISr3

KWARTAAL 1 | ONDERWERP 4 | Kreatiewe denke en probleemoplossing 113

BS GRAAD 12 LB AFR.indb 113 2022/03/27 23:47:23


BESIGHEIDSTUDIES | Graad 12

KWARTAAL 1

5 Makro-omgewing:
Besigheidstrategieë
ONDERWERP OORSIG

 Eenheid 5.1 Die strategiese bestuursproses en nywerheidsanalise-instrumente


 Eenheid 5.2 Besigheidstrategieë

Leerdoelwitte
Aan die einde van hierdie onderwerp moet leerders die volgende
kan doen:
❖ Stel 'n SSGB (SWOT)-ontleding op van 'n spesifieke besigheid
vanuit 'n gegewe scenario.
❖ Noem en identifiseer Porter se Vyf Kragte-model vanuit gegewe
stellings/scenario's.
❖ Verduidelik/Gee besighede raad oor hoe hulle Porter se Vyf Kragte-
model kan toepas om hul posisie in die mark te bepaal.
❖ Noem en pas PESTWO (PESTLE)-ontledingsfaktore toe vanuit
gegewe stellings/scenario's.
❖ Verduidelik hoe PESTWO (PESTLE)-faktore 'n uitdaging vir
besighede inhou.
❖ Beveel maniere aan waarop besighede uitdagings wat PESTWO
(PESTLE) faktore inhou, kan hanteer.
❖ Verduidelik/Beskryf/Bespreek die volgende soorte
besigheidstrategieë:
– Integrasie-strategieë
– intensiewe strategieë
– diversifikasie-strategieë
– defensiewe strategieë
❖ Beskryf kortliks/Verduidelik/Bespreek die voordele van intensiewe
en diversifikasiestrategieë
❖ Beskryf kortliks/Verduidelik/Beveel aan/Gee besighede raad oor die
stappe vir strategie-evaluering:
– ondersoek die onderliggende basis van 'n besigheidstrategie.
– kyk vorentoe en terug na die implementeringsproses.
– vergelyk die verwagte resultate om die redes vir afwykings te
bepaal en ontleed hierdie redes.
– neem regstellende stappe sodat afwykings reggestel kan word.
– stel spesifieke datums vir beheer en opvolg.
– besluit op die verlangde uitkoms.

114 BESIGHEIDSTUDIES | GRAAD 12

BS GRAAD 12 LB AFR.indb 114 2022/03/27 23:47:23


Kernbegrippe
■ Aflegging: die besigheid beëindig die indiensnemingskontrakte van
werknemers om operasionele-/strukturele-/ herstruktureringsredes.
■ Bedreiging van plaasvervangers: die gemak waarmee die produk/diens
van die besigheid vervang kan word deur 'n goedkoper/minderwaardige
alternatief.
■ Defensiewe strategieë: die besigheid gebruik defensiewe strategieë om
die bestaan/oorlewing/bedrywighede van die besigheid te verdedig
gedurende tye van finansiële moeilikheid/onrus om homself teen
mededingers te verdedig.
■ Diversifikasie-strategieë: diversifikasie-strategieë word gebruik om
sakebedrywighede uit te brei deur produkte/dienste/markte/produksie
stadiums van die bestaande besigheid by nuwe markte/marksegmente by
te voeg.
■ Hindernisse van nuwe toetreders tot die mark: die bestaande
hindernisse wat nuwe toetreders verhoed om die mark suksesvol te betree.
■ Horisontale diversifikasie: die besigheid voeg nuwe produkte/dienste by
wat nie met bestaande/huidige produkte verband hou nie, maar wat by
bestaande/huidige kliënte/verbruikers kan aanklank vind.
■ Horisontale integrasie: die besigheid neem beheer oor/inkorporeer/smelt
saam met ander besighede in dieselfde/verwante nywerheid wat dieselfde/
soortgelyke produkte produseer/verkoop.
■ Integrasie-strategieë: gebruik deur besighede om beheer oor verskaffers/
verspreiders/mededingers te verkry.
■ Intensiewe strategieë: vereis intensiewe pogings van die besigheid om
hul mededingende voordeel/posisie met bestaande of nuwe produkte in die
mark te verbeter, gemik op die winsgewendheid van die besigheid te
verhoog/verbeter.
■ Konglomerasie-diversifikasie: die besigheid voeg nuwe produkte/dienste
by wat nie met bestaande produkte verband hou nie, wat by nuwe groepe
kliënte kan aanklank vind.
■ Konsentriese diversifikasie: die besigheid voeg nuwe produkte/dienste
by wat verband hou met bestaande/huidige produkte/dienste, maar sal byval
vind by nuwe kliënte/verbruikers.
■ Kopers: die verbruikers en kliënte wat goedere en dienste van die besigheid
aankoop.
■ Krag van kopers: die vermoë van kopers om die besigheid te beïnvloed
om die prys van die produk/diens te verlaag/daal.
■ Krag van mededingers: die mate waartoe/krag van bestaande/huidige
mededingers binne die mark om die besigheid se kliënte af te rokkel.
■ Krag van verskaffers: die vermoë van verskaffers om die prys van die
verskafde produk/diens te verhoog.
■ Likwidasie: die besigheid verkoop alle bates om krediteure te betaal weens
'n gebrek aan kapitaal/die onvermoë om krediteure terug te betaal/
bankrotskap.
■ Markaandeel: gedeelte van die mark waaraan /kliënte aan wie die
besigheid sy produkte/dienste verkoop.
■ Markontwikkeling: die besigheid gebruik hierdie groeistrategie om hul
bestaande/huidige produkte in nuwe markte/geografiese gebiede te
verkoop.
■ Markpenetrasie: die besigheid fokus op die verkoop van bestaande/huidige
produkte in die bestaande/huidige mark om hul markaandeel te vergroot.
■ Mededingers: mededingende besighede wat soortgelyke of identiese
produkte aan die kliënte van jou (die) besigheid verkoop.

KWARTAAL 1 | ONDERWERP 5 | Makro-omgewing: Besigheidstrategieë 115

BS GRAAD 12 LB AFR.indb 115 2022/03/27 23:47:23


KWARTAAL 1

Kernbegrippe
■ Mededingersprofiel: die sistematiese insameling van data van 'n
mededinger wat die besigheid gebruik om hul mededingende posisie te
verbeter.
■ Nuwe toetreders: nuwe besighede wat die mark/nywerheid betree.
■ Nywerheidsanalise-instrument: 'n spesifieke hulpmiddel/tegniek/metode/
proses wat deur 'n besigheid gebruik word om 'n bepaalde
besigheidsomgewing/verskillende besigheidsomgewings te ontleed.
■ Ontbondeling: die besigheid beskik/verkoop sommige bates/afdelings wat
nie meer winsgewend/produktief/funksioneel/relevant is nie.
■ PESTWO-ontleding: 'n nywerheidsanalise-instrument/omgewing-
skanderingstegniek wat gebruik word om die faktore in die eksterne
omgewing (makro-omgewing) wat die besigheid kan beïnvloed, te
identifiseer en te evalueer.
■ Plaasvervanger-produkte: goedkoper alternatiewe produkte wat deur
verbruikers gebruik word.
■ Porter se Vyf Kragte-model: gebaseer op die rasionaal dat vyf kragte die
mededingende krag/posisie van die besigheid binne die mark/nywerheid
bepaal/beïnvloed.
■ Produkontwikkeling: die besigheid gebruik hierdie groeistrategie om
nuwe produkte in bestaande/huidige markte bekend te stel.
■ SSGB-ontleding: 'n nywerheidsanalise-instrument/omgewing-
skanderingstegniek wat 'n besigheid in staat stel om die interne (mikro-) en
eksterne (mark- en makro-) omgewings van 'n besigheid te bestudeer.
■ Strategie: 'n doelgerigte optrede wat die besigheid volg om sy doel/
doelwitte te bereik.
■ Strategie-evaluering: laat 'n besigheid toe om te evalueer/assesseer of die
beoogde strategie sy doel dien.
■ Strategiese bestuursproses: die manier waarop 'n organisasie sy strategie
definieer.
■ Terugwaartse vertikale integrasie: die besigheid kombineer met/smelt
saam/neem sy verskaffers in die voorsieningsketting/produksieketting (oor).
■ Verskaffers: besighede wat insette/grondstowwe/half-verwerkte goedere/
produkte aan die besigheid verskaf.
■ Verskaffingsketting/produksieketting: die stappe/prosesse wat nodig is
om die produk deur die primêre-, sekondêre- en tersiêre-besigheidsektore
by die kliënt te kry.
■ Voorwaartse vertikale integrasie: die besigheid kombineer/smelt saam
met/neem sy verspreiders in die verskaffingsketting/produksieketting oor.

Inleiding
In Graad 10 is jy bekend gestel aan die formulering en implementering van
'n strategie as een van die stappe in die probleemoplossingsiklus. Jy het ook
'n SSGB-ontleding saamgestel om 'n lewensvatbare sakeonderneming te
identifiseer. Ons het ook geleer hoe elke faktor van PESTWO-ontleding 'n
uitdaging aan besighede stel.

In Graad 11 het ons van die uitdagings wat deur die mikro-, mark- en makro-
omgewing gestel word geleer, en strategieë wat besighede kan gebruik om
hierdie uitdagings te hanteer.

In Graad 12 sal ons 'n uitgebreide ontleding verskaf van 'n SSGB-ontleding,
Porter se Vyf Kragte-model en PESTWO-ontleding faktore deur die strategiese
bestuursproses.

116 BESIGHEIDSTUDIES | GRAAD 12

BS GRAAD 12 LB AFR.indb 116 2022/03/27 23:47:23


Eenheid 5.1  Die strategiese bestuursproses en nywerheidsanalise-instrumente

Eenheid 5.1  Strategiese bestuursproses en


nywerheidsanalise-instrumente
Suksesvolle besighede voer die strategiese bestuursproses uit om ‘n geskikte
besigheidstrategie te identifiseer wat hulle in staat sal stel om winsgewend
en volhoubaar te bly. Dit word deur die bestuur uitgevoer om spesifieke
strategieë te implementeer wat daarop gemik is om die mededingende
voordeel van die besigheid te verbeter/behou en om verskeie uitdagings van
die besigheidsomgewings aan te spreek. Dit laat die besigheid toe om voor
mededingers te bly en om sy markaandeel te vergroot. Strategiese bestuur vorm 'n
integrale deel van die algehele aanspreeklikheid van bestuur.

Strategie (Definisie/Beskrywing) Wenk


• 'n Strategie is 'n doelgerigte aksie wat 'n besigheid volg om sy doel/doelwitte/
Leer die stappe van die
doelstellings te bereik. strategiese bestuursproses
• Dit word gedefinieer as 'n langtermyn plan van aksie om 'n spesifieke doel baie goed aangesien dit 'n
te bereik. fundamentele komponent
• 'n Strategie is 'n spesifieke plan van aksie om 'n probleem op te los/ is wat as 'n platform vir die
geleentheid aan te spreek. hele onderwerp dien.
• Dit verhoog die besigheid se vermoë om sy missie/visie te bereik.
• 'n Strategie integreer/ken toe/bestuur organisatoriese aktiwiteite/hulpbronne
om huidige/toekomstige doelwitte/doelstellings te bereik.
• Dit is gemoeid met langtermyn ontwikkelings/planne eerder as roetine
bedrywighede/prosesse.

Strategiese bestuursproses Wenk


Die strategiese bestuursproses word gedefinieer as die manier waarop 'n
Jy moet volsinne skryf oor die
organisasie sy strategie definieer. Dit stel bestuurders in staat om keuses te maak/
strategiese bestuursproses
aksies uit te dink rakende 'n stel strategieë wat die besigheid in staat sal stel om vir beide opsie 1 en 2 om die
verbeterde prestasie te bereik/behaal. maksimum puntetoekenning
vir hierdie inhoud te verdien.
Dit is 'n deurlopende proses wat die besigheid in staat stel om sy vermoë om
uitdagings te hanteer te identifiseer/verbeter en besighede in staat stel om
strategieë te implementeer wat prestasie sal verbeter. Die hoofdoel van die
strategiese bestuursproses is dat die besigheid 'n mededingende voordeel bo
mededingers handhaaf.

KWARTAAL 1 | ONDERWERP 5 | Makro-omgewing: Besigheidstrategieë 117

BS GRAAD 12 LB AFR.indb 117 2022/03/27 23:47:25


KWARTAAL 1

Die strategiese bestuursproses bestaan uit die TWEE opsies wat volg:

Opsie 1
Die besigheid moet:
• 'n duidelike visie, missiestelling en meetbare/realistiese/haalbare doelwitte in
plek hê.
• sterkpunte/swakpunte/geleenthede/bedreigings identifiseer deur
omgewingskandering/ situasie-ontleding uit te voer.
• beskikbare instrumente/metodes vir omgewingskandering/
omgewingsverkenning gebruik, wat 'n SSGB-ontleding/Porter se Vyf Kragte-
model/PESTWO-ontleding/nywerheidsanalise-instrumente kan insluit.
• alternatiewe strategieë formuleer om op besigheidsuitdagings te reageer.
• 'n aksieplan of -planne ontwikkel/skep, wat die take insluit wat voltooi moet
word/spertye wat nagekom moet word/hulpbronne wat verkry moet word,
ensovoorts.
• die besigheidshulpbronne organiseer en personeel motiveer.
• geselekteerde strategieë implementeer deur dit effektief/doeltreffend/korrek
aan alle belanghebbendes te kommunikeer.
• strategieë deurlopend evalueer/monitor/evalueer/meet om regstellende
stappe te neem.

Wenk Opsie 2
Opsie 2 is 'n vereenvoudigde Die besigheid moet:
weergawe van opsie 1. • sy visie/missiestelling hersien/analiseer/ontleed.
Jy moet egter steeds jou • ‘n omgewingsanalise/omgewingskandering/omgewingsverkenning uitvoer
antwoorde in volsinne deur modelle te gebruik soos SSGB-ontleding/Porter se Vyf Kragte-model/
aanbied om te verhoed dat jy
PESTWO-ontleding.
punte verloor.
• 'n strategie soos 'n integrasie-/intensiewe-/diversifikasie-/defensiewe strategie
formuleer.
• 'n strategie implementeer met behulp van ‘n aksieplan.
• die geïmplementeerde strategie beheer/evalueer/monitor om gapings/
afwykings/verskille in implementering te identifiseer.
• regstellende stappe neem om te verseker dat doelwitte/doelstellings bereik word.
Die diagram hieronder kan gebruik word om die strategiese bestuursproses te
bestudeer:

Die strategiese bestuursproses: Opsie 2


1 3
2 5 7

WAARSKUWING!
KORREKTIEWE
STAPPE BENODIG

Voer ('n) omgewingsanalise / Neem regstellende


Implementeer 'n
omgewingskandering uit met stappe om te verseker
Hersien die strategie met behulp
behulp van modelle dat doelwitte/doelstellings
visie-stelling van 'n aksieplan
soos SSGB-ontleding/ bereik word
Porter se Vyf Kragte-model/
PESTWO-ontleding

2 4 6

Formuleer 'n strategie soos Beheer/evalueer/monitor


Ontleed/hersien 'n integrasie-/intensiewe-/ die geïmplementeerde
die missiestelling diversifikasie-/defensiewe strategie strategie om gapings/
afwykings/verskille in
implementering te identifiseer
118 BESIGHEIDSTUDIES | GRAAD 12

BS GRAAD 12 LB AFR.indb 118 2022/03/27 23:47:25


Eenheid 5.1 Die strategiese bestuursproses en nywerheidsanalise-instrumente

| Aktiwiteit 5.1 Klaswerk/Huiswerk

VRAAG 1
1.1 Lees die scenario hieronder en beantwoord die vrae wat volg.

JONAS OLIEBOLLE (JO)


Jonas Oliebolle het Porter se Vyf Kragte-model toegepas om hul posisie in die
mark te ontleed. JO het alternatiewe strategieë geformuleer in reaksie op hul
besigheidsuitdagings. JO het verseker dat die besigheidsfinansiering goed
bestuur word.

1.1.1 Haal TWEE maniere aan waarop JO die strategiese bestuursproses


uit die scenario hierbo toegepas het. (2)
1.1.2 Beskryf ander maniere waarop JO die strategiese bestuursproses QR-KODE
kan toepas. (8)
[10] Kyk na die volgende video
vir meer inligting oor SSGB-
ontleding:

Nywerheidsanalise-instrumente
SSGB-ontleding/SWOT-ontleding
'n SSGB-ontleding is 'n nywerheidsanalise-instrument/ omgewingskandering-
tegniek wat 'n besigheid in staat stel om die interne (mikro-) en eksterne
(mark- en makro-) omgewings van 'n besigheid te bestudeer. Die metodologiese
eenvoudigheid van SSGB-ontleding laat 'n besigheid toe om doelgerig die
sterkpunte en swakpunte van die besigheid te identifiseer/ontleed, en die
geleenthede en bedreigings waaraan die besigheid blootgestel is. Die doel van
https://www.youtube.com/
'n SSGB-ontleding is dus 'n strategiese plan wat gebruik word om die faktore te watch?v=JXXHqM6RzZQ
identifiseer wat die funksionering van die besigheid/vermoë van die organisasie
beïnvloed om doelwitte/doelstellings te bereik.

Dit is egter opmerklik dat baie besighede 'n SSGB-ontleding gebruik om interne Nuwe woorde
sterkpunte en swakpunte te identifiseer. By dieper ondersoek pas die besigheid
nywerheidsanalise-
die ander nywerheidsanalise-instrumente toe om geleenthede en bedreigings
instrument : 'n spesifieke
te identifiseer. Die ander nywerheidsanalise-instrumente word verder in hierdie
hulpmiddel/tegniek/ metode/
eenheid bespreek. proses wat deur 'n besigheid
gebruik word om 'n bepaalde
Ontleding van die komponente van 'n SSGB-ontleding besigheidsomgewing/
verskillende
Voorbeelde van die verskillende komponente van 'n besigheidsomgewings te
ontleed
SSGB-ontleding
Sterkpunte Swakpunte
Wenk
Voorbeelde van sterkpunte Voorbeelde van swakpunte
• Interne aspekte wat die besigheid goed • Interne aspekte waarin die besigheid Die inligting in die tabel word
doen nie goed vaar nie as verryking verskaf om jou
• Die sukses van die besigheid/ • Ondoeltreffende gebruik van begrip van die komponente
Suksesvolle besigheidsprosesse organisatoriese hulpbronne van 'n SSGB-ontleding te
• Die mededingende voordeel van die • Hulpbronne wat ontbreek binne die verbeter, aangesien daar dalk
besigheid besigheid van jou verwag word om 'n
• Produk differensiëring • Beperkings ten opsigte van befondsing SSGB-ontleding van 'n sekere
• Unieke hulpbronne wat deur die • Die interne besigheidsproses wat besigheid saam te stel vanuit
besigheid gebruik word verbeter moet word 'n gegewe scenario.

KWARTAAL 1 | ONDERWERP 5 | Makro-omgewing: Besigheidstrategieë 119

BS GRAAD 12 LB AFR.indb 119 2022/03/27 23:47:25


KWARTAAL 1

Sterkpunte (vervolg) Swakpunte (vervolg)


• Doeltreffende vaardighede/kundigheid/ • Ondoeltreffende/swak werksetiek
kennis van menslike hulpbronne • Werknemers wat laat opdaag vir werk
• Hoë gehalte produkte/dienste word aan • Werknemers wat nie in staat is om
kliënte verskaf samehangend binne 'n span te werk nie
• Die strategiese ligging van die besigheid • Ondoeltreffende produkte/dienste word
• Suksesvolle bemarkingsveldtogte aan kliënte verskaf
• Gesonde finansiële bestuur/ • Hoë personeelomset
begrotingspraktyke • Onbetroubare/ondoeltreffende/
• Hoë handelsmerk- sigbaarheid/identiteit/ oneffektiewe organisasiekultuur
teenwoordigheid binne die mark

Wenk Geleenthede Bedreigings

Die inligting wat in die tabel Voorbeelde van geleenthede Voorbeelde van bedreigings
aan die regterkant verskaf • Potensiële tendense binne die mark • Aggressiewe mededinging van
word, sal jou in staat stel om • Identifisering van gapings binne die mededingers
'n SSGB-ontleding saam te mark • Ondoeltreffende verskaffers lewer swak
stel. • Afsluiting van mededingers gehalte goedere
• Leë geboue bied geleenthede vir • Ondoeltreffende verskaffers lewer
uitbreiding insette/bronne laat
• Komende eksterne gebeurtenisse vir • Beurtkrag/nasionale kragonderbrekings
netwerke • Stygings in die rentekoers
• Plaaslike regering moedig/ondersteun • Internasionale krisisse soos Covid-19
KMMO's • Ekonomiese agteruitgang in die land
• Verskaffers verminder pryse van skaars • Maatskaplike kwessies soos misdaad/
insette armoede/werkloosheid
• Mededingers wat nie kan aanpas by • Veranderinge in tegnologiese toestelle
kliënte se behoeftes nie • Omgewingsagteruitgang
• Mededingers wat nie kan aanpas by • Die afname in vraag na produkte/
veranderende tegnologie nie dienste
• Onderbediende markte vir sekere
produkte
• Min mededingers in die area

SSGB-ontleding

S G
Swakpunte Bedreigings
Bedreigings is eksterne, potensiële
Sterkpunte Swakpunte is interne, negatiewe
eienskappe/aspekte van die besigheid Geleenthede negatiewe eienskappe/aspekte wat nie
Sterkpunte is interne, positiewe wat binne die beheer van die Geleenthede is eksterne, potensiële binne die beheer van die besigheid is nie.
eienskappe/aspekte van die besigheid besigheid is. Swakpunte is interne positiewe eienskappe/aspekte wat nie Bedreigings is eksterne faktore wat
wat binne die beheer van faktore wat negatief bydra tot die groei/ binne die beheer van die besigheid moontlik/waarskynlik negatief tot die
die besigheid is. Sterkpunte is interne mislukking van die besigheid. is nie. Geleenthede is eksterne faktore groei/mislukking van die
faktore wat positief bydra tot die groei/ wat moontlik/waarskynlik positief besigheid kan bydra
sukses van die besigheid. kan bydra tot die groei/sukses .

S B
van die besigheid.

120 BESIGHEIDSTUDIES | GRAAD 12

BS GRAAD 12 LB AFR.indb 120 2022/03/27 23:47:26


Eenheid 5.1 Die strategiese bestuursproses en nywerheidsanalise-instrumente

Voorbeeldaktiwiteit van 'n SSGB-ontleding van 'n


spesifieke besigheid vanuit 'n gegewe scenario

VRAAG 1
1.1 Lees die scenario hieronder en beantwoord die vrae wat volg.

EBRAHIM VERSEKERAARS (EV)


Ebrahim Versekeraars het 'n hoë handelsmerk-sigbaarheid binne die mark.
Die vraag na versekeringsdienste het verminder weens die bekendstelling van
Covid-19-inentings. Super Versekeraars wat naby EV geleë is, het gesluit. Sam
die bestuurder dra by tot 'n ondoeltreffende organisasiekultuur.

1.1.1 Stel 'n SSGB-ontleding saam vir EV uit die scenario hierbo. Gebruik die
tabel hieronder as 'n RIGLYN om VRAAG 1.1.1 te beantwoord.
STERKPUNT SWAKPUNT

GELEENTHEID BEDREIGING

(4)
VOORGESTELDE ANTWOORD
1.1.2 SSGB-ontleding van EV (die besigheid)
STERKPUNT SWAKPUNT
Ebrahim Versekeraars het 'n hoë Sam die bestuurder dra by tot 'n
handelsmerksigbaarheid binne die mark. ondoeltreffende organisasiekultuur. 

GELEENTHEID BEDREIGING
Super Versekeraars wat naby EV geleë is, Die vraag na versekeringsdienste het
het gesluit.  verminder weens die bekendstelling van
Covid-19-inentings. 
(4)

| Aktiwiteit 5.2 Klaswerk/Huiswerk

VRAAG 1
1.1 Lees die scenario hieronder en beantwoord die vrae wat volg.

UNATHI NONO SAKEONDERNEMING (UNS)


Die bemarkingsafdeling van Unathi Nono Sakeonderneming is op hoogte van
huidige marktendense. Daar is 'n nuwe luukse woongebied naby UNS geleë.
Werknemers het egter 'n swak werksetiek. Ondoeltreffende verskaffers slaag
nie daarin om insette betyds af te lewer nie. Mededingers is nie in staat om
by verbruikersvraag aan te pas nie. Tydens beurtkrag skort UNS bedrywighede
op weens hoë misdaadsyfers. Organisatoriese hulpbronne word onvoldoende
gebruik. Die besigheid is strategies geleë.

KWARTAAL 1 | ONDERWERP 5 | Makro-omgewing: Besigheidstrategieë 121

BS GRAAD 12 LB AFR.indb 121 2022/03/27 23:47:26


KWARTAAL 1

QR-KODE | Aktiwiteit 5.2 Klaswerk/Huiswerk (vervolg)


Kyk na die volgende video vir 1.1.1 Stel 'n SSGB-ontleding vir UNE saam uit die scenario hierbo.
meer inligting oor Porter se Vyf
Kragte-model: Gebruik die tabel hieronder as 'n RIGLYN om VRAAG 1.1.1 te
beantwoord.
STERKPUNTE SWAKPUNTE
1. 1.
2. 2.
GELEENTHEDE BEDREIGINGS
1. 1.
2. 2.
https://www.youtube.com/
(8)
watch?v=thNlGrpTHlQ

Nuwe woorde Porter se Vyf Kragte-model


mededingende krag die Porter se Vyf Kragte-model is 'n nywerheidsanalise-instrument wat deur Michael
krag van die besigheid in die E. Porter ontwikkel is om die posisie van die besigheid in die markomgewing
konteks van mededinging te ontleed. Hierdie model is op die rasionaal gebaseer dat vyf kragte die
in verhouding met ander mededingende krag/posisie van die besigheid binne die mark/nywerheid bepaal/
mededingende besighede beïnvloed. Dit word deur besighede regoor die wêreld gebruik om onder
binne die mark/nywerheid
andere winsgewendheid/mededingende intensiteit/mededingende omgewing/
mededingende intensiteit mededingende posisie/aanspreeklikheid binne die mark/nywerheid te meet.
die mate van mededinging Porter se Vyf Kragte-model stel besighede in staat om geskikte strategieë te
binne die mark/nywerheid ontwikkel om uitdagings wat die besigheid stel, aan te spreek.
mededingende posisie
die posisie van die besigheid Toepassing van Porter se Vyf Kragte-model deur besighede
word gemeet aan die
Die diagram hieronder illustreer die verskillende komponente/elemente/kragte
mededingende besighede
van Porter se Vyf Kragte-model.
binne die mark/nywerheid

Porter se Vyf Kragte-model

Bedingingsmag Bedreigings/ Krag van


van verskaffers/ Bedingingsmag Bedreiging
Hindernisse van mededingers/
Krag van van kopers/ van substitusie/
nuwe toetreders Mededingende
verskaffers Krag van kopers plaasvervangers
tot die mark wedywering

Wenk
Wanneer jy na die komponente van Porter se Vyf Kragte-model verwys, kan jy die woord
krag of mag gebruik waar van toepassing. Die woorde krag en mag is dus uitruilbaar
in hierdie konteks. Met ander woorde, jy kan na 'n komponent verwys as krag van
verskaffers of mag van verskaffers.

122 BESIGHEIDSTUDIES | GRAAD 12

BS GRAAD 12 LB AFR.indb 122 2022/03/27 23:47:26


Eenheid 5.1  Die strategiese bestuursproses en nywerheidsanalise-instrumente

Bedingingsmag • Verskaffers wat produkte van hoë gehalte lewer, mag dalk
Wenk
van mag/krag oor die besigheid hê.
verskaffers/ • Hoe kragtiger/sterker die verskaffers is, hoe minder beheer het Die fokus van Porter se Vyf
Krag van die besigheid oor hulle. Kragte-model is op hoe
verskaffers • Assesseer/Evalueer die krag van die verskaffers om pryse te die besigheid ELKE krag
beïnvloed. moet toepas, eerder as om
• Verskaffers het 'n hoë mate van krag wanneer hulle 'n unieke/ beskrywings/definisies van
skaars produk/diens verkoop. die kragte te verskaf.
• Identifiseer die tipe krag wat verskaffers het ten opsigte van die
gehalte van produkte/dienste/betroubaarheid/ doeltreffendheid
het/vermoë om vinnige aflewerings te maak, ensovoorts. Nuwe woorde
Bedingingsmag • 'n Paar kragtige kopers is dikwels in staat om hul terme/pryse
krag van verskaffers  die
van kopers/ aan die besigheid voor te skryf.
vermoë van verskaffers om die
Krag van • Evalueer hoe maklik dit vir kopers/kliënte is om pryse af te
prys van die verskafde produk/
kopers dwing.
diens te verhoog
• Bepaal die aantal kopers/die belangrikheid van elke koper vir
die besigheid en wat dit hulle sal kos om na ander produkte oor krag van kopers  die vermoë
te skakel. van kopers om die besigheid te
• Kopers wat in grootmaat koop, kan vir pryse in hul guns beïnvloed om die prys van die
beding/onderhandel. produk/diens te verlaag/daal
• Doen marknavorsing om meer inligting oor die besigheid se
hindernisse van nuwe
kopers/kliënte in te samel.
toetreders tot die mark  die
Bedreigings/ • As die hindernisse om die mark te betree laag is, dan is dit bestaande hindernisse wat
Hindernisse maklik vir nuwe besighede om die mark/nywerheid te betree. nuwe toetreders verhoed om
van nuwe • Evalueer/identifiseer en handhaaf/versterk die hindernisse om die mark suksesvol te betree
toetreders tot die mark te betree, wat kan verhoed dat nuwe besighede die
krag van mededingers  die
die mark mark/nywerheid betree.
mate waartoe/krag
• As die besigheid hoogs winsgewend is, sal dit potensiële
van bestaande/huidige
mededingers lok wat by hoë winste wil baat.
mededingers binne die mark
• Nuwe besighede kan vinnig/maklik die mark betree as dit min
om die besigheid se kliënte af
tyd/geld/hulpbronne neem om die mark te betree.
te rokkel/om `n mededingende
• As daar 'n min aanbieders/verkopers van 'n produk/diens maar
voordeel oor die besigheid te
baie kopers is, kan dit maklik wees om die mark te betree.
verkry
Krag van • Mededingers wat dieselfde/soortgelyke produkte/dienste bedreiging van
mededingers/ verkoop kan 'n groter impak op die mark van die besigheid hê. plaasvervangers  die gemak
Mededingende • As mededingers 'n unieke/skaars produk/diens het, sal hulle waarmee die produk/diens
wedywering groter krag hê. van die besigheid vervang
• 'n Besigheid met baie mededingers in dieselfde mark het baie kan word deur 'n goedkoper/
min krag in hul mark/nywerheid. minderwaardige alternatief
• Stel ‘n mededingersprofiel saam sodat die besigheid hul eie
sterkte en dié van hul mededingers kan bepaal. mededingersprofiel  die
• Sommige besighede het die nodige hulpbronne/kapitaal om sistematiese insameling van
’n prysoorlog te begin en aan te hou verkoop teen 'n verlies data van 'n mededinger wat
totdat sommige/alle mededingers die mark verlaat. die besigheid gebruik om
sy mededingende posisie te
Bedreiging van • Vestig/Bepaal of die verkopers van plaasvervangende produkte verbeter
substitusie/ hul produk verbeter het/laer gehalte goedere verkoop teen laer
prysoorlog  'n mededingende
plaasver- pryse.
strategie wat deur 'n besigheid
vangers • As die besigheid se produk maklik vervang kan word, verswak/
gebruik word om pryse
verminder dit die krag van die besigheid in die mark.
doelgerig te verlaag om die
• Indien die besigheid unieke/skaars produkte verkoop, sal dit nie
vermoë van mededingers te
deur plaasvervangende produkte bedreig/beïnvloed word nie.
verminder om laer pryse te vra/
• Evalueer of kliënte plaasvervangende produkte/dienste gebruik
mededingers uit die nywerheid
en bepaal redes vir die gebruik van plaasvervangers.
te dryf/kliënte te verkry en te
• Verander/verbeter die ontwerp/gehalte/doeltreffendheid van
behou
hul produkte/dienste om mededingend te bly.

KWARTAAL 1 | ONDERWERP 5 | Makro-omgewing: Besigheidstrategieë 123

BS GRAAD 12 LB AFR.indb 123 2022/03/27 23:47:26


KWARTAAL 1

Voorbeeld van Porter se Vyf Kragte-model


Die volgende illustrasie word verskaf om die toepassing van Porter se Vyf Kragte-
model verder te illustreer.

Porter se Vyf Kragte-model van Puik Elektrisiteitsverskaffers (PEV)

Bedingingsmag Onder- Bedreigings/ Krag van


Bedreiging van
van verskaffers/ handelingskrag Hindernisse van mededingers/
substitusie/
Krag van van kopers/ nuwe toetreders Mededingende
plaasvervangers
verskaffers Krag van kopers tot die mark wedywering

Kopers van Daar is geen


elektrisiteit volledige
As die prys van Daar is uiters hoë Daar is tans 'n
het feitlik geen plaasvervangers
insette van hindernisse om afwesigheid van
beheer oor die vir elektrisiteit nie.
verskaffers die elektrisiteits- mededingers
prys van Alternatiewe
toeneem, sal PEV voorsienings- omdat PEV die
elektrisiteit energievorms
hierdie pryse nywerheid enigste verskaffer
nie omdat PEV kan vir sommige
moet betaal te betree van elektrisiteit is
'n unieke aspekte
produk verskaf gebruik word

| Aktiwiteit 5.3 Klaswerk/Huiswerk


Wenk
Die bogenoemde VRAAG 1
voorbeeld word aangebied 1.1 Lees die scenario hieronder en beantwoord die vrae wat volg.
met die idee dat Puik
Elektrisiteitsverskaffers PROTECH HOMMELTUIE (PH)
(PEV) die enigste Protech Hommeltuie is weens hoë aanvangskoste en ingewikkelde
elektrisiteitsverskaffer in die lisensieprosedures nie in staat om hommeltuie te verskaf nie. Kliënte het reeds
land is. PH vir hierdie dienste vooruitbetaal.

1.1.1 Identifiseer die element van Porter se Vyf Kragte-model wat PH affekteer.
Motiveer jou antwoord deur uit die scenario hierbo aan te haal. (3)
1.1.2 Verduidelik hoe PH enige ander DRIE kragte/elemente van Porter se Vyf
Kragte-model kan toepas wat gebruik kan word om hul posisie in die
mark te ontleed. (9)
[12]

124 BESIGHEIDSTUDIES | GRAAD 12

BS GRAAD 12 LB AFR.indb 124 2022/03/27 23:47:27


Eenheid 5.1 Die strategiese bestuursproses en nywerheidsanalise-instrumente

PESTWO-ontleding/PESTLE-ontleding QR-KODE
PESTWO-ontleding is 'n nywerheidsanalise-instrument/omgewing- Kyk na die volgende video vir
skanderingstegniek wat gebruik word om die faktore wat uitdagings in die meer inligting oor PESTLE-
eksterne omgewing (makro-omgewing) stel, te identifiseer en te evalueer. ontleding:
Hierdie hulpmiddel stel besighede in staat om uitdagings wat deur die eksterne
omgewing gestel word, te identifiseer en maniere te ontwikkel om hierdie
uitdagings te hanteer. Besighede wat PESTWO-ontleding toepas, kan vinnig
reageer op uitdagings wat deur die eksterne omgewing gestel word. Die korrekte
toepassing van die PESTWO-ontleding faktore verseker dat die besigheid
mededingend/volhoubaar/winsgewend in die mark bly.

Voorbeelde van PESTWO-faktore


Die volgende tabel toon voorbeelde van elke PESTWO-faktor. Die illustrasie
word verskaf as verryking om jou begrip/interpretasie van PESTWO-ontleding https://www.youtube.com/
te verbeter. Hieronder is 'n kort herinnering oor die PESTWO-faktore wat jy in watch?v=bYn4CyL3r5w
Graad 10 geleer het.

PESTWO- Beskrywing Voorbeelde


faktor
Politieke Hierdie faktore bepaal die • Politieke stabiliteit/onstabiliteit
mate waarin die staat/ • Buitelandse handelsbeleid
regering die ekonomie/ • Nasionale Mededingingsbeleid
nywerheid kan beïnvloed.
Ekonomiese Hierdie faktore is bepalers • Ekonomiese groei/ekonomiese
van die prestasie van die stabiliteit
ekonomie wat 'n direkte • Wisselkoerse
impak op die besigheid het. • Inflasie en rentekoers (Primakoers en
repokoers)
Sosiale Hierdie faktore beeld/ • Demografie van verbruikers
evalueer die toestand van • Inkomste/ welvaart verspreiding
die sosiale omgewing • Opvoedingsvlak/ geletterdheidsvlak
van die besigheid wat
sy bedrywighede kan
beïnvloed.
Tegnologiese Hierdie faktore het • Vlak van tegnologiese innovering
betrekking op voortdurend • Toegang tot nuwe tegnologie
veranderende/innoverende/ • Internet/kommunikasie-infrastruktuur
bygewerkte tegnologie
wat die bedrywighede van
die besigheid en die mark
gunstig/ongunstig kan
beïnvloed.
Wetlike Hierdie faktore weerspieël/ • Arbeids-/indiensneming wette
dui die verskillende wette/ • Kopiereg/patentwette
beleide aan wat die • Privaatheid- en databeskermingswette
bedrywighede van die
besigheid raak.
Omgewings Hierdie faktore dui die • Klimaat/klimaatverandering/
verskeie ekologiese/ • aardverwarming
omgewingsaspekte aan wat • koolstof voetspoor
die bedrywighede van die • Omgewingsvolhoubaarheid/
besigheid kan beïnvloed. bewaring/beskerming

KWARTAAL 1 | ONDERWERP 5 | Makro-omgewing: Besigheidstrategieë 125

BS GRAAD 12 LB AFR.indb 125 2022/03/27 23:47:27


KWARTAAL 1

Uitdagings gestel deur PESTWO-faktore en aanbevelings


Wenk
Jy moet 'n deeglike begrip PESTWO-faktor: Politieke
van die uitdagings en
Uitdagings Aanbevelings
aanbevelings van die
verskillende PESTWO- • Sommige regeringsbeleide kan • Doen navorsing oor/pas onlangse
faktore hê. Maak seker dat besighede raak. regeringsbeleide toe.
jou aanbeveling met 'n
• Verbruikersregte-organisasies kan • Netwerk/Voer invloedwerwing
spesifieke uitdaging skakel
besighede verhoed om produkte uit met die NRO's/GGO's en alle
soos geïllustreer in die tabelle
te verkoop as hulle nie aan sekere verbruikersregte-organisasies.
wat volg.
vereistes voldoen nie.
• Handelsooreenkomste kan besighede • Handel slegs met lande wat gunstige
verhoed om sekere medisyne/produkte handelsooreenkomste met die regering
in te voer. het.
• Die Nasionale Mededingingsbeleid van • Ondersoek/voldoen aan die Nasionale
Suid-Afrika kan die bedrywighede van Mededingingsbeleid.
'n besigheid beïnvloed.

PESTWO-faktor: Ekonomiese
Uitdagings Aanbevelings
• Hoë inflasie/rentekoerse kan besigheid • Oorweeg om winsmarges te verlaag
negatief beïnvloed/die markaandeel eerder as om produkpryse te verhoog.
van besigheid verminder aangesien
kliënte nie hoë pryse kan bekostig
nie/verhogings in belasting verlaag
verbruikersbesteding.
• Lenings kan duur wees as gevolg van • Leen geld by finansiële instellings
hoë rentekoerse. wanneer rentekoerse gunstig is.
• Fluktuasies/Skommelinge in • Oorweeg wisselkoerse wanneer die
buitelandse valuta kan invoere beperk. besigheid met ander lande handel. /
Handel met lande met 'n gunstige
wisselkoers.
• Afnames in direkte buitelandse • Verskaf aandele teen mededingende/
belegging deur belangrike buitelandse laer pryse om meer direkte buitelandse
beleggers. beleggings te lok.

PESTWO-faktor: Sosiale
Uitdagings Aanbevelings
• Kliënte sal moontlik nie produkte • Verkoop plaasvervangende produkte
kan bekostig nie as gevolg van teen laer pryse as gevolg van lae vlakke
lae inkomstevlakke/afleggings/ van inkomsteverspreiding/Stel mense
werkloosheid. van die plaaslike gemeenskap in diens.
• Besighede mag dalk nie vertroud wees • Leer plaaslike/inheemse tale/huur
met die plaaslike/inheemse taal van hul werknemers aan wat goed vertroud is
kliënte nie. met die plaaslike/inheemse taal van
kliënte.
• Hoë misdaadsyfers kan die handelsure • Werk saam met
van besighede beïnvloed, wat lei tot gemeenskapspolisieforums en verbeter
verminderde wins. sekuriteit in die besigheid.

126 BESIGHEIDSTUDIES | GRAAD 12

BS GRAAD 12 LB AFR.indb 126 2022/03/27 23:47:27


Eenheid 5.1  Die strategiese bestuursproses en nywerheidsanalise-instrumente

PESTWO-faktor: Sosiale
Uitdagings Aanbevelings
• Sommige besighede kan verkope • Ontwikkel/vervaardig/inkorporeer/
verloor aangesien kliënte dalk verkies innoveer nuwe produkte wat daarop
om hul geld op mediese rekeninge/ gemik is om die leefstylhoudings/
uitgawes te spandeer. neigings van kliënte aan te spreek.

PESTWO-faktor: Tegnologiese
Uitdagings Aanbevelings
• Mag nie tred hou met/bewus wees/op • Doen deurlopende navorsing oor
hoogte bly van die nuutste tegnologie die nuutste beskikbare tegnologie/
nie. toerusting in die mark.
• Werknemers mag dalk nie vaardig wees • Lei bestaande/huidige werknemers op/
om nuwe tegnologie/toerusting te stel nuwe werknemers aan om nuwe
gebruik of in stand te hou nie. toerusting/tegnologie te gebruik en in
stand te hou.
• Besighede kan dalk nie nuwe • Vergelyk pryse/Kies geskikte verskaffers
tegnologie bekostig nie. vir nuwe toerusting/masjinerie/
tegnologie teen billike pryse.
• Kan dalk nie voorsiening maak vir/ • Besighede moet gerat/gereed wees vir
bekostig/toegang hê tot aanlyn- aanlyn handel/e-handel.
transaksies/e-handel nie.

PESTWO-faktor: Wetlike
Uitdagings Aanbevelings
• Oorweeg die implikasie van die • Voldoen aan alle relevante wetgewing
verskillende wette wat 'n direkte wat besighede kan beïnvloed.
impak/invloed op 'n besigheid kan hê,
byvoorbeeld die WVB/WBDV.
• Wetlike vereistes vir die bedrywighede • Voldoen aan die wetlike vereistes vir die
van sekere soorte besighede is besigheidsbedrywighede, byvoorbeeld
tydrowend. lisensie/handelsmerkregistrasie/patente.
• Hoë regskoste verbonde aan die • Begroot vir hoë wettige vestigings-/
verkryging van 'n lisensie/handelsmerk/ aanvangskoste.
patent/kopiereg kan sommige
besighede verhoed van bedrywighede.
• Wettigheid van besigheidskontrakte • Besighede moet die wettigheid van
kan sakebedrywighede beperk. besigheidskontrakte ken/verstaan sodat
hulle aan al die vereistes voldoen.

PESTWO-faktor: Omgewings
Uitdagings Aanbevelings
• Chemikalieë/Bestanddele in die • Chemikalieë/Bestanddele moet op
besigheid se produkte kan skadelik vir etikette/verpakking aangedui word om
verbruikers wees. kliënte in te lig oor moontlike newe-
effekte/korrekte gebruik van produkte/
openbaar die bestanddele/oorsprong
van die produk aan verbruikers.

KWARTAAL 1 | ONDERWERP 5 | Makro-omgewing: Besigheidstrategieë 127

BS GRAAD 12 LB AFR.indb 127 2022/03/27 23:47:28


KWARTAAL 1

PESTWO-faktor: Omgewings
Uitdagings Aanbevelings
• Maatreëls om besigheidsafval weg te • Implementeer kostedoeltreffende
gooi, kan duur wees. maatreëls om mediese afval weg te
gooi.
• Verpakking van sommige produkte is • Implementeer herwinningsmaatreëls
dalk nie omgewingsvriendelik nie/mag om besoedeling van die omgewing
nie herwinbaar wees nie. te voorkom. /Gebruik verpakking
wat herbruikbaar/herwinbaar/bio-
afbreekbaar is.
• Die besigheid is dalk nie bewus daarvan • Raak betrokke by
dat sy huidige praktyke nie volhoubaar omgewingsvolhoubare praktyke
vir die omgewing is nie en dat dit bydra soos die bewaring/beskerming van
tot omgewingsagteruitgang. natuurlike hulpbronne.

| Aktiwiteit 5.4 Klaswerk/Huiswerk

VRAAG 1
1.1 Lees die scenario hieronder en beantwoord die vrae wat volg.

AGATHA INDUSTRIËLE VERSKAFFERS (AIV)


Agatha Industriële Verskaffers se bedrywighede is nie winsgewend nie, as
gevolg van die volgende uitdagings:
• Ondernemings- en Verskaffers-ontwikkeling (OVO) as een van die pilare van
BBSEB beperk die bedrywighede van AIV.
• Maatreëls om besigheidsafval weg te gooi is duur.
• Die hoë inflasiekoers het meegebring dat die vraag na produkte afgeneem het.
• Sommige van hul werknemers het nie die vaardighede om nuwe tegnologie te
gebruik nie.
• Invoer van primêre grondstowwe is onderbreek weens handelsooreenkomste.
• AIV is nie vertroud met die plaaslike taal van verbruikers nie.

Gebruik die tabel hieronder as 'n RIGLYN om VRAAG 1.1.1 – 1.1.3 te beantwoord.

UITDAGINGS PESTWO-FAKTORE AANBEVELINGS


(1.1.1) (1.1.2) (1.1.3)
1.
2.
3.
4.
5.
6.

1.1.1 Haal SES uitdagings vir AIV uit die scenario hierbo aan.  (6)
1.1.2 Klassifiseer ELKE uitdaging wat in VRAAG 1.1.1 geïdentifiseer is
volgens 'n relevante PESTWO-faktor. (6)
1.1.3 Beveel maniere aan waarop AIV die uitdagings kan hanteer wat deur
ELKE PESTWO-faktor, geïdentifiseer in VRAAG 1.1.2, gestel word.  (12)
[24]

128 BESIGHEIDSTUDIES | GRAAD 12

BS GRAAD 12 LB AFR.indb 128 2022/03/27 23:47:28


Eenheid 5.2 Besigheidstrategieë

Eenheid 5.2 Besigheidstrategieë QR-KODE


Noudat die besigheid die verskillende uitdagings van die uitvoer van Kyk na die volgende video
omgewingskandering/omgewingsverkenning met behulp van die DRIE vir meer inligting oor tipes
nywerheidsanalise-instrument geïdentifiseer het, sal hulle nou in 'n beter besigheidstrategieë:
posisie wees om die verskillende tipes besigheidstrategieë te ontwikkel en te
implementeer.

Besigheidstrategieë dien as 'n riglyn oor hoe besighede volhoubaar in 'n sekere
mark moet bly. Die korrekte toepassing van enige tipe besigheidstrategie hang af
van die uitdagings wat tydens die strategiese bestuursproses geïdentifiseer is.

Die diagram hieronder illustreer die VIER kerntipes/hooftipes besigheidstrategieë


wat in hierdie eenheid behandel sal word.
https://www.youtube.com/
watch?v=sp0W5hcOd40

Tipes besigheidstrategieë

Integrasie- Intensiewe Diversifikasie- Defensiewe


strategieë strategieë strategieë strategieë

Voorwaartse Markpenetrasie Konsentriese Ontbondeling


vertikale integrasie diversifikasie

Terugwaartse Horisontale
Markontwikkeling Aflegging
vertikale integrasie diversifikasie

Horisontale Konglomerasie-
Produkontwikkeling Likwidasie
integrasie diversifikasie

Integrasie-strategieë
'n Besigheid gebruik integrasie-strategieë om sy omvang van sakebedrywighede
uit te brei. Dit kom voor wanneer 'n besigheid sy aktiwiteite integreer met 'n
ander besigheid/ander besighede. Integrasie-strategieë laat 'n besigheid toe
om sy toevoer-/verspreidingskanaal te verbeter/bedryfskoste te verminder/
mededinging te beheer. Dit kan deur 'n besigheid gebruik word om hulpbronne
effektief te kombineer/toegang te kry tot nuwe markte/beheer oor verskaffers/
verspreiders te verkry.

Wenk
Jy moet die drie tipes strategieë kan verduidelik wat onder ELKE hooftipe
besigheidstrategie geklassifiseer kan word soos in die diagram hierbo geïllustreer.

KWARTAAL 1 | ONDERWERP 5 | Makro-omgewing: Besigheidstrategieë 129

BS GRAAD 12 LB AFR.indb 129 2022/03/27 23:47:28


KWARTAAL 1

Nuwe woorde Tipes integrasie-strategieë


integrasie-strategieë Voorwaartse vertikale integrasie
gebruik deur besighede • Die besigheid kombineer/smelt saam met/neem sy verspreiders in die
om beheer oor verskaffers/ verskaffingsketting/produksieketting oor.
verspreiders/ mededingers • Dit behels die uitbreiding van besigheidsaktiwiteite om beheer oor die verspreiding
te verkry van produkte/dienste te verkry.
verspreiders besighede • Die besigheid neem die verspreidingstelsel en verkoop produkte/dienste direk aan
wat goedere/dienste aan verbruikers/kliënte.
eindgebruikers/finale • Die besigheid smelt saam met besighede wat eens hul kliënte was, terwyl dit steeds
verbruikers verkoop beheer oor die aanvanklike/kern-besigheidsaktiwiteite behou.

verskaffingsketting/ Terugwaartse vertikale integrasie


produksieketting die • Die besigheid kombineer met/smelt saam/neem sy verskaffers in die
stappe/prosesse wat nodig voorsieningsketting/produksieketting (oor).
is om die produk deur die • Dit word gedoen om die besigheid se afhanklikheid van verskaffers te verminder.
primêre, sekondêre en tersiêre • Die besigheid brei sy rol uit om aktiwiteite/take te vervul wat voorheen deur
besigheidsektore by die kliënt verskaffers voltooi is.
te kry • Dit behels die oorkoop van of samesmelting met 'n ander besigheid wat produkte/
dienste aan die besigheid verskaf.
verspreidingstelsel die
opeenvolgende vloei Horisontale integrasie
van aktiwiteite/stelsels/ • Die besigheid neem beheer oor/inkorporeer/smelt saam met ander besighede in
prosedures wat die beweging dieselfde/verwante nywerheid wat dieselfde/soortgelyke produkte produseer/verkoop.
van produkte/dienste • Die doel is om die bedreiging van mededinging/vervangende produkte/dienste te
vergemaklik vanaf die bron verminder.
na eindgebruiker/finale • Die besigheid kan hul markaandeel/posisie versterk/uitbrei en produksie/
verbruikers verspreiding verbeter.
verskaffers besighede wat • Dit is die verkryging/oorname van 'n verwante besigheid wat op dieselfde vlak van die
insette/grondstowwe/ half- voorsieningsketting in die nywerheid/mark funksioneer.
verwerkte goedere/produkte
aan die besigheid verskaf Die illustrasie op bladsy 131 toon voorwaartse vertikale integrasie en
terugwaartse vertikale integrasie vir die voorsieningsketting/produksieketting van
markaandeel die gedeelte
van die mark/kliënte waaraan geblikte ertjies.
die besigheid produkte/dienste
verkoop Landman Boerdery plant, kweek en oes vars
Landman Boerdery (LB)
ertjies en ander groente.

QR-KODE Veggietin Vervaardigers spesialiseer in die


Veggietin Vervaardigers
produksie van geblikte groenteprodukte,
(VV)
Kyk na die volgende video vir insluitend geblikte ertjies.
meer inligting oor integrasie-
Emihle Nazo Groothandelaars verkoop 'n
strategieë: Emihle Nazo
verskeidenheid finale goedere, soos geblikte
Groothandelaars (ENG)
ertjies, in grootmaat aan kleinhandelaars.

Wenk
Om jou begrip van voorwaartse vertikale integrasie en terugwaartse vertikale integrasie
te vereenvoudig, onthou die volgende: voorwaartse vertikale integrasie vind plaas
wanneer die besigheid hul verspreiders oorneem, terwyl terugwaartse vertikale
integrasie vind plaas wanneer die besigheid hul verskaffers oorneem.

https://www.youtube.com/
watch?v=sabkxpvZBKY

130 BESIGHEIDSTUDIES | GRAAD 12

BS GRAAD 12 LB AFR.indb 130 2022/03/27 23:47:28


Eenheid 5.2  Besigheidstrategieë

3 Wenk
Landman Boerdery Landman Boerdery Die illustrasie aan die
(LB) 1 (LB)
linkerkant word verskaf as
verryking om jou begrip
VOORWAARTSE VERTIKALE INTEGRASIE

VERSKAFFINGSKETTING
van voorwaartse vertikale

TERUGWAARTSE VERTIKALE INTEGRASIE


integrasie en terugwaartse
vertikale integrasie te
5
verbeter.
Veggietin Veggietin
Vervaardigers Vervaardigers
(VV) 2 (VV)

4
Emihle Nazo Emihle Nazo
Groothandelaars Groothandelaars
(ENG) 6 (ENG)

Illustrasie van voorwaartse vertikale integrasie en terugwaartse vertikale integrasie


n 

Verduideliking van voorwaartse vertikale integrasie gebaseer op


die illustrasie hierbo
1. Sou LB besluit om VV oor te neem/saam te smelt met VV, sal dit as voorwaartse
vertikale integrasie beskou word, omdat LB sy verspreider in die voorsieningsketting/ Wenk
produksieketting oorkoop. Voorwaartse vertikale
integrasie fokus op die
2. Sou VV besluit om ENG oor te neem/saam te smelt met ENG, sal dit as voorwaartse
aankoop van verspreiders,
vertikale integrasie beskou word omdat VV sy verspreider in die verskaffingsketting/
terwyl terugwaartse vertikale
produksieketting oorkoop
integrasie daarop fokus om
3. Sou LB besluit om ENG oor te neem/saam te smelt met ENG, sal dit as voorwaartse verskaffers oor te neem.
vertikale integrasie beskou word omdat LB sy verspreider in die verskaffingsketting/
produksieketting oorkoop.

Verduideliking van terugwaartse vertikale integrasie gebaseer


op die illustrasie hierbo
4. Sou ENG besluit om VV oor te neem/saam te smelt met VV, sal dit as
terugwaartse vertikale integrasie beskou word omdat ENG sy verskaffer in die
verskaffingsketting/produksieketting oorkoop.
5. Sou VV besluit om LB oor te neem/saam te smelt met LB, sal dit as terugwaartse
vertikale integrasie beskou word omdat VV besig is om sy verskaffer in die
verskaffingsketting/produksieketting oor te koop.
6. Sou ENG besluit om LB oor te neem/saam te smelt met LB, sal dit as
terugwaartse vertikale integrasie beskou word omdat ENG sy verskaffer in die
verskaffingsketting/produksieketting oorkoop.

KWARTAAL 1 | ONDERWERP 5 | Makro-omgewing: Besigheidstrategieë 131

BS GRAAD 12 LB AFR.indb 131 2022/03/27 23:47:28


KWARTAAL 1

QR-KODE | Aktiwiteit 5.5 Klaswerk/Huiswerk


Kyk na die volgende video vir VRAAG 1
meer inligting oor intensiewe 1.1 Lees die scenario hieronder en beantwoord die vrae wat volg.
strategieë:
NDOU TUINDIENSTE (NTD)
Ndou Tuindienste wil 'n mededingende voordeel in die mark verkry. NTD het
besluit om Pristine Tuinmakers oor te neem om die bedreiging van mededinging
te verminder.

1.1.1 Identifiseer die tipe integrasie-strategie wat deur NTD toegepas word.
Motiveer jou antwoord deur uit die scenario hierbo aan te haal. (3)
1.1.2 Bespreek TWEE ander integrasie-strategieë wat deur NGS toegepas
kan word. (6)
[9]
https://www.youtube.com/
watch?v=ht5chMhWynw
Intensiewe strategieë
Suksesvolle besighede vind altyd maniere om verkope te verhoog en nuwe afsetpunte
Nuwe woorde
te vestig. Intensiewe strategieë vereis dat besighede bykomende pogings aanwend
Intensiewe kragtige/ om die prestasie van bestaande produkte in die mark te verbeter. Besighede voer
deeglike/ ernstige/ gewoonlik uitgebreide verkoopspromosies en bemarkingsveldtogte uit wanneer
gekonsentreerde pogings/ verskeie tipes intensiewe strategieë toegepas word. Hulle gebruik hierdie strategieë
optredes wat deur die om hul produklyne/skaal van bedrywighede/markaandeel uit te brei.
besigheid toegepas word
Tipes intensiewe strategieë
intensiewe strategieë
vereis intensiewe pogings Markpenetrasie/ • Die besigheid fokus daarop om bestaande/huidige
van die besigheid om sy Mark-indringing produkte in die bestaande/huidige mark te verkoop om hul
mededingende voordeel/ markaandeel te vergroot.
posisie met bestaande of • Marknavorsing oor bestaande/huidige verbruikers/kliënte
nuwe produkte in die mark word gebruik om te bepaal hoe om die bemarkingsmengsel
te verbeter, gemik op die van die besigheid te verbeter.
winsgewendheid van die • Aggressiewe bemarkingsveldtogte soos die verlaging/
bestuur te verhoog/verbeter vermindering van pryse om potensiële/bestaande kliënte te
lok, word deur die besigheid gebruik.
• Die besigheid wysig/modifiseer nie bestaande/
huidige produkte of stel nuwe produkte bekend tydens
markpenetrasie nie.

Wenk Markont- • Die besigheid gebruik hierdie groeistrategie om sy


wikkeling bestaande/huidige produkte in nuwe markte/geografiese
Markontwikkeling gaan oor gebiede te verkoop.
die plek waar die besigheid • Verbruikers/kliënte word geteiken in 'n potensiële mark wat
sy bestaande produk verkoop. buite sy normale/gewone/huidige teikenmark is.
Markontwikkeling fokus dus • Die besigheid verhoog verkope van bestaande/huidige
op die plek. produkte deur die ontwikkeling van nuwe markte.
• Pryse word herstruktureer/hersien om voorsiening te maak
vir kliënte/verbruikers van alle inkomstevlakke.
Produk- • Die besigheid gebruik hierdie groeistrategie om nuwe
ontwikkeling produkte in bestaande/huidige markte bekend te stel.
Wenk • Nuwe idees/produkte word deur die besigheid geskep/
Produkontwikkeling gaan geproduseer vir bestaande/huidige markte.
oor die produk self en die • Die besigheid doen toetsbemarking/marknavorsing om vas
produk bestaan nog nie. te stel of nuwe produkte deur bestaande kliënte aanvaar
Produkontwikkeling fokus sal word.
dus op die produk. • Nuwe produkte mag anders/van 'n hoër gehalte wees as
dié van mededingers.
132 BESIGHEIDSTUDIES | GRAAD 12

BS GRAAD 12 LB AFR.indb 132 2022/03/27 23:47:28


Eenheid 5.2  Besigheidstrategieë

Verskille tussen markontwikkeling en produkontwikkeling


Markontwikkeling Produkontwikkeling
Wenk
• Dit is 'n groeistrategie waar 'n • Dit is 'n groeistrategie waar 'n
Dit is belangrik om 'n goeie
besigheid daarna streef om sy besigheid daarna streef om nuwe
konseptuele begrip van die
bestaande/huidige produkte in nuwe produkte in bestaande/huidige markte
verskillende strategieë wat 'n
markte te verkoop. bekend te stel.
besigheid kan toepas te hê.
• Die besigheid implementeer die idee • Die besigheid verbeter die produklyn Soms kan jy gevra word om
om produkte in ander geografiese deur verskillende tipes verwante tussen twee tipes strategieë
gebiede uit te brei/verkoop. produkte/dienste by te voeg. te onderskei. Die verskille
hoef nie in 'n tabel aangebied
• Die besigheid vind nuwe maniere om • Die besigheid doen toetsbemarking/ te word nie, maar die verskille
produkte te versprei. marknavorsing om vas te stel of nuwe moet duidelik wees.
produkte deur bestaande kliënte
aanvaar sal word.
• Pryse word herstruktureer/hersien • Nuwe produkte mag anders/van 'n hoër
om voorsiening te maak vir kliënte/ gehalte wees as dié van mededingers.
verbruikers van alle inkomstevlakke.

Voordele van intensiewe strategieë


Die besigheid kan:
• 'n verhoogde/verbeterde markaandeel ervaar aangesien intensiewe strategieë
die besigheid se kwesbaarheid vir die optrede van mededingers verminder.
• 'n Toename in verkope/inkomste//winsgewendheid ervaar as gevolg van
aggressiewe advertensie veldtogte/omdat meer produkte/dienste verkoop
word.
• dienslewering verbeter wat besigheidsbeeld/handelsmerk/handelsmerk
bewustheid kan verbeter.
• die beheer oor die pryse wat vir produkte/dienste gehef word, verhoog.
• kliëntlojaliteit verhoog deur doeltreffende promosie veldtogte.
• pryse verlaag wat kliënte/verbruikers kan beïnvloed om meer produkte/
dienste te koop.
• 'n toename in gereelde verkope van bestaande kliënte ervaar/Die aantal
verbruikers kan toeneem.
• bestaande mededingers word verwyder en markpryse kan oorheers word.
• die fokus op markte/goed nagevorste gehalte produkte verbeter wat die
behoeftes van kliënte en verbruikers bevredig..

Wenk
Jy moet eers die verskillende tipes intensiewe strategieë verstaan om die voordele van
intensiewe strategieë te verstaan.

KWARTAAL 1 | ONDERWERP 5 | Makro-omgewing: Besigheidstrategieë 133

BS GRAAD 12 LB AFR.indb 133 2022/03/27 23:47:28


KWARTAAL 1

Illustrasie van die tipes intensiewe strategieë wat deur 'n


Wenk
besigheid toegepas word
Die illustrasie aan die
regterkant word verskaf
as verryking om jou begrip VINNIGE INKOPIE-
van die verskeie intensiewe KLEINHANDELAARS (VIK)
strategieë wat deur 'n
besigheid toegepas kan word Vinnige inkopies die hele jaar deur
te verbeter.

Markpenetrasie Markontwikkeling Produkontwikkeling

VIK verkoop bestaande/huidige VIK gebruik hierdie groeistrategie VIK gebruik hierdie groeistrategie
produkte in die bestaande/huidige om sy bestaande/huidige produkte om nuwe produkte in bestaande/
mark om hul markaandeel in nuwe markte/geografiese huidige markte bekend te stel.
te vergroot. gebiede te verkoop.

Voorbeeld: Voorbeeld: Voorbeeld:


VIK voer aggressiewe bemarking VIK open 'n nuwe tak in die VIK stel 'n nuwe bevrore
uit deur uitverkoping op alle Noord-Kaap waarin VIK tans nie hoenderprodukreeks bekend wat
bestaande produkte aan te bied. bedrywig is nie. op marknavorsing van bestaande
kliënte gebaseer is.

SALE
VINNIGE INKOPIE-

UITVERK
KLEINHANDELAARS (VIK)
Vinnige inkopies die hele jaar deur

OPING
VINNIGE INKOPIE-
KLEINHANDELAARS (VIK)

Mini Hoender
VINNIGE INKOPIE- Bors Filette
KLEINHANDELAARS (VIK) NORTHERN KAAP

Vinnige inkopies die hele jaar deur

Retailers

| Aktiwiteit 5.6 Klaswerk/Huiswerk

VRAAG 1
1.1 Lees die scenario hieronder en beantwoord die vrae wat volg.

DURBAN DIEPGEBRAAIDE HOENDER (DDH)


Durban Diepgebraaide Hoender het die pryse van hul produkte verlaag om die
markaandeel te vergroot. Die sukses van die besigheid het daartoe gelei dat
DDH 'n nuwe tak in Mpumalanga geopen het.

1.1.1 Identifiseer TWEE tipes intensiewe strategieë wat deur DDH toegepas
word. Motiveer jou antwoord deur uit die scenario hierbo aan te haal.
Gebruik die tabel hieronder as 'n RIGLYN om VRAAG 1.1.1 te
beantwoord.
INTENSIEWE STRATEGIEË MOTIVERING
1.
2.
(6)
1.1.2 Verduidelik die ander intensiewe strategie wat deur DDH toegepas
kan word. (3)
1.1.3 Gee raad aan die bestuur van DDH oor die voordele van intensiewe
strategieë. (6)
[15]

134 BESIGHEIDSTUDIES | GRAAD 12

BS GRAAD 12 LB AFR.indb 134 2022/03/27 23:47:29


Eenheid 5.2 Besigheidstrategieë

Nuwe woorde
Diversifikasie-strategieë
Diversifikasie-strategieë word deur besighede gebruik om bedrywighede uit te Diversifikasie-strategieë
word gebruik om sakebedry-
brei na markte/nywerhede wat dit nie tans ondersoek/verken het nie. Dit stel
wighede uit te brei deur produkte/
die besigheid in staat om sy markaandeel uit te brei/nuwe markte te betree om
dienste/markte/produksie
nuwe verkoopskanale te verken/ groter winsgewendheid te behaal. Dit bied stadiums van die bestaande
die besigheid uitgebreide geleenthede om sy handelsmerkidentiteit te verbeter/ besigheid by nuwe markte/
handelsmerk-beeld 'n hupstoot te gee. Diversifikasiestrategieë word gebruik as marksegmente by te voeg
'n doelgerigte meganisme om die huidige mark/nywerheid-afswaai moontlik te
nywerheid-afswaai die
verminder/die besigheid teen sterk mededingers te beskerm.
algemene verlangsaming in
Tipes diversifikasie-strategieë besigheidsaktiwiteite binne
'n sekere nywerheid/mark
Konsentriese/ • Die besigheid voeg nuwe produkte/dienste by wat verband hoofsaaklik as gevolg van 'n
Verwante hou met bestaande/huidige produkte/dienste, maar sal afname in verkope
diversifikasie byval vind by nuwe kliënte/verbruikers.
• Vind plaas wanneer 'n besigheid sy produkreeks en markte
wil vergroot/uitbrei/vorder. Wenk
• Die besigheid skep 'n nuwe produk wat tegnologies ALLE diversifikasiestrategieë
soortgelyk is aan bestaande/huidige produkte wat op nuwe fokus op die toevoeging van
kliënte/verbruikers/markte gemik is. nuwe produkte. Die wyse
• Vind plaas wanneer 'n besigheid bestaande infrastruktuur/ waarop die besigheid hierdie
organisatoriese hulpbronne/kundigheid gebruik om nuwe produkte BYVOEG,
produkte te skep met 'n mate van soortgelykheid, maar met verskil egter.
duidelike differensiëring van bestaande/huidige produkte.
Horisontale • Die besigheid voeg nuwe produkte/dienste by wat nie QR-KODE
diversifikasie verband hou met bestaande/huidige produkte nie, maar
wat by bestaande/huidige kliënte/verbruikers kan aanklank Kyk na die volgende video
vind. vir meer inligting oor
• Vind plaas wanneer 'n besigheid in ander besigheid verkry/ diversifikasiestrategieë:
oorneem of saamsmelt wat op dieselfde produksiestadium/
produksievlak is, maar kan 'n ander produk aanbied.
• Die besigheid brei die produksie van produkte/dienste uit
bo/buite die mark/nywerheid waarin dit tans bedrywig is.
• Vind plaas wanneer die besigheid sy
ontwikkelingspotensiaal verhoog/sy handelsmerk uitbrei en
risiko aansienlik verminder aangesien die nuwe produkte
op bestaande kliënte/verbruikers gemik is.
Konglomerasie-/ • Die besigheid voeg nuwe produkte/dienste by wat nie met
Onverwante bestaande produkte verband hou nie, wat by nuwe kliënte
diversifikasie kan aanklank vind. https://www.youtube.com/
• Vind plaas wanneer die besigheid verskeie produklyne/ watch?v=HuJ2456qqDk
besigheidsentiteite vir heeltemal verskillende nywerhede/
verbruikers/kliënte bedryf.
• Die besigheid groei tot nuwe produkte/dienste en markte. Wenk
• Vind plaas wanneer die besigheid algehele produk/
diensbuigsaamheid/vaardigheid kan verhoog deur Dit is SLEGS konsentriese
aktiwiteite uit te brei na onverkende/onbekende markte. diversifikasie wat op
verwante produkte fokus.

Voordele van diversifikasiestrategieë


Die besigheid kan: Wenk
• ‘n toename in verkope/inkomste en besigheidsgroei ervaar. Horisontale diversifikasie en
• volgehoue winsgewendheid van verskillende produklyne ervaar gedurende konglomerasie-diversifikasie
tye van wisselende ekonomiese aktiwiteit. fokus BEIDE daarop om
onverwante produkte by
bestaande produkte te voeg.
Die teikenmark verskil egter.

KWARTAAL 1 | ONDERWERP 5 | Makro-omgewing: Besigheidstrategieë 135

BS GRAAD 12 LB AFR.indb 135 2022/03/27 23:47:29


KWARTAAL 1

• 'n toename ervaar in die aantal produkte wat aan bestaande/nuwe kliënte/
Wenk verbruikers verkoop word.
Jy moet eers die verskillende • addisionele nuwe markte in onverwante markte/nywerhede vestig.
tipes diversifikasiestrategieë • meer tegnologiese vermoëns verkry deur produkmodifikasie.
verstaan om die voordele van • hul handelsmerk/beeld/handelsmerkbewustheid verbeter.
diversifikasiestrategieë te • die risiko verminder om slegs op een produk staat te maak vir verkope/
verstaan. inkomste.
• hul mededingende voordeel behou deur aan die behoeftes van huidige/nuwe
kliënte te voldoen/uit te brei na nuwe onbekende markte.
• relevant/funksioneel/bedrywig bly in die konteks van konstante veranderende
besigheidsomgewings.

Illustrasie van die tipes diversifikasiestrategieë wat deur 'n


Wenk
besigheid toegepas word
Die illustrasie hieronder
word verskaf as verryking
om jou begrip van die tipe
ISO het hul produk/diens reeks gediversifiseer
diversifikasiestrategieë wat
deur fynproewer-spitbraai dienste aan te bied
deur 'n besigheid toegepas Konsentriese/
aangesien die vraag na hierdie dienste onlangs
kan word te verbeter. Verwante
deur nuwe potensiële kliënte toegeneem het.
Diversifikasie

Dit is 'n voorbeeld van konsentriese/


verwante diversifikasie omdat ISO nuwe
produkte/dienste byvoeg wat verband hou
met bestaande/huidige produkte, maar
nuwe kliënte sal aantrek.

IO
Intyambo

S
ISO het hul produk/diens reeks gediversifiseer deur
Sakeondernemings Horisontale
luukse motorverhuringsdienste vir verskeie
geleenthede soos troues en matriek-afskeide te
(ISO) Diversifikasie
verskaf, gebaseer op die behoeftes van die
bestaande kliënte.

Intyambo Enterprises Dit is 'n voorbeeld van horisontale diversifikasie


verskaf tans spysenierings- omdat ISO nuwe produkte/dienste byvoeg wat nie
dienste in die Komani SSK verband hou met bestaande/huidige produkte nie,
(Sentrale Sake-distrik) maar wat by bestaande kliënte kan aanklank vind.
vir klein en groot
geleenthede
Konglomerasie-/
ISO het hul produkreeks gediversifiseer
Onverwante deur 'n nuwe mark te verken waarin ISO
Diversifikasie 'n nuwe skoonheidsalon binne die SSK
gevestig het.

Dit is 'n voorbeeld van konglomerasie-/onverwante


diversifikasie omdat ISO nuwe produkte/dienste
byvoeg wat nie verband hou met bestaande
produkte/dienste nie, wat by nuwe groepe kliënte
kan aanklank vind.

136 BESIGHEIDSTUDIES | GRAAD 12

BS GRAAD 12 LB AFR.indb 136 2022/03/27 23:47:29


Eenheid 5.2  Besigheidstrategieë

Nuwe woorde
| Aktiwiteit 5.7 Klaswerk/Huiswerk
Defensiewe strategieë   die
VRAAG 1 besigheid gebruik defensiewe
1.1 Lees die scenario hieronder en beantwoord die vrae wat volg. strategieë om die bestaan/
oorlewing/ bedrywighede
BOKANG ONTWERPERS (BO) van die besigheid te verdedig
Bokang Ontwerpers spesialiseer in die verkoop van klere vir tieners. BO het gedurende tye van finansiële
besluit om 'n nuwe klerereeks vir kleuters by te voeg om nuwe kliënte te lok. moeilikheid/ onrus/self teen
mededingers te verdedig
1.1.1 Identifiseer die tipe diversifikasie-strategie wat deur BO toegepas word. operasionele redes  
Motiveer jou antwoord deur uit die scenario hierbo aan te haal. (3) besluite word deur die
1.1.2 Verduidelik TWEE ander tipes diversifikasie-strategieë wat deur BO besigheid geneem om te
toegepas kan word. (3) verseker dat gereelde/ huidige/
1.1.3 Bespreek die voordele van diversifikasie-strategieë. (6) bestaande bedrywighede kan
[12] voortbestaan

Wenk
Defensiewe strategieë
Besighede sal eers begin met
Die besigheid pas defensiewe strategieë toe wanneer finansiële onstabiliteit/
'n soort defensiewe strategie
moeilikheid as gevolg van onstabiele ekonomiese toestande ervaar word. Daar wat maklik is om toe te pas,
kan van die besigheid verwag word om moeilike besluite te neem wat hul soos ontbondeling, deur
toekoms/groei/oorlewing beïnvloed. Defensiewe strategieë word gebruik om sommige bates te verkoop
te verhoed/voorkom dat die besigheid sluit. Dit word ook deur die besigheid wat nie meer winsgewend
gebruik om hulself te beskerm teen 'n potensiële verlies aan verkope/inkomste/ is nie.
markaandeel.
Tipes defensiewe strategieë Wenk
Ontbondeling/ • Die besigheid beskik/verkoop sommige bates/afdelings wat Die besigheid word nou
Disinvestering/ nie meer winsgewend/produktief/funksioneel/ relevant is nie. gedwing om aflegging toe te
Vervreemding • Verkoop afdelings/produklyne met stadige groeipotensiaal/ pas as ontbondelingspogings
Afbetaling van skuld deur onproduktiewe bates te verkoop. onsuksesvol was.
• Die besigheid verminder die aantal aandeelhouers deur
eienaarskap te verkoop.
• Aandeelhouers onttrek hul beleggingsaandeel in 'n ander
besigheid (Disinvestering). Wenk
Die laaste defensiewe uitweg
Aflegging • Die besigheid beëindig die indiensnemingskontrakte
is om insolvensie te verklaar,
van werknemers weens operasionele-/strukturele-/
herstruktureringsredes. deur die besigheid te sluit
• Vermindering van die aantal produklyne/Sluiting van sekere sodat bestaande skuld steeds
afdelings wat daartoe lei dat sommige werkers oorbodig/ terugbetaal kan word.
uitgedien raak.
• Dit is 'n aggressiewe strategie waar bestuur dapper
besluite neem deur werknemers te laat gaan om Wenk
bedryfskoste/-uitgawes te verminder.
Onthou dat die besigheid
• Deur aflegging kan die besigheid pryse verlaag/afslag/
met ontbondeling SOMMIGE
aansporings vir kliënte/verbruikers bied.
bates/dele van die besigheid
Likwidasie • Die besigheid verkoop alle bates om krediteure te betaal verkoop en steeds aan hou
weens 'n gebrek aan kapitaal/die onvermoë om krediteure met bedrywighede. Dit
terug te betaal/bankrotskap. beteken dat nie alle bates
• Verkoop van die hele besigheid om aandeelhouers 'n billike prys verkoop word nie. Terwyl die
vir hul aandele te betaal met die sluiting van die besigheid. besigheid met likwidasie sluit
• Die proses van likwidasie laat krediteure toe om aansoek te en ALLE bates word verkoop.
doen vir gedwonge likwidasie om hul eise te laat afhandel. Ken die verskil.
• Dit is 'n onaangename proses om besigheidsaktiwiteite
tot 'n einde/laaste uitweg te bring om krediteure terug
te betaal.

KWARTAAL 1 | ONDERWERP 5 | Makro-omgewing: Besigheidstrategieë 137

BS GRAAD 12 LB AFR.indb 137 2022/03/27 23:47:29


KWARTAAL 1

Illustrasie van die tipes defensiewe strategieë wat deur 'n


Wenk
besigheid toegepas word
Die volgende illustrasie
word verskaf as verryking
om jou begrip van die tipes
defensiewe strategieë wat
deur 'n besigheid toegepas
kan word te verbeter.

Ontbondeling/
JFSA het twee kantoorblokke
1 Disinvestering/
Vervreemding
wat nie meer gebruik word
nie, aan 'n eiendoms-
maatskappy verkoop. R

JADE JFSA was gedwing om sekere


personeellede te laat gaan
Finansiering 2 Aflegging
weens operasionele redes en
Suid-Afrika
om die voortbestaan van die
Ons
Ons finansier
finansier
jou
jou toekoms
toekoms besigheid te verseker

Krediteure het met gedwonge


likwidasie begin om alle skuld
e
likwidasi
terug te eis wat nie deur JFSA
3 Likwidasie betaal is nie as gevolg van
insolvensie
Maatskappy
Likwidasie

QR-KODE | Aktiwiteit 5.8 Klaswerk/Huiswerk

Kyk na die volgende video vir VRAAG 1


meer inligting oor defensiewe 1.1 Lees die scenario hieronder en beantwoord die vrae wat volg.
strategieë:
NEWMAN FOTOGRAFIE (NF)
Newman Fotografie (NF) het aansoek gedoen vir 'n lening om bedryfskoste te
dek. Die indiensnemingskontrakte van sekere werknemers is beëindig weens 'n
afname in die aantal produklyne. Van NF se bates wat nie meer funksioneel was
nie, is verkoop. NF het uiteindelik besluit om hul bates te verkoop om krediteure
terug te betaal.

1.1.1 Identifiseer DRIE tipes defensiewe strategieë wat deur NF toegepas


word. Motiveer jou antwoord deur uit die scenario hierbo aan te haal.
Gebruik die tabel hieronder as 'n RIGLYN om VRAAG 1.1.1 te beantwoord.
https://www.youtube.com/
watch?v=eJbw_4XAdWA DEFENSIEWE STRATEGIEË MOTIVERING
1.
2.
3.
(9)
[9]

138 BESIGHEIDSTUDIES | GRAAD 12

BS GRAAD 12 LB AFR.indb 138 2022/03/27 23:47:29


Eenheid 5.2 Besigheidstrategieë

Strategie-evaluering QR-KODE
Die besigheid moet deurlopend strategieë evalueer om dit te verander/aan Strategie-evaluering
te pas volgens die huidige eise van die mark/nywerheid. Strategie-evaluering
stel 'n besigheid in staat om op hoogte te bly/bly met veranderinge in die
besigheidsomgewings. Dit laat 'n besigheid toe om te evalueer/assesseer of die
beoogde strategie sy doel dien.

Stappe in strategie-evaluering

1 Ondersoek/Evalueer die onderliggende basis van 'n


besigheidstrategie.

2 Kyk vorentoe en agtertoe in die implementeringsproses. https://www.youtube.com/


watch?v=m1xW531hBdU

3 Vergelyk die verwagte prestasie met die


werklike prestasie.
Wenk

4
Dit is raadsaam dat die
Meet die besigheid se prestasie om sodoende die stappe in strategie-evaluering
redes vir afwykings te kan bepaal en te ontleed. in volgorde verskaf word. Jy

5
sal egter nie gepenaliseer
Neem korrektiewe stappe sodat die afwykings word as hulle nie in die
reggestel kan word. korrekte volgorde verskaf
word nie.

6 Stel spesifieke datums op vir beheer en opvolging.

7 Stel 'n tabel op van die voor- en nadele van 'n strategie.

8 Besluit op die verlangde uitkoms.

9 Oorweeg die impak van die strategiese implementering in


die interne en eksterne omgewings van die besigheid.

| Aktiwiteit 5.9 Klaswerk/Huiswerk

VRAAG 1
1.1 Lees die scenario hieronder en beantwoord die vrae wat volg.

KATHRADA PROPERTY DEVELOPERS (KPD)


Kathrada Eiendomsontwikkelaars het verskillende tipes besigheidstrategieë
geïmplementeer wat geëvalueer moet word. KEO het die onderliggende basis
van die besigheidstrategie beoordeel. Hulle het ook regstellende stappe gedoen
sodat afwykings van die vereistes reggestel kan word. Spesifieke datums is deur
KEO vasgestel vir beheer en opvolging.

1.1.1 Haal DRIE stappe aan in strategie-evaluering wat deur KEO toegepas word. (3)
1.1.2 Verduidelik ander stappe in strategie-evaluering wat deur KEO toegepas
kan word. (6)
[9]

KWARTAAL 1 | ONDERWERP 5 | Makro-omgewing: Besigheidstrategieë 139

BS GRAAD 12 LB AFR.indb 139 2022/03/27 23:47:30


KWARTAAL 1

Konsolidasie

VRAAG 1: Blokkiesraaisel 1
Voltooi die blokkiesraaisel hieronder deur die leidrade te gebruik wat verskaf word.
1

2 3

10

DWARS AF
4 Hierdie groeistrategie vind plaas wanneer die onderneming 1 Die besigheid kombineer met sy verspreiders langs die
huidige produkte in nuwe geografiese gebiede verkoop. voorsieningsketting.
6 Die besigheid voeg nuwe produkte by wat verband hou met 2 In hierdie strategie fokus die onderneming daarop om
bestaande produkte, maar sal byval vind by nuwe kliënte. bestaande produkte in bestaande markte te verkoop om hul
7 Die vermoë van verskaffers om die pryse van hul produkte te markaandeel te vergroot.
verhoog. 3 Die besigheid voeg nuwe produkte by wat nie met
9 Spesifieke tegnieke wat deur 'n besigheid gebruik word om bestaande produkte verband hou nie, wat by nuwe kliënte
verskillende besigheidsomgewings te ontleed. kan aanklank vind.
10 Hierdie nywerheidsanalise-instrument stel 'n onderneming 5 Die algemene verlangsaming in besigheidsaktiwiteit binne
in staat om strategieë te ontwerp in reaksie op die makro- 'n bepaalde nywerheid hoofsaaklik as gevolg van 'n afname
omgewing. in verkope.
8 Hierdie defensiewe strategie vind plaas wanneer die
onderneming die indiensnemingskontrakte van werknemers
om operasionele redes beëindig.

(10 × 2) (20)
140 BESIGHEIDSTUDIES | GRAAD 12

BS GRAAD 12 LB AFR.indb 140 2022/03/27 23:47:30


Eenheid 5.2  Besigheidstrategieë

Konsolidasie

VRAAG 2: Blokkiesraaisel 2
Voltooi die blokkiesraaisel hieronder deur die leidrade te gebruik wat verskaf word.
1 2

4
5 6

10

DWARS AF
7 Die gemak waarmee die produk van die besigheid 1 Hierdie groeistrategie fokus op die bekendstelling van nuwe produkte
vervang kan word deur 'n goedkoper alternatief. in bestaande markte.
8 Die onderneming verkoop alle bates om 2 Hierdie strategie behels dat die onderneming saamsmelt met sy
krediteure te betaal weens 'n gebrek aan kapitaal verskaffers bo in die voorsieningsketting.
en bankrotskap. 3 Die besigheid neem beheer oor van 'n ander besigheid in dieselfde
9 Hierdie nywerheidsanalise-instrument stel 'n nywerheid wat 'n soortgelyke produk produseer.
onderneming in staat om die interne en eksterne 4 Hierdie tipe diversifikasie-strategie vind plaas wanneer die
faktore te bepaal wat tot die sukses of mislukking onderneming nuwe produkte byvoeg wat nie met bestaande produkte
van die onderneming kan bydra. verband hou nie, maar wat by bestaande kliënte kan aanklank vind.
10 'n Doelgerigte optrede wat die onderneming volg 5 Die onderneming stel 'n mededingersprofiel saam wanneer hierdie
om sy doelwitte te bereik. komponent van Porter se Vyf Kragte-model toegepas word.
6 'n Eenvoudige nywerheidsanalise-instrument wat gebruik word om die
mededingende posisie van die onderneming in die mark assesseer.

(10 × 2) (20)

KWARTAAL 1 | ONDERWERP 5 | Makro-omgewing: Besigheidstrategieë 141

BS GRAAD 12 LB AFR.indb 141 2022/03/27 23:47:30


KWARTAAL 1

Konsolidasie

VRAAG 3
3.1 Verskeie opsies word as moontlike antwoorde op die volgende vrae gegee. Kies die antwoord en skryf slegs die letter (A–D)
langs die vraagnommer (3.1.1 tot 3.1.5) neer, byvoorbeeld, 3.1.5 D.
3.1.1 Inkomo Melkery het … integrasie toegepas toe hulle Melkman Suiwelbedryf oorgeneem het.
A voorwaartse vertikale
B horisontale
C terugwaartse vertikale
D intensiewe
3.1.2 Die bedreiging van plaasvervangers as 'n element van Porter se Vyf Kragte-model, stel Mega Tech in staat om te
bepaal of...
A kopers pryse kan dikteer.
B huidige hindernisse tot toetrede nuwe besighede kan toelaat om die bedryf te betree.
C verskaffers van unieke goedere in staat is om hul pryse aansienlik te verhoog.
D produkte maklik vervang kan word deur goedkoper alternatiewe van mededingende firmas.
3.1.3 Die besigheid beskik oor sommige van hul bates wat nie meer winsgewend is nie om in die mark te bly:
A Likwidasie
B Aflegging
C Diversifikasie
D Disinvestering 
3.1.4 Markpenetrasie word deur Jessica Smith Kleinhandelaars toegepas as 'n intensiewe strategie wanneer hulle ...
A bestaande produkte in die huidige mark verkoop om hul markaandeel te vergroot.
B bestaande produkte in nuwe markte te verkoop.
C nuwe produkte byvoeg wat verband hou met bestaande produkte, maar wat by bestaande kliënte kan
aanklank vind.
D nuwe produkte in bestaande markte bekendstel.
3.1.5 Die werknemers van Tido Handelaars lewer effektiewe kliëntediens. Dit is 'n voorbeeld van 'n ... in SSGB-ontleding.
A sterk punt
B swak punt
C geleentheid
D bedreiging 
(5 × 2) (10)

3.2 Voltooi die volgende stellings deur die woord(e) in die lys hieronder te gebruik. Skryf slegs die woord(e) langs die
vraagnommer (3.2.1-3.2.5) neer.

SSGB-ontleding ; omgewings ; aflegging ; ekonomiese
konsentriese ; swakheid ; konglomerasie ; bedreiging
Porter se Vyf Kragte-model ; ontbondeling

3.2.1 Phakama Bedrywighede het … diversifikasie toegepas toe hulle nuwe produklyne bygevoeg het wat nie met
bestaande produkte verband hou nie en wat by nuwe kliënte kan aanklank vind.
3.2.2 Werknemers wat nie as 'n span kan saamwerk nie, sal as 'n... vir 'n besigheid beskou word.
3.2.3 Coetzee Bemarking het 'n … gebruik om die mag van mededingers binne die bedryf te bepaal.
3.2.4 Die verkeerde implementering van herwinningsmetodes vorm deel van … as 'n PESTWO-faktor wat
uitdagings aan besighede stel.
3.2.5 Noemdoe Dinamiese Entrepreneurs het ... as 'n defensiewe strategie toegepas toe hulle die
indiensnemingskontrakte van sommige van die werknemers beëindig het.
(5 × 2) (10)

142 BESIGHEIDSTUDIES | GRAAD 12

BS GRAAD 12 LB AFR.indb 142 2022/03/27 23:47:30


Eenheid 5.2  Besigheidstrategieë

Konsolidasie

3.3 Kies ‘n beskrywing uit KOLOM B wat by ‘n term in KOLOM A pas. Skryf slegs die letter (A–J) langs die vraagnommer
(3.3.1 – 3.3.5) neer, byvoorbeeld, 3.3.1 J.
Kolom A Kolom B
3.3.1 PESTWO-ontleding A 'n paar kragtige kliënte wat die besigheid beïnvloed om pryse te
verlaag
3.3.2 Produkontwikkeling B kombineer met verspreiders in die produksieketting
3.3.3 Terugwaartse vertikale C 'n nywerheidsanalise-instrument wat gebruik word om
integrasie uitdagings van die makro-omgewing te evalueer
3.3.4 Krag van kopers D verhoogde verkope van bestaande produkte deur die
ontwikkeling van nuwe markte
3.3.5 Horisontale diversifikasie E kombineer die besigheid met hul verskaffer
F om nuwe produkte by te voeg wat nie met bestaande produkte
verband hou nie, maar by bestaande kliënte sal aanklank vind
G evalueer mededingende wedywering in die nywerheid
H produsering van nuwe produkte vir huidige markte
I die vermoë van verskaffers om die pryse van hul produkte te
verhoog
J om nuwe produkte te skep wat tegnologies soortgelyk aan
bestaande produkte wat op nuwe kliënte gemik is

(5 × 2) (10)
[30]

VRAAG 4
4.1 Identifiseer die PESTWO-faktor wat uitdagings aan Williamson Media (WM) in ELKE stelling hieronder stel.
4.1.1 WM is nie vertroud met die plaaslike taal van hul kliënte nie.
4.1.2 Dit is duur om lenings te bekom weens hoë rentekoerse.
4.1.3 Werknemers van WM is nie vaardig om nuwe toerusting en masjinerie te gebruik nie.
4.1.4 Verpakking van sommige produkte van WM voldoen nie aan omgewingsvriendelike standaarde nie.
4.1.5 Die bepalings en voorwaardes van besigheidskontrakte vertraag die sakebedrywighede van WM.
(5 × 2) (10)

4.2 Noem DRIE tipes defensiewe strategieë.  (3)


4.3 Onderskei tussen horisontale integrasie en horisontale diversifikasie.(4)
4.4 Lees die scenario hieronder en beantwoord die vrae wat volg.

BONGA BAKKERY (BB)


Bonga Bakkery was maklik om op te rig, aangesien slegs 'n handelslisensie nodig was. Die hoof-verbruikers
het BB gedwing om die pryse van hul banketkoeke te verlaag. Imperial Bakkers (IB) wat naby BB geleë is, het 'n
verkoopstrategie gebruik om hul markaandeel te vergroot. ’n Droogte het die pryse van hoof-bestanddele vinnig
laat styg. Kliënte het gekies om goedkoper produkte by IB te koop.

4.4.1 Identifiseer VYF elemente van Porter se Vyf Kragte Model van toepassing op BB. Motiveer jou antwoord deur
uit die scenario hierbo aan te haal.
Gebruik die tabel hieronder as 'n RIGLYN om VRAAG 4.4.1 te beantwoord.

KWARTAAL 1 | ONDERWERP 5 | Makro-omgewing: Besigheidstrategieë 143

BS GRAAD 12 LB AFR.indb 143 2022/03/27 23:47:30


KWARTAAL 1

Konsolidasie

PORTER SE VYF KRAGTE-MODEL MOTIVERING


1.
2.
3.
4.
5.
(15)
4.5 Bespreek die strategiese bestuursproses.  (8)
[40]
VRAAG 5
5.1 Benoem DRIE nywerheidsanalise-instrumente. (3)
5.2 Lees die scenario hieronder en beantwoord die vrae wat volg.

LIAM BOTMAN HANDELAARS (LBH)


Covid-19 het 'n volgehoue afname in die verkope van Liam Botman Handelaars veroorsaak. Die plaaslike
regering ondersteun LBH met toelaes. Hoë vrywillige personeelomset is algemeen in die besigheid. LBH gebruik
tans gesonde finansiële bestuurspraktyke.

5.2.1 Stel 'n SWOT-ontleding van LBH saam.


Gebruik die tabel hieronder as 'n RIGLYN om VRAAG 5.2.1 te beantwoord.
STERKPUNT SWAKPUNT

GELEENTHEID BEDREIGING

(4)
5.3 Lees die scenario hieronder en beantwoord die vrae wat volg.

MBOMBELA RESTOURANT (MR)


Mbombela Restourant het 'n intensiewe strategie toegepas deur 'n nuwe tak in Polokwane te open. Daar is aan
MR aangeraai dat hulle die korrekte stappe in strategie-evaluering moet volg.

5.3.1 Identifiseer die tipe intensiewe strategie wat deur MR toegepas word. Motiveer jou antwoord deur uit die
scenario hierbo aan te haal. (3)
5.3.2 Beskryf TWEE ander intensiewe strategieë wat deur MR toegepas kan word. (6)
5.3.3 Verduidelik die voordele van intensiewe strategieë. (6)
5.3.4 Gee MR raad oor die stappe wat hulle moet volg wanneer strategieë evalueer word.  (8)
[30]
VRAAG 6
6.1 Identifiseer die tipe besigheidstrategie wat deur De Doorns Verspreiders (DDV) toegepas word in ELKE stelling hieronder.
6.1.1 'n Verbetering in die bemarkingsmengsel is uitgevoer, gebaseer op die marknavorsing van huidige kliënte.
6.1.2 DDV het verskaffers in die produksieketting oorgeneem om afhanklikheid van verskaffers te verminder.
6.1.3 Nuwe produkte wat met bestaande produkte verband hou, is deur DDV bygevoeg om nuwe kliënte te lok.

144 BESIGHEIDSTUDIES | GRAAD 12

BS GRAAD 12 LB AFR.indb 144 2022/03/27 23:47:30


Eenheid 5.2  Besigheidstrategieë

Konsolidasie

6.1.4 DDV het afdelings van die besigheid verkoop wat nie meer winsgewend is nie.
6.1.5 Kontrakte van sekere personeel is beëindig as gevolg van operasionele druk wat by DDV ondervind is.
6.1.6 DDV het beheer oor Graham Verspreiders oorgeneem om die bedreiging van mededinging te verminder.
 (6 × 2) (12)
6.2 Lees die scenario hieronder en beantwoord die vrae wat volg.

SOSO KONSULTANTE (SK)


Soso Konsultante is nie in staat om op hoogte te bly met die nuutste innovasies
in nuwe masjinerie nie. Sommige regeringsbeleide raak die sakebedrywighede
van SK. Hoë koste om 'n lisensie te bekom, verhinder die vestiging van 'n
tweede tak. Skommelinge in buitelandse valuta beperk invoere.

Gebruik die tabel hieronder as 'n RIGLYN om VRAAG 6.2.1 en 6.2.2 te beantwoord.

UITDAGINGS PESTWO-FAKTORE
6.2.1 6.2.2
1.
2.
3.
4.

6.2.1 Haal VIER uitdagings vir SK uit die scenario hierbo aan.  (4)
6.2.2 Klassifiseer SK se uitdagings volgens 'n relevante PESTLE-faktor. (8)
6.2.3 Beveel maniere aan waarop SK die uitdagings kan hanteer wat gestel word deur EEN van die PESTLE-faktore
wat in VRAAG 6.2.2 geïdentifiseer is. (6)
[30]

VRAAG 7: BESIGHEIDSOMGEWINGS (BESIGHEIDSTRATEGIEË)

Besighede pas die strategiese bestuursproses toe wanneer hulle reageer op


uitdagings van die drie besigheidsomgewings. Sommige besighede implementeer
verskillende tipes diversifikasie-strategieë. Dit is belangrik dat besighede vertroud
is met die stappe om te volg in die evaluering van hul strategie.

Skryf 'n opstel oor besigheidstrategieë waarin jy die volgende aspekte insluit:

• Beskryf kortliks die strategiese bestuursproses.


• Verduidelik DRIE tipes diversifikasiestrategieë wat deur besighede geïmplementeer kan word.
• Bespreek die voordele van diversifikasiestrategieë.
• Gee besighede raad oor die stappe wat hulle moet volg om strategieë te evalueer.
[40]

KWARTAAL 1 | ONDERWERP 5 | Makro-omgewing: Besigheidstrategieë 145

BS GRAAD 12 LB AFR.indb 145 2022/03/27 23:47:30


KWARTAAL 1

Breinkaart: Onderwerp 5 – Makro-omgewing: Besigheidstrategieë


Gebruik die breinkaarte as 'n riglyn om die inhoud wat in hierdie onderwerp
behandel word, te konsolideer. Maak seker dat jy die inhoud van elke opskrif in
hierdie onderwerp bestudeer.

BESIGHEIDSTRATEGIEË

Die strategiese
bestuursproses en SSGB-Ontleding
nywerheidsanalise- Word gebruik om die interne (mikro) en eksterne (mark en makro)
instrumente omgewings van 'n besigheid te bestudeer.
Die proses van strategiese bestuur
• Hersien visiestelling
• Ontleed missiestelling
• Voer omgewingskandering/
omgewingsverkenning uit deur gebruik
te maak van SSGB-Analise/Porter se Vyf Sterkpunte Swakpunte
Kragte-model/ PESTWO-Ontleding
• Formuleer 'n strategie Sterkpunte is interne, positiewe Swakhede is interne, negatiewe
• Implementeer 'n strategie eienskappe/aspekte van die eienskappe/aspekte van die
• Monitor die geïmplementeerde besigheid wat binne die beheer van besigheid wat binne die beheer van
strategie om afwykings in die besigheid is. die besigheid is.
implementering te bepaal
• Neem regstellende stappe

Geleenthede Bedreigings
QR-KODE Geleenthede is eksterne, potensieel Bedreigings is eksterne, potensieel
positiewe eienskappe/aspekte negatiewe eienskappe/aspekte
Skandeer hierdie kode vir ‘n
wat nie binne die beheer van die wat nie binne die beheer van die
oorsig oor die inhoud van besigheid is nie. besigheid is nie.
hierdie onderwerp rakende die
spesifieke kernleerpunte.

https://youtube.com/play-
list?list=PLY8n0zQCEkpq-
FIeP-ayvS2S2zCgxTISr3

146 BESIGHEIDSTUDIES | GRAAD 12

BS GRAAD 12 LB AFR.indb 146 2022/03/27 23:47:31


Eenheid 5.2 Besigheidstrategieë

BESIGHEIDSTRATEGIEË (vervolg)

PESTWO-Ontleding Porter se Vyf Kragte-model


• Word gebruik om die faktore in die eksterne (makro) • Word gebruik om die mededingende posisie van die
omgewing wat die besigheid kan beïnvloed te identifiseer en onderneming in die markomgewing te evalueer.
te evalueer.

PESTWO-Faktore Komponente/Elemente
POLITIEKE BEDINGINGSMAG VAN VERSKAFFERS/ KRAG VAN VERSKAFFERS
• Uitdaging: Sommige regeringsbeleide kan besighede raak. • Die vermoë van verskaffers om die prys van die produk wat gelewer
• Aanbeveling: Doen navorsing oor onlangse word, te verhoog.
regeringsbeleide.
ONDERHANDELINGSKRAG VAN KOPERS/ KRAG VAN KOPERS
EKONOMIESE • Die vermoë van kopers om die besigheid te beïnvloed om die prys
• Uitdaging: Fluktuasies in buitelandse valuta kan invoer van die produk wat verkoop word te verlaag.
beperk.
• Aanbeveling: Handel met lande wat 'n laer, gunstige BEDREIGINGS/HINDERNISSE VAN NUWE TOETREDERS TOT DIE
wisselkoers het. MARK
• Evalueer en versterk die hindernisse om die mark te betree, wat kan
SOSIALE verhoed dat nuwe besighede die mark betree.
• Uitdaging: Kliënte kan moontlik nie produkte bekostig nie
weens lae inkomstevlakke. KRAG VAN MEDEDINGERS/ MEDEDINGENDE WEDYWERING
• Aanbeveling: Verkoop plaasvervanger produkte teen laer • Die hoeveelheid mag van bestaande mededingers binne die mark.
pryse.
BEDREIGING VAN SUBSTITUSIE/ PLAASVERVANGERS
TEGNOLOGIESE • Die gemak waarteen die produk van die besigheid deur 'n
• Uitdaging: Mag nie op hoogte bly van die nuutste goedkoper alternatief vervang kan word.
tegnologie nie.
• Aanbeveling: Doen deurlopende navorsing oor die nuutste
beskikbare tegnologie in die mark.

WETLIKE
• Uitdaging: Die implikasies van die verskillende wette wat
'n direkte impak op 'n besigheid kan hê, byvoorbeeld WVB/
WBDV.
• Aanbeveling: Voldoen aan alle relevante wetgewing wat
besighede kan beïnvloed.

OMGEWINGS
• Uitdaging: Verpakking van sommige produkte is dalk nie
omgewingsvriendelik nie.
• Aanbeveling: Gebruik verpakking wat herbruikbaar/
herwinbaar is.

KWARTAAL 1 | ONDERWERP 5 | Makro-omgewing: Besigheidstrategieë 147

BS GRAAD 12 LB AFR.indb 147 2022/03/27 23:47:31


KWARTAAL 1

TIPES BESIGHEIDSTRATEGIEË

Integrasie-strategieë Intensiewe strategieë

VOORWAARTSE VERTIKALE INTEGRASIE MARKPENETRASIE


• Die besigheid kombineer/smelt saam met/neem sy verspreiders/ • Die besigheid fokus daarop om bestaande produkte in bestaande
tussengangers in die voorsieningsketting oor. markte te verkoop om hul markaandeel te vergroot.

TERUGWAARTSE VERTIKALE INTEGRASIE MARKONTWIKKELING


• Die besigheid kombineer/smelt saam met/neem sy verskaffers in • Die besigheid gebruik hierdie groeistrategie om sy bestaande
die voorsieningsketting oor. produkte in nuwe markte/geografiese gebiede te verkoop.

HORISONTALE INTEGRASIE PRODUKONTWIKKELING


• Die besigheid neem beheer van/smelt saam met ander besighede • Die besigheid gebruik hierdie groeistrategie om nuwe produkte in
in dieselfde/verwante industrie wat dieselfde/soortgelyke produkte bestaande markte bekend te stel.
verkoop.

VOORDELE VAN INTENSIEWE STRATEGIEË


• Verbeter markaandeel.
• Verhoog verkope as gevolg van 'n verskeidenheid aggressiewe
advertensie veldtogte. Defensiewe strategieë
• Verhoog kliëntlojaliteit deur doeltreffende promosie veldtogte.
AFLEGGING
• Die besigheid beëindig die indiensnemingskontrakte van
werknemers vir operasionele redes.
Diversifikasiestrategieë LIKWIDASIE
• Die besigheid verkoop alle bates om krediteure te betaal en sluit
KONSENTRIESE DIVERSIFIKASIE alle aktiwiteite af.
• Die besigheid voeg nuwe produkte by wat verband hou met
bestaande produkte, maar sal byval vind by nuwe kliënte. ONTBONDELING
• Die besigheid beskik oor/verkoop sommige bates/afdelings wat nie
HORISONTALE DIVERSIFIKASIE meer winsgewend is nie.
• Die besigheid voeg nuwe produkte by wat nie met bestaande
produkte verband hou nie, maar wat by bestaande verbruikers kan
aanklank vind.

KONGLOMERASIEDIVERSIFIKASIE Stappe vir strategie-evaluering


• Die besigheid voeg nuwe produkte by wat nie verband hou met
bestaande produkte nie wat by nuwe kliënte kan aanklank vind. • Ondersoek die onderliggende basis van 'n besigheidstrategie.
• Kyk vorentoe en agtertoe in die implementeringsproses.
VOORDELE VAN DIVERSIFIKASIESTRATEGIEË • Vergelyk die verwagte prestasie met die werklike prestasie.
• Verhoog verkope en besigheidsgroei. • Meet die besigheidsprestasie om die redes vir afwykings te bepaal.
• Handhaaf winsgewendheid van verskillende produklyne. • Neem regstellende stappe sodat afwykings reggestel kan word.
• Vestig bykomende nuwe markte in onverwante markte/nywerhede. • Stel 'n tabel/lys op van die voordele en nadele van 'n strategie.

148 BESIGHEIDSTUDIES | GRAAD 12

BS GRAAD 12 LB AFR.indb 148 2022/03/27 23:47:32


BESIGHEIDSTUDIES
GRAAD 12
SKOOLGEBASEERDE ASSESSERING (SGA) FORMELE ASSESSERINGSTAAK
KWARTAAL 1
VOORBEELD
GEVALLESTUDIE
PUNTE: 50 TYD: 1 UUR

INSTRUKSIES EN INLIGTING
Lees die volgende instruksies aandagtig deur voordat die vrae beantwoord word.
1. Die volgende onderwerpe word in hierdie Formele Assesseringstaak geassesseer:
• Die impak van onlangse wetgewing op besighede
• Menslike hulpbronfunksie
• Etiek en professionalisme
• Kreatiewe denke en probleemoplossing
2. Hierdie Formele Assesseringstaak moet voltooi word gedurende klastyd onder gekontroleerde toestande
binne die toegewese tyd wat voorsien word.
3. BEANTWOORD ALLE VRAE.
4. Lees die instruksies vir elke vraag aandagtig deur en beantwoord slegs wat vereis word.
5. Nommer die antwoorde korrek volgens die nommeringstelsel wat in hierdie Formele Assesseringstaak
gebruik is.
6. Antwoorde moet in volsinne wees waar van toepassing.
7. Lees die vrae aandagtig deur.
8. Netheid en sistematiese aanbieding van feite word vereis.
9. Skryf netjies en leesbaar.

VRAAG 1
1.1 Lees die gevallestudie hieronder en beantwoord die vrae wat volg.

KROMBIE LOGISTIEKE (KL)


Krombie Logistieke streef daarna om aan die Wet op Breëbasis-Swart Ekonomiese Bemagtiging (BBSEB),
2003 (Wet 53 van 2003), (gewysig in 2013) te voldoen, deur die vyf hersiene BBSEB-pilare toe te pas.
Leerlingskappe en leerprogramme word aan swart werknemers verskaf. KL het ook meer geleenthede
vir swart mense gebied om aandeelhouers in die besigheid te word. Daarbenewens moet KL vertroud
wees met die aksies wat as nie-nakoming beskou word volgens die Nasionale Kredietwet (NKW), 2005
(Wet 34 van 2005).
KL het sekere vakatures in die besigheid geïdentifiseer en die proses begin om geskikte kandidate te
vind en aan te stel in ooreenstemming met die Wet op Arbeidsverhoudinge (WAV), 1995 (Wet 66 van
1995). Nuut aangestelde werknemers is aan KL voorgestel sodat hulle hulself met hul nuwe fisiese
werksomgewing kon vergewis.
KL verseker dat ouditering en ander verslae akkuraat gedoen word en aan aandeelhouers en werknemers
beskikbaar gestel word. Die raad verseker ook dat die besigheidsetiek effektief in die werkplek
geïmplementeer word.
Die behoeftes van kliënte verander voortdurend. Die bemarkingsafdeling is dus tans besig om te
ondersoek hoe hulle verskillende probleemoplossingstegnieke kan toepas om hierdie uitdaging aan te
spreek. KL erken ook die voordele van kreatiewe denke om komplekse besigheidsprobleme op te los.
Bron: H. Adams (Julie 2021)

Hierdie gevallestudie bestaan uit 2 bladsye.


Formele Assesseringstaak Kwartaal 1: Gevallestudie 149

BS GRAAD 12 LB AFR.indb 149 2022/03/27 23:47:32


1.1.1 Identifiseer TWEE BBSEB-pilare wat deur KL toegepas word. Motiveer jou antwoord deur uit die
gevallestudie hierbo aan te haal.
Gebruik die tabel hieronder as ‘n RIGLYN om VRAAG 1.1.1 te beantwoord.

BBSEB-PILARE MOTIVERING
1.
2.
(6)
1.1.2 Brei uit oor die betekenis van leerlingskappe.(4)
1.1.3 Gee KL raad oor die optredes wat as nie-nakoming beskou word volgens die Nasionale
Kredietwet (NKW), 2005 (Wet 34 van 2005).  (4)
1.1.4 Identifiseer TWEE menslike hulpbronaktiwiteite wat deur KL toegepas word. Motiveer jou
antwoord deur uit die gevallestudie hierbo aan te haal. 
Gebruik die tabel hieronder as ‘n RIGLYN om VRAAG 1.1.4 te beantwoord.

MENSLIKE HULPBRONAKTIWITEITE MOTIVERING


1.
2.
(6)
1.1.5 Verduidelik die implikasie van die Wet op Arbeidsverhoudinge (WAV), 1995 (Wet 66 van 1995)
op die menslike hulpbronfunksie.  (4)
1.1.6 Identifiseer TWEE King Kode-beginsels wat deur KL toegepas word. Motiveer jou antwoord
deur uit die gevallestudie hierbo aan te haal. 
Gebruik die tabel hieronder as ‘n RIGLYN om VRAAG 1.1.6 te beantwoord.

KING KODE-BEGINSELS MOTIVERING


1.
2.
(6)
1.1.7 Verduidelik EEN ander King Kode-beginsel wat deur KL toegepas kan word.  (3)
1.1.8 Stel maniere voor waarop professionele, verantwoordelike, etiese en effektiewe sakepraktyke
deur KL uitgevoer moet word, anders as die wat in die gevallestudie hierbo genoem is.  (4)
1.1.9 Noem DRIE probleemoplossingstegnieke wat deur KL toegepas kan word.  (3)
1.1.10 Onderskei tussen probleemoplossing en besluitneming.  (4)
1.1.11 Bespreek die voordele van kreatiewe denke in die werkplek.  (6)
 GROOTTOTAAL [50]

150 BESIGHEIDSTUDIES | GRAAD 12

BS GRAAD 12 LB AFR.indb 150 2022/03/27 23:47:32


BESIGHEIDSTUDIES
GRAAD 12
SKOOLGEBASEERDE ASSESSERING (SGA) FORMELE ASSESSERINGSTAAK
KWARTAAL 1
VOORBEELD
KONTROLE TOETS
PUNTE: 100 TYD: 1½ UUR

INSTRUKSIES EN INLIGTING
Lees die volgende instruksies aandagtig deur voordat die vrae beantwoord word.
1. Hierdie vraestel bestaan uit DRIE afdelings.
AFDELING A: VERPLIGTEND
AFDELING B: Bestaan uit DRIE vrae.
Beantwoord enige TWEE van die drie vrae in hierdie afdeling.
AFDELING C: Bestaan uit TWEE vrae.
Beantwoord enige EEN van die twee vrae in hierdie afdeling.
2. Lees die instruksies vir elke vraag aandagtig deur en neem deeglik kennis van wat vereis word.
3. Let daarop dat SLEGS die eerste TWEE vrae in AFDELING B en die EERSTE vraag in AFDELING C nagesien
sal word.
4. Nommer die antwoorde korrek volgens die nommeringstelsel wat in hierdie vraestel gebruik is. GEEN
punte sal toegeken word vir antwoorde wat verkeerd genommer is NIE.
5. Behalwe waar ander instruksies gegee word, moet antwoorde in volsinne geskryf word.
6. Gebruik die puntetoekenning en aard van elke vraag om die lengte en diepte van ‘n antwoord te bepaal.
7. Gebruik die tabel hieronder as ‘n riglyn vir punte- en tydstoekenning wanneer jy elke vraag beantwoord.

AFDELING VRAAG PUNTE TYD


A Objektiewe tipe vrae 1 20 10 minute
VERPLIGTEND
B DRIE direkte/indirekte tipe vrae 2 20 20 minute
KEUSE (Beantwoord enige TWEE.)
3 20 20 minute
4 20 20 minute
C TWEE opsteltipe vrae 5 40 40 minute
KEUSE (Beantwoord enige EEN.)
6 40 40 minute
TOTAAL 100 90 minute

8. Begin die antwoord op ELKE vraag op ‘n NUWE bladsy, bv. VRAAG 1 – nuwe bladsy, VRAAG 2 – nuwe
bladsy, ens.
9. Jy mag ‘n nie-programmeerbare sakrekenaar gebruik.
10. Skryf netjies en leesbaar.

Hierdie kontrole toets bestaan uit 4 bladsye.

Formele Assesseringstaak Kwartaal 1: Kontrole Toets 151

BS GRAAD 12 LB AFR.indb 151 2022/03/27 23:47:32


AFDELING A (VERPLIGTEND)
VRAAG 1
1.1 Verskeie opsies word as moontlike antwoorde op die volgende vrae gegee. Kies die antwoord en skryf
slegs die letter (A–D) langs die vraagnommer (1.1.1 tot 1.1.5) neer, bv. 1.1.6 D.
1.1.1 Besighede word nie toegelaat om verbruikers te mislei oor pryse nie. Dit is die reg tot/op...
volgens die Wet op Verbruikersbeskerming (WVB), 2008 (Wet 68 van 2008).
A aanspreeklikheid van verskaffers
B billike bepalings en voorwaardes
C regverdige en eerlike handelinge
D billike bemarking
1.1.2 Willemse Pakhuise gebruik ... as ‘n bron van eksterne werwing vir ‘n vakante pos.
A interne kennisgewingborde
B werwingsagentskappe
C besigheidsnuusbriewe
D bestuursverwysings
1.1.3 Professionele gedrag is duidelik by Mandy Ondernemings deur...
A gebruik te maak van onvanpaste taalgebruik met kliënte.
B kliënte se inligting vir persoonlike gewin te gebruik.
C kinderarbeid te gebruik om werkskepping te verbeter.
D beleefde taal met kliënte te gebruik.
1.1.4 ‘n Voordeel van die nominale groeptegniek vir Dudu Verspreiders is dat dit...
A kundige menings verskaf om probleme op te los.
B kort sleutelwoorde en frases genereer.
C vereis dat elke spanlid aktief deelneem sonder inmenging van ander.
D voorsiening maak vir ‘n afname in kreatiewe oplossings.
1.1.5 Goukies Handelaars het … toegepas toe hulle al die besigheid se bates verkoop het om
krediteure terug te betaal.
A likwidasie
B horisontale integrasie
C disinvestering
D aflegging  (5 × 2) (10)

1.2 Kies ‘n beskrywing uit KOLOM B wat by ‘n term in KOLOM A pas. Skryf slegs die letter (A–J) langs die
vraagnommer (1.2.1 tot 1.2.5) neer, bv. 1.2.6 J.

KOLOM A KOLOM B
1.2.1 Leerlingskap A oorweeg verskeie alternatiewe voordat daar op die beste een
1.2.2 Keuring besluit word
1.2.3 Nasionale Krediet B bestaande produkte word in nuwe markte verkoop
Wet (NKW) C gestruktureerde leerprogramme wat by universiteite voltooi word
1.2.4 Besluitneming D bevorder volhoubare gebruik van omgewingshulpbronne
1.2.5 Markontwikkeling E ‘n gekwalifiseerde aansoeker word vir ‘n beskikbare pos gekies
F gestruktureerde leerprogramme wat gedurende werksure voltooi
word
G generering en die evaluering van alternatiewe oplossings
H bestaande produkte word in bestaande markte verkoop
I bevorder verantwoordelike kredietpraktyke
J die gekwalifiseerde kandidaat word in die nuwe pos geposisioneer
(5 × 2) (10)
TOTAAL AFDELING A [20]

152 BESIGHEIDSTUDIES | GRAAD 12

BS GRAAD 12 LB AFR.indb 152 2022/03/27 23:47:32


AFDELING B
Beantwoord ENIGE TWEE vrae in hierdie afdeling.
LET WEL: Dui die VRAAGNOMMER van elke vraag wat jy kies, duidelik aan. Die antwoord op ELKE vraag moet
op ‘n NUWE bladsy begin, bv. VRAAG 2 op ‘n NUWE bladsy, VRAAG 3 op ‘n NUWE bladsy, ens.
VRAAG 2: BESIGHEIDSOMGEWINGS
2.1 Identifiseer die nywerheidsanalise-instrument wat deur Jessica Jay Rekenmeesters (JJR) in ELKE stelling
hieronder toegepas is.
2.1.1 JJR het die krag van kopers beoordeel om pryse te verlaag.
2.1.2 JJR het geïdentifiseer en geëvalueer hoe die faktore in die makro-omgewing die besigheid
kan beïnvloed. (4)
2.2 Lees die scenario hieronder en beantwoord die vrae wat volg.
RUSTIGE LEEFSTYLDIENSTE (RLD)
Rustige Leefstyldienste het ‘n nuwe reeks liggaamsmasserings-terapiedienste bygevoeg wat by nuwe
kliënte sal aanklank vind. RLD het besluit om vervoerdienste bekend te stel gebaseer op die behoeftes
van hul kliënte. Hulle bied ook laer pryse vir hul dienste aan om meer kliënte te lok.

2.2.1 Identifiseer TWEE diversifikasie-strategieë wat deur RLD toegepas word. Motiveer jou antwoord
deur uit die scenario hierbo aan te haal.
Gebruik die tabel hieronder as ‘n RIGLYN om VRAAG 2.2.1 te beantwoord.

DIVERSIFIKASIE-STRATEGIE MOTIVERING
1.
2.
(6)
2.3 Bespreek die impak van die Wysigingswet op Vergoeding vir Beroepsbeserings en -siektes (WVBBS/
COIDA), 1997 (Wet 61 van 1997) op besighede.  (6)
2.4 Stel maniere voor waarop besighede aan die Wet op Arbeidsverhoudinge (WAV), 1995 (Wet 66 van
1995) kan nakom. (4)
[20]
VRAAG 3: BESIGHEIDSBEDRYWIGHEDE
3.1 Benoem DRIE aspekte wat in ‘n indiensnemingskontrak ingesluit moet word. (3)
3.2 Lees die scenario hieronder en beantwoord die vrae wat volg.
RETHABILE RESTAURANT (RR)
Die menslike hulpbronbestuurder van Rethabile Restaurant is besig om induksie uit te voer. Die
induksieprogram sluit die oorsig van RR in. Inligting oor RR se produkte sal verskaf word. ‘n Bespreking van
die verskillende personeel-beleide sal ook ingesluit word.

3.2.1 Noem DRIE aspekte in die induksieprogram uit die scenario hierbo. (3)
3.2.2 Beskryf kortliks TWEE ander aspekte wat by die induksieprogram ingesluit moet word. (4)
3.3 Verduidelik die implikasie van die Wet op Gelyke Indiensneming (WGI), 1998 (Wet 55 van 1998)
op die menslike hulpbronfunksie. (4)
3.4 Gee besighede raad oor die werwingsprosedure wat as ‘n menslike hulpbronaktiwiteit gevolg moet
word.(6)
[20]
VRAAG 4: BESIGHEIDSROLLE
4.1 Identifiseer die King Kode-beginsel vir goeie korporatiewe bestuur wat deur Aslam Vervoer (AV)
toegepas word in ELKE stelling hieronder:
4.1.1 AV het interne en eksterne ouditeure aangestel om die finansiële state te oudit.
4.1.2 Remediërende programme is deur AV ontwikkel om die omgewing te beskerm, soos die
vermindering van waterbesoedeling.
4.1.3 Werknemers is bewus van die indiensnemingsbeleide van AV.  (6)
4.2 Onderskei tussen etiese gedrag en professionele gedrag.(4)
Formele Assesseringstaak Kwartaal 1: Kontrole Toets 153

BS GRAAD 12 LB AFR.indb 153 2022/03/27 23:47:32


4.3 Lees die scenario hieronder en beantwoord die vrae wat volg.
OKUHLE FINANSIERING (OF)
Okuhle Finansiering spesialiseer in verskeie finansiële pakkette. Die administratiewe klerk by OF gebruik
geld uit die tjekrekening sonder voorgeskrewe magtiging van senior bestuur. Die werknemers van OF
neem dikwels lang middagete-pouses wat hul verkope beïnvloed.

4.3.1 Identifiseer TWEE onprofessionele sakepraktyke wat ‘n uitdaging vir OF inhou. Motiveer jou
antwoord deur uit die scenario hierbo aan te haal.
Gebruik die tabel hieronder as ‘n RIGLYN om VRAAG 4.3.1 te beantwoord.

ONPROFESSIONELE SAKEPRAKTYKE MOTIVERING


1.
2.
(6)
4.3.2 Beveel maniere aan waarop OF EEN van die onprofessionele sakepraktyke wat in
VRAAG 4.3.1 geïdentifiseer is, kan hanteer.  (4)
[20]
TOTAAL AFDELING B [60]

AFDELING C
Beantwoord ENIGE EEN vraag in hierdie afdeling.
LET WEL: Dui die VRAAGNOMMER van die vraag wat jy kies, duidelik aan. Die antwoord op ELKE vraag moet
op ‘n NUWE bladsy begin, bv. VRAAG 5 op ‘n NUWE bladsy OF VRAAG 6 op ‘n NUWE bladsy.

VRAAG 5: BESIGHEIDSOMGEWINGS (WETGEWING)

Die Wet op Breëbasis-Swart Ekonomiese Bemagtiging (BBSEB), 2003 (Wet 53 van 2003), (gewysig in 2013) is
‘n onlangse wetgewing wat besighede in Suid-Afrika raak. Die hersiene VYF pilare van BBSEB het ‘n implikasie
vir besighede. Besighede moet kennis dra van die impak van BBSEB en hulle daarvan weerhou om betrokke te
raak by optredes wat volgens die Wet as nie-nakoming beskou word.

Skryf ‘n opstel oor BBSEB waarin jy die volgende aspekte insluit:


• Beskryf kortliks die doel van BBSEB.
• Verduidelik die implikasies van die volgende hersiene pilare van BBSEB op besighede:
– Eienaarskap
– Ondernemings- en verskafferontwikkeling (OVO)
– Sosio-ekonomiese ontwikkeling/Sosiale verantwoordelikheid
• Bespreek die impak van BBSEB op besighede.
• Gee besighede raad oor die optredes wat volgens BBSEB as nie-nakoming beskou word.
VRAAG 6: BESIGHEIDSROLLE (KREATIEWE DENKE EN PROBLEEMOPLOSSING)

Besighede besef die belangrikheid van probleemoplossing en kreatiewe denke om hul komplekse
besigheidsprobleme op te los. Die stappe van probleemoplossing stel besighede in staat om ingeligte besluite
te neem. Sommige besighede verseker dat werknemers in ‘n omgewing werk wat kreatiewe denke bevorder.
Ander besighede verkies om die Delphi-tegniek toe te pas om komplekse besigheidsprobleme op te los.

Skryf ‘n opstel oor kreatiewe denke en probleemoplossing waarin jy die volgende aspekte insluit:
• Beskryf kortliks die stappe van probleemoplossing.
• Verduidelik maniere waarop besighede ‘n omgewing kan skep wat kreatiewe denke in die werkplek bevorder.
• Bespreek die impak van die Delphi-tegniek op besighede.
• Gee besighede raad oor hoe hulle die Delphi-tegniek kan toepas om komplekse besigheidsprobleme op te los.
 [40]
TOTAAL AFDELING C [40]
GROOTTOTAAL  [100]
154 BESIGHEIDSTUDIES | GRAAD 12

BS GRAAD 12 LB AFR.indb 154 2022/03/27 23:47:32


BESIGHEIDSTUDIES | Graad 12

KWARTAAL 2

6 Besigheidsektore en
Besigheidsomgewings
ONDERWERP OORSIG

 Eenheid 6.1 Besigheidsektore


 Eenheid 6.2 Besigheidsomgewings

Leerdoelwitte
Aan die einde van hierdie onderwerp moet leerders die volgende
kan doen:
❖ Noem DRIE tipes besigheidsektore: Primêre-, Sekondêre- en
Tersiêre sektor
❖ Identifiseer/Benoem ‘n besigheidsektor uit gegewe scenario’s en
gevallestudies
❖ Identifiseer besigheidsuitdagings uit gegewe scenario’s en gevall-
estudies en klassifiseer hul volgens die DRIE besigheidsomgewings
❖ Noem die mate waartoe ‘n besigheid (wat in enige van die drie
sektore bedryf word) die drie besigheidsomgewings uit gegewe
scenario’s en gevallestudies kan beheer.

Kernbegrippe
■ Besigheidsektore: die verskillende kategorieë sakeondernemings wat
gebaseer is op die tipe besigheid/produksie-aktiwiteit wat uitgevoer word.
■ Dienste: ‘n aksie/uitvoering van ontasbare aktiwiteite wat deur een party
aan ‘n ander aangebied word.
■ Makro-omgewing: eksterne onbeheerbare faktore/kragte buite die
besigheid.
■ Markomgewing: komponente/elemente/faktore onmiddellik buite die
besigheid.
■ Mate van beheer: die mate van beheer wat die besigheid oor die spesifieke
besigheidsomgewing het.
■ Mikro-omgewing: die besigheid self, gekenmerk deur al die prosesse/
funksies/faktore binne die besigheid.
■ Primêre sektor: onttrek/ontgin/versamel/oes natuurlike hulpbronne/
grondstowwe uit die aarde.
■ Sekondêre sektor: fokus op die vervaardiging/verwerking/omskakeling/
transformasie van natuurlike hulpbronne/grondstowwe in semi-finale/finale
produkte.
■ Tersiêre sektor: verskaf finale produkte en dienste aan kliënte.

KWARTAAL 2 | ONDERWERP 6 | Besigheidsektore en Besigheidsomgewings 155

BS GRAAD 12 LB AFR.indb 155 2022/03/27 23:47:33


KWARTAAL 2

QR-KODE
Inleiding
Kyk na die video hieronder In Graad 10 is jy bekendgestel aan die konsepte van besigheidsomgewings en die
vir meer inligting oor die drie komponente van ELKE omgewing. Daarbenewens is verskillende besigheidsektore
besigheidsektore.
breedvoerig bespreek.
Die fokus in Graad 11 was op die verbintenis/verhouding tussen die
primêre-, sekondêre- en tersiêre sektor, insluitend uitdagings wat uit die DRIE
besigheidsomgewings voortspruit.
Die fokusareas in Graad 12 sal op die identifisering van besigheidsektore, en die
identifisering en klassifikasie van besigheidsuitdagings wees . Die mate waarin
besighede die DRIE besigheidsomgewings kan beheer, sal ook bespreek word.

Eenheid 6.1 Besigheidsektore


https://www.youtube.com/ Besighede word volgens drie verskillende sektore verdeel. Hierdie sektore is
watch?v=wQ_29QOHwiw gebaseer op die aard van die besigheid/tipe produk/diens wat deur besighede
aangebied word. Die drie besigheidsektore vorm ‘n produksieketting vanaf
die bron/oorsprong van die produk totdat dit verbruikers/kliënte bereik. Die
produksieketting is interafhanklik om betekenisvolle/funksionele goedere/dienste
aan verbruikers/kliënte beskikbaar te stel. Die interaksie tussen die drie sektore
maak dit moontlik vir verskeie sakebedrywighede om plaas te vind.

Nuwe woorde Primêre sektor


primêre sektor onttrek/ • Die primêre sektor fokus op aktiwiteite wat verband hou met die onttrekking/
ontgin/versamel/ oes natuurlike ontginning/verbouing/oes van natuurlike hulpbronne/grondstowwe.
hulpbronne/ grondstowwe uit • Dit word dikwels na verwys as ontginning/onttrekking nywerhede aangesien
die aarde dit die verkryging van natuurlike hulpbronne/grondstowwe behels.
• Die primêre sektor is afhanklik van die natuur/die natuurlike omgewing omdat
dit die aarde se natuurlike hulpbronne, grond, minerale en plantegroei benut/
gebruik.
• Die primêre sektor speel ‘n kritieke/noodsaaklike rol in produksie-aktiwiteite,
want daarsonder sou verdere produksie-aktiwiteite onmoontlik wees in die
Wenk sekondêre sektor.

Die diagram aan die regterkant


sal help om jou konseptuele
begrip van die primêre sektor
te verbeter.

156 BESIGHEIDSTUDIES | GRAAD 12

BS GRAAD 12 LB AFR.indb 156 2022/03/27 23:47:33


Eenheid 6.1  Besigheidsektore

Sekondêre sektor Nuwe woorde


• Die sekondêre sektor fokus op aktiwiteite wat verband hou met die Sekondêre sektor  fokus op
produsering/vervaardiging van produkte. die vervaardiging/ verwerking/
• Dit gebruik die natuurlike hulpbronne/grondstowwe wat deur die primêre omskakeling/ transformasie
sektor verkry word en voeg waarde daaraan toe. van natuurlike hulpbronne/
• Daar word dikwels na die sekondêre sektor verwys as vervaardigings nywerhede grondstowwe in semi-finale/
omdat waardevolle produkte geskep/vervaardig/geproduseer word sodat finale produkte
hierdie produkte ‘n sinvolle funksie/doel vir kliënte en verbruikers kan dien.
• Dit transformeer/omskep/verwerk natuurlike hulpbronne/grondstowwe in
betekenisvolle produkte/semi-finale produkte. Wenk
• Die sekondêre sektor speel ‘n belangrike/kritieke rol omdat nie alle Die diagram hieronder sal help
hulpbronne in hul natuurlike toestand funksioneel/bruikbaar is nie en verdere om jou konseptuele begrip
verwerking vereis. van die sekondêre sektor te
verbeter.

KWARTAAL 2 | ONDERWERP 6 | Besigheidsektore en Besigheidsomgewings 157

BS GRAAD 12 LB AFR.indb 157 2022/03/27 23:47:34


KWARTAAL 2

Nuwe woorde Tersiêre sektor


tersiêre sektor verskaf • Die tersiêre sektor fokus op aktiwiteite wat verband hou met die verskaffing
finale produkte en dienste aan van finale produkte en dienste aan verbruikers en kliënte.
kliënte • Dit word dikwels na verwys as die dienstesektor omdat ‘n verskeidenheid/
dienste ‘n aksie/uitvoering diverse reeks kommersiële dienste aan verbruikers/kliënte verskaf word.
van ontasbare aktiwiteite wat • Die tersiêre sektor behels alle aktiwiteite wat daarop gemik is om die
deur een party aan ‘n ander verspreiding van produkte/dienste moontlik te maak.
aangebied word • Dit speel ‘n unieke en onderskeidende rol omdat dit natuurlike hulpbronne
en grondstowwe wat ingesamel en getransformeer is, aan verbruikers/kliënte
beskikbaar stel.
Wenk • Besighede in die primêre-/sekondêre sektore maak staat op die tersiêre sektor
om hul produkte/dienste op ‘n gerieflike/effektiewe/doeltreffende wyse aan
Hierdie diagram sal help om
verbruikers/kliënte beskikbaar te stel.
jou konseptuele begrip van die
tersiêre sektor te verbeter.

Groothandelaars Finansiële Versekerings- Bankdienste Vermaaklikheids- Gasvryheids-


en Kleinhandelaars dienste dienste dienste dienste

BANK
R
HOTEL

Aktiwiteite
van die
Tersiêre
sektor
Pakhuis

zen
Fro sh
fi

Adverterings- Instandhoudings- Opvoedkundige


Vervoerdienste Pakhuisdienste Regsdienste
dienste dienste dienste

158 BESIGHEIDSTUDIES | GRAAD 12

BS GRAAD 12 LB AFR.indb 158 2022/03/27 23:47:34


Eenheid 6.2  Besigheidsomgewings

Eenheid 6.2 Besigheidsomgewings Wenk


Die drie besigheidsomgewings is dinamies/veelvlakkig/interafhanklik aangesien Daar sal van jou verwag word
hulle uit baie onderling verwante kenmerke bestaan en gekenmerk word deur om uitdagings te identifiseer
konstante verandering. Veranderinge binne die besigheidsomgewing raak en te klassifiseer volgens die
besighede verskillend. Besighede streef daarna om die onvoorspelbaarheid DRIE besigheidsomgewings
binne die drie besigheidsomgewings aan te spreek om winsgewend/relevant uit die gegewe scenario’s.
te bly. Besighede moet bewus wees van verskeie uitdagings wat uit die drie Daarbenewens sal daar van
jou verwag word om die mate
besigheidsomgewings kan spruit en die mate van beheer wat hulle oor hierdie
van beheer wat besighede oor
omgewings het.
die DRIE besigheidsomgewings
het te noem. Maak seker dat jy
Besigheids- Beskrywing Mate van die tabel hieronder bemeester
omgewing beheer aangesien dit jou toepassing/
interpretasie van die DRIE
Mikro-omgewing • Die mikro-omgewing verwys na Volle beheer besigheidsomgewings sal
die besigheid self, wat gekenmerk verbeter.
word deur al die prosesse/funksies/
faktore binne die besigheid.
• Die mikro-omgewing verwys na
die interne omgewing waarin die
besigheid funksioneer.
• Die mikro-omgewing verwys
na al die interne aspekte van
‘n besigheid/verwys na alle
hulpbronne/funksies wat deur die
besigheid bestuur word.
Markomgewing • Die markomgewing verwys na die Beperkte/minder/
onmiddellike eksterne omgewing. min/gedeeltelike
• Die markomgewing verwys na beheer
komponente/elemente/faktore
onmiddellik buite die besigheid.
• Die besigheid het dikwels gereelde
interaksie met hierdie onmiddellike
eksterne komponente/elemente/
faktore.
Makro-omgewing • Die makro-omgewing verwys na Geen beheer
die eksterne omgewing wat direk
buite die markomgewing is.
• Die makro-omgewing verwys na
die onbeheerbare faktore/kragte
buite die besigheid.
• Die eksterne komponente/
elemente/faktore van die
makro-omgewing beïnvloed die
bedrywighede/winsgewendheid
van die besigheid.

KWARTAAL 2 | ONDERWERP 6 | Besigheidsektore en Besigheidsomgewings 159

BS GRAAD 12 LB AFR.indb 159 2022/03/27 23:47:35


KWARTAAL 2

Wenk
Uitdagings in die besigheidsomgewings
Jy moet die elemente van Besigheids- Algemene uitdagings
elke besigheidsomgewing omgewings
ken sodat jy die uitdagings
wat elke omgewing stel uit Mikro-omgewing • Moeilike/Ongemotiveerde werknemers
gegewe scenario’s/stellings • Gebrek aan voldoende bestuursvaardighede
kan identifiseer. • Gebrek aan visie/missie
• Stakings/Sloerstakings
• Verouderde doelwitte/doelstellings
• Gebrek aan menslike hulpbronkapasiteit
• Verskeie besigheidsfunksies wat ondoeltreffend werk
• Swak werksomstandighede
Markomgewing • Mededinging
• Voorsieningstekorte
• Veranderinge in verbruikersgedrag
• Demografie of psigografie
• Sosio-kulturele faktore
Makro-omgewing • Veranderinge in inkomstevlakke
• Politieke veranderinge
• Kontemporêre wetgewing
• Arbeidsbeperkings
• Globalisering en internasionale veranderinge
• Sosio-ekonomiese kwessies
• Tegnologiese vooruitgang

Besigheids- Komponente Voorbeelde van uitdagings


Wenk omgewings
Hierdie tabel word verskaf as
Mikro-omgewing Missie en visie • ‘n Gebrek aan missie/visie bestaan
verryking om jou begrip van
binne die besigheid.
uitdagings binne die mikro-
• Die missie/visie van die besigheid is
omgewing te verbeter.
irrelevant/verouderd.
Doelwitte en • Die besigheid bereik nie hul
doelstellings doelwitte nie weens ‘n gebrek aan
beplanning.
• Die doelwitte van die besigheid is
onrealisties en onbereikbaar.
Organisatoriese • Die organisatoriese hulpbronne
hulpbronne (finansiële hulpbronne/menslike
hulpbronne, fisiese hulpbronne/
ander hulpbronne) word nie
optimaal gebruik nie.
• Daar is beperkte hulpbronne
beskikbaar om produktiwiteit/
doelwitte te bereik.
Organisatoriese • Interne beheermeganismes is nie in
prosesse plek om organisatoriese prosesse te
verbeter nie.
• Organisatoriese prosesse is nie
verbeter nie.

160 BESIGHEIDSTUDIES | GRAAD 12

BS GRAAD 12 LB AFR.indb 160 2022/03/27 23:47:35


Eenheid 6.2  Besigheidsomgewings

Besigheids- Komponente Voorbeelde van uitdagings


omgewings
Mikro-omgewing Organisatoriese kultuur • Gesonde/Goeie organisatoriese
kultuur is afwesig.
• Daar is ‘n gebrek aan integriteit/
etiese/professionele sakepraktyke.
Besigheidsfunksies • Die verkeerde toepassing van
gesonde en doeltreffende
sakepraktyke binne die algemene
bestuur-/bemarking-/finansiële-/
openbare betrekkinge-/ aankoop-/
produksie-/administrasie-/ menslike
hulpbronne besigheidsfunksies.
• Swak strategiese rigting
binne die algemene bestuur-/
bemarking-/ finansiële-/openbare
betrekkinge-/aankoop-/produksie-/
administrasie-/menslike hulpbronne
besigheidsfunksies.
Mark-omgewing Kliënte • Veranderinge in die vraag van
Wenk
kliënte.
• Kliënte wat goedkoper Hierdie tabel word verskaf
alternatiewe produkte koop. as verryking om jou begrip
van die uitdagings binne die
Verskaffers • Verskaffers verhoog die pryse van
markomgewing te verbeter.
insette.
• Tekort aan voorsiening van
kritieke/belangrike insette.
Mededingers • Mededingers wat die pryse van
hul produkte of dienste verlaag en
sodoende ‘n prysoorlog skep.
• Markaandeel van mededingers
neem toe.
Tussengangers • Tussengangers wat die pryse van
hul produkte of dienste verhoog.
• Tussengangers is nie beskikbaar
om die vereiste dienste aan die
besigheid te verskaf nie.
Burgerlike • Die burgerlike samelewing stel
samelewing eise aan die besigheid om sekere
sakepraktyke te verander.
• Die burgerlike samelewing
kan die manier waarop
besigheidsaktiwiteite uitgevoer
mag word, ontwrig.
Vakbonde • Kan onredelike druk op die
besigheid plaas om lone, salarisse
en werknemervoordele te
verhoog.
• Vakbonde kan
besigheidsaktiwiteite ontwrig.

KWARTAAL 2 | ONDERWERP 6 | Besigheidsektore en Besigheidsomgewings 161

BS GRAAD 12 LB AFR.indb 161 2022/03/27 23:47:35


KWARTAAL 2

Wenk
Besigheids- Komponente Voorbeelde van uitdagings
omgewings
Hierdie tabel word verskaf
as verryking om jou begrip Makro-omgewing Politieke • Die regering verhoog die
van uitdagings binne die korporatiewe belastingkoers vir
makro besigheidsomgewing besighede.
te verbeter. Die uitdagings • Hoë vlakke van politieke
van die verskillende PESTWO- onstabiliteit/korrupsie/burokrasie
faktore in Onderwerp 5 kan binne ‘n land.
ook gebruik word om die Ekonomiese • ‘n Afname in die beskikbaarheid
uitdagings binne die makro- van krediet in die land.
omgewing wat hieronder • Die afname in direkte buitelandse
verskaf word, te verstaan. investering en ekonomiese groei.
Sosiale (Maatskaplike) • ‘n Afname in die inkomste of
rykdom van verbruikers as
gevolg van stygings in die
werkloosheidskoers.
• ‘n Toename in die emigrasiekoers
van vaardige Suid-Afrikaners na
die buiteland.
Tegnologiese • Nuwe/bygewerkte/innoverende
tegnologie word onbekostigbaar
vir besighede.
• Besighede meganiseer/verbeter
nie die produksieproses met
nuwe/bygewerkte/innoverende
tegnologie nie.
Wetlike • Huidige en nuwe wetgewing/
wette wat die bedrywighede/
prosesse van besighede raak.
• Tydrowende/verhoogde koste
verbonde aan die nakoming van
die verskillende wetgewing/wette.
Omgewings • Omgewingsvolhoubaarheid/
bewaring/ beskerming/
klimaatsverandering/ volhoubare
energieverbruik plaas besighede
onder druk om hul huidige
praktyke te verander/transformeer.
• Omgewingsagteruitgang/
Onvolhoubare sakepraktyke
veroorsaak ‘n vermindering in die
beskikbaarheid van natuurlike
hulpbronne.

162 BESIGHEIDSTUDIES | GRAAD 12

BS GRAAD 12 LB AFR.indb 162 2022/03/27 23:47:35


Eenheid 6.2  Besigheidsomgewings

Identifisering van uitdagings en die mate van


beheer binne die besigheidsomgewings
VOORBEELDAKTIWITEIT
VRAAG 1
1.1 Lees die scenario hieronder en beantwoord die vrae wat volg.

NALEDI SONKRAG VERSPREIDERS (NSV)


Die regering het die korporatiewe belastingkoers wat deur Naledi Sonkrag
Verspreiders betaalbaar is, verhoog. Die bestuur van NSV het aangedui
dat hulle moontlik weens finansiële beperkings nie belasting kan betaal
nie. Kliënte het besluit om bekostigbare sonkragprodukte van ‘n ander
goedkoper mededinger te koop.

Gebruik die tabel hieronder as ‘n RIGLYN om VRAAG 1.1.1 – 1.1.3 te beantwoord.


UITDAGINGS BESIGHEIDS- MATE VAN
(1.1.1) OMGEWINGS BEHEER
(1.1.2) (1.1.3)
1.
2.
3.

1.1.1 Haal DRIE uitdagings vir NSV uit die scenario hierbo aan. (3)
1.1.2 Klassifiseer NSV se uitdagings volgens die DRIE besigheidsomgewings. (3)
1.1.3 Noem die mate van beheer wat NSV oor ELKE besigheidsomgewing het
wat in VRAAG 1.1.2 genoem is. (3)
VOORGESTELDE ANTWOORD
UITDAGINGS BESIGHEIDS- MATE VAN
(1.1.1) OMGEWINGS BEHEER
(1.1.2) (1.1.3)
1. Die bestuur van NSV het Mikro-omgewing Volle beheer
aangedui dat hulle moontlik
weens finansiële beperkings
nie belasting kan betaal nie.
2. Kliënte het besluit Markomgewing Beperkte/minder/
om bekostigbare min/gedeeltelike
sonkragprodukte van ‘n ander beheer
goedkoop mededinger te
koop.
3. Die regering het die Makro-omgewing Geen beheer
korporatiewe belastingkoers
wat deur Naledi Sonkrag
Verspreiders betaalbaar is,
verhoog.

KWARTAAL 2 | ONDERWERP 6 | Besigheidsektore en Besigheidsomgewings 163

BS GRAAD 12 LB AFR.indb 163 2022/03/27 23:47:35


KWARTAAL 2

Die diagram hieronder is gebaseer op Naledi Sonkrag Verspreiders. Dit is gemik


om jou begrip van die uitdagings en mate van beheer wat die besigheid op die
drie besigheidsomgewings het, te verbeter.

Makro-omgewing Dit is 'n uitdaging in die makro-omgewing omdat NSV


Die regering het die korporatiewe belastingkoers wat deur Naledi Sonkrag nie die verhoging in die korporatiewe belasting wat
Verspreiders betaalbaar is, verhoog. deur die regering gehef word, kan beheer nie. NSV het
Markomgewing dus geen beheer oor hierdie uitdaging in die makro-
Kliënte het besluit om bekostigbare sonkragprodukte omgewing nie
van 'n ander goedkoop mededinger te koop.
Dit is 'n uitdaging in die markomgewing omdat NSV
strategieë kan uitdink/verskerp soos om afslag te bied
om kliënte van die mededingende firmas te lok/
goedkoper pryse aan kliënte te vra. Sodoende kan
Mikro-omgewing NSV kliënte tot 'n sekere mate beïnvloed. NSV het dus
Die bestuur van NSV het aangedui
'n beperkte/minder/min/gedeeltelike beheer oor
dat hulle moontlik weens finansiële
hierdie uitdaging in die markomgewing.
beperkings nie belasting kan betaal nie

Dit is 'n uitdaging in die mikro-omgewing omdat NSV


hul finansiële beperkings direk kan aanspreek. NSV
VOLLE BEHEER het dus volle beheer oor hierdie uitdaging in die
mikro-omgewing.

BEPERKTE/MINDER/MIN/GEDEELTELIKE BEHEER

GEEN BEHEER

Breinkaart: Onderwerp 6 – Besigheidsektore en hul omgewings


Gebruik die breinkaarte as ‘n riglyn om die inhoud wat in hierdie onderwerpe te
konsolideer. Maak seker dat jy die inhoud van elke opskrif in hierdie onderwerp
bestudeer.

Sekondêre sektor
• Beskrywing: Die sekondêre sektor fokus op die vervaardiging/verwerking/omskakeling/
transformasie van natuurlike hulpbronne/grondstowwe in semi-finale/finale produkte.
• Aktiwiteite: Vervaardiging/verwerking, transformasie/omskakeling, konstruksie/boubedryf

Primêre sektor
Tersiêre sektor
• Beskrywing: Die primêre sektor onttrek/
• Beskrywing: Die tersiêre sektor verskaf finale
ontgin/versamel/oes natuurlike hulpbronne/ BESIGHEID-
produkte en dienste aan kliënte.
grondstowwe uit die aarde. SEKTORE • Aktiwiteite: Groothandelaars en
• Aktiwiteite: Boerdery, vissery, bosbou,
kleinhandelaars, alle tipes dienste
mynbou en steengroewe

BESIGHEIDS-
OMGEWINGS
Mikro-omgewing Makro-omgewing
• Beskrywing: Die mikro-omgewing: die • Beskrywing: Die makro-omgewing: eksterne
besigheid self, gekenmerk deur al die prosesse/ onbeheerbare faktore/kragte buite die
funksies/faktore binne die besigheid. Markomgewing besigheid.
• Mate van beheer: Volle beheer • Beskrywing: Die makro-omgewing verwys na • Mate van beheer: Geen beheer
• Uitdagings: die eksterne onbeheerbare faktore/kragte buite • Uitdagings:
• Moeilike/Ongemotiveerde werknemers die besigheid. • Veranderinge in inkomstevlakke
• Gebrek aan voldoende bestuursvaardighede • Mate van beheer: Beperkte/minder/ min/ • Politieke veranderinge
• Gebrek aan visie/missie gedeeltelike beheer • Kontemporêre wetgewing
• Stakings/Sloerstakings • Uitdagings: • Arbeidsbeperkings
• Verouderde doelwitte/doelstellings • Mededinging • Globalisering en internasionale veranderinge
• Gebrek aan menslike hulpbronkapasiteit • Voorsieningstekorte • Sosio-ekonomiese kwessies
• Verskeie besigheidsfunksies wat • Veranderinge in verbruikersgedrag • Tegnologiese vooruitgang
ondoeltreffend werk • Demografie of psigografie
• Swak werksomstandighede • Sosio-kulturele faktore

164 BESIGHEIDSTUDIES | GRAAD 12

BS GRAAD 12 LB AFR.indb 164 2022/03/27 23:47:35


Eenheid 6.2  Besigheidsomgewings

Konsolidasie

VRAAG 1
Voltooi die blokkiesraaisel hieronder deur die leidrade te gebruik wat verskaf word.
1

3 4

10

DWARS AF
2 Die mate van beheer wat die onderneming oor sy 1 Die vervaardiging en transformasie van natuurlike
markomgewing het. hulpbronne na eindprodukte word in hierdie sektor
3 Hierdie sektor staan algemeen bekend as die dienstesektor. plaasgevind.
6 In hierdie sektor word natuurlike hulpbronne versamel en uit 4 Hierdie besigheidsomgewing verwys na die besigheid
die aarde ontgin. self, gekenmerk deur alle funksies en prosesse binne die
7 Die mate van beheer wat ‘n besigheid het oor uitdagings besigheid.
soos ongemotiveerde werknemers en ‘n gebrek aan menslike 5 Die eksterne besigheidsomgewing wat onmiddellik buite
hulpbronne kapasiteit. die besigheid is en elemente soos kliënte en mededingers
8 Die onbeheerbare kragte buite die onderneming word in insluit.
hierdie eksterne omgewing gevind.
9 Die uitvoering van ontasbare aktiwiteite wat deur die
besigheid vereis word wat deur ander besighede verskaf
word.
10 Die mate van beheer wat die onderneming oor die makro-
omgewing het.

(10 × 2) (20)

KWARTAAL 2 | ONDERWERP 6 | Besigheidsektore en Besigheidsomgewings 165

BS GRAAD 12 LB AFR.indb 165 2022/03/27 23:47:35


KWARTAAL 2

Konsolidasie

VRAAG 2
2.1 Verskeie opsies word as moontlike antwoorde op die volgende vrae gegee. Kies die antwoord en skryf slegs die letter
(A–D) langs die vraagnommer (2.1.1 tot 2.1.5) neer, byvoorbeeld, 2.1.5 D.
2.1.1 Omgewingsagteruitgang wat ‘n vermindering in die beskikbaarheid van natuurlike hulpbronne veroorsaak, is ‘n
uitdaging in die ... omgewing.
A mikro-
B mark-
C makro-
D besigheids-
2.1.2 Die sekondêre sektor bestaan uit aktiwiteite soos …
A steenkoolmynbou.
B infrastruktuurontwikkeling.
C treilvissery.
D veeteelt.
2.1.3 Marco Kapri Loodgieters het volle beheer oor ... as ‘n uitdaging in die mikro-omgewing.
A swak werksomstandighede
B veranderinge in verbruikersgedrag
C toename in die aantal mededingers
D veranderinge in inkomstevlakke
2.1.4 Groothandelaars en gasvryheidsdienste kan in die … sektor geklassifiseer word.
A nywerheid-
B primêre
C sekondêre
D tersiêre 
2.1.5 Uitdagings in die markomgewing wat deur Oudtshoorn Finansiële Dienste aangespreek moet word, sluit in...
A ‘n gebrek aan voldoende bestuursvaardighede.
B demografie en psigografie van verbruikers.
C ‘n afname in die beskikbaarheid van krediet in die land.
D hoë vlakke van politieke onstabiliteit.
(5 × 2) (10)

VRAAG 3
3.1 Identifiseer die besigheidsektor wat in ELKE stelling hieronder voorgestel word.
3.1.1 Daar word dikwels na hierdie sektor verwys as die dienstesektor.
3.1.2 Landbouaktiwiteite en steenkoolmynbou vorm deel van hierdie sektor.
3.1.3 Besighede in die kleinhandel nywerheid word in hierdie sektor aangetref.
3.1.4 Motorvervaardiging en skeepsbou kan onder hierdie besigheidsektor geklassifiseer word.
(4 × 2) (8)
3.2 Lees die scenario hieronder en beantwoord die vrae wat volg.
TAUHEER KALAM TEKSTIELE (TKT)
Tauheer Kalam Tekstiele spesialiseer in die vervaardiging van kontemporêre
klere vir verskeie kleinhandelswinkels. Daar is tans ‘n tekort aan grondstowwe
van verskaffers. Die nuwe tegnologiese ontwikkelings van tekstieltoerusting
dwing TKT om hul prosesse te verbeter. Die besigheidsdoelwitte word nie
voortdurend hersien nie.

166 BESIGHEIDSTUDIES | GRAAD 12

BS GRAAD 12 LB AFR.indb 166 2022/03/27 23:47:35


Eenheid 6.2 Besigheidsomgewings

Konsolidasie

3.2.1 Identifiseer die besigheidsektor waarin TKT bedrywig is. Motiveer jou antwoord deur uit die scenario hierbo aan
te haal. (3)
Gebruik die tabel hieronder as ‘n RIGLYN om VRAAG 3.2.2 – 3.2.4 te beantwoord.

UITDAGINGS BESIGHEIDS- MATE VAN BEHEER


(3.2.2) OMGEWINGS (3.2.4)
(3.2.3)
1.
2.
3.

3.2.2 Haal DRIE uitdagings vir TKT uit die scenario hierbo aan. (3)
3.2.3 Klassifiseer TKT se uitdagings volgens die DRIE besigheidsomgewings. (3)
3.2.4 Noem die mate van beheer wat TKT oor ELKE besigheidsomgewing het wat in VRAAG 3.2.3 genoem is. (3)
3.3 Lees die scenario hieronder en beantwoord die vrae wat volg. QR-KODE
FYNBOS SKOONHEIDSTERAPEUTE (FST)
Skandeer hierdie kode vir ‘n
Fynbos Skoonheidsterapeute bied unieke skoonheidsterapie dienste aan oorsig oor die inhoud van
hul kliënte. FST koop hul voorraad by Welstand Velsorg (WV), ‘n plaaslike hierdie onderwerp rakende die
produsent van natuurlike velsorg produkte. WV koop hul grondstowwe by spesifieke kernleerpunte.
Noluntu Boerdery wat fynbos blomme kweek en onttrek.

Identifiseer die DRIE besigheidsektore wat in die scenario hierbo van toepassing is.
Ondersteun jou antwoord deur uit die scenario aan te haal.
Gebruik die tabel hieronder as ‘n RIGLYN om VRAAG 3.3 te beantwoord.
BESIGHEIDSEKTOR AANHALING
1.
2.
3. https://youtube.com/play-
(9) list?list=PLY8n0zQCEkpq-
[29] FIeP-ayvS2S2zCgxTISr3

KWARTAAL 2 | ONDERWERP 6 | Besigheidsektore en Besigheidsomgewings 167

BS GRAAD 12 LB AFR.indb 167 2022/03/27 23:47:35


BESIGHEIDSTUDIES | Graad 12

KWARTAAL 2

7 Gehalte van prestasie

ONDERWERP OORSIG

 Eenheid 7.1 Gehalte en gehalte-konsepte


 Eenheid 7.2 Totale Gehaltebeheer (TGB)

Leerdoelwitte
QR-KODE
Aan die einde van hierdie onderwerp moet leerders die volgende
Kyk na die video vir meer kan doen:
inligting en ‘n oorsig van ❖ Definieer die volgende konsepte:
prestasiegehalte. – gehalte
– gehaltebeheer
– gehalteversekering
– gehaltebestuur
– gehalteprestasie
– gehaltebestuurstelsels
❖ Verduidelik/Onderskei tussen gehaltebeheer en
gehalteversekering.
❖ Verduidelik/Onderskei tussen gehaltebestuur en gehalteprestasie.
❖ Verduidelik/Bespreek die voordele van ‘n goeie
gehaltebestuurstelsel.
❖ Verduidelik/Bespreek hoe die gehalte van prestasie tot die sukses
https://www.youtube.
of mislukking van elke besigheidsfunksie kan bydra.
com/watch?v=wKYnZYJi-
❖ Beskryf kortliks die gehalte-aanwysers vir elke besigheidsfunksie.
4A4&list=PLpEujd_oz5b-
❖ Brei uit oor die betekenis van TGB.
PuRzNqyJJEq6mnbqxVpZtK
❖ Definieer/Identifiseer die volgende TGB-elemente van gegewe
scenario’s/stellings:
– Deurlopende vaardigheidsontwikkeling/ Onderwys en opleiding
– Totale kliënte-tevredenheid
– Voldoende finansiering en kapasiteit
– Deurlopende verbetering van prosesse en stelsels
– Monitering en evaluering van gehalteprosesse
❖ Verduidelik/Bespreek/Ontleed/Evalueer die impak van die
TGB-elemente op groot besighede.
❖ Verduidelik hoe besighede die ‘BDKH’-model/siklus kan toepas om
gehalte van produkte te verbeter.
❖ Verduidelik die rol/belangrikheid van gehaltesirkels as deel van
deurlopende verbetering van prosesse en stelsels.
❖ Verduidelik/Bespreek die impak van TGB indien besighede dit swak
implementeer.
❖ Verduidelik/Stel voor/ Beveel maniere aan waarop TGB ‘n impak op die
vermindering van die koste van gehalte kan hê.

168 BESIGHEIDSTUDIES | GRAAD 12

BS GRAAD 12 LB AFR.indb 168 2022/03/27 23:47:36


Kernbegrippe
■ Deurlopende vaardigheidsontwikkeling/Onderwys en opleiding: die
verbintenis van die besigheid om deel te neem aan die deurlopende
vaardigheidsontwikkeling/-Onderwys en opleiding van al die werknemers op
alle vlakke binne die besigheid. 
■ Deurlopende verbetering van prosesse en stelsels: die vermoë en
toewyding van die besigheid om deurlopende verbetering van prosesse en
stelsels na te streef, uit te voer en te bereik.
■ Gehalte/Kwaliteit: die vermoë van ‘n produk of diens om spesifieke
behoeftes van verbruikers te bevredig.
■ Gehaltebeheer: ‘n stelsel wat verseker dat daar aan die verlangde gehalte
voldoen word deur die finale produk te inspekteer om te verseker dat dit aan
die vereiste standaarde voldoen.
■ Gehaltebeheerstelsels: ‘n gehaltebeheerstelsel is ‘n raamwerk wat ‘n
besigheid gebruik om sleutel-prosesse in die organisasie te bestuur.
■ Gehaltebestuur: die proses van die bestuur van alle aktiwiteite wat nodig is
om te verseker dat ‘n besigheid produkte of dienste van konstant hoë
standaarde produseer.
■ Gehalteprestasie: die totale prestasie van elke afdeling gemeet aan die
gespesifiseerde standaarde.
■ Gehaltesirkels: ‘n groep werknemers met ‘n verskeidenheid vaardighede en
ondervinding wat saamkom om probleme op te los wat verband hou met
gehalte en om verbeterings te implementeer.
■ Gehalteversekering: kontrole wat tydens en na die produksieproses
uitgevoer word.
■ Monitering en evaluering van gehalteprosesse: die effektiewe
implementering van TGB vereis monitering en evaluering van kwaliteit
prosesse deur die hele besigheid.
■ Standaarde: die tegniese spesifikasies en kriteria wat in die vlak van gehalte
van goedere en dienste weerspieël word.
■ Totale Gehaltebestuur (TGB): ‘n geïntegreerde stelsel, metodologie of
proses wat regdeur die organisasie toegepas word, wat help om gehalte
produkte en dienste aan kliënte te verskaf.
■ Totale kliënte-tevredenheid: die vermoë en toewyding van die besigheid
om totale kliënte-tevredenheid te bereik.
■ Voldoende finansiering en kapasiteit: die vermoë van die besigheid om
voldoende finansiering en kapasiteit vir alle operasionele vereistes te verskaf
of te verkry in die strewe om TGB effektief te implementeer.

Inleiding
In Graad 10 het ons van die agt besigheidsfunksies, die betekenis van gehalte,
gehaltebeheer en gehalteversekering geleer. Daar is van jou verwag om tussen
gehaltebeheer en gehalteversekering te onderskei, en die belangrikheid van gehalte
vir besighede te bespreek. Jy moes ook verduidelik hoe gehalte verband hou met
die menslike hulpbronfunksie, administrasiefunksie, finansiële funksie en algemene
bestuursfunksie. ‘n Breedvoerige beskrywing van die verskille tussen gehaltebeheer
en gehalteversekering is in Graad 11 bespreek. Jy het ook oor die belangrikheid van
gehaltesirkels en die betekenis van Totale Gehaltebestuur (TGB) geleer.

KWARTAAL 2 | ONDERWERP 7 | Gehalte van prestasie 169

BS GRAAD 12 LB AFR.indb 169 2022/03/27 23:47:36


KWARTAAL 2

Eenheid 7.1  Gehalte en gehalte-konsepte


Inleiding tot gehalte
Die hoofdoel van besighede is om wins te maksimeer deur die verskaffing van
produkte en dienste van hoë gehalte. Dit is belangrik dat besighede verskeie
gehalte-konsepte implementeer om kliënte te behou, winsgewendheid te
verhoog en volhoubaar te bly.

Wenk
In die strewe om gehalte te verseker en te verbeter, moet ‘n besigheid die behoeftes
Maak seker dat jy ‘n goeie en begeertes van die kliënte en die mate waarin die besigheid aan hierdie behoeftes
konseptuele begrip van die en begeertes voldoen, in ag neem. Besighede wat die gehalte van hul produkte
VYF konsepte van gehalte
verbeter, is finansieel volhoubaar en het ‘n groter aandeel van die mark.
het, aangesien dit jou in
staat sal stel om die sub-
onderwerpe wat volg te
verstaan.
Definisies van gehalte-konsepte
Die verskillende konsepte van gehalte word in diagram hieronder geïllustreer.

Konsepte van Gehalte

Gehalte- Gehalte- Gehalte- Gehalte-


Gehalte Gehaltebeheer
versekering bestuur prestasie beheerstelsels

Kom ons kyk na elkeen meer breedvoerig.

Neem kennis
Die volgende woorde kan uitruilbaar gebruik word:
Gehalte OF Kwaliteit
Gehaltebeheer OF Kwaliteitbeheer
Gehalteversekering OF Kwaliteitversekering
Gehaltebestuur OF Kwaliteitbestuur
Gehalteprestasie OF Kwaliteitprestasie
Gehaltebestuurstelsels OF Kwaliteitbestuurstelsels
Wanneer die woorde gehalte of kwaliteit gebruik word, is dit belangrik om EEN daarvan
regdeur jou bespreking te gebruik, vir die doel van konsekwentheid.

170 BESIGHEIDSTUDIES | GRAAD 12

BS GRAAD 12 LB AFR.indb 170 2022/03/27 23:47:37


Eenheid 7.1 Gehalte en gehalte-konsepte

Gehalte
Wenk
• Gehalte is die vermoë van ‘n produk of diens om die spesifieke behoeftes van
verbruikers te bevredig. Gehaltebeheer is die begin
• Dit word gemeet aan spesifieke kriteria soos fisiese voorkoms, van die gehaltebeheerproses.
betroubaarheid, duursaamheid, volhoubaarheid en naverkoopdiens. Verwys na kolpunte 2 en 3
• Die doeltreffendheid van dienste en die vermoë om ‘n effektiewe uitkoms te aan die linkerkant.
verskaf sonder te veel vertragings.

Gehaltebeheer QR-KODE
• ‘n Stelsel wat verseker dat daar aan die verlangde gehalte voldoen word Kyk na die video hieronder
deur die finale produk te inspekteer om te verseker dat dit aan die vereiste vir meer inligting oor
standaarde voldoen. gehaltekonsepte.
• Sluit in die stel van teikens, meting van prestasie en die neem van regstellende
maatreëls.
• Nagaan van grondstowwe, werknemers, masjinerie, vakmanskap, produksie
en prosesse om te verseker dat hoë gehaltestandaarde gehandhaaf word.

Gehalteversekering
• Kontroles word uitgevoer tydens en na die produksieproses.
• Verseker dat daar in elke stadium van die proses aan vereiste standaarde
voldoen is.
• Prosesse word ingestel om te verseker dat die gehalte van produkte of dienste
en stelsels voldoen aan voorafbepaalde standaarde met minimale defekte, https://www.youtube.
vertragings en tekortkominge. com/watch?v=Xslaf-
• Maak seker dat elke proses daarop gemik is om die produk die ‘eerste keer Baj9j8&list=PLpEujd_oz5b-
reg te kry’ en doelgerig en aktief te voorkom dat foute gebeur. PuRzNqyJJEq6mnbqxVpZt-
K&index=2
Gehaltebestuur
• Die proses om alle aktiwiteite te bestuur wat nodig is om te verseker dat ‘n
besigheid produkte en dienste van konsekwent hoë standaarde produseer.
• Verwys na tegnieke en instrumente wat gebruik word om die gehalte van ‘n
produk te ontwerp en verbeter.
• Kan gebruik word vir aanspreeklikheid binne elk van die besigheidsfunksies.
• Gemik om te verseker dat die gehalte van produkte en dienste konsekwent
is./Fokus op die middele om konsekwentheid te bereik.
Wenk
Gehalteprestasie Gehalteprestasie kan nie
• Die totale prestasie van elke afdeling word gemeet aan die gespesifiseerde sonder gehaltebestuur
standaarde. plaasvind nie aangesien
• Kan verkry of bereik word as alle afdelings saamwerk na dieselfde bestuur ‘n leiding moet
gehaltestandaarde. neem in die daarstelling van
• Gehalte word gemeet deur fisiese produk en statistiese uitset van prosesse, gehaltestandaarde vir ELKE
opnames van die gebruikers en/of kopers en verbruikers van produkte en dienste. besigheidsfunksie.

Gehaltebestuurstelsels
• ‘n Gehaltebestuurstelsel is ‘n raamwerk wat ‘n besigheid gebruik om sleutel-
organisasieprosesse te bestuur.
• Dit is ‘n geformaliseerde stelsel wat prosedures, prosesse en verantwoordelikhede
dokumenteer vir die bereiking van gehaltebeleid en -doelwitte. Wenk
• Koördineer en Rig organisasie-aktiwiteite om aan kliënte-/regulatoriese Gehaltebestuurstelsels
vereistes te voldoen en die doeltreffendheid en akkuraatheid daarvan op ‘n inkorporeer die
deurlopende basis te verbeter. implementering van
• Dit word uitgedruk as organisatoriese doelwitte, aspirasies, prosesse, die bogenoemde VYF
beleid, gedokumenteerde inligting en hulpbronne wat nodig is om gehaltekonsepte.
gehaltestandaarde in die besigheid te implementeer en te handhaaf.

KWARTAAL 2 | ONDERWERP 7 | Gehalte van prestasie 171

BS GRAAD 12 LB AFR.indb 171 2022/03/27 23:47:37


KWARTAAL 2

Wenk
Die verskille tussen gehaltebeheer en
Maak seker dat jy gehalteversekering
kan onderskei tussen
gehaltebeheer en Neem kennis
gehalteversekering. Die Neem kennis van die tweede kolpunt onder gehalteversekering, aangesien hierdie feit in
verskille hoef nie in ‘n tabel te eenheid 7.2 onder TGB herhaal sal word.
wees nie, maar die verskille
moet duidelik wees.
Gehaltebeheer Gehalteversekering
• Stelsel wat verseker dat die verlangde • Kontroles wat tydens en na die
gehalte verkry word deur die finale produksieproses uitgevoer word.
produk te inspekteer.
• Verseker dat voltooide produkte aan die • Verseker dat daar in elke stadium van die
Wenk vereiste standaarde voldoen. proses aan vereiste standaarde voldoen is.
Beide gehaltebeheer en • Sluit in die stel van teikens en meting van • Die inbou van gehalte in teenstelling
gehalteversekering handel prestasie en om regstellende maatreëls te met kontrolering vir gehalte.
oor produk-inspeksie en hulle neem.
is albei daarop gemik om die
vereiste standaarde te bereik.
Neem kennis van die volgende sleutelwoorde wat jou in staat sal stel om die
verskille tussen gehaltebeheer en gehalteversekering te verduidelik.

Gehaltebeheer Gehalteversekering
• Finale produk • Tydens en na
• Verlangde gehalte • Vereiste standaarde
• Teikens • Inbou’

Wenk Die verskille tussen gehaltebestuur en


Maak seker dat jy tussen gehalteprestasie
gehaltebestuur en
gehalteprestasie kan Gehaltebestuur Gehalteprestasie
onderskei. Die verskille hoef • Tegnieke, instrumente en metodes wat • Die totale prestasie van elke afdeling
nie in ‘n tabel te wees nie, gebruik word om die gehalte van ‘n word gemeet aan die gespesifiseerde
maar die verskille moet produk te bepaal of te verbeter. standaarde.
duidelik wees.
• Kan gebruik word vir aanspreeklikheid • Kan verkry word as alle
binne elk van die besigheidsfunksies. afdelings saamwerk na dieselfde
gehaltestandaarde.
• Gemik om te verseker dat die gehalte • Gehalte word gemeet deur fisiese
van produkte of dienste konsekwent produk/statistiese uitset van prosesse,
is./Fokus op die middele om opnames van die gebruikers en/of
konsekwentheid te bereik. kopers en verbruikers van produkte of
dienste.

Wenk
Gehaltebestuur word gedoen deur topbestuur wat verantwoordelik is vir die ontwerp
van tegnieke en instrumente wat deur verskillende afdelings gebruik sal word. Elke
afdeling gebruik die tegnieke en hulpmiddels as riglyne oor hoe hulle die gehalte van
hul produkte of dienste kan verbeter. Verder lei die tegnieke en instrumente afdelings
oor die verwagte gehalte produkte wat geproduseer moet word.

172 BESIGHEIDSTUDIES | GRAAD 12

BS GRAAD 12 LB AFR.indb 172 2022/03/27 23:47:37


Eenheid 7.1  Gehalte en gehalte-konsepte

| Aktiwiteit 7.1 Klaswerk/Huiswerk

VRAAG 1
1.1 Lees die scenario hieronder en beantwoord die vrae wat volg.
MUNDLE BOTTELERING (MB)
Mundle Bottelering het nuwe metodes en tegnieke ontwikkel om die gehalte
van hul produkte te verbeter. MB verseker dat al hul prosesse hulle in staat stel
om die produk die eerste keer reg te kry om te verhoed dat foute gebeur.

1.1.1 Identifiseer TWEE gehaltekonsepte wat deur MB toegepas word. Motiveer


jou antwoord deur uit die scenario hierbo aan te haal.
Gebruik die tabel hieronder as ‘n RIGLYN om VRAAG 1.1.1 te
beantwoord.
KONSEP VAN GEHALTE MOTIVERING
1.
2.
(6)
1.1.2 Brei uit oor die betekenis van TWEE ander gehaltekonsepte. (6)
[12]

Die voordele van ‘n goeie gehaltebestuurstelsel Het jy geweet


• Doeltreffende kliëntediens word gelewer, wat lei tot verhoogde kliënte- ‘n Goeie gehaltebestuurstelsel
tevredenheid. bevoordeel nie net die
• Tyd en organisatoriese hulpbronne soos finansies, grondstowwe en arbeid besigheid nie. Werknemers
word doeltreffend gebruik. en kliënte geniet ook hierdie
• Produktiwiteit verhoog deur behoorlike en effektiewe tydsbestuur, en die voordele. Stem jy saam?
Bevestig hierdie vraag deur te
gebruik van hulpbronne van hoë gehalte.
verwys na die voordele van ‘n
• Produkte en dienste word voortdurend verbeter, wat lei tot verhoogde vlakke
goeie gehaltebestuurstelsel aan
van kliënt-tevredenheid. die linkerkant.
• Verhoog die vermoë van die besigheid om hul visie, missie en doelwitte
te bereik.
• Die besigheid het ‘n / verbeter sy mededingende voordeel bo sy mededingers.
• Gereelde opleiding sal die gehalte van werknemers se vaardighede, kennis en
bevoegdhede voortdurend verbeter.
• Werkgewers en werknemers sal ‘n gesonde werksverhouding hê wat
gelukkige en produktiewe werkers tot gevolg het./Verbeter die werknemer se
moraal en produktiwiteit binne die besighede.
• Verhoogde markaandeel en meer kliënte verbeter winsgewendheid.
• Verbeter besigheidsbeeld aangesien daar minder defekte en terugsendings is.
• Verbeter die finansiële volhoubaarheid van die besigheid aangesien kliënte
behou word.

Wenk
Besighede wat die gehaltekonsepte korrek implementeer, sal die voordele van ‘n goeie
gehaltebestuurstelsel kan geniet.

KWARTAAL 2 | ONDERWERP 7 | Gehalte van prestasie 173

BS GRAAD 12 LB AFR.indb 173 2022/03/27 23:47:37


KWARTAAL 2

QR-KODE | Aktiwiteit 7.2 Klaswerk/Huiswerk


Kyk na die video hieronder 1.1 Lees die scenario hieronder en beantwoord die vrae wat volg.
vir meer inligting oor die
voordele van ‘n goeie ANDRIES INGENIEURSWESE (AI)
gehaltebestuurstelsel. Gereelde opleiding word by Andries Ingenieurswese gedoen, wat die gehalte
van hul werknemers se vaardighede voortdurend verbeter. Die bestuur het ‘n
strategiese beplanningsvergadering gereël. AI is trots daarop om doeltreffende
kliëntediens te lewer om die vlak van kliënt-tevredenheid te verhoog.
Werknemers is betrokke by die strategiese beplanningsvergaderings van AI.

1.1.1 Haal TWEE voordele van ‘n goeie gehaltebestuurstelsel uit die scenario
hierbo aan. (2)
1.1.2 Gee raad aan die bestuur van AI oor ander voordele van ‘n goeie
gehaltebestuurstelsel. (8)
[10]
https://www.youtube.
com/watch?v=Lp75Uw-
p92rA&list=PLpEujd_oz5b-
PuRzNqyJJEq6mnbqxVpZt-
K&index=4 Gehalte van prestasie/Gehalte-aanwysers van
elke besigheidsfunksie
Die gehalte van prestasie in elke besigheidsfunksie beïnvloed direk die mate
Wenk waarin die besigheid gehalte regdeur die besigheid kan bereik. Elke besigheid
Alle gehalte-aanwysers wys behoort die gehalte-aanwysers te ken wat nodig is om aan verwagtinge te
wat ELKE besigheidsfunksie voldoen en dit moet aan alle werknemers in verskeie afdelings gekommunikeer
moet doen om gehalte te word. Jy word weereens daaraan herinner dat jy in Graad 10 van die betekenis
behaal. van verskillende besigheidsfunksies geleer het. In Graad 12 fokus ons op hoe elke
besigheidsfunksie tot die sukses van die besigheid kan bydra . Die bydra van elke
besigheidsfunksie tot die sukses van die besigheid staan ook bekend as gehalte-
aanwysers.
QR-KODE
Kyk na die video hieronder Wenk
vir meer inligting oor die
gehalte-aanwysers van elke Maak seker dat jy hierdie afdeling baie goed bemeester. Dit sal jou in staat stel om die
besigheidsfunksie. volgende vrae te beantwoord:
• Identifiseer enige besigheidsfunksie uit gegewe scenario’s of stellings.
• Verduidelik hoe die gehalte van prestasie van ELKE besigheidsfunksie tot die sukses van
‘n besigheid kan bydra.
• Stel die gehalte-aanwysers van ELKE besigheidsfunksie voor.

LET WEL
Dit beteken dat jy geassesseer kan word op óf gehalte van prestasie van
besigheidsfunksies óf gehalte-aanwysers van besigheidsfunksies, maar die antwoord is
DIESELFDE.

https://www.youtube.com/
watch?v=PkTmaJe50r4

174 BESIGHEIDSTUDIES | GRAAD 12

BS GRAAD 12 LB AFR.indb 174 2022/03/27 23:47:38


Eenheid 7.1 Gehalte en gehalte-konsepte

Die gehalte-aanwysers van elke besigheidsfunksie word in die diagram hieronder


geïllustreer.

GEHALTE-AANWYSERS VAN ELKE BESIGHEIDSFUNKSIE

Algemene Openbare Menslike


Produksie- Aankoop- Bemarkings- Finansiële Administrasie
bestuurs- betrekkinge- hulpbron-
funksie funksie funksie funksie funksie
funksie funksie funksie

PERS
KLIËNT
LOJALITEIT

Korrekte Verkry kliënt- Strategieë Verskaf Vinnige en


Kommunikeer Effektiewe Gereelde
hoeveelhede lojaliteit deur om wins- positiewe betroubare
visie, missie produksie- opleiding
betyds verwagtinge gewendheid persverklarings data-
en waardes beplanning van werkers
gelewer te oortref te verhoog vaslegging

Kom ons kyk meer breedvoerig na elkeen.


Algemene bestuursfunksie QR-KODE
Die bydrae van die algemene bestuursfunksie tot die sukses van ‘n besigheid/ Kyk na die video hieronder
Gehalte-aanwysers van die algemene bestuursfunksie vir meer inligting oor hoe die
• Ontwikkel, implementeer, monitor en hou effektiewe strategiese planne in stand. gehalte van prestasie tot die
• Doeltreffende organisasie en toewysing van besigheid- of organisatoriese hulpbronne sukses en/of mislukking van
om voorsiening te maak vir die bereiking van kort- en langtermynplanne. elke besigheidsfunksie kan
• Gestruktureerde standaarde en norme moet in plek wees sodat beheermeganismes bydra.
geïmplementeer kan word.
• Effektiewe kommunikering van ‘n gedeelde visie, missie en waardes.
• Stel rigting en stel prioriteite vir hul besigheid.
• Lei deur ‘n voorbeeld te stel van die gedrag wat van werknemers verwag word ten
opsigte van etiek, professionalisme, produktiwiteit en werksetiek.
• Verseker dat alle afdelings van die besigheid hul spertye en teikens behaal en sodoende
hul doelwitte bereik.

https://www.youtube.
com/watch?v=Yz4pCrH_
V5A&list=PLpEujd_oz5b-
PuRzNqyJJEq6mnbqxVpZt-
K&index=4

KWARTAAL 2 | ONDERWERP 7 | Gehalte van prestasie 175

BS GRAAD 12 LB AFR.indb 175 2022/03/27 23:47:38


KWARTAAL 2

Produksiefunksie
Die bydrae van die produksiefunksie tot die sukses van ‘n besigheid/Gehalte-
aanwysers van die produksiefunksie
• Die produksiebestuurder moet produkte en dienste van hoë gehalte volgens
spesifikasies verskaf en verseker.
• Die produksie of bedryfsprosesse van ‘n besigheid word gedoen deur behoorlike en
effektiewe produksiebeplanning en -beheer.
• Die produksiebestuurder moet daarna streef om produkte teen die laagste moontlike
koste te produseer om maksimum wins te verseker.
• Die produksiebestuurder moet die rolle en verantwoordelikhede aan die
produksiewerkers kommunikeer.
• Produkte voldoen aan kliënte se vereistes deur veilig, betroubaar en duursaam
te wees.
• Moniteer prosesse en vind/bepaal die kern-oorsake van produksieprobleme.
• Implementeer gehaltebeheerstelsels om te verseker dat gehalte produkte konsekwent
geproduseer word.

Aankoopfunksie
Die bydrae van die aankoopfunksie tot die sukses van ‘n besigheid/Gehalte-
aanwysers van die aankoopfunksie
• Koop grondstowwe in grootmaat teen laer pryse.
• Verseker vereiste hoeveelhede word op die regte tyd en plek afgelewer.
• Kies betroubare verskaffers wat die beste gehalte grondstowwe of kapitaalgoedere
Wenk teen billike pryse lewer.
• Plaas bestellings betyds en verseker gereelde opvolg sodat goedere betyds afgelewer
Daar is ‘n verband tussen
word.
die produksiefunksie en
• Effektiewe koördinering tussen aankoop- en produksieafdelings sodat
die aankoopfunksie. Die
aankooppersoneel die vereistes van die produksieproses verstaan.
produksiefunksie is afhanklik
• Implementering en instandhouding van voorraadbeheerstelsels om die sekuriteit van
van die aankoopfunksie vir
voorraad te verseker.
die korrekte verskaffing van
• Die vestiging van goeie professionele verhoudings met verskaffers, sodat hulle in lyn
grondstowwe, ens..
is met die visie, missie en waardes van die besigheid.

Bemarkingsfunksie
Die bydrae van die bemarkingsfunksie tot die sukses van ‘n besigheid/Gehalte-
aanwysers van die bemarkingsfunksie
• Verkry ‘n groter markaandeel deur goeie, effektiewe en doeltreffende kliëntediens.
• Verkry kliënte se lojaliteit deur aan hul behoeftes en begeertes te voldoen of te oortref
en positiewe verhoudings te bou.
• Hou by etiese advertensie-praktyke wanneer produkte of dienste bevorder word.
• Identifiseer mededingende voordeel, gapings in die mark en doen gereelde
marknavorsing.
• Onderskei besigheid se produkte van dié van sy mededingers om die teikenmark en
winsgewendheid te verhoog.
• Gebruik verskillende prystegnieke soos promosiepryse, penetrasiepryse, ensovoorts,
om ‘n mededingende voordeel te verseker.
• Gebruik aggressiewe advertensieveldtogte om markaandeel te behou.

176 BESIGHEIDSTUDIES | GRAAD 12

BS GRAAD 12 LB AFR.indb 176 2022/03/27 23:47:38


Eenheid 7.1  Gehalte en gehalte-konsepte

Finansiële funksie
Die bydrae van die finansiële funksie tot die sukses van ‘n besigheid/Gehalte-
aanwysers van die finansiële funksie
• Ontleed/pas toe/Ontdek/Implementeer strategieë om winsgewendheid te verhoog.
• Verkry kapitaal vanaf die mees geskikte, beskikbare en betroubare bronne.
• Onderhandel beter rentekoerse om die finansiële koste laag te hou en om finansiële
koste te verminder.
• Stel begrotings korrek op, en implementeer dit om voldoende toepassing van
monetêre hulpbronne te verseker.
• Hou finansiële rekords gereeld op datum om tydige en akkurate belastingbetalings te
verseker.
• Implementeer finansiële beheermaatreëls, stelsels en prosesse om bedrog te voorkom.
• Implementeer ‘n kredietverlening- en skuldinvorderingsbeleid om kontantvloei te
monitor.
Wenk
Openbare betrekkinge-funksie
Maak seker dat jy nie die
Die bydrae van die openbare betrekkinge-funksie tot die sukses van ‘n gehalte-aanwysers van die
besigheid/Gehalte-aanwysers van die openbare betrekkinge-funksie bemarkingsfunksie met die
• Pak negatiewe publisiteit vinnig en onmiddellik om die impak van negatiewe openbare betrekkinge-funksie
publisiteit te verminder. verwar nie. Die openbare
• Verskaf gereelde en positiewe persverklarings. betrekkinge-funksie gaan oor
• Implementeer volhoubare programme vir korporatiewe maatskaplike investering (KMI). die bevordering van die beeld
• Verskaf goeie uitslae van en positiewe terugvoer van openbare opnames oor die van die besigheid as geheel.
besigheidsbeeld. Terwyl die bemarkingsfunksie
• Hoë standaarde van interne publisiteit en voorkoms van geboue en professionele daaroor gaan om die verkope
telefoonetiket, ensovoorts. van produkte en dienste te
• Lewer gehalte produkte en dienste wat die handelsmerk en beeld by kern- bevorder en meer kliënte te
belanghebbendes, kliënte, verskaffers, regering en diensverskaffers bevorder. lok.
• Voldoening aan onlangse wetgewing, byvoorbeeld, BBSEB-nakoming en
Daarom fokus openbare
implementering van diensbillikheidsplanne, ensovoorts.
betrekkinge op die besigheid
en bemarking fokus op
Administrasie funksie die produk om sodoende
markaandeel te vergroot.
Die bydrae van die administrasie funksie tot die sukses van ‘n besigheid/
Gehalte-aanwysers van die administrasie funksie
• Vinnige en betroubare datavaslegging en verwerkingstelsels.
• Stel betroubare inligting betyds aan bestuur beskikbaar.
• Stel relevante inligting beskikbaar vir vinnige besluitneming.
• Doeltreffende en effektiewe gebruik van moderne en bygewerkte tegnologie. 
• Alle dokumentasie word netjies en ordelik op ‘n veilige plek bewaar.
• Maklik om inligting en dokumentasie te herroep en vind.
• Finansiële dokumente word op datum gehou en akkuraat aangeteken.

Menslike hulpbronfunksie
Die bydrae van die menslike hulpbronfunksie tot die sukses van ‘n besigheid/
Gehalte-aanwysers van die menslike hulpbronfunksie
• Verseker die korrekte implementering en toepassing van ‘n effektiewe werwingsbeleid
om die beste kandidate na die besigheid te lok.
• Verseker billike en gelyke keuringsprosesse wat in lyn is met verskeie wetgewende
vereistes.
• Billike vergoedingspakkette in lyn met die nywerheid. Nuwe woorde
• Verseker voldoende, opgedateerde, deurlopende en gereelde opleiding van
werknemers om hul vaardighede, kennis, vermoëns en bevoegdhede te verbeter. werknemerbehoudskoerse 
• Bied prestasie-aansporings vir personeel om produktiwiteit te verbeter. die koers waarteen die
• Gesonde en positiewe verhoudings met werknemers verbeter werknemersmoraal. besigheid hul werknemers kan
• Lae werknemeromset en hoë werknemerbehoudskoerse in die besigheid. behou.

KWARTAAL 2 | ONDERWERP 7 | Gehalte van prestasie 177

BS GRAAD 12 LB AFR.indb 177 2022/03/27 23:47:38


KWARTAAL 2

| Aktiwiteit 7.3 Klaswerk/Huiswerk

VRAAG 1
1.1 Lees die scenario hieronder en beantwoord die vrae wat volg.
MOPELI BEDRYWE (MB)
Mopeli Bedrywe bied prestasie-aansporings aan alle werknemers om
produktiwiteit te verbeter. Sam plaas bestellings betyds en verseker gereelde
opvolging met verskaffers. Thandi verseker dat akkurate belastingbetalings
betyds ingedien word. Johan is versoek om die beeld van MB aan verskeie
belanghebbendes te bevorder.

Gebruik die tabel hieronder as ‘n RIGLYN om VRAAG 1.1.1 te beantwoord.


GEHALTE-AANWYSERS BESIGHEIDSFUNKSIES
(1.1.1) (1.1.2)
1.
2.
3.
4.
1.1.1 Haal VIER gehalte-aanwysers van die besigheidsfunksies uit die
scenario hierbo aan. (4)
1.1.2 Klassifiseer ELKE gehalte-aanwyser wat in VRAAG 1.1.1 aangehaal
word volgens die relevante besigheidsfunksie. (8)
1.1.3 Verduidelik die gehalte-aanwysers van enige TWEE ander
besigheidsfunksies. (6)
[18]

QR-KODE Eenheid 7.2 Totale Gehaltebestuur (TGB)


Kyk na die video hieronder Besighede gebruik TGB om kliëntediens en die voorsieningskettingbestuur te
vir meer inligting oor Totale reguleer of te verbeter en om te verseker dat alle werknemers voldoende opgelei
Gehaltebestuur (TGB). is. Die fokus van TGB is dus ‘n multi-dimensionele benadering wat regdeur die
besigheid op alle vlakke plaasvind, om die gehalte van die produkte en dienste te
verbeter, deur die voortdurende verbetering van interne praktyke.

Totale Gehaltebestuur (TGB) is ‘n gestruktureerde en funksionele benadering tot


algehele besigheidsbestuur. Dit is ‘n voortdurende en deurlopende proses om
foute op te spoor, verminder en uit te skakel. Alle besighede streef daarna om die
produkte die eerste keer reg te kry en die behoeftes van die kliënte bo verwagting
te bevredig. Dit kan bereik word deur TGB te implementeer.

https://www.youtube. TGB kan suksesvol bereik en geïmplementeer word deur alle gehalte-
com/watch?v=6D5lc- verwante funksies, prosesse en prosedures effektief deur die hele besigheid te
qv7Z6w&list=PLpEujd_oz5b- integreer. TGB stel alle werknemers en eenhede betrokke by die verskillende
PuRzNqyJJEq6mnbqxVpZt- besigheidsprosesse in staat om verantwoordelik gehou te word vir die gehalte van
K&index=5 die produkte en dienste.

178 BESIGHEIDSTUDIES | GRAAD 12

BS GRAAD 12 LB AFR.indb 178 2022/03/27 23:47:38


Eenheid 7.2  Totale Gehaltebeheer (TGB)

SCENARIO OOR TGB LET WEL


Kan jy aan enige voorbeeld dink wat TGB uitbeeld? Oorweeg die volgende scenario. Die doel van die scenario
aan die linkerkant is om
Sodra Buhle die restaurant binnegekom het, het die kelnerin hom met ‘n vriendelike groet
die betekenis van TGB te
verwelkom en na sy sitplek begelei. Die atmosfeer in die restaurant was besonder gepas,
illustreer ten opsigte van
aangesien die sagte agtergrondmusiek die netheid van die instansie aangevul het. Die
die voldoening aan die
kundige kelnerin het aanbevelings gemaak vir ‘n maaltydkeuse. Terwyl hy vir sy kos gewag
tevredenheid van kliënte bo
het, het Buhle die toilet gebruik wat goed onderhou en skoon was. Buhle se ete was
verwagting. TGB gaan nie net
uitstekend, smaaklik en vars. Hy is bereid om die rekening van R200 vir die ete te betaal en
oor die produk nie, maar sluit
het ‘n fooitjie aan die kelnerin gegee omdat hy bo sy verwagtinge tevrede was.
alle aspekte van die besigheid
in..

Die betekenis van TGB Nuwe woorde


• TGB is ‘n geïntegreerde stelsel, metodologie of proses wat regdeur ‘n
organisasie toegepas word. Dit stel besighede in staat om gehalte produkte metodologie  n sistematiese
en dienste vir kliënte te ontwerp, produseer of verskaf. en opeenvolgende proses om
‘n bepaalde aktiwiteit uit te
• Dit het ‘n gedagterevolusie by die bestuur tot gevolg, aangesien die hele
voer
besigheid en alle besigheidsaktiwiteite met ‘n kliënt-oriëntasie bedryf word.
• TGB stel besighede in staat om voortdurend en deurlopend op die lewering gedagterevolusie  ‘n
van produkte en dienste te verbeter om die behoeftes van kliënte te bevredig. beduidende verandering of
• Die bestuur verseker dat elke werknemer verantwoordelik en transformasie van bestaande
verantwoordbaar is vir die gehalte van hul werk en optredes. idees, persepsies en
oortuigings en die effektiewe
toepassing daarvan
TQM gaan oor deurlopende verbetering soos geïllustreer in die diagram hieronder.

HOOFIDEE

Prosesse, produkte/dienste

DEURLOPENDE VERBETERING KLIËNT-TEVREDENHEID

Lewering van produkte of dienste

Besighede kan totale gehaltebestuur bereik deur die implementering van die
VYF TGB-elemente wat in die diagram op die volgende bladsy geïllustreer word.
Jou aandag word gevestig op die eerste TWEE TGB-elemente wat die woord
“deurlopende” beklemtoon. Dit ondersteun die diagram hierbo.

KWARTAAL 2 | ONDERWERP 7 | Gehalte van prestasie 179

BS GRAAD 12 LB AFR.indb 179 2022/03/27 23:47:39


KWARTAAL 2

TGB-elemente
WENK
Maak seker dat jy die VYF TGB-elemente baie goed ken. Dit sal jou in staat stel om die
volgende vrae te beantwoord:
• Identifiseer die verskillende TGB-elemente uit verskillende scenario’s of stellings.
• Definieer of Beskryf die verskillende TGB-elemente.

Die TGB-elemente word in die diagram hieronder geïllustreer.

TGB-elemente

1 2 3 4 5
Deurlopende Deurlopende Voldoende Monitering en Totale kliënte-/
vaardigheids verbetering finansiering evaluering kliënte-tevredenheid
ontwikkeling/ van prosesse en kapasiteit van gehalteprosesse
Onderwys en stelsels
en opleiding


Neem kennis
Wenk
Bykomende feite word vir elke
Maak seker dat jy ‘n daadwerklike poging aanwend om hierdie TGB-elemente aan te
TGB-element hieronder verskaf
leer, aangesien dit nie geparafraseer of herbewoord kan word nie. Byvoorbeeld: Jy moet
om jou begrip, betekenis en
sê: ‘Deurlopende verbetering van prosesse en stelsels’. Vermy die herbewoording of
interpretasie van hierdie TGB-
herformulering van elke TGB-element aangesien geen punte vir hierdie fout toegeken
elemente te verbeter.
sal word nie.

Kom ons kyk meer breedvoerig na elkeen.

Deurlopende vaardigheidsontwikkeling/Onderwys en
Wenk
opleiding
Om aan die veilige kant
te wees, ken BEIDE die • Die toewyding van die besigheid om deel te neem aan die deurlopende
positiewe en negatiewe vaardigheidsontwikkeling/ Onderwys en opleiding van alle werknemers op
impak van die VYF TGB- alle vlakke binne die besigheid.
elemente aangesien enige • Die korrekte, behoorlike, doeltreffende en effektiewe opleidingsprogramme
een geassesseer kan word. moet uitgevoer, verskaf en verkry word om werknemers op te lei vir die
Die impak van die TGB- korrekte toepassing van die verskillende TGB-konsepte, tegnieke en prosesse.
elemente op groot besighede • Die besigheid moet ‘n vaardigheidsoudit uitvoer om die kwalifikasies, ervaring
word breedvoerig op bladsy
en bevoegdhede van werknemers te bepaal in hul vermoë om die gehalte van
182–185 bespreek.
produkte of dienste en prosesse te beïnvloed.

180 BESIGHEIDSTUDIES | GRAAD 12

BS GRAAD 12 LB AFR.indb 180 2022/03/27 23:47:39


Eenheid 7.2  Totale Gehaltebeheer (TGB)

Deurlopende verbetering van prosesse en stelsels


Wenk
• Die vermoë en toewyding van die besigheid om deurlopende verbetering aan
Die BDKH-model en
prosesse en stelsels na te streef, uit te voer en te bereik.
gehaltesirkels as deel van
• Die besigheid kan nie selfvoldaan raak met huidige praktyke nie en moet
deurlopende verbetering
deurlopend, gedurig en gereeld middele toepas om bestaande prosesse en van prosesse en stelsels
stelsels te verbeter. sal breedvoerig op bladsy
• Besighede moet op hul prosesse en stelsels verbeter soos die bedryfstelsel, 186–187 bespreek word.
diensleweringstelsel en produksiestelsel.

Voldoende finansiering en kapasiteit


• Die vermoë van die besigheid om voldoende finansiering en kapasiteit vir
alle bedryfsvereistes te verskaf en verkry in die strewe om TGB effektief te
implementeer.
• Die besigheid moet verseker dat daar voldoende finansiering en kapasiteit
beskikbaar is vir alle bedrywighede, projekte en aktiwiteite om aan TGB-
vereistes te voldoen.
• Om te verseker dat daar voldoende finansiering en kapasiteit is, moet die
besigheid gesonde finansiële bestuurspraktyke toepas soos om surplusfondse
te belê en die begroting korrek toe te pas.

Monitering en evaluering van gehalteprosesse


• Die effektiewe implementering van TGB vereis monitering en evaluering van
gehalteprosesse deur die hele besigheid.
• Die besigheid moet gehalteprosesse monitor en evalueer om die sterkpunte
of sukses te bepaal en verbeter, en swakhede, versperrings of hindernisse in
die bereiking/nastrewing van TGB te verminder of te verwyder.
• Dit is ‘n kritieke aspek binne TGB aangesien dit die besigheid in staat stel om
bestaande praktyke te verbeter en uiteindelik die mate waarin die besigheid
aan kliënte se behoeftes voldoen, te verbeter.

Totale kliënte/klante-tevredenheid
• Die vermoë en toewyding van die besigheid om totale kliënte-tevredenheid te
bereik.
• Die besigheid moet daarna streef om gehalte produkte en dienste te verskaf
om te voldoen aan kliënte se behoeftes, verwagtinge en tevredenheid te
oortref.
• Goeie kennis, inligting en marknavorsing rakende huidige en toekomstige
kliëntbehoeftes is noodsaaklik om hierdie TGB-element te bereik.

KWARTAAL 2 | ONDERWERP 7 | Gehalte van prestasie 181

BS GRAAD 12 LB AFR.indb 181 2022/03/27 23:47:39


KWARTAAL 2

| Aktiwiteit 7.4 Klaswerk/Huiswerk

VRAAG 1
1.1 Lees die scenario hieronder en beantwoord die vrae wat volg.
SCHOEMAN PLUIMVEE BEPERK (SPB)
Schoeman Pluimvee Beperk spesialiseer in verskillende tipes pluimvee. Die
bestuur van SPB verseker dat hulle die besigheid se bedryfs- en produksiestelsels
verstaan. Marknavorsing word altyd deur SPB gedoen om die behoeftes van
verbruikers te moniteer.

1.1.1 Identifiseer TWEE totale gehaltebestuur (TGB)-elemente wat deur SPB


toegepas word. Motiveer jou antwoord deur uit die scenario hierbo aan
te haal.
Gebruik die tabel hieronder as ‘n RIGLYN om VRAAG 1.1.1 te
beantwoord.
TGB-ELEMENTE MOTIVERING
1.
2.
(6)
1.1.2 Brei uit oor die betekenis van TWEE ander TGB-elemente. (6)
[12]

Wenk
Die impak van die TGB-elemente op groot
Maak seker dat jy die impak
besighede
van die TGB-elemente op Die verskillende TGB-elemente kan die bedrywighede van groot besighede
groot besighede baie goed positief of negatief beïnvloed. Groot besighede moet verseker dat alle
ken. belanghebbendes die nodige kennis het om die vermoë van die besigheid te
verbeter om die positiewe impak te verbeter, en die negatiewe impak van TGB te
verminder.

Kom ons kyk hoe die verskillende TGB-elemente ‘n besigheid op ‘n positiewe of


negatiewe manier kan beïnvloed.

Deurlopende vaardigheidsontwikkeling/Onderwys en opleiding


Positiewe/Voordele
• Groot besighede het ‘n menslike hulpbronafdeling wat toegewy is aan
vaardigheidsopleiding en -ontwikkeling.
• Menslike hulpbronkundiges verseker dat opleidingsprogramme relevant en
toepasbaar is vir verhoogde kliënt-tevredenheid.
• Vermoë om gespesialiseerde en vaardige werknemers te bekostig.
• Mag vaardigheidsoudit uitvoer om die bevoegdheids- en opvoedingsvlakke van
personeel wat werk verrig te bepaal, wat die gehalte van produkte, dienste en
prosesse positief kan beïnvloed.
• Kan dalk gekwalifiseerde opleiers huur om werknemers gereeld op te lei.

EN/OF

182 BESIGHEIDSTUDIES | GRAAD 12

BS GRAAD 12 LB AFR.indb 182 2022/03/27 23:47:39


Eenheid 7.2  Totale Gehaltebeheer (TGB)

Deurlopende vaardigheidsontwikkeling/ Onderwys en opleiding


(Vervolg)
Negatiewe/Nadele
• Swak kommunikasiestelsels in groot besighede kan verhoed dat effektiewe opleiding
plaasvind.
• Opgeleide werknemers kan na beter werk vertrek nadat hulle meer vaardighede
opgedoen het.
• Werknemers kan gedemotiveerd raak as hulle nie erkenning vir opleiding ontvang nie.
• Werknemers is dalk nie bewus van die vlak van bevoegdheid wat hulle moet bereik
om hul teikens te bereik nie.
• Dit kan moeilik wees om die doeltreffendheid van opleiding te monitor en evalueer.

Deurlopende verbetering van prosesse en stelsels


Positiewe/Voordele
• Groot besighede het beskikbare of geredelik beskikbare hulpbronne om kontrole vir
gehalteprestasie in elke eenheid uit te voer.
• Genoeg kapitaal is beskikbaar vir nuwe toerusting en tegnologie wat vir prosesse en
stelsels benodig word.
• Groot besighede het ‘n persoon of afdeling wat toegewy is aan die verbetering van
prosesse en stelsels.
• Hulle kan bekostig om die dienste van die gehaltesirkels te gebruik om voor hul
mededingers te bly.
• Groot besighede is bereid om risiko’s te neem en nuwe prosesse en stelsels te
probeer omdat hulle die impak van die verlies van geld en finansiële hulpbronne kan
absorbeer.
EN/OF
Negatiewe/Nadele
• Gehaltebeheer kan ingewikkeld raak met grootskaalse vervaardigingsprosesse.
• Stelsels en prosesse neem tyd en moeite om in groot besighede te implementeer
aangesien kommunikasie die proses kan vertraag.
• Risiko om dele van die besigheid te verander wat goed werk.
• Nie alle negatiewe terugvoer van werknemers en kliënte gaan akkuraat wees nie, wat
kan lei tot verkeerde of onnodige veranderinge aan stelsels en prosesse.
• Beperkings ten opsigte van die beskikbaarheid van masjinerie en tegnologie kan
die vermoë van groot besighede beïnvloed om prosesse en stelsels voortdurend en
deurlopend te verbeter.

Voldoende finansiering en kapasiteit


Positiewe/Voordele
• Groot besighede het voldoende finansiering om alle prosesse voor die implementering
daarvan te toets.
• Hulle kan bekostig om stelsels in plek te hê om foute in prosesse en defekte in
grondstowwe of produkte te voorkom.
• Groot besighede is in staat om produknavorsing en marknavorsers te bekostig om
inligting in te samel.
• Kan bekostig om gehalte grondstowwe en toerusting aan te koop.
• Groot besighede kan hoogsbetaalde spesialiste bekostig om gevorderde opleiding
met werknemers te doen.

EN/OF

KWARTAAL 2 | ONDERWERP 7 | Gehalte van prestasie 183

BS GRAAD 12 LB AFR.indb 183 2022/03/27 23:47:39


KWARTAAL 2

Voldoende finansiering en kapasiteit (Vervolg)


Negatiewe/Nadele
• As die vraag na die besigheid se produk skielik toeneem, begin bestellings vinniger
inkom as wat verwag is, en die maatskappy het nie die kapitaal wat nodig is om die
produksie van die voorraad te finansier om die bestellings te vul nie.
• Groot vinnig groeiende besighede kan groot hoeveelhede kapitaal verbruik as hulle
probeer om normale bedrywighede en uitbreiding te balanseer.
• Groot besighede bestee dikwels groot bedrae geld aan organisatoriese hulpbronne en
masjinerie en dikwels word die opbrengs op belegging nie op kort termyn verdien nie.
• Finansiële kapitaal word vermors wanneer verkeerde finansiële beplanning en
oneffektiewe finansiële bestuursprosesse bestaan.
• Verkeerde finansiële beplanning. Groot bedrae opgehoopte skuld deur ‘n groot
besigheid kan ‘n beperking plaas op die groeistrategie van die besigheid. Dit kan ook
die besigheid se vermoë om sy finansiële verpligtinge na te kom, beperk.

Wenk
Vermy die verwarring van deurlopende verbetering van prosesse en stelsels met
voldoende finansiering en kapasiteit aangesien dit nie dieselfde TGB-element is nie.
Neem kennis van die verskille hieronder.

Deurlopende verbetering van Voldoende finansiering en


prosesse en stelsels kapasiteit
• Genoeg kapitaal is beskikbaar vir • Groot besighede het voldoende
nuwe toerusting wat benodig word finansiering om alles te toets voor
vir prosesse en stelsels implementering
• Vermoë om vaardige werknemers te • Kan bekostig om gehalte
bekostig grondstowwe en toerusting aan te
koop

Monitering en evaluering van gehalteprosesse


Wenk
Monitering en evaluering van Positiewe/Voordele
gehalteprosesse as ‘n TGB- • Monitering en evaluering van gehalteprosesse voorkom produkdefekte en beperk
element is daarop gemik om kliënteklagtes.
• Goeie gehalte kontrole en prosedures verminder die vervanging/afbreking van items,
die doeltreffendheid van toerusting/masjinerie gereeld.
die implementering van die • Groot besighede is dalk beter toegerus om dinge die eerste keer reg te kry.
ander VIER TGB-elemente te • Verbeter prestasie en verhoog produktiwiteit, verkope en winsgewendheid.
monitor en te evalueer. • Verander intervensies wat die doeltreffende gebruik van hulpbronne kan verbeter.

EN/OF

Nuwe woorde Negatiewe/Nadele


• Groot besighede word dikwels verdeel en die afdelings werk in silo’s.
silo’s  afdelings of groepe • Dit is moeilik om almal te kry om effektief te kommunikeer en dikwels word
binne groot besighede boodskappe nie korrek ontvang nie.
versuim of deel nie inligting, • Dit neem dikwels langer om probleme op te spoor of op swakhede te reageer.
hulpbronne en kennis met • Dit is nie altyd moontlik om die gehalte van al die produkte na te gaan nie.
ander individue, afdelings of • Beperkte aktiewe, akkurate monitering en evaluering van gehalteprosesse kan
groepe met wie hulle werk nie voorkom aangesien sommige bestuurders hierdie TGB-element as ‘n blote roetine of
formaliteit kan beskou en toepas.

184 BESIGHEIDSTUDIES | GRAAD 12

BS GRAAD 12 LB AFR.indb 184 2022/03/27 23:47:39


Eenheid 7.2  Totale Gehaltebeheer (TGB)

Totale kliënt-tevredenheid Wenk


Positiewe/Voordele Alle besighede streef daarna
• Groot besighede gebruik marknavorsing en kliënte opnames om kliënte tevredenheid om hierdie kern TGB-element
te meet en kliënte se behoeftes te ontleed. te bereik.
• Bevorder en ontwikkel voortdurend ‘n positiewe besigheidsbeeld.
• Streef daarna om kliënte se verwagtinge te verstaan ​​en te vervul deur
kruisfunksionele spanne oor kritieke prosesse in lyn te bring.
• Kan lei tot hoër kliëntebehoud en lojaliteit en besighede kan dalk hoër pryse hef.
• Groot besighede kan dalk toegang tot die globale mark kry.

EN/OF

Negatiewe/Nadele
• Werknemers wat selde met kliënte in aanraking kom, het dikwels nie ‘n duidelike idee
van wat hul behoeftes sal bevredig nie.
• ‘n Groot besigheid wat as ‘n monopolie gekenmerk is het ‘n verhoogde
bedingingsmag en streef dus nie na kliënt-tevredenheid nie/hoef nie aan kliënte se
behoeftes te voldoen nie.
• Nie alle werknemers is moontlik betrokke of toegewyd tot totale kliënt-tevredenheid Nuwe woorde
nie.
• Reaksietyd op veranderende verbruikersvraag kan beïnvloed word deur ‘n vertraging monopolie  gekenmerk deur
in marknavorsing en inligting. een besigheid wat ‘n unieke
• Groot besighede wat selfvoldaan raak met (die) bestaande kliënt-tevredenheid en produk verkoop en die mark
teikenmark kan beperkte langtermyn groeipotensiaal ervaar. oorheers

| Aktiwiteit 7.5 Klaswerk/Huiswerk

VRAAG 1
1.1 Lees die scenario hieronder en beantwoord die vrae wat volg.
NASIONALE SATELLIETDIENSTE (NSD)
Die bestuur van Nasionale Satellietdienste wysig altyd intervensies wat die
doeltreffende gebruik van hulpbronne kan verbeter. Dit word gedoen om totale
gehaltebestuur binne die besigheid te bereik.

1.1.1 Identifiseer die TGB-element wat deur NSD toegepas word. Motiveer jou
antwoord deur uit die scenario hierbo aan te haal. (3)
1.1.2 Bespreek ander voordele van die TGB-element wat in VRAAG 1.1.1
geïdentifiseer is. (6)
[9]
VRAAG 2
2.1 Lees die scenario hieronder en beantwoord die vrae wat volg.
BOOYSEN TEËLPRODUSENTE (BTP)
Vaardigheidsoudits word deur Booysen Teëlprodusente uitgevoer om die
bevoegdhede van werknemers te bepaal. BTP het genoeg kapitaal om al hul
bedrywighede te bestuur. Gereelde marknavorsing het BTP in staat gestel om
toekomstige behoeftes van kliënte te bepaal.

KWARTAAL 2 | ONDERWERP 7 | Gehalte van prestasie 185

BS GRAAD 12 LB AFR.indb 185 2022/03/27 23:47:39


KWARTAAL 2

| Aktiwiteit 7.5 Klaswerk/Huiswerk Hou aan.

2.1.1 Identifiseer DRIE totale gehaltebestuur (TGB)-elemente wat deur BTP


toegepas word. Motiveer jou antwoord deur uit die scenario hierbo aan
te haal. Gebruik die tabel hieronder as ‘n RIGLYN om VRAAG 2.1.1 te
beantwoord.
TGB-ELEMENTE MOTIVERING
1.
2.
3.
(9)
2.1.2 Bespreek die impak van enige TWEE van die TGB-elemente wat in
VRAAG 2.1.1 geïdentifiseer is op BTP as ‘n groot besigheid. (12)
[21]

Toepassing van die BDKH-model/stappe/siklus


om die gehalte van produkte te verbeter
Die BDKH-model (Beplan, Doen, Kontroleer/Ontleed, Handel/Tree op soos nodig)
vorm deel van deurlopende verbetering van prosesse en stelsels as ‘n TGB-
element. Hierdie model stel besighede in staat om deurlopend hul prosesse en
stelsels te beplan en te verbeter om die behoeftes van kliënte bo verwagting
te bevredig. Daar is op bladsy 181 genoem dat die BDKH-model breedvoerig
bespreek sal word, aangesien dit deel vorm van deurlopende verbetering van
prosesse en stelsels. Die BDKH-model word in die diagram hieronder geïllustreer.

BDKH-model

Beplan Doen Kontroleer/Ontleed Gepaste optrede

Beplan KONTROLELYS
?
1
2 3 ?

Kom ons kyk meer breedvoerig na elke element van die PDCA-model.
Beplan • Die besigheid moet die probleem identifiseer en ‘n plan ontwikkel vir
verbetering van prosesse en stelsels.
• Beantwoord vrae soos ‘Wat om te doen’ en ‘Hoe om dit te doen’.
• Beplan die nuwe metode en benadering om die gehalte van hul
produkte te verbeter.
• Die plan moet logies en opeenvolgend wees vir implementeerders om
dit te verstaan.

186 BESIGHEIDSTUDIES | GRAAD 12

BS GRAAD 12 LB AFR.indb 186 2022/03/27 23:47:39


Eenheid 7.2  Totale Gehaltebeheer (TGB)

Doen • Die besigheid moet die verandering op klein skaal implementeer.


• Implementeer die prosesse en stelsels soos beplan.
• Tydens hierdie stap poog die implementeerders om die verandering
effektief en akkuraat uit te voer wat op die plan of metode gebaseer
is.
• Hierdie stap is noodsaaklik om te bepaal of die verandering
lewensvatbaarheid of potensiaal het.
Kontroleer/ • Gebruik data om die uitslae van verandering te ontleed.
Ontleed • Bepaal of dit ‘n verskil gemaak het en wat verbeter moet word.
• Voer uit kontrole om te sien of die prosesse effektief werk.
• Die besigheid moet assesseer, toets en vasstel of dit werk en of dinge
volgens plan verloop.
Gepaste • Implementeer die verbetering om aan die behoeftes van die
optrede besigheid te voldoen.
• Ontwerp strategieë oor hoe om deurlopend te verbeter.
• As die verandering suksesvol was, implementeer dit op ‘n groter
skaal.
• Die besigheid moet die proses deurlopend hersien totdat hulle dit
regkry.

Die betekenis van gehaltesirkels as deel van Neem kennis

deurlopende verbetering van prosesse en Die betekenis van gehaltesirkels


word aan jou verskaf as
stelsels verryking, om jou begrip
• ‘n Groep werknemers met ‘n verskeidenheid vaardighede en ervaring wat van die rol en belangrikheid
saamstaan ​​om probleme op te los wat verband hou met gehalte en om van gehaltesirkels te verbeter
verbeterings te implementeer. as deel van deurlopende
• Hulle ondersoek probleme en stel bestuursoplossings voor. verbetering van prosesse en
• Die bestuur kan voorstelle wat deur gehaltesirkels gemaak is, implementeer. stelsels.
• Tipiese onderwerpe en kwessies wat deur gehaltesirkels bespreek word,
sluit byvoorbeeld in die verbetering van veiligheid, produkontwerp,
vervaardigingsprosesse en operasionele metodes, ens.

Die rol en belangrikheid van gehaltesirkels as deel van


Wenk
deurlopende verbetering van prosesse en stelsels Ken hierdie afdeling baie
• Los probleme op wat verband hou met gehalte en implementeer verbeterings. goed. Maak seker dat jy die
• Ondersoek en identifiseer probleme en stel bestuursoplossings voor. rol en belangrikheid van
• Verseker dat daar geen duplisering van aktiwiteite en take in die werkplek gehaltesirkels as deel van
is nie. deurlopende verbetering
• Maak voorstelle vir die verbetering van stelsels en prosesse in die werkplek. van prosesse en stelsels kan
beskryf.
• Verbeter die gehalte van produkte, dienste en produktiwiteit deur gereelde
hersiening van gehalteprosesse.
• Moniteer en versterk strategieë om die gladde verloop van sakebedrywighede
te verbeter.
• Verminder koste van oortolligheid op die lang termyn.
• Bespreek maniere om die gehalte van werk en vakmanskap te verbeter.
• Dra by tot die verbetering en ontwikkeling van die organisasie.
• Verbeter werknemers se lojaliteit en toewyding tot die besigheid en hul
doelwitte.

KWARTAAL 2 | ONDERWERP 7 | Gehalte van prestasie 187

BS GRAAD 12 LB AFR.indb 187 2022/03/27 23:47:40


KWARTAAL 2

| Aktiwiteit 7.6 Klaswerk/Huiswerk

VRAAG 1
1.1 Lees die scenario hieronder en beantwoord die vrae wat volg.
INGONYAMA KOERIERS (IK)
Ingonyma Koeriers het ‘n plan ontwikkel vir verbetering van die prosesse
en stelsels in reaksie op laat aflewerings aan kliënte. Data is ontleed om die
uitslae van die verandering te bepaal. IK maak gebruik van die dienste van
gehaltesirkels.

1.1.1 Haal TWEE stappe aan van die BDKH-model wat deur IK toegepas word.
Motiveer jou antwoord deur uit die scenario hierbo aan te haal.
Gebruik die tabel hieronder as ‘n RIGLYN om VRAAG 1.1.1 te
beantwoord.
STAPPE VAN DIE BDKH- MOTIVERING
MODEL
1.
2.
(6)
1.1.2 Verduidelik TWEE ander stappe van die BDKH-model wat deur IK
toegepas kan word. (6)
Wenk 1.1.3 Gee IK raad oor die rol van gehaltesirkels as deel van deurlopende
verbetering van prosesse en stelsels. (8)
Ken hierdie afdeling baie [20]
goed. Maak seker dat jy
die impak van TGB kan
bespreek indien dit swak deur
besighede geïmplementeer
Die impak van TGB indien swak geïmplementeer deur
word. besighede
• Stel onrealistiese spertye wat dalk nie bereik word nie.
QR-KODE • Werknemers is dalk nie voldoende of doeltreffend opgelei nie, wat lei tot
swak gehalte produkte.
Kyk na die video hieronder vir • Die afname in produktiwiteit as gevolg van onderbrekings en vertragings.
meer inligting oor die impak • Besighede sal moontlik nie die nodige veranderinge kan aanbring om die
van TGB as dit swak deur behoeftes van kliënte te bevredig nie.
besighede geïmplementeer • Die reputasie van die besigheid kan skade ly as gevolg van foutiewe produkte.
word. • Kliënte sal baie alternatiewe hê om van te kies, en die impak kan lei tot
verliese vir die besighede.
• Beleggers kan beleggings onttrek as daar ‘n afname in wins is.
• Swak publisiteit as gevolg van swak gehalte produkte wat verskaf word.
• Die afname in verkope wanneer ontevrede kliënte toenemend produkte
terugbesorg.
• Hoë personeelomset as gevolg van swak vaardigheidsontwikkeling en
opleiding.

https://www.youtube.
com/watch?v=XrVTOzAc_
dE&list=PLpEujd_oz5bPuRzN-
qyJJEq6mnbqxVpZtK&index=6

188 BESIGHEIDSTUDIES | GRAAD 12

BS GRAAD 12 LB AFR.indb 188 2022/03/27 23:47:40


Eenheid 7.2  Totale Gehaltebeheer (TGB)

Wenk
Besighede wat die TGB-elemente swak implementeer, sal ‘n negatiewe impak op hul
besigheidsgroei en produktiwiteit hê. Die tabel hieronder word gebruik om dit te illustreer.

Negatiewe impak op
TGB-element
die besigheid
• Hoë personeelomset • Deurlopende vaardigheids-
• Produkte van swak gehalte ontwikkeling/ Onderwys en opleiding
• Mors van finansiële hulpbronne • Deurlopende verbetering van
• Disinvestering prosesse en stelsels
• Verlies van kliënte of/ Afname in • Voldoende finansiering en kapasiteit
verkope • Monitering en evaluering van
gehalteprosesse
• Totale kliënt-tevredenheid

Maniere waarop TGB ‘n impak op die vermindering van Wenk


die koste van gehalte kan hê Besighede wat al VYF TGB-
• Stel gehaltesirkels bekend om maniere te bespreek om die gehalte van werk elemente implementeer,
en vakmanskap te verbeter. verminder die koste van
• Skeduleer aktiwiteite om duplisering van take uit te skakel. gehalte. Dit beteken dat hulle
• Deel verantwoordelikheid vir gehalte-uitsette tussen bestuur en werkers. nie geld en hulpbronne op
• Lei werknemers op alle vlakke op, sodat almal hul rol in gehaltebestuur verstaan. produkdefekte verloor nie.
• Ontwikkel stelsels wat werknemers bemagtig om nuwe maniere te vind om
gehalte te verbeter.
• Werk nou saam met verskaffers om die gehalte van grondstowwe en insette Wenk
te verbeter.
Ken hierdie afdeling baie
• Verbeter kommunikasie oor gehalte-uitdagings en afwykings, sodat almal uit
goed. Maak seker dat jy
ervaring kan leer.
in staat is om maniere
• Verminder belegging in duur, maar ondoeltreffende inspeksie-prosedures in te bespreek waarop TGB
die produksieproses. die koste van gehalte kan
• Implementeer proaktiewe instandhoudingsprogramme vir toerusting en verminder.
masjinerie om onklaarrakings te verminder of uit te skakel.

| Aktiwiteit 7.7 Klaswerk/Huiswerk

VRAAG 1
1.1 Lees die scenario hieronder en beantwoord die vrae wat volg.
ONYX VERSEKERINGSVERSKAFFERS (OVV)
Onyx Versekeringsverskaffers deel verantwoordelikheid vir gehalte uitsette
tussen bestuur en werkers. Stelsels wat werknemers bemagtig, is deur OVV
ontwikkel om nuwe maniere te vind om gehalte te verbeter. Sekere aspekte van
TGB word swak deur OVV geïmplementeer.

1.1.1 Haal TWEE maniere aan waarop TGB die koste van gehalte uit die
scenario hierbo verminder. (2)
1.1.2 Verduidelik DRIE ander maniere waarop TGB die koste van gehalte kan
verminder.(6)
1.1.3 Bespreek die negatiewe impak van TGB indien swak geïmplementeer
deur OVV as ‘n besigheid.  (6)
[14]

KWARTAAL 2 | ONDERWERP 7 | Gehalte van prestasie 189

BS GRAAD 12 LB AFR.indb 189 2022/03/27 23:47:40


KWARTAAL 2

Konsolidasie

VRAAG 1: Blokkiesraaisel 1
Voltooi die blokkiesraaisel hieronder deur die leidrade te gebruik wat verskaf word.
1
2
3

10

DWARS AF
6 ‘n Nadeel van hierdie TGB-element op groot besighede is 1 Hierdie TGB-element vereis dit doeltreffende
dat groot hoeveelhede kapitaal verbruik word wanneer opleidingsprogramme binne die besigheid uitgevoer
die besigheid probeer om uitbreiding te reguleer. word.
7 Totale prestasie van elke afdeling gemeet aan die 2 ‘n Gedagte-revolusie by bestuur, waar die hele besigheid
gespesifiseerde standaarde. met kliënt-oriëntasie in alle besigheidsaktiwiteite bedryf
8 Die voorsiening van produkte van hoë gehalte volgens word.
spesifikasies is ‘n gehalte-aanwyser binne hierdie 3 Relevante inligting wat vir vinnige besluitneming
besigheidsfunksie. beskikbaar gestel word, dui op ‘n hoë mate van gehalte in
9 Verseker dat daar in elke stadium van die proses aan hierdie besigheidsfunksie.
vereiste standaarde voldoen is. 4 ‘n Gehalte-aanwyser van hierdie besigheidsfunksie word
10 Die sukses van hierdie besigheidsfunksie word beïnvloed gesien deur lae personeelomset.
deur die korrekte implementering van die finansiële 5 ‘n Raamwerk wat deur die onderneming gebruik word
begroting binne die besigheid. om kern besigheidsprosesse te bestuur.

(10 × 2) (20)

190 BESIGHEIDSTUDIES | GRAAD 12

BS GRAAD 12 LB AFR.indb 190 2022/03/27 23:47:40


Eenheid 7.2  Totale Gehaltebeheer (TGB)

Konsolidasie

VRAAG 2: Blokkiesraaisel 2
Voltooi die blokkiesraaisel hieronder deur die leidrade te gebruik wat verskaf word.
1

10

DWARS AF
4 ‘n Groep werknemers met ‘n verskeidenheid vaardighede 1 Die implementering van volhoubare korporatiewe
wat saamstaan om probleme op te los wat met gehalte maatskaplike investeringsprogramme is ‘n gehalte-aanwyser
verband hou. binne hierdie besigheidsfunksie.
6 Die keuse van betroubare verskaffers dui op ‘n effektiewe 2 Die gebruik van aggressiewe advertensieveldtogte om die
vlak van gehalte in hierdie besigheidsfunksie. markaandeel te behou dra by tot die sukses van hierdie
7 Kan gebruik word vir aanspreeklikheid binne elk van die besigheidsfunksie.
besigheidsfunksies. 3 ‘n Gehalte-aanwyser van hierdie besigheidsfunksie is die
8 Hierdie TGB-element word gekenmerk deur die strewe om doeltreffende kommunikasie van die gedeelde visie, missie
gehalte produkte te verskaf om kliënte se verwagtinge te en waardes.
oortref. 5 Die vermoë van ‘n produk om spesifieke behoeftes van
9 Stappe wat gebruik word om die gehalte van produkte te verbruikers te bevredig.
verbeter wat deel vorm van deurlopende verbetering van
prosesse en stelsels as ‘n TGB-element.
10 Sluit die instel van die meting van prestasie en die neem van
korrektiewe maatreëls.

(10 × 2) (20)

KWARTAAL 2 | ONDERWERP 7 | Gehalte van prestasie 191

BS GRAAD 12 LB AFR.indb 191 2022/03/27 23:47:40


KWARTAAL 2

Konsolidasie

VRAAG 3
3.1 Verskeie opsies word as moontlike antwoorde op die volgende vrae gegee. Kies die antwoord en skryf slegs die letter (A–D)
langs die vraagnommer (3.1.1 tot 3.1.5) neer, byvoorbeeld, 3.1.5 D.
3.1.1 Ackerman Bestuur implementeer die verbetering om aan die behoeftes van die besigheid te voldoen deur
hierdie stap in die BDKH-model toe te pas:
A Beplan
B Doen
C Kontroleer
D Handel  (2)
3.1.2 Gehaltesirkels word deur Ingulule Reise gebruik om…
A selfvoldaanheid binne die besigheid te handhaaf.
B beleggingsgeleenthede te bestuur.
C probleme te ondersoek en bestuursoplossings voor te stel.
D effektiewe diensverskaffing te verminder.  (2)
3.1.3 Vinnige en betroubare datavaslegging en verwerkingstelsels sal as ‘n gehalte-aanwyser van die ...-funksie by
Reeson Klere beskou word.
A produksie
B administrasie
C aankoop
D menslike hulpbron (2)
3.1.4 ‘n Nadeel van totale kliënt-tevredenheid vir Postpro as ‘n groot besigheid is dat…
A ‘n vertraging in markinligting die reaksietyd verminder om aan te pas by veranderende verbruikersvraag.
B dit voortdurend ‘n positiewe besigheidsbeeld bevorder.
C groot bedrae geld aan organisatoriese hulpbronne bestee word.
D hul toegang tot globale markte verkry het. (2)
3.1.5 Hamza Tandheelkundige Kliniek pas … toe wanneer hulle organisatoriese aktiwiteite rig om aan regulatoriese
vereistes te voldoen en om akkuraatheid voortdurend te verbeter.
A gehaltebeheer
B gehalteversekering
C gehaltebestuur
D gehaltebestuurstelsels  (2)
(5 × 2) (10)

VRAAG 4
4.1 Identifiseer die totale gehaltebestuur (TGB) element wat deur Salizwa Meubelaars (SM) in ELKE stelling hieronder toegepas
word.
4.1.1 SM doen gehalte-kontroles om die vervanging van items tot die minimum te beperk.
4.1.2 SM streef daarna om verbruikersverwagtinge te verstaan ​​en te vervul deur kruisfunksionele spanne oor kritieke
prosesse in lyn te bring.
4.1.3 Stelsels is in plek by SM as gevolg van die bekostigbaarheid daarvan, wat dit moontlik maak om defekte in
grondstowwe op te spoor.
4.1.4 SM huur gereeld gekwalifiseerde opleiers om werknemers op te lei.
4.1.5 Geredelik beskikbare hulpbronne by SM verseker dat bestuur na gehalteprestasie in elke eenheid kan kyk.
(5 × 2) (10)
4.2 Lees die scenario hieronder en beantwoord die vrae wat volg.
GROENWOUD BOSBOU (GB)
Strategieë word by Groenwoud Bosbou gemonitor om die gladde verloop van
sakebedrywighede te verbeter. Voorstelle vir die verbetering van stelsels en
prosesse in die werkplek word aan bestuur verskaf. GB het nie voorspel dat daar
‘n afname in verkope sou wees as gevolg van sommige ontevrede kliënte nie.

192 BESIGHEIDSTUDIES | GRAAD 12

BS GRAAD 12 LB AFR.indb 192 2022/03/27 23:47:40


Eenheid 7.2  Totale Gehaltebeheer (TGB)

Konsolidasie

4.2.1 Haal TWEE maniere aan waarop die rol van gehaltesirkels as deel van deurlopende verbetering van
prosesse en stelsels by GB sigbaar is. (2)
4.2.2 Beskryf ander rolle van gehaltesirkels as deel van die deurlopende verbetering van prosesse en stelsels.  (6)
4.3 Brei uit oor die betekenis van totale gehaltebestuur (TGB) (4)
4.4 Lees die scenario hieronder en beantwoord die vrae wat volg.
PHUNGULA SAGTEWARE (PS)
Onrealistiese spertye is deur Phungula Sagteware gestel wat dalk nie deur
werknemers bereik word nie. Beleggers het onttrek weens ‘n afname in
winsgewendheid. PS evalueer alle prosesse om te identifiseer hoe dit reggestel
kan word.

4.4.1 Haal TWEE maniere aan waarop die swak implementering van TGB ‘n impak op die bedrywighede
van PS gehad het. (2)
4.4.2 Bespreek die impak van TGB indien swak geïmplementeer deur PS, anders as jou antwoord wat in
VRAAG 4.4.1 verskaf is.  (6)

4.5 Onderskei tussen gehaltebeheer en gehalteversekering. (4)


4.6 Lees die scenario hieronder en beantwoord die vrae wat volg.
HERMANUS SEEKOS EMPORIUM (HSE)
Hermanus Seekos Emporium onderskei hul produkte van mededingers.
Verskillende prystegnieke soos promosiepryse word deur HSE gebruik om ‘n
mededingende voordeel te verseker. Gehaltebeheerstelsels is in plek om te
verseker dat gehalte produkte konsekwent geproduseer word.

4.6.1 Haal TWEE gehalte-aanwysers aan van die bemarkingsfunksie wat by HSE sigbaar is. (2)
4.6.2 Stel TWEE ander gehalte-aanwysers van die bemarkingsfunksie voor wat by HSE as ‘n besigheid sigbaar
behoort te wees.. (4)
[40]

VRAAG 5: BESIGHEIDSBEDRYWIGHEDE (TOTALE GEHALTEBEHEER)

‘n Goeie gehaltebestuurstelsel is voordelig vir besighede. Gehalte in die


besigheid kan bereik word deur gehaltebestuur en gehalteprestasie toe te pas.
Verskeie Totale gehaltebestuur (TGB) elemente het ‘n impak op groot besighede.
Besighede moet kundig wees oor maniere waarop TGB die koste van gehalte
kan verminder.

Skryf ‘n opstel oor Totale Gehaltebestuur (TGB) waarin jy die volgende aspekte insluit:

• Beskryf kortliks die voordele van ‘n goeie gehaltebestuurstelsel.


• Onderskei tussen gehaltebestuur en gehalteprestasie.
• Verduidelik die impak van die volgende TGB-elemente op groot besighede:
» Deurlopende verbetering van prosesse en stelsels
» Monitering en evaluering van gehalteprosesse
• Gee besighede raad oor maniere waarop TGB die koste van gehalte kan verminder.
[40]

KWARTAAL 2 | ONDERWERP 7 | Gehalte van prestasie 193

BS GRAAD 12 LB AFR.indb 193 2022/03/27 23:47:40


KWARTAAL 2

Breinkaart: Onderwerp 7 – Gehalte van prestasie


Gebruik die breinkaarte as ‘n riglyn om die inhoud wat in hierdie onderwerp
behandel word, te konsolideer.
Maak seker dat jy die inhoud van elke opskrif in hierdie onderwerp bestudeer.

GEHALTE

Gehaltekonsepte
Verskille tussen gehaltebeheer en
Gehalte/Kwaliteit gehalteversekering
• Die vermoë van ‘n produk/diens
om spesifieke behoeftes van
verbruikers te bevredig. Gehaltebeheer Gehalteversekering
• Inspeksie van die finale produk • Inspeksie word tydens en na
Gehaltebeheer om te verseker dat dit aan die die produksieproses uitgevoer
• Verseker dat daar aan die vereiste standaarde voldoen. om te verseker dat aan vereiste
verlangde gehalte voldoen standaarde in elke stadium van
word deur die finale produk te die proses voldoen is.
inspekteer om te verseker dat
dit aan die vereiste standaarde
voldoen.

Gehalteversekering Verskille tussen gehaltebestuur en


• Kontrole wat tydens en na die gehalteprestasie
produksieproses uitgevoer word.
Gehaltebestuur Gehalteprestasie
Gehaltebestuur • Tegnieke/Instrumente/ • Die totale prestasie van
• Verwys na tegnieke/instrumente metodes wat gebruik word elke afdeling word gemeet
wat gebruik word om die gehalte om die gehalte van ‘n aan die gespesifiseerde
van ‘n produk te ontwerp/ produk te ontwerp/verbete. standaarde.
verbeter.

Gehalteprestasie
• Die totale prestasie van elke
afdeling gemeet aan die
gespesifiseerde standaarde.
Die voordele van ‘n goeie gehaltebestuurstelsel
• Verhoog kliënt-tevredenheid.
Gehaltebestuurstelsels
• Verhoog produktiwiteit deur behoorlike tydsbestuur.
• ‘n Raamwerk wat ‘n
• Produkte/Dienste word voortdurend verbeter.
besigheid gebruik om sleutel-
• Verbeter die mededingende voordeel van die besigheid.
organisasieprosesse te bestuur.

194 BESIGHEIDSTUDIES | GRAAD 12

BS GRAAD 12 LB AFR.indb 194 2022/03/27 23:47:41


Eenheid 7.2 Totale Gehaltebeheer (TGB)

GEHALTE

Gehalte van prestasie/Gehalte-aanwysers van elke besigheidsfunksies

ALGEMENE BESTUURSFUNKSIE FINANSIËLE FUNKSIE


• Ontwikkel effektiewe strategiese planne. O • Verkry kapitaal van betroubare bronne. V
• Doeltreffende toewysing van organisatoriese D • Ontleed strategieë om winsgewendheid te verhoog. O
hulpbronne. E • Gereelde opdatering van finansiële rekords.  G
• Effektiewe kommunikering van visie/missie  S • Stel begrotings korrek op. S
• Stel prioriteite vir die besigheid vas.
PRODUKSIEFUNKSIE OPENBARE BETREKKINGEFUNKSIE
• Monitor prosesse/bepaal oorsake van produksieprobleme. M • Hoë standaard van interne publisiteit. H
• Implementeer gehaltebeheerstelsels. I • Verskaf gereelde persverklarings. V
• Kommunikeer rolle/verantwoordelikhede aan produksiewerkers. K • Implementeer volhoubare KMI-programme. I
• Verseker hoë gehalte produkte/dienste. V • Pak negatiewe publisiteit vinnig aan. P

AANKOOPFUNKSIE ADMINISTRASIE FUNKSIE


• Koop grondstowwe in grootmaat. K • Betroubare inligting word betyds beskikbaar gestel. B
• Vestiging verhoudings met verskaffers. V • Akkurate rekordhouding van finansiële dokumente. A
• Kies betroubare verskaffers. K • Doeltreffende gebruik van moderne tegnologie. D
• Plaas bestellings betyds. P • Vinnige en betroubare datavaslegging. V

BEMARKINGSFUNKSIE MENSLIKEHULPBRONFUNKSIE
• Verkry groter markaandeel. V • Billike vergoedingspakkette. B
• Verkry kliënt-lojaliteit. V • Verseker toepassing van ‘n effektiewe werwingsbeleid. V
• Voldoen aan etiese advertensie-praktyke. V • Lae personeelomset. L
• Onderskei produkte van mededingers. O • Verseker billike keuringsproses. V

Wenk
Die geheue-brûe
(mnemoniese woorde)
hierbo word verskaf om die
inhoudsretensie en begrip
van hierdie afdeling te
verbeter.

KWARTAAL 2 | ONDERWERP 7 | Gehalte van prestasie 195

BS GRAAD 12 LB AFR.indb 195 2022/03/27 23:47:41


KWARTAAL 2

TOTALE GEHALTEBEHEER (TGB)

Die impak van die TGB-elemente


Die betekenis van TGB
op groot besighede
• TGB is ‘n geïntegreerde stelsel wat regdeur die organisasie Deurlopende vaardigheidsontwikkeling/Onderwys en opleiding
toegepas word, wat help om gehalte produkte/dienste te Positiewe/Voordele
produseer. • Toegewyde menslike hulpbronfunksie om vaardigheidsopleiding te
verbeter.
• Voer ‘n vaardigheidsoudit uit om bevoegdheid vas te stel.
TGB-elemente
Negatiewe/Nadele
Deurlopende vaardigheidsontwikkeling/ • Swak kommunikasiestelsels kan effektiewe opleiding verhoed.
Onderwys en opleiding • Moeilik om die doeltreffendheid van opleiding te monitor/evalueer.
• Doeltreffende opleidingsprogramme moet
uitgevoer word om werknemers op te lei om Deurlopende verbetering van prosesse en stelsels
TGB-konsepte/-tegnieke toe te pas. Positiewe/Voordele
• Geredelik beskikbare hulpbronne om gehalteprestasie na te gaan.
Deurlopende verbetering van prosesse en • Genoeg kapitaal is beskikbaar vir nuwe toerusting.
stelsels
• Die vloei van aktiwiteite wat Negatiewe/Nadele
geïmplementeer word om produkte/dienste • Gehaltebeheer kan ingewikkeld raak.
aan kliënte te skep of te lewer. • Stelsels en prosesse neem tyd/moeite om te implementeer.

Voldoende finansiering en kapasiteit Voldoende finansiering en kapasiteit


• Verseker dat daar voldoende finansiering Positiewe/Voordele
en kapasiteit beskikbaar is vir alle • Voldoende finansiering om alle prosesse te toets.
bedrywighede/projekte. • In staat om produknavorsing te bekostig.

Monitering en evaluering van Negatiewe/Nadele


gehalteprosesse • Gebrek aan kapitaal wat nodig is om die produksie van die
• Moniteer en evalueer gehalteprosesse om voorraad te finansier.
sterkpunte te bepaal en swakpunte in die • Kapitaal word vermors wanneer verkeerde finansiële beplanning
bereiking van TGB te verminder. bestaan.

Totale kliënt-/klante-tevredenheid Monitering en evaluering van gehalteprosesse


• Streef daarna om gehalte produkte/dienste Positiewe/Voordele
te verskaf om aan kliëntbehoeftes te • Voorkom produkdefekte.
voldoen/oortref. • Verbeter prestasie/verhoog produktiwiteit.

Negatiewe/Nadele
• Afdelings werk in silo’s.
• Neem langer om probleme op te spoor.

Totale kliënt-/kliënte-tevredenheid
Positiewe/Voordele
• Gebruik marknavorsing om kliënt-tevredenheid te meet.
• Kan lei tot hoër kliëntebehoud.

Negatiewe/Nadele
• Monopolieë het ‘n groter bedingingsmag.
• Gebrek aan toewyding van werknemers.

196 BESIGHEIDSTUDIES | GRAAD 12

BS GRAAD 12 LB AFR.indb 196 2022/03/27 23:47:42


Eenheid 7.2 Totale Gehaltebeheer (TGB)

Toepassing van die BDKH-model/stappe/siklus om


gehalte van produkte te verbeter

BEPLAN
• Identifiseer die probleem en ontwikkel ‘n plan vir verbetering.
• Beantwoord vrae soos ‘Wat om te doen’/’Hoe om dit te doen’.
DOEN
• Implementeer die verandering op ‘n klein skaal.
• Implementeer die prosesse en stelsels soos beplan.
KONTROLEER/ONTLEED
• Gebruik data om die uitslae van verandering te ontleed.
• Bepaal of dit ‘n verskil gemaak het.
HANDEL
• Implementeer verbetering om aan die behoeftes van die besigheid te voldoen.
• As die verandering suksesvol was, implementeer dit op ‘n groter skaal.

Die rol/belangrikheid van gehaltesirkels


Die impak van TGB indien besighede
as deel van die voortdurende
dit swak implementeer
verbetering van prosesse en stelsels

• Los probleme op wat verband hou met gehalte • Stel onrealistiese spertye.
• Ondersoek/identifiseer probleme en stel ‘n oplossing voor. • Werknemers is dalk nie voldoende opgelei nie.
• Verbeter die gehalte van produkte/dienste. • Afname in produktiwiteit.
• Verminder koste van oortolligheid. • Beleggers kan beleggings onttrek.

Maniere waarop TGB die koste van


gehalte kan verminder

• Skedule aktiwiteite om duplisering uit te skakel.


• Deel verantwoordelikheid vir gehalte uitset.
• Lei werknemers op alle vlakke op. QR-KODE
• Ontwikkel stelsels wat werknemers bemagtig.
Skandeer hierdie kode vir ‘n
oorsig oor die inhoud van
hierdie onderwerp rakende die
spesifieke kernleerpunte.

https://youtube.com/play-
list?list=PLY8n0zQCEkpq-
FIeP-ayvS2S2zCgxTISr3

KWARTAAL 2 | ONDERWERP 7 | Gehalte van prestasie 197

BS GRAAD 12 LB AFR.indb 197 2022/03/27 23:47:42


BESIGHEIDSTUDIES | Graad 12

KWARTAAL 2

8 Bestuur en leierskap

ONDERWERP OORSIG

 Eenheid 8.1 Verskille tussen bestuur en leierskap


 Eenheid 8.2 Toepassing en impak van die vyf leierskapstyle in die werkplek
 Eenheid 8.3 Begrip van die drie leierskapsteorieë

Leerdoelwitte
Aan die einde van hierdie onderwerp moet leerders die volgende
kan doen:
❖ Definieer/Brei uit oor die betekenis van bestuur en leierskap
❖ Onderskei tussen bestuur en leierskap
❖ Beskryf kortliks die verskille/Onderskei tussen die volgende
leierskapstyle:
– Demokraties
– Outokraties
– Laissez-faire/Vrye-teuels
– Charismaties
– Transaksioneel
❖ Identifiseer die leierskapstyle uit gegewe scenario’s/gevallestudies
en motiveer antwoorde
❖ Bespreek/Evalueer/Ontleed die impak (positiewe/ voordele en/of
negatiewe/nadele ingesluit) van elke leierskapstyl
❖ Stel voor/Beveel situasies aan waarop elke leierskapstyl toegepas
kan word in die werkplek
❖ Bespreek/Verduidelik die volgende teorieë van bestuur en
leierskap:
– Leiers en volgelinge
– Situasionele (Situasie-) leierskap
– Transformasie/Oorgangsbestuur-leierskap
❖ Identifiseer die bogenoemde leierskapsteorieë uit gegewe
scenario’s of stellings
❖ Verduidelik/Bespreek die rol van persoonlike ingesteldheid/
houding in suksesvolle leierskap
❖ Identifiseer die rol van persoonlike ingesteldheid/ houding in
suksesvolle leierskap uit gegewe scenario’s en gevallestudies.

198 BESIGHEIDSTUDIES | GRAAD 12

BS GRAAD 12 LB AFR.indb 198 2022/03/27 23:47:43


Eenheid 8.1 Verskille tussen bestuur en leierskap

Kernbegrippe
■ Leierskapstyle: verwys na die verskillende metodes wat leiers gebruik om
rigting en leiding aan werknemers te gee.
■ Demokratiese leierskapstyl: werknemers word uitgenooi om deel te
wees in die besluitnemingsproses.
■ Outokratiese leierskapstyl: werknemers is nie betrokke by die
besluitnemingsproses nie.
■ Laissez-faire/Vrye-teuels leierskapstyl: die leier laat werknemers wat
ervare, betroubaar en vertroubaar is toe om besluite te neem in die
nastrewing van die organisasie se doelwitte.
■ Charismatiese leierskapstyl: die leier gebruik charisma en sjarme om
werknemers te beïnvloed.
■ Transaksionele leierskapstyl: gebruik belonings en strawwe as
aansporings om die gedrag van werknemers te beïnvloed.
■ Leierskapsteorieë: lei leiers oor die verskillende leierskapstyle wat
toegepas of gebruik kan word.
■ Situasionele leierskapsteorieë: in hierdie leierskapsteorieë pas die leier
verskillende leierskapstyle toe na gelang van verskillende situasies.
■ Transformasie-/Oorgangsbestuur-leierskapsteorieë: is die beste van
toepassing tydens ‘n tydperk van drastiese verandering in ‘n organisasie.
■ Persoonlike ingesteldheid/houding: ‘n individu se emosionele,
sielkundige en fisiese reaksies op gebeure wat hul prestasies beïnvloed.
■ Leiers en volgelinge teorie: volgelinge volg die instruksies van die leier
in hierdie leierskap teorie.

Inleiding Wenk
In Graad 10 is jy bekend gestel aan die begrippe ‘bestuur’ en ‘leierskap’. Die verskille Die aksiewerkwoord bepaal
tussen hierdie twee konsepte is uitgebrei en verduidelik. Beide leiers en bestuurders die totale punte wat vir ‘n
werk met werknemers binne ‘n organisasie. Die groot verskil tussen ‘n bestuurder vraag toegeken word en gee
en ‘n leier hou verband met hoe hulle met hul werknemers omgaan en hoe hulle vir jou ‘n aanduiding van die
hul besluite neem – terwyl ‘n leier met sy/haar hart dink, dink ‘n bestuurder met tipe antwoorde wat vereis
sy/haar kop. Die soort besluite wat deur hierdie twee tipes bestuurders in die word.
organisasie geneem word, beïnvloed hul interaksie met werknemers.

Eenheid 8.1 Verskille tussen bestuur


en leierskap
Bestuur verwys na die handeling om mense bymekaar te kry om gewenste
doelwitte en doelstellings te bereik deur beskikbare hulpbronne doeltreffend en
effektief te gebruik. Leierskap verwys na die proses waardeur ‘n leier die gedrag
en werk van werknemers lei, inspireer en beïnvloed, in die nastrewing van die
organisasie se doelwitte.

Beide bestuurders en leiers verrig belangrike funksies binne ‘n organisasie en


is dus krities in die bereiking van ‘n organisasie se doelwitte. Duidelike verskille
bestaan tussen wat dit beteken om ‘n leier te wees en wat dit beteken om ‘n
bestuurder te wees.
• Leiers het ‘n breë uitkyk op ‘n organisasie. Hulle fokus op die visie en missie
van die besigheid. Hulle beskou werknemers eerstens as mense, voordat hulle
met hulle as werknemers verband hou.
• Bestuurders het egter ‘n nouer oorsig van die organisasie. Hulle fokus op die
organisasie se onmiddellike doelwitte.

KWARTAAL 2 | ONDERWERP 8 | Bestuur en leierskap 199

BS GRAAD 12 LB AFR.indb 199 2022/03/27 23:47:44


KWARTAAL 2

Die tabel hieronder gee ‘n uiteensetting van die verskille tussen leierskap en
bestuur.
Neem kennis LEIERSKAP BESTUUR
Die begrippe bestuur en • Inspireer en motiveer werknemers deur • Bestuur prosesse deur hul gesag te
leierskap word dikwels hul leiding. gebruik.
uitruilbaar gebruik, asof dit
dieselfde betekenis het. Dit is • Verskaf leiding en rigting aan • Volg ‘n instruksie-benadering wanneer
egter nie die geval nie. Jy moet werknemers. hulle met werknemers te doen het.
die verskil tussen die twee • Bevorder kreatiwiteit om • Volg die planne om teikens te bereik.
konsepte ken om jou begrip van produktiwiteitsvlakke te verbeter.
hierdie onderwerp te verbreed.
• Fokus op die visie en missie van die • Fokus op organisatoriese teikens.
organisasie.
Wenk • Fokus op die potensiaal van • Fokus op die prosesse betrokke by die
werknemers. produksieproses.
Jy kan gevra word om tussen
bestuur en leierskap te • Beïnvloed die optrede van werknemers. • Beheer die optrede van werknemers.
onderskei. Hierdie vraag word
die beste beantwoord deur ‘n • Kan kreatief/innoverend wees wanneer • Administreer planne soos uiteengesit
tabel te teken en die verskille uitdagings gehanteer word. deur topbestuur
te kontrasteer. • Mens-georiënteerd, en stel dus • Taak-georiënteerd, om te verseker dat
werknemers eerste. die werk gedoen word.
• Leierskap verwys na die proses • Bestuur verwys na die handeling om
Nuwe woorde
waardeur ‘n leier die gedrag en werk mense bymekaar te kry om gewenste
Kontrasteer die proses van werknemers lei, inspireer en doelwitte en doelstellings te bereik deur
om die verskille tussen twee beïnvloed in die nastrewing van die beskikbare hulpbronne doeltreffend en
faktore of veranderlikes aan organisasie se doelwitte. effektief te gebruik.
te toon

Gebruik die sleutelwoorde in die diagramme hieronder om die verskil tussen leierskap en
bestuur te leer. Ken die verskille goed.
QR-KODE
Gesaghebbend
Inspirerend
Bestuur teenoor Leierskap
BESTUUR
LEIERSKAP
Leiding Beïnvloed Instruksioneel Administreer
optredes planne

Bevorder kreatiwiteit Mens-georiënteerd Volg planne Taak-georiënteerd

https://www.youtube.com/
watch?v=F7JCEd5yJbs&ab_ Verskillende leierskapstyle
channel=ArminKhoshbini Leiers gebruik verskillende leierskapstyle om werknemers te inspireer en te
motiveer. ‘n Leier se voorkeur leierskapstyl word in ‘n groot mate bepaal deur
persoonlike oortuigings, houdings en vorige ervarings. Die leierskapstyl wat deur
sekere leiers aanvaar word, word beïnvloed deur die situasies waarin die leier
bevind word.

200 BESIGHEIDSTUDIES | GRAAD 12

BS GRAAD 12 LB AFR.indb 200 2022/03/27 23:47:45


Eenheid 8.1 Verskille tussen bestuur en leierskap

Die verskillende leierskapstyle word in die illustrasie hieronder getoon. Nuwe woorde
delegeer take word namens
die leier uitgevoer
LEIERSKAPSTYLE
uitvoer om ‘n opdrag uit te voer

Demokratiese leadership
Outokratiese Laissez-faire/
leierskapstyl leierskapstyl Vrye-teuels Charismatiese Transaksionele
leierskapstyl leierskapstyl leierskapstyl

BELONINGS STRAF

Leier betrek werknemers Leier delegeer take aan


by besluitneming. vaardige werknemers. Leier inspireerwerknemers Leier gebruik 'n stelsel
deur hul sjarme en persoonlikheid. van belonings en strawwe

Leier betrek nie


werknemers
by besluitneming nie.
QR-KODE

Kom ons kyk meer breedvoerig na elkeen. Volg hierdie skakel en voltooi
die Google-vorm vasvrae oor
bestuur en leierskap.
Demokratiese leierskapstyl
‘n Demokratiese leier betrek werknemers by die besluitnemingsproses. Die leier
besef dat daar krag is binne die kollektiewe insette van individue. Hierdie inklusiewe
benadering deur die leier verseker die ondersteuning van werknemers in besluite
wat deur die leier geneem word. Hierdie leierskapstyl word ook die deelnemende
leierskapstyl genoem.

Outokratiese leierskapstyl
‘n Outokratiese leier betrek nie werknemers by die besluitnemingsproses nie.
Werknemers word aangesê wat om te doen en moet die besluite van die leier https://forms.gle/
uitvoer sonder om besluite te bevraagteken. oebZs9zcJsDbULAQ6

Laissez-faire/Vrye-teuels Leierskapstyl
‘n Laissez-faire/vrye-teuels leier delegeer besluitneming aan werknemers wat QR-KODE
vertrou word. Die leier is nie betrokke by die besluitnemingsproses nie en laat
werknemers toe om besluite in die beste belang van die organisasie te neem. Tipes leierskapstyle:
Outokraties, demokraties,
Charismatiese leierskapstyl laissez-faire

‘n Charismatiese leier gebruik sy/haar persoonlikheid en sjarme om die gedrag


en optrede van werknemers te beïnvloed. Werknemers word geïnspireer deur die
energie en skerpsinnigheid van die charismatiese leier.

Transaksionele leierskapstyl
‘n Transaksionele leier gebruik belonings en strawwe om werknemers na
besigheidsdoelwitte en teikens te dryf. Die transaksionele leiers fokus op die
uitslae/prestasie van werknemers om hul doeltreffendheid ten opsigte van die
doelwitte van die organisasie te meet. https://www.youtube.com/
watch?v=xApMpceuVNMand-
ab_channel=MicrosoftMitch

KWARTAAL 2 | ONDERWERP 8 | Bestuur en leierskap 201

BS GRAAD 12 LB AFR.indb 201 2022/03/27 23:47:49


KWARTAAL 2

Wenk
Verskille tussen die demokratiese leierskapstyl
Jy moet die leierskapstyle en outokratiese leierskapstyl
uit gegewe scenario’s
of gevallestudies kan Demokratiese leierskapstyl Outokratiese leierskapstyl
identifiseer en jou antwoorde • Nooi werknemers uit om deel te wees • Alle besluite word deur die leier
kan motiveer. van die besluitnemingsproses. alleen geneem - sonder werknemer
betrokkenheid.
• Oop kommunikasie tussen die leier en • Werknemers word vertel wat om te
QR-KODE werknemers. doen en hoe dit gedoen moet word.
Vir verrykingsdoeleindes: • Mens-georiënteerd, met inagneming van • Taak-georiënteerd, met die fokus op die
Skandeer die QR-Kode die menings van werknemers. uitslag en nie die werknemers nie.
hieronder om uit te vind watter
soort leier jy is. • Bemagtig werkers deur hulle by die • Positiewe effek op beginner/nuwe
besluitnemingsproses te betrek. werkers wat die mikrobestuurstyl
waardeer.
• Ervare werknemers voorsien die leier van • Die mees geskikte leierskapstyl in die
waardevolle advies en ondersteuning. geval van ‘n krisis/noodgeval.
• Werknemers is betrokke by die vinding • Onenighede word opgelos deur die
van oplossings vir onenighede wat mag leiers wat die partye vertel hoe om dit
ontstaan. op te los.

| Aktiwiteit 8.1 Klaswerk/Huiswerk


https://www.idealist.org/en/
careers/quiz-leadership-style VRAAG 1
1.1 Kies ‘n beskrywing uit KOLOM B wat by ‘n term in KOLOM A pas. Skryf slegs die
letter (A–J) langs die vraagnommer (1.1.1 – 1.1.5) neer, byvoorbeeld 1.1.1 F
KOLOM A KOLOM B
QR-KODE
1.1.1 Demokraties A verantwoordelikhede word aan werknemers
Volg hierdie skakel en voltooi gedelegeer met min/geen instruksies
die Google-vorm vasvra. 1.1.2 Outokraties B gebruik hul persoonlikheid en sjarme om
die gedrag en optrede van werknemers te
beïnvloed 
1.1.3 Laissez-faire/Vrye- C maak staat op hul eie kennis/ vaardighede/
teuels  vorige ervarings om te bemagtig 
1.1.4 Charismaties D beloon die leiers wat hul teikens bereik
1.1.5 Transaksioneel E alle besluite word deur die leier geneem
sonder om werknemers te betrek
F nooi werknemers uit om insette te lewer
https://forms.gle/ wanneer besluite geneem word
DY5GPVKTpr7YtS7cA
G werknemers wat hul teikens bereik, word
beloon
H gebruik persoonlikheid en sjarme om
loopbaan te bevorder
I verantwoordelikhede word aan
werknemers gedelegeer met breedvoerige
instruksies
J werknemers word ontmoedig om insette te
maak wanneer besluite geneem word
(5 × 2) (10)

202 BESIGHEIDSTUDIES | GRAAD 12

BS GRAAD 12 LB AFR.indb 202 2022/03/27 23:47:50


Eenheid 8.2 Toepassing en impak van die vyf leierskapstyle in die werkplek

Wenk
Wanneer jy hierdie tipe vraag beantwoord, onthou om:
• deur die leierskapstyle in Kolom A te lees
• deur die TIEN stellings in Kolom B te lees
• die sleutelwoorde in die stellings in Kolom B te onderstreep
• onthou om daarop te let dat elke stelling in Kolom B ‘n ooreenstemmende verwante
afleier het
• die TWEE verwante stellings te vind
• die korrekte antwoord uit die twee verwante stellings uit die lys in Kolom A te kies.

Eenheid 8.2 Toepassings en impak van


die vyf leierskapstyle in die werkplek
Leierskapstyle wat deur leiers aanvaar word, bepaal in ‘n groot mate die
verhouding tussen die leier en werknemers. Soos gebeure binne ‘n organisasie
afspeel, kan situasies ontstaan waarin verskillende leierskapstyle toegepas
kan word.

Hieronder is voorbeelde van situasies waarin die verskillende leierskapstyle in die


werkplek toegepas kan word.

Leierskapstyl Toepassing/Situasies waartydens QR-KODE


die leierskapstyl in die werkplek
toegepas kan word Toepassing van die
demokratiese leierskapstyl.
Demokratiese leierskapstyl • Die leier ken eie beperkings en is oop vir nuwe
idees/innoverende denke.
• Die leier vereis ‘n ander perspektief op ‘n saak
en ervare werknemers kan waardevolle inligting
verskaf.
• Werknemers is ervare en kundiges in hul gekose
beroepsvelde.
• Spanwerk word bevorder en die insette van
werknemers word gewaardeer.
Outokratiese leierskapstyl • Wanneer ‘n krisis binne ‘n organisasie ontstaan
en onmiddellike optrede van die leier vereis. https://www.youtube.com/
• In die geval van ‘n noodgeval wat vereis dat watch?v=hVvX831Ozjsand-
die leier onmiddellik optree om lewensverlies/ ab_channel=Organizational-
ernstige besering aan werkers te voorkom. Behaviour
Byvoorbeeld, om die gebou te ontruim in die
geval van ‘n brand in ‘n kantoor.
• Die leier het al die inligting tot beskikking en
vereis nie verdere insette van werknemers nie.
• Die leier moet gesag uitoefen op werknemers
wat gereeld die organisasie se beleide/
prosedures verontagsaam.
• Die leier het die vertroue van die werknemers
verdien en hulle is bereid om eie oordeel te
aanvaar.
• Die besigheid het onervare/nuwe werknemers
aangestel wat by hierdie tipe leierskapstyl kan
baat.

KWARTAAL 2 | ONDERWERP 8 | Bestuur en leierskap 203

BS GRAAD 12 LB AFR.indb 203 2022/03/27 23:47:50


KWARTAAL 2

Leierskapstyl Toepassing/Situasies waartydens


die leierskapstyl in die werkplek
toegepas kan word
Laissez-faire/Vrye-teuels • Die leier is besig met meer belangrike aspekte
leierskapstyl van die besigheid en delegering van pligte
kan die doeltreffendheid van die organisasie
verbeter.
• Werknemers wat ervare is in hul gekose
velde, word dikwels deur die leier vertrou om
verantwoordelike besluite te neem.
• Leierskap potensiaal bestaan ​​onder
werknemers en dat hulle geleenthede benodig
om bykomende vaardighede aan te leer.
• Werknemers het ‘n groter vlak van kennis/
vaardighede oor ‘n bepaalde onderwerp
aangeleer as wat die leier verwerf het.
Charismatiese leierskapstyl • Die organisasie wil veranderinge implementeer
en gebruik die leier om die ondersteuning van
werknemers te kry.
• Die leier wil die moraal van werknemers, wat
dalk gedemotiveerd is, ’n hupstoot gee.
• Die leier wil hê werknemers moet voortgaan op
die pad van hoë produktiwiteit/doeltreffendheid
vlakke.
• Vlakke van vertroue van werknemers is laag, en
werknemers moet geïnspireer word.
Transaksionele leierskapstyl • Die leier wil hê werknemers moet teikenvlakke
oorskry.
• Die besigheid wil werknemers se prestasie
maksimeer.
• Sperdatums moet op kort kennisgewing
nagekom word/of wanneer die besigheid onder
druk is.
• Werknemers het ‘n lae moraal.
• Die strategieë/besigheidstrukture is duidelik en
hoef nie verander te word nie.

Die impak van die vyf leierskapstyle


Wenk
Leiers soek voortdurend nuwe maniere om werknemers te inspireer/motiveer om
Wanneer daar van jou verwag die organisasie se doelwitte te bereik. Die voorkeur leierskapstyl het ‘n impak op
word om vrae oor die impak
die besigheid. Die impak kan positief (voordele)/negatief (nadele) wees.
te beantwoord, kan jy die
voordele en/of nadele verskaf.
Kom ons kyk na die positiewe/negatiewe van die verskillende leierskapstyle, en
hoe dit ‘n besigheid raak.

Die impak van die demokratiese leierskapstyl


Positiewe/Voordele
• Die leiers hoef nie slegs op hul eie/vaardighede staat te maak om komplekse
probleme op te los nie.
• Leiers trek voordeel uit die kundigheid en ervaring van werknemers wanneer
hulle genooi word om aan die besluitnemingsproses deel te neem.
• Werknemers dra ‘n verskeidenheid/innoverende idees by wat die organisasie
kan bevoordeel, en kan lei tot verbeterde produksie tegnieke.

204 BESIGHEIDSTUDIES | GRAAD 12

BS GRAAD 12 LB AFR.indb 204 2022/03/27 23:47:50


Eenheid 8.2  Toepassing en impak van die vyf leierskapstyle in die werkplek

• Werknemers voel bemagtig/gemotiveerd, wat lei tot verhoogde


produktiwiteitsvlakke.
• Beter besluitneming vind plaas as gevolg van die gereelde en goeie
kommunikasie tussen leiers en werknemers.
EN/OF

Negatiewe/Nadele
• Insette van onervare werknemers kan lei tot besluite wat nie in die beste
belang van die organisasie is nie.
• Die leier is dalk nie in die posisie om onmiddellik besluite te neem nie, omdat
sleutelwerknemers nie die vergadering kan bywoon nie.
• Werknemers se insette word nie altyd aanvaar nie, wat demoraliserend kan
wees vir hulle.
• Besluitneming kan vertraag word, omdat die leier wag vir insette van
werknemers voordat `n besluit geneem word.
• Dit is nie ‘n ideale leierskapstyl as die leier ‘n besluit moet neem wanneer daar
‘n noodgeval in die organisasie is nie.
• Die betroubaarheid van terugvoer wat deur sommige werknemers verskaf
word, is dalk nie akkuraat nie.

Impak van die outokratiese leierskapstyl


Positiewe/Voordele
• Die leier is in ‘n posisie om vinnige besluite te neem, sonder om werknemers te
raadpleeg.
• Die leier het sekerheid dat besluite betyds geneem sal word, sonder vertragings,
en werk word volgens skedule gedoen.
• Daar is geen onsekerheid oor die bron van instruksies, wat direk van die leier af
kom nie.
• Streng monitering en beheer van produksieprosesse deur die leier verseker
gehalte produkte en -dienste.
• Duidelike en konsekwente rigting van die leier, verskaf sekerheid aan nuwe
werknemers.
• Die groot arbeidsmag in sekere besighede maak dit onprakties om werknemers te
ontmoet/konsulteer.
• Bondige/duidelike leiding kan aan nuut aangestelde/onervare personeel
gegee word.
EN/OF

Negatiewe/Nadele
• Spanning kan ontstaan ​​tussen die leiers en werknemers indien daar
meningsverskille oor strategieë is.
• Werknemers kan gefrustreerd/geïrriteerd raak omdat hulle nie vir enige
insette gevra word nie.
• Produktiwiteitsvlakke van die organisasie kan aansienlik verminder omdat
werknemers gedemotiveerd is.
• Die organisasie kan op nuwe/innoverende idees/oplossings van werknemers
uitmis.
• Die besigheid kan hoë afwesigheidsyfers ervaar omdat werknemers nie
gewaardeer voel nie.
• Die leiers kan weerstand van ervare en hoogs-vaardige werknemers ervaar.

KWARTAAL 2 | ONDERWERP 8 | Bestuur en leierskap 205

BS GRAAD 12 LB AFR.indb 205 2022/03/27 23:47:50


KWARTAAL 2

Die impak van die Laissez-faire/Vrye-teuels leierskapstyl


Positiewe/Voordele
• Werknemers word vertrou en word die verantwoordelikheid gegee om
besluite te neem in areas van hul kundigheid.
• Werknemers hoef nie die leier te raadpleeg wanneer hulle besluite neem wat
die organisasie kan bevoordeel nie.
• Motiveringsvlakke van werknemers neem toe omdat die leier hul vermoëns/
vaardighede erken om besluite te neem.
• Produktiwiteitsvlakke van die organisasie kan aansienlik toeneem omdat
werknemers gewaardeer voel.
• Werknemers ervaar persoonlike groei/ontwikkeling aangesien hulle toegelaat
word om besluite op hul eie te neem.
• Die leierskapvaardighede van individuele werknemers kan ontwikkel namate
hulle met ander werknemers omgaan wanneer hulle besluite neem.
EN/OF

Negatiewe/Nadele
• Die onsekerheid oor duidelike besluitneming kan die moraal van minder
ervare werknemers negatief beïnvloed.
• Werknemers kan huiwerig wees om beslissende aksies te neem, wat hul
werkprestasie kan beïnvloed.
• Konflik kan tussen werknemers en mede-spanlede ontstaan ​​as die optrede
van werknemers met sterk persoonlikhede bevraagteken word.
• Die leier raak nie betrokke by meningsverskille/onenighede tussen
werknemers nie.
• Werknemers kan dit moeilik vind om mede-lede te kry om spertye na te kom,
wat ‘n negatiewe impak kan hê op spertye wat nagekom word.
• Produktiwiteitsvlakke kan afneem as die werknemers nie die vaardighede/
kennis benodig om die regte besluite te neem nie.

Die impak van die charismatiese leierskapstyl


Positiewe/Voordele
• ‘n Leier kommunikeer die visie/doelwitte van die organisasie op ‘n bondige/
duidelike wyse, wat vertroue onder werknemers inspireer.
• Werknemers word geïnspireer deur die energie/passie van die charismatiese
leier.
• Werknemers word gemotiveer om hul verwagtinge te oortref en hul vrese
te oorkom.
• Werknemers word gemaak om gewaardeer te voel, wat hulle aanmoedig om
harder te werk en produktiwiteitsvlakke te verbeter.
EN/OF
Negatiewe/Nadele
• ‘n Leier kan sy/haar eie persoonlike belange bevorder, in plaas daarvan om tot
voordeel van die organisasie te lei.
• Werknemers maak staat op die leier om hul moraal/motiveringsvlakke
te verbeter.
• Die organisasie kan oorafhanklik wees van die teenwoordigheid van die leier,
wat die organisasie kan benadeel as die leier die organisasie sou verlaat.
• Werknemers kan ook huiwerig wees om die leier uit te daag oor belangrike
kwessies, wat die organisasie negatief kan beïnvloed in die bereiking van hul
doelwitte.

206 BESIGHEIDSTUDIES | GRAAD 12

BS GRAAD 12 LB AFR.indb 206 2022/03/27 23:47:50


Eenheid 8.2 Toepassing en impak van die vyf leierskapstyle in die werkplek

Die impak van die transaksionele leierskapstyl


Wenk
Positiewe/Voordele Jy behoort hierdie
leierskapstyle uit
• Die koppeling van belonings aan teikens moedig werkers aan om effektief/ gegewe scenario’s en/of
doeltreffend te werk. gevallestudies en stellings te
• Aansporings wat aangebied word aan werknemers wat teikens oortref, kan identifiseer.
verhoog die produktiwiteitsvlakke van werkers.
• Ander werknemers word aangemoedig om harder te werk as hulle sien dat
medewerknemers aansporings kry om teikens te bereik/oortref.
• Die bereiking van die organisatoriese doelwitte word makliker omdat werkers
gewaardeer voel.
• Werknemers word teikens gegee en hulle ken die teikens waarna hulle
moet werk.
• Werknemers is bewus van die straf indien teikens nie bereik word nie.
EN/OF

Negatiewe/Nadele
• Werknemers kan gedemoraliseer voel as hulle gestraf word omdat hulle nie
teikens bereik nie.
• Die leier sal dalk die prestasie van werknemers moet moniteer om te verseker
dat teikens bereik word.
• Om die prestasie van werkers voortdurend te meet, kan die leier afbreuk doen
aan die uitvoering van ander noodsaaklike take.
• Die gesondheid van werknemers kan negatief beïnvloed word deur
verhoogde stresvlakke in die nastrewing van teikens deur werknemers.
• Dit is nie ‘n geskikte leierskapstyl vir spanwerk nie, want die versuim van een
lid om sy/haar teikens te bereik, kan die aansporings van alle lede beïnvloed.

| Aktiwiteit 8.2 Klaswerk/Huiswerk

VRAAG 1 QR-KODE
1.1 Lees die scenario hieronder en beantwoord die vrae wat volg.
Volg hierdie skakel en voltooi
VOEDSEL HANDELAARS (VH) die Google-vorm vasvrae oor
leierskapstyle en hul impak.
Jaco is die eienaar van Voedsel Handelaars. Hy versoek gereeld ervare
werknemers om idees by te dra oor hoe om hul verkope te verhoog. Nomsa,
die topverkoper het onlangs ‘n bonus ontvang omdat sy die maandelikse
verkoopsteiken oortref het.

1.1.1 Identifiseer die leierskapstyl wat deur Jaco gebruik word. Motiveer jou
antwoord deur uit die scenario hierbo aan te haal. (3)
1.1.2 Bespreek die impak van die leierskapstyl wat in VRAAG 1.1.1
geïdentifiseer is. (8)
1.1.3 Stel situasies voor waarin die transaksionele leierskapstyl in die
werkplek toegepas kan word. (6) https://forms.gle/
[17] Whc8ikuv6ee4N5iw9

KWARTAAL 2 | ONDERWERP 8 | Bestuur en leierskap 207

BS GRAAD 12 LB AFR.indb 207 2022/03/27 23:47:50


KWARTAAL 2

Eenheid 8.3 Begrip van die drie


leierskapsteorieë
Leierskapsteorieë verskil op die volgende maniere van leierskapstyle:
• leierskapsteorieë fokus op die eienskappe van die leier wat hulle
uitsonderlik maak.
• leierskapstyle fokus op hoe leiers werknemers bestuur.

Leierskapsteorieë rig leiers oor die verskillende leierskapstyle wat toegepas en


gebruik kan word.

Die illustrasie hieronder toon die verskillende leierskapsteorieë wat in die werkplek
toegepas kan word.

Transformasie/
Oorgangsbestuur
Toegepas deur die leier
gedurende 'n tydperk waarin
die organisasie radikale
verandering sou ervaar Situasie
Verskillende
leierskapstyle
sal deur die leier
toegepas word
Leiers en volgelinge
Werknemers, as volgelinge
van die leier, volg die opdrag
van die leier en werk
gesamentlik aan organisasie
se doelwitte.

LEIERSKAP
TEORIEË

QR-KODE
Situasionele leierskapsteorieë

Situasionele-leierskapsteorie
• Daar word van leiers verwag om werknemers onder verskillende
omstandighede te bestuur en verskillende karaktereienskappe word vereis om
elke situasie binne die werkplek te hanteer.
• Verskillende leierskapstyle sal deur die leier toegepas word, gebaseer op die
heersende omstandighede op ‘n bepaalde tyd.
• Effektiewe leiers kan die leierskapstyl aanneem wat sal verseker dat die
https://www.youtube.com/ doelwitte van die organisasie bereik word.
watch?v=wJO5IADnlxw&ab_ • Die verhouding tussen die leier en die werknemers is gebaseer op waardes
channel=OnlinePMCourses- van vertroue/integriteit/respek.
MikeClayton

208 BESIGHEIDSTUDIES | GRAAD 12

BS GRAAD 12 LB AFR.indb 208 2022/03/27 23:47:51


Eenheid 8.3 Begrip van die drie leierskapsteorieë

• Leiers beskik oor die vaardighede/kennis om situasies te ontleed en take/


QR-KODE
verantwoordelikhede aan die mees geskikte werknemers toe te ken.
• Konflik kan ontstaan as die leierskapstyl as inkonsekwent geag word wanneer Transformasie-leierskapsteorie
daar met werknemers in verskillende situasies te doen gekry word.
• Die effektiwiteit van hierdie leierskapsteorie is afhanklik van die verhouding
wat tussen die leier en werknemers bestaan.

Transformasie/Oorgangsbestuur-
leierskapsteorie
• Hierdie leierskapsteorie sou deur die leier toegepas word gedurende ‘n
tydperk waarin die organisasie radikale veranderinge ervaar.
https://www.youtube.com/
• Die leier kan sy/haar kommunikasievaardighede, passie en interaksie met watch?v=_788Rkb0EQAand-
werknemers gebruik om werknemers te oortuig om die veranderinge wat in ab_channel=MindToolsVideos
die organisasie beplan word, te aanvaar.
• Werknemers op hul beurt respekteer en bewonder die leier en vertrou die
leiers se oordeel rakende die beplande veranderinge binne die organisasie.
Neem kennis
• Strategiese denkende leiers gebruik hierdie leierskapsteorie om werknemers
te oortuig om die langtermyn visie van die organisasie te aanvaar. Die begrippe transformasie
• Leiers het sterk en charismatiese persoonlikhede wat hulle gebruik om die en oorgang word uitruilbaar
motivering/produktiwiteitsvlakke van werkers te verhoog. gebruik, aangesien beide
• Werknemers word gedurende hierdie tydperk van radikale verandering verwys na tydperke van
ondersteun en geleenthede gebied om hul gedagtes en idees te deel sonder verandering binne ‘n
organisasie/ samelewing.
enige beperkings.
• Leiers lei deur voorbeeld en werkers reageer deur op hul uitsette te fokus.
• Werkers neem groter eienaarskap van hul verantwoordelikhede en is bewus QR-KODE
van hul beperkings en sterkpunte.
Leiers en volgelinge

Leiers en volgelinge-leierskapsteorie
• Die verhouding tussen die leier en werknemers het ‘n groot impak op die
doelwitte wat die organisasie beoog om te bereik.
• Werknemers, as volgelinge van die leier, volg die instruksies van die leier en
werk gesamentlik aan organisasie se doelwitte.
• Leiers laat volgelinge toe om kreatief en innoverend te wees en moedig hulle
aan om alternatiewe metodes te verken om produktiwiteit te verhoog.
• Leiers lei deur voorbeeld en verskaf aansporings vir positiewe gedrag.
• Volgelinge neem verantwoordelikheid vir doelwitte/teikens wat nie bereik https://www.youtube.com/
is nie. watch?v=rOsETHomZZUand-
ab_channel=VTUBE
• Innovering en kreatiwiteit van sommige volgelinge word gesmoor aangesien
hulle bloot die leier en ander volgelinge volg.

Nuwe woorde
Wenk
gesmoor word verhinder
Jy moet die bogenoemde leierskapsteorieë uit gegewe scenario’s, gevallestudies of om iets te doen wat as sinvol
stellings kan identifiseer. beskou word

KWARTAAL 2 | ONDERWERP 8 | Bestuur en leierskap 209

BS GRAAD 12 LB AFR.indb 209 2022/03/27 23:47:51


KWARTAAL 2

Wenk
Die rol van persoonlike ingesteldheid/houding
Jy moet die rol van in suksesvolle leierskap
persoonlike ingesteldheid Suksesvolle leierskap is noodsaaklik in enige organisasie. Die sukses van die
en houding in suksesvolle organisasie hang in ’n groot mate af van die leierskap wat verskaf word. Die
leierskap uit gegewe persoonlike houding van die leier speel ‘n kritieke rol in suksesvolle leierskap.
scenario’s en gevallestudies
kan identifiseer

• Positiewe ingesteldheid/houding stel leierskap-potensiaal vry.


• ‘n Leier se goeie/slegte houding kan die sukses of mislukking van die
besigheid beïnvloed.
• Leiers moet hul sterkpunte en swakpunte ken om hul leierskapstyle effektief
toe te pas.
• Groot leiers verstaan ​​dat die regte houding die regte atmosfeer sal skep.
• Leiers se houding kan werknemers/spanne se denke/gedrag beïnvloed.
• Leiers moet die gedrag modelleer wat hulle by spanlede wil sien.
• Suksesvolle leiers oorweeg die vermoëns en vaardighede van spanlede om
take en rolle effektief toe te wys.
• Entoesiasme verskaf en skep vertroue in ‘n leier.
• ‘n Positiewe ingesteldheid/houding is van kritieke belang vir goeie leierskap,
want goeie leiers sal by die taak bly ongeag probleme en uitdagings.

Wenk
Fokus is op die positiewe ingesteldheid/houding van die leier en moenie dit verwar met
die eienskappe van ‘n entrepreneur nie.

210 BESIGHEIDSTUDIES | GRAAD 12

BS GRAAD 12 LB AFR.indb 210 2022/03/27 23:47:52


Eenheid 8.3  Begrip van die drie leierskapsteorieë

| Aktiwiteit 8.3 Klaswerk/Huiswerk

VRAAG 1: BESIGHEIDSGELEENTHEDE (BESTUUR EN LEIERSKAP)

Bestuur en leierskap verrig beide kritieke funksies binne ‘n organisasie.


Leierskapsteorieë laat leiers toe om verskillende leierskapstyle toe te pas. Die
keuse van die leierskapstyl kan ‘n positiewe of negatiewe impak op die besigheid
hê. Verskillende leierskapstyle kan in die werkplek toegepas word om verskillende
uitdagings te hanteer.

Skryf ‘n opstel oor bestuur en leierskap waarin jy die volgende aspekte insluit:
• Beskryf kortliks die verskille tussen bestuur en leierskap.
• Verduidelik die situasionele en transformasie-leierskapsteorieë.
• Bespreek die impak van die outokratiese en transaksionele leierskapstyle.
• Stel situasies voor waarin besighede die volgende leierskapstyle in die werkplek
kan toepas:
» Laissez faire-leierskapstyl
» Demokratiese leierskapstyl [40]

Wenke – Skryf van Opstelle

Inleiding Inhoud/Liggaam
• Begin met die woord ‘Inleiding’ as • Moenie die woorde ‘Inhoud’ of ‘Liggaam’
‘n opskrif. as ‘n opskrif skryf nie.
• Jou openingstellings moet aan die • Gebruik inligting in die vrae onder die
vrae met die kolpunte gekoppel aanhef as opskrifte binne die liggaam.
word. • Breek die inligting op in logiese dele, maak
• Een algemene stelling van twee gebruik van opskrifte en subopskrifte.
van die subopskrifte/of twee • Die maksimum punte wat behaal kan word
algemene stellings van een vir die liggaam = 32 punte.
subopskrif. • Moenie feite herhaal nie, kom tot die punt.
• Gee TWEE betekenisvolle feite • Skryf jou antwoorde in volsinne met
om maksimum punte te kry: kolpunte.
(2 × 1) = (2) • Plaas jou stellings in konteks.
• Moenie die woorde wat binne die
aanhef is herhaal/gebruik nie.
Gevolgtrekking/Slot SASO
• Skryf die woord • Skryf die woorde Inleiding en Slot neer om
‘Gevolgtrekking/Slot’’ as ‘n volpunte vir struktuur/uitleg te kry.
opskrif. • Skryf subopskrifte wat binne die vraestel
• Eindig jou opstel met EEN verskyn om EEN punt vir ontleding/
betekenisvolle feit – moenie interpretasie te kry.
herhaal wat reeds in die • Maak seker dat jy soveel korrekte feite as
inleiding/inhoud gesê was nie: wat jy kan skryf wat ten minste 16 punte of
(1 × 2) = (2)) meer binne die inhoud beloop om nog EEN
punt vir ontleding/interpretasie te kry.
• Maak seker dat jy slegs relevante inhoud
as antwoorde verskaf sodat jy twee punte
vir sintese kan kry.
• Verskaf ten minste TWEE huidige
voorbeelde wat verband hou met die
sakewêreld in werklikheid om die feite in
jou inhoud te ondersteun om twee punte
vir oorspronklikheid te kry.

KWARTAAL 2 | ONDERWERP 8 | Bestuur en leierskap 211

BS GRAAD 12 LB AFR.indb 211 2022/03/27 23:47:52


KWARTAAL 2

Breinkaart: Onderwerp 8 – Bestuur en leierskap


Gebruik die breinkaarte as ‘n riglyn om die inhoud wat in hierdie onderwerp
behandel word, te konsolideer.
Maak seker dat jy die inhoud van elke opskrif in hierdie onderwerp bestudeer.

Bestuur
Gebruik gesag/instruksies/fokus op prosesse/beheer optredes.

Leierskap
Inspireer en motiveer/leiding en rigting/fokus op menslike
hulpbronne/beïnvloed optredes.

Demokraties
'n Demokratiese leier betrek
werknemers by die besluit- Outokraties
nemingsproses. Die leier
'n Outokratiese leier betrek
besef dat daar krag in die
nie werknemers by die
kollektiewe insette van
besluitnemingsproses nie.
individue is. Hierdie
Werknemers word aangesê
inklusiewe benadering deur
wat om te doen en moet die
die leier verseker die
besluite van die leier uitvoer
ondersteuning van
sonder om besluite te
werknemers in besluite wat
bevraagteken.
deur die leier geneem word.

S OU
TIE TO
RA KR
OK AT
DEM IE
S

LEIERS-
IES
LA

Laissez-faire KAPSTYLE
AT
ISS

Charismaties
ISM

'n Laissez faire/vrye-teuels-


EZ-

leier wat die laissez faire/vrye-


AR
FA

teuels-leierskapstyl toepas, 'n Charismatiese leier gebruik


IRE

CH

delegeer besluitneming aan persoonlikheid en sjarme om


werknemers wat hy/sy vertrou. die gedrag en optrede van
TRANSAKSIONEEL werknemers te beïnvloed.
Die leier skei homself/haarself
van die besluitnemingsproses Werknemers word geïnspireer
en laat werknemers toe om deur die energie en passie
besluite in die beste belang van die charismatiese leier.
van die organisasie te neem.
Transaksioneel
'n Transaksionele leier
gebruik belonings en
strawwe om werknemers
na besigheidsdoelwitte
en teikens te dryf. Die
transaksionele leiers fokus
op die uitslae en prestasie
van werknemers om hul
doeltreffendheid ten
opsigte van die doelwitte
van die organisasie te meet.

212 BESIGHEIDSTUDIES | GRAAD 12

BS GRAAD 12 LB AFR.indb 212 2022/03/27 23:47:52


Eenheid 8.3  Begrip van die drie leierskapsteorieë

IMPAK VAN DIE LEIERSKAPSTYLE


VOORDELE NADELE
DEMOKRATIES
Leiers hoef nie op hul Leier is dalk nie in die
eie kennis/vaardighede posisie om onmiddellike
staat te maak nie. besluite te neem nie.

Werknemers neem Leier kan besluite


deel aan die vertraag.
besluitnemingsproses

OUTOKRATIES
Die leier is in 'n posisie Spanning kan ontstaan.
om vinnige besluite
te neem Die organisasie kan hoogs
vaardige en ervare
Duidelike en werknemers verloor.
konsekwente
rigting van die leier.

LAISSEZ-FAIRE Werknemers word Werknemers kan


vertrou en die huiwerig wees om
verantwoordelikheid beslissende stappe
gegee om besluite te neem.
te neem Werknemers kan dit
Werknemers ervaar moeilik vind om mede-
persoonlike groei lede te kry om spertye
en ontwikkeling. te haal.

CHARISMATIES Werknemers word deur Leier kan eie persoonlike


die energie en passie belange bevorder.
geïnspireer.
Die organisasie kan te
Werknemers voel veel afhanklik wees van
gewaardeer. die teenwoordigheid
van die leier.

TRANSAKSIONEEL
Aansporings lei tot Werknemers kan
verhoogde gedemoraliseerd voel as
produktiwiteitsvlakke hulle gestraf word.
van werkers.
Werknemers is bewus Die gesondheid van
van die strawwe werknemers kan negatief
indien teikens nie beïnvloed word deur
bereik word nie. verhoogde stresvlakke.

Rol van persoonlike


ingesteldheid/houding Leierskapsteorieë
• Die werksomgewing is gevul met Situasie – verskillende leierskapstyle sal
'n positiewe ingesteldheid en deur die leier toegepas word.
houding wat van hom/haar
afkomstig is. Transformasie/Oorgangsbestuur –
• Positiewe effek op die werk- verskillende leierskapstyle sal deur die
nemers, wat lei tot verhoogde leier toegepas word.
motiveringsvlakke.
• 'n Negatiewe houding van die Leiers en volgelinge – Werknemers, as
leier kan die omgekeerde volgelinge van die leier, volg die opdrag
uitwerking op die werknemers hê. van die leier en werk gesamentlik aan die
• Sien in die leier die soort gedrag organisasie se doelwitte.
wat hulle by die werkplek moet
aanneem en vertoon.

KWARTAAL 2 | ONDERWERP 8 | Bestuur en leierskap 213

BS GRAAD 12 LB AFR.indb 213 2022/03/27 23:47:53


KWARTAAL 2

Konsolidasie

VRAAG 1
1.1 Verskeie opsies word as moontlike antwoorde op die volgende vrae gegee.
Kies die antwoord en skryf slegs die letter (A–D) langs die vraagnommer (1.1.1 Wenk -
1.1.5) neer, byvoorbeeld, 1.1.6 D. • Neem die volgende in ag
1.1.1 Leierskap in ‘n organisasie word gekenmerk deur ... wanneer jy meervoudige
A te fokus op die prosesse betrokke by die produksiefunksie van keuse vrae beantwoord
mededingers. • Lees deur die stelling en al
B beheer stelsels en prosedures om die werk gedoen te kry. die opsies.
C taakgeoriënteerd te wees. • Die VIER opsies waaruit
D die regte dinge doen. jy die korrekte antwoord
moet kies, het die
1.1.2 Die HUB van Capihead Bank het die ... leierskapstyl gebruik toe sy volgende elemente:
streekstoesighouers genooi het om insette te lewer in KMI-projekte wat » TWEE duidelik
die bank oorweeg om te ondersteun. verkeerde antwoorde
A oorgangsbestuur- » EEN afleier/wat baie
B laissez-faire- naby aan die korrekte
C demokratiese antwoord is
D transformasie » EEN korrekte antwoord.
1.1.3 ‘n Brand het by die kantore van Dontex Raffinadery uitgebreek. Die ... • Onderstreep die
leierskapstyl moet toegepas word. sleutelwoorde in die
stelling.
A outokratiese
• Trek die TWEE duidelik
B situasionele
verkeerde antwoorde deur.
C transformasionele • Lees weer deur die stelling
D transaksionele en die oorblywende opsies.
1.1.4 Die HUB van Monda Motors het die …leierskapsteorie toegepas toe hy • Kies die korrekte antwoord
verskillende leierskapstyle gebruik het om die taak op hande uit te voer. uit die oorblywende
A transformasie opsies.
B situasionele • Moenie enige antwoorde
C outokratiese oop laat nie.
D charismatiese
1.1.5 Hierdie leierskapsteorie word dikwels gebruik wanneer die organisasie
radikale veranderinge ervaar:
A transaksionele
B leiers en volgelinge
C transformasie
D charismatiese  (5 × 2) (10)
VRAAG 2
2.1. Noem DRIE leierskapsteorieë. (3)
2.2. Onderskei tussen bestuur en leierskap.  (8)
2.3 Lees die scenario hieronder en beantwoord die vrae wat volg:

CARLO BAKKERY (CB)


Tido, die hoofbestuurder by Carlo Bakkery moet baie spertye haal. Tido het sy
bekwame werknemers versoek om hul eie werkmetodes te gebruik sonder om
besigheidsbeleid te oortree.

214 BESIGHEIDSTUDIES | GRAAD 12

BS GRAAD 12 LB AFR.indb 214 2022/03/27 23:47:53


Eenheid 8.3 Begrip van die drie leierskapsteorieë

Konsolidasie

2.3.1 Identifiseer die leierskapstyl wat deur Tido gebruik word. Motiveer jou antwoord deur uit die scenario hierbo
aan te haal. (3)
2.3.2 Bespreek die impak van die leierskapstyl wat in VRAAG 2.3.1 geïdentifiseer is. (8)

2.4. Gee besighede raad oor die situasies waarin die volgende leierskapstyle toegepas kan word:
2.4.1 Charismatiese leierskapstyle (4)
2.4.2 Outokratiese leierskapstyle (4)
[30]

VRAAG 3: BESIGHEIDSGELEENTHEDE (BESTUUR EN LEIERSKAP)

Leierskapstyle kan van een leier tot ‘n ander verskil en kan ook die prestasie van Wenk
die besigheid beïnvloed. Leierskapsteorieë lei leiers oor die verskillende style
Wanneer daar van jou verwag
wat hulle kan toepas. Leiers moet ook fokus op hul houding wanneer hulle met
word om uit ‘n scenario aan
werknemers in gesprek tree.
te haal, moet jou antwoord
direk uit die scenario
Skryf ‘n opstel oor bestuur en leierskap waarin jy die volgende aspekte insluit: aangehaal word.
• Beskryf kortliks die verskille tussen die demokratiese en outokratiese leierskapstyle. Moenie jou eie woorde
• Verduidelik die impak van die charismatiese en transaksionele leierskapstyle parafraseer/gebruik wanneer
op besighede. jy aanhaal nie.
• Bespreek die transformasie- en leiers en volgelinge-leierskapsteorieë.
• Gee besighede raad oor die rol van persoonlike houding in suksesvolle leierskap.
[40]

QR-KODE
Skandeer hierdie kode vir ‘n
oorsig oor die inhoud van
hierdie onderwerp rakende die
spesifieke kernleerpunte.

https://youtube.com/play-
list?list=PLY8n0zQCEkpq-
FIeP-ayvS2S2zCgxTISr3

KWARTAAL 2 | ONDERWERP 8 | Bestuur en leierskap 215

BS GRAAD 12 LB AFR.indb 215 2022/03/27 23:47:53


BESIGHEIDSTUDIES | Graad 12

KWARTAAL 2

9 Belegging: Sekuriteite

ONDERWERP OORSIG

 Eenheid 9.1 Funksies van die Johannesburgse Effektebeurs


 Eenheid 9.2 Faktore wat in ag geneem moet word wanneer
beleggingsbesluite geneem word
 Eenheid 9.3 Tipes beleggingsgeleenthede en risikofaktore
 Eenheid 9.4 Beleggingsvorme
 Eenheid 9.5 Begrip van enkelvoudige en saamgestelde rente

Leerdoelwitte
Aan die einde van hierdie onderwerp moet leerders die volgende
kan doen:
❖ Beskryf kortliks/Verduidelik/Bespreek die funksies van die JSE
❖ Beskryf kortliks/Noem/Beskryf/Verduidelik/Bespreek die faktore wat in
ag geneem moet word wanneer beleggingsbesluite geneem word
❖ Verduidelik/Bespreek die verskeie tipes beleggingsgeleenthede en
hul risikofaktore
❖ Verduidelik/Bespreek/Ontleed/Evalueer positiewe/ voordele en/of
negatiewe/nadele) van die volgende beleggingsvorme:
– regering/RSA kleinhandel-spaareffekte
– effektetrusts
– aandele
– vaste deposito
❖ Identifiseer die volgende soorte aandele van uit gegewe scenario’s
of stellings:
– gewone-aandele
– voorkeuraandele
– bonusaandele
– stigtersaandele
❖ Noem/Beskryf kortliks/Verduidelik/Bespreek soorte
voorkeuraandele
❖ Beskryf kortliks/Noem die regte van gewone- en voorkeuraandeelhouers
❖ Identifiseer soorte voorkeuraandele uit gegewe scenario’s of stellings
❖ Onderskei tussen gewone en voorkeuraandele
❖ Definieer/Verduidelik die betekenis van skuldbriewe, dividende,
kapitaalwins, enkelvoudige rente, saamgestelde rente
❖ Onderskei tussen enkelvoudige en saamgestelde rente
❖ Bereken enkelvoudige en saamgestelde rente uit gegewe scenario’s
❖ Stel die beste beleggingsopsie voor wat op berekeninge gebaseer is.

216 BESIGHEIDSTUDIES | GRAAD 12

BS GRAAD 12 LB AFR.indb 216 2022/03/27 23:47:53


Eenheid 9.1 Funksies van die Johannesburgse Effektebeurs

Kernbegrippe
■ Aandeel: ‘n deel van die eienaarskap in ‘n maatskappy.
■ Bankrotskap: verwys na ‘n besigheid wat nie in staat is om sy krediteure
terug te betaal nie.
■ Beleggers: die persone wat geld spaar met die verwagting om wins te
maak.
■ Belegging: geld wat vir opbrengs/wins gespaar is.
■ Dividende: ‘n bedrag geld wat ‘n maatskappy uit sy winste aan sy
aandeelhouers betaal.
■ Johannesburgse Effektebeurs (JSE): die mark wat handel oor die koop
en verkoop van aandele in genoteerde maatskappye.
■ Kapitaalmark/effektemark: die finansiële mark waarin langtermyn-
skuldeffekte gekoop en verkoop word.
■ Korttermynbelegging: belegging vir minder as een jaar.
■ Langtermynbelegging: die duur/tydperk van die belegging is meer as
drie jaar.
■ Likwidasie: die verkoop van die bates van ‘n maatskappy om krediteure
te betaal.
■ Rente: die bedrag geld wat beleggers verdien as opbrengs op/vergoeding
vir beleggings in bankdeposito’s en lenings.
■ Risiko: onsekerheid van verliese eerder as verwagte wins uit ‘n belegging.
■ Vaste koers: die rentekoers bly dieselfde vir die duur van die
beleggingstydperk.

Inleiding Het jy geweet


Beleggingsekuriteite is ‘n belangrike manier om rykdom te verkry en op te bou vir Die JSE is in 1887 gestig tydens
beide ‘n individu en besighede. Verskeie beleggingsgeleenthede is beskikbaar vir die eerste Suid-Afrikaanse
beleggers om hul kapitaal in te belê. Sommige beleggers stel daarin belang om goudstormloop. Dit is die
hul rykdom te laat groei. Ander beleggers stel belang om ‘n bykomende inkomste 16de grootste ter wêreld en
verreweg die grootste van
te genereer om hul aftree-verdienste aan te vul. Dit is belangrik dat beleggers die
Afrika se 22 aandelebeurse.
risiko verbonde aan elke tipe belegging in ag neem.

Eenheid 9.1 Funksies van die QR-KODE

Johannesburgse Effektebeurs (JSE) Hoe om aandele te koop | Suid-


Afrika
Die finansiële sektor in Suid-Afrika is vandag een van die meer dinamiese en
gesofistikeerde sektore in die wêreldekonomie. Die Johannesburgse Effektebeurs
(JSE) verskaf aan genoteerde maatskappye die geleentheid om finansiële
hulpbronne te bekom om sakebedrywighede te begin of uit te brei.

Die volgende is van die funksies van die JSE:


• Gee geleenthede aan finansiële instellings soos versekeringsmaatskappye om
hul fondse in aandele te belê.
• Dien as ‘n barometer/aanwyser van ekonomiese toestande in Suid-Afrika.
• Hou beleggers op hoogte van aandeelpryse deur die aandeelpryse daagliks te
https://www.youtube.com/
publiseer.
watch?v=vw3lKE7braE
• Dien as ‘n skakel tussen beleggers en openbare maatskappye.
• Aandele word deur kundiges gewaardeer en beoordeel.
• Dit moedig klein beleggers aan om deel te neem aan die ekonomie van die
land, omdat hulle nie groot bedrae hoef te belê in aandele nie.

KWARTAAL 2 | ONDERWERP 9 | Belegging: Sekuriteite 217

BS GRAAD 12 LB AFR.indb 217 2022/03/27 23:47:53


KWARTAAL 2

• Waagkapitaal word op die ope mark beskikbaar gestel.


Wenk • Die JSE skep `n ordelike mark vir die verhandeling van sekuriteite.
Jy behoort die funksies van • Versamel primêre kapitaal deur nuwe beleggings in genoteerde maatskappye
die JSE in volsinne te kan aan te moedig.
skryf. • Mobiliseer die fondse van versekeringsmaatskappye en ander instellings.

Eenheid 9.2 Faktore wat in ag geneem


moet word wanneer beleggingsbesluite
geneem word
Die kerndoel van enige belegging in besighede is om ‘n opbrengs op die
Wenk belegging te kry. Dit beteken eenvoudig dat die belegger aan die einde van die
beleggingstydperk die belegging terug wil hê plus enige bykomende geld wat op
Jy moet faktore kan noem
die belegging verdien is.
wat in ag geneem moet word
wanneer beleggingsbesluite
geneem word en die Verskeie beleggingsgeleenthede is vir ‘n belegger beskikbaar en ‘n verskeidenheid
betekenis van elke faktor kan faktore moet oorweeg word voordat die belegging gemaak word. Die illustrasie
verduidelik. hieronder toon ‘n lys van faktore wat in ag geneem moet word voordat enige
belegging gemaak word:

Besluitnemingsfaktore vir Beleggings

Opbrengs op Beleggings-
belegging Risiko termyn/ Inflasiekoers Belasting Likiditeit
(OOB) periode

Kom ons kyk meer breedvoerig na elkeen.

Opbrengs op belegging (OOB)


• Verwys na die bedrag geld wat die belegger bykomend tot die oorspronklike
beleggingsbedrag kry.
• Die bykomende bedrag na belasting word uitgedruk as ‘n persentasie van die
oorspronklike beleggingsbedrag.
• Sal hoër wees as die risiko’s verbonde aan die belegging hoog is.
• Sal laer wees as die risiko verbonde aan die belegging laag is.
• Die opbrengs op belegging na aftrekking van belasting moet hoër wees as die
algemene verhoging.
Die volgende illustrasie kan gebruik word om jou begrip van Opbrengs op
Belegging (OOB) te verbeter).

Ayanda het R5 000 by Goue Bank belê in ‘n vaste deposito teen


12% enkelvoudige rente per jaar vir vyf jaar. Na vyf jaar verdien
Ayanda ‘n opbrengs op belegging van R3 000.

2020 2025

Oorspronklike Totale beleggings- Opbrengs


beleggingsbedrag: bedrag na vyf jaar: op belegging
R5 000 R8 000 = R3 000

218 BESIGHEIDSTUDIES | GRAAD 12

BS GRAAD 12 LB AFR.indb 218 2022/03/27 23:47:54


Eenheid 9.2 Faktore wat in ag geneem moet word wanneer beleggingsbesluite geneem word

Risiko QR-KODE
• Die risiko verbonde aan beleggingsgeleenthede verwys na die twyfel/ Die begrip van risiko en
onsekerheid wat bestaan ten opsigte van die omvang van enige winste/verliese opbrengs.
wat ‘n belegger kan maak.
• Verskillende beleggingsgeleenthede het verskillende risiko’s daaraan gekoppel.
• Sekere aandele het wel ‘n lae risiko oor ‘n lang beleggingstydperk.
• Aandele met hoër risiko’s het ‘n groter potensiaal vir hoër opbrengste.
• Belegging in gewone-aandele hou ‘n hoër risiko in aangesien die belegger die
volle/deel van die belegging kan verloor wanneer die maatskappy ontbind/
bankrot verklaar/gelikwideer word.
• Die belegging in voorkeuraandele het ‘n laer risiko daaraan gekoppel
omdat die belegger regte op die maatskappy se bates sal hê sou dit insolvent
verklaar word.
https://www.youtube.com/
Beleggingstermyn watch?v=4KGvoy_Ke9Y&ab_
channel=WMIsg
• Die beleggingstermyn verwys na die duur van die belegging vanaf die
aanvanklike datum van belegging tot die beëindiging daarvan.
• Die duur van belegging kan wissel van kort-, middel- of langtermyn aard,
afhangende van die individuele behoeftes van die belegger.
Nuwe woorde
• Die belegging kan wissel van ‘n kort-, middel- of langtermyn aard, beëindiging die einde van ‘n
afhangende van die individuele behoeftes van die belegger. belegging
• Hoër opbrengste kom die belegger toe met langtermynbeleggings.
koopkrag verwys na die
• Die keuse van die beleggingstermyn/periode sal afhang van die persoonlike
aantal goedere wat die
omstandighede van die belegger. geldeenheid van ‘n land kan
koop
Beleggingstydperk Tydperk
Korttermyn Tot 2 jaar

Mediumtermyn 2 tot 5 jaar QR-KODE


Langtermyn Meer as 5 jaar  Inflasie teenoor belegging.

 Beleggers het die opsie om op kort-, medium- of langtermyn te belê

Inflasiekoers
• Inflasie verwys na ‘n algemene styging in
die prys van goedere en dienste oor tyd,
terwyl die waarde van geld as gevolg
daarvan afneem.
• Hoe hoër die inflasiekoers, hoe laer is die
koopkrag van geld. https://www.youtube.com/
• Beleggers soek daardie beleggings waarin die opbrengs op belegging hoër as watch?v=MMmCiY-R9rU&ab_
die inflasiekoers is. channel=FinancialBunny
• Die waarde van sekere bates soos eiendom neem toe namate inflasie
toeneem, en bied dus beleggers ‘n hoër opbrengskoers.

KWARTAAL 2 | ONDERWERP 9 | Belegging: Sekuriteite 219

BS GRAAD 12 LB AFR.indb 219 2022/03/27 23:47:55


KWARTAAL 2

Het jy geweet Belasting


Die mandaat van die Suid- • ‘n Goeie belegging sal bepaal word deur die persentasie opbrengs na betaling
Afrikaanse Inkomstediens van belasting verskuldig aan die SAID.
(SAID) is om alle verskuldigde • Die belegger moet voorsiening maak vir inkomstebelasting betaalbaar aan die
inkomste in te vorder en SAID om ‘n hoë netto nabelaste opbrengs te verseker.
om optimale voldoening • Beleggers moet kennis neem van die feit dat verskillende belastingkoerse van
aan belasting- en toepassing is vir elke vorm van belegging.
doeanewetgewing te verseker.

Likiditeit
• Likiditeit verwys na die spoed waarmee ‘n belegging in kontant omgeskakel
kan word.
• Hoe makliker dit is om ‘n belegging in kontant om te skakel, hoe meer likied is
die belegging.
• Hoe moeiliker dit is vir ‘n belegging om in kontant omgeskakel te word, hoe
Wenk minder likied is die belegging.
Moenie die konsep likiditeit • ‘n Bedrag moet belê word in ‘n tipe belegging wat maklik in kontant
met die konsep likwidasie omgeskakel kan word.
verwar nie. • Byvoorbeeld, ‘n belegging in ‘n spaarrekening sal makliker wees om in
kontant om te skakel as ‘n belegging in vaste eiendom.

QR-KODE | Aktiwiteit 9.1 Klaswerk/Huiswerk


Wat is likiditeit? VRAAG 1
1.1 Voltooi die volgende stellings deur die woorde in die lys hieronder te gebruik.
Skryf slegs die woord langs die vraagnommer (1.1.1 tot 1.1.5) neer.

Deflasiekoers; Johannesburgse Effektebeurs ; risiko;


opbrengs op belegging; likiditeit; belasting; Suid-Afrikaanse Reserwebank;
politiese; inflasiekoers; toelaes

1.1.1 Beleggers verkies beleggings waarin die opbrengs op belegging hoër as


die ... is
https://www.youtube.com/
1.1.2 Die spoed waarteen ‘n belegging in kontant omgeskakel kan word staan
watch?v=SaGmRqL-B2c&ab_
bekend as ...
channel=Capital.com
1.1.3 Die ... dien as ‘n barometer van ekonomiese toestande in Suid-Afrika.
1.1.4 Die belegging in voorkeuraandele het ‘n laer … daaraan gekoppel,
aangesien beleggers slegs toegang tot die maatskappy se bates sal hê
wanneer dit bankrot verklaar word.
1.1.5 Beleggers moet die ... betaalbaar aan die regering in ag neem wanneer
hulle op ‘n spesifieke belegging besluit.
(5 × 2) (10)

220 BESIGHEIDSTUDIES | GRAAD 12

BS GRAAD 12 LB AFR.indb 220 2022/03/27 23:47:55


Eenheid 9.3 Tipes beleggingsgeleenthede en risikofaktore

Eenheid 9.3 Tipes beleggings-


geleenthede en hul risikofaktore
Beleggers word aangeraai om verskeie beleggingsgeleenthede te oorweeg om
‘n ingeligte besluit te neem. Die keuse van ‘n beleggingsgeleentheid hang af
van individuele belangstelling en omstandighede. Elke beleggingsgeleentheid is
gekoppel aan sekere risiko’s wat ‘n belegger vooraf moet oorweeg.

Die illustrasie hieronder toon ‘n lys van beleggingsgeleenthede.

Beleggingsgeleenthede

Lewens-
Gesamentlike Besigheid- 32 dae-
Bestuurde versekering /
fondse/ geleenthede/ kennisgewing Skuldbriewe
portefeulje Aftree
Stokvel Waagkapitaal deposito's
annuïteite

 Verskeie beleggingsgeleenthede is beskikbaar vir beleggers

Kom ons kyk nader na hierdie beleggingsgeleenthede en ontleed ook die risiko’s
verbonde aan ELKEEN.

Gesamentlike fondse/Stokvel Het jy geweet


• ‘n Stokvel word gestig deur ‘n klein groepie mense wat informeel en vrywillig Die begrip stokvel is uniek aan
bydraes tot ‘n spaarfonds maak. die Suid-Afrikaanse konteks.
• Die stokvel laat elke lid toe om geld uit die kollektiewe poel fondse te onttrek
vir persoonlike gebruik.
• Die opbrengs op belegging is beperk weens die gereelde fonds-onttrekkings QR-KODE
deur lede.
• Lede van die stokvel word aangemoedig om maandeliks vir ‘n spesifieke doel Risiko’s verbonde aan stokvels.
te spaar.
• Die koste van die belegging vir individuele lede is laag, aangesien bankkoste
gelykop tussen lede verdeel word.
• ‘n Stokvel of gesamentlike fondse word gewoonlik deur ‘n betroubare
voorsitter of tesourier bestuur, wat verantwoordelik is vir rekordhouding en die
bestuur van die bankrekening.

Risiko
• Lede kan bydra tot ‘n onwettige finansiële skema en kan al die geld wat hulle
bydra, verloor. https://www.youtube.com/
• Die moontlikheid bestaan dat ‘n lid nie sy/haar maandelikse spaargeld sal kan watch?v=mFwfMu9ITwA&ab_
bydra nie. channel=News24
• Die belegging is gekoppel aan lae risiko, en die geld van die beleggers is
relatief veilig.

KWARTAAL 2 | ONDERWERP 9 | Belegging: Sekuriteite 221

BS GRAAD 12 LB AFR.indb 221 2022/03/27 23:47:55


KWARTAAL 2

Bestuurde portefeulje
• ‘n Belegger het die geleentheid om van ‘n finansiële adviseur gebruik te maak
om al sy/haar beleggings in een portefeulje te bestuur.
• Die finansiële adviseur het volle beheer oor die beleggings in die belegger se
portefeulje en kan beleggingsopsies verander op grond van hul prestasie in
die mark.

Risiko
• Die risiko’s verbonde aan ‘n bestuurde portefeulje is laer oor ‘n langer tydperk.
Nuwe woorde
• Die risiko’s verbonde aan die beleggings is versprei omdat beleggings in
portefeulje  verskillende verskeie maatskappye gemaak word.
beleggingsopsies van ‘n • Finansiële adviseurs verkies om fondse in die kapitaalmark te belê.
belegger • Onverwagte veranderinge in die mark kan die portefeulje op die kort termyn
heersende  bestaan op ‘n negatief beïnvloed met hoë risiko’s gekoppel aan die belegging.
bepaalde tydperk 

Besigheidsgeleenthede/Waagkapitaal
• Beleggers stel fondse beskikbaar aan ‘n voornemende besigheid om ‘n
besigheid te begin, en hulle word mede-eienaars van die besigheid.
• ‘n Belegger moet homself/haarself vergewis van die mark waarin die
besigheid bedrywig is voordat hy/sy die belegging maak.
• Om in ‘n bestaande besigheid te belê, kan vir ‘n belegger lonend wees – mits
die belegger navorsing gedoen het oor die heersende marktoestande.

Het jy geweet
Naspers gaan van 2021 –
2023 altesaam R4,6 miljard in
waagkapitaal vir die plaaslike
tegnologie-sektor belê.

Risiko
• Die risiko’s verbonde aan hierdie tipe belegging kan hoog wees indien die
belegger nie vertroud is met die mark waarin die besigheid bedrywig gaan
wees nie.
• Entrepreneurs met beperkte ondervinding sal moontlik nie die besigheid
suksesvol kan bestuur nie, wat veroorsaak dat die belegger ‘n deel of alles van
die belegging kan.

222 BESIGHEIDSTUDIES | GRAAD 12

BS GRAAD 12 LB AFR.indb 222 2022/03/27 23:47:56


Eenheid 9.3  Tipes beleggingsgeleenthede en risikofaktore

32 dae-kennisgewing deposito’s
• Die belegger sal rente verdien teen ‘n hoër koers in vergelyking met die
lopende/spaarrekening.
• Die belegger verdien rente teen ‘n hoër koers as wat hy/sy sou verdien het as
die belegging in ‘n spaarrekening gemaak is.

Risiko
• Lae risiko, aangesien belegging plus rente op die vervaldatum van belegging
uitbetaal sal word.
• Die rente word daagliks saamgestel, en dit verhoog die waarde van die
belegging.
• Die rentekoers is onderhewig aan heersende marktoestande, wat die risiko
van die belegging vir die belegger verhoog.

Skuldbriewe Wenk
• Skuldbriewe word uitgereik om geleende kapitaal van die publiek in te samel.
Skuldbriewe is ‘n beskermde
• Die uitlener/skuldbriefhouer stem in om geld aan die maatskappy te leen op vorm van belegging
sekere voorwaardes vir ‘n sekere tydperk. aangesien skuldbriefhouers
• Skuldbriefhouers is krediteure, aangesien die maatskappy aanspreeklik is om krediteure is. Daarom, tydens
die bedrag van die skuldbriewe terug te betaal. likwidasie van ‘n maatskappy,
• Die meeste tipes skuldbriewe kan op die JSE verhandel word. sal skuldbriefhouers enige
• Skuldbriefhouers ontvang jaarlikse rentebetalings gebaseer op die terme/ uitstaande skuld uitbetaal
bedrag van skuldbriewe wat gehou word. word.

Risiko
• Skuldbriewe het ‘n lae risiko aangesien dit terugbetaal moet word.
• Maatskappye is aanspreeklik om die oorspronklike bedrag van die skuldbrief
plus rente terug te betaal, wat die risiko vir die belegger verminder.
• Beleggers kan ‘n bestendige inkomste in die vorm van rente verdien terwyl
hulle hul hoofbedrag behou.

Lewensversekering/Aftree-annuïteite  Nuwe woorde


• ’n Belegger betaal maandelikse premies aan ’n versekeringsmaatskappy en is gewaarborg  seker om te kry/
‘n voorafbepaalde vaste bedrag gewaarborg aan die einde van die tydperk of seker om te gebeur
by afsterwe.
• Hierdie belegging bied aan die belegger en hul afhanklikes finansiële
sekuriteit in die geval van dood.

KWARTAAL 2 | ONDERWERP 9 | Belegging: Sekuriteite 223

BS GRAAD 12 LB AFR.indb 223 2022/03/27 23:47:56


KWARTAAL 2

QR-KODE Risiko
Kliek op die skakel hieronder om • Die risiko vir die belegger is laag omdat betalings gemaak sal word by die
jou kennis oor tipes beleggings plaasvind van ‘n toekomstige gebeurtenis/by sy/haar dood.
en risiko’s te toets. • Die belegger kan geld verloor indien die versekeringsmaatskappy bankrot
verklaar word voor die gebeure waarteen verseker is.

| Aktiwiteit 9.2 Klaswerk/Huiswerk

VRAAG 1
1.1 Lees die scenario hieronder en beantwoord die vrae wat volg.

HORISON BELEGGING SPESIALISTE (HBS)


Horison Belegging Spesialiste bied aan beleggers geleenthede om surplusfondse
https://forms.gle/ te belê. Mandy Frazer, ‘n nuwe belegger by HBS, het die maatskappy se finansiële
ZnMBsPMijWpwoTR18 adviseur versoek om haar verskeie beleggings in een mandjie te bestuur.

1.1.1 Identifiseer die tipe belegging van toepassing op Mandy in die scenario
hierbo. Motiveer jou antwoord deur uit die scenario aan te haal. (3)
1.1.2 Verduidelik die risiko verbonde aan die tipe beleggingsgeleentheid wat in
VRAAG 1.1.1 geïdentifiseer is. (6)

1.2 Gee beleggers raad oor die risiko’s verbonde aan die volgende tipes beleggings:
1.2.1 Gesamentlike fondse/stokvels (4)
1.2.2 Skuldbriewe. (4)
[17]

Wenk Eenheid 9.4 Beleggingsvorme


Wanneer daar van jou verwag In hierdie eenheid sal ons oor spesifieke beleggingsvorme leer wat vir beleggers
word om vrae oor die impak beskikbaar is. Die keuse van die belegging sal deur verskeie faktore beïnvloed
te beantwoord, kan jy die word, wat die omstandighede van die belegger insluit. Die belegger moet bewus
positiewe/ en/of negatiewe/ wees van die impak wat die beleggingskeuse op die belegging sal hê.
nadele verskaf.

Die impak van die vier beleggingsvorme


Beleggers soek voortdurend nuwe beleggingsvorme wat die opbrengs op hul
beleggings sal verhoog en die risiko’s sal verlaag. Die keuse van ‘n bepaalde tipe
belegging het ‘n direkte impak op die finansiële beloning wat die belegger kan
toeval. Die impak kan óf positief (voordele) en/of negatief
(nadele) wees.

224 BESIGHEIDSTUDIES | GRAAD 12

BS GRAAD 12 LB AFR.indb 224 2022/03/27 23:47:57


Eenheid 9.4  Beleggingsvorme

Hierdie illustrasie toon die verskillende beleggingsvorme wat vir beleggers


beskikbaar is.

Beleggingsvorme

RSA kleinhandel-
Effektetrusts Aandele Vaste deposito’s
spaareffekte

Die impak van RSA kleinhandel-spaareffekte/Regering Wenk


kleinhandel-spaareffekte  Maak seker dat jy die impak
Die Suid-Afrikaanse regering bied aan hul burgers die geleentheid om in van ELKE beleggingsvorm kan
spaareffekte te belê as ‘n strategie om spaargeld in die land aan te moedig. Daar evalueer.
is twee tipes kleinhandel-spaareffekte, naamlik vastekoers- en inflasiegekoppelde
kleinhandel-spaareffekte. Rente word halfjaarliks ​​op 31 Maart en 30 September
verdien en in die effekhouer/belegger se bankrekening uitbetaal.

Positiewe/Voordele
• Die rentekoers is vasgestel vir die duur van die belegging, waardeur die
belegger sekerheid bied van ‘n opbrengs op sy/haar belegging.
• Meer beleggers kan in hierdie tipe belegging belê omdat hulle rentekoerse
aangebied word wat deur die markte bepaal word.
• Die belegger ontvang rentebetalings twee keer per jaar van die regering.
Wenk
• Die belegger het vrye toegang tot sy/haar belegging en kan na die eerste jaar
van die belegging kontant onttrek. Moenie die RSA Kleinhandel-
• Die belegging is ‘n lae risiko-belegging omdat dit ‘n beleggingsinstrument is spaareffekte met
wat deur die Suid-Afrikaanse regering uitgereik word. effektetrusts verwar nie.
• Die belegging is beskikbaar vir mense van alle inkomstegroepe.

EN/OF
Wenk
Negatiewe/Nadele
‘n Minimum van R1 000
• Hierdie beleggingsvorm kan nie gebruik word as ‘n vorm van sekuriteit in ruil moet in ‘n RSA Kleinhandel-
vir lenings van finansiële instellings nie. spaareffekte belê word..
• Hierdie belegging vereis ‘n minimum beleggingsbedrag van R1 000, wat vir
sommige klein beleggers te veel kan wees om te spandeer.
• Beleggers het nie die opsie om vrylik kleinhandel-effekte onder mekaar te
ruil nie. Nuwe woorde
• Mense jonger as 18 het nie die opsie om in hierdie  beleggingsvorm te
belê nie. sekuriteit  ‘n bate wat
• ‘n Penaliseringsboete word gehef indien fondse uit hierdie belegging onttrek gewaarborg word deur die
word voordat ‘n tydperk van 12 maande verstryk het. persoon wat befondsing
benodig, wat die finansiële
instelling beskerming bied
indien die lener nie in ‘n posisie
is om ‘n lening/skuld terug te
betaal nie

KWARTAAL 2 | ONDERWERP 9 | Belegging: Sekuriteite 225

BS GRAAD 12 LB AFR.indb 225 2022/03/27 23:47:57


KWARTAAL 2

Impak van effektetrusts


Dit is ‘n versameling beleggingsopsies of metodes wat bestaan ​​uit aandele
in verskillende maatskappye. Die beleggings van ‘n aantal beleggers word
saamgevoeg in ‘n effektetrustfonds wat deur ‘n deskundige fonds- of
portefeuljebestuurder bestuur word. Dit kan direk by die geakkrediteerde
diensverskaffers gekoop word.

Positiewe/Voordele
• Effektetrusts is saamgevoegde fondse van beleggers wat deur ‘n
fondsbestuurder bestuur word namens die beleggers wat aandele op die
JSE koop.
• Die fondsbestuurder kies uit ‘n verskeidenheid aandele-opsies wat lae- tot
hoë risiko beleggings bied.
• Die beleggings word volgens voorafbepaalde reëls en prosedures bestuur, wat
hierdie tipe belegging ‘n veilige opsie maak.
• Die bedrae wat elke maand belê kan word wissel van klein bedrae tot
groot bedrae.
• Beleggingsopsies soos aanlyn-beleggings maak dit maklik vir beleggers om
met hierdie tipe beleggings te werk.
• Beleggers het gratis toegang tot die fondse en kan dit in kontant omskakel in
geval van ‘n noodgeval.
• Verlaag die potensiële risiko en laat meer mense in die fonds belê.
EN/OF

Negatiewe/Nadele
• Aandeelpryse is as ‘n reël onderhewig aan fluktuasies, wat die risiko van
hierdie tipe belegging kan verhoog.
• Groei van effektetrustbeleggings is afhanklik van die gevestigde en goed
erkende maatskappye waarin aandele gekoop is, bly groei/uitbrei.
• Die fondse van die effektetrust is beperk tot die bydraes van lede en mag nie
deur ander lenings verhoog word nie.
• Hierdie beleggingsopsie word nie aanbeveel vir beleggers wat vir ‘n beperkte
tydperk wil belê nie.
• Hierdie beleggingsopsie is nie geskik vir beleggers wat risiko’s wil ontduik nie.

Impak van aandele


Maatskappye reik gedeeltes van sy eienaarskap uit aan aandeelhouers in die
vorm van aandele om kapitaal te bekom om hul kern-besigheidsbedrywighede
uit te voer. Aandele gee die aandeelhouer een stem per aandeel en die reg om
‘n dividend te ontvang. Aandele van genoteerde maatskappye word op die JSE
verhandel. Aandele kan gekoop en verkoop word deur aandelemakelaars aan wie
‘n makelaarsfooi deur die belegger betaal word.

226 BESIGHEIDSTUDIES | GRAAD 12

BS GRAAD 12 LB AFR.indb 226 2022/03/27 23:47:57


Eenheid 9.4  Beleggingsvorme

Positiewe/voordele Nuwe woorde


• ‘n Aandeelhouer sal geregtig wees op dividendbetalings, gebaseer op ‘n
verskansing  ‘n belegging
groot aantal aandele wat gekoop is. wat jou finansies teen die
• Die aandele kan vrylik op die JSE verkoop en gekoop word. moontlikheid van risiko’s
• Die beleggers het stemregte by die Algemene Jaarvergaderings (AJV) van die beskerm
publieke maatskappy.
welwillendheid  ‘n
• Die belegger se opbrengs op belegging is gebaseer op die finansiële prestasie
gesindheid van vriendelikheid
van die maatskappy.
• Beleggers belê in aandele as verskansing teen stygings in die algemene
prysvlakke van goedere en dienste.
• Die groei in die waarde van aandele kan die beleggers ‘n goeie opbrengs van
beleggings oor ‘n langer tydperk bied.
EN/OF
Negatiewe/Nadele
• Dividende betaalbaar aan aandeelhouers is afhanklik van die maatskappy wat
‘n dividend verklaar op grond van die wins wat dit gemaak het (indien enige).
• Beleggers moet staatmaak op die welwillendheid van die maatskappy om ‘n
dividend te verklaar.
• Aandeelhouers kan hul belegging verloor indien die maatskappy insolvent
verklaar word, wat die risiko hoog maak.
• Die waarde van die dividende wat deur die maatskappy verklaar word, word
deur die direkteure van die maatskappy bepaal.

Impak van vaste deposito’s Wenk


Dit is ‘n baie konserwatiewe metode van belegging teen ‘n vaste koers vir Moenie vaste deposito’s
‘n vasgestelde tydperk/by ‘n finansiële instelling/bank. Geld kan nie onttrek/ met die RSA Kleinhandel-
spaareffekte of effektetrusts
bygevoeg word gedurende die tydperk van die deposito nie. Beleggers moet seker
as ‘n vorm van belegging
wees dat hulle nie toegang tot die geld sal kry vir die tydperk van die deposito nie.
verwar nie.
Positiewe/Voordele
• Die belegger is seker van die opbrengs op belegging omdat die rentekoers vir
‘n voorafbepaalde tydperk vasgestel is.
• Die tydperk van belegging wat vir die belegger beskikbaar is, wissel van
korttermyn-, mediumtermyn- of langtermyn periodes.
• Die belegger het nie toegang tot die fondse vir die duur van die
beleggingstydperk nie, en skep dus ‘n gevoel van finansiële dissipline.
• Die duur van die beleggingstydperk word uitsluitlik deur die belegger bepaal.
• Die opbrengs op belegging van hierdie tipe belegging is hoër.
• Beleggers verdien ‘n beter opbrengs op belegging as op ‘n gewone
spaarrekening.
• Die belegger sal die oorspronklike bedrag van die belegging plus alle rente
wat gedurende die beleggingstydperk verdien is, betaal word.
EN/OF
Negatiewe/Nadele
• Die belegger het nie toegang tot enige fondse wat belê is tot aan die einde
van die beleggingstydperk nie.
• Die opbrengs in beleggings kan laer wees as die algemene inflasiekoers.
• Hierdie tipe belegging bied gewoonlik aan die beleggers laer opbrengste as
ander tipes beleggings.
• Boetes kan gehef word vir vroeë onttrekking.

KWARTAAL 2 | ONDERWERP 9 | Belegging: Sekuriteite 227

BS GRAAD 12 LB AFR.indb 227 2022/03/27 23:47:58


KWARTAAL 2

Tipes aandele
Verskeie tipes aandele kan deur ‘n maatskappy aan beleggers aangebied word.
Die aandeelhouers van hierdie aandele het verskillende verpligtinge en regte
ten opsigte van die aandele wat gehou word. Sekere aandele moet aangekoop
word, terwyl ander aandele aan die beleggers aangebied word sonder dat die
maatskappy betaling daarvoor ontvang. Sekere aandeelhouers word ‘n dividend
gewaarborg, terwyl ander aandeelhouers moet wag vir die maatskappy om ‘n
dividend te verklaar.

Het jy geweet Hierdie illustrasie toon die verskillende tipes aandele wat deur maatskappye aan
beleggers aangebied word.
Gewone-aandele word ook
ekwiteitsaandele genoem.
Tipes aandele

Wenk
Jy behoort die verskillende
Gewone-aandele Voorkeuraandele Bonusaandele Stigtersaandele
tipes aandele uit gegewe
scenario’s/stellings te kan
identifiseer.
Tipe aandeel Beskrywing
1 Gewone-aandele • Gewone aandele ontvang slegs dividende wanneer
winste gemaak word.
• Normaalweg hoe hoër die netto wins, hoe hoër is die
dividend.
• Aandeelhouers is die laaste wat betaal word indien die
maatskappy bankrot verklaar/gelikwideer word.
• Dividende wissel van jaar tot jaar volgens wins wat
gemaak is en word deur die maatskappy/direksie bepaal.
• Aandeelhouers het ‘n reg om by die Algemene
Jaarvergadering/AJV te stem.
2 Voorkeuraandele • Sommige van hierdie tipe aandele ontvang dividende
ongeag of ‘n wins gemaak word.
• ‘n Vaste opbrengskoers word op hierdie tipe aandele
betaal.
• Aandeelhouers het ‘n voorkeur-eis op maatskappybates
in die geval van bankrotskap of likwidasie.
• Hierdie aandele geniet voorkeurregte op dividende/
terugbetaling bo gewone aandele.
• Dividende is betaalbaar volgens die tipe
voorkeuraandeel.
• Stemregte is beperk tot bepaalde omstandighede en
besluite.
3 Bonusaandele • Betaling in die vorm van aandele aan aandeelhouers.
• Uitgereik as vergoeding vir onbetaalde dividende.
• Aandeelhouers sal meer aandele besit en in die toekoms
meer dividende insamel.
• Aandeelhouers ontvang hierdie aandele sonder om
daarvoor te betaal.
4 Stigtersaandele • Uitgereik aan die stigters en inkorporeerders/promotors
van die maatskappy.
• Hulle ontvang dividende nadat alle ander aandeelhouers
betaal is.

228 BESIGHEIDSTUDIES | GRAAD 12

BS GRAAD 12 LB AFR.indb 228 2022/03/27 23:47:58


Eenheid 9.4  Beleggingsvorme

Tipes voorkeuraandele
Beleggers het wel die opsie om hul fondse in voorkeuraandele in plaas van
gewone-aandele te belê. Hierdie opsie bied aandeelhouers die voordeel om
anders as gewone-aandeelhouers behandel te word wanneer dividende uitbetaal
word en in die geval van insolvensie van die maatskappy.
Hier is ‘n lys van voorkeuraandele:
Deelnemende Kumulatiewe Aflosbare Omskepbare
Nie-deelnemende Nie-kumulatiewe Nie-aflosbare Nie-omskepbare
Wenk
Deelnemende voorkeuraandele Maak seker dat jy in staat is
• Die belegger is seker om ‘n minimum vaste dividend van die maatskappy om tussen die verskillende
tipes voorkeuraandele te
te ontvang.
onderskei. Die bewoording
• Enige surplus-wins wat die maatskappy gemaak het, moet met die belegger
van die voorkeuraandele
gedeel word. kan nie geparafraseer word
• Die belegger is geregtig om hoër dividendbetalings te ontvang indien die nie. Gebruik sleutelwoorde
maatskappy ‘n groter wins maak. om duidelik tussen ELKE
• Die belegger is daarop geregtig om betalings voor gewone aandeelhouers te voorkeuraandeel te
ontvang indien die maatskappy insolvent of bankrot verklaar word. onderskei, aangesien daar
dalk van jou verwag word om
Nie-deelnemende voorkeuraandele/Gewone voorkeuraandele dit te beskryf/bespreek of uit
• Die belegger het sekerheid om ‘n minimum vaste dividend van die scenario’s te identifiseer.
maatskappy te ontvang.
• Hulle deel nie in enige surplus-wins wat die maatskappy gemaak het nie.
• Die belegger is nie geregtig om hoër dividendbetalings te ontvang as die
maatskappy ‘n hoër wins maak nie.
• Indien die maatskappy gelikwideer word, sal die belegger se oorspronklike
belegging en alle onbetaalde dividende wat verskuldig is, aan die belegger
betaalbaar word.

Kumulatiewe voorkeuraandele
• Beleggers sal betalings ontvang vir vorige dividende wat nie uitbetaal is nie,
weens swak finansiële prestasie deur die maatskappy.

Nie-kumulatiewe voorkeuraandele
• Beleggers sal nie betalings ontvang vir vorige dividende wat nie uitbetaal is nie
weens swak finansiële prestasie deur die maatskappy.

Aflosbare voorkeuraandele
• Beleggers kan die aandele terugverkoop aan die maatskappy waaruit hulle dit
gekoop het teen ‘n vaste prys indien die maatskappy dit verlang.

Nie-aflosbare voorkeuraandele
• Beleggers kan die aandele terugverkoop aan die maatskappy wat hulle
gekoop het sou die maatskappy sluit om ander redes as bankrotskap/
insolvensie.

Omskepbare voorkeuraandele
• Die belegger kan die aandele omskep in ‘n vaste aantal gewone-aandele op
‘n toekomstige datum wat bepaal word op die datum waarop die aandele
uitgereik is.

Nie-omskepbare voorkeuraandele
• Die belegger kan die aandele in ‘n vaste aantal gewone-aandele omskep.

KWARTAAL 2 | ONDERWERP 9 | Belegging: Sekuriteite 229

BS GRAAD 12 LB AFR.indb 229 2022/03/27 23:47:58


KWARTAAL 2

QR-KODE Verskille tussen gewone-aandele en


Verskille tussen die gewone en voorkeuraandele
voorkeuraandele.
Die belegger het die opsie om in óf gewone aandele óf voorkeuraandele te belê.
Die keuse van aandele waarin die belegger belê, word deur persoonlike finansiële
omstandighede bepaal.

Kom ons kyk na die verskille tussen gewone-aandele en voorkeuraandele.


Gewone-aandele Voorkeuraandele
• Die aandeelhouer is slegs geregtig om • Die aandeelhouers van ‘n sekere
‘n opbrengs op sy/haar belegging te tipe voorkeuraandele is geregtig
ontvang wanneer die maatskappy ‘n op dividendbetaling ongeag of die
wins maak en ‘n dividend verklaar. maatskappy ‘n dividendbetaling verklaar
https://www.youtube.com/ of nie.
watch?v=Ym97VSo_-PI&ab_
• ’n Hoër dividend is aan die aandeelhouer • Die aandeelhouer sal ‘n vaste
channel=LisaAkerman
betaalbaar indien die winste hoër is. opbrengskoers ontvang ongeag die
bedrag van die wins.
• Sou die maatskappy gelikwideer word, • Indien die maatskappy gelikwideer
sal die aandeelhouer eers betaal word word, sal die aandeelhouer betaal word
nadat die voorkeuraandeelhouers uit voordat die gewone aandeelhouers uit
die verkoop van die oorblywende bates die verkoop van die oorblywende bates
betaal is. betaal word.
• Die aandeelhouer ontvang standaard- • Die aandeelhouer ontvang
aandele sonder spesiale voorregte. spesiale voorregte ten opsigte van
dividendbetalings.
• Die dividendbetalings aan • Die dividendbetalings aan
aandeelhouers wissel van jaar tot jaar, aandeelhouers is vas, en betalings wat
en in sekere jare word geen dividende gemaak word hang af van die tipe
betaal nie. voorkeuraandele wat gekoop word.
• Die aandeelhouer het die reg om aan • Die stemreg van die aandeelhouer is
die Algemene Jaarvergaderings van die beperk tot kwessies wat die regte van
maatskappy deel te neem en te stem. die voorkeuraandeelhouers raak.

Die regte van gewone-aandeelhouers en


voorkeuraandeelhouers
Die verskille tussen gewone-aandele en voorkeuraandele word verder verduidelik
deur die verskillende regte waarop die onderskeie aandeelhouers geregtig is. Hierdie
regte word beskerm en kan nie van die aandeelhouers weggeneem word nie.
Nuwe woorde
openbaarmaking om al die
Regte van gewone aandeelhouers
inligting te verskaf wat deur • Die aandeelhouers het die reg om kennis te ontvang van en die Algemene
beleggers vereis word Jaarvergaderings van die maatskappy by te woon.
• Die aandeelhouers het die reg om aan die Algemene Jaarvergaderings van die
maatskappy deel te neem en te stem.
• Hulle het die reg om die Algemene Jaarvergadering by te woon om meer te
wete te kom oor die maatskappy se prestasie.
• Die aandeelhouer moet toegelaat word om vir die direkteure van die
maatskappy te stem.
• Volledige openbaarmaking moet aan die aandeelhouers gemaak word deur
hulle van afskrifte van alle finansiële verslae te voorsien.
• Indien ‘n maatskappy bankrot/insolvent verklaar word, het die
aandeelhouers eise op die bates van die maatskappy na die krediteure en
voorkeuraandeelhouers.

230 BESIGHEIDSTUDIES | GRAAD 12

BS GRAAD 12 LB AFR.indb 230 2022/03/27 23:47:58


Eenheid 9.4  Beleggingsvorme

Regte van voorkeuraandeelhouers


• Die belegger is geregtig om dividende te ontvang ongeag die winsvlakke van
die maatskappy.
• Hulle het slegs stemregte by die AJV onder bepaalde omstandighede/vir
sekere besluite.
• In die geval van die maatskappy wat bankrot/insolvent verklaar word, het
hulle ‘n eis op die bates van die maatskappy voor gewone aandeelhouers.
• Volledige openbaarmaking moet aan die beleggers gemaak word deur hulle
van afskrifte van alle finansiële verslae te voorsien.
• Die stemreg van die belegger is beperk tot kwessies wat die regte van die
voorkeuraandeelhouers raak.

Beleggingskonsepte
Die belegging-sektor het sy eie terminologie, elk met sy eie betekenis. Dit is
belangrik vir beleggers en maatskappye plaaslik, nasionaal en wêreldwyd om met
mekaar te kan kommunikeer rakende beleggingsake. Die gebruik van soortgelyke
konsepte bied die beleggers en maatskappye ‘n kommunikasie-instrument vir
vinnige besluitnemingsprosesse en netwerkvorming.

Die illustrasie hieronder lys sommige van hierdie beleggingskonsepte:

Beleggingskonsepte

Enkelvoudige Saamgestelde
Skuldbriewe Dividende Kapitaalwins
rente rente

Skuldbriewe
• Dit is ‘n finansiële instrument wat maatskappye toelaat om geld by die publiek
te leen.
• Die belegger leen ‘n sekere bedrag geld aan ‘n maatskappy vir ‘n sekere
tydperk.
• Die belegger is ‘n krediteur van die maatskappy en die maatskappy is verplig
om die oorspronklike bedrag plus enige rente wat opgeloop het, aan die
belegger terug te betaal.
• Maatskappye wat bykomende befondsing benodig, kan toegang tot
skuldbriewe op die JSE verkry.
• Die belegger ontvang ‘n jaarlikse opbrengs op die belegging van die
maatskappye deur wie die skuldbriewe uitgereik is. Wenk
Die woord dividend is
Dividende afgelei van die woord divide
(verdeel), want die wins van
• Die opbrengs op ‘n belegging in aandele wat gereeld deur ‘n maatskappy aan
die maatskappy moet tussen
sy aandeelhouers betaal word. verskeie aandeelhouers
• Dividende word deur die maatskappy se direksie besluit en bestuur en deur verdeel word. Vandaar die
die aandeelhouers deur hul stemregte goedgekeur. term dividend.

KWARTAAL 2 | ONDERWERP 9 | Belegging: Sekuriteite 231

BS GRAAD 12 LB AFR.indb 231 2022/03/27 23:47:58


KWARTAAL 2

Kapitaalwins
• Dit verwys na die groei in waarde van eiendom/bates/beleggings in
verhouding met die oorspronklike bedrag wat oor ‘n sekere tydperk belê is.
• Die belegger is verplig om belasting aan die SAID te betaal op die bykomende
bedrag van groei van die eiendom/bates/belegging oor ‘n sekere tydperk.

Enkelvoudige rente
• Verwys na die bedrag rente wat verdien word op grond van die oorspronklike
belegging van die belegger.

Saamgestelde rente
• Verwys na die bedrag rente verdien gebaseer op die oorspronklike bedrag wat
belê is, sowel as rente verdien in die voorafgaande jare wat bygevoeg is tot
die oorspronklike bedrag belê.

| Aktiwiteit 9.3 Klaswerk/Huiswerk

VRAAG 1

Besighede moet die verskillende beleggingsfaktore oorweeg voordat hulle


in aandele belê. Baie verskillende tipes aandele is beskikbaar en voldoende
navorsing moet gedoen word voordat die toepaslike tipe aandeel gekies word.
Deeglike oorweging is nodig voordat daar in effektetrusts belê word.

Skryf ‘n opstel oor belegging waarin jy die volgende aspekte insluit:


• Brei uit oor die betekenis van risiko en inflasiekoers as
beleggingsbesluitnemingsfaktore.
• Onderskei tussen gewone en voorkeuraandele.
• Bespreek VIER tipes voorkeuraandele.
• Gee beleggers raad oor die impak van effektetrusts as ‘n vorm van belegging. [40]

Eenheid 9.5  Begrip van ​​enkelvoudige en


saamgestelde rente
Die verskille tussen enkelvoudige en saamgestelde rente word hieronder verskaf.
Enkelvoudige rente Saamgestelde rente
• Rente word slegs op die oorspronklike • Rente word op die oorspronklike bedrag
bedrag verdien. wat belê is verdien, en die rente wat in
die voorafgaande jare verdien is, word
by die oorspronklike bedrag gevoeg.
• Die waarde van die oorspronklike • Die waarde van die oorspronklike
bedrag bly dieselfde vir die duur van die bedrag neem toe namate addisionele
belegging. rente in die daaropvolgende jare wat
bygevoeg word.

232 BESIGHEIDSTUDIES | GRAAD 12

BS GRAAD 12 LB AFR.indb 232 2022/03/27 23:47:58


Eenheid 9.5 Begrip van enkelvoudige en saamgestelde rente

Enkelvoudige rente Saamgestelde rente QR-KODE


• Die rentegedeelte van die belegging • Die rentegedeelte van die belegging Verduideliking van die
word afsonderlik van die oorspronklike word by die oorspronklike belegging eenvoudige rente-formule.
bedrag van die belegging verantwoord. gevoeg, en sodoende word die
oorspronklike belegging verhoog.
• Die opbrengs op belegging is laer • Die opbrengs op belegging is hoër
as die opbrengs op belegging van as die opbrengs op belegging van
saamgestelde rente. enkelvoudige rente.
• Die totale bedrag rente wat verdien • Die totale bedrag rente wat verdien
is, is laer as die totale bedrag is, is hoër as die totale bedrag
saamgestelde rente wat verdien is. enkelvoudige rente wat verdien is.

https://www.youtube.
Berekening van enkelvoudige en saamgestelde com/watch?v=2Qv6g59-
AfM&ab_channel=TheHow-
rente ToScholar%3AEducation

Berekening van enkelvoudige rente


Die volgende formule word gebruik om enkelvoudige rente te bereken: QR-KODE
Rente = P × r × t, waar:
• P die hoofsom/oorspronklike bedrag van die belegging Verduideliking van die
• r die rentekoers, en berekening van saamgestelde
• t die tydperk van die belegging is. rente

Berekening van saamgestelde rente


Die volgende formule word gebruik om saamgestelde rente te bereken:
Rente = P × (1 + i)nt – P, waar:
• P die hoofsom/oorspronklike bedrag van die belegging
• r die rentekoers,
• t beleggingstermyn, en
• n die aantal beleggingsperiodes is.

https://www.youtube.com/
Voorbeeldaktiwiteit en oplossing: Berekening van enkelvoudige watch?v=gnt4iL9gTaE
en saamgestelde rente

Lees die scenario hieronder en beantwoord die vrae wat volg:

Kaley wil R50 000 vir twee jaar in ‘n vaste deposito belê. Standford Bank het
haar 12% enkelvoudige rente per jaar aangebied en Kapitaal Bank bied haar
12% saamgestelde rente aan, jaarliks saamgestel.

1. Bereken die bedrag rente wat Kaley na twee jaar sal ontvang as sy by Standford
Bank belê.
2. Bereken die bedrag rente wat Kaley na twee jaar sal ontvang as sy by Kapitaal
Bank belê.
3. Beveel die beste beleggingsopsie vir Kaley aan. Motiveer jou antwoord.

KWARTAAL 2 | ONDERWERP 9 | Belegging: Sekuriteite 233

BS GRAAD 12 LB AFR.indb 233 2022/03/27 23:47:58


KWARTAAL 2

Voorgestelde antwoord
1. Berekening van enkelvoudige rente.
Rente = P × r × t
P = R50 000
12
r = 12% [Skryf as ‘n desimale breuk deur met 100 te deel] = 100 = 0,12
t = 2 jaar

Rente = P × r × t = R50 000 × 0,12 × 2


= R6 000 × 2
= R12 000

2. Berekening van saamgestelde rente.


Daar is twee opsies beskikbaar om die saamgestelde rente te bereken.

Opsie 1
• Bereken die rente wat Kaley in Jaar 1 sou verdien het deur die enkelvoudige
rente-formule te gebruik.
• Voeg die rente wat in Jaar 1 verdien is by die hoofsom van die belegging;
bereken dan die rente wat in Jaar 2 verdien is deur die enkelvoudige rente-
formule te gebruik.

Jaar 1: R50 000 × 0,12 × 1 = R 6 000 [tel hierdie bedrag by die hoofbedrag om die
hoofbedrag van Jaar 2 te kry]
Jaar 2: (R50 000 + 6 000) × 0,12 × 1 = R6 720

Totale rente : R 6 000 + R 6 720 = R 12 720

Opsie 2
• Hierdie opsie behels die gebruik van die saamgestelde rente-formule.
• Skryf die formule neer.
• Vind die waardes van P, i en n.
• Vervang die waardes in die scenario in die formule.

Rente = P × (1 + i)nt – P
P = R50 000
12
i = 12% [Skryf as ‘n desimale breuk deur 100 te deel] = 100 = 0,12
n = 2 jaar

Rente = P × (1 + i)n – P = R50 000 × (1 + 0,12)2 – R50 000


= R50 000 × (1,12)2 – R50 000
= R50 000 × (1,12 × 1,12) – R50 000
= R50 000 × (1,2544) – R50 000
= R62 720 – R50 000
= R12 720

3. Die beste beleggingsopsie vir Kaley is saamgestelde rente.


• Die beste beleggingsopsie vir Kaley is om haar geld by Kapitaal bank te belê.
• Motivering:
» Saamgestelde rente lewer rente van R720 meer as enkelvoudige rente.
» Saamgestelde rente laat Kaley toe om rente op rente te verdien.

234 BESIGHEIDSTUDIES | GRAAD 12

BS GRAAD 12 LB AFR.indb 234 2022/03/27 23:47:58


Eenheid 9.5 Begrip van enkelvoudige en saamgestelde rente

| Aktiwiteit 9.4 Klaswerk/Huiswerk QR-KODE

VRAAG 1 Skandeer hierdie kode vir ‘n


Lees die scenario hieronder en beantwoord die vrae wat volg: oorsig oor die inhoud van
hierdie onderwerp rakende die
Zinzi het R100 000 geërf en wil dit vir drie jaar in ’n vaste deposito belê. Capsa spesifieke kernleerpunte.
Bank het haar 8% enkelvoudige rente per jaar aangebied en Fedbank het haar
8% saamgestelde rente per jaar aangebied.

1.1 Bereken die bedrag rente wat Zinzi na drie jaar sal ontvang as sy by
Capsa Bank belê. (4)
1.2 Bereken die bedrag rente wat Zinzi na drie jaar sal ontvang as sy by
Fedbank belê. (4)
1.3 Beveel die beste beleggingsopsie vir Zinzi aan. Motiveer jou antwoord. (4)
[12]

Breinkaart: Onderwerp 9 – Belegging: Sekuriteite https://youtube.com/play-


list?list=PLY8n0zQCEkpq-
Gebruik die breinkaarte as ‘n riglyn om die inhoud wat in hierdie onderwerp FIeP-ayvS2S2zCgxTISr3
behandel word, te konsolideer. Maak seker dat jy die inhoud van elke opskrif in
hierdie onderwerp bestudeer.

Tipes
Funksies van
beleggings en
die JSE
hul risiko’s

BELEGGING:
SEKURITEITE

• Surplusfondse kan in aandele • Bestuurde portefeulje - Die risiko


belê word. verbonde aan ‘n bestuurde portefeulje
• Ekonomiese toestande word is laer oor ‘n langer tydperk.
uitgelig. • Gesamentlike fondse/Stokvel – Die
• Aandeelhouers word op belegging is gekoppel aan lae risiko en
hoogte gehou van die pryse. die geld van die beleggers is relatief
• Oorbrug die gaping tussen veilig.
die beleggers en openbare • Besigheidsgeleenthede/
maatskappye. Waagkapitaal - Die risiko’s verbonde
• Suid-Afrika se ekonomie aan hierdie belegging kan hoog wees
kry ‘n hupstoot deur nuwe as die belegger hom/haar nie met die
beleggings. Faktore om in ag mark vertroud maak nie.
te neem wanneer • 32-dae kennisgewing deposito’s -
beleggingsbesluite Belegging in ‘n 32-dae kennisgewing
geneem word deposito is gekoppel aan ‘n lae risiko.
• Skuldbriewe - Die risiko verband met
hierdie tipe belegging is laag, aangesien
die belegger eerste in die ry sal wees vir
uitbetaling sou die besigheid insolvent
verklaar word.
• Lewensversekering/Aftree
• Opbrengs op belegging (OOB) - Die bedrag geld wat die annuïteite - Die risiko vir die belegger
belegger bykomend tot die oorspronklike beleggingsbedrag is laag omdat betalings gemaak
verdien. sal word by die ontstaan van ‘n
• Risiko - Die twyfel/onsekerheid wat bestaan ten opsigte van die toekomstige gebeurtenis/by afsterwe.
omvang van enige winste/verliese wat ‘n belegger kan maak.
• Beleggingstermyn/periode - Die duur van die belegging
vanaf die aanvanklike datum van belegging tot die beëindiging
daarvan.
• Inflasiekoers - Die volgehoue styging in die prys van goedere en
dienste oor tyd, wat die koopkrag van geld verlaag.
• Belasting - Die bedrag van belasting op die belegging
betaalbaar aan die SAID.
• Likiditeit - Die spoed en gemak waarteen ‘n belegging in
kontant omgeskakel kan word.

KWARTAAL 2 | ONDERWERP 9 | Belegging: Sekuriteite 235

BS GRAAD 12 LB AFR.indb 235 2022/03/27 23:47:59


KWARTAAL 2

Impak van die Verskille


beleggings-
vorme

BELEGGING:
SEKURITEITE

RSA kleinhandel-spaareffekte/Regering kleinhandel- Enkelvoudige en


spaareffekte saamgestelde rente
Voordele • Enkelvoudige rente:
• Belegger verseker van ‘n opbrengs op belegging. Rente word slegs op die
• ’n Belegger ontvang rentebetalings twee keer per jaar van oorspronklike bedrag
die regering. verdien.
Nadele • Saamgestelde rente: Rente
• Kan nie as sekuriteit aangebied word in ruil vir lenings nie. word op die oorspronklike
• Bekostigbaarheid-kwessies kan bestaan aangesien sommige bedrag wat belê is verdien,
beleggers nie die minimum bedrag van R1000 kan bekostig en die rente wat in die
nie. voorafgaande jare verdien
Tipes aandele is, word by die oorspronklike
Effektetrusts en tipes bedrag belê.
Voordele voorkeuraandele
• Fondsbestuurder kies uit ‘n verskeidenheid aandele-opsies. Gewone en voorkeuraandele
• Opsies soos aanlyn-belegging wat aan beleggers gebied • Gewone aandele ontvang
word. slegs dividende wanneer
Nadele wins gemaak word.
• Die fondse van die effektetrust is beperk tot bydraes van lede. • Voorkeuraandeelhouers
• Beleggingsopsies word nie aanbeveel vir beleggers wat vir ‘n het ‘n voorkeur-eis op
beperkte tydperk wil belê nie. maatskappybates in geval
Aandele van bankrotskap/likwidasie.
Gewone aandele • Gewone-aandele
Voordele • Voorkeuraandele Berekeninge
• Die aandele kan vrylik op die JSE verkoop en gekoop word. • Stigtersaandele • Eenvoudige rente-formule:
• Die beleggers het stemregte by die Algemene Jaarvergadering. • Bonusaandele Rente = P × r × t
Nadele Voorkeuraandele • Saamgestelde rente-formule:
• Dividende betaalbaar aan aandeelhouers is afhanklik daarvan • Deelnemende Rente = P × (1 + i)nt – P
dat die maatskappy ‘n dividend verklaar op grond van die voorkeuraandele
wins wat hul gemaak het. • Kumulatiewe
• Beleggers moet staatmaak op die welwillendheid van die voorkeuraandele
maatskappy om ‘n dividend te verklaar. • Aflosbare voorkeuraandele
• Omskepbare
Vaste Deposito’s voorkeuraandele
Voordele
• Die belegger is seker van die opbrengs op belegging (OOB).
• Die duur van die beleggingstydperk word uitsluitlik deur die
belegger bepaal.
Nadele
• Die belegger het nie toegang tot enige fondse wat belê is tot
aan die einde van die beleggingstydperk nie.
• Die opbrengs in beleggings kan laer wees as die algemene
inflasiekoers.

Konsolidasie

VRAAG 1
1.1 Verskeie opsies word as moontlike antwoorde op die volgende vrae gegee. Kies die antwoord en skryf slegs die letter
(A–D) langs die vraagnommer (1.1.1 - 1.1.5) neer, byvoorbeeld, 1.1.6 D.
1.1.1 Die tipe belegging wat deur beleggers aan beginnende ondernemings met langtermyn groeipotensiaal verskaf
word.
A Bestuurde portefeulje
B Skuldbriewe
C Effekte
D Waagkapitaal

236 BESIGHEIDSTUDIES | GRAAD 12

BS GRAAD 12 LB AFR.indb 236 2022/03/27 23:47:59


Eenheid 9.5  Begrip van enkelvoudige en saamgestelde rente

Konsolidasie

1.1.2 Gail het gekies om in (‘n) …  te belê omdat sy die oorspronklike bedrag van die belegging plus alle rente wat
gedurende die beleggingstydperk verdien is, betaal sal word.
A vaste deposito
B effektetrust
C aandele
D aftree-annuïteite
1.1.3 Zodwa het haar ... op die belegging in aandele by MNT ontvang.
A rente
B dividende
C enkelbedrag
D lening
1.1.4 Die groei in waarde van ‘n bate in verhouding met die oorspronklike bedrag wat oor ‘n sekere tydperk belê is.
A Wins
B Belasting
C Kapitaalwins
D Bonusaandele
1.1.5 ‘n Maatskappy kan ... uitreik om geleende kapitaal van die publiek in te samel.
A lenings
B skuldbriewe
C aftree-annuïteite
D bestuurde portefeuljes  (5 × 2) (10)

VRAAG 2
2.1 Noem VIER faktore wat in ag geneem moet word wanneer beleggingsbesluite geneem word. (4)
2.2 Lees die scenario hieronder en beantwoord die vrae wat volg:

VERENIGDE AFRIKA GROEP (VAG)


Die Verenigde Afrika Groep  is onlangs gestig om lede van die plaaslike gemeenskap geleenthede te bied om informeel tot
‘n spaarfonds by te dra. Lede maak beurte om onttrekkings uit die fonds te maak vir hul eie persoonlike gewin.

2.2.1 Identifiseer die tipe beleggingsgeleentheid van toepassing op UAG. Motiveer jou antwoord deur uit die scenario
hierbo aan te haal. (3)
2.2.2 Verduidelik die risiko’s verbonde aan die tipe belegging wat in VRAAG 2.2.1 geïdentifiseer is. (4)

2.3 Onderskei tussen gewone-aandele en voorkeuraandele. (8)


2.4 Gee beleggers raad oor die regte van voorkeuraandeelhouers.  (6)
[25]
VRAAG 3: BESIGHEIDSGELEENTHEDE (BELEGGING: SEKURITEITE)

Die Johannesburgse Effekte- en Sekuriteitebeurs (JSE) speel ‘n belangrike rol in die groei van die Suid-Afrikaanse
ekonomie. Die JSE bied aan beleggers geleenthede om enkelvoudige of saamgestelde rente op hul beleggings te
verdien. Verskillende beleggingsvorme beïnvloed beleggers verskillend. Gewone aandeelhouers is geregtig op sekere
regte wat met hul beleggings verband hou.

Skryf ‘n opstel oor belegging waarin jy die volgende aspekte insluit:


• Beskryf kortliks die funksies van die JSE.
• Onderskei tussen enkelvoudige rente en saamgestelde rente.
• Evalueer die impak van die volgende beleggingsvorme:
» Vaste deposito’s
» Effektetrusts
• Gee beleggers raad oor die regte van gewone aandeelhouers. [40]

KWARTAAL 2 | ONDERWERP 9 | Belegging: Sekuriteite 237

BS GRAAD 12 LB AFR.indb 237 2022/03/27 23:47:59


BESIGHEIDSTUDIES | Graad 12

KWARTAAL 2

10 Belegging: Versekering

ONDERWERP OORSIG

 Eenheid 10.1 Versekeringskonsepte


 Eenheid 10.2 Die beginsels van versekering
 Eenheid 10.3 Versekering vir besighede en versekerbare risiko’s

Leerdoelwitte
Aan die einde van hierdie onderwerp moet leerders die volgende
kan doen:
❖ Definieer/Brei uit oor die betekenis van versekering
❖ Verduidelik/Brei uit oor die betekenis van nie-verpligte versekering
❖ Verduidelik/Brei uit oor die betekenis van die volgende konsepte
van versekering:
– Oorversekering
– Onderversekering
– Awery-klousule
– Herinbesitstelling
– Bybetaling
❖ Verduidelik die verskille tussen oor- en onder-versekering.
❖ Onderskei tussen versekering en assuransie en gee voorbeelde.
❖ Noem/Gee voorbeelde van kort- en langtermynversekering.
❖ Noem/Verduidelik/Bespreek die volgende beginsels van
versekering:
– Skadeloosstelling/Vrywaring
– Sekuriteitstelling/Sekerheid
– Uiterste goeie trou
– Versekerbare belang
❖ Identifiseer die bogenoemde beginsels van versekering uit gegewe
scenario’s of stellings.
❖ Toepassing van die awery-klousule om die skadevergoeding in die
geval van onder-versekering te bereken.
❖ Bespreek/Verduidelik die voordele en belangrikheid van
versekering.
❖ Verduidelik die betekenis van versekerbare en nie-versekerbare
risiko’s.
❖ Beskryf kortliks/Noem/Gee voorbeelde van versekerbare en
nie-versekerbare risiko’s.
❖ Verduidelik/Brei uit oor die betekenis van verpligte versekering.
❖ Verduidelik/Onderskei tussen verpligte en nie-verpligte versekering
en gee voorbeelde

238 BESIGHEIDSTUDIES | GRAAD 12

BS GRAAD 12 LB AFR.indb 238 2022/03/27 23:47:59


Leerdoelwitte
❖ Bespreek/Verduidelik tipes verpligte versekering bv.
Werkloosheidsversekeringsfonds (WVF),
❖ Padongelukkefonds (POF)/Padongelukvoordeelskema
(POVS/’RABS’) en Wet op Vergoeding vir Beroepsbeserings en
-siektes (WVBBS)
❖ Verduidelik die soorte voordele wat die WVF kan uitbetaal.
❖ Identifiseer die soorte verpligte versekering uit gegewe scenario’s
of stellings.
❖ Bly op hoogte van die veranderinge wat in wetgewing plaasvind,
bv. POF is in die proses om oor te skakel na POVF
(Padongelukvoordeelskema).

Kernbegrippe
■ Boekwaarde: Die koopprys van ‘n bate, min waardevermindering.
■ Markwaarde: die bedrag geld waarteen die bate/besitting verkoop kan
word.
■ Nie-verpligte versekering: opsionele versekering teen gespesifiseerde
verliese wat mag voorkom.
■ Onderversekering: dit vind plaas in die versekeringsbedryf as ‘n individu
of besigheid se bates of besittings verseker is vir ‘n bedrag wat minder is as
die markwaarde daarvan.
■ Oorversekering: dit vind plaas in die versekeringsbedryf as ‘n individu of
besigheid bates of besittings verseker vir ‘n bedrag geld wat meer is as die
markwaarde van die bates of besittings.
■ Openbare aanspreeklikheid: Aanspreeklikheid deur besighede vir skade
wat hulle aan die publiek veroorsaak.
■ Premie: die gereelde betalings deur die versekerde aan die versekeraar om
dekking op `n versekeringspolis te geniet.
■ Risiko: die moontlikheid dat verliese, skade of besering mag voorkom.
■ Verpligte versekering: versekering wat deur die wet vereis word,
byvoorbeeld WVF.
■ Versekerde waarde: Die bedrag geld waartoe die versekerde en
versekeraar ooreengekom het om bates/lewe van ‘n persoon te verseker
wanneer die kontrak onderteken word.
■ Versekering: ooreenkoms tussen versekerde en versekeraar waarin die
versekeraar instem om die versekerde te vergoed in die geval van ‘n
gespesifiseerde verlies, in ruil vir ‘n premie.

Inleiding
Die bekendstelling van die konsep van versekering in die sakewêreld was nodig
vanweë die verskeie risiko’s waaraan bates of besittings van mense/besighede
blootgestel was. Die mees algemene risiko in antieke tye was die risiko om vrag te
verloor wat deur skepe in stormweer vervoer is. Die risiko van brand in geboue is
later bygevoeg toe ‘n massiewe brand meer as 30 000 huise in Brittanje vernietig
het. Daarna is ongeluks- en ongeskiktheidsdekking bygevoeg as risiko’s wat
verseker kan word.
[Bron: Aangepas vanaf http://wsrinsurance.com/how-insurance-began-3000-years-of-history/, Datum verkry: 12 April 2021,
Skrywer: Whit Thompson].

Die waarde van versekering vir besighede is onontbeerlik in die moderne ekonomie.
Besighede moet hul eiendom en bates teen onvoorsiene gebeure verseker.

KWARTAAL 2 | ONDERWERP 10 | Belegging: Versekering 239

BS GRAAD 12 LB AFR.indb 239 2022/03/27 23:48:00


KWARTAAL 2

QR-KODE Eenheid 10.1 Versekeringskonsepte


Die betekenis van versekering.

Die betekenis van versekering


Twee partye is by alle versekeringskontrakte betrokke – naamlik die versekeraar en
die versekerde. Die versekerde sluit `n versekeringskontrak met die versekeraar en
maak gereelde betalings, bekend as premies, aan die versekeraar. Die versekeraar
onderneem om die versekerde skadeloos te stel teen moontlike verliese wat in die
versekeringskontrak gespesifiseer word.

Die versekeringsbedryf is ‘n regsentiteit wat redelik gesofistikeerd is. Dit is


https://www.youtube.com/ belangrik dat beide die versekerde en die versekeraar vertroud is met die wetlike
watch?v=mLdg5XqVdNU&ab_ vereistes en die jargon wat gebruik word om sekere gebeurtenisse binne die
channel=LisaAkerman bedryf uit te druk. Kom ons kyk na sommige van die algemene konsepte wat deel
vorm in die algemene taal van die versekeringsbedryf.

Nie-verpligte versekering
• Verwys na versekering waar die versekerde die opsie het om te verseker teen
sekere risiko’s wat mag of nie mag voorkom nie.
• Die besluit om ‘n bate of risiko te verseker, lê uitsluitlik by die versekeraar en
word nie deur die regering beïnvloed nie.

Oorversekering
• Dit vind plaas wanneer bates of risiko’s deur die versekerde vir meer as die
markwaarde daarvan verseker word.
• Die versekeraar kan verkies om eerder die beskadigde bate te herstel/reg te
maak, eerder as om die bedrag van skade uit te betaa.
• In geval van `n eis, sal die vergoeding nie meer wees as die markwaarde van
die beskadigde item/bate nie.

Onderversekering
• Vind plaas wanneer items of bates vir minder as die markwaarde daarvan
verseker is.
• Die versekerde sal gedeeltelik vergoed word vir verliese of skade gely.

Awery-klousule/Gemiddelde klousule
• ‘n Bepaling gestel deur die versekeraar wat van toepassing is wanneer
eiendom of goedere onderverseker is.
• Die versekeraar sal vir versekerde verlies of skade in verhouding tot die
versekerde waarde daarvan betaal.
• Die versekerde sal persoonlik aanspreeklik wees vir die deel van die risiko wat
nie deur die versekeraar gedek word nie.

240 BESIGHEIDSTUDIES | GRAAD 12

BS GRAAD 12 LB AFR.indb 240 2022/03/27 23:48:00


Eenheid 10.1  Versekeringskonsepte

Awery-klousule/Gemiddelde klousule Neem kennis

berekeninge Die awery-klousule of


gemiddelde klousule is van
Die versekerde het die verantwoordelikheid om versekerde items teen die volle toepassing wanneer versekerde
markprys daarvan te verseker. Indien enige versekerde item vir minder as hul items onderverseker is
markwaarde verseker word, sal die versekeraar die gemiddelde klousule toepas
om die bedrag geld te bepaal wat betaal sal word in die geval van ‘n eis deur
die versekerde. “Wat is
die awery-
Die formule wat gebruik word om die gemiddelde klousulebedrag te bereken: klousule?”
• Die versekerde bedrag word gedeel deur die markwaarde van die versekerde
item en vermenigvuldig met die totale waarde of bedrag van die skade of
verlies.

FORMULE: WaardeVersekerde bedrag


van die versekerde item
× Bedrag van skade of verlies

Voorbeeldaktiwiteit oor die berekening van awery-klousule/


gemiddelde klousule
PRO-DEKKING VERSEKERAARS (PDV)
Yolanda besit ‘n vakansiehuis in Durban ter waarde van R2 miljoen. Sy het haar
huis vir R1,5 miljoen by Pro-Dekking Versekeraars verseker. ‘n Brand in die
hoofslaapkamer het skade van R100 000 veroorsaak. Sy het ‘n eis by PDV ingedien
vir die volle bedrag van die skade.

1. Bereken die bedrag wat Pro-Dekking Versekeraars Yolanda sal betaal vir die Neem kennis
skade wat sy gely het. Toon ALLE berekeninge.
2. Verduidelik aan Yolanda die rede(s) waarom sy nie vir die volle bedrag Die awery-klousule of
skadevergoeding gekwalifiseer het nie. gemiddelde klousule is nie
een van die beginsels van
versekering nie.
Voorgestelde antwoord
Versekerde bedrag × Bedrag van skade of verlies
Waarde van die versekerde item

= R1 500 000 × R100 000
R2 000 000

= R75 000

Redes waarom sy nie vir die volle bedrag skade kwalifiseer nie
• Yolanda het haar huis vir minder (R1,5 miljoen) as die markwaarde verseker
(R2 miljoen).
• Sy was onderverseker, dus is die awery-klousule of gemiddelde klousule
toegepas.

KWARTAAL 2 | ONDERWERP 10 | Belegging: Versekering 241

BS GRAAD 12 LB AFR.indb 241 2022/03/27 23:48:00


KWARTAAL 2

Neem kennis Herinbesitstelling


Herinbesitstelling is van • Dit is ‘n bepaling waarvolgens die versekeraar verlore of beskadigde eiendom
toepassing wanneer goedere of of goedere mag vervang in plaas daarvan om die versekerde in kontant
bates oorverseker is. te vergoed.
• Hierdie bepaling is van toepassing wanneer die versekerde items oorverseker is.
• Skade aan versekerde items sal vergoed word deur die item te herstel of te
vervang in plaas daarvan om ‘n kontantbetaling aan die versekerde te maak.
• Die kontantbetaling sal nie meer as die markwaarde van die versekerde items
van die versekerde wees nie.
• Die versekerde moet in ‘n soortgelyke finansiële posisie geplaas word nadat
die risiko plaasgevind het, as waarin die versekerde was voor die risiko
plaasgevind het.
• Die versekerde mag dus nie wins maak uit ‘n risiko waarteen hul verseker
was nie.

Bybetaling
• Bybetaling verteenwoordig `n bedrag wat van die skadevergoeding afgetrek
word voordat `n eis afgehandel word.
• Bybetaling is ‘n bedrag wat die versekerde instem om uit eie sak by te dra tot
die vergoeding van die skade gely.
• Bybetalings hou versekeringspremies laer en dit ontmoedig bedrog.
• Versekeraars moet hulself teen bedrieglike eise beskerm, daarom is
bybetalings ‘n goeie manier om dit te doen, aangesien die versekerde minder
geneig is om ‘n valse eis in te dien wanneer hul ‘n bedrag vooruit moet betaal.
• Bybetaling verhoed die versekerde om vir geringe skadevergoeding te eis.
• Die bedrag of waarde van die bybetaling word in die versekeringspolis
gestipuleer.
• Voorbeeld van bybetaling:
Sam se rekenaar was vir R6000 verseker met ‘n bybetaling van R500.
Toe dit gesteel word, het die versekeraar R5500 aan Sam uitbetaal vir ‘n
nuwe rekenaar.

Onderversekering en oorversekering
Die tabel hieronder lys die verskille tussen oorversekering en onderversekering.
Oorversekering Onderversekering
• Die versekerde verseker bates of • Die versekerde verseker bates
besittings vir meer as die markwaarde. of besittings vir minder as die
markwaarde.
• Die versekeraar sal die • Die versekeraar sal die awery-klousule
herinbesitstelling- klousule toepas om toepas indien die versekerde ‘n eis vir
te vergoed vir verliese wat aangegaan verliese of skadevergoeding indien.
is.
• Vergoeding deur die versekeraar sal nie • Die versekerde sal gedeeltelik of
meer as die markwaarde wees van die proporsioneel vergoed word vir skade
items wat beskadig of verlore is nie. of verliese wat aangegaan is.
• Die versekeraar sal die skade of verlies • Die versekeraar sal die versekerde
wat deur die versekerde gely is vervang kontant betaal vir skade of verliese
of herstel. wat gely is.

242 BESIGHEIDSTUDIES | GRAAD 12

BS GRAAD 12 LB AFR.indb 242 2022/03/27 23:48:01


Eenheid 10.1 Versekeringskonsepte

Versekering en Assuransie  Wenk


Daar bestaan duidelike verskille tussen die konsepte: versekering en assuransie.
Maak seker dat jy
Die aard van die risiko vir die versekerde sal bepaal of die dekking verband hou tussen versekering en
met versekering of assuransie. assuransie kan onderskei.
Versekering is ‘n term wat
Die tabel hieronder verskaf ‘n uiteensetting van die verskille tussen versekering en korttermynversekerings-
assuransie. ooreenkomste beskryf.
Terwyl assuransie na
Versekering Assuransie
langtermynversekerings-
• Gebaseer op die beginsel van • Gebaseer op die beginsel van ooreenkomste verwys. Ken
skadeloosstelling/vrywaring. sekuriteitstelling/sekerheid. die verskil.
• Die versekerde dra die koste van • Die versekeraar onderneem om ‘n
potensiële verlies teen ‘n premie na die ooreengekome som geld te betaal
versekeraar oor. nadat ‘n sekere tydperk verstryk het of QR-KODE
by die dood van die versekerde persoon,
Versekering en assuransie.
wat ook al eerste plaasvind.
• Dit dek ‘n bepaalde gebeurtenis wat • Gespesifiseerde gebeurtenis is ‘n
mag voorkom. sekerheid, maar die tyd van die
gebeurtenis is onseker.
• Van toepassing op • Van toepassing op
korttermynversekering. langtermynversekering.
Voorbeelde Voorbeelde
• Eiendomsversekering • Lewensversekering
• Kontant in transito • Aftree-annuïteite
https://www.youtube.com/
• Diefstal
watch?v=U7M1Hes88io&ab_
• Inbraak
channel=LisaAkerman
• Brand

Korttermyn- en langtermynversekering
Die versekerde het die opsie om dekking teen risiko op die kort- of langtermyn
uit te neem. Die aard van die risiko waarteen versekering/assuransie vereis word,
sal die tydperk van die versekering bepaal. Korttermynversekering sal vereis word QR-KODE
vir ‘n gebeurtenis wat mag of nie mag plaasvind nie. Langtermynversekering Korttermynversekering en
sal vereis word vir ‘n gebeurtenis wat op ‘n bepaalde datum of die dood van die Langtermynversekering.
versekerde sal plaasvind.

Die tabel hieronder gee voorbeelde van korttermynversekering en


langtermynversekering.
Korttermynversekering Langtermynversekering
• Eiendomsversekering • Aftree-annuïteite
• Geld in transito • Lewensversekering
• Diefstal • Pensioenfonds of Voorsorgfonds
• Inbraak • Begrafnisversekering
• Brand • Gesondheidsversekering/Mediese https://www.youtube.com/
versekering watch?v=gT7BLNv1EQI&ab_
channel=TheInsuranceGuru

KWARTAAL 2 | ONDERWERP 10 | Belegging: Versekering 243

BS GRAAD 12 LB AFR.indb 243 2022/03/27 23:48:01


KWARTAAL 2

| Aktiwiteit 10.1 Klaswerk/Huiswerk

VRAAG 1
1.1 Voltooi die volgende stellings deur die woorde in die lys hieronder te gebruik.
Skryf slegs die woord(e) langs die vraagnommer (1.1.1 tot 1.1.5) neer.

Awery-klousule ; onderverseker ; assuransie
korttermyn ; herinbesitstelling ; premie ; oorverseker
langtermyn ; versekerde waarde klousule ; bybetaling

1.1.1 Die versekeraar sal die ... klousule toepas wanneer bates vir minder as hul
markwaarde verseker is.
1.1.2 Die versekerde sal nie ‘n kontantbetaling meer as die waarde van die
versekerde item ontvang nie. Dit staan ​​bekend as ...
1.1.3 Dekking wat uitgeneem word vir risiko’s wat al dan nie mag voorkom,
word ... versekering genoem.
1.1.4 ‘n Versekerde sal ... wees indien hul sy/haar bates vir minder as die
markwaarde daarvan verseker.
1.1.5 Die versekerde is verantwoordelik vir die betaling van ‘n vaste bedrag,
wat ‘n ... genoem word wanneer ‘n eis ingedien word vir verliese/skade
wat aangegaan is. (5 × 2) (10)

Eenheid 10.2  Die beginsels van


versekering
Soos ons in Eenheid 10.1 geleer het, is versekering ‘n kontrak tussen ‘n versekerde
en ‘n versekeraar. Die versekerde stem in om ‘n bepaalde bedrag geld aan die
versekeraar te betaal. Die versekeraar stem in om die risiko namens die versekerde
te dra in geval van ‘n eis indien ‘n verlies/skade/gebeurtenis sou plaasvind.

Wenk Dit is dus belangrik dat sekere beginsels deur beide partye nagekom moet word
om die geldigheid van die kontrak te verseker. Oortreding van die beginsels kan
Jy moet hierdie beginsels
enige eise wat mag ontstaan, ongeldig maak indien verliese/skade en spesifieke
van versekering uit gegewe
gebeurtenisse plaasvind.
scenario’s/stellings kan
identifiseer.
Die illustrasie hieronder toon die vier beginsels van versekering.

Beginsels van versekering

Skadeloosstelling/ Sekuriteitstelling/ Versekerbare


Uiterste goedertrou
Indemnifikasie Sekerheid belang

Kom ons kyk meer breedvoerig na elkeen van hulle.

244 BESIGHEIDSTUDIES | GRAAD 12

BS GRAAD 12 LB AFR.indb 244 2022/03/27 23:48:01


Eenheid 10.2 Die beginsels van versekering

Skadeloosstelling/Vrywaring  QR-KODE
• Dit is gewoonlik van toepassing op korttermynversekering, aangesien die Beginsels van versekering.
versekerde vergoed word vir ‘n gespesifiseerde/bewese skade of verlies.
• Versekeraar stem in om die versekerde te vergoed vir skade of verliese
gespesifiseer in die versekeringskontrak, in ruil vir premies wat die versekerde
aan die versekeraar betaal.
• Beskerm die versekerde teen die gespesifiseerde gebeurtenis wat mag
voorkom.
• Uitbetalings van die versekeraar sal slegs gemaak word: .
– indien daar bewys is dat die gespesifiseerde gebeurtenis plaasgevind
het, of
– as die versekerde die bedrag van die verlies of skade kan bewys.
• Die bedrag van skadeloosstelling is beperk tot die bedrag van bewysbare https://www.youtube.com/
verlies, selfs al is die bedrag in die polis- of versekeringskontrak hoër. watch?v=iKx8HCSTZa4&ab_
channel=LisaAkerman
• Die versekerde moet in dieselfde posisie geplaas word as voor die
gebeurtenis van die verlies of skade. Die versekerde mag nie wins maak uit
versekering nie.

Die diagram hieronder beeld die beginsel van skadeloosstelling/


indemnifikasie uit

Die versekerde word in dieselfde posisie geplaas as voordat die skade/verlies/ongeluk


plaasgevind het, wat op die betalings van maandelikse premies gebaseer is. Die
versekerde maak dus nie wins uit versekering nie en word in dieselfde finansiële
posisie geplaas.

Sekuriteitstelling/Sekerheid
• Van toepassing op
langtermynversekering waar die
versekeraar onderneem om ‘n
ooreengekome bedrag uit te betaal
in die geval van lewensverlies.
• ‘n Voorafbepaalde bedrag sal
uitbetaal word wanneer die
versekerde ‘n voorafbepaalde
ouderdom bereik/of beseer word
as gevolg van ‘n voorafbepaalde
gebeurtenis.
• Beoog om finansiële sekuriteit
te verskaf aan die versekerde by
aftrede of aan die afhanklikes van
die versekerde by afsterwe.

KWARTAAL 2 | ONDERWERP 10 | Belegging: Versekering 245

BS GRAAD 12 LB AFR.indb 245 2022/03/27 23:48:04


KWARTAAL 2

Eerlikheid Uiterste goeie trou


• Versekerde moet eerlik wees in die verskaffing van besonderhede wanneer ‘n
versekeringskontrak aangegaan word.
• Beide die versekeraar en versekerde moet alle relevante feite openbaar.
• Versekerde moet alles openbaar wat die omvang van die risiko kan beïnvloed.
• Besonderhede en inligting wat verskaf word tydens die eis moet akkuraat en
waar wees.
Maak alle relevante
feite bekend
Versekerbare belang
Neem kennis • Die versekerde moet bewys dat ‘n finansiële verlies gely sal word indien die
Moenie versekerbare belang versekerde item verlore raak, beskadig word of ophou bestaan.
met versekerbare risiko verwar • ’n Versekerbare belang moet in finansiële terme uitgedruk word.
nie. • Versekerde moet ‘n regsverhouding met die versekerde item in die
kontrak hê.

QR-KODE | Aktiwiteit 10.2 Klaswerk/Huiswerk


Awery-klousule berekeninge. VRAAG 1
Lees die scenario hieronder en beantwoord die vrae wat volg:
VOEDSELLIEFHEBBERS-SENTRUM (VLS)
Die eienaar van Voedselliefhebbers-Sentrum het sy motor vir R600 000 verseker
terwyl die markwaarde van die motor R800 000 is. Die motor was in ‘n ongeluk
betrokke en skade van R100 000 is deur die eienaar van die motor gely.

1.1 Noem die versekeringsklousule wat op VLS van toepassing is in die scenario
hierbo. (2)
https://www.youtube.com/ 1.2 Bereken die bedrag wat VLS as vergoeding van die versekeraar moet ontvang.
watch?v=0yUqOKsGJxk&ab_ Wys alle bewerkings. (4)
channel=LisaAkerman [6]

246 BESIGHEIDSTUDIES | GRAAD 12

BS GRAAD 12 LB AFR.indb 246 2022/03/27 23:48:04


Eenheid 10.3 Versekering vir besighede en versekerbare risiko’s

Eenheid 10.3 Voordele/Belangrikheid


van versekering vir besighede en
versekerbare risiko’s
Besighede word blootgestel aan baie risiko’s tydens hul sakebedrywighede.
Om die besigheid teen hierdie risiko’s te beskerm, sal hulle ‘n premie aan die
versekeraar betaal in ruil vir die oorname van hul risiko’s. Die versekerde moet
egter in gedagte hou dat die versekeraar slegs sekere risiko’s van die versekerde
sal oorneem.

Voordele/Belangrikheid van versekering vir


besighede
• Dra die risiko oor vanaf die besigheid/versekerde na ‘n
versekeringsmaatskappy of versekeraar.
• Oordrag van risiko is onderhewig aan die bepalings en voorwaardes van die
versekeringskontrak.
• Beskerm besighede teen oneerlike werknemers.
• Beskerm besighede teen verliese as gevolg van die dood van ‘n skuldenaar.
• Beskerm die besigheid teen diefstal/verlies van voorraad en/of skade
veroorsaak deur natuurrampe soos vloede en stormskade.
• Beskerm besighede teen eise wat deur lede van die publiek gemaak word vir
skade waarvoor die besigheid verantwoordelik is.
• Besighede sal vergoed word vir versekerbare verliese, byvoorbeeld
vernietiging van eiendom deur brand.
• Besigheidsbates, byvoorbeeld voertuie/toerusting of geboue, moet teen skade
en/of diefstal verseker word.
• Besighede word beskerm teen die verlies aan verdienste, byvoorbeeld stakings
deur werknemers wat verliese ter waarde van miljoene tot gevolg het.
• Lewensversekering kan op die lewe van vennote in ‘n vennootskap geneem
word om onverwagte verlies aan kapitaal te voorkom.
• Sou die dienste van sleutelpersoneel verlore gaan as gevolg van ongelukke
of dood, kan die opbrengs van ‘n versekeringspolis aan die besigheid of QR-KODE
begunstigdes uitbetaal word.
Versekerbare en nie-
• Vervangingskoste vir beskadigde masjinerie/toerusting is baie hoog, daarom
versekerbare risiko’s.
kan versekering sulke koste verminder/dek.

Versekerbare teenoor nie-versekerbare


risiko’s
Die uiteindelike doelwit van ‘n versekeringsmaatskappy is om wins te maak vir
aandeelhouers van die maatskappy. As gevolg van die aard van sekere risiko’s, is
versekeringsmaatskappye nie bereid om alle risiko’s te verseker nie.

Versekeringsmaatskappye beskou sommige risiko’s as meer riskant as ander https://www.youtube.com/


risiko’s. Risiko’s word oor die algemeen geklassifiseer as versekerbare risiko’s en watch?v=MrA4L_YJ-eA&ab_
nie-versekerbare risiko’s. channel=LisaAkerman

KWARTAAL 2 | ONDERWERP 10 | Belegging: Versekering 247

BS GRAAD 12 LB AFR.indb 247 2022/03/27 23:48:04


KWARTAAL 2

Kom ons kyk na die verduideliking van die betekenis van die terme versekerbare
risiko en nie-versekerbare risiko’s.

Begrippe
Versekerbare risiko’s
Betekenis
• Hierdie risiko’s word deur versekeringsmaatskappye verseker.
• Versekeringsmaatskappye besluit oor die waarskynlikheid van ‘n gebeurtenis en
besluit dan of hulle die risiko wil verseker.

• Voorbeelde van versekerbare risiko’s sluit in:


» diefstal
» getrouheidsversekering
» huisbraak
» geld in transito
» brand
» natuurrampe, storm-, wind-, reën- of haelskade
» verlies van bates, voertuie, toerusting, geboue of perseel
» beserings  op besigheidsperseel.

Begrippe
Wenk
Sekere risiko’s is nie- Nie-versekerbare risiko’s
versekerbaar, wat beteken dat Betekenis
versekerings-maatskappye
nie nie-versekerbare risiko’s • Hierdie risiko’s word nie deur versekeringsmaatskappye verseker nie aangesien
dek nie. die versekeringskoste en risiko’s te hoog is. Dit bly die verantwoordelikheid van die
besigheid.
• Die versekeringsmaatskappy kan nie die winsgewendheid van die risiko bereken nie
en daarom kan hulle nie ‘n premie uitwerk wat die besigheid moet betaal nie.
• Voorbeelde van nie-versekerbare risiko’s sluit in:
» verliese of skade aangegaan as gevolg van ‘n oorlog
» fluktuasies of skommelinge in mode en tendense
» verliese of skade aangegaan as gevolg van onwettige bemarkingsaktiwiteite
» nuwe uitvindings is geskep deur die verbetering in tegnologie.

248 BESIGHEIDSTUDIES | GRAAD 12

BS GRAAD 12 LB AFR.indb 248 2022/03/27 23:48:06


Eenheid 10.3  Versekering vir besighede en versekerbare risiko’s

Verpligte versekering
Die betekenis van verpligte versekering
Verpligte versekering verwys na versekering wat individue of besighede verplig is
om uit te neem. Individue/Besighede is wetlik verplig om versekering uit te neem
teen sekere risiko’s wat mag of nie mag voorkom nie.

Verskille tussen verpligte en nie-verpligte versekering


Daar bestaan ​​‘n duidelike verskil tussen verpligte versekering en nie-verpligte
versekering. Besighede moet duidelik wees oor hierdie verskille en die wetlike
implikasies van die twee tipes versekering.
Kom ons kyk na die verskille tussen verpligte en nie-verpligte versekering.

Verpligte versekering Nie-verpligte versekering Neem kennis

• Besighede/individue word deur die • Besighede/individue verseker vrywillig Moenie verpligte versekering
wet verplig om sekere tipes risiko’s te sekere tipes risiko’s. met voorbeelde van
verseker. langtermynversekering verwar
nie.
• Die tipe risiko’s word deur die staat • Die staat reguleer nie hierdie tipes
gereguleer. risiko’s nie.
• Heffings en bydraes word in ‘n • Daar word van die versekerde verwag
gesentraliseerde fonds inbetaal en om premies aan die versekeraar te
skade/verliese wat gely word, word uit betaal as dekking teen vasgestelde
die fonds betaal. risiko’s.
Voorbeelde Voorbeelde
• Werkloosheidsversekeringsfonds [WVF] • korttermynversekering
• Padongelukkefonds [POF] • langtermynversekering
• Vergoeding vir Beroepsbeserings en
-siektes [WVBBS]

Tipes verpligte versekering


• Besighede word deur die wet verplig om teen skade, verliese en dood te
verseker vir die volgende tipes verpligte versekering.
• Werkloosheidsversekeringsfonds (WVF)
• Padongelukkefonds (POF)/Padongelukvoordeelskema (POVS/RABS)
• Vergoedingsfonds/Vergoeding vir Beroepsbeserings en -siektes/WVBBS/
COIDA

Werkloosheidsversekeringsfonds (WVF)
• Die Werkloosheidsversekeringsfonds (WVF) is gestig om werknemers te help
met finansiële hulp indien hulle werkloos raak weens die beëindiging van hul
indiensnemingskontrak deur die werkgewer.
• Die WVF verskaf finansiële bystand vir ‘n beperkte tydperk aan die afhanklikes
van ‘n afgestorwe werknemer wat by die WVF geregistreer was.
• Die werkgewer word verplig om hul werknemers by die WVF te registreer
en om die heffing van 2% van die werknemer se salaris of vergoeding elke
maand aan die SAID te betaal.
• Die werknemer dra 1% van sy/haar salaris of vergoeding by tot die WVF.

KWARTAAL 2 | ONDERWERP 10 | Belegging: Versekering 249

BS GRAAD 12 LB AFR.indb 249 2022/03/27 23:48:06


KWARTAAL 2

• Die werkgewer dra ‘n bykomende 1% van die werknemer se salaris of


vergoeding by tot die WVF-fonds.
• Die bykomende bydrae van 1% deur die werkgewer verseker dat die betaling
aan die werknemer verhoog, indien hul werkloos word.
• Werknemers moet minstens 24 uur per maand werk voordat hulle tot die
WVF-fonds moet bydra.
• Werklose werknemers moet by die Departement van Arbeid registreer, en alle
geldige eise sal deur die WVF verwerk word.
• Werklose werkers mag nie van die WVF eis as hulle bedank of uit hul werk
ontslaan word nie.

Die voordele van die WVF


Werknemers wat by die WVF geregistreer is, is geregtig om vir gestipuleerde
voordele te eis. Die volgende is die voordele wat werklose werknemers kwalifiseer
om te eis:

Voordele van die WVF

Siekte-/
Werkloosheids- Aannemings- Afhanklikes-
Ongeskiktheid- Kraamvoordele
voordele voordele voordele
voordele

Kom ons kyk meer breedvoerig na elkeen van hierdie WVF-voordele.

Werkloosheidsvoordele
• Indien die werkgewer die
diens van ‘n werknemer
beëindig, kan die
werknemer by die WVF
aansoek doen vir voordele.
• Die voordele is slegs
beskikbaar vir werklose
werknemers wat tot die
WVF bygedra het terwyl
hulle in diens was.
• Die werklose werknemer
mag nie vir WVF-voordele
eis as hul bedank het,
geskors is of pligte ontwyk
het nie.
• Hulle kan egter vir voordele by die WVF eis indien die Kommissie
vir Versoening, Bemiddeling en Arbitrasie (KVBA) hul bedanking as
konstruktiewe ontslag beskou.
• Om vir voordele te kwalifiseer, moet werklose werknemers by die
Departement van Arbeid registreer as ‘n werksoeker.

250 BESIGHEIDSTUDIES | GRAAD 12

BS GRAAD 12 LB AFR.indb 250 2022/03/27 23:48:07


Eenheid 10.3  Versekering vir besighede en versekerbare risiko’s

• Die werklose werknemer moet aansoek doen vir die WVF-voordele sodra hul
werkloos word, of binne ses maande na die beëindiging van hul diens.
• Die WVF-wet is ook gewysig en strek tot ouers wat nie vir kraamverlof
kwalifiseer nie, insluitend vaders.
• Die WVF-wet betaal werkloosheidsversekeringsvoordele tot 10 dae wat in lyn
is met die WBDV.

Tydelike Werkgewer/Werknemerverligtingskema (TWVS/TERS)


• Alle werkgewers en werknemers wat by die Departement van Indiensneming
en Arbeid geregistreer is, kan vir hierdie verligting aansoek doen.
• Die skema is van toepassing op werkgewers wat nie hul werkers kan betaal
nie en werknemers wat nie betaal sal word gedurende die tydperk van die
inperking nie.
• Dit geld ook vir werknemers wat gedwing is om verlof te neem as gevolg van
die Covid-19 pandemie.

Siekte-/Ongeskiktheidsvoordele
• ‘n Werknemer kan aansoek doen vir siekte- of ongeskiktheidsvoordele indien
hul ‘n werkende bydraer tot die WVF is en weens siekte of ongeskiktheid nie
sy/haar pligte kan uitvoer nie.
• Om vir die voordele te kwalifiseer, moet die werknemer minder as hul normale
loon ontvang terwyl hul met siekverlof is.

• Bydraende werknemers is geregtig om die voordeel te eis indien hul nie vir
meer as 14 dae kan werk sonder om ‘n salaris of deel van ‘n salaris te ontvang
nie.
• Werknemers mag nie siekte- of ongeskiktheidsvoordele eis as hulle mediese
behandeling weier nie.

Kraamvoordele
• ‘n Werkende vroulike bydraer tot die WVF kan aansoek doen vir
kraamvoordele wanneer sy met kraamverlof gaan.
• Om vir die voordele te kwalifiseer, moet sy minder as haar normale lone
ontvang terwyl sy met kraamverlof is.
• ‘n Werklose werknemer is geregtig om hierdie voordele vir tot vier
opeenvolgende maande te ontvang.
• Indien ‘n bydraende swanger werknemer ‘n miskraam het, kan sy voordele vir
tot ses weke eis.

Aannemingsvoordele
• ‘n Bydraende werkgewer kan aannemingsvoordele eis indien hul ‘n kind
jonger as twee jaar wettiglik aangeneem het.
• Om vir die voordeel te kwalifiseer, moet die bydraende werknemer verlof
neem of ophou werk om na die aangenome kind om te sien.

KWARTAAL 2 | ONDERWERP 10 | Belegging: Versekering 251

BS GRAAD 12 LB AFR.indb 251 2022/03/27 23:48:08


KWARTAAL 2

• Om vir die voordele te kwalifiseer, moet hul minder as die normale lone
ontvang terwyl hul op vaderskap/kraamverlof is.
• As albei ouers van ‘n aangenome kind bydraende werknemers is, kwalifiseer
slegs een ouer vir hierdie voordeel.

Voordele vir afhanklikes


• Die afhanklikes van ‘n bydraer tot die WVF kan hierdie voordeel eis na daardie
persoon se dood.
• Die volgende persone word volgens die WVF-reëls as afhanklikes beskou:
eggenoot, lewensmaat, voog, of kind van die oorlede bydraer.
• Die afhanklikes moet binne ses maande na die dood van die bydraende
werknemer aansoek doen.
• Afhanklike kinders onder die ouderdom van 21 jaar is geregtig op voordele as
daar geen oorlewende eggenoot of ‘n lewensmaat is nie.

Padongelukkefonds (POF)/Padongelukvoordeelskema
(POVS/RABS)
• Die POF/POVS is verantwoordelik vir die
verskaffing van toepaslike dekking aan
alle padgebruikers binne die grense van
Suid-Afrika.
• Die Fonds vergoed ‘n persoon volgens
die POF/POVS Wet vir verliese of skade
wat verkeerdelik veroorsaak is deur ‘n
motorvoertuig te bestuur.
• Die POF/POVS verskaf ‘n maatskaplike
sekuriteitsveiligheidsnet aan die land en
ekonomie deur verpligte sosiale versekeringsdekking aan alle Suid-Afrikaanse
padgebruikers beskikbaar te stel.
• Die POF/POVS vrywaar die oortreder van aanspreeklikheid teenoor enige
slagoffer van ‘n motorongeluk.
• Bydraes tot die POF/POVS word ingesamel by wyse van ‘n heffing op
brandstof wat vir padvervoer gebruik word.
Neem kennis • Die dekking strek na alle lede van die samelewing, insluitend voetgangers,
• Moenie na die POF/POVS as eienaars en bestuurders van motorvoertuie, sowel as hul passasiers.
die derde party verwys nie. • Die sosiale versekeringsdekking dek egter nie nalatige bestuurders van
• Werknemers ontvang motorvoertuie nie.
mediese bystand, mits daar • In die geval van ‘n ongeluk, betaal die POF/POVS die mediese en verwante
geen ander party of mediese koste wat nodig is vir die herstel van slagoffers van ongelukke..
fonds betrokke is nie. • Ongelukslagoffers en hul gesinne word vergoed vir die verlies aan inkomste as
• Bly van tyd tot tyd op hoogte gevolg van die ongeluk.
van die veranderinge in • Vergoeding word ook deur POF/POVS betaal vir pyn en lyding, verlies
wetgewing, byvoorbeeld, van lewensgerief, gestremdheid en verminking, en begrafniskoste aan
die POF gaan na die
gesinne in omstandighede waar die slagoffer van die ongeluk noodlottige
POVS (Padongeluk-
beserings opdoen.
voordeelskema) verander
word • Die bedrag wat die slagoffer van ‘n ongeluk vir verlies aan inkomste mag eis,
word deur wetgewing beperk.

252 BESIGHEIDSTUDIES | GRAAD 12

BS GRAAD 12 LB AFR.indb 252 2022/03/27 23:48:08


Eenheid 10.3 Versekering vir besighede en versekerbare risiko’s

Vergoedingsfonds/Wet op Vergoeding vir Beroepsbeserings en


-siektes (WVBBS/ COIDA)
• Die Wet op Vergoeding vir Beroepsbeserings en -siektes dek beroepsiektes
en beserings wat werknemers opgedoen het tydens die uitvoering van hul
amptelike pligte.
• Die WVBBS maak voorsiening vir die vergoeding van werknemers wat
beserings of siektes by die werk opdoen.
• Alle werkgewers is verplig om by die Vergoedingsfonds te registreer sodat
werknemers vergoed kan word vir ongelukke en siektes wat in die werkplek
opgedoen word.
• Werkgewers word verplig om alle ongelukke binne sewe dae en
Wenk
beroepsiektes binne veertien dae by die Vergoedingskommissaris aan te meld.
• Die heffing wat aan die Vergoedingsfonds betaal word, is die Maak seker dat jy die tipes
verantwoordelikheid van die werkgewer. verpligte versekering uit
• Geen bydraes van die werknemer word tot die Vergoedingsfonds vereis nie. gegewe scenario’s of stellings
• Sou ‘n werknemer sterf as gevolg van ‘n werkverwante ongeluk of siekte, sal kan identifiseer.
hul afhanklikes finansiële ondersteuning ontvang.

| Aktiwiteit 10.3 Klaswerk/Huiswerk

VRAAG 1: BESIGHEIDSGELEENTHEDE (BELEGGING: QR-KODE


VERSEKERING) Versekeringskonsepte:
Volg hierdie skakel
Besighede het die opsie om versekering en assuransie uit te neem. Die meeste om jou kennis oor
besighede besef egter die belangrikheid daarvan om versekering te hê. versekeringskonsepte te toets.
Besighede word ook deur die wet verplig om by te dra tot verpligte versekering.
Die Werkloosheidsversekeringsfonds bied finansiële voordele aan bydraende
werknemers.

Skryf ‘n opstel oor versekering waarin jy die volgende aspekte insluit.

• Beskryf kortliks die voordele van versekering vir besighede.


• Verduidelik die verskille tussen versekering en assuransie.
• Bespreek die volgende tipes verpligte versekering:
» Padongelukkefonds (POF) / Padongelukke-voordeelskema (POVS)
» Vergoedingsfonds/Wet op Vergoeding vir Beroepsbeserings en -siektes (WVBBS) https://forms.gle/
• Gee werknemers raad oor die werkloosheidsvoordele wat deur die WVF uitbetaal UXp7jW7AEyR7jfWd9
word. [40]

KWARTAAL 2 | ONDERWERP 10 | Belegging: Versekering 253

BS GRAAD 12 LB AFR.indb 253 2022/03/27 23:48:09


KWARTAAL 2

Breinkaart: Onderwerp 10 – Belegging: Verskering


Gebruik die breinkaarte as ‘n riglyn om die inhoud wat in hierdie onderwerp
behandel word, te konsolideer.
Maak seker dat jy die inhoud van elke opskrif in hierdie onderwerp bestudeer.

Verskille tussen korttermyn- en Verskille tussen versekering


langtermynversekering en assuransie
Versekeringskonsepte
Korttermynversekering
• ‘n Gebeurtenis mag of mag nie Versekering
• Nie-verpligte versekering:
plaasvind nie • Pas die beginsel van
Individu/Besigheid het die
• Voorbeelde: Eiendoms-versekering; skadeloosstelling toe.
opsie om teen hierdie risiko’s te
Geld in transito; Diefstal; Inbraak; • Risiko kan voorkom.
verseker.
Brandversekering • Korttermynversekering.
• Oorversekering: Verseker bates
Langtermynversekering • Versekerde word vergoed in die
vir meer as die markwaarde
• Gebeurtenis sal plaasvind geval van verliese/skade.
daarvan.
• Voorbeelde: Lewensversekering; Assuransie
• Onderversekering: Verseker
Aftree-annuïteite; Begrafnisversekering • Pas die beginsel van sekerheid toe.
bates vir minder as die
• Risiko sal voorkom.
markwaarde daarvan.
• Langtermynversekering.
• Awery-klousule/Gemiddelde
• Versekeraar ontvang ‘n
klousule: Bereken die
enkelbedrag na ‘n vasgestelde
persentasie van die waarde van
tydperk/by die versekerde se dood.
die bate wat beskadig/verlore is.
• Herinbesitstelling: Vervanging Versekering Awery-klousule/
van die bate van ‘n versekerde in
plaas van ‘n kontantbetaling. Gemiddelde klousule
• Bybetaling: Vaste bedrag wat • Van toepassing op onderversekering.
deur die versekerde betaal moet • Die individu/besigheid sal slegs ‘n %
word in die geval van ‘n eis. van die versekerde waarde van die
versekerde items betaal word.
• Die individu/besigheid sal persoonlik
Beginsels van versekering verantwoordelik wees vir die deel
van die risiko wat nie verseker is nie.
• Skadeloosstelling/
Indemnifikasie: Versekeraar betaal
‘n premie aan die versekeraar, en Voordele/Belangrikheid
die versekeraar stem in om die Verskille tussen verpligte en van versekering
versekerde te vergoed vir verliese/ nieverpligte versekering • Versekerde hoef nie die risiko van
skade wat aangegaan is. verliese/skade te dra nie.
• Sekuriteitstelling/Sekerheid: Verpligte versekering • Risiko’s is gekoppel aan
Versekeraar stem in om ‘n • Gedwing deur wetgewing. bepalings en voorwaardes in die
vasgestelde bedrag geld te betaal by • Gereguleer deur die staat. versekeringskontrak.
sy/haar dood/wanneer hul ‘n sekere • Heffings word in ‘n • Beskerm teen verliese/skade.
ouderdom bereik het. gesentraliseerde fonds betaal. • Word vergoed vir versekerbare
• Uiterste goeie trou: Die versekerde Nieverpligte versekering risiko’s.
en die versekeraar moet inligting • Vrywillige besluit. • Beskerm teen verliese as gevolg
verskaf wat waar en akkuraat is. • Nie gereguleer nie. van stakings.
• Versekerbare belang: Die • Premies word aan die
versekerde moet bewys dat hy/sy versekeraar betaal.
finansiële verliese sal ly.

Neem kennis
Die breinkaart is ‘n opsomming van die onderwerp. Raadpleeg asseblief die inhoud van
hierdie onderwerp vir volledige verduidelikings

254 BESIGHEIDSTUDIES | GRAAD 12

BS GRAAD 12 LB AFR.indb 254 2022/03/27 23:48:09


Eenheid 10.3 Versekering vir besighede en versekerbare risiko’s

Voordele van WVF


Tipes Verpligte Versekering
• Werkloosheidsvoordele: Word
Werkloosheids- aan bydraende werknemers
versekeringsfonds (WVF): betaal indien die werkgewer
• Help bydraende werknemers die dienste van ‘n werknemer
finansieel wat werkloos word as beëindig.
gevolg van die beëindiging van • Siekte/
die indiensnemingskontrak deur Ongeskiktheidsvoordele: Word
die werkgewer. aan bydraende werknemers
betaal indien die werknemer
Padongelukkefonds (POF)/ nie in staat is om sy/haar pligte
Padongelukke-voordeelskema uit te voer nie a.g.v siekte/
(POVS) gestremdheid.
• Die POF/POVS voorsien ‘n • Kraamvoordele: Word aan
sosiale sekerheid veiligheidsnet bydraende werknemers betaal
aan die land en ekonomie indien die werknemer met
deur verpligte maatskaplike kraamverlof gaan.
versekeringsdekking beskikbaar • Aannemingsvoordele: Word
te maak vir alle gebruikers van Versekering aan bydraende werknemers
Suid-Afrikaanse paaie betaal indien die werknemer ‘n
kind aanneem.
WVBBS/COIDA • Afhanklike voordele: Word aan
• Dek beroepsiektes en beserings die afhanklikes van ‘n bydraende
wat werknemers opgedoen het werknemer betaal wat sterf
tydens die uitvoering van hul terwyl hul in diens van die
amptelike pligte. werkgewer is.

Nie-versekerbare risiko’s
Versekerbare risiko’s
• Verwys na risiko’s wat
• Verwys na risiko’s wat versekeringsmaatskappye nie
versekeringsmaatskappye bereid bereid is om van individue/
is om by individue/besighede oor besighede oor te neem nie.
te neem. • Voorbeelde: Skade as gevolg van
• Voorbeelde: Diefstal, Inbraak, oorlog; Veranderinge in mode;
Brand, Geld in transito; Verliese as gevolg van onwettige
Natuurrampe bemarkingsaktiwiteite; Verliese
as gevolg van nuwe uitvindings.

KWARTAAL 2 | ONDERWERP 10 | Belegging: Versekering 255

BS GRAAD 12 LB AFR.indb 255 2022/03/27 23:48:09


KWARTAAL 2

Konsolidasie

VRAAG 1
1.1 Verskeie opsies word as moontlike antwoorde op die volgende vrae gegee. Kies die antwoord en skryf slegs die letter
(A–D) langs die vraagnommer (1.1.1 - 1.1.5) neer, byvoorbeeld, 1.1.6 D.
1.1.1 Nuwe Horison Versekering het die ... klousule in die versekeringskontrak toegepas toe hulle besluit het om ‘n
kontantbetaling aan die versekerde te maak, in plaas daarvan om die voertuig wat gesteel is te vervang.
A awery
B subrogasie
C appèl
D herinbesitstelling
1.1.2 Die beginsel van … vereis dat die versekerde moet bewys dat ‘n finansiële verlies gely sal word indien ‘n bate
beskadig word.
A sekerheid
B versekerbare belang
C bybetaling
D inisiasie
1.1.3 Risiko’s wat deur die staat gereguleer word, vorm deel van ... versekering.
A regerings
B verpligte
C nieverpligte
D inisiasie
1.1.4 Nuwe Generasie Edms. (Bpk.) moet 2% van hul salarisrekening van die WVF-bydraende werknemers aan die ...
betaal
A Departement van Arbeid
B SARB
C SAID
D Finansiële Afdeling
1.1.5 Stad Vensterskoonmakers moet die besering van ‘n werknemer binne sewe dae by die ... Kommissaris aanmeld.
A Arbeids
B Vergoedings
C WVF
D POF (5 × 2) (10)

VRAAG 2
2.1. Noem VYF tipes voordele wat deur die Werkloosheidsversekeringsfonds uitbetaal word. (5)
2.2. Onderskei tussen versekering en assuransie.  (8)
2.3 Lees die scenario hieronder en beantwoord die vrae wat volg.

EKSPRES KOERIERS (EK)


Ekspres Koeriers lewer aanlyn produkte regoor die land. Peter, ‘n werknemer
van EK, was onlangs in ‘n motorongeluk betrokke en was vir vier weke in die
hospitaal opgeneem. Peter het ‘n eis vir die verlies aan inkomste ingedien.

2.3.1 Identifiseer die tipe verpligte versekering van toepassing op Peter. Motiveer jou antwoord deur uit die scenario
hierbo aan te haal.  (3)
2.3.2 Verduidelik TWEE ander tipes verpligte versekering. (6)
2.4. Gee besighede raad oor die verskille tussen oorversekering en onderversekering.  (8)
[30]

256 BESIGHEIDSTUDIES | GRAAD 12

BS GRAAD 12 LB AFR.indb 256 2022/03/27 23:48:09


Eenheid 10.3 Versekering vir besighede en versekerbare risiko’s

Konsolidasie

VRAAG 3: BESIGHEIDSGELEENTHEDE (BELEGGING: VERSEKERING)

Besighede word verplig om dekking teen sekere risiko’s uit te neem. Besighede
moet ook bewus wees van die feit dat sekere risiko’s verseker kan word, terwyl
ander nie. Die kontrak tussen die versekerde en die versekeraar moet op sekere
beginsels gebaseer wees. Versekering bied baie voordele aan besighede.

Skryf ‘n opstel oor versekering waarin jy die volgende aspekte insluit:

• Beskryf kortliks die verskille tussen versekerbare risiko’s en nie-versekerbare risiko’s.


• Verduidelik die betekenis van verpligte versekering.
• Bespreek die volgende beginsels van versekering:
» Skadeloosstelling
» Uiterste goeie trou
• Gee besighede raad oor die voordele van versekering. [40]

QR-KODE
Skandeer hierdie kode vir ‘n
oorsig oor die inhoud van
hierdie onderwerp rakende die
spesifieke kernleerpunte.

https://youtube.com/play-
list?list=PLY8n0zQCEkpq-
FIeP-ayvS2S2zCgxTISr3

KWARTAAL 2 | ONDERWERP 10 | Belegging: Versekering 257

BS GRAAD 12 LB AFR.indb 257 2022/03/27 23:48:09


BESIGHEIDSTUDIES | Graad 12

KWARTAAL 2

Beoordeling van
11 spanprestasie en
konflikbestuur
ONDERWERP OORSIG

 Eenheid 11.1 Kriteria vir suksesvolle spanprestasie


 Eenheid 11.2 Stadiums van spanontwikkeling
 Eenheid 11.3 Stappe van konflikoplossing en tegnieke om konflik op te los

Leerdoelwitte
Aan die einde van hierdie onderwerp moet leerders die volgende
kan doen:
❖ Beskryf kortliks/Verduidelik/Bespreek die volgende kriteria vir
suksesvolle spanprestasie:
– Interpersoonlike gesindhede en gedrag
– Gedeelde waardes
– Kommunikasie
– Samewerking
❖ Identifiseer die kriteria hierbo uit gegewe scenario’s of stellings
❖ Beskryf kortliks/Verduidelik/Bespreek kenmerke van suksesvolle
spanprestasie
❖ Identifiseer/Noem die volgende stadiums van spanontwikkeling uit
gegewe scenario’s of stellings:
– Vorming
– Storm
– Normering/Skikking/Versoening
– Prestering
– Ontbinding/Verdaging/Rou stadium
❖ Verduidelik/Beskryf/Bespreek die stadiums van spanontwikkeling
hierbo.
❖ Beskryf/Verduidelik/Bespreek/Brei uit oor die belangrikheid van
spandinamika-teorieë in die verbetering van spanprestasie, bv.
toeken van take volgens die spanlede se rolle.
❖ Beskryf kortliks/Verduidelik/Beskryf/Bespreek die oorsake van
konflik in die werkplek.
❖ Identifiseer die oorsake van konflik uit gegewe scenario’s/stellings.
❖ Verduidelik/Adviseer besighede oor hoe hulle konflik by die
werkplek moet hanteer. (Konflikoplossings/resolusie stappe/
tegnieke)
❖ Onderskei tussen griewe en konflik.
❖ Verduidelik/Bespreek die korrekte prosedures om griewe te
hanteer in die werkplek.

258 BESIGHEIDSTUDIES | GRAAD 12

BS GRAAD 12 LB AFR.indb 258 2022/03/27 23:48:09


Leerdoelwitte
❖ Identifiseer/Noem die volgende moeilike mense/persoonlikhede uit
gegewe scenario’s/stellings:
– Klaer
– Besluiteloos
– Stem saam met alles/Oor-instemmend
– Negatief
– Kundige/Kenner
– Stil
– Aggressief
❖ Stel voor/Beveel verskillende maniere aan waarop besighede die
bogenoemde moeilike mense/persoonlikhede in die werkplek kan
hanteer
❖ Verduidelik/Stel verskillende maniere voor waarop besighede met
moeilike werknemers in die werkplek kan hanteer.

Kernbegrippe
■ Aanspreeklikheid: om aan ander aanspreeklik te wees vir besluite wat
geneem word.
■ Storm-fase: stadium van ontwikkeling waartydens spanlede mekaar
teëstaan.
■ Grief: klagte deur ‘n werknemer teen die werkgewer of ‘n medewerker.
■ Interpersoonlike gedrag: die manier waarop mense in ‘n groep teenoor
mekaar reageer.
■ Interpersoonlike gesindheid: houding teenoor mekaar in groep.
■ Konflik: onenigheid tussen twee of meer werknemers.
■ Ontbinding/Routydperk: stadium van ontwikkeling waarin die projek
geëindig het.
■ Samewerking: die proses om saam te werk om soortgelyke doelwitte te
bereik.
■ Spandinamika: emosionele kragte wat die gedrag van ‘n span en die
manier waarop die span hul doelwitte bereik, beïnvloed.
■ Spanwerk: die gewilligheid van ‘n groep mense om saam te werk in die
nastrewing van ‘n gemeenskaplike doelwit.
■ Normering: stadium van ontwikkeling waartydens spanlede in harmonie
met mekaar werk.
■ Taak: werk wat voltooi moet word.
■ Toewyding: toewyding om die spandoelwitte te verwesenlik.
■ Vorming: stadium van ontwikkeling waartydens spanlede mekaar ontmoet.
■ Wedersyds: ‘n soortgelyke reaksie teenoor mekaar.

Inleiding
In Graad 10 het ons van die konsep spanwerk en die voordele van spanwerk
vir ‘n besigheid geleer. Ons het ook van die faktore wat spanverhoudings
beïnvloed geleer, en daar is van ons verwag om faktore aan te beveel wat
spanverhoudings kan beïnvloed. Die kriteria vir suksesvolle spanprestasie is ook
uiteengesit. In Graad 11 het ons ‘n breedvoerige ontleding van die stadiums
van spanontwikkeling verskaf en ons is ook aan die spandinamika-teorieë
bekendgestel.

KWARTAAL 2 | ONDERWERP 11 | Beoordeling van spanprestasie en konflikbestuur 259

BS GRAAD 12 LB AFR.indb 259 2022/03/27 23:48:10


KWARTAAL 2

In Graad 12 sal ons die volgende sub-onderwerpe dek:


• Beoordeling van spanprestasie
• konflikoplossing
• Hoe om griewe en moeilike mense/persoonlikhede te hanteer.

Wenk Eenheid 11.1 Kriteria vir suksesvolle


Die kriteria vir suksesvolle
spanprestasie dien as ‘n riglyn
spanprestasie
oor hoe spanne met mekaar ‘n Span verwys na ‘n groep mense wat saamwerk om ‘n gemeenskaplike doel
moet omgaan wanneer hulle te bereik. Die kriteria vir suksesvolle spanprestasie is die individuele standaarde
aan ‘n projek werk. waarvolgens ‘n span beoordeel gaan word om te bepaal of die span die doelwitte
bereik het wat hulle vir hulself gestel het.

In hierdie eenheid fokus ons op die volgende kriteria:

Nuwe woorde Interpersoonlike gesindhede en gedrag


passievol  om sterk • Lede het ‘n positiewe gesindheid van ondersteuning en motivering teenoor
gevoelens te toon oor ‘n sekere mekaar.
kwessie • Goeie/Gesonde interpersoonlike gesindhede sal werkstevredenheid verseker/
produktiwiteit van die span verhoog.
betyds om ‘n aktiwiteit binne
‘n sekere tydperk uit te voer • Spanlede werk passievol saam om ‘n gemeenskaplike doel te bereik.
• Spanleier erken/gee krediet aan lede vir positiewe bydraes.

QR-KODE Gedeelde waardes/Wedersydse vertroue en


Kriteria vir suksesvolle ondersteuning
spanprestasie. • Spanlede respekteer en vertrou mekaar ten spyte van verskille wat tussen die
span mag bestaan.
• Die ervaring, kennis en vaardighede van ander spanlede word erken en
gerespekteer.
• Voer spantake met integriteit uit en streef verantwoordelikheid na. Spertye
word bereik met die nodige toewyding tot spanwerk.

Kommunikasie
• Die rolle van elke spanlid word uiteengesit in die prosedures waaraan die span
https://www.youtube.com/ moet voldoen.
watch?v=M0IXHp_Kb3I&ab_
• Goeie kommunikasie tussen spanlede kan vinnige besluite tot gevolg hê.
channel=LisaAkerman
• Gehalte-terugvoering verbeter die moraal van die span.
• Eerlike besprekings lei tot effektiewe oplossings vir probleme.

260 BESIGHEIDSTUDIES | GRAAD 12

BS GRAAD 12 LB AFR.indb 260 2022/03/27 23:48:10


Eenheid 11.1 Kriteria vir suksesvolle spanprestasie

Samewerking Nuwe woorde


• Elke spanlid weet presies wat van hulle verwag word om te doen, want die kenmerke onderskeidende
doelwitte is duidelik en realisties. eienskappe
• Spanlede is bereid om met mekaar te werk om die doelwitte van die span na
te streef.
• Werk saam met bestuur om span- en besigheidsdoelwitte te bereik. QR-KODE
• Alle lede neem deel aan besluitneming.
Kliek op hierdie skakel om te
bepaal hoe goed jy hierdie
inhoud verstaan.
Kenmerke van suksesvolle spanprestasie
Die suksesvolste spanne is nie altyd die spanne met die beste talent/meeste
vaardighede nie. Suksesvolle spanne word dikwels rondom individue gebou, wie
se gesamentlike bydrae tot die doelwitte van die span, die span in staat stel om
suksesvol te wees. ’n Suksesvolle span het sekere kenmerke wat hulle van ander
onderskei.
• Suksesvolle spanne deel ‘n gemeenskaplike doelwit aangesien spanlede deel
is van die proses om doelwitte vir die groep te stel.
• Daar is ‘n klimaat van respek, vertroue en eerlikheid.
• Deel ‘n stel spanwaardes en implementeer groepsbesluite. https://forms.gle/
• Suksesvolle spanne het goeie intra-span verhoudings. GmcWtySnezeTMxQz8
• Spanne waardeer die bydraes van individuele lede en bereik konsensus oor
verskille.
• Spanlede geniet oop kommunikasie en hanteer konflik kwessies onmiddellik.
• Spanne is aanspreeklik en lede ken die tydsraamwerke om hul doelwitte te Wenk
bereik. Moenie die kenmerke van
• Spanne gee aandag aan die behoeftes van die individuele spanlede. suksesvolle spanne met die
stadiums van spanprestasie
verwar nie. Sommige van
| Aktiwiteit 11.1 Huiswerk/Klaswerk hierdie kenmerke is ingebed
in sommige stadiums van
VRAAG 1 spanontwikkeling.
1.1 Identifiseer die kriteria vir suksesvolle spanprestasie wat deur Sanki
Ingenieurswese in ELKE stelling hieronder toegepas word:
1.1.1 Spanlede haal sperdatums met ‘n verbintenis om die spandoelwitte te
bereik.
1.1.2 Al die spanlede neem deel aan besluitneming.
1.1.3 Hulle het oop en eerlike gesprekke wat lei tot effektiewe
probleemoplossing.
1.1.4 Spanlede het ‘n positiewe houding van ondersteuning en motivering Wenk
teenoor ander lede van hul span. (8) Die kenmerke van ‘n
1.2 Verduidelik ander kenmerke van ELKE kriteria vir suksesvolle spanprestasie wat suksesvolle span moet nie
in VRAE 1.1.1 - 1.1.4 geïdentifiseer is. (8) verwar word met die kriteria
[16] vir ‘n suksesvolle span nie.

KWARTAAL 2 | ONDERWERP 11 | Beoordeling van spanprestasie en konflikbestuur 261

BS GRAAD 12 LB AFR.indb 261 2022/03/27 23:48:10


KWARTAAL 2

Eenheid 11.2  Stadiums van


spanontwikkeling
Nuwe woorde Om ‘n span tot ‘n suksesvolle eenheid te ontwikkel, verg tyd en energie. Individue
wat by die span aansluit, het hul vooropgestelde idees oor die bereiking van
vooropgestelde  reeds voor spandoelwitte. Die idees van die individue moet saamgevoeg word om ‘n
die tyd ‘n mening gevorm gemeenskaplike doel te ontwikkel.
 
Alle spanne gaan deur verskillende stadiums van spanontwikkeling voordat hulle
saamwerk na ‘n gemeenskaplike doelwit.
 
Spanontwikkeling is ‘n proses wat vyf verskillende fases bevat. Dit word in die
illustrasie hieronder getoon.

DIE STADIUMS VAN SPANONTWIKKELING

Vorming Storm Normering Prestering Ontbinding


Spanlede Die span gaan Spanlede kom Spanne is bewus Spanne fokus op
versamel deur ‘n tydperk ooreen, bereik van strategieë die voltooiing
inligting/ van konflik konsensus en en doelwitte van die taak/
indrukke oor en spanlede rolle word van die span en beëindiging van
mekaar en fokus konfronteer uitgeklaar. leiers delegeer die projek.
op roetine-take. mekaar se idees prosesse en
en perspektiewe. prosedures.

Vorming
• Dit is die eerste fase van spanontwikkeling waarin spanlede aan mekaar
voorgestel word.
• Spanlede neem mekaar se gedrag waar en is beleefd teenoor mekaar.
• Spanlede toon wedersydse respek, en hulle voel gemaklik.
• Hierdie stadium word gekenmerk deur die fokus op die roetine en
administratiewe besonderhede van die doelwitte van die span.

Storm
Wenk • Konflik vind plaas tussen spanlede nadat die vormingstadium afgehandel is.
• Spanlede met verskillende idees ruil hierdie idees uit, wat tot konflik lei.
Spanne kan hierdie stadium
• Spanlede staan ​​die idees van ander teë wanneer hulle nie met hul idees
maklik oorkom as hulle
ooreenstem nie.
hulself herinner aan die
kriteria vir suksesvolle • Daar kan magstryd wees vir die posisie van spanleier.
spanprestasie. • Soms word die storm stadium vinnig opgelos, maar as dit nie opgelos word
nie, sal die span nie verder as hierdie stadium beweeg nie.

262 BESIGHEIDSTUDIES | GRAAD 12

BS GRAAD 12 LB AFR.indb 262 2022/03/27 23:48:17


Eenheid 11.2 Stadiums van spanontwikkeling

Normering/Skikking/Versoening QR-KODE
• Die konflik tydens die storm-stadium moet so gou moontlik opgelos word. Dit
Stadiums van
sal die span toelaat om na die normering stadium te beweeg. spanontwikkeling.
• Spanlede bereik kompromie oor hul idees en aanvaar dat hulle in harmonie
met mekaar moet werk.
• Spanlede kom tot ‘n ooreenkoms en bereik konsensus.
• Die pligte en verantwoordelikhede van al die spanlede word uiteengesit en
ooreengekom.
• Die prosesse betrokke by die bereiking van die doelwitte word nagekom en
spanlede waardeer die bydraes van mede-spanlede.
• Individuele spanlede werk gesamentlik aan die doelwitte van die span.
• Enige konflik wat tydens hierdie stadium plaasvind, word op ‘n professionele/
kollegiale wyse aangespreek.
https://www.youtube.com/
Prestering/Werk as ‘n span na ‘n doel watch?v=qtpY9zwuzFM&ab_
channel=Potential
• Spanlede is bewus van strategieë en doelwitte van die span.
• Die leier vertrou die span en vermy inmenging in die werksaamhede van die
span.
• Prosesse en strukture is in plek om die gladde uitvoering van die taak te
verseker.
• Leiers delegeer en hou toesig oor die prosesse en prosedures.
• Alle spanlede demonstreer bekwaamheid/kan op hul eie werk en lewer
waardevolle insette in besluitneming.

Ontbinding/Rou stadium
Wenk
• Die fokus is op die voltooiing van die taak/beëindiging van die projek.
• Sommige spanlede pas swak aan dat die span uitmekaar gaan omdat hulle dit Jy behoort die stadiums
van spanontwikkeling
moeilik vind om weer op hul eie te werk.
uit gegewe scenario’s/
• Alle take moet voltooi word voordat die span finaal ontbind en individuele
stellings te kan identifiseer
lede hul eie pad gaan. OF Jy behoort ook ‘n
breedvoerige verduideliking
Die belangrikheid van spandinamika-teorieë in van ELKE stadium van
spanontwikkeling te kan
die verbetering van spanprestasie verskaf.

In Graad 11 is jy aan die verskillende spandinamika-teorieë bekendgestel.


Spandinamika-teorieë word gebruik om die doeltreffendheid en belangrikheid
van spanwerk te verduidelik. Verskeie spandinamika-teorieë is oor suksesvolle
spanne geformuleer. Besighede kies ‘n individuele spandinamika-teorie of ‘n
kombinasie daarvan om die beste prestasie uit hul spanne te kry.
Spandinamika kan op die volgende maniere gebruik word om spanprestasie te
verbeter:
• Spandinamika-teorieë word gebruik om die doeltreffendheid en belangrikheid
van spanwerk te verduidelik.
• Take word aan spanlede toegeken in ooreenstemming met die rol wat die
spanlid binne die span vervul.
• Die vaardighede/ervaring/talente van die spanlid bepaal die rol wat aan hom/
haar toegeken sal word.
• Individue kry die kans om optimaal binne die span te presteer, gegewe die
rolle wat aan hulle toegeken is.
• Individue binne die span met soortgelyke vaardighede/talente/ervaring mag
meeding vir sekere verantwoordelikhede/pligte.

KWARTAAL 2 | ONDERWERP 11 | Beoordeling van spanprestasie en konflikbestuur 263

BS GRAAD 12 LB AFR.indb 263 2022/03/27 23:48:17


KWARTAAL 2

• Spandinamika-teorieë laat spanleiers toe om die persoonlikheidstipe van


individue te ken en hulle in staat te stel om take meer effektief toe te ken.
• Onenighede tussen spanlede kan verminder word wanneer spanlede
spesialiseer in hul rolle/take.

Nuwe woorde Oorsake van konflik


eskalasie  om ernstiger te Konflik verwys na meningsverskille tussen twee of meer spanlede. Wanneer
word spanne vir ‘n spesifieke tyd saamkom, sal konflik ontstaan. Konflik is ‘n normale
omgaan  om aktief met ander en natuurlike deel van enige werkplek. Wanneer dit voorkom, is daar ‘n
te werk neiging dat moraal verlaag word, ‘n toename in afwesigheid en verminderde
produktiwiteit. Die konflik moet onmiddellik aangespreek word om eskalasie
daarvan te vermy.

Oorsake van konflik in die werkplek


• Werknemers van verskillende agtergronde stem nie altyd saam oor die pad
wat hulle moet volg in die nastrewing van die organisasie se doelwitte nie.
• Die nie-nakoming van die reëls/prosedures van die organisasie kan lei tot
konflik indien die skuldige partye oor die saak gekonfronteer word.
• Gebrek aan samewerking kan die produksieproses vertraag en frustrasie
onder kollegas veroorsaak.
• Die verskillende persoonlikhede van werknemers kom na vore wanneer
werknemers met mekaar omgaan en betrokke raak.
• Gebrek aan erkenning deur die bestuur vir werkers wat bykomende pligte
verrig/konsekwent op hoë vlakke presteer.
• Onrealistiese spertye kan die stresvlakke van sekere werknemers verhoog.
• Onregverdige werkslading kan veroorsaak dat sommige werknemers
gemarginaliseer of gegrief voel.
• Gebrek aan duidelike kommunikasie kan onsekerheid onder werknemers
veroorsaak.
Die illustrasie hieronder verskaf ‘n opsomming oor die oorsake van konflik.
Wenk
Jy moet die oorsake van
konflik in die werkplek uit 1 Verskille in
agtergronde
5 Gebrek aan
samewerking
gegewe stellings of scenario’s
kan identifiseer.
Jy moet ook volsinne oor die
oorsake van konflik in die Gebrek aan
werkplek kan skryf 2 Persoonlik- 6 behoorlike
heidsverskille kommunikasie

3 Ignorering van
prosedures/reëls
7 Onrealistiese
spertye

4 Onregverdige
werksladings
8 Gebrek aan
erkenning

264 BESIGHEIDSTUDIES | GRAAD 12

BS GRAAD 12 LB AFR.indb 264 2022/03/27 23:48:17


Eenheid 11.3  Stappe van konflikoplossing en tegnieke om konflik op te los

| Aktiwiteit 11.2 Klaswerk/Huiswerk

VRAAG 1
1.1 Lees die scenario hieronder en beantwoord die vrae wat volg.
WAVECREST FINANSIËLE SPESIALISTE (WFS)
Wavecrest Finansiële Spesialiste het ‘n groep rekenmeesters suksesvol gewerf
om die plaaslike regering met hul finansiële rekeningkunde te help. Spanlede is
bewus van strategieë en doelwitte van die span.

Nuwe woorde
1.1.1 Identifiseer die stadium van spanontwikkeling van toepassing op WFS.
Motiveer jou antwoord deur uit die scenario hierbo aan te haal. (3) personeelomset  die koers
1.1.2 Verduidelik TWEE ander stadiums van spanontwikkeling.  (6) waarteen werknemers die
1.2 Gee besighede raad oor die oorsake van konflik in die werkplek. (6) maatskappy verlaat en deur
[15] nuwe werknemers vervang
word

Wenk
Eenheid 11.3  Stappe van konflikoplossing Jy word aangeraai om die
en tegnieke om konflik op te los stappe van konflikoplossing
in die regte volgorde te volg
Konflikoplossing verwys na ‘n proses waar botsende werknemers bymekaarkom vir beter begrip, maar dit
om botsende kwessies wat onder hulle bestaan, op te los. Dit is belangrik vir die hoef nie in opeenvolgende
besigheid om dadelik konflik te hanteer. Om konflik tussen spanlede te ignoreer volgorde aangebied te
kan lei tot werksontwrigting, mislukking van die projek en hoë personeelomset. word wanneer die vraag
Sekere stappe en tegnieke kan gebruik word om ‘n vriendskaplike oplossing vir beantwoord word nie
die konflik te verseker.

Stap 1
Step Stap 4
Step Stap 7
Step
Verduidelik die doel van Laat elke werknemer
Erken dat
die vergadering aan die toe om mening
konflik bestaan.
botsende werknemers. uit te spreek.

Stap 2
Step Stap 5
Step Stap 8
Step
Moedig botsende
Bepaal die oorsaak Nooi werknemers wat in
werknemers aan om te
van die konflik. konflik is na 'n
aanvaar dat hul
gesamentlikevergadering.
sienings verskil.

Stap 3
Step Stap 6
Step Stap 9
Step
Nooi werknemers wat in Reël 'n tyd en plek vir Evalueer die standpunte
konflik is om hul menings botsende werknemers wat uitgespreek is en neem
en perspektiewe om te vergader. 'n objektiewe besluit.
afsonderlik te stel.

KWARTAAL 2 | ONDERWERP 11 | Beoordeling van spanprestasie en konflikbestuur 265

BS GRAAD 12 LB AFR.indb 265 2022/03/27 23:48:17


KWARTAAL 2

Die verskille tussen griewe en konflik


Wenk
Daar bestaan duidelike verskille tussen die terme ‘griewe’ en ‘konflik’. As
‘n Grief word deur EEN beide griewe en konflik egter in ‘n organisasie bestaan, kan dit moontlik ‘n
persoon ingedien en dit is
onaangename werksomgewing en ongelukkige werknemers skep. Griewe en
meer formeel as konflik,
konflik moet vinnig opgelos word voordat dit vererger.
terwyl konflik tussen twee of
meer mense bestaan.
Kom ons kyk na die verskille tussen griewe en konflik.

GRIEWE KONFLIK
Wanneer ‘n werknemer ongelukkig is of ‘n Botsing van menings, idees en standpunte
Het jy geweet probleem het of ‘n klagte in die werkplek in die werkplek.
het.
Van die totale 63 360 uur
beskikbare produktiewe tyd Dit is wanneer ‘n individu/groep ‘n Onenighede tussen twee of meer partye in
per jaar vir Maatskappy A, werkverwante kwessie het. die werkplek.
word 1 687 uur (2,7%) aan Voorbeelde: ‘n Gebrek aan
konflikoplossing bestee. Voorbeelde: Diskriminasie, onregverdige vertroue, wankommunikasie,
behandeling, swak werksomstandighede. persoonlikheidsbotsings, verskillende
waardes.

Korrekte prosedures om griewe in die werkplek te


hanteer
Nuwe woorde Enige klagte deur ‘n werknemer teen bestuur of oor swak werksomstandighede
moet ernstig opgeneem en onmiddellik aangespreek word. Die klaer moet weet
spoedig om iets vinnig te dat die kwessie/s wat geopper word, spoedig aangespreek sal word.
voltooi

DAAR IS TEEN MY
GEDISKRIMINEER WEENS
MY LENGTE
BEWYS DIT!

Die volgende prosedure kan gevolg word om griewe in die werkplek te hanteer:
Wenk • Die klaer moet die grief mondelings aan toesighouer rapporteer.
Maak seker dat jy • Die toesighouer moet die grief binne 3 tot 5 werksdae oplos.
nie die prosedure om • Indien die toesighouer nie in staat is om die grief op te los nie, kan die klaer
griewe te hanteer met die grief na die bestuurder van die toesighouer neem.
konflikoplossings-tegnieke • Die grief wat aan die bestuurder van die toesighouer gestuur word, moet
verwar nie. skriftelik wees.
• Die bestuurder van die toesighouer verskaf ‘n skriftelike antwoord aan die
klaer in reaksie op die skriftelike grief.
• Die bestuurder moet alle partye by die grief na ‘n vergadering nooi.

266 BESIGHEIDSTUDIES | GRAAD 12

BS GRAAD 12 LB AFR.indb 266 2022/03/27 23:48:17


Eenheid 11.3 Stappe van konflikoplossing en tegnieke om konflik op te los

• ‘n Rekord van die vergadering moet in die vergadering se notule aangeteken


word en besluite wat geneem word moet op ‘n formele griewe-vorm
aangeteken word.
• Indien die werknemer nie tevrede is met die uitslag van die vergadering nie,
kan die saak na die hoogste bestuursvlak verwys word.
• Topbestuur moet ‘n vergadering vir alle betrokke partye reël.
• Notule van hierdie vergadering moet geneem word, en die uitslag moet op ‘n
Het jy geweet
formele griewe-vorm aangeteken word.
• Indien die werknemer steeds nie tevrede is nie, kan die saak na die KVBA Altesaam 221 547 sake is in
verwys wat ‘n finale besluit oor die aangeleentheid sal neem. 2019/20 na die KVBA verwys
• Die aangeleentheid kan ook op appèl na die Arbeidshof verwys word indien vergeleke met die 193 732 wat
die werknemer nie tevrede is met die besluite wat deur die KVBA geneem is in die 2018/19-boekjaar verwys
nie. is.

Die hantering van die SEWE tipes moeilike


mense/persoonlikhede Nuwe woorde

Die arbeidsmag van ‘n organisasie sal onvermydelik uit werknemers met onvermydelik toestande wat
verskillende persoonlikhede bestaan. Werknemers met verskillende moet gebeur
persoonlikhede sal verskillend reageer op omstandighede in die werkplek. weerhou om jouself te
Bestuurders moet die verskillende tipe persoonlikhede ken en strategieë in plek hê verhoed om iets te doen 
om elkeen te hanteer.

Tipe persoon- Strategieë om moeilike persoonlikhede te Wenk


likheid hanteer
Jy behoort die verskillende
Klaer • Luister na die klagtes, maar moenie dit erken deur jou kop te persoonlikhede uit gegewe
knik nie. scenario te kan identifiseer.
• Onderbreek die klaer na ‘n rukkie en gaan voort met strategieë
om die kwessies te hanteer wat aangegee is.
• Stel alternatiewe benaderings voor en lei die werknemer deur
die alternatiewe.
• Beklemtoon die belangrikheid van besluitneming en die
Besluiteloos
gevolge van die vertraging daarvan.
• Help die werknemer met die besluite en bevestig die
werknemer.
QR-KODE

• Wees ferm met die werknemer en moenie toelaat dat beloftes Strategieë om die verskillende
Stem saam persoonlikheidstipe in die
gemaak word wat nie kan gekom kan word nie.
met alles/Oor- werkplek te hanteer.
• Monitor die vordering van pligte wat aan die werknemer
instemmend
opgedra is.
• Luister na die werknemer, maar moenie saam stem nie.
Negatief • Laat die werknemer toe om menings uit te spreek,
maar moenie deel word van die negatiwiteit nie.
• Luister na die werknemer maar laat weet dat jy in beheer  van
die situasie is.
Kundige/Kenner • Waardeer die insette maar noem dat jy alternatiewe oorweeg.
• Weerhou daarvan om hul menings aan te val, aangesien dit
kan tot ‘n konfrontasie lei.
https://www.youtube.com/
watch?v=XkJuBoPyyM8&ab_
channel=LisaAkerman

KWARTAAL 2 | ONDERWERP 11 | Beoordeling van spanprestasie en konflikbestuur 267

BS GRAAD 12 LB AFR.indb 267 2022/03/27 23:48:18


KWARTAAL 2

Tipe persoon- Strategieë om moeilike persoonlikhede te


likheid hanteer
• Gee die werknemer genoeg tyd om saak te stel.
• Moenie die vertraging in reaksie deur die werknemer gebruik
om jou mening uit te spreek nie.
Stil • Gebruik oop vrae om ‘n sinvolle antwoord van die werknemer
te kry.
• Bevestig die werknemer deur die insette wat verskaf is, te
erken.
• Gee die werknemer genoeg tyd om saak te stel.
• Weerhou daarvan om hul menings aan te val, want dit kan lei
Aggressief tot ‘n konfrontasie.
• Beskerm ander werknemers om deur die werknemer
geïntimideer te word.

Kenner/Kundige
Kenner/Kundige Besluiteloos
Besluiteloos
• Luister
Luister na
na die
die werknemer
werknemer maarmaar maak
maak seker
seker dat
dat
• werknemer
Stel
Stel alternatiewe
alternatiewe benaderings
benaderings voor
voor en
en lei
lei die
die
werknemer deur
deur die
die alternatiewe.
jy
jy in
in beheer
beheer van
• alternatiewe
Waardeer die
Waardeer
van die
die situasie
die insette
situasie bly.
insette maar
bly.
maar noem
noem dat
dat jy
jy • besluitneming
Beklemtoon die
Beklemtoon
alternatiewe.
die belangrikheid
belangrikheid van
van
alternatiewe sal
sal oorweeg. besluitneming enen die
die gevolge
gevolge van
van
• aangesien
Weerhou
Weerhou daarvan
dit tot
oorweeg.
daarvan omom hul
tot 'n
hul menings
menings aan
'n konfrontasie
konfrontasie kan
aan te
te val,
kan lei.
lei.
val,
die vertraging daarvan.
• die vertraging daarvan.
Help die
Help die werknemer
werknemer met
met die
die besluite
besluite en
en
aangesien dit
bevestig
bevestig die
die werknemer.
werknemer.

Aggressief
Aggressief Klaer
Klaer
• mening
Gee
Gee die
die werknemer
werknemer genoeg
genoeg tyd
tyd om
om 'n
'n • deur
Luister
Luister na
na die
die klagtes,
klagtes, maar
maar moenie
moenie dit
dit erken
erken
mening te
te lug.
• want
Weerhou
lug.
Weerhou daarvan
daarvan om
om hul
hul menings
menings aan
aan te
te val,
val, deur jou
• voortjou kop
kop te
Onderbreek die
Onderbreek
te knik
knik nie.
die klaer
nie.
klaer na
na 'n
'n rukkie
rukkie en
en gaan
gaan
want dit
dit kan
kan lei
lei tot
tot 'n
'n meer
meer konfrontasie.
konfrontasie.
• werknemer
Beskerm
Beskerm ander
ander werknemers
werknemers omom deur
geïntimideer te word.
werknemer geïntimideer te word.
deur die
die
voort met
met strategieë
hanteer
hanteer wat
strategieë om
wat aangegee
om die
aangegee is.
is.
die kwessies
kwessies te
te

Stem
Stem saam
saam met
met alles/
alles/
Oor-instemmend
Oor-instemmend Negatief
Negatief
• toelaat
Wees
Wees ferm
ferm met
met die
die werknemer
werknemer en
en moenie
moenie • saamstem
Luister
Luister na
na die
die werknemer,
saamstem nie.
nie.
werknemer, maar
maar moenie
moenie
dat hul
toelaat dat
nakom nie.
hul beloftes
beloftes maak
maak wat
wat hulle
hulle nie
nie kan
kan
• spreek,
Laat
Laat die
die werknemer
werknemer toe
toe om
om menings
menings uit
uit te
te
• nakom nie.
Monitor
Monitor die
die vordering
werknemer
vordering van
van pligte
pligte wat
wat aan
aan die
die spreek, maar
maar moenie
moenie deel
negatiwiteit nie.
negatiwiteit nie.
deel word
word van
van hul
hul
werknemer opgedra
opgedra is.
is.

Stil
Stil
• Gee
Gee die
die werknemer
werknemer genoeg
genoeg tyd
tyd om
om ss mening
mening te
te lig.
lig.
• werknemer
Moenie
Moenie die
die vertraging
vertraging in
in reaksie
reaksie deur
deur die
die
gebruik om jou mening uit te
werknemer gebruik om jou mening uit te
spreek
spreek nie.
nie.
• Gebruik
Gebruik oop
van die
oop vrae
vrae om
die werknemer
om 'n
werknemer te
'n sinvolle
sinvolle antwoord
te kry.
kry.
antwoord

• van
Bevestig
Bevestig die
verskaf
die werknemer
werknemer deur
deur die
die insette
insette wat
wat
verskaf is,
is, te
te erken.
erken.

268 BESIGHEIDSTUDIES | GRAAD 12

BS GRAAD 12 LB AFR.indb 268 2022/03/27 23:48:18


Eenheid 11.3 Stappe van konflikoplossing en tegnieke om konflik op te los

Hantering van moeilike werknemers in die


werkplek
Die werkplek is ‘n ruimte waar daar van werknemers verwag word om op ‘n
aangename manier saam te werk. Sekere werknemers werk egter nie altyd saam
nie en is ‘n afleiding vir ander. Die organisasie moet prosedures in plek hê om
sulke moeilike werknemers te hanteer. Moeilike werknemers het die potensiaal
om ander werknemers te demotiveer en produktiwiteitsvlakke te verlaag.

Maniere om moeilike werknemers te hanteer


Wenk
• Reël ‘n een-tot-een vergadering met die moeilike werknemer om te verhoed
Moenie strategieë om
dat sy/haar aandag afgelei word terwyl die kwessies hanteer word.
die tipes moeilike mense
• Noem die doel van die vergadering om enige vrees wat die werknemer mag te hanteer met moeilike
hê te verlig. persoonlikhede verwar nie.
• Wees spesifiek oor die gedrag van die werknemer wat as onaanvaarbaar geag
word. Die verskille tussen die
hantering van moeilike mense
• Gee die moeilike werknemer geleentheid om sy/haar kant van die
en moeilike persoonlikhede
onaanvaarbare gedrag te verduidelik.
is dat die laasgenoemde
• Bepaal ‘n sperdatum waarteen die gedrag van die moeilike werknemer moet op strategieë fokus om ‘n
verbeter. spesifieke gedrag te hanteer,
• Reël ‘n tyd om ‘n gesprek met die moeilike werknemer te voer oor die terwyl eersgenoemde op
sperdatum en monitering van hul vordering voor die sperdatum. die hantering van moeilike
• Verskaf die moeilike werknemer met riglyne vir die verbetering van sy/haar werknemers in die algemeen
gedrag. fokus.
• Help die moeilike werknemer om realisties te wees oor veranderinge in sy/
haar gedrag.

| Aktiwiteit 11.3 Klaswerk/Huiswerk QR-KODE

VRAAG 1: BESIGHEIDSROLLE (KONFLIKBESTUUR) Hantering van moeilike


werknemers in die werkplek
Besigheidsbedrywighede behels baie werknemers wat nou saam moet werk,
wat tot konflik kan lei. Konflik kan nie in die werkplek vermy word nie, aangesien
dit besighede kan verhoed om hul doelwitte te bereik. Besighede moet die
konflikoplossings tegnieke ken en moet weet hoe om moeilike werknemers in die
werkplek te hanteer.

Skryf ‘n opstel oor konflikbestuur waarin jy die volgende aspekte insluit:

• Beskryf kortliks die verskille tussen griewe en konflik.


• Verduidelik die oorsake van konflik in die werkplek.
• Bespreek die stappe van konflikoplossing/prosedure. https://www.youtube.com/
• Stel maniere voor waarop besighede moeilike werknemers in die werkplek kan watch?v=DuC-r64fVZA&ab_
hanteer. [40] channel=HR360Inc

KWARTAAL 2 | ONDERWERP 11 | Beoordeling van spanprestasie en konflikbestuur 269

BS GRAAD 12 LB AFR.indb 269 2022/03/27 23:48:18


KWARTAAL 2

Breinkaart: Onderwerp 11 – Beoordeling van spanprestasie en


konflikbestuur
Gebruik die breinkaarte as ‘n riglyn om die inhoud wat in hierdie onderwerp
behandel word, te konsolideer.
Maak seker dat jy die inhoud van elke opskrif in hierdie onderwerp bestudeer.

BEOORDELING VAN SPANPRESTASIE

• Interpersoonlike gesindhede en gedrag


Kriteria vir • Gedeelde waardes
suksesvolle spanprestasie • Kommunikasie
• Samewerking

• Gedeelde gemeenskaplike doelwit


• Besluite word as 'n kollektiewe groep geïmplementeer
Eienskappe van • Bydraes van individuele lede
suksesvolle spanprestasie • Wedersydse vertroue/respek
• Konflik word onmiddellik aanspreek
• Spanlede neem verantwoordelikheid vir spertye
• Verhoudings word gekoester/aangemoedig

• Vorming: Spanlede samel inligting/indrukke oor mekaar in en


Vyf stadiums van fokus op roetine take.
spanontwikkeling • Storm: Spanne gaan deur 'n tydperk van konflik en spanlede
konfronteer mekaar se idees/perspektiewe.
• Normering/Stel van norme: Spanlede kom tot 'n ooreenkoms,
bereik konsensus en rol-helderheid word bereik.
• Prestering: Spanlede is bewus van strategieë/doelwitte van die
span en leiers delegeer prosesse/prosedures.
• Ontbinding/Routydperk: Span fokus op die voltooiing van die
taak/beëindiging van die projek.

• Verduidelik die doeltreffendheid en belangrikheid


Belangrikheid van van spanwerk
spandinamika-teorieë • Take word volgens rolle toegeken
in die verbetering • Spanlede met soortgelyke ondervinding kan meeding
van spanprestasie • Om die persoonlikheidstipe van individue te verstaan.
• Onenighede kan verminder word

270 BESIGHEIDSTUDIES | GRAAD 12

BS GRAAD 12 LB AFR.indb 270 2022/03/27 23:48:19


Eenheid 11.3  Stappe van konflikoplossing en tegnieke om konflik op te los

KONFLIKBESTUUR

• Verskillende agtergronde
• Hou nie by die reëls/prosedures nie.
Oorsake van konflik • Gebrek aan samewerking
• Verskillende persoonlikhede
• Gebrek aan erkenning
• Onrealistiese spertye
• Onregverdige werklading
• Gebrek aan duidelike kommunikasie

• Erken dat konflik bestaan


• Bepaal die oorsake van konflik
Tegnieke om konflik • Nooi botsende werknemers uit om hul perspektiewe afsonderlik
op te los te stel
• Reël 'n tyd en plek
• Nooi botsende werknemers om by die vergadering aan te sluit
• Verduidelik die doel
• Laat elke werknemer toe om sy/haar mening uit te spreek
• Moedig botsende werknemers aan om bloot te aanvaar dat hul
perspektiewe verskillend is
• Evalueer die standpunte wat uitgespreek word en neem
'n objektiewe besluit

Grief:
Klag deur 'n werknemer teen die
werkgewer of 'n medewerknemer
Verskille tussen griewe
en konflik
Konflik:
Onenigheid tussen twee of meer
werknemers in die werkplek

• Rapporteer dit mondelings


• Los die grief binne 3-5 dae
• Bestuurder van die toesighouer
Korrekte prosedures • Moet skriftelik wees
om griewe in die • Geskrewe antwoord in reaksie
werkplek te hanteer • Nooi alle partye by die grief na 'n vergadering
• Hoogste bestuur
• KVBA
• Arbeidshof

• Klaers – Luister maar moenie klagtes erken nie.


• Besluiteloos – Stel alternatiewe benaderings voor.
Strategieë om moeilike • Stem saam met alles/Oor-instemmend – Wees ferm en moenie
persoonlikhede te hanteer toelaat dat hulle beloftes maak nie.
• Negatief – Luister, maar moenie saam stem nie.
• Kundige/Kenner – Ken die feite.
• Stil – Laat tyd toe om menings uit te spreek.
• Aggressief – Moenie intimidasie teenoor ander toelaat nie.

KWARTAAL 2 | ONDERWERP 11 | Beoordeling van spanprestasie en konflikbestuur 271

BS GRAAD 12 LB AFR.indb 271 2022/03/27 23:48:19


KWARTAAL 2

Konsolidasie

VRAAG 1
1.1 Verskeie opsies word as moontlike antwoorde op die volgende vrae gegee. Kies die antwoord en skryf slegs die letter
(A–D) langs die vraagnommer (1.1.1 - 1.1.5) neer, byvoorbeeld, 1.1.6 D.
1.1.1 Fokus op spanlede wat bereid is om met mekaar saam te werk:
A Wedersydse vertroue
B Samewerking
C Korporatiewe kultuur
D Interpersoonlike gesindhede.
1.1.2 Peter het ‘n ... teen sy toesighouer ingedien vir onbillike behandeling.
A konflik
B plasing
C induksie
D grief
1.1.3 Tydens die ... -stadium van spanontwikkeling aanvaar spanlede dat hulle in harmonie met mekaar moet werk.
A vorming
B storm
C normering
D prestering
1.1.4 Konflik in die werkplek as gevolg van kulturele invloede word veroorsaak deur ... verskille.
A persoonlikheids-
B sosiale
C agtergrond
D historiese
1.1.5 Deur spandinamika-teorieë te gebruik om spanprestasie te verbeter, het die bestuurder van Kreatiewe Blindings
take toegeken volgens ...
A produktiwiteit.
B gesindheid.
C persoonlikheid.
D rolle. (5 × 2)

VRAAG 2
2.1 Noem VIER oorsake van konflik binne die werkplek.  (4)
2.2 Onderskei tussen griewe en konflik.(4)
2.3 Lees die scenario hieronder en beantwoord die vrae wat volg.

MOODLEY SAGTEWARE OPLOSSINGS (MSO)


Moodley Sagteware Oplossings het Tandiswa onlangs as ‘n web-ontwikkelaar
en Gaynor as ‘n IT-tegnikus aangestel. Mnr Moodley gebruik oop vrae om
betekenisvolle antwoorde van Tandiswa in spanvergaderings te kry. Mnr
Moodley het Gaynor daaraan herinner dat hy haar insette waardeer, maar dat
hy ook ander alternatiewe sal oorweeg voordat hy besluite neem.

2.3.1 Identifiseer TWEE tipes moeilike werknemers wat MSO hanteer het. Motiveer jou antwoord deur uit die
scenario hierbo aan te haal. (6)

272 BESIGHEIDSTUDIES | GRAAD 12

BS GRAAD 12 LB AFR.indb 272 2022/03/27 23:48:19


Eenheid 11.3 Stappe van konflikoplossing en tegnieke om konflik op te los

Konsolidasie

Gebruik die tabel hieronder as ‘n RIGLYN om VRAAG 2.3.1 te beantwoord.


MOEILIKE MOTIVERING
PERSOONLIKHEIDSTIPE
1
2

2.3.2 Stel maniere voor waarop MSO die volgende ander tipes moeilike persoonlikhede kan hanteer:
• Klaer (4)
• Stem saam met alles/Oor-instemmend (4)
2.4. Gee besighede raad oor hoe hulle konflik in die werkplek moet hanteer. (8)
[30]

VRAAG 3: BESIGHEIDSROLLE (BEOORDELING VAN SPANPRESTASIE EN KONFLIKBESTUUR)

Suksesvolle spanprestasie word gekenmerk deur werknemers wat as ‘n span in


die werkplek saamwerk. Die stadiums van spanontwikkeling sal hulself voordoen
en daarom moet besighede hulself met hierdie stadiums vergewis. Besighede
moet maniere ontwikkel om moeilike werknemers te hanteer.

Skryf ‘n opstel oor beoordeling van spanprestasie en konflikbestuur waarin jy die volgende aspekte insluit:

• Beskryf kortliks die kenmerke van suksesvolle spanprestasie.


• Verduidelik enige VIER stadiums van spanontwikkeling.
• Bespreek die korrekte prosedure om griewe in die werkplek te hanteer.
• Stel maniere voor waarop besighede moeilike werknemers in die werkplek kan hanteer. [40]

QR-KODE
Skandeer hierdie kode vir ‘n
oorsig oor die inhoud van
hierdie onderwerp rakende die
spesifieke kernleerpunte.

https://youtube.com/play-
list?list=PLY8n0zQCEkpq-
FIeP-ayvS2S2zCgxTISr3

KWARTAAL 2 | ONDERWERP 11 | Beoordeling van spanprestasie en konflikbestuur 273

BS GRAAD 12 LB AFR.indb 273 2022/03/27 23:48:19


BESIGHEIDSTUDIES
GRAAD 12
SKOOLGEBASEERDE ASSESSERING (SGA) FORMELE ASSESSERINGSTAAK
KWARTAAL 2
VOORBEELD
AANBIEDING
PUNTE: 50

INSTRUKSIES aan leerders


1. Daar word van jou verwag om hierdie taak te voltooi om jou begrip van die volgende onderwerpe aan
te dui:
• Belegging: versekering
• Bestuur en leierskap
• Beoordeling van spanprestasie en konflikbestuur 
• Besigheidsektore en hul omgewings
2. Identifiseer ‘n plaaslike besigheid in jou area en stel ‘n vraelys/onderhoudskedule op vir ‘n onderhoud
met die eienaar of bestuurder. Bring hierdie inligting na die klaskamer wanneer jy die finale geskrewe
aanbieding voorberei.
3. Jou onderwyser sal vir jou ‘n brief van die skool gee om die doel van die taak aan die eienaar/
bestuurder van die besigheid te verduidelik.
4. Jy moet ‘n geskrewe aanbieding sowel as sleutelnotas voorberei om jou bevindinge oor vrae (1.1–1.4)
voor te stel. Bring al jou inligting na die klaskamer om die vrae te beantwoord, die aanbieding te skryf
en die aantekeninge te maak.
5. Heg alle relevante inligting aan en dien die taak op die vasgestelde sperdatum in by jou onderwyser.
Die volgende moet ingesluit word:
• Die antwoorde op alle vrae (1.1 – 2.3) moet uitgeskryf word.
• ‘n Afskrif van die eerste bladsy van die taak met jou naam daarop.
• ‘n Afskrif van die vraelys en onderhoud vir vrae (1.1 – 1.4). Die vraelys en onderhoud moet deur die
eienaar/bestuurder onderteken en gedateer word om te getuig dat jy met hom/haar die onderhoud
gevoer het.
• Jou geskrewe aanbieding sowel as jou sleutelnotas vir die aanbieding moet met inhandiging by jou taak
aangeheg word.
• Die rubriek moet ook aan die taak geheg word.
• Heg ook die rubriek aan, want jou punte sal op die rubriek aangeteken word. Maak seker dat jy weet
wat van jou vereis word.
6. Oefen jou aanbieding sodat jy dit goed aan die klas sal kan aanbied.

Hierdie aanbieding bestaan ​​uit 4 bladsye.

274 BESIGHEIDSTUDIES | GRAAD 12

BS GRAAD 12 LB AFR.indb 274 2022/03/27 23:48:19


DEEL 1
Instruksies
• Stel die onderhoudskedule vir VRAAG 1-4 op.
• Maak ‘n afspraak met enige eienaar/bestuurder van ‘n besigheid in jou gemeenskap.
• Voer ‘n onderhoud met die eienaar deur die vrae hieronder te gebruik.
• Som jou onderhoudsbevindinge op.
• Bied jou bevindinge aan die klas.
1.1 Noem DRIE voorbeelde van korttermynversekering en TWEE voorbeelde van
langtermynversekering wat deur die eienaar geneem is.
Gebruik die tabel hieronder as ‘n RIGLYN om VRAAG 1.1 te beantwoord. (5)
VOORBEELDE VAN VOORBEELDE VAN
KORTTERMYNVERSEKERING LANGTERMYNVERSEKERING
1.
2.
3.

1.2 Verduidelik die voordele van versekering vir die besigheid van jou keuse. (5)
1.3 Ontleed die rol van persoonlike ingesteldheid in suksesvolle leierskap wat deur die eienaars
vertoon word. (5)
1.4 Gee die eienaar raad oor maniere waarop hy/sy moeilike werknemers in die werksplek
kan hanteer. (5)
1.5 Noem die leierskapstyle wat deur die eienaar toegepas word en bespreek die voordele van
hierdie leierskapstyl op sy/haar besigheid. (5)
DEEL 2
Lees die scenario hieronder en beantwoord die vrae wat volg.
MOE BEESPLAAS (MB)
Die werknemers van Moe Beesplaas kom dikwels laat by die werk en behaal nie daaglikse teikens nie. MB
koop hul voorraad by Bathang Lusern wat soms uit voorraad is.

2.1 In hierdie deel van jou taak moet jy die volgende aspekte beantwoord.
2.1.1 Noem die besigheidsektor waarin MB bedrywig is. (1)
2.1.2 Haal TWEE uitdagings aan wat MB in die scenario hierbo in die gesig staar. (2)
2.1.3 Klassifiseer die uitdagings wat in VRAAG 2.1.2 geïdentifiseer is volgens TWEE
besigheidsomgewings.(2)
Gebruik die tabel hieronder as ‘n RIGLYN om VRAAG 2.1.2 en 2.1.3 te beantwoord.
UITDAGINGS BESIGHEIDSOMGEWING
(2.1.2) (2.1.3)
1.

2.

2.2 Bespreek die kenmerke vir suksesvolle spanprestasie. (5)


2.3 Gee besighede raad oor die korrekte prosedure om griewe in die werksplek te hanteer. (5)

DEEL 3
Bied jou DEEL EEN-bevindinge en DEEL 2-antwoorde aan die klas.

Formele Assesseringstaak Kwartaal 2: Aanbieding 275

BS GRAAD 12 LB AFR.indb 275 2022/03/27 23:48:19


276
BESIGHEIDSTUDIES GRAAD 12 RUBRIEK VIR AANBIEDING – DEEL 1
ASSESSERINGS-
0 1 2 3 4 5 TOTAAL
KRITERIA

BS GRAAD 12 LB AFR.indb 276


Voorbeelde Leerder het geen Leerder het slegs Leerder het slegs Leerder het slegs Leerder het slegs Leerder het DRIE 5
van kort- en voorbeeld van kort- en EEN voorbeeld TWEE voorbeelde DRIE voorbeelde van DRIE voorbeelde van voorbeelde van
langtermynversekering. langtermynversekering van óf kort- OF van óf kort- OF korttermynversekering korttermynversekering korttermynversekering
gegee nie. langtermynversekering langtermynversekering gegee, maar nie en EEN voorbeeld van en TWEE voorbeelde van
gegee. gegee. voorbeelde van langtermynversekering langtermynversekering
langtermynversekering gegee. gegee.
gegee nie. OF

BESIGHEIDSTUDIES | GRAAD 12
OF Leerder het slegs
Leerder het slegs TWEE voorbeelde van
TWEE voorbeelde van korttermynversekering
korttermynversekering en TWEE voorbeelde van
en EEN voorbeeld van langtermynversekering
langtermynversekering gegee.
gegee.

Voordele van Leerder kon geen Leerder het slegs Leerder het TWEE Leerder het DRIE Leerder het VIER Leerder het VYF voordele 5
versekering vir voordele van EEN voordeel van voordele van voordele van voordele van van versekering vir
besighede. versekering vir versekering vir versekering vir versekering vir versekering vir besighede bespreek.
besighede gee nie. besighede bespreek. besighede bespreek. besighede bespreek. besighede bespreek.

Rol van persoonlike Leerder het nie feite oor Leerder het slegs Leerder het slegs Leerder het slegs Leerder het slegs Leerder het VYF feite oor 5
ingesteldheid in die rol van persoonlike EEN feit oor die rol TWEE feite oor die DRIE feite oor die VIER feite oor die die rol van persoonlike
suksesvolle leierskap.. ingesteldheid in van persoonlike rol van persoonlike rol van persoonlike rol van persoonlike ingesteldheid in
suksesvolle leierskap ingesteldheid in ingesteldheid in ingesteldheid in ingesteldheid in suksesvolle leierskap
gegee nie. suksesvolle leierskap suksesvolle leierskap suksesvolle leierskap suksesvolle leierskap gegee.
gegee. gegee.  gegee. gegee.

Hantering van moeilike Leerder het geen Leerder het slegs Leerder het slegs Leerder het slegs Leerder het slegs Leerder het VYF 5
werknemers in die strategie verskaf oor EEN strategie oor TWEE strategieë oor DRIE strategieë oor VIER strategieë oor strategieë oor
werksplek. maniere om moeilike maniere om moeilike maniere om moeilike maniere om moeilike maniere om moeilike maniere om moeilike
werknemers te hanteer werknemers te hanteer werknemers te hanteer werknemers te hanteer werknemers te hanteer werknemers te hanteer
nie. gegee. gegee. gegee. gegee. gegee.   

Benoeming van Leerder het nie die Leerder het slegs die Leerder het die Leerder het die Leerder het die Leerder het die 5
die leierskapstyl en leierskapstyl genoem nie leierskapstyl genoem leierskapstyl genoem leierskapstyl genoem en leierskapstyl genoem en leierskapstyl genoem
bespreking oor die en nie die voordele van en nie die voordele van en slegs EEN feit oor die slegs TWEE feite oor die slegs DRIE feite oor die en VIER feite oor die
voordele van die gekose die gekose leierskapstyl die gekose leierskapstyl voordele van die gekose voordele van die gekose voordele van die gekose voordele van die gekose
leierskapstyl. bespreek nie. bespreek nie. leierskapstyl gegee. leierskapstyl gegee. leierskapstyl gegee. leierskapstyl gegee.

2022/03/27 23:48:19
BESIGHEIDSTUDIES GRAAD 12 RUBRIEK VIR AANBIEDING – DEEL 2
ASSESSERINGS-
0 1 2 3 4 5 TOTAAL
KRITERIA
Besigheidsektor, uitdagings Leerder het nie die Leerder het slegs die Leerder het die Leerder het die Leerder het die Leerder het die 5
en besigheidsomgewings. besigheidsektor genoem besigheidsektor genoem, besigheidsektor besigheidsektor genoem en besigheidsektor genoem besigheidsektor genoem
nie, nie uitdagings maar nie uitdagings genoem en slegs EEN TWEE uitdagings aangehaal, en TWEE uitdagings en TWEE uitdagings

BS GRAAD 12 LB AFR.indb 277


aangehaal en volgens die aangehaal en volgens die uitdaging aangehaal, maar hulle nie volgens aangehaal, maar slegs aangehaal en dit volgens
besigheidsomgewings besigheidsomgewings maar dit nie volgens die die besigheidsomgewings EEN uitdaging volgens die besigheidsomgewings
geklassifiseer nie. geklassifiseer nie. besigheidsomgewings geklassifiseer nie. die besigheidsomgewings geklassifiseer.
OF geklassifiseer nie. geklassifiseer.
Leerder het EEN uitdaging
aangehaal, maar nie
die besigheidsektor en
die klassifikasie van
uitdagings volgens
besigheidsomgewings
genoem nie.
Kenmerke vir suksesvolle Leerder het geen kenmerke Leerder het EEN kenmerk vir Leerder het TWEE kenmerke Leerder het DRIE kenmerke Leerder het VIER kenmerke Leerder het VYF kenmerke 5
spanprestasie. vir suksesvolle spanprestasie suksesvolle spanprestasie vir suksesvolle spanprestasie vir suksesvolle spanprestasie vir suksesvolle spanprestasie vir suksesvolle spanprestasie
bespreek nie. bespreek. bespreek. bespreek. bespreek. bespreek.
Korrekte prosedure om Leerder het geen feite oor Leerder het slegs EEN feit oor Leerder het slegs TWEE feite Leerder het slegs DRIE feite Leerder het slegs VIER feite Leerder het VYF feite oor 5
griewe in die werksplek te die korrekte prosedure om die korrekte prosedure om oor die korrekte prosedure oor die korrekte prosedure oor die korrekte prosedure die korrekte prosedure om
hanteer.. griewe in die werksplek te griewe in die werksplek te om griewe in die werksplek om griewe in die werksplek om griewe in die werksplek griewe in die werksplek te
hanteer gegee nie. hanteer gegee. te hanteer gegee. te hanteer gegee. te hanteer gegee. hanteer gegee.

BESIGHEIDSTUDIES GRAAD 12 RUBRIEK VIR VISUELE EN MONDELINGE GEDEELTE VAN DIE AANBIEDING
KRITERIA 0 1 2 3 4 5 TOTAAL
Geskrewe bewyse van: Geen moeite is met die Leerder het slegs EEN van die Leerder het TWEE van die Leerder het DRIE van die Leerder het VIER van die Leerder het al VYF 5
• vraelys opdrag/taak gedoen nie en voorgeskrewe dokumente voorgeskrewe dokumente voorgeskrewe dokumente voorgeskrewe dokumente voorgeskrewe dokumente
• onderhoud geen dokumente is ingesluit ingesluit. ingesluit. ingesluit. ingesluit. ingesluit.
• handtekening van die nie.
bestuurder/eienaar
• geskrewe aanbieding
• sleutelnotas
Aanbiedings-vaardighede Leerder het geen aanbieding Standaard van aanbieding Standaard van aanbieding Standaard van aanbieding Goeie aanbieding, leerder Uitstekende aanbieding, 5
gebaseer op: gedoen nie. is swak, leerder kon slegs was ondergemiddeld, leerder was matig, leerder slaag in VIER van die leerder slaag in al VYF
• oogkontak in EEN van die aspekte kon slegs in TWEE van die slaag in DRIE van die aspekte: oogkontak, het aspekte: oogkontak, het
• stembeheer slaag: oogkontak, het aspekte slaag: oogkontak, aspekte: oogkontak, het stembeheer, goeie lyftaal, stembeheer, goeie lyftaal,
• lyftaal stembeheer, goeie lyftaal, het stembeheer, goeie lyftaal, stembeheer, goeie lyftaal, hanteer sleutelnotas op ‘n hanteer sleutelnotas op ‘n
• hantering van notas hanteer sleutelnotas op ‘n hanteer sleutelnotas op ‘n hanteer sleutelnotas op ‘n professionele manier en dra professionele manier en dra
• oordrag van inhoud professionele manier en dra professionele manier en dra professionele manier en dra sy/haar feite met selfvertroue sy/haar feite met selfvertroue
sy/haar feite met selfvertroue sy/haar feite met selfvertroue sy/haar feite met selfvertroue oor. oor.
oor. oor. oor.

PUNTE ONTVANG/BEHAAL:
Deel 1

Formele Assesseringstaak Kwartaal 2: Aanbieding


Deel 2
Visuele en mondelinge aanbieding

277
Totaal /50

2022/03/27 23:48:19
BESIGHEIDSTUDIES
GRAAD 12
SKOOLGEBASEERDE ASSESSERING (SGA) FORMELE ASSESSERINGSTAAK
KWARTAAL 2
VOORBEELD
JUNIE EKSAMEN VRAESTEL 1
PUNTE: 150 TYD: 2 UUR

INSTRUKSIES EN INLIGTING
Lees die volgende instruksies aandagtig deur voordat die vrae beantwoord word.
1. Hierdie vraestel bestaan uit DRIE afdelings.
AFDELING A: VERPLIGTEND
AFDELING B: Bestaan uit DRIE vrae.
Beantwoord enige TWEE van die drie vrae in hierdie afdeling.
AFDELING C: Bestaan uit TWEE vrae.
Beantwoord enige EEN van die twee vrae in hierdie afdeling.
2. Lees die instruksies vir elke vraag aandagtig deur en neem deeglik kennis van wat vereis word. Let daarop
dat SLEGS die eerste TWEE vrae in AFDELING B en die EERSTE vraag in AFDELING C nagesien sal word.
3. Nommer die antwoorde korrek volgens die nommeringstelsel wat in hierdie vraestel gebruik is. GEEN
punte sal toegeken word vir antwoorde wat verkeerd genommer is NIE.
4. Behalwe waar ander instruksies gegee word, moet antwoorde in volsinne geskryf word.
5. Gebruik die puntetoekenning en aard van elke vraag om die lengte en diepte van ‘n antwoord te bepaal.
6. Gebruik die tabel hieronder as ‘n riglyn vir punte- en tydstoekenning wanneer jy elke vraag beantwoord.

AFDELING VRAAG PUNTE TYD


A Objektiewe tipe vrae 1 30 30 minute
VERPLIGTEND

B DRIE direkte/indirekte tipe vrae 2 40 30 minute


KEUSE (Beantwoord enige TWEE.)
3 40 30 minute
4 40 30 minute

C TWEE opsteltipe vrae 5 40 30 minute


KEUSE (Beantwoord enige EEN.)
6 40 30 minute

TOTAAL 150 120 minute


7. Begin die antwoord op ELKE vraag op ‘n NUWE bladsy, bv. VRAAG 1 – nuwe bladsy, VRAAG 2 – nuwe
bladsy, ens.
8. Jy mag ‘n nie-programmeerbare sakrekenaar gebruik.
9. Skryf netjies en leesbaar.

Hierdie vraestel bestaan ​​uit 5 bladsye.

278 BESIGHEIDSTUDIES | GRAAD 12

BS GRAAD 12 LB AFR.indb 278 2022/03/27 23:48:19


AFDELING A (VERPLIGTEND)
VRAAG 1
1.1 Verskeie opsies word as moontlike antwoorde op die volgende vrae gegee. Kies die antwoord en skryf
slegs die letter (A–D) langs die vraagnommer (1.1.1 tot 1.1.5) in die ANTWOORDEBOEK neer, bv. 1.1.6 D.
1.1.1 Kleurvolle Verwe spesialiseer in die vervaardiging van gehalte verf. Hulle is bedrywig in die …
sektor
A sekondêre
B primêre
C tersiêre
D informele
1.1.2 ‘n nywerheidsanalise-instrument wat deur besighede gebruik word om uitdagings van die
markomgewing te ontleed.
A Porter se Vyf Kragte-model
B PESTWO-ontleding
C SSGB-ontleding
D Delphi-tegniek
1.1.3 Datavaslegging is die verantwoordelikheid van die … funksie by M&M Bpk.
A produksie
B aankope
C administrasie
D menslike hulpbronne
1.1.4 Besighede hou op met bedrywighede en verkoop al hul bates om skuld te delg. Dit is ‘n
voorbeeld van ... as ‘n defensiewe strategie.
A disinvestering
B likwidasie
C aflegging
D arbitrasie
1.1.5 Die … is die liggaam wat toesig hou oor nakoming van die Nasionale Kredietwet, 2005
(Wet 34 van 2005).
A Nasionale Kredietreguleerder
B Skuldberader
C Verbruikerstribunaal
D Kommissaris van Ede (5 × 2) (10)
1.2 Voltooi die volgende stellings deur die woord(e) in die lys hieronder te gebruik. Skryf slegs die woord(e)
langs die vraagnommer (1.2.1 tot 1.2.5) in die ANTWOORDEBOEK neer.

een en ‘n half;   Wet op Verbruikersbeskerming;   dubbel;   werwing;   gerieflike;

tydsverwante;    Nasionale Kredietwet;    stukwerk;    plasing;    plaasvervanger

1.2.1 Durum Bpk. verseker dat die nuwe werknemers se vaardighede ooreenstem met die vereistes
van die pos. Dit staan ​​bekend as...
1.2.2 Luna het … (keer) haar normale betaling ontvang vir werk op Menseregtedag.
1.2.3 Die … dwing besighede om die pryse van alle goedere te vertoon.
1.2.4 KTY Ondernemings sal … salarisbepaling gebruik om werknemers te betaal wanneer
ooreengekome dele van ‘n projek voltooi is.
1.2.5 ‘n … produk voldoen aan dieselfde behoeftes van verbruikers en kan gebruik word om mekaar
te vervang.  (5 × 2) (10)

Formele Assesseringstaak Kwartaal 2: Junie Eksamen Vraestel 1 279

BS GRAAD 12 LB AFR.indb 279 2022/03/27 23:48:19


1.3 Kies ‘n beskrywing uit KOLOM B wat by ‘n term in KOLOM A pas. Skryf slegs die letter (A–J) langs die
vraagnommer (1.3.1 tot 1.3.5) in die ANTWOORDEBOEK neer, bv. 1.3.6 K

KOLOM A KOLOM B
1.3.1 Wet op A die besigheid fokus daarop om verskaffers oor te koop
Arbeidsverhoudinge B teoretiese en praktiese opleidingsgeleenthede wat lei tot ‘n erkende
1.3.2 Gehalteversekering beroepskwalifikasie
1.3.3 Leerlingskap C ‘n ontsnaproete vir besighede om moeilikhede te vermy
1.3.4 Strategie D gee werkgewers die reg om werknemers wat aan ‘n wettige staking deelgeneem
1.3.5 Voorwaartse vertikale het, te ontslaan
integrasie E gee werknemers die reg om aan te sluit by ‘n vakbond van hul keuse
F verseker dat die verlangde gehalte nagekom word deur die finale produk te
inspekteer
G besighede wat hul verspreiders oorneem
H vertoon die langtermyn plan van aksie om ‘n doelwit te bereik 
I word tydens en na die produksieproses uit gevoer
J leerders verwerf ‘n erkende graad na voltooiing van hierdie opleiding
 (5 × 2) (10)
TOTAAL AFDELING A [30]

AFDELING B
Beantwoord ENIGE TWEE vrae in hierdie afdeling.
LET WEL: Dui die VRAAGNOMMER van elke vraag wat jy kies, duidelik aan. Die antwoord op ELKE vraag moet op
‘n NUWE bladsy begin, bv. VRAAG 2 op ‘n NUWE bladsy, VRAAG 3 op ‘n NUWE bladsy.
VRAAG 2: BESIGHEIDSOMGEWINGS
2.1 Noem enige VIER pilare van die Wet op Breëbasis-Swart Ekonomiese Bemagtiging (BBSEB). (4)
2.2 Identifiseer die Verbruikersreg volgens die Wet op Verbruikersbeskerming wat deur DH Handelaars
in ELKE stelling hieronder toegepas word.
2.2.1 ‘n Skriftelike kwotasie is aan Melville gegee oor die koste van nuwe teëls vir sy huis.
2.2.2 Dit is deel van die beleid by DH Handelaars om geen vals of misleidende inligting aan kliënte te
gee nie.
2.2.3 DH Handelaars verseker dat hulle nie kliënte doelbewus mislei ten opsigte van pryse nie. (6)
2.3 Noem DRIE besigheidsomgewings en meld die mate van beheer wat besighede oor ELKE omgewing het.
Gebruik die tabel hieronder as ‘n RIGLYN om VRAAG 2.3 te beantwoord.
BESIGHEIDSOMGEWINGS MATE VAN BEHEER
1.
2.
3.
 (6)
2.4 Verduidelik die rol van SOOO’s in die ondersteuning van die Wet op Vaardigheidsontwikkeling (WVO).(6)
2.5 Lees die scenario hieronder en beantwoord die vrae wat volg.
BRENDON MUSIEKINSTRUMENTE (BMI)
Brendon Musiek Instrumente spesialiseer in die verkoop van goeie gehalte musiekinstrumente. Die eienaar is
‘n hoogs gekwalifiseerde musikant met kennis van alle instrumente. Die onderneming het egter nie genoeg
kapitaal gehad om in voorraad te belê nie. Die misdaadsyfer in die gebied is baie hoog. John Sabena is bereid
om waagkapitaal in die musiekbedryf te belê.

2.5.1
Stel ‘n SSGB-ontleding vir BMI saam deur inligting uit die scenario hierbo te gebruik. (4)
2.5.2
Stel EEN strategie voor wat deur BMI gebruik kan word om ‘n bedreiging wat in VRAAG 2.5.1
aangehaal is, te hanteer. (2)
2.6 Bespreek die stappe in strategie-evaluering. (6)
2.7 Beveel maniere aan waarop besighede aan die Wet op Gelyke Indiensneming, 1998 (Wet 55 van
1998) kan voldoen. (6)
[40]
280 BESIGHEIDSTUDIES | GRAAD 12

BS GRAAD 12 LB AFR.indb 280 2022/03/27 23:48:19


VRAAG 3: BESIGHEIDSBEDRYWIGHEDE
3.1 Noem SES bronne van interne werwing. (6)
3.2 Lees die scenario hieronder en beantwoord die vrae wat volg.
RALPH ONTSPANNINGSOORD (ROO)
Ralph Ontspanningsoord het ‘n vakature vir ‘n ontvangsdame op hul webwerf geadverteer. Die advertensie
het die volgende aspekte rakende die pos ingesluit:
• Die ontvangsdame sal besprekings vir die gaste moet maak en plasings in die verskillende kamers
moet doen.
• Aansoekers moet ‘n diploma in administrasiebestuur hê.

3.2.1 Identifiseer TWEE komponente van posontleding wat ROO gebruik het om die advertensie
saam te stel. Motiveer jou antwoord deur uit die scenario hierbo aan te haal.
Gebruik die tabel hieronder as ‘n RIGLYN om VRAAG 3.2.1 te beantwoord.

KOMPONENTE VAN POSONTLEDING MOTIVERING


1.
2.
(6)
3.3 Verduidelik die rol van die onderhoudvoerder tydens die onderhoud. (8)
3.4 Identifiseer die besigheidsfunksie wat verantwoordelik is vir die verbetering van die gehalte van prestasie
in ELK van die stellings hieronder.
3.4.1 Peter implementeer ‘n nuwe voorraadbeheer bestuurstelsel vir die besigheid.
3.4.2 Suzy is verantwoordelik vir persverklarings oor die KMI-projekte van die besigheid. (4)
3.5 Bespreek die impak van TGB as dit swak deur besighede geïmplementeer word. (8)
3.6 Gee besighede raad oor hoe om die BDKH-model/siklus toe te pas as deel van deurlopende verbetering
aan prosesse en stelsels.  (8)
[40]
VRAAG 4: DIVERSE ONDERWERPE
BESIGHEIDSOMGEWINGS
4.1 Noem DRIE tipes verlof soos bepaal in die Wet op Basiese Diensvoorwaardes, 1997 (Wet 75 van 1997).
(3)
4.2 Lees die scenario hieronder en beantwoord die vrae wat volg.
ABRAHAMSEN HANDELAARS (AH)
Carol ‘n werknemer by Abrahamsen Handelaars het van ‘n leer afgeval en haar been tydens voorraadopname
gebreek. AH het geweier om die ongeluk aan te meld. AH het Carol versoek om nie die ongeluk aan te meld
nie aangesien hulle nie by die Vergoedingsfonds geregistreer is nie.

4.2.1 Identifiseer die Wet wat werknemers toelaat om vir werksplekbeserings te eis. Motiveer jou
antwoord deur uit die scenario hierbo aan te haal. (3)
4.2.2 Bespreek die strafmaatreëls wat AH in die gesig staar indien hulle die Wet wat in VRAAG 4.2.1
geïdentifiseer is oortree. (6)
4.3 Gee besighede raad oor hoe hulle die volgende Porter se Vyf Kragte-model kan toepas om hul posisie in
die mark te ontleed:
4.3.1 Krag van kopers (4)
4.3.2 Mededingende wedywering (4)

BESIGHEIDSBEDRYWIGHEDE
4.4 Noem VIER voorbeelde van byvoordele.  (4)
4.5 Beskryf kortliks die verband tussen salarisbepaling en die Wet op Basiese Diensvoorwaardes, 1997 (Wet
75 van 1997). (6)
4.6 Brei uit oor die betekenis van Totale Gehaltebestuur (TGB). (4)

Formele Assesseringstaak Kwartaal 2: Junie Eksamen Vraestel 1 281

BS GRAAD 12 LB AFR.indb 281 2022/03/27 23:48:19


4.7 Lees die scenario hieronder en beantwoord die vrae wat volg.
JANCO BPK (JB)
Die bestuur van Janco Bpk ondervind probleme met die gehalte van een van hul produklyne. Hulle het
gehaltesirkels versoek om oplossings aan die bestuur voor te stel. Hulle is ook versoek om aanbevelings te
maak vir die verbetering van stelsels en prosesse in die werksplek.

4.7.1
Haal die rolle van gehaltesirkels uit die scenario hierbo aan. (2)
4.7.2
Gee JB raad oor ander rolle van gehaltesirkels as deel van deurlopende verbetering van prosesse
en stelsels. (4)
[40]
TOTAAL AFDELING B [80]

AFDELING C
Beantwoord ENIGE EEN vraag in hierdie afdeling.
LET WEL: Dui die VRAAGNOMMER van elke vraag wat jy kies, duidelik aan. Die antwoord op ELKE vraag moet op
‘n NUWE bladsy begin, bv. VRAAG 5 op ‘n NUWE bladsy OF VRAAG 6 op ‘n NUWE bladsy.

VRAAG 5: BESIGHEIDSOMGEWINGS (BESIGHEIDSTRATEGIEË)

Die strategiese bestuursproses speel ‘n baie belangrike rol om besighede in die regte rigting te lei. Baie
besighede pas verskillende tipes integrasie-strategieë toe om hul posisies in die mark te behou. Ander is ten
gunste van diversifikasiestrategieë om meer kliënte te verkry. Besighede moet maniere vind om die uitdagings
wat deur sosiale en ekonomiese faktore as elemente van PESTWO-ontleding gestel word, te hanteer.

Skryf ‘n opstel oor besigheidstrategieë waarin jy die volgende aspekte insluit:


• Beskryf kortliks die strategiese bestuursproses.
• Verduidelik DRIE tipes integrasie-strategieë.
• Bespreek die voordele van diversifikasiestrategieë.
• Gee besighede raad oor hoe om uitdagings te hanteer wat deur die volgende PESTWO-faktore gestel word:
– Tegnologiese
– Ekonomiese (40)

VRAAG 6: BESIGHEIDSBEDRYWIGHEDE (GEHALTE VAN PRESTASIE)

Besighede trek voordeel uit ‘n goeie gehalte bestuurstelsel deur gehalteprestasie binne die produksiefunksie te
verseker. ‘n Duidelike begrip van deurlopende vaardigheidsontwikkeling en totale kliënte-tevredenheid as TGB-
elemente kan besighede help om die koste van gehalte te verminder.

Skryf ‘n opstel oor gehalte van prestasie waarin jy die volgende aspekte insluit:
• Beskryf kortliks die voordele van ‘n goeie gehalte bestuurstelsel.
• Verduidelik die gehalte-aanwysers van die produksiefunksie.
• Evalueer die impak van deurlopende vaardigheidsontwikkeling op groot besighede.
• Stel maniere voor waarop TGB die koste van gehalte kan verminder. (40)

TOTAAL AFDELING C [40]


GROOTTOTAAL[150]

282 BESIGHEIDSTUDIES | GRAAD 12

BS GRAAD 12 LB AFR.indb 282 2022/03/27 23:48:19


BESIGHEIDSTUDIES
GRAAD 12
SKOOLGEBASEERDE ASSESSERING (SGA) FORMELE ASSESSERINGSTAAK
KWARTAAL 2
VOORBEELD/EKSEMPLAAR
JUNIE EKSAMEN VRAESTEL 2
PUNTE: 150 TYD: 2 UUR

INSTRUKSIES EN INLIGTING
Lees die volgende instruksies aandagtig deur voordat die vrae beantwoord word.
1. Hierdie vraestel bestaan uit DRIE afdelings.
AFDELING A: VERPLIGTEND
AFDELING B: Bestaan uit DRIE vrae.
Beantwoord enige TWEE van die drie vrae in hierdie afdeling.
AFDELING C: Bestaan uit TWEE vrae.
Beantwoord enige EEN van die twee vrae in hierdie afdeling.
2. Lees die instruksies vir elke vraag aandagtig deur en neem deeglik kennis van wat vereis word. Let daarop
dat SLEGS die eerste TWEE vrae in AFDELING B en die EERSTE vraag in AFDELING C nagesien sal word.
3. Nommer die antwoorde korrek volgens die nommeringstelsel wat in hierdie vraestel gebruik is. GEEN
punte sal toegeken word vir antwoorde wat verkeerd genommer is NIE.
4. Behalwe waar ander instruksies gegee word, moet antwoorde in volsinne geskryf word.
5. Gebruik die puntetoekenning en aard van elke vraag om die lengte en diepte van ‘n antwoord te bepaal.
6. Gebruik die tabel hieronder as ‘n riglyn vir punte- en tydstoekenning wanneer jy elke vraag beantwoord.

AFDELING VRAAG PUNTE TYD


A Objektiewe tipe vrae
1 30 30 minute
VERPLIGTEND

B DRIE direkte/indirekte tipe vrae 2 40 30 minute


KEUSE (Beantwoord enige TWEE.)
3 40 30 minute
4 40 30 minute

C TWEE opsteltipe vrae 5 40 30 minute


KEUSE (Beantwoord enige EEN.)
6 40 30 minute

TOTAAL 150 120 minute


7. Begin die antwoord op ELKE vraag op ‘n NUWE bladsy, bv. VRAAG 1 – nuwe bladsy, VRAAG 2 – nuwe
bladsy, ens.
8. Jy mag ‘n nie-programmeerbare sakrekenaar gebruik.
9. Skryf netjies en leesbaar.

Hierdie vraestel bestaan ​​uit 5 bladsye.

Formele Assesseringstaak Kwartaal 2: Junie Eksamen Vraestel 2 283

BS GRAAD 12 LB AFR.indb 283 2022/03/27 23:48:20


AFDELING A (VERPLIGTEND)
VRAAG 1
1.1 Verskeie opsies word as moontlike antwoorde op die volgende vrae gegee. Kies die antwoord en skryf
slegs die letter (A–D) langs die vraagnommer (1.1.1 tot 1.1.5) in die ANTWOORDEBOEK neer, bv. 1.1.6 D.
1.1.1 … is ‘n voorbeeld van langtermynversekering.
A Mediese fonds
B Voertuigversekering
C Aftree-annuïteite
D Versekering teen oorloë
1.1.2 Hantering van konflik in die werksplek behels …
A die afdanking van die moeilike werker..
B om ‘n vergadering vir alle geaffekteerde partye te hou..
C die verskuiwing van die blaam..
D die indiening van ‘n grieweprosedure..
1.1.3 Besighede moet … denke gebruik om voor hul mededingers te bly.
A konvensionele
B roetine
C kreatiewe
D nie-konvensionele
1.1.4 John het sy arm tydens ‘n motorongeluk verloor. Hy het sy eis by die ... ingedien.
A Werkloosheidsversekeringsfonds/WVF
B Vergoeding vir Beroepsbeserings en -siektes (WVBBS)
C Padongelukkefonds (POF)/Padongelukvoordeelskema (POVS)
D Staatsbystandsfonds
1.1.5 Pamela besit ‘n fabriek wat in ‘n brand beskadig is. Die skade aan die fabriek is op R300 000
beraam. Sy het die fabriek vir R780 000 verseker, maar die huidige markwaarde daarvan is R1,2
miljoen. Pamela sal … van die versekeraar ontvang.
A R461 538
B R195 000
C R300 000
D R780 000 (5 × 2) (10)
1.2 Voltooi die volgende stellings deur die woord(e) in die lys hieronder te gebruik. Skryf slegs die woord(e)
langs die vraagnommer (1.2.1 tot 1.2.5) in die ANTWOORDEBOEK neer.

transaksionele; dinkskrum; transformasie; misleidende advertensies; prospektus;

skadeloosstelling; onregverdige advertensies; skuldbriewe; nominale groep; sekuriteit

1.2.1 Die … tegniek laat ‘n werknemer toe om stilweg idees op sy/haar eie te genereer en dit later
met die groep te deel.
1.2.2 Hazel pas die …leierskapsteorie toe om werknemers met ‘n lae moraal te motiveer..
1.2.3 Die versekeraar het die beginsel van … toegepas toe die versekerde vergoed is vir verliese gely
as gevolg van brand.
1.2.4 Vladimir Bpk. het vals inligting gebruik om hul produkte te bemark. Dit staan ​​bekend as ….
1.2.5 Mahomed Beperk het (‘n) … uitgereik om geleende kapitaal van die publiek in te samel.
 (5 × 2) (10)

284 BESIGHEIDSTUDIES | GRAAD 12

BS GRAAD 12 LB AFR.indb 284 2022/03/27 23:48:20


1.3 Kies ‘n beskrywing uit KOLOM B wat by ‘n term in KOLOM A pas. Skryf slegs die letter (A–J) langs die
vraagnommer (1.3.1 tot 1.3.5) in die ANTWOORDEBOEK neer, bv. 1.3.6 K.

KOLOM A KOLOM B
1.3.1 Dividend A die bedrag wat ‘n versekerde moet betaal voordat die eis verwerk word
1.3.2 Premie B opbrengs op vaste bates
1.3.3 Konflik C formele onenigheid tussen ‘n werknemer en die werkgewer
1.3.4 Charismatiese D opbrengs op belegging in RSA kleinhandel-spaareffekte 
leierskapstyl E leiers gebruik hul persoonlikheid om werknemers te inspireer en te motiveer
1.3.5 Kapitaalwins F die maandelikse bedrag wat die versekerde aan die versekeraar moet betaal
G meningsverskil of botsing van menings in die werksplek
H opbrengs op belegging in aandele
I leiers beloon werknemers vir die bereiking van teikens
J opbrengs op internasionale beleggings
 (5 × 2) (10)
TOTAAL AFDELING A [30]

AFDELING B
Beantwoord ENIGE TWEE vrae in hierdie afdeling.
LET WEL: Dui die VRAAGNOMMER van elke vraag wat jy kies, duidelik aan. Die antwoord op ELKE vraag moet op
‘n NUWE bladsy begin, bv. VRAAG 2 op ‘n NUWE bladsy, VRAAG 3 op ‘n NUWE bladsy.
VRAAG 2: BESIGHEIDSGELEENTHEDE
2.1 Noem TWEE voorbeelde van korttermynversekering. (2)
2.2 Identifiseer die beginsel van versekering wat deur ELKE stelling hieronder voorgestel word.
2.2.1 Peter moet bewys dat hy ‘n finansiële verlies sal ly indien die versekerde voorwerp beskadig,
verlore raak of ophou bestaan.
2.2.2 Norma was eerlik en het al haar besonderhede bekend gemaak toe sy om ‘n
versekeringskontrak aansoek gedoen het. (4)
2.3 Onderskei tussen versekering en assuransie.(4)
2.4 Lees die scenario hieronder en beantwoord die vrae wat volg.
BISMARCK EIENDOMME (BE)
Die bestuur by Bismarck Eiendomme wil ‘n nuwe produkreeks bekendstel. Hulle het werknemers versoek
om hul insette tydens ‘n informele vergadering te lewer.

2.4.1 Identifiseer die leierskapstyl wat deur BE toegepas word. (2)


2.4.2 Stel situasies voor waarin die geïdentifiseerde leierskapstyl in VRAAG 2.4.1 in die werksplek
toegepas kan word.  (6)
2.5 Bespreek die rol van persoonlike houding in suksesvolle leierskap. (6)
2.6 Lees die scenario hieronder en beantwoord die vrae wat volg.

Jumbo Ondernemings het R100 000 by BASA Bank in ‘n vaste deposito vir drie jaar belê. Die bank het hulle
12% saamgestelde rente aangebied.

2.6.1 Brei uit oor die betekenis van saamgestelde rente. (4)
2.6.2 Bereken die rente wat Jumbo Ondernemings na drie jaar sal ontvang. (4)
2.7 Gee besighede raad oor die volgende faktore wat in ag geneem moet word wanneer beleggingsbesluite
geneem word:
2.7.1 Opbrengs op belegging (4)
2.7.2 Risiko (4)
[40]
VRAAG 3: BESIGHEIDSROLLE
3.1 Beskryf kortliks TWEE voorbeelde van etiese gedrag in die werksplek. (4)
3.2 Onderskei tussen besluitneming en probleemoplossing.(4)

Formele Assesseringstaak Kwartaal 2: Junie Eksamen Vraestel 2 285

BS GRAAD 12 LB AFR.indb 285 2022/03/27 23:48:20


3.3 Lees die scenario hieronder en beantwoord die vrae wat volg.
SHIVA GEREEDSKAP VERVAARDIGERS (SGV)
Die bestuur van Shiva Gereedskap Vervaardigers oorweeg die moontlikheid om ‘n nuwe produkreeks by te
voeg, maar wil eers die menings van kundiges oor die volhoubaarheid en lewensvatbaarheid van die besluit kry.

3.3.1
Identifiseer die probleemoplossingstegniek wat deur SGV gebruik sal word. (2)
3.3.2
Verduidelik hoe SGV die probleemoplossingstegniek wat in VRAAG 3.3.1 geïdentifiseer is,
kan toepas. (6)
3.4 Verduidelik aan Nadal Bpk hoe die direkteure die volgende King-kode-beginsels kan toepas:
3.4.1 Deursigtigheid (4)
3.4.2 Verantwoordelikheid (4)
3.5 Bespreek die positiewe impak van dinkskrums op besighede. (6)
3.6 Gee besighede raad oor die korrekte prosedure om griewe in die werksplek te hanteer. (6)
3.7 Beveel maniere aan oor hoe besighede die prysbepaling van goedere in landelike gebiede kan hanteer.(4)
[40]
VRAAG 4: DIVERSE ONDERWERPE
BESIGHEIDSGELEENTHEDE
4.1 Identifiseer die versekeringskonsep wat deur ELKE stelling hieronder voorgestel word:
4.1.1 Die versekeringskontrak bepaal dat die versekerde item vervang sal word indien dit oorverseker is.
4.1.2 Die versekerde moet eers ‘n sekere bedrag betaal wanneer ‘n eis ingedien word.
4.1.3 Die versekeraar sal nie die volle bedrag van die verlies betaal indien bates onderverseker is nie.
(6)
4.2 Lees die scenario hieronder en beantwoord die vrae wat volg.
BLOUBESSIE BAKKERY (BB)
Bloubessie Bakkery het oor die jare daarin geslaag om `n billike deel van die bakbedryf te domineer. Die
bestuur van BB gebruik verskillende leierskapstyle om verskillende omstandighede te bestuur. Die passie
en persoonlikheid van hul toesighouers inspireer werknemers om gepas aan te pas tydens tye van
drastiese verandering. BB besef die belangrikheid daarvan om deur voorbeeld te lei en bevorder sterk
werksverhoudinge met werknemers.

4.2.1 Identifiseer die leierskapsteorieë van toepassing op BB. Motiveer jou antwoord deur uit die scenario
hierbo aan te haal. Gebruik die tabel hieronder as ‘n RIGLYN om VRAAG 4.2.1 te beantwoord.

LEIERSKAPTEORIEË MOTIVERING
1.
2.
3.
(9)
4.3 Verduidelik likiditeit as ‘n faktor wat in ag geneem moet word wanneer ‘n beleggingsbesluit geneem
word. (4)

BESIGHEIDSROLLE
4.4 Noem VIER oorsake van konflik in die werksplek. (4)
4.5 Lees die scenario hieronder en beantwoord die vrae wat volg.
RA VERWE (RV)
Roberto en Adie is albei direkteure by RA Verwe. Roberto het belowe om Jamila as die nuwe sekretaresse
aan te stel as sy instem om ‘n intieme verhouding met hom te hê. Andrew, die vragmotorbestuurder, gebruik
gereeld die besigheid se vragmotor vir privaat reise. Adie gebruik dikwels die kredietkaart van die besigheid
vir persoonlike uitgawes sonder toestemming van Roberto.

286 BESIGHEIDSTUDIES | GRAAD 12

BS GRAAD 12 LB AFR.indb 286 2022/03/27 23:48:20


4.5.1 Identifiseer DRIE tipes onprofessionele sakepraktyke wat deur die werknemers van RV vertoon
word. Motiveer jou antwoord deur uit die scenario hierbo aan te haal.
Gebruik die tabel hieronder as ‘n RIGLYN om VRAAG 4.5.1 te beantwoord.

ONPROFESSIONELE SAKEPRAKTYKE MOTIVERING


1.
2.
3.
 (9)
4.6 Gee raad aan besighede hoe hulle ‘n Kragveld-ontleding kan toepas om komplekse besigheidsprobleme
op te los. (8)
[40]
TOTAAL AFDELING B [80]

AFDELING C
Beantwoord ENIGE EEN vraag in hierdie afdeling.
LET WEL: Dui die VRAAGNOMMER van elke vraag wat jy kies, duidelik aan. Die antwoord op ELKE vraag moet op
‘n NUWE bladsy begin, bv. VRAAG 5 op ‘n NUWE bladsy OF VRAAG 6 op ‘n NUWE bladsy.

VRAAG 5: BESIGHEIDSGELEENTHEDE (BELEGGING: SEKURITEITE)

Besighede kan besluit om van hul opgehoopte spaargeld by genoteerde maatskappye op die JSE te belê.
Beleggingstermyn is een van die faktore wat die besigheid moet oorweeg voor die belegging plaas vind.
Besighede kan kies om in skuldbriewe en waagkapitaal te belê. Aandele as ‘n vorm van belegging moet
noukeurig geëvalueer word.

Skryf ‘n opstel oor belegging: sekuriteite waarin jy die volgende aspekte insluit:
• Beskryf kortliks die funksies van die Johannesburgse Effektebeurs (JSE).
• Verduidelik beleggingstermyn as ‘n faktor wat in ag geneem moet word wanneer ‘n beleggingsbesluit
geneem word.
• Bespreek die volgende tipes beleggingsgeleenthede:
– Skuldbriewe
– Waagkapitaal
• Gee beleggers raad oor die impak van aandele as ‘n vorm van belegging.
[40]

VRAAG 6: BESIGHEIDSROLLE (SPANPRESTASIE EN KONFLIKBESTUUR)

Besighede verstaan die​​ belangrikheid van suksesvolle spanwerk in die werksplek. Spandinamika-teorieë speel ‘n
belangrike rol in die verbetering van spanprestasie. Bestuur moet ‘n duidelike begrip hê van verskillende stadiums
van spanontwikkeling. Hulle moet ook maniere vind om moeilike persoonlikhede in die werksplek te hanteer.

Skryf ‘n opstel oor spanprestasie en konflikbestuur waarin jy die volgende aspekte insluit:
• Beskryf kortliks die kenmerke van suksesvolle spanprestasie.
• Beskryf die belangrikheid van spandinamika-teorieë in die verbetering van spanprestasie.
• Bespreek enige DRIE stadiums van spanontwikkeling in die werksplek.
• Stel maniere voor waarop besighede die volgende moeilike persoonlikhede in die werksplek kan hanteer:
– Klaers
– Kundiges
[40]

TOTAAL AFDELING C [40]


GROOTTOTAAL[150]

Formele Assesseringstaak Kwartaal 2: Junie Eksamen Vraestel 2 287

BS GRAAD 12 LB AFR.indb 287 2022/03/27 23:48:20


BESIGHEIDSTUDIES | Graad 12

KWARTAAL 3

12 Menseregte, inklusiwiteit
en omgewingskwessies
ONDERWERP OORSIG

 Eenheid 12.1 Menseregte


 Eenheid 12.2 Diversiteit in die werkplek
 Eenheid 12.3 Omgewingskwessies

Leerdoelwitte
Aan die einde van hierdie onderwerp moet leerders die volgende
kan doen:
❖ Beskryf kortliks/Noem die volgende menseregte in die werkplek:
privaatheid, waardigheid, gelykheid, vryheid van spraak en
uitdrukking, inligting, veiligheid, sekuriteit en beskerming van lewe
❖ Identifiseer die bostaande menseregte uit gegewe scenario’s/
stellings.
❖ Beveel maniere aan waarop besighede die bostaande menseregte
in die werkplek kan hanteer.
❖ Beskryf kortliks/Noem die ekonomiese regte van werknemers in die
werkplek.
❖ Beskryf kortliks/Noem die sosiale regte van werknemers in die
werkplek.
❖ Beveel maniere aan waarop besighede die sosiale regte en
kulturele regte in die werkplek kan bevorder.
❖ Verduidelik die implikasies van gelykheid, respek en waardigheid
op besighede.
❖ Definieer/Brei uit oor die betekenis van diversiteit in die werkplek.
❖ Identifiseer/Noem die volgende diversiteitskwessies uit gegewe
scenario’s of stellings: armoede, ras, geslag, taal, ouderdom,
kultuur, geloof en gestremdheid.
❖ Beveel aan/Stel maniere voor waarop besighede die bostaande
diversiteitskwessies in die werkplek kan hanteer.
❖ Bespreek die voordele van diversiteit in die werkplek
❖ Verduidelik die verantwoordelikhede van werkgewers om
menslike gesondheid en veiligheid in die werkplek te bevorder.
❖ Beskryf kortliks/Verduidelik/Bespreek die rol van die gesondheids-
en veiligheidsverteenwoordigers om die werksomgewing te
beskerm, bv. opvolg van die doeltreffendheid van die gesondheids-
en veiligheidsmaatreëls, identifiseer potensiële gevare in die
werksomgewing, ondersoek werkers se klagtes, ens.
❖ Identifiseer die rol van die gesondheids- en
veiligheidsverteenwoordigers uit gegewe scenario’s.
❖ Verduidelik die verantwoordelikhede van werknemers om
menslike gesondheid en veiligheid in die werkplek te bevorder

288 BESIGHEIDSTUDIES | GRAAD 12

BS GRAAD 12 LB AFR.indb 288 2022/03/27 23:48:20


Eenheid 12.1 Menseregte

Leerdoelwitte
❖ Identifiseer die verantwoordelikhede van werkgewers en
werknemers vir die bevordering van menslike gesondheid en
veiligheid in die werkplek uit gegewe scenario’s.
❖ Beveel aan/Stel strategieë voor wat besighede kan gebruik om die
omgewing en menslike gesondheid te beskerm.
❖ Assesseer ‘n sake-onderneming volgens menseregte, inklusiwiteit
en omgewingskwessies, met behulp van informele opnames,
onderhoude, ens.

Kernbegrippe
■ Ekonomiese regte: die regte wat elke persoon moet hê om ekonomies
aktief te wees en volgens sekere wette en regulasies behandel te word.
■ Gelykheid: gelyke indiensnemingspraktyke, sonder enige diskriminasie.
Almal is geregtig op gelyke regte, status, voordele, ens.
■ Gestremdheid: ‘n fisiese of geestelike toestand wat ‘n persoon se
bewegings, sintuie of aktiwiteite beperk.
■ Kulturele regte: die reg om die idees, gebruike en sosiale gedrag van ‘n
bepaalde groep of samelewing uit te oefen.
■ Maatskaplike regte: die reg van mense op welsyn en maatskaplike
voordele.
■ Menseregte: die basiese regte wat almal het omdat hulle mense is, ongeag
hul geslag, ras, nasionaliteit of enige ander status.
■ Respek: beleefde gedrag teenoor of omgee vir iemand/iets wat jy dink
belangrik is. Dit is wanneer jy iemand/iets met ordentlikheid of
bedagsaamheid behandel.
■ Waardigheid: om ‘n persoon met respek te behandel.

Inleiding
Menseregte is basiese regte wat in die Suid-Afrikaanse Grondwet verskans is. Hierdie
regte stel mense in staat om met mekaar te kommunikeer, deur ‘n gedeelde stel regte
en verantwoordelikhede. Daar word ook van besighede verwag om menseregte in die
werkplek te bevorder. In Graad 10 het jy  oor die doel van inklusiwiteit in die werkplek
geleer. In Graad 11 het jy van veiligheid en verteenwoordigers van gesondheid by die
werkplek geleer. Ons sal ‘n breedvoerige ontleding van die menseregte, inklusiwiteit
en omgewingskwessies in Graad 12 behandel.

KWARTAAL 3 | ONDERWERP 12 | Menseregte, inklusiwiteit en omgewingskwessies 289

BS GRAAD 12 LB AFR.indb 289 2022/03/27 23:48:22


KWARTAAL 3

Eenheid 12.1  Menseregte


Die betekenis van menseregte in die werkplek
Menseregte is regte wat almal op geregtig is. Hierdie regte word beskerm deur die
Handves van Regte vervat in hoofstuk twee van die Grondwet van die Republiek
van Suid-Afrika, Wet Nr. 108 van 1996. Hierdie regte is op gemeenskaplike
waardes gebaseer soos waardigheid, gelykheid, regverdigheid, respek ens.

Vryheid van spraak


REGSADVIES beteken dat jy kan
sê wat jy dink.

Daar is baie menseregte, maar in hierdie eenheid sal ons, vir eksamendoeleindes,
slegs fokus op die volgende ses menseregte en die implikasies daarvan in die
werkplek:
• privaatheid
• waardigheid
• gelykheid
• vryheid van spraak en uitdrukking
• inligting
• veiligheid, sekuriteit en beskerming van lewe.

Ons sal ‘n verduideliking gee van hierdie menseregte soos uiteengesit in die
Grondwet.

Privaatheid
Mense se inligting moet vertroulik gehou word en hul eiendom moet gerespekteer
word.

Waardigheid en respek
Elkeen het die reg om met respek behandel te word en dat hul waardigheid beskerm
word.

290 BESIGHEIDSTUDIES | GRAAD 12

BS GRAAD 12 LB AFR.indb 290 2022/03/27 23:48:22


Eenheid 12.1  Menseregte

Gelykheid
Mense moet gelyk wees in regte, status en voordele en as sodanig in die werkplek
behandel word.

Vryheid van spraak en uitdrukking


Elkeen behoort die reg te hê om sy/haar mening uit te spreek en moet nie gestraf of
teen gediskrimineer word omdat hulle dit uitspreek nie.

Wenk
Jy moet net op die ses
Inligting menseregte van werknemers
in die werkplek fokus,
Almal moet toegang hê tot inligting wat hulle raak, insluitend alle inligting wat deur
soos uiteengesit in die
werkgewers, die regering en ander belanghebbendes gehou word.
Eksamenriglyne.

Veiligheid, sekuriteit en beskerming van lewe


Mense het die reg op ‘n omgewing wat nie skadelik vir hul gesondheid is nie en die
regte toerusting om hul gesondheid en veiligheid te beskerm.

Maniere om menseregte in die werkplek te Wenk


hanteer Fokus op ‘hoe’ besighede
Besighede moet hul werknemers, kliënte en ander belanghebbendes korrek elke mensereg van die
werknemers in die werkplek
hanteer. Die beleid en praktyke van die besigheid moet die reëls insluit
moet hanteer.
waarvolgens die besigheid moet funksioneer rakende menseregte. Dit sal lojaliteit
verseker en regstappe teen die besigheid verminder.

Privaatheid
• Besighede moet die regte van werknemers en kliënte respekteer en mag dit
nie skend nie.
• Persoonlike inligting oor werknemers of kliënte moet vertroulik gehou word
en moet nie aan enigiemand anders gegee word nie.
• Die besigheid moet enige inligting oor die MIV/VIGS-status of chroniese
siektes van hul werknemers vertroulik hou.
• Dit is onwettig om ander mense se e-posse te lees of enige gesprekke op te
neem tensy vooraf gestipuleer word.

KWARTAAL 3 | ONDERWERP 12 | Menseregte, inklusiwiteit en omgewingskwessies 291

BS GRAAD 12 LB AFR.indb 291 2022/03/27 23:48:22


KWARTAAL 3

Respek en Waardigheid
• Besighede moet hul werknemers waardeer ongeag hul sosio-ekonomiese
status en alle werknemers met respek en waardigheid behandel word.
• Werknemers mag nie gedwing word om vernederende werk te doen nie.
• Besigheid moet met respek en waardigheid kommunikeer teenoor die
werknemers en kliënte.

Gelykheid
• Besighede moenie teen werknemers diskrimineer op grond van byvoorbeeld
geslag, ras, geloof en seksuele oriëntasie nie, maar gelyke geleenthede aan
hulle gee.
• Besighede moet verseker dat hul werkers gelyke betaling ontvang vir werk
van gelyke waarde.
• Besighede moet toepaslike wetgewing regverdig toepas op alle
bestuursvlakke. Byvoorbeeld, met nuwe aanstellings moet hulle by die
regulasies van die WGI hou.
• Bestuurders moet verseker dat geen werknemer nadelig beïnvloed word nie
as gevolg van diskriminasie. Byvoorbeeld, vaderskapverlof is geïmplementeer
om gelyke regte aan vaders te gee.

Vryheid van spraak en uitdrukking


• Besighede moet oop kommunikasiekanale tussen bestuur en werknemers
toelaat, hulle kan byvoorbeeld ‘n boks vir griewe van die werknemers
implementeer.
• Besighede moet werknemers ‘n platform gee om hul griewe stel sonder enige
viktimisering. Besighede kan werkplek verteenwoordigers aan te stel.
• Die werknemer het die reg om hul mening uit te spreek en moet nie gestraf of
gediskrimineer word as gevolg daarvan nie.

Inligting
• Werkers moet toegang hê tot inligting wat hulle raak, insluitend alle inligting
wat deur die regering gehou word, byvoorbeeld beleide, werkskedules,
indiensnemingskontrakte en arbeidswette soos die WBDV/WGI/WVO.
• Besighede moet deursigtig wees in hul finansiële state deur werknemers wat
versoek toe te laat om die state te sien.
• Wanneer nuwe inligting beskikbaar word, moet die besigheid werknemers
daaroor inlig.
• Werknemers moet inligting ontvang oor die KSI-projekte van die besigheid en
hoe dit hulle sal raak.

292 BESIGHEIDSTUDIES | GRAAD 12

BS GRAAD 12 LB AFR.indb 292 2022/03/27 23:48:22


Eenheid 12.1 Menseregte

Veiligheid/Sekuriteit en beskerming van lewe


• Besighede moet werkers met beskermende klere voorsien,
byvoorbeeld handskoene en skoene.
• Besighede moet voldoen aan die regulasies soos die
WBGV/WVBBS, wat die veiligheid en gesondheid van die
werknemers raak.
• Werkgewers moet voorsorgmaatreëls tref om te verseker
dat werknemers en hul besittings veilig in die werkplek is.

Die ekonomiese regte van


werknemers
Ekonomiese regte van werkers sluit die volgende in:
• Vryheid van dwangarbeid.
• Die reg om werk te aanvaar of te kies.
• Gelyke lone en gelyke betaling vir gelyke werk.
• Die reg op ontspanning en redelike beperking
van werksure.
• Veilige en gesonde werksomstandighede.
• Om vakbonde te vorm en daarby aan te sluit.
• Reg om aan ‘n wettige staking deel te neem.

Die maatskaplike regte van werknemers


Die volgende maatskaplike regte is van toepassing op die werkplek:
• Skoon water
• Opvoeding
• Beskerming
• Gesondheidsorg

Maniere om maatskaplike regte in die werkplek te


bevorder
Die besigheid moet op die volgende implikasies vir besighede konsentreer: QR-KODE
• Die besigheid moet voldoen aan die reg van werkers om toegang tot skoon Jong werkers: Jou regte en
water en maatskaplike sekuriteit in die werkplek te hê. verantwoordelikhede.
• Verskaf geleenthede vir werknemers om vaardigheidsopleiding sessies by te
woon en voorsien hulle met basiese onderwys vir volwassenes.
• Die besigheid moet werkers by die WVF registreer om voldoende beskerming
te bied in die geval van werkloosheid of siekte.
• Die besigheid kan werknemers aanmoedig om aan spesiale geleenthede deel
te neem, byvoorbeeld Wêreldvigsdag.
• Die besigheid kan gesondheidsorgdienste verskaf deur klinieke op die perseel
te vestig om werknemers toegang tot basiese mediese sorg te gee.

https://www.youtube.com/
watch?v=LkeQieO5THw

KWARTAAL 3 | ONDERWERP 12 | Menseregte, inklusiwiteit en omgewingskwessies 293

BS GRAAD 12 LB AFR.indb 293 2022/03/27 23:48:26


KWARTAAL 3

Wenk Kulturele regte


Maatskaplike regte sluit Maniere om kulturele regte in die werkplek te bevorder
aspekte soos gesondheidsorg,
voedsel, water, maatskaplike Die besigheid kan die volgende maniere implementeer om kulturele regte in die
sekerheid, geloof en werkplek te bevorder:
onderwys in. • Die besigheid moet die reg van werkers om deel te neem aan hul kulturele
Kulturele regte sluit lewe respekteer.
aspekte soos taal, kulturele • Die besigheid moet ‘n omgewing bied waarin werknemers vry hul eie taal
aktiwiteite en inheemse mag gebruik wanneer in hul vrye tyd met ander te kommunikeer.
kennis in. • Die besigheid kan werknemers help om mekaar te respekteer deur gereelde
kulturele inligtingsessies te werkplek hou.
• Verskillende kulture kan geakkommodeer word deur verskillende kos in die
kantien sowel as personeelfunksies te verskaf.
• Die besigheid, moet volgens die WGI, mense van verskeie kulturele
agtergronde in diens neem.
• Die besigheid moet werknemers oplei om ander kulture in die werkplek
te verdra.

QR-KODE Implikasies van gelykheid, respek en


Werkplek gelykheid waardigheid op besighede
en respek is goed vir
• Werknemers moet gelyk behandel word, ongeag hul ras, kleur, ouderdom,
besigheidsbedrywighede.
geslag, gestremdheid, ensovoorts.
• Gelyke toegang tot geleenthede, posisies en hulpbronne moet vir alle
werknemers beskikbaar wees.
• Wetgewing rakende gelyke geleenthede en menseregte in die werkplek moet
deur werkgewers en werknemers geïmplementeer word.
• Besighede moet gelykheidsprogramme ontwikkel wat strategieë bevorder o
m te verseker dat alle werknemers gelyk behandel word, ongeag status, rang
of mag.
• Die missiestelling van die besigheid moet waardes van gelykheid en
respek insluit.
https://www.youtube.com/ • Besighede moet kwessies soos diversiteit, diskriminasie en teistering in hul
watch?v=muEn65m83qQ opleiding en besigheidsbeleide insluit.
• Voorvalle van diskriminasie moet aangemeld word, en werkgewers moet
vinnig en regverdig op hierdie kwessie in die werkplek reageer.
• Besighede moet verseker dat die werksomgewing veilig, regverdig en vry van
verleentheid is.
• Besighede moet opdragte of take respekvol uit deel, en indien toepaslik,
die werknemers toelaat om insette te gee oor die manier waarop die take
uitgevoer moet word.
• Besighede moet werkers moet met respek en waardigheid behandel deur
erkenning te gee aan werk wat goed gedoen is.

294 BESIGHEIDSTUDIES | GRAAD 12

BS GRAAD 12 LB AFR.indb 294 2022/03/27 23:48:26


Eenheid 12.2  Diversiteit in die werkplek

| Aktiwiteit 12.1 Klaswerk/Huiswerk

VRAAG 1
1.1 Beskryf kortliks VIER ekonomiese regte van werkers in die werkplek. (8)
1.2 Lees die scenario hieronder en beantwoord die vraag wat volg.
JUNG LOGISTIEK (JL)
Benno Jung is die eienaar van Jung Logistiek. Bono bied nie vir Fatima
en Fabio dieselfde salarisskaal nie, maar hulle albei presteer goed en het
dieselfde ervaring. Sommige van JL se werknemers is bang om hul opinies te
lig omdat hulle dalk teenoor gediskrimineer sal word.
Bono het die MIV-status van een van sy werknemers met sy junior bestuurder
gedeel. Henk is as ‘n vragmotorbestuurder aangestel, maar hy het opdrag gekry
om riool uit lekkende pype te verwyder. JL het nie hul werknemers ingelig oor
hul rolle in die KMI-projekte wat vir die gemeenskap gedoen sal word nie.

1.2.1 Identifiseer VYF menseregte wat deur JL geskend is. Motiveer jou
antwoord deur uit die scenario hierbo aan te haal. Gebruik die tabel
hieronder as ‘n RIGLYN om VRAAG 1.2.1 te beantwoord.
MENSEREGTE MOTIVERING Wenk
Gebruik die korrekte
1.
bewoording vir die
2. menseregte in VRAAG 1.2.1.
3.
4.
5.
Wenk
(15)
Die sub-afdeling/vraag
1.3 Verduidelik die implikasie van gelykheid, respek en waardigheid op
(Vraag 1.3) moet holisties
besighede.(8) beantwoord word en die
1.4 Beveel maniere aan waarop besighede sosiale regte in die werkplek kan aspekte moet nie verdeel
bevorder.(6) word in gelykheid, respek en
[37] waardigheid nie.

Eenheid 12.2  Diversiteit in die werkplek


Diversiteit beteken dat mense verskil ten opsigte van rasse,
geslag, ouderdom, kultuur, geloof en agtergrond, ens.
Die werkplek bestaan ​​uit werknemers met diverse agtergronde.
Besighede moet maniere ontwikkel om die kwessies van
diversiteit in die werkplek te hanteer.

In hierdie eenheid fokus ons op hoe besighede die volgende


kwessies van diversiteit kan hanteer:
• armoede
• ras
• geslag
• taal
• ouderdom
• kultuur en geloof
• gestremdheid.

KWARTAAL 3 | ONDERWERP 12 | Menseregte, inklusiwiteit en omgewingskwessies 295

BS GRAAD 12 LB AFR.indb 295 2022/03/27 23:48:28


KWARTAAL 3

Wenk
Maniere waarop die besigheid kwessies van
Wanneer jy ‘n vraag
diversiteit kan hanteer
beantwoord oor maniere Kom ons kyk na hoe besighede die kwessies van diversiteit kan hanteer.
om diversiteitskwessies te
hanteer, konsentreer op wat Armoede
die besigheid moet doen om
die kwessie te hanteer. • Die besigheid moet mense van verskillende sosio-ekonomiese agtergronde en
status in ag neem wanneer hulle nuwe personeellede in diens neem.
• Voorheen benadeelde individue moet ook ‘n kans hê om opgevoed te
word deur Basiese Onderwys en Opleiding vir Volwassenes (BOOV) by die
opleidingsprogramme van die besigheid in te sluit.
• Die besigheid moet werknemers beloon vir dienste wat goed gelewer is en in
hul basiese behoeftes voorsien.
• Besighede moet verseker dat die pryse van produkte bekostigbaar is vir hul
geïdentifiseerde verbruikersmark.
• Sommige werklose mense uit plaaslike gemeenskappe moet opgelei word as
deel van ‘n besigheid se KMI-projekte.
• Besighede kan gesubsidieerde etes of kantien geriewe op die perseel vir hul
werknemers aanbied.
• Gratis uniforms of persoonlike beskermende klere moet aan alle werknemers
verskaf word om hul veiligheid in die werkplek te verseker.

Ras
• Besighede moet regstellende aksie-beleide implementeer soos vereis deur
WGI en ander wette.
• Daar moet geen diskriminasie in die werkplek wees op grond van velkleur nie.
• Besighede moet aan die SEB en BBSEB voldoen wanneer hulle mense aanstel.
• Besighede moet verseker dat die werkplek divers is deur mense van
verskillende rassegroepe in diens te neem.
• Voorheen benadeeldes behoort voorkeurbehandeling te kry wanneer nuwe
aanstellings gemaak moet word.

Geloof en Kultuur

• Besighede moet sensitief wees vir spesiale versoeke van verskillende


kultuurgroepe, byvoorbeeld om verlof te neem vir kulturele vakansiedae
en feeste.
• Besighede moet voorsiening maak vir spesiale kos en spesiale voorbereidings
metodes in die werkers kantien.
• Elke werker het die reg dat hul kultuur en geloof erken en gerespekteer word.
• Daar mag geen diskriminasie teen werknemers wees op grond van hul
kulturele agtergrond nie.
• Niemand moet gedwing word om werk te doen wat teen hul geloof kan
wees nie.

296 BESIGHEIDSTUDIES | GRAAD 12

BS GRAAD 12 LB AFR.indb 296 2022/03/27 23:48:31


Eenheid 12.2  Diversiteit in die werkplek

Geslag

• Die besigheid moet gelyke werksgeleenthede aan mans en vrouens bied.


• Beide mans en vrouens moet die geleentheid kry om bevorder te word na
bestuursposte.
• Die besigheid moet teikens stel vir geslagsgelykheid in die besigheid asook die
implementering daarvan.
• Nuwe aanstellings moet op vaardighede en vermoë gebaseer wees, ten spyte
van die geslag van die persoon.
• Die besigheid moet regstellende aksie instel deur te verseker dat manlike en
vroulike werknemers billik en gelyk vergoed word.

Taal
• Besighede het die voorreg om te spesifiseer dat alle kommunikasie slegs in
een spesifieke taal moet wees en kan van werknemers verwag om ‘n sekere
vlak van vlotheid in daardie taal te hê.
• Die besigheid moet opleiding aan die werknemers verskaf in die amptelike
taal van die besigheid.
• Indien nodig, moet die besigheid ‘n tolk in diens neem om almal in staat te
stel om te verstaan ​​wat in ‘n vergadering gesê word.
• Alle besigheidskontrakte moet in ‘n maklik verstaanbare taal wees en moet
verduidelik word in die taal van keuse vir die betrokke partye wat die kontrak
onderteken.
• By besigheid vergaderings moet geen werknemer uitgesluit voel nie omdat
hulle nie die taal wat gebruik word verstaan ​​nie.

Ouderdom
• Die besigheid moet bevorderings implementeer gebaseer op ‘n spesifieke stel
vaardighede eerder as om aan ouderdom gekoppel te word.
• Die WBDV verbied die indiensneming van persone van 15 jaar of jonger.
• ‘n Besigheid mag ‘n persoon in diens neem wat ouer as die normale aftree-
ouderdom is, mits daardie persoon die mees geskikte kandidaat is.
• Indien ‘n persoon die mees geskikte kandidaat vir ‘n pos is, kan ‘n besigheid
daardie persoon in diens neem al is hulle ouer as die normale aftree-
ouderdom.
• Ouer werknemers kan as mentors gebruik word om jong werknemers te help
om hul potensiaal te ontwikkel.

KWARTAAL 3 | ONDERWERP 12 | Menseregte, inklusiwiteit en omgewingskwessies 297

BS GRAAD 12 LB AFR.indb 297 2022/03/27 23:48:32


KWARTAAL 3

• Die besigheid moet van jong werknemers verwag om ouer werknemers te


respekteer en te leer.
• Almal in die besigheid moet geleer word om sensitief te wees vir verskillende
perspektiewe van verskillende ouderdomsgroepe.

Gestremdheid
• Besighede moet mense wat fisies gestremd is in diens neem in poste wat vir
hulle geskik is.
• Die fasiliteite in die besigheid behoort voorsiening te maak vir mense wat
fisies gestremd is, deur byvoorbeeld, opritte vir rolstoele of sanitasie-geriewe
vir fisies gestremde mense, ensovoorts.
• Besighede moet verseker dat werkers met spesiale behoeftes nie
gemarginaliseer word of uitgesluit voel van werkplek aktiwiteite nie.
• Besighede moet goed ingelig wees oor hoe om gestremde werknemers te
hanteer.
• Die beleide en programme van die besigheid moet die behoeftes van mense
met gestremdhede akkommodeer.
• Besighede moet ‘n organisasiekultuur skep wat bevorderlik is vir mense met
gestremdhede.
• Besighede moet hul werknemers oplei oor hoe om kollegas te hanteer wat
enige vorm van gestremdheid het.
• Besighede kan van eksterne kundiges gebruik maak wat hulle kan adviseer
oor hoe om gestremdheid- en verblyf kwessies te hanteer.
• Die besigheid moenie  teen werknemers diskrimineer wat gestremdhede het
nie, en moet hulle ook nie onregverdig behandel nie.
• Die besigheid moet op die vaardighede en werksprestasie van die gestremde
werker fokus, eerder as die gestremdheid en moontlike probleme wat dit in
die toekoms mag inhou.

298 BESIGHEIDSTUDIES | GRAAD 12

BS GRAAD 12 LB AFR.indb 298 2022/03/27 23:48:35


Eenheid 12.2  Diversiteit in die werkplek

Voordele van diversiteit in die werkplek


• ‘n Diverse arbeidsmag verbeter die vermoë van ‘n besigheid om probleme op
te los, meer innoverend te wees en diverse markte te bevorder.
• Wanneer werknemers mekaar se diversiteit waardeer, leer hulle om oor Wenk
hindernisse en/of verskille heen te skakel/konnekteer en te kommunikeer.
Moenie die voordele van
• ’n Diverse arbeidsmag kan die moraal en motivering van werknemers diversiteit met die voordele
verbeter. van kreatiewe denke in
• Wanneer mense gerespekteer, aanvaar en verstaan ​​voel, toon hulle groter die werkplek verwar nie.
lojaliteit teenoor die besigheid. Diversiteit fokus op hoe
• Meer idees en insette vanuit verskillende perspektiewe van ‘n diverse besighede voordeel kan trek
arbeidsmag kan besighede ‘n mededingende voordeel gee, aangesien hulle uit ‘n diverse arbeidsmag.
beter dienste kan lewer.
• Wanneer werknemers hul diversiteit respekteer en aanvaar dat dit goeie
besigheidsin maak, verbeter dit die winsgewendheid van die besigheid.
• Wanneer ‘n besigheid verseker dat hul beleid en praktyke diversiteit insluit, sal
dit werknemers bemagtig om tot hul volle potensiaal te presteer.
• Beleggers en ander belanghebbendes evalueer besighede toenemend oor hoe
hulle diversiteit in die werkplek bestuur.
• Werknemers van verskillende agtergronde en inheemse kennis kan
verskillende perspektiewe na die besigheid bring.
• ’n Debat of dinkskrum met ’n gediversifiseerde arbeidsmag kan nuwe of
verbeterde maniere stimuleer om dinge gedoen te kry.
• ’n Diverse werksmag van werknemers wat verskeie groepe verteenwoordig
sal in staat wees om kliënte se behoeftes te erken en verbruikers tevrede
te stel.
• Diversiteit in die besigheid sal meer waarskynlik bydra tot ‘n goeie openbare
beeld en meer kliënte lok.

| Aktiwiteit 12.2 Huiswerk/Klaswerk

VRAAG 1
1.1 Brei uit oor die betekenis van diversiteit in die werkplek. (4)
1.2 Identifiseer die diversiteitskwessie wat deur Mathe Handelaars (MH) in ELKE
stelling hieronder aangespreek word:
1.2.1 MH het die regstellende aksie-beleid bekendgestel om te verseker dat
manlike en vroulike werkers gelyke werksgeleenthede gebied word.
1.2.2 MH verkoop spesiale kos in die kantien om voorsiening te maak vir
verskillende werknemers in die besigheid.
1.2.3 Hulle moedig ouer werknemers aan om jonger werknemers te help om
hul potensiaal te ontwikkel.
1.2.4 MH het opritte gebou vir werknemers wat rolstoele gebruik. (8)
1.3 Bespreek die voordele van diversiteit in die werkplek. (8)
1.4 Stel maniere voor waarop besighede armoede as ‘n diversiteitskwessie in die
werkplek kan hanteer. (8)
[28]

KWARTAAL 3 | ONDERWERP 12 | Menseregte, inklusiwiteit en omgewingskwessies 299

BS GRAAD 12 LB AFR.indb 299 2022/03/27 23:48:35


KWARTAAL 3

Eenheid 12.3  Omgewingskwessies


Besighede neem die impak van hul bedrywighede op die omgewing in ag
en verseker dat hul optrede nie hul werknemers benadeel en die omgewing
besoedel nie. Dit is die verantwoordelikheid van die werkgewer, gesondheids-
en veiligheidsverteenwoordigers, werknemers en die besigheid om menslike
gesondheid en veiligheid in die werkplek te bevorder.

Kom ons kyk na die verantwoordelikhede van elk van die bogenoemde
belanghebbendes in die bevordering van menslike gesondheid en veiligheid in
die werkplek.

Wenk
Verantwoordelikhede van werkgewers om
Die werkgewer kan in hierdie
menslike gesondheid en veiligheid in die
konteks die Hoof Uitvoerende werksplek te bevorder
Beampte (HUB) van die
besigheid wees. • Besighede moet toerusting voorsien, en in stand hou, wat werkers veilig hou
terwyl hul werk.
• Werkgewers moet stelsels in plek hê wat verseker dat daar geen skadelike
impak op die gesondheid en veiligheid van werkers sal wees nie.
• Werkgewers moet persoonlike beskermende klere aan werkers verskaf en
gevare in die werkplek verminder of verwyder.
• Werkgewers moet die produksie, verwerking, berging, vervoer van
materiaal of toerusting noukeurig monitor om te verseker dat die werkers se
gesondheid nie deur gevaarlike stowwe benadeel word nie.
• Werkgewers moet weet waar potensiële gevare kan wees en maatreëls tref
om die skade uit te skakel of te beperk, byvoorbeeld die oppervlak van die
vloer moet nie glad wees nie.
• Werkers moet ingelig word of opdrag gegee en onder toesig gehou word om
potensiële gevare vir hulself te beperk, byvoorbeeld tekens by nooduitgange
moet vir alle werknemers sigbaar wees.
• Besighede moet verseker dat werkers van toerusting gebruik maak slegs
onder toesig van ‘n aangewese opgeleide werker.

300 BESIGHEIDSTUDIES | GRAAD 12

BS GRAAD 12 LB AFR.indb 300 2022/03/27 23:48:37


Eenheid 12.3 Omgewingskwessies

Rolle van gesondheids- en Wenk


veiligheidsverteenwoordigers in die Gesondheid- en
beskerming van die werksomgewing Veiligheidsverteenwoordigers
word deur medewerkers
Die volgende aspekte vorm deel van die rolle van die gesondheids- en verkies om namens hulle
veiligheidsverteenwoordigers: op te tree om enige
• Hulle moet verseker dat die korrekte persoonlike beskermende klere aan alle gesondheids- en veiligheids
werkers verskaf en beskikbaar is, en dat die werkers altyd dit dra. kwessies in die werkplek op
• Hulle moet potensiële gevare in die werkplek identifiseer, byvoorbeeld ‘n los te los.
reling by ‘n trap.
• Bevorder en hersien veiligheidsmaatreëls in die werkplek.
• Hulle moet met die bestuur kommunikeer om die doeltreffendheid van QR-KODE
gesondheids- en veiligheidsmaatreëls na te gaan en te monitor.
‘n Dag in die lewe van
• Hulle moet verseker dat alle werkers die korrekte toerusting ontvang wat ‘n gesondheids- en
hulle nodig het om hul werk te verrig, en dat die toerusting gereeld in stand veiligheidsverteenwoordiger.
gehou word.
• Hulle moet verseker dat die besigheid die nodige veiligheidsopleiding aan alle
werknemers verskaf sodat enige potensiële gevare in die werkplek vermy
kan word.
• Hulle moet verseker dat gevaarlike toerusting onder toesig van opgeleide en
gekwalifiseerde werkers gebruik word.
• Hulle moet die produksie, verwerking, berging en vervoer van materiaal/
toerusting monitor om te verseker dat die werkers se gesondheid en
veiligheid nie deur enige gevaarlike materiaal/toerusting in gevaar gestel
word nie.
• Hulle moet verseker dat werkgewers aan WVBBS/COIDA voldoen, https://www.youtube.com/
byvoorbeeld deur ongelukke wat moontlik in die werkplek plaasgevind het, watch?v=a2tgvsCtKuA
aan te meld.

Verantwoordelikhede van werkers/ Wenk

werknemers in die bevordering van Wanneer jy ‘n vraag oor


hierdie gedeelte beantwoord,
gesondheid en veiligheid in die werkplek konsentreer op die
verantwoordelikheid van die
Die verantwoordelikhede van werknemers ten opsigte van gesondheid en WERKNEMER.
veiligheid is soos volg:
• Werkers moet bewus wees dat hulle na hul gesondheid en veiligheid in die
werkplek moet omsien.
• Werkers moet altyd voldoen aan die reëls en prosedures van die besigheid,
byvoorbeeld, hulle moet altyd die voorgeskrewe veiligheidsklere soos harde
hoede, veiligheidsskoene en handskoene dra.
• Indien daar onveilige of ongesonde werksomstandighede is, moet hulle dit by
die betrokke owerhede of bestuur aanmeld.
• Ongelukke moet onmiddellik by die betrokke owerhede aangemeld word en
die voorgeskrewe papierwerk moet voltooi word.
• Werkers moet redelike stappe neem om hul veiligheid te verseker en aan die
reëls en beperkings van die werkplek te voldoen.
• Indien hulle bewus is van enige siekte wat hul vermoë om te werk kan
beïnvloed, moet hulle hul werkgewer betyds inlig.

KWARTAAL 3 | ONDERWERP 12 | Menseregte, inklusiwiteit en omgewingskwessies 301

BS GRAAD 12 LB AFR.indb 301 2022/03/27 23:48:37


KWARTAAL 3

Wenk
Strategieë wat besighede kan gebruik om die
Wanneer jy hierdie afdeling omgewing en menslike gesondheid te beskerm
bestudeer, moet jy fokus op • Besighede moet nie wins genereer ten koste van die omgewing nie, maar
HOE besighede die omgewing hulle moet voldoen aan die relevante wette en regulasies.
en menslike gesondheid moet • Die besigheid moet bewus wees van hul impak op besoedeling en ander
beskerm. Onthou om aspekte
omgewingskwessies om die impak daarvan te minimaliseer, byvoorbeeld,
van beide beskerming van die
moet besighede moet veilige maniere vind om van afval ontslae te raak en/of
omgewing, sowel as menslike
gesondheid in jou antwoord giftige afval te stort, ens.
in te sluit. • Die besigheid moet ook stappe doen om betrokke te raak by
omgewingsbewustheid programme.
• Die besigheid moet sy produksietegnieke verander ten gunste van skoner en
groener tegnologieë om die omgewing te beskerm.
• Volgens die maatskaplike regte van werkers moet die besigheid die water in
die werkplek toets om te verseker dat dit veilig is vir menslike gebruik.
• Die besigheid moet na natuurlike hulpbronne omsien en natuurbewaring bevorder.
• Die besigheid moet ‘n beleid hê om besoedeling te minimaliseer en aktief te
hergebruik, te herwin en afval te verminder.
• Die besigheid kan die verbruik van goedere en dienste wat omgewings
onvriendelik is verminder, deur byvoorbeeld te belê in toepaslike tegnologie
soos skoon, son- of windkrag.
• Hulle moet registreer of betrokke raak by erkende instellings of liggame wat
omgewingsbewustheid en groen-energie bevorder.
• Die fisiese werksomstandighede in die werkplek moet altyd
beroepsgesondheid bevorder, en werkers-vriendelik en veilig wees.
• Die besigheid moet die fisiese werksomstandighede evalueer, om menslike
gesondheid te verbeter, byvoorbeeld deur voldoende beligting en ventilasie te
voorsien om optimale en funksionele werksomstandighede te verseker.
• Voer gereeld dienste en instandhouding op alle masjiene uit om ongelukke in
die werkplek te verminder.
• Die besigheid moet werkers opvoed oor higiëne kwessies, byvoorbeeld hande
was.
• Om die gesondheid van werkers te verbeter, moet die besigheid werknemers
aanmoedig om gereelde gesondheidsondersoeke te doen, byvoorbeeld om
hul bloeddruk- en temperatuur gereeld te meet, ensovoorts.

| Aktiwiteit 12.3 Klaswerk/Huiswerk

VRAAG 1: BESIGHEIDSROLLE (OMGEWINGSKWESSIES)

Werkgewers moet hul verantwoordelikhede in ag neem om menslike gesondheid en


veiligheid in die werkplek te bevorder. Die verteenwoordigers is ook verantwoordelik vir
die bevordering van gesondheid en veiligheid in die werkplek. Werknemers moet ook
hul rol speel in die bevordering van veiligheid in die werkplek. Besighede moet strategieë
ontwikkel om die omgewing en menslike gesondheid in die werkplek te beskerm.

Skryf ‘n opstel oor omgewingskwessies waarin jy die volgende aspekte insluit:


• Beskryf kortliks die verantwoordelikhede van werkgewers in die bevordering van
menslike gesondheid en veiligheid in die werkplek.
• Verduidelik die rolle van gesondheids- en veiligheidsverteenwoordigers in die
beskerming van die werksomgewing.
• Bespreek die verantwoordelikhede van werknemers in die bevordering van menslike
gesondheid en veiligheid in die werkplek.
• Beveel strategieë aan wat besighede kan gebruik om die omgewing en menslike
gesondheid te beskerm. [40]

302 BESIGHEIDSTUDIES | GRAAD 12

BS GRAAD 12 LB AFR.indb 302 2022/03/27 23:48:38


Eenheid 12.3  Omgewingskwessies

Breinkaart: Onderwerp 12 – Menseregte, inklusiwiteit en


omgewingskwessies
Gebruik die breinkaarte as ‘n riglyn om die inhoud wat in hierdie onderwerp
behandel word, te konsolideer. Maak seker dat jy die inhoud van elke opskrif in
hierdie onderwerp bestudeer.

Privaatheid
• Moenie hierdie reg skend nie
• Moenie persoonlike inligting
aan enigiemand gee nie
Respek en waardigheid
• Siekte moet vertroulik gehou word
• Almal moet dieselfde behandel
• Geen deursoeking van
word, ongeag status
eiendom/persoon sonder
• Geen vernederende werk nie
toestemming nie
• Kommunikasie moet respek
toon

Veiligheid, sekuriteit en
beskerming van lewe
• Werknemers se omgewing
moet veilig wees Gelykheid
• Gee beskermende • Geen diskriminasie op
toerusting aan werkers enige grond nie
• Verbruikers moet beskerm
word teen gevaarlike
MENSEREGTE • Gelyke betaling vir gelyke werk
• Pas relevante Wette korrek toe
produkte • Niemand ly weens
• Verbruikers moet 'n veilige diskriminasie nie
omgewing in die besigheid
• hê Besigheid moet voldoen
aan WVBBS/COIDA regulasies
• Werknemers se besittings
moet veilig gehou word
Vryheid van spraak
Inligting en uitdrukking
• Werkers moet toegang hê tot • Oop kanale tussen werkers
relevante inligting en bestuur
• Besigheid moet op 'n deursigtige • Verskaf 'n platform om griewe
wyse teenoor werknemers optree te lug
• Werkers moet nuwe inligting kry • Moenie gestraf word wanneer
• Gee inligting oor KSI projekte menings uitgespreek word nie
en verantwoordelikhede
• Gee nodige inligting aan kliënte

Maatskaplike regte
Ekonomiese regte • Reg op gesondheidsorg, voedsel,
• Vryheid van dwangarbeid water en maatskaplike sekuriteit
• Veilige en gesonde • Geloof en geloofsoortuigings word
werksomstandighede gerespekteer
• Reg om aan te sluit by • Reg op onderwys/vaardigheidsopleiding
vakbonde/vakbonde te vorm • Registreer werknemers by WVF
• Reg om aan 'n wettige staking • Moedig werknemers aan om deel te neem
deel te neem aan kulturele dae
• Besigheid moet kliniek dienste verskaf

Kulturele regte
• Respekteer werkers-kultuur
• Gebruik eie taal in vrye tyd
• Moedig werknemers aan om
MENSEREGTE aan kulturele geleenthede deel
te neem
• Gee oplossings vanuit eie kultuur

KWARTAAL 3 | ONDERWERP 12 | Menseregte, inklusiwiteit en omgewingskwessies 303

BS GRAAD 12 LB AFR.indb 303 2022/03/27 23:48:38


KWARTAAL 3

Gestremdheid Geloof en kultuur


• Gee werksgeleenthede aan • Akkommodeer verskillende
gestremde mense kulturele versoeke
• Voorsien fasiliteite vir fisies gestremdes • Spesiale kos vir verskillende kulture
• Gestremde mense moet nie uitgesluit • Respekteer verskillende kulture
voel nie • Geen diskriminasie teen enige
• Besigheid moet ingelig word oor kultuur nie
gestremdhede • Werkers moenie werk doen wat teen
• Beleide en programme moet mense hul geloof is nie
met gestremdhede akkommodeer
• Skep 'n geleidende klimaat vir almal
• Lei werkers op oor hoe om mense Ouderdom
met gestremdhede te hanteer • Bevordering moet op vaardighede
• Vra advies van kundiges oor fasiliteite gebaseer wees, en nie ouderdom nie
• Behandel gestremde mense regverdig, • Geen indiensneming vir kinders
fokus op vaardighede 15 en jonger
• Normale werkende ouderdom 18 – 65
• Kan ouer mense aanstel as hulle
die beste kandidaat is
• Ouer mense moet jongmense help
om te ontwikkel
• Jongmense moet ouer mense
respekteer
Armoede • Akkommodeer verskillende
perspektiewe van ouderdomme
• Neem mense van verskillende
agtergronde in diens
• Opleiding deur BOOV- Taal
sentrums
• Die besigheid moet die
• Lei afgedankte mense op
• Beloon werkers vir goeie IMPLIKASIES werkstaal spesifiseer
• Verskaf taal opleiding
werk wat gedoen is VAN DIVERSITEIT • Stel 'n taal tolk in diens,
• Hef bekostigbare pryse aan
indien nodig
die gemeenskap
• Voorsien besigheidskont-
• Borg leerlingskappe
rakte in verstaanbare taal
• Lei mense van plaaslike
• Almal moet ingesluit voel
gemeenskap op
by vergaderings
• Bied gesubsidieerde
maaltye/kantien fasiliteite
• Voorsien gratis uniforms Geslag
Ras
• Gelyke werksgeleenthede vir
• Implementeer regstellende aksie mans en vrouens
• Geen diskriminasie op grond • Stel mans en vrouens aan
van velkleur as bestuurders
• Voldoen aan WGI en BBSEB-wette
QR-KODE • Voldoen aan aanstellings
• Verseker diversiteit in die werkplek regulasies van die WGI
• Voorkeurbehandeling aan
Skandeer hierdie kode vir ‘n voorheen benadeelde mense
• Stel teikens vir geslagsgelykheid
oorsig oor die inhoud van • Nuwe aanstellings gebaseer
op vermoëns
hierdie onderwerp rakende die • Gelyke betaling vir gelyke werk
spesifieke kernleerpunte.

https://youtube.com/play-
list?list=PLY8n0zQCEkpq-
FIeP-ayvS2S2zCgxTISr3

304 BESIGHEIDSTUDIES | GRAAD 12

BS GRAAD 12 LB AFR.indb 304 2022/03/27 23:48:38


Eenheid 12.3  Omgewingskwessies

Konsolidasie

VRAAG 1
1.1 Kies ‘n beskrywing uit KOLOM B wat by ‘n term in KOLOM A pas. Skryf slegs die letter (A–J) langs die vraagnommer
(1.1.1 tot 1.1.5) neer, bv. 1.1.6 K.
KOLOM A KOLOM B
1.1.1 Gelykheid A regte wat deur die Handves van Regte beskerm word
1.1.2 Waardigheid B werksmag bestaan ​​uit werknemers uit verskillende agtergronde en rasse
1.1.3 Menseregte C korrekte gedrag uit vrees vir gevolge van jou optrede
1.1.4 Kulturele regte D ‘n fisiese of geestelike toestand wat ‘n persoon se bewegings, sintuie of aktiwiteite beperk
1.1.5 Diversiteit E die besigheid moet manlike en vroulike werkers in die arbeidsmag insluit
F besighede moet alle werknemers met respek behandel, ongeag hul sosio-ekonomiese status
G billike indiensnemingspraktyke, sonder enige diskriminasie
H regte van werknemers soos gesondheidsorg en skoon water
I hierdie regte word deur die WGI beskerm
J regte van die werkers soos taal en geloof
 (5 x 2) (10)
1.2 Noem VIER sosiale regte in die werkplek.  (4)
1.3 Beskryf kortliks die verantwoordelikhede van werkgewers in die bevordering van menslike gesondheid en veiligheid in
die werkplek. (6)
[20]
VRAAG 2
2.1 Lees die scenario hieronder en beantwoord die vrae wat volg.
THINUS MOTORVERVAARDIGERS (TMV)
Die bestuur van Thinus Motorvervaardigers werk saam met gesondheids- en veiligheidsverteenwoordigers. Hulle sal
verantwoordelik wees om te verseker dat gevaarlike toerusting onder die toesig van opgeleide en gekwalifiseerde
werkers gebruik word. Hulle moet ook verseker dat die besigheid die nodige veiligheidsopleiding aan werknemers
verskaf.

2.1.1 Haal TWEE rolle van die gesondheids- en veiligheidsverteenwoordigers uit die scenario hierbo aan. (2)
2.1.2 Verduidelik ander rolle van die gesondheids- en veiligheidsverteenwoordigers in die werkplek.  (4)
2.2 Beveel maniere aan waarop besighede die volgende menseregte in die werkplek kan hanteer:
2.2.1 Vryheid van spraak en uitdrukking (4)
2.2.2 Veiligheid, sekuriteit en beskerming van lewe in die werkplek (4)
[14]
VRAAG 3: BESIGHEIDSROLLE (MENSEREGTE EN DIVERSITEIT)

Daar word van besighede verwag om die ekonomiese regte van die werknemers in die werkplek te bevorder. Hulle moet
ook die implikasies van gelykheid, respek en waardigheid in die werkplek ken. Besighede moet maniere vind om geslag en
ouderdom as diversiteitskwessies te hanteer sodat hulle die voordele van diversiteit in die werkplek kan geniet.

Skryf ‘n opstel oor menseregte en diversiteit waarin jy die volgende aspekte insluit:

• Beskryf kortliks die ekonomiese regte van werknemers in die werkplek.


• Verduidelik die implikasies van gelykheid, respek en waardigheid in die werkplek.
• Bespreek die voordele van diversiteit in die werkplek.
• Stel maniere voor waarop besighede die volgende diversiteitskwessies in die werkplek kan hanteer:
» Geslag
» Ouderdom
[40]

KWARTAAL 3 | ONDERWERP 12 | Menseregte, inklusiwiteit en omgewingskwessies 305

BS GRAAD 12 LB AFR.indb 305 2022/03/27 23:48:38


BESIGHEIDSTUDIES | Graad 12

KWARTAAL 3

Maatskaplike verantwoordelikheid
13 en korporatiewe burgerskap:
KMV & KMI
ONDERWERP OORSIG

 Eenheid 13.1 Die begrip van maatskaplike verantwoordelikheid


 Eenheid 13.2 Sosio-ekonomiese kwessies
 Eenheid 13.3 Korporatiewe Maatskaplike Verantwoordelikheid (KMV) en
Korporatiewe Maatskaplike Investering (KMI)

Leerdoelwitte
Aan die einde van hierdie onderwerp moet leerders die volgende
kan doen:
❖ Definieer/Brei uit oor die betekenis van maatskaplike/sosiale
verantwoordelikheid.
❖ Verduidelik die verhouding of verband tussen maatskaplike verant-
woordelikheid en die drievoudige sleutelaspekte (‘triple bottom line’).
❖ Stel maniere voor waarop ‘n besigheidsprojek tot die gemeenskap
kan bydra bv. liefdadigheidsbydraes aan nie-regeringsorganisasies
(NRO’s), betrokkenheid by gemeenskapsonderwys, indiensneming,
vrywillige werknemersprogramme.
❖ Identifiseer/Noem die volgende sosio-ekonomiese kwessies uit
gegewe scenario’s of stellings:
– MIV/Vigs
– Werkloosheid
– Armoede
❖ Beveel aan/Stel maniere voor waarop besighede die sosio-
ekonomiese hierbo kwessies kan hanteer.
❖ Verduidelik/Beveel aan/Stel maniere voor waarop besighede tyd en
moeite kan bydra om die welstand van werknemers en
gemeenskappe te bevorder.
❖ Definieer/Brei uit oor die betekenis van KMV/KSV
❖ Beskryf/Verduidelik die doel van KMV/KSV
❖ Identifiseer/Noem/Beskryf kortliks die komponente van KMV/KSV:
omgewing, etiese korporatiewe maatskaplike investering/
beleggings, gesondheid en veiligheid.
❖ Identifiseer KMV/KSV programme uit gegewe scenario’s/stellings.
❖ Verduidelik/Bespreek/Evalueer/Analiseer die impak (positiewe/
voordele en/of negatiewe/nadele) van KMV/KSV op besighede en
gemeenskappe.
❖ Definieer/Brei uit oor die betekenis van KMI/KSI.
❖ Beskryf/Verduidelik die doel van KMI/KSI.
❖ Beskryf kortliks/Noem KMI/KSI-fokusareas, bv. gemeenskap,
landelike ontwikkeling, werknemers, omgewing.

306 BESIGHEIDSTUDIES | GRAAD 12

BS GRAAD 12 LB AFR.indb 306 2022/03/27 23:48:38


Eenheid 13.1 Die begrip van maatskaplike verantwoordelikheid

Leerdoelwitte
❖ Verduidelik/Onderskei tussen KMV/KSV en KMI/KSI.
❖ Verduidelik/Bespreek/Evalueer/Analiseer die impak (positiewe/
voordele en/of negatiewe/nadele) van KMI/KSI op besighede en
gemeenskappe.

Kernbegrippe
■ Belanghebbendes: enige persoon/organisasie wat ‘n direkte of indirekte
belang in die besigheid en hul aktiwiteite het.
■ Emissies/Vrystellings: skadelike stowwe wat tydens produksieprosesse
vrygestel word.
■ Inisiatief: implementering van oplossings vir nuwe/belangrike planne wat
deur die besigheid onderneem/bestuur is.
■ Korporatiewe Maatskaplike Investering (KMI): die belegging van
korporatiewe fondse/ander bates vir die kern doel om maatskaplike
uitkomste te bereik.
■ Korporatiewe Maatskaplike Verantwoordelikheid (KMV): hoe die
besigheid hul prosesse bestuur, insluitend tyd en moeite, om al die
belanghebbendes van die besigheid positief te beïnvloed.
■ Maatskaplike verantwoordelikheid: ‘n etiese standpunt wat sê dat elke
individu of organisasie die samelewing as geheel moet bevoordeel.
■ Sosiale Verantwoordelikheidsindeks (SVI): maak voorsiening vir die
maatstaf van KMV/KMI-voldoening van maatskappye wat bestuurders help
om hul KMV/KMI-prestasie te verbeter. Dit is ‘n indeks wat deur die JSE
gebruik word om beleggers in te lig oor die korporatiewe
volhoubaarheidsbeleide en -praktyke van besighede.
■ Welstand: die mate van geluk, voorspoed, sukses en positiewe moraal van
werknemers, die gemeenskap, en die samelewing.

Inleiding
In Graad 10 is jy bekendgestel aan die betekenis van sosio-ekonomiese
kwessies, die rede waarom dit ‘n uitdaging aan besighede stel en hul impak op
sakebedrywighede. In Graad 11 het ons van die impak van sosio-ekonomiese
kwessies op besighede en produktiwiteit van die besigheid geleer, asook
moontlike oplossings om sosio-ekonomiese kwessies te hanteer.
In Graad 12 sal ons uitbrei oor die betekenis van maatskaplike
verantwoordelikheid, die implikasies daarvan op besighede, en die strategieë
van hoe om sommige sosio-ekonomiese kwessies te hanteer. Ons sal ook oor die
drievoudige sleutelaspekte, korporatiewe maatskaplike verantwoordelikheid en
korporatiewe maatskaplike investering leer.

Eenheid 13.1 Die begrip van


maatskaplike verantwoordelikheid
Besighede het ‘n verpligting teenoor al hul belanghebbendes, en ook teenoor
die gemeenskap. Hulle moet ‘n balans tussen die ekonomie en die omgewing
handhaaf, en ook die welstand van ander in ag neem.

KWARTAAL 3 | ONDERWERP 13 | Maatskaplike verantwoordelikheid en korporatiewe burgerskap: KMV & KMI 307

BS GRAAD 12 LB AFR.indb 307 2022/03/27 23:48:39


KWARTAAL 3

Besighede moet altyd die wette en wetlike vereistes van die regering in gedagte
hou tydens hul bedrywighede. Besighede moet byvoorbeeld die wetlike vereistes
oor skadelike emissies en gevaarlike stowwe in hul prosesse op produkte in ag
neem. Hulle moet ook versigtig wees om nie natuurlike hulpbronne uit te put nie.
Besighede moet ook aktief by die gemeenskap betrokke wees en na die
omgewing omsien.

Die betekenis van sosiale/maatskaplike


Wenk verantwoordelikheid
Jy mag die begrip In die hedendaagse wêreld is dit die verantwoordelikheid van elke burger en
korporatiewe maatskaplike organisasie om by te dra tot die welstand van die gemeenskap en die omgewing
verantwoordelikheid of waarin hulle woon. Besighede het die verantwoordelikheid om hul bedrywighede
korporatiewe sosiale te balanseer tussen ekonomiese ontwikkeling, die welstand van die gemeenskap
verantwoordelikheid gebruik. en na die omgewing om te sien.
Hou by EEN van die begrippe
in jou bespreking vir die doel Hierdie verantwoordelikheid kan die volgende vorm aanneem:
van konsekwentheid. • vermy enige optredes wat die omgewing kan benadeel, byvoorbeeld die
uitbuiting van natuurlike hulpbronne
• implementering van inisiatiewe wat die samelewing kan bevoordeel.

Die verhouding of verband tussen


QR-KODE maatskaplike/sosiale verantwoordelikheid en
Drievoudige sleutelaspekte. die drievoudige sleutelaspekte (DSA)
Inleiding tot die drievoudige sleutelaspekte (DSA)
Die drievoudige sleutelaspekte (DSA) dui daarop dat besighede toegewyd moet wees
om hul maatskaplike en omgewingsimpak te meet benewens hul finansiële prestasie,
eerder as om net op wins te fokus. Dit kan in die ‘drie P’s’ opgebreek word: persone
(mense/maatskaplik), profyt (wins/ekonomies), en planeet (omgewing).

https://www.youtube.com/
watch?v=VvFRB7HuLgo

Wenk
Alle besighede moet daarna
streef om ‘n balans tussen die
drie pilare van diedrievoudige
sleutelaspekte te handhaaf

Hierdie illustrasie toon die drievoudige sleutelaspekte.

308 BESIGHEIDSTUDIES | GRAAD 12

BS GRAAD 12 LB AFR.indb 308 2022/03/27 23:48:39


Eenheid 13.1 Die begrip van maatskaplike verantwoordelikheid

Die verhouding/verband tussen sosiale/maatskaplike


Wenk
verantwoordelikheid en die drievoudige sleutelaspekte  Maak seker dat jy die
Persone/Mense/Maatskaplik/Sosiaal verband tussen maatskaplike
• Besighede of organisasies moenie mense, hul werknemers, kliënte of die verantwoordelikheid en die
drievoudige sleutelaspekte
gemeenskap benadeel of uitbuit nie.
baie goed ken. Daar kan
• Besighede behoort betrokke te raak en in volhoubare
van jou verwag word om
gemeenskapsprogramme of projekte te belê wat gemeenskappe sal
die verhouding/verband
bevoordeel en ophef.
tussen maatskaplike
• Besighede moet bydra tot die welstand van al hul belanghebbendes. verantwoordelikheid en die
Profyt/Wins/Ekonomies drievoudige sleutelaspekte
te verduidelik/bespreek.
• Die drievoudige sleutelaspekte beteken dat besighede nie net op hul wins
Daar kan ook van jou verwag
moet fokus en hoë pryse vra nie, maar ook in KMI-projekte moet belê.
word om die DRIE P’s van die
• Besighede moenie wins maak ten koste van hul gemeenskap nie. drievoudige sleutelaspekte
Planeet/Omgewing uit verskillende scenario’s te
identifiseer.
• Besighede moenie hulpbronne uitput of die omgewing benadeel vir produksie
of om wins vir hulself te verkry nie.
• Hulle moet energiedoeltreffende of eko-vriendelike produkte en
produksiemetodes ondersteun.
• Hulle moet deelneem aan herwinning of die hergebruik van afval,
byvoorbeeld deur gebruik te maak van herwinde materiaal vir verpakking of
in produkte. Wenk
Maak seker dat jy nie
Voorbeelde van maatskappye met DSA-strategieë hierdie inhoud verwar met
• Unilever beoog om 100% van plastiekverpakking teen 2025 te hergebruik. maniere waarop besighede
• DHL beoog om teen 2050 nul-emissies/vrystellings te bereik. die welstand van die
• Patagonia hergebruik ou klere. gemeenskap kan verbeter nie.
• Die Coca-Cola Maatskappy beplan om ‘n groot herwinningsinisiatief teen Maniere waarop besighede
2030 te bereik. die welstand van die
• Apple het 100% groen-energie behaal. gemeenskap kan verbeter,
[Bron: Aangepas vanaf https://bstrategyhub.com/what-is-triple-bottom-line-tbl-explained-with-examples-the- word breedvoerig op bladsy
futurebenchmark/,verkry op 13 Mei 2021] 312 bespreek.

Maniere waarop ‘n besigheidsprojek tot die


gemeenskap kan bydra QR-KODE
• Die besigheid kan liefdadigheidsbydrae tot NRO’s maak, kyk byvoorbeeld Plantkwekery in Kaapstad:
na hoe die Sjefs wat omgee (Chefs that care) tot die gemeenskappe bydra Granny’s Nursery
waarbinne hulle funksioneer.
• Die besigheid kan betrokke wees by gemeenskapsopvoeding, byvoorbeeld, die
neem ‘n kind na die werksdag-inisiatief (take a child to the workday initiative).
• Die besigheid kan lede van die plaaslike gemeenskap in diens neem in hul
projekte vir die gemeenskap, byvoorbeeld Ouma se Kwekery (Granny’s Nursery).
• Besighede kan hul werknemers aanmoedig om deel te neem aan
vrywilligerprogramme wat in die plaaslike gemeenskap plaasvind,
byvoorbeeld die Grand West se Skoolopknappingsprogram (Grand West
School Renovation Programme.

| Aktiwiteit 13.1 Klaswerk/Huiswerk https://www.youtube.com/


watch?v=BhuseL3iBqI
VRAAG 1
1.1 Noem die DRIE elemente van die drievoudige sleutelaspekte. (3)
1.2 Brei uit oor die betekenis van maatskaplike verantwoordelikheid. (6)
[9]

KWARTAAL 3 | ONDERWERP 13 | Maatskaplike verantwoordelikheid en korporatiewe burgerskap: KMV & KMI 309

BS GRAAD 12 LB AFR.indb 309 2022/03/27 23:48:39


KWARTAAL 3

Wenk Eenheid 13.2  Sosio-ekonomiese kwessies


Maak seker dat jy die
volgende sosio-ekonomiese Inleiding tot sosio-ekonomiese kwessies
kwessies uit gegewe
scenario’s of stellings kan Sosio-ekonomiese kwessies is probleme of uitdagings wat uit sekere aspekte in
identifiseer en noem: die samelewing en die ekonomie ontstaan. Dit het ‘n negatiewe invloed op beide
gemeenskappe en besighede. In Graad 11 het jy die impak van verskeie sosio-
• MIV/Vigs ekonomiese kwessies op sakebedrywighede behandel. In Graad 12 sal die fokus
• Werkloosheid op die volgende kontemporêre sosio-ekonomiese kwessies wees: MIV/VIGS,
armoede en werkloosheid.
• Armoede
‘n Voorbeeldaktiwiteit is
hieronder verskaf.
Voorbeeldaktiwiteit oor die identifisering van
sosio-ekonomiese kwessies
VRAAG 1
Lees die scenario hieronder en beantwoord die vrae wat volg.

BENJA SUPERSPAR (BS)


Wenk
Benja Superspar is geleë in ‘n gebied waar 30% van die gemeenskap nie ekonomies-
Maak seker dat jy die korrekte
aktief is nie. Sommige mense is nie in staat om hul basiese behoeftes te bevredig nie,
begrippe gebruik wanneer
daarom het BS besluit om elke maand 50 kospakkies aan gesinne in nood te gee.
jy die sosio-ekonomiese
Sommige werknemers neem gereeld verlof om hul antiretrovirale behandeling (ARB)
kwessies identifiseer/benoem.
by plaaslike klinieke te kollekteer.

1.1 Identifiseer DRIE sosio-ekonomiese kwessies wat uitdagings aan BS stel.


Motiveer jou antwoord deur uit die scenario hierbo aan te haal.

Gebruik die tabel hieronder as ‘n RIGLYN om VRAAG 1.1 te beantwoord.


SOSIO-EKONOMIESE MOTIVERING
KWESSIES
MIV/VIGS  Sommige werknemers neem gereeld verlof om hul
antiretrovirale behandeling (ARB) by plaaslike klinieke
te kollekteer. 
Werkloosheid  Benja Superspar is geleë in ‘n gebied waar 30% van die
gemeenskap nie ekonomies-aktief is nie. 
Armoede  Sommige mense is nie in staat om hul basiese behoeftes
te bevredig nie, daarom het BS besluit om elke maand
50 kospakkies aan gesinne in nood te gee. 

Strategieë om MIV/VIGS, werkloosheid en


armoede te hanteer
Strategieë om MIV/VIGS te hanteer
• Neem deel aan die bestaande MIV/VIGS-voorkomingsprogramme wat in die
gemeenskap geïmplementeer word.
• Lei beraders op/huur beraders om berading aan besmette en geaffekteerde
persone/werknemers te verskaf.
• Ontwikkel beradingsprogramme vir besmette werknemers en hul familielede.
• Hou werkswinkels oor MIV/VIGS-programme en ondersteun MIV/VIGS-
veldtogte.

310 BESIGHEIDSTUDIES | GRAAD 12

BS GRAAD 12 LB AFR.indb 310 2022/03/27 23:48:39


Eenheid 13.2  Sosio-ekonomiese kwessies

• Ontplooi anti-retrovirale (ARV) behandelingsprogramme (ARB) vir die


besmette werknemers.
• Moedig werknemers aan om by MIV/VIGS-ondersteuningsgroepe aan te sluit.
• Ontwikkel en implementeer strategieë om stigma en diskriminasie te hanteer.
• Ondersteun nie-regeringsorganisasies en gemeenskapsgebaseerde-
organisasies oor MIV/VIGS-inisiatiewe.
Wenk
Strategieë om werkloosheid te hanteer
Maak seker dat jy hierdie
• Voorsien vaardigheidsontwikkelingsopleiding binne die gemeenskap deur sub-onderwerp baie goed
middel van leerlingskapprogramme. ken. Daar kan van jou verwag
• Bied beurse aan die gemeenskap en werknemers om hul opvoedingsvlakke word om maniere/strategieë
te verbeter. aan te beveel/voor te stel
• Skep werksgeleenthede vir lede van die gemeenskap in die besigheid. waarop besighede MIV/VIGS,
• Voer entrepreneursprogramme uit wat selfindiensneming kan bevorder. armoede en werkloosheid
• Ondersteun bestaande klein besighede om te groei, met tyd en geld, om hulle kan hanteer.
in staat te stel om meer werksgeleenthede te skep.
• Gebruik lede van die gemeenskap vir die implementering van KMI-projekte in
die gemeenskap.

Strategieë om armoede te hanteer


• Skenk geld en/of kospakkies aan plaaslike NRO’s.
• Belê in infrastruktuur en behuisingsprogramme in die plaaslike area.
• Bied die beste vrywilligersprogramme aan om potensiële werknemers te
identifiseer en te lok.
• Ondersteun armoedeverligtingsprogramme wat deur die regering aangebied Inisiatief van kospakkies
n 
word. wat bydra om lewenstandaarde
• Belê in jong beginnerbesighede wat ‘n besigheidsmededinger, koper, of te verhoog
verskaffer kan wees.
Neem kennis
Maniere waarop besighede tyd en moeite kan Die opsomming van strategieë
word aan die einde van die
bydra om die welstand van hul werknemers en onderwerp verskaf.
gemeenskappe te bevorder
Maniere waarop besighede tyd en moeite kan bydra om
die welstand van hul werknemers te bevorder 
• Betaal billike lone/salarisse aan die werkers gebaseer op die aard
van hul werk en die heersende ekonomiese toestande in die
mark.
• Betaal billike bonusse – gebaseer op besigheidsverdienste – as
erkenning vir harde werk en toewyding.
• Verskaf ontspanningsgeriewe vir werknemers en moedig hulle
aan om fiks en gesond te bly.
• Sluit veiligheids-, mediese- en kantienfasiliteite in as bykomende
voordele wat werknemers kan geniet. Sluit ook voordele soos
behuising, verlof en aftreepakkette in.
• Begin ‘n voedingsprogram sodat werknemers een maaltyd per dag kan geniet
om hulle in ‘n gesonde toestand te hou.
• Verskaf vervoer vir werknemers wat buitengewone lang ure werk.
• Voer spanbousessies uit om werknemers se moraal te verbeter.

KWARTAAL 3 | ONDERWERP 13 | Maatskaplike verantwoordelikheid en korporatiewe burgerskap: KMV & KMI 311

BS GRAAD 12 LB AFR.indb 311 2022/03/27 23:48:41


KWARTAAL 3

Maniere waarop besighede tyd en moeite kan bydra om


Wenk
Maak seker dat jy die maniere
die welstand van gemeenskappe te bevorder
ken waarop besighede tyd
en moeite kan bydra om die
welstand van gemeenskappe
te bevorder.

• Besighede moet daarna streef om die algemene lewensgehalte van hul


gemeenskap te verbeter, deur byvoorbeeld vaardigheidsontwikkelings-
kursusse en beurse aan te bied.
• Verseker dat die produk wat hulle verskaf nie verbruikers of die omgewing
benadeel nie.
• Weerhou om betrokke te raak by onwettige of skadelike praktyke soos om
kinders onder die wettige ouderdom in diens te neem of onwettige middels te
verkoop.
• Oefen etiese korrekte besigheidspraktyke uit, byvoorbeeld, moenie betrokke
raak by onbillike advertensies nie.
• Skenk geld en/of tyd aan gemeenskapsprojekte.
• Voorsien die nodige fasiliteite vir sport en ontspanningsdoeleindes om
maatskaplike samehorigheid en gesonde aktiwiteite te bevorder.

| Aktiwiteit 13.2
Wenk
Wanneer dit nodig is om jou VRAAG 1
antwoord te motiveer deur 1.1 Lees die scenario hieronder en beantwoord die vrae wat volg.
uit ‘n scenario aan te haal,
gebruik die presiese woorde HASHMI ONDERNEMINGS (HO)
uit die scenario. Hashmi Ondernemings is geleë in ‘n armoedige gebied waar mense nie
Die strategie in (1.1.2) hul basiese behoeftes kan bekostig nie. Baie mense in die gemeenskap is
moet skakel met die sosio- werkloos. Werknemers by HO wat met MIV/VIGS leef, is dikwels afwesig van
ekonomiese kwessie. die werk.

1.1.1 Noem DRIE sosio-ekonomiese kwessies wat in die scenario hierbo


genoem word.  (3)
1.1.2 Beveel maniere aan waarop HO ELKE sosio-ekonomiese kwessie wat in
VRAAG 1.1.1 geïdentifiseer is, kan hanteer. (6)
1.2 Stel maniere voor waarop besighede tyd en moeite kan bydra om die welstand van
werknemers te bevorder. (8)
[17]

312 BESIGHEIDSTUDIES | GRAAD 12

BS GRAAD 12 LB AFR.indb 312 2022/03/27 23:48:43


Eenheid 13.3 Korporatiewe Maatskaplike Verantwoordelikheid (KMV) en Korporatiewe Maatskaplike Investering (KMI)

Eenheid 13.3 Korporatiewe Maatskaplike Wenk

Verantwoordelikheid (KMV) en Korpo- Die begrippe korporatiewe


maatskaplike
ratiewe Maatskaplike Investering (KMI) verantwoordelikheid (KMV)
en korporatiewe sosiale
Definisie/betekenis van Korporatiewe verantwoordelikheid (KSV)
kan uitruilbaar gebruik word.
Maatskaplike Verantwoordelikheid (KMV) Net so kan die begrippe
Korporatiewe Maatskaplike Verantwoordelikheid (KMV) is die voortdurende korporatiewe maatskaplike
verbintenis van ‘n besigheid om eties op te tree, by te dra tot ekonomiese investering (KMI) en
ontwikkeling en hul belanghebbendes positief te beïnvloed. korporatiewe sosiale
investering (KSI) uitruilbaar
Doel van KMV gebruik word.

Daar is verskeie redes waarom besighede KMV-programme implementeer. Dit kan Hou in beide gevalle hierbo,
een of ‘n kombinasie van die volgende wees: by EEN van die TWEE opsies
• Die samelewing verwag van hul bydraes, en hulle wil aan die samelewing se regdeur jou bespreking vir die
verwagtinge voldoen, deur byvoorbeeld na die welstand van die gemeenskap doel van konsekwentheid.
om te sien.
• Hulle wil aan die verwagtinge van die regering en die wet voldoen,
byvoorbeeld deur nie natuurlike hulpbronne te buit/put nie.
• Die besigheid kan ekonomiese voordele kry deur byvoorbeeld, krediete te kry
vir die beheer van koolstofvrystellings.
• Die besigheid se beleide moet etiese kwessies oorweeg, byvoorbeeld, hulle
besluit om hul vrystellings in die produksieproses te verminder.
• Besigheidsbedrywighede spreek die drievoudige sleutelaspekte aan deur
KMV-programme om op die JSE-SVI genoteer te word.

Komponente van KMV Wenk


Die komponente van Korporatiewe Maatskaplike Verantwoordelikheid (KMV) sluit As jy ‘n vraag oor die
die volgende aspekte in: komponente van KMV moet
• Omgewing – Besighede moet vir die omgewing sorg deur aan beantwoord, gebruik die
omgewingsprogramme soos die herwinning van afval, die vermindering van sleutelwoorde in ‘n volsin.
hul koolstofvrystellings, ensovoorts, deel te neem.
• Etiese korporatiewe maatskaplike investering – Die besigheid is verplig
om na menseregte om te sien soos respek vir werknemers, kliënte en
verskaffers. Hulle moet byvoorbeeld goeie behandeling van werkers, veilige
produkte vir kliënte en billike handel met verskaffers verseker. QR-KODE
• Gesondheid en veiligheid – Die besigheid moet verseker dat die
werksomgewing veilig is vir alle belanghebbendes. Korporatiewe Maatskaplike
• Korporatiewe bestuur – Die besigheid moet altyd aanspreeklik, deursigtig Verantwoordelikheid (KMV).
wees en aan die wet voldoen, soos voorgestel deur die King IV-kode.
• Besigheidsetiek – Elke besigheid moet hul kernwaardes soos eerlikheid,
respek en regverdigheid in al hul beleide en praktyke integreer.
• Gelyke indiensneming – Om aan die wette te voldoen, moet die
onderneming diversiteit, gelykheid en billikheid in die werkplek hê soos
voorgeskryf deur die WGI en ander wette.
• Voorsieningsketting/Verspreidingskanaal – Slegte praktyke van
sakevennote reflekteer negatief op die besigheid. Hulle moet die hele
voorsieningsketting beïnvloed om aan goeie KMV-praktyke deel te neem.
• Kliënte – Kliënte oorweeg die wyse waarop goedere en dienste deur die besigheid
geproduseer word, benewens die koste en gehalte. Kliënte is ook bekommerd oor https://www.youtube.com/
die impak van die besigheid se praktyke op die omgewing en gemeenskap. watch?v=E0NkGtNU_9w
• Gemeenskap – ‘n Besigheid moet in noue kontak met hul gemeenskap wees
om hul werklike behoeftes, kwessies en risiko’s te ken voordat die besigheid
‘n KMV-strategie vir die gemeenskap kan ontwikkel.

KWARTAAL 3 | ONDERWERP 13 | Maatskaplike verantwoordelikheid en korporatiewe burgerskap: KMV & KMI 313

BS GRAAD 12 LB AFR.indb 313 2022/03/27 23:48:43


KWARTAAL 3

Die Impak van Korporatiewe Maatskaplike


Neem kennis Verantwoordelikheid (KMV)/Korporatiewe
Neem kennis dat die impak van Maatskaplike Investering (KMI) op besighede
KMV en KMI op die besigheid
dieselfde is. Net so is die en gemeenskappe
impak van KMV en KMI op die Die besigheid het die verantwoordelikheid om deel te neem aan KMV/KMI om die
gemeenskap dieselfde. voordele daarvan te verkry. Maar hulle moet ook die uitdagings en probleme van
KMV/KMI in ag neem voordat hulle besluit hoe om by die gemeenskap betrokke
te wees.

Die impak van KMV/KMI op besighede


Positiewe/Voordele vir besighede Negatiewe/ Nadele vir besighede
• KMI kan ervare werknemers lok en die produktiwiteit van • KMV-programme kan deur die gemeenskap as
die besigheid verhoog. vanselfsprekend aanvaar word en kliënte mag nie die
• Die besigheid kan ‘n mededingende voordeel hê, wat goeie besigheid se produkte koop nie.
publisiteit in die media tot gevolg het. • Dit is moeilik vir klein en medium ondernemings om KMV-
• KMI bevorder kliëntelojaliteit, wat tot meer verkope kan lei. programme te implementeer.
• Hulle kan KMI as ‘n bemarkingstrategie gebruik om hul • Daar word van sakeondernemings verwag om breedvoerige
produkte te bevorder. verslae op te stel, wat tydrowend kan wees.
• KMI help om beleggers te lok wanneer die besigheid by die • Maatskaplike betrokkenheid word gefinansier uit
JSE-SVI ingesluit word. besigheidswinste wat tot voordeel van kliënte en die
• Besighede kry belastingvoordele soos verlaging van pryse aangewend kon word.
belastingvermindering of belastingkortings. • KMV-aktiwiteite lei besigheidsfokus van sy
kernbesigheidsfunksies af.
• Besighede vind dit moeilik om te voldoen aan wetgewing
wat KMV reguleer.

Die impak van KMV/KMI op gemeenskappe


Alhoewel KMV/KMI baie positiewe/voordele vir gemeenskappe inhou, hou dit
ook negatiewe/nadele in. Dit is die besigheid se verantwoordelikheid om te
verseker dat die verlangde doelwitte van KMV/KMI op die korrekte lede van die
gemeenskap gerig is.

Positiewe/Voordele vir gemeenskappe Negatiewe/Nadele vir gemeenskappe


• Die welsyn van die gemeenskap sal verbeter omdat • Besighede is nie altyd toegerus om maatskaplike probleme
daar aandag gegee sal word aan kwessies wat die aan te spreek nie.
gemeenskapslede in die gesig staar. • As gemeenskapslede te afhanklik raak van KMV-
• Vaardigheidsontwikkeling kan plaasvind, wat weer die programme, kan hulle sukkel om gebruik te maak van
moontlikheid van aanstellings van lede van die gemeenskap inisiatiewe wat aan hulle beskikbaar gestel word.
sal verhoog. • Besighede kan van diskriminasie beskuldig word as hulle
• Ontwikkelingsprogramme wat die besigheid implementeer, nie die verspreiding van skaars hulpbronne goed bestuur
sal die entrepreneuriese vaardighede van gemeenskappe nie.
verbeter. • Sommige besighede neem slegs deel aan KMV-inisiatiewe
• Die voorsiening van beurse verhoog die vlak van onderwys om winste in te samel en gee nie om vir die gemeenskap
en stel die gemeenskap in staat om vir werk aansoek te waarin hulle bedrywig is nie.
doen. • As KMV-programme nie volhoubaar is nie, kan dit die
• Beter opvoedkundige en ontspanningsgeriewe word in gemeenskap benadeel.
arme gemeenskappe gevestig. • Tensy ‘n behoefte-ontleding uitgevoer word, sal die program
moontlik nie by die werklike behoeftes van die gemeenskap
pas nie.

314 BESIGHEIDSTUDIES | GRAAD 12

BS GRAAD 12 LB AFR.indb 314 2022/03/27 23:48:43


Eenheid 13.3  Korporatiewe Maatskaplike Verantwoordelikheid (KMV) en Korporatiewe Maatskaplike Investering (KMI)

Korporatiewe Maatskaplike Investering (KMI) Wenk


Die betekenis van KMI KMI verwys na die investering
van korporatiewe fondse/
Korporatiewe Maatskaplike Investering (KMI) is die fondse en/of ander bates ander bates vir die primêre
van die besigheid wat aan ‘n projek toegewys word wat daarop gemik is om die doel om maatskaplike
lewenstandaarde van lede van die gemeenskap te verbeter. uitkomste te bereik.
KMI-projekte is buite die normale besigheidsaktiwiteite van ‘n maatskappy,
en die bedoeling daarvan moet nie wees om die maatskappy se wins direk te
verhoog nie. Hierdie projekte het ‘n sterk ontwikkelingsbenadering en gebruik
besigheidshulpbronne om gemeenskappe te bevoordeel en op te hef/te bevorder.

Die doel van KMI Nuwe woorde


Alhoewel die oorspronklike doel van KMI filantropies was, het besighede besef filantropies  dade wat daarop
dat hulle ook by KMI kan baat. Hul reputasie sal verbeter, en die regering en gemik is om ander en hul
gemeenskappe verwag geleidelik meer bydraes van besighede tot KMI. omstandighede op te hef
• Dit is gemik om by te dra tot die volhoubare ontwikkeling van hul
onmiddellike gemeenskappe.
• Die wet en die regering vereis dat ‘n besigheid KMI -bydraes moet maak.
• KMI-projekte dra by tot ‘n positiewe besigheidshouding teenoor die plaaslike
gemeenskap en help die gemeenskap om te ontwikkel.
• Die KMI-projekte is langtermynbeleggings en moet volhoubaar wees.
• KMI is noodsaaklik vir die Suid-Afrikaanse konteks omdat daar ‘n groot
behoefte is om die lewenstandaarde van gemeenskappe op te hef.

KMI-fokusareas Neem kennis


KMI-fokusareas is algemeen onder baie besighede. Besighede moet die volgende Lees meer oor KMI: www.
fokusareas oorweeg wanneer hulle vir KMI-inisiatiewe beplan: csisolutions.co.za>whycsi
• gemeenskap
• landelike ontwikkeling
• werknemers
• omgewing.

Voorbeelde van KMI -projekte


Die korporatiewe sosiale projekte wat deur ‘n organisasie gekies word, sal afhang
van die fokusarea van die besigheid. Die doel van die projek moet egter altyd
wees om die maatskaplike en omgewingstoestande te verbeter.
• Armoedeverligting deur skenkings aan plaaslike organisasies.
• Om betrokke te wees by bewaringsprojekte, byvoorbeeld deelname aan
herwinningsprojekte.
• Om dienste te lewer wat die regering nie kan nie, byvoorbeeld om
infrastruktuur te bou.
• Investering in werkskeppingsprojekte vir lede van die gemeenskap.
• Die verskaffing van basiese onderwys vir volwassenes, byvoorbeeld die hou
van leesklasse vir volwassenes.
• Onderrig van entrepreneuriese vaardighede deur kursusse aan jong
entrepreneurs te hou.
• Borg kuns en kultuurprogramme, byvoorbeeld deur die borg van
jeugkultuurfeeste.
• Vestiging van programme om vroeë kinderontwikkeling te bevorder,
byvoorbeeld die ontwikkeling van ‘n kinderdagsorgsentrum vir die kinders van
hul werknemers.

KWARTAAL 3 | ONDERWERP 13 | Maatskaplike verantwoordelikheid en korporatiewe burgerskap: KMV & KMI 315

BS GRAAD 12 LB AFR.indb 315 2022/03/27 23:48:43


KWARTAAL 3

Verrykingsaktiwiteit 1
Doen navorsing oor praktiese voorbeelde van KMI-projekte in Suid-Afrika en
bied jou bevindinge aan die klas.

VERRYKINGSAKTIWITEIT 2: GEVALLESTUDIE

Sjefs wat omgee


DATUM: Januarie 2017

Die Chefs that Care-inisiatief is gebore uit gemarginaliseerde en mees geaffekteerdes.


die begeerte van Grand West se kos- en Ongelukkig word daar nie aan hul
drankspan om hul vaardighede en passie voedingsvereistes voldoen nie, en dit het
te gebruik om ‘n positiewe impak op die gelei tot ‘n verswakte lewensgehalte en swak
lewens van minderbevoorregtes in die gesondheid.
omliggende gemeenskappe te maak. Tussen Augustus 2016 en Januarie
Met wydverspreide werkloosheid en 2017 het Chefs that Care gehelp om 100
die hoë lewenskoste in baie Wes-Kaapse volwassenes een keer per maand by die
gemeenskappe, is die werklikheid dat First Feed Elim Night Shelter te voed. Ander
baie mense nie eens toegang het tot intervensies sluit in voeding van kinders en
een gebalanseerde maaltyd per dag nie. volwassenes in Mitchells Plain, Pelican Park,
Kinders en bejaardes is onder die mees Ottery, Strandfontein en Schaapkraal.

[Bron: Aangepas vanaf https://www.suninternational.com/grandwest/stories/press-releases/


grandwests-chefs-that-care-feed-hope-in-mitchells-plain/, verkry op 12 Mei 2021]
Klas aktiwiteit
1 Identifiseer die sosio-ekonomiese kwessie wat in die gevallestudie hierbo aangespreek is.
2 Bespreek die voordele van korporatiewe maatskaplike investering (KMI) vir die gemeenskap.

316 BESIGHEIDSTUDIES | GRAAD 12

BS GRAAD 12 LB AFR.indb 316 2022/03/27 23:48:44


Eenheid 13.3  Korporatiewe Maatskaplike Verantwoordelikheid (KMV) en Korporatiewe Maatskaplike Investering (KMI)

Verskille tussen Korporatiewe Maatskaplike


Verantwoordelikheid (KMV) en Korporatiewe
Maatskaplike Investering (KMI)
Oorspronklik is KMV en KMI as sinonieme gebruik, maar in nuwe literatuur word
dit as twee afsonderlike konsepte gesien. KMV verwys nou na ‘n organisasie
se verantwoordelikheid teenoor die gemeenskap en omgewing waarin dit
funksioneer. KMI sal poog om die gemeenskap waarin die besigheid bedrywig is,
op te hef. KMI is ‘n sub-komponent van KMV.

Korporatiewe Maatskaplike Korporatiewe Maatskaplike


Wenk
Verantwoordelikheid (KMV) Investering (KMI)
Maak seker dat jy in staat is
• Die bedoeling is om sakepraktyke te • Aktiewe toewyding van geld en
om tussen KMV en KMI te
verander. hulpbronne om die gemeenskap op te
onderskei .
hef.
KMV is die
• Die fokus is op die verbetering van • Die fokus is op die opheffing van die verantwoordelikheid van
die besigheidsbeeld en verhoging van gemeenskap sonder ‘n wins op die die besigheid teenoor
wins. belegging. die gemeenskap en die
• Verseker dat alle interne KMI-beleide/- • Verseker dat KMI-projekte relevant is vir omgewing. Terwyl KMI
praktyke belanghebbendes se belange/ die behoeftes van gemeenskappe. die skenking van geld
omgewingskwessies insluit. en hulpbronne aan die
gemeenskap is. 
• Dikwels bedoel as ‘n • Bedoel om gemeenskappe deur
Die verskille hoef nie in ‘n
bemarkingsinisiatief maatskaplike ontwikkeling te
tabel aangebied te word
bevoordeel en op te hef.
nie, maar die verskille moet
• Projekte word gewoonlik aan die • Projekte is buite (ekstern tot) duidelik wees. Ken die
besigheid gekoppel, byvoorbeeld die besigheid en het ‘n sterk verskille goed.
‘n vervaardigingsonderneming wat ontwikkelingsbenadering.
opleiding aan werklose mense bied.

| Aktiwiteit 13.3 Klaswerk/Huiswerk

VRAAG 1: BESIGHEIDSROLLE (MAATSKAPLIKE


VERANTWOORDELIKHEID, KMV EN KMI)

Daar word van besighede verwag om sosio-ekonomiese kwessies aan te spreek


deur korporatiewe maatskaplike verantwoordelikheid (KMV) en korporatiewe
maatskaplike investering (KMI) inisiatiewe. Besighede moet die doel van KMI
ken, asook die verskille tussen KMV en KMI. Daar is ook ‘n direkte verband
tussen maatskaplike verantwoordelikheid en die drievoudige sleutelaspekte.
Besighede moet die impak van KMV op gemeenskappe in gedagte hou.

Skryf ‘n opstel oor maatskaplike verantwoordelikheid, KMV en KMI waarin jy die


volgende aspekte insluit:

• Beskryf kortliks die doel van KMI.


• Onderskei tussen KMV en KMI.
• Verduidelik die verband tussen maatskaplike verantwoordelikheid en die drievoudige
sleutelaspekte.
• Gee besighede raad oor die voordele van KMV vir gemeenskappe. [40]

KWARTAAL 3 | ONDERWERP 13 | Maatskaplike verantwoordelikheid en korporatiewe burgerskap: KMV & KMI 317

BS GRAAD 12 LB AFR.indb 317 2022/03/27 23:48:44


KWARTAAL 3

Neem kennis Breinkaart: Onderwerp 13 – Maatskaplike (Sosiale)


Die volgende diagramme kan Verantwoordelikheid en korporatiewe burgerskap: KMV & KMI
gebruik word as ‘n hersienings- Gebruik die breinkaarte as ‘n riglyn om die inhoud wat in hierdie onderwerp
opsomming vir strategieë oor behandel word, te konsolideer. Maak seker dat jy die inhoud van elke opskrif in
sosio-ekonomiese kwessies. hierdie onderwerp bestudeer.

Ondersteun NRO's Neem deel aan Verskaf vaardigheidsopleiding deur


voorkomingsprogramme middel van leerlingskapprogramme
Ondersteun bestaande
klein besighede

Ontwikkel strategieë
om die stigma rondom
Lei beraders op STRATEGIEË OM Bied beurse aan
MIV/VIGS te hanteer STRATEGIEË /huur beraders
OM MIV/VIGS WERKLOOSHEID
TE HANTEER TE HANTEER
Moedig geaffekteerde Bevorder
werknemers aan selfindiensneming
om by MIV/VIGS- Ontwikkel Skep werksgeleenthede
ondersteuningsgroepe beradingsprogramme vir die gemeenskapslede
aan te sluit

Ontplooi anti- Voer entrepreneuriese


Voer werkswinkels Voer entrepreneuriese
retrovirale behandelings opleidingsprogramme uit
oor MIV/VIGS uit programme uit
-programme

Belê in jong
Skenk geld en/of kos
beginnerondernemings

STRATEGIEË Belê in infrastruktuur en


OM ARMOEDE behuisingsprogramme

TE HANTEER

Ondersteun regeringsinisiatiewe Bied vrywilligersgeleenthede aan


aan potensiële werknemers

Neem kennis
Die volgende tabelle kan deur leerders gebruik word om KMV en KMI te hersien, maar
hulle moet die inhoud wat in hierdie onderwerp behandel word gebruik vir breedvoerige
verduidelikings.

Komponente van Nadele van KMV/KMI Voordele van KMV/ Doel van KMV
KMV vir besighede KMI vir besighede
• Omgewing • Moeilik vir klein besighede • Produktiwiteit verbeter. • Word verwag deur die
• Gesondheid en veiligheid om te implementeer. • Goeie publisiteit – samelewing.
• Korporatiewe bestuur • KMV-programme word as mededingende voordeel. • Word verwag deur die
• Besigheidsetiek vanselfsprekend aanvaar. • Meer verkope as gevolg regering.
• Diensbillikheid • Om breedvoerige verslae van lojaliteit. • Verkry ekonomiese
• Etiese Korporatiewe te skep is tydrowend. • KMI kan as voordele.
sosiale investering • KMI word gefinansier uit bemarkingstrategie • Pas etiese waardes van die
• Voorsieningsketting die maatskappy se wins. gebruik word. besigheid toe.
• Kliënte • KMV-aktiwiteite lei die • Help om beleggers te lok. • Verkry notering op die
• Gemeenskap fokus van die besigheid af. • Besigheid kry JSE-SVI
• Wetgewing om KMV te belastingvoordele
beheer is moeilik om na
te kom

318 BESIGHEIDSTUDIES | GRAAD 12

BS GRAAD 12 LB AFR.indb 318 2022/03/27 23:48:45


Eenheid 13.3 Korporatiewe Maatskaplike Verantwoordelikheid (KMV) en Korporatiewe Maatskaplike Investering (KMI)

Fokusareas van KMI Voorbeelde van KMI- Nadele van KMV/KMI Voordele van
projekte vir gemeenskappe KMV/KMI vir
gemeenskappe
• Landelike ontwikkeling • Armoedeverligting deur • Skade word aangerig • Welsyn sal verbeter.
• Werknemers skenkings as die program nie • Vaardigheidsontwikkeling
• Omgewing • Bewaringsprojekte volhoubaar is nie. sal die moontlikheid
• MIV/Vigs • Verskaf dienste wat die • Besigheid is nie toegerus van werksgeleenthede
• Onderwys en opleiding regering nie kan gee nie vir KMV nie. verbeter.
• Entrepreneuriese • Investeer in projekte vir • Geen inisiatief van • Entrepreneuriese
ontwikkeling werkskepping gemeenskap nie. vaardighede sal verbeter.
• Voorsiening van basiese • Besighede gee nie regtig • Beter vlak van onderwys
onderwys vir volwassenes om vir die gemeenskap sal moontlikheid van werk
• Die onderrig van nie. verbeter.
entrepreneurskaps- • Soms is dit nie die • Beter fasiliteite vir
vaardighede werklike behoefte van die gemeenskap.
• Borg kuns- en kultuur gemeenskap nie • Beter gesondheid as
programme gevolg van beter mediese
• Vestiging van infrastruktuur
programme om vroeë
kinderontwikkeling te
bevorder

Konsolidasie

VRAAG 1
1.1 Verskeie opsies word as moontlike antwoorde op die volgende vrae gegee. Kies die
antwoord en skryf slegs die letter (A–D) langs die vraagnommer (1.1.1 - 1.1.2) neer,
byvoorbeeld, 1.1.3 D.
1.1.2 BMB Bank se bydrae van R50 000 om rekenaars vir die IT-klaskamer in
die hoërskool van die plaaslike gemeenskap te koop, staan bekend as hul
…-projek.
A korporatiewe bestuurs
B korporatiewe maatskaplike investerings
C korporatiewe maatskaplike verantwoordelikheids
D drievoudige sleutelaspekte 
1.1.2 Die elemente van die drievoudige sleutelaspekte:
QR-KODE
A persone; planeet; plesier
B plekke; planeet; profyt Skandeer hierdie kode vir ‘n
C persone; planeet; profyt oorsig oor die inhoud van
D trots; planeet; plesier hierdie onderwerp rakende die
(2 × 2) (4) spesifieke kernleerpunte.
1.2 Noem VIER KMI-fokusareas. (4)
[8]
VRAAG 2
2.1 Lees die scenario hieronder en beantwoord die vrae wat volg.
AMILE HANDELAARS (AH)
Amile Handelaars verskaf kospakkies vir die plaaslike gemeenskapslede wat
in armoede leef. Die inisiatief was voordelig vir AH. Die besigheid het meer
ondersteuning van die gemeenskap geniet. Hulle het ook daarin geslaag om
ervare werknemers te lok.
https://youtube.com/play-
2.1.1 Haal TWEE voordele van KMI vir AH as ‘n besigheid aan. (2) list?list=PLY8n0zQCEkpq-
2.1.2 Verduidelik die nadele van KMI op AH. (6) FIeP-ayvS2S2zCgxTISr3
[8]

KWARTAAL 3 | ONDERWERP 13 | Maatskaplike verantwoordelikheid en korporatiewe burgerskap: KMV & KMI 319

BS GRAAD 12 LB AFR.indb 319 2022/03/27 23:48:45


BESIGHEIDSTUDIES | Graad 12

KWARTAAL 3

14 Aanbiedings en
data-respons
ONDERWERP OORSIG

 Eenheid 14.1 Faktore wat oorweeg moet word wanneer ‘n aanbieding


voorberei word
 Eenheid 14.2 Areas van verbetering in die volgende aanbieding
 Eenheid 14.3 Impak van SES visuele hulpmiddels

Leerdoelwitte
Aan die einde van hierdie onderwerp moet leerders die volgende
kan doen:
❖ Beskryf kortliks/Verduidelik/Bespreek faktore wat oorweeg moet
word wanneer ‘n aanbieding voorberei word. (Voor die
aanbieding)
❖ Beskryf kortliks/Verduidelik faktore wat die aanbieder tydens die
aanbieding in ag moet neem, bv. behou oogkontak/gebruik van
visuele hulp-middels/bewegings/moenie vinnig praat nie/gebruik
pouses waar nodig, ens. (Tydens die aanbieding)
❖ Identifiseer faktore wat oorweeg moet word wanneer ‘n
aanbieding voorberei word en tydens die aanbieding in ag
geneem moet word uit gegewe scenario’s of gevallestudies.
❖ Verduidelik hoe om op vrae na afloop van ‘n aanbieding op ‘n
nie-aggressiewe en professionele wyse te hanteer en te reageer.
(Na die aanbieding)
❖ Haal maniere aan oor hoe die aanbieder terugvoer en vrae op ‘n
nie-aggressiewe en professionele wyse kan hanteer van gegewe
scenario’s en gevallestudies.
❖ Stel voor/Beveel maniere aan hoe die aanbieder terugvoer op ‘n
nie-aggressiewe en professionele wyse kan hanteer.
❖ Verduidelik/Stel voor/Beveel aan areas van verbetering in die
volgende aanbieding.
❖ Identifiseer areas van verbetering in die volgende aanbieding van
gegewe scenario’s/gevallestudies.
❖ Bespreek kortliks/Verduidelik aspekte wat in ag geneem moet
wanneer ‘n multimedia- aanbieding saamgestel word, bv. begin
met die teks/inhoud, kies die agtergrond en kies relevante prente/
skep grafieke.
❖ Gee voorbeelde van nie-verbale aanbiedinge, bv. geskrewe verslae,
scenario’s, soorte grafieke, (bv. lyn, sirkel en kolom), asook ander
nie-verbale soorte inligting soos prente en foto’s

320 BESIGHEIDSTUDIES | GRAAD 12

BS GRAAD 12 LB AFR.indb 320 2022/03/27 23:48:45


Leerdoelwitte
❖ Verduidelik/Bespreek/Evalueer die impak van die volgende visuele
hulpmiddele:
– PowerPoint/Data projektor
– Oorhoofse projektor/Transparante
– Uitdeelstukke/Gedrukte afskrifte/Brosjures
– Blaaiborde
– Interaktiewe witbord /slimborde
– Plakkate/tekens/baniere/advertensie-toerusting/vlae
❖ Identifiseer visuele hulpmiddele uit gegewe scenario’s en stellings.

Kernbegrippe
■ Aanbieding: die daad om inligting/data aan ‘n gehoor/belanghebbendes
in ‘n organisasie te kommunikeer.
■ Data-respons: die interpretasie en ontleding van inligting wat verskaf is.
■ Interaktiewe witborde: elektroniese witborde waarop beelde vanaf ‘n
rekenaarskerm deur die aanbieder vertoon en verander kan word.
■ Multimedia-aanbieding: om klank en video effektief in ‘n aanbieding te
kombineer. 
■ Nie-verbale aanbieding: aanbieding van inligting aan ‘n gehoor sonder
om gesproke woorde te gebruik.
■ Plakkaat: verwys na ‘n groot vel papier of karton wat sekere produkte,
dienste en geleenthede bevorder of adverteer wat op openbare lamppale
mure en binne openbare lokale geplaas word.
■ Terugvoer: inligting oor ‘n aanbieding deur ‘n gehoor wat as basis vir
verbetering gebruik word.
■ Verbale aanbiedings: ‘n metode om ‘n boodskap deur gesproke woorde
oor te dra.
■ Visuele hulpmiddels: kaarte, prente en beelde wat help om ‘n punt te
verduidelik of ‘n aanbieding te verbeter.

Inleiding
In Graad 10 en Graad 11 is die onderwerp aanbieding van besigheidsinligting
gedek. In Graad 10 is jy bekendgestel met ondersteunende materiaal soos
grafieke, diagramme, simbole en prente. Faktore wat oorweeg moet word
wanneer ‘n mondelinge aanbieding voorberei word, is aan jou uiteengesit. Faktore
wat in ag geneem moet word wanneer ‘n aanbieding ontwerp word, is verduidelik.
Jy is blootgestel aan oudiovisuele hulpmiddels en die redes vir die gebruik daarvan
in aanbiedings.

In Graad 11 moes jy tussen verbale en nie-verbale aanbiedings onderskei. Jy is


bekendgestel aan verskillende tipes visuele hulpmiddels, bv. Tabelle, grafieke,
diagramme, plakkate, uitdeelstukke, ens. Daar is ook van jou verwag om die tipes
visuele hulpmiddels uit gegewe scenario’s, gevallestudies en stellings te identifiseer.
Daar is ook van jou verwag om faktore aan te beveel wat die aanbieder moet
oorweeg wanneer ‘n aanbieding voorberei word. Daar is van jou verwag om ‘n
besigheidsverslag krities te ontleed en areas vir verbetering aan te beveel. Hoe
om terugvoer na ‘n aanbieding op ‘n nie-aggressiewe en professionele wyse te
hanteer, is aan jou verduidelik.

KWARTAAL 3 | ONDERWERP 14 | Aanbiedings en data-respons 321

BS GRAAD 12 LB AFR.indb 321 2022/03/27 23:48:45


KWARTAAL 3

Nuwe woorde Eenheid 14.1  Faktore wat oorweeg


belanghebbendes  persone
wat ‘n belang in die besigheid
moet word wanneer ‘n aanbieding
het
voorberei word
aangevul  komponente/
prosesse/ faktore wat mekaar
ondersteun Aanbiedings en data-respons
voorafgaan  gebeur
Die deel van inligting en data
onmiddellik voordat iets
vir beplanningsdoeleindes
gebeur
is van kritieke belang in
enige organisasie. Inligting
en data moet met verskeie
belanghebbendes gedeel
word binne en buite die
organisasie. ‘n Aanbieding is
een metode om inligting met
belanghebbendes te deel.
Die aanbieding word dikwels
aangevul deur verskeie n Aanbieding van inligting
visuele hulpmiddels wat die
aanbieding verbeter, en ondersteun die inligting wat verskaf word.

Die sukses van enige aanbieding hang af van die voorbereiding wat die
aanbieding voorafgaan. Voor die aanbieding moet die aanbieder verskeie faktore
oorweeg wat sy/haar aanbieding sal verbeter. Beplanning vir die aanbieding
verseker dat enige uitdagings wat tydens die aanbieding mag voorkom,
geïdentifiseer en aangespreek word.

Faktore wat VOOR die aanbieding deur die aanbieder


oorweeg moet word 
Die volgende is ‘n paar van die faktore wat voor die aanbieding in ag geneem
moet word:
• Wees duidelik oor die doel van die aanbieding en skryf ‘n uiteensetting neer
van die belangrike inligting wat jy met jou gehoor wil deel.
• Maak seker dat die hoofdoel van die aanbieding in jou openingsverklaring
vasgelê word.
• Sluit slegs die inligting wat belangrik en betroubaar is in jou aanbieding in.
• Vergewis jouself met die inhoud van die aanbieding om ‘n gladde vloei van
die aanbieding te verseker.
• Wees vertroud met die agtergrond van jou gehoor, sodat jou aanbieding tot
hul belangstellingsarea spreek.
• Formuleer ‘n rowwe konsep/eerste weergawe van jou aanbieding wat
‘n logiese vloei van inligting insluit vanaf die inleiding tot die liggaam, en
uiteindelik tot die slot.
• Som die hooffeite van die liggaam in jou gevolgtrekking op en koppel jou
Oefen die lewering van jou
n  gevolgtrekking aan die aanvanklike doel van die aanbieding.
aanbieding • Sluit visuele hulpmiddels in wat jou aanbieding sal verbeter.
• Oefen die lewering van jou aanbieding om te verseker dat jy nie die tyd wat
aan jou toegeken is, oorskry nie.

322 BESIGHEIDSTUDIES | GRAAD 12

BS GRAAD 12 LB AFR.indb 322 2022/03/27 23:48:47


Eenheid 14.1  Faktore wat oorweeg moet word wanneer ‘n aanbieding voorberei word

• Berei jouself voor vir moontlike vrae wat duidelikheid soek wat jou gehoor na
die aanbieding kan vra. Wenk
• Besoek die lokaal van die aanbieding om te verseker dat die oudiovisuele Jy moenie die faktore wat in
toerusting in werkende toestand is. ag geneem moet word tydens
• Berei uitdeelstukke voor/druk uitdeelstukke wat jy dalk met jou gehoor die aanbieding, verwar met
wil deel. die faktore wat in ag geneem
moet word voor of na
Faktore wat TYDENS die aanbieding deur die aanbieder aanbieding nie.

oorweeg moet word 


Die lewering van die aanbieding behels om direk met die gehoor te praat. Nuwe woorde
Dit kan ‘n skrikwekkende taak wees vir selfs die mees ervare aanbieders. Om
senuweeagtig te wees terwyl jy wag vir die gehoor om te rus, is ‘n natuurlike weerhou  vermy om iets te
gebeurtenis en moet nie as mislukking ervaar word nie. Sodra die gehoor rustig is, doen
sal die senuwees verdwyn en jy sal gereed wees om jou aanbieding te lewer. hartlik  om iets op ‘n
vriendelike manier te doen
Oorweeg die volgende faktore tydens die aanbieding:
• Vestig geloofwaardigheid deur jouself aan die begin as die aanbieder voor
te stel.
• Noem/wys eers die belangrikste inligting.
• Maak die doel/hoofpunte van die aanbieding duidelik aan die begin van die
aanbieding.
• Gebruik geskikte afdeling-titels, opskrifte, subopskrifte en kolpunte.
• Som die hoofpunte van die aanbieding op om die aanbieding af te sluit.
• Staan in ‘n goeie regop posisie, waar die gehoor die aanbieder en aanbieding
duidelik kan sien.
• Weerhou jouself daarvan om agter toerusting weg te kruip.
• Trek luisteraars se aandag.
• Betrek die gehoor met ‘n verskeidenheid metodes.
• Behou oogkontak met die gehoor.
• Wees hoorbaar vir alle luisteraars in die gehoor.
• Wissel jou stemtoon en tempo binne sekere afdelings af om eentonigheid
te voorkom.
• Maak die aanbieding interessant met die gebruik van visuele hulpmiddels.
• Moenie haastig wees of te stadig praat nie.
• Hou die aanbieding kort en eenvoudig.

Hoe om op vrae NA afloop van ‘n aanbieding Wenk


op ‘n nie-aggressiewe en professionele wyse te Jy moet faktore wat VOOR
hanteer/reageer en TYDENS die aanbieding
deur die aanbieder oorweeg
Na die aanbieding moet die aanbieder bereid wees om vrae van die gehoor te moet word van scenario’s
beantwoord. Die gehoor moet toegelaat word om vir duidelikheidshalwe vrae en gevallestudies kan
te vra aan die aanbieder na die aanbieding. Die aanbieder moet bereid wees om identifiseer.
sulke vrae op ‘n hartlike wyse te beantwoord. Die antwoorde wat verskaf word,
moet die leemtes vul wat in die aanbieding uitgelaat is.

KWARTAAL 3 | ONDERWERP 14 | Aanbiedings en data-respons 323

BS GRAAD 12 LB AFR.indb 323 2022/03/27 23:48:47


KWARTAAL 3

QR-KODE Maniere waarop die aanbieder terugvoer op ‘n nie-


Hoe om vrae van die gehoor aggressiewe en professionele wyse kan hanteer
te hanteer | Openbare • Die aanbieder moet regdeur die terugvoersessie staan.
Redevoering • Wees beleefd, selfversekerd en hoflik wanneer jy op vrae reageer.
• Maak seker dat elke vraag of opmerking duidelik verstaan word voordat vrae
beantwoord, herformuleer of herbewoord word indien onseker.
• Jy moet eers luister en dan reageer.
• Gee terugvoer so gou moontlik nadat die vraag gevra is of na die sessie.
• Wees direk/eerlik/opreg wanneer jy op vrae reageer.
• Gebruik eenvoudige taal om die voorbeelde wat in die aanbieding gebruik
word, te ondersteun.
• Hou antwoorde kort en op die punt.
• Vra om verskoning en erken foute indien dit deur die gehoor uitgewys word.
https://www.youtube.com/ • Moedig vrae van die gehoor aan.
watch?v=ha1efqW-4h0&ab_ • Spreek altyd die vraag aan, en nie die persoon nie.
channel=Howcast • Erken goeie vrae om die gehoor te motiveer om meer vrae te vra.
• Die aanbieder moet nie by ‘n debat betrokke raak wanneer die op vrae
reageer nie.
• Die aanbieder moet nie die vrae vermy as die nie beantwoord kan word nie,
Wenk
maar eerder belowe om op ‘n later stadium terugvoer oor die vrae te gee.
Die hantering van terugvoer • Spreek die volle gehoor aan, en nie net die persoon wat die vraag gestel
na ‘n aanbieding sal vereis het nie.
dat ‘n aanbieder goeie
kommunikasie en luister-
vaardighede moet hê.
Wenk
Jy moet maniere waarop die aanbieder terugvoer/vrae op ‘n nie-aggressiewe en
professionele wyse kan hanteer uit gegewe scenario’s/gevallestudies kan aanhaal.

| Aktiwiteit 14.1 Klaswerk/Huiswerk


n  Wees voorbereid vir vrae van
VRAAG 1
jou gehoor na die aanbieding
1.1 Dui in ELKE geval aan, watter van die volgende stellings na faktore wat voor,
QR-KODE tydens of na die aanbieding verwys wat deur die aanbieder in ag geneem moet
word:
Gebruik hierdie skakel om jou 1.1.1 Berei jouself voor vir moontlike duidelikheid vrae wat jou gehoor mag vra.
kennis van hierdie afdeling te 1.1.2 Sluit inligting in wat belangrik en betroubaar is.
toets. Faktore wat voor, tydens 1.1.3 Behou oogkontak met die gehoor tydens jou hele aanbieding.
en na ‘n aanbieding in ag 1.1.4 Reageer slegs op ‘n vraag wanneer jy seker is dat jy die vraag wat gevra is
geneem moet word. verstaan.
1.1.5 Koppel jou gevolgtrekking aan die doel van die aanbieding.
1.1.6 Benoem die doel van die aanbieding.
1.1.7 Weerhou om betrokke te raak in ‘n debat/argument met die persoon/
mense wat die vrae stel.
1.1.8 Wees vertroud met die agtergrond van jou gehoor.
1.1.9 Moenie bang wees om foute wat tydens die aanbieding gemaak is, te
erken nie.
1.1.10 Gebruik visuele hulpmiddels om die doeltreffendheid van jou aanbieding
te verbeter.
(10 × 1) (10)
https://forms.gle/
wwANeG3ue9JAcSQ18

324 BESIGHEIDSTUDIES | GRAAD 12

BS GRAAD 12 LB AFR.indb 324 2022/03/27 23:48:48


Eenheid 14.2  Areas van verbetering in die volgende aanbieding

Eenheid 14.2  Areas van verbetering vir


die volgende aanbieding
Na enige aanbieding is dit belangrik om te reflekteer oor die doeltreffendheid
daarvan. Die aanbieder moet oorweeg of die aanbieding die gewenste doelwitte
bereik het. ‘n Eerlike refleksie sal die aanbieder van die nodige inligting voorsien
om die volgende aanbieding te verbeter.

Areas van verbetering vir die volgende


aanbieding
Oorweeg die volgende wanneer areas van verbetering vir die volgende aanbieding
bepaal word:
• Die aanbieder moet doelwitte hersien wat nie bereik is nie.
• Integreer humor op die gepaste tye in jou aanbieding.
• Wees altyd bereid om die inligting aan te pas, by te werk en relevant te hou. Nuwe woorde
• Reflekteer oor enige probleme en kritiek en voorkom dit in toekomstige
aanbiedings. integreer  om verskillende
• Enige inligting wat die aanbieder as terugvoer van ‘n aanbieding ontvang, veranderlikes/faktore op
moet ontleed word en waar relevant, bygewerk word om die aanbieding op die vereiste tye effektief te
te dateer of te wysig. kombineer
• Reflekteer oor die tydsduur van die aanbieding om inhoud by te voeg of
te verwyder.
• Verhoog/Verminder die gebruik van visuele hulpmiddels of vervang/verwyder
hulpmiddels wat nie goed werk nie.
• Besin oor die logiese vloei van die formaat/skyfies/toepassing van visuele
hulpmiddels.

Aspekte wat oorweeg moet word wanneer ‘n


multimedia-aanbieding ontwerp word
‘n Multimedia-aanbieding verwys na ‘n verbale aanbieding wat aangevul word
met die gebruik van skyfies, video en oudio. Multimedia kan enige aanbieding
verbeter en die belangstelling van die gehoor aan lok . Die integrasie van die
doeltreffendste visuele hulpmiddels in ‘n aanbieding verg deeglike beplanning van
die aanbieder.

Multimedia-aanbieding sluit video en klank in


n 

KWARTAAL 3 | ONDERWERP 14 | Aanbiedings en data-respons 325

BS GRAAD 12 LB AFR.indb 325 2022/03/27 23:48:50


KWARTAAL 3

Oorweeg die volgende wanneer jy ‘n multimedia-aanbieding ontwerp:


Nuwe woorde
• Begin jou skyfies met teks en ‘n opskrif.
hiperskakels ‘n skakel van • Kontrasteer die kleur van jou teks met die kleur van die agtergrond.
een dokument na die inhoud • Vermy die gebruik van teks wat nie leesbaar is nie, of ‘n lettertipe wat te
van ‘n ander dokument klein is.
• Kies beelde wat die boodskap/inligting wat jy graag wil oordra sal verbeter.
• Sluit toepaslike grafika in om teks op die skyfies aan te vul.
• Sluit spesiale effekte, klank en animasie by jou aanbieding in wat jou gehoor
se aandag sal behou.
• Vinnige toegang tot ander dokumente, video, prente of grafieke moet
geaktiveer word deur hiperskakels te gebruik.
• Weerhou jou daarvan om spesiale effekte, of animasie in te sluit wat aandag
sal aftrek van die hoof boodskap en inligting wat jy graag aan jou gehoor wil
oordra.
• Doen ‘n speltoets voor die aanbieding om enige spel- en grammatiese foute
van jou skyfie-aanbieding uit te skakel.
• Struktureer die inligting op jou skyfies in ‘n logiese volgorde, wat jou gehoor/
die belanghebbendes in staat sal stel om jou aanbieding te volg.
• Beperk die inligting op elke skyfie om die aandag van jou gehoor te behou.

Voorbeelde van nie-verbale aanbiedings


Nie-verbale aanbiedings verwys na die gebruik van verskeie ondersteunings-
materiaal om ‘n aanbieding aan te vul. Die keuse van die korrekte ondersteunings-
materiaal is belangrik aangesien dit die aanbieding moet versterk/ondersteun.

Die volgende nie-verbale aanbiedings en ondersteuningsmateriaal kan oorweeg


word:
1 Tabelle ‘n Tabel is ‘n stel feite en syfers wat in
kolomme en rye gerangskik is.

2 Grafieke ‘n Staafgrafiek is ‘n diagram wat wys


Wenk Grafiek titel

• staafgrafiek  hoe twee of meer stelle data verband 200 100

100 50

Jy moet die betekenis van • lyngrafiek hou 0


1/5/2002 1/6/2002 1/7/2002 1/8/2002 1/9/2002
0

verskillende grafieke uit ‘n • histogram Volume Hoog Laag Sluit

gegewe beskrywings kan • sirkelgrafiek


identifiseer. ‘n Lyngrafiek is ‘n diagram, gewoonlik 6
Grafiek titel

‘n lyn of kromme, wat wys hoe twee of


5
4,3 4,5
4
3,5

meer stelle getalle of metings verband 2


2,5

hou. 0
Kategorie 1 Kategorie 2 Kategorie 3 Kategorie 4

Reeks 1 Kolom 2 Kolom 1

‘n Histogram is ‘n staafgrafiek wat Maatskappy diversiteit volgens ouderdom

gebruik word om te wys hoe verskillende


stelle inligting vergelyk.

‘n Sirkeldiagram is ‘n sirkel wat in Verkope

segmente verdeel is, voorgestel met 12%


1st kwartaal

persentasies. 14%
52%
2nd kwartaal
3rd kwartaal
4th kwartaal
22%

326 BESIGHEIDSTUDIES | GRAAD 12

BS GRAAD 12 LB AFR.indb 326 2022/03/27 23:48:50


Eenheid 14.2 Areas van verbetering in die volgende aanbieding

3 Diagramme ‘n Diagram is ‘n simboliese voorstelling Begin


van inligting deur gebruik te maak van Antwoord

visualiserings-tegnieke. Produkinligting,of hulp


die telefoon

om bestellings te plaas Ander


Hoe kan
ons help? 1

Versending Fakturering
Neem naam Wat is
en maatskappy die probleem? 2
Probleme
met produk?

Plaas oor na Neem naam


verkope (ex.2107) en maatskappy

Voltooi Plaas oor na


hulptoonbank (ex.2219)

Voltooi

4 Illustrasies/ ‘n Illustrasie is ‘n versiering, interpretasie


Prente/ of visuele verduideliking van ‘n teks,
Foto’s/ konsep of proses.
Scenario’s

5 Geskrewe/ ‘n Geskrewe verslag is ‘n dokument wat


Besigheids- inligting in ‘n georganiseerde formaat vir
verslae ‘n spesifieke gehoor en doel aanbied.

6 Blaaiborde ‘n Blaaibord is ‘n skryfbehoefte-item


wat bestaan uit ‘n groot blok papiervelle
wat aan die boonste rand van ‘n witbord
vasgemaak is.

7 Uitdeelstukke ‘n Uitdeelstuk is ‘n spesiale manier om ‘n


aanbieding te sien wat geskik is vir druk
en verspreiding aan die gehoor.

8 Skyfie- ‘n Skyfievertoning is ‘n aanbieding op


vertonings die skerm van inligting/idees wat op
skyfies aangebied word. DANKIE

KWARTAAL 3 | ONDERWERP 14 | Aanbiedings en data-respons 327

BS GRAAD 12 LB AFR.indb 327 2022/03/27 23:48:52


KWARTAAL 3

| Aktiwiteit 14.2 Klaswerk/Huiswerk

VRAAG 1
Voltooi die volgende blokkiesraaisel deur die leidrade hieronder te gebruik.
1 2 3

4 5

6 7

8 9

10

11

12

13

14

15

16

17

18

DWARS AF
4 Hierdie word gebruik om te reageer op data en inligting 1 Metode om ‘n boodskap aan ‘n gehoor oor te dra.
wat verskaf word. 2 ‘n Elektroniese witbord waarop beelde vanaf ‘n
5 Die gemengde gebruik van klank en video in ‘n rekenaarskerm deur die aanbieder vertoon en geredigeer
aanbieding. kan word.
7 Reageer op vrae wat deur die gehoor gestel is. 3 Versiering, interpretasie of visuele verduideliking van ‘n
11 ‘n Spesiale aansig van die aanbieding wat geskik is om teks, konsep of proses.
gedruk en aan die gehoor versprei te word. 6 ‘n Diagram wat wys hoe twee of meer stelle data met
12 Ondersteuningsmateriaal wat gebruik word om inligting mekaar verband hou.
wat oorgedra word te verbeter en ondersteun. 8 Voorstelling op die skerm van inligting of idees wat op
15 Aanlyn betrokkenheid tussen twee of meer mense skyfies aangebied word.
wat video en oudio kan gebruik om met mekaar te 9 ‘n Dokument wat inligting in ‘n georganiseerde formaat vir
kommunikeer. ‘n spesifieke gehoor en doel aanbied.
16 ‘n Skryfbehoefte-item wat bestaan uit ‘n blok groot 10 ‘n Metode om ‘n boodskap deur gesproke woorde oor
papiervel, vasgemaak aan die boonste rand van ‘n te dra.
witbord. 13 Stel feite en figure gerangskik in kolomme en rye.
17 ‘n Sirkel verdeel in segmente, voorgestel met persentasies. 14 ‘n Grafiek wat gebruik word om te wys hoe verskillende
18 Kromme wat wys hoe twee of meer stelle getalle of stelle inligting vergelyk, waar die kolomme nie aan
metings verband hou. mekaar raak nie.
(18 × 2) (36)

328 BESIGHEIDSTUDIES | GRAAD 12

BS GRAAD 12 LB AFR.indb 328 2022/03/27 23:48:52


Eenheid 14.3  Impak van SES visuele hulpmiddels

Eenheid 14.3  Die impak van SES visuele


hulpmiddels
Aanbieders soek voortdurend/deurlopend nuwe maniere om visuele hulpmiddels
toe te pas om die gehalte van hul aanbiedings te verbeter. Die beskrywing van Wenk
verskeie visuele hulpmiddels is in Graad 11 behandel. Ons sal op die impak van Wanneer daar van jou verwag
visuele hulpmiddels in Graad 12 fokus. Die keuse van ‘n bepaalde visuele word om vrae oor die impak
hulpmiddel het ‘n direkte impak op die manier waarop die inligting/data deur die te beantwoord, kan jy slegs
gehoor/belanghebbendes ontvang word. Die impak kan of positief (voordele) en/ die voordele (positiewe),
of negatief (nadele) wees). slegs nadele (negatiewe),
of voldoende feite verskaf
Kom ons kyk na die impak van die gebruik van verskillende visuele hulpmiddels wat beide die voordele
(positiewe) en nadele
om ‘n aanbieding aan te vul.
(negatiewe) dek.

Die impak van die gebruik van ‘n data


projektor/PowerPoint-aanbieding
Positiewe/voordele
• Die aanbieding kan verbeter word deur die gebruik van beeldmateriaal en
grafika wat deur ‘n data projektor of PowerPoint-aanbieding verskaf kan
word.
• Beeldmateriaal en klankhulpmiddels soos klank- en videogrepe kan maklik by
die PowerPoint-aanbieding ingesluit word.
• Die gehoor se belangstelling in die aanbieding kan verhoog word as die
skyfies maklik leesbaar is en as dit beperkte teks bevat.
Aanbieder wat ‘n data projektor
n 
• Die belangstelling van die gehoor kan geprikkel word deur die gebruik van en skyfies tydens ‘n aanbieding
verskeie multimedia in die skyfies. gebruik
• Die aandag van die gehoor kan getrek en behou word deur opvallende
agtergronde, lettertipes en kleur op die skyfies te gebruik.
• Die skyfies wat gebruik word, moet die aanbieding aanvul en die doelwitte
van die aanbieding aan die gehoor opsom.

EN/OF

Negatiewe/Nadele Het jy geweet


• Die aanbieder weet dalk nie hoe om die data projektor of PowerPoint- Die eerste weergawe van ‘n
aanbieding te gebruik nie. PowerPoint vir Windows is in
• Die gehoor kan geïrriteerd raak met die onderbrekings wat veroorsaak word 1990 vrygestel
deur die onvermoë van die aanbieder om ‘n data projektor of PowerPoint-
aanbieding te gebruik.
• Die gebruik van ‘n data projektor of PowerPoint-aanbieding word nie
aanbeveel as die gehoor visuele of klank hindernisse het nie. Nuwe woorde
• Die gehoor kan afgelei word deur die aanbieder wat bloot herhaal wat op die
hindernisse  obstruksies wat
skyfies vertoon word.
kan verhoed dat iets gebeur
• Die implementering van beurtkrag kan die aanbieder verhoed om ‘n data
projektor of PowerPoint-skyfies tydens die aanbieding te gebruik.

KWARTAAL 3 | ONDERWERP 14 | Aanbiedings en data-respons 329

BS GRAAD 12 LB AFR.indb 329 2022/03/27 23:48:53


KWARTAAL 3

Die impak van die gebruik van ‘n oorhoofse


projektor/transparante
Positiewe/voordele
• Transparante en ‘n oorhoofse projektor kan deur die aanbieder gebruik word
om sy/haar gedagtes moeiteloos tydens die aanbieding te verduidelik.
• Die transparante kan vooraf voorberei word met ‘n spesiale transparantpen of
die drukker van ‘n rekenaar.
• Dit is effektief om te gebruik in die geval van ‘n rekenaar of data projektor
wat nie funksioneer nie of nie beskikbaar is nie.
• Transparante laat die aanbieder toe om grafika in verskeie kleure te
projekteer.
• Kan gebruik word om die aanbieder te lei wanneer die aanbieding
opgesom word.
EN/OF
Oorhoofse projektor
n 
Negatiewe/Nadele
• Die bevoegdheid van die aanbieder kan deur die gehoor bevraagteken word
indien die transparante nie op ‘n logiese manier gerangskik is nie.
Nuwe woorde • Die geredelike beskikbaarheid van ‘n betroubare PowerPoint-aanbiedings kan
lei daartoe dat transparante oorbodig word.
oorbodig nie meer nodig/ • Transparante kan nie in kombinasie met oudio- en videogrepe gebruik
funksioneel nie word nie.
• Transparante is die doeltreffendste wanneer dit in ‘n gedeeltelik verligte
kamer gebruik word, wat hulle die doeltreffendste maak wanneer ligte
gedemp of afgeskakel word.
• Gedeeltelik verligte of donker vertrekke ligte maak dit moeilik vir die gehoor
om inligting op te teken en notas te neem vir latere gebruik.

Die impak van die gebruik van uitdeelstukke/


strooibiljette/brosjures
Positiewe/voordele
• Die aanbieder kan die aandag van die gehoor trek deur hulle van nuttige
uitdeelstukke, strooibiljette of brosjures te voorsien voor die aanvang van
Uitdeelstukke/strooibiljette/
n 
die aanbieding.
brosjures word gebruik om die
• Belangrike inligting oor die aanbieding kan na die aanbieding aan die gehoor
gehoor van bykomende inligting
te voorsien verskaf word.
• Enige nuwe of bykomende inligting kan moeiteloos in daaropvolgende kopieë
van die uitdeelstukke, strooibiljette of brosjures ingesluit word.
• Die inligting kan geverifieer word deur dit met die PowerPoint-aanbieding
te vergelyk.
EN/OF

Negatiewe/Nadele
• Die inligting wat verskaf word is van ‘n visuele en grafiese aard en klank kan
nie bygevoeg word om die belangstelling van die gehoor te lok nie.
• Die beskikbaarheid van ondersteuningsmateriaal voor die aanbieding begin
kan die gehoor se aandag van die aanbieding aflei.

330 BESIGHEIDSTUDIES | GRAAD 12

BS GRAAD 12 LB AFR.indb 330 2022/03/27 23:48:54


Eenheid 14.3  Impak van SES visuele hulpmiddels

• Die uitreik van uitdeelstukke aan die begin van die aanbieding kan die gehoor
se aandag van jou aanbieding aflei.
• Die beperkte inligting wat in die uitdeelstukke, strooibiljette of brosjures
ingesluit is, kan moontlik nie die breedvoerige doelwitte van die aanbieding
vasvang nie.
• Die drukkoste is hoog, en die harde kopieë kan maklik verlê word.
• Die skrywer het geen beheer oor die onwettige verspreiding van die
ondersteuningsmateriaal nie.

Die impak van die gebruik van blaaiborde


Positiewe/voordele
• Kan effektief gebruik word indien daar ‘n beperkte aantal gehoorlede
teenwoordig is en die aanbieder ‘n konsep wil beklemtoon.
• Kan nuttig wees wanneer die aanbieder ‘n opsomming wil opneem van
antwoorde wat van die gehoor ontvang is wat sy/haar aandag verg.
• Dinkskrum-idees wat deur die deelnemers of gehoor gegenereer word, kan
op ‘n blaaibord aangeteken word

EN/OF

Negatiewe/Nadele
• Onvoldoende tyd tydens die aanbieding kan die aanbieder verhoed om die Nuwe woorde
blaaibord effektief te gebruik.
• Die skrif van die aanbieder is dalk nie leesbaar nie, wat die standaarde wat die leesbaar  teks wat duidelik is
aanbieder streef om te handhaaf, negatief kan beïnvloed. om te lees
• ‘n Aanbieder wat ‘n blaaibord dikwels tydens ‘n aanbieding gebruik, kan
uiteindelik ‘n morsige een hê wat die gehoor kan verwar.
Wenk
Moenie die impak van
Die impak van die gebruik van interaktiewe interaktiewe witborde/
slimborde met data projektor/
witborde/slimborde PowerPoint-aanbiedings
verwar nie
Positiewe/voordele
• Verminder die koste vir die organisasie van die aankoop van
bykomende toerusting omdat die inligting/teks/grafika direk vanaf
‘n rekenaar geprojekteer kan word.
• Die beskikbaarheid van spesiale penne stel die aanbieder in staat
om sy/haar idee/konsepte/gedagtes direk op die interaktiewe
witbord/slimbord oor te dra.
• Interaktiewe witborde/slimborde het die funksionaliteit om
bykomende inligting te stoor wat die aanbieder tydens sy/haar
aanbieding daarop aangeteken het.
• Klank/Visuele hulpmiddels kan moeiteloos saam met die
interaktiewe witbord/slimbord gebruik word.
• Effektief om antwoorde en nuwe voorstelle van die gehoor
Interaktiewe witborde/slimborde laat ‘n
n 
aan te teken. onderwyser of ‘n leerder toe om met die
beelde direk op die skerm te werk deur ‘n pen
EN/OF of ‘n vinger te gebruik

KWARTAAL 3 | ONDERWERP 14 | Aanbiedings en data-respons 331

BS GRAAD 12 LB AFR.indb 331 2022/03/27 23:48:55


KWARTAAL 3

Nuwe woorde Negatiewe/Nadele


funksionaliteite verskillende • ‘n Aanbieder wat nie vaardig in die gebruik van die interaktiewe witbord/
gebruike wat deur die slimbord is nie, sal dalk nie toegang tot al die funksies/funksionaliteite wat dit
spesifieke visuele hulpmiddel bied, kry nie.
aangebied word • Kopiereg gekoppel aan sekere sagteware verhoed die gebruik van
interaktiewe witborde/slimborde in samewerking met ander rekenaars.
kopiereg die wettige
• Die implementering van beurtkrag kan die aanbieding ontwrig, aangesien dit
reg op die eienaar van ‘n
oorspronklike skepping ‘n stabiele toevoer van elektrisiteit vereis.

Die impak van die gebruik van plakkate/


tekens/baniere/advertensie-toerusting/vlae
Positiewe/voordele
• Ondersteun die hooftema van die aanbieding as dit visueel aantreklik is.
• Kan groot prente of sleutelkonsepte bevat om belangrike kenmerke van ‘n
produk uit te lig.
• ‘n Plakkaat wat op strategiese plekke binne ‘n lokaal vertoon word, sal die
aandag van die gehoor trek.
‘n Voorbeeld van ‘n optrek-
n  • ‘n Waardevolle visuele hulpmiddel wat gebruik kan word om die visie van ‘n
banier organisasie te bevorder.
• Advertensie-toerusting kan op verskillende plekke geplaas word, afhangende
van die beweging van verbruikers/kliënte.
EN/OF

Negatiewe/Nadele
• Die visuele hulpmiddel kan die gehoor/belanghebbendes se aandag van die
hoofboodskap van die aanbieder se aanbieding aflei.
• Plakkate is nie geskik vir klein lokale nie, aangesien die visuele hulpmiddel
wanfunksioneel of ontoepaslik kan raak as gevolg van die beperkte ruimte.
• Die visuele hulpmiddel is eendimensioneel omdat dit nie met klank en video
gebruik kan word nie.
• Plakkate wat buite vertoon word, kan deur weer of ander elemente beskadig
of selfs vernietig word.

| Aktiwiteit 14.3 Huiswerk/Klaswerk


QR-KODE
Voordele van interaktiewe VRAAG 1
witborde/slimborde 1.1 Noem VYF voorbeelde van nie-verbale aanbiedings. (5)
1.2 Lees die scenario hieronder en beantwoord die vrae wat volg.

ZUKI SPORT GeÏnk (ZSG)


Zuki Sport Geïnk is genooi om die nasionale sokkerspan te motiveer. ZSG
het Thembi, die verkoopsbestuurder, versoek om skyfies te gebruik wat
tydens haar aanbieding op ‘n skerm geprojekteer is.

1.2.1 Identifiseer die visuele hulpmiddel wat deur ZSG gebruik word.
Motiveer jou antwoord deur uit die scenario hierbo aan te haal (3)
1.2.2 Bespreek die impak van die visuele hulpmiddel wat in VRAAG 1.2.1
https://www.youtube.com/ geïdentifiseer is. (6)
watch?v=2clxCSebFoU&ab_ 1.3 Gee aanbieders raad oor areas van verbetering in hul volgende aanbieding. (6)
channel=SmarterInteractive [20]

332 BESIGHEIDSTUDIES | GRAAD 12

BS GRAAD 12 LB AFR.indb 332 2022/03/27 23:48:56


Breinkaart: Onderwerp 14 – Aanbiedings en data-respons QR-KODE
Gebruik die breinkaarte as ‘n riglyn om die inhoud wat in hierdie onderwerp
behandel word, te konsolideer. Maak seker dat jy die inhoud van elke opskrif in Skandeer hierdie kode vir ‘n
hierdie onderwerp bestudeer. oorsig oor die inhoud van
hierdie onderwerp rakende die
spesifieke kernleerpunte.

Faktore wat VOOR die aanbieding Faktore wat TYDENS die aan-
oorweeg moet word bieding in ag geneem moet word
• Gee 'n uiteensetting van die belangrike inligting • Stel jouself voor
• Verskaf die hoofdoel van die aanbieding • Begin met die belangrikste inligting
• Sluit belangrike en betroubare inligting in • Benoem die doel
• Ken die inhoud • Bied die sleutelpunte aan
• Stel 'n rowwe/eerste weergawe op • Sluit af deur die hoofpunte op te som
• Som die hooffeite op • Wees sigbaar
• Sluit visuele hulpmiddels in • Behou oogkontak
• Oefen die aflewering • Wees hoorbaar

https://youtube.com/play-
list?list=PLY8n0zQCEkpq-
FIeP-ayvS2S2zCgxTISr3

AANBIEDINGS

Faktore wat NA die aanbieding Areas van verbetering in die


oorweeg moet word volgende aanbieding
• Luister na die vraag voordat jy antwoord • Identifiseer doelwitte wat nie bereik is nie
• Herbewoord die vraag indien onduidelik • Sluit humor in
• Reageer op die vraag wanneer jy seker oor die • Leer uit konstruktiewe kritiek
antwoord is • Verwerk inligting/data
• Reageer op die vraag en nie die persoon wat die vraag • Neem die lengte van aanbieding in ag
stel nie. • Besin/Reflekteer oor die gebruik van
• Erken goeie vrae visuele hulpmiddels
• Wees eerlik as jy nie die antwoord ken of weet nie • Heroorweeg die vloei van inligting
• Erken foute wat gemaak is • Neem die gehalte van die terugvoer in ag
• Bly beleefd en hoflik wanneer jy beantwoord

KWARTAAL 3 | ONDERWERP 14 | Aanbiedings en data-respons 333

BS GRAAD 12 LB AFR.indb 333 2022/03/27 23:48:56


KWARTAAL 3

Aspekte wat in ag geneem


moet word by die ontwerp van
'n multimedia-aanbieding
• Begin skyfies met teks en opskrifte
Impak van die volgende • Verkort die teks
visuele hulpmiddels • Kies nuttige beelde
• Sluit spesiale effekte in
• Hiperskakels vir vinnige toegang Voorbeelde van nie-
• Spesiale effekte moenie die gehoor se aandag verbale aanbiedings
Data projektor/PowerPoint aftrek nie • Tabelle
Voordele • Kontroleer spelling • Grafieke
• Sluit klank- en videogrepe in • Struktureer inligting op skyfies op 'n logiese wyse • Diagramme
• Maklik leesbare skyfies hou die gehoor • Beperk inligting op elke skyfie • Illustrasies
geïnteresseerd • Geskrewe besigheidsverslae
Nadele • Blaaiborde
• Gehoor se aandag kan afgelei word as die
aanbieder die skyfies lees
• Kan nie tydens beurtkrag gebruik word nie

Oorhoofse projektors/
Transparante
Blaaiborde
Voordele
Voordele
• Vang idees moeiteloos vas
• Beklemtoon 'n konsep
• Kan vooraf voorberei word
• Som response/antwoorde op
Nadele
Nadele
• Kan nie met video/oudio gekombineer
• Handskrif is dalk nie leesbaar nie
word nie
• Kan morsig raak
DATA-RESPONS • Transparante is oorbodig

Uitdeelstukke/pamflette/brosjures
Interaktiewe witborde/Slimborde
Voordele
Voordele
• Trek gehoor se aandag
• Kan saam met ander visuele hulpmiddels
• Sluit belangrike inligting in
gebruik word
Nadele
• Inligting/data kan gestoor word
• Klank kan nie gebruik word nie
Nadele
• Lei aandag van belanghebbendes af
• Bied funksionaliteit wat nie gebruik mag word nie
• Beurtkrag kan die sessie ontwrig

Konsolidasie

VRAAG 1
1.1 Verskeie opsies word as moontlike antwoorde op die volgende vrae gegee. Kies die antwoord en skryf slegs die letter
(A–D) langs die vraagnommer (1.1.1 - 1.1.5) neer, byvoorbeeld, 1.1.6 D.
1.1.1 Die aanbieder moenie met die gehoor argumenteer nie. Hierdie faktor moet … ‘n aanbieding in ag geneem
word.
A voor
B na
C net voor
D tydens
1.1.2 Mandla het … ingesluit om die skyfies en video’s aan te vul toe hy ‘n multimedia-aanbieding ontwerp het.
A oudio
B uitdeelstukke
C pamflette
D hiperskakels

334 BESIGHEIDSTUDIES | GRAAD 12

BS GRAAD 12 LB AFR.indb 334 2022/03/27 23:48:57


Konsolidasie

1.1.3 Lisa het ‘n … gebruik om feite en syfers wat in kolomme en rye gerangskik is, aan die bestuur te illustreer.
A blaaibord
B staafgrafiek
C tabel
D illustrasie
1.1.4 Colin het ‘n … van die finansiële status van die organisasie by die Algemene Jaarvergadering van Wavecrest
Sportdrag Verskaffers ingedien.
A skriftelike voorstel
B memorandum van ooreenkoms
C memorandum van verstandhouding
D skriftelike verslag
1.1.5 Beurtkrag moet in ag geneem word wanneer ‘n …  as ‘n visuele hulpmiddel gebruik word om inligting vanaf
‘n rekenaarskerm op ‘n skerm te wys.
A data projektor
B brosjure
C plakkaat
D oorhoofse projektor (5 × 2) (10)

VRAAG 2
2.1 Lees die scenario hieronder en beantwoord die vrae wat volg:
WYATT SE AANBIEDING
Wyatt, ‘n finansiële bestuurder, het sy jaarverslag tydens ‘n Raadsvergadering
voorgelê. Hy het uitdeelstukke voorberei om met die raadslede te deel. Hy het
ook geoefen om ‘n selfversekerde aanbieding te verseker. Wyatt het sy stem
geprojekteer en duidelik met die raadslede gepraat.

2.1.1 Haal TWEE faktore aan wat Wyatt in ag geneem het toe hy vir sy aanbieding voorberei het. (2)
2.1.2 Verduidelik ander faktore wat Wyatt moet oorweeg wanneer hy vir ‘n aanbieding voorberei. (8)
2.2 Beveel maniere aan waarop die aanbieder terugvoer op ‘n nie-aggressiewe en professionele wyse kan hanteer. (8)
[18]

VRAAG 3: BESIGHEIDSGELEENTHEDE (AANBIEDING EN BESIGHEIDSINLIGTING)

Aanbieders besef die belangrikheid daarvan om ‘n multimedia-aanbieding


in te sluit wanneer ‘n aanbieding ontwerp word. Baie aanbieders verkies om
interaktiewe witborde en uitdeelstukke te gebruik wanneer hulle ‘n aanbieding
doen. Aanbieders moet oor hul vorige aanbiedings reflekteer sodat hulle in die
volgende aanbieding kan verbeter.

Skryf ‘n opstel oor aanbiedings waarin jy die volgende aspekte insluit:

• Beskryf kortliks die faktore wat voor ‘n aanbieding in ag geneem moet word.
• Verduidelik die aspekte wat in ag geneem moet word wanneer ‘n multimedia-aanbieding ontwerp word.
• Bespreek die impak van die volgende visuele hulpmiddels:
» Interaktiewe witborde/slimborde
» Uitdeelstukke/pamflette/brosjures
• Stel areas vir verbetering voor aan besighede vir die volgende aanbieding. [40]

KWARTAAL 3 | ONDERWERP 14 | Aanbiedings en data-respons 335

BS GRAAD 12 LB AFR.indb 335 2022/03/27 23:48:57


BESIGHEIDSTUDIES | Graad 12

KWARTAAL 3

Ondernemingsvorme:
15 Kriteria vir sukses
of mislukking
ONDERWERP OORSIG

 Eenheid 15.1 Ondernemingsvorme


 Eenheid 15.2 Betekenis van beperkte aanspreeklikheid en onbeperkte
aanspreeklikheid
 Eenheid 15.3 Kriteria wat gebruik word om die sukses en/of mislukking van
ondernemingsvorme te evalueer
 Eenheid 15.4 Ondernemingsvorme en die bydrae van die kriteria tot die sukses
en/of mislukking van elke ondernemingsvorm

Leerdoelwitte
Aan die einde van hierdie onderwerp moet leerders die volgende
kan doen:
❖ Bespreek/Verduidelik die kenmerke en eienskappe van elke
ondernemingsvorm.
❖ Verduidelik die betekenis van beperkte aanspreeklikheid en
onbeperkte aanspreeklikheid.
❖ Bespreek/Verduidelik/Evalueer die impak (positiewe/voordele en/of
negatiewe/nadele) van die verskillende ondernemingsvorme.
❖ Verduidelik/Bespreek hoe die volgende kriteria tot die sukses en/of
mislukking van elke ondernemingsvorm kan bydra:
– Belasting
– Bestuur
– Kapitaal
– Verdeling van winste
– Wetgewing/Regsvereistes.

Kernbegrippe
■ Aandele: stel beleggers in staat om ‘n gedeelde eienaarskap van ‘n
maatskappy te verkry.
■ Algemene Jaarvergadering: ‘n vergadering van die aandeelhouers van ‘n
maatskappy wat een keer per jaar gehou word, waar die direkteure ‘n
verslag gee wat aandui hoe goed die maatskappy gevaar het. Aandeelhouers
met stemregte kan oor die kwessies van die maatskappy stem.
■ Direkteure: persone wat deur die aandeelhouers tot die bestuur (direksie)
van ‘n maatskappy verkies word om die aandeelhouers se belange te
verteenwoordig.
■ Kontinuïteit: verwys na die vermoë van die besigheid om steeds voort te
bestaan, selfs al vind ‘n verandering van eienaarskap plaas.

336 BESIGHEIDSTUDIES | GRAAD 12

BS GRAAD 12 LB AFR.indb 336 2022/03/27 23:48:57


Eenheid 15.1 Ondernemingsvorme

Kernbegrippe
■ Ondernemingsvorm: verwys na die regsposisie van die besigheid en die
manier waarop dit besit word.
■ Oudit: die proses wat bestaan om die finansiële rekeninge van die
onderneming te ondersoek en te verifieer.
■ Regspersoonlikheid/regsentiteit: die maatskappy bestaan nie fisies as ‘n
persoon nie, maar tree op as ‘n regspersoon wat ‘n kontrak kan aangaan en
sluit, ‘n persoon of ‘n ander maatskappy kan dagvaar, en gedagvaar kan word.
■ Vennootskapsooreenkoms: ‘n ooreenkoms tussen twee of meer vennote
van `n vennootskapsonderneming wat inligting bevat oor aspekte soos
finansies, verdeling van pligte en winste, ens.

Inleiding
In Graad 10 het ons oor die kenmerke, voordele en nadele van die verskillende
ondernemingsvorme geleer. In Graad 11 het ons hoofsaaklik op maatskappye,
hul oprigting, wetlike vereistes en die voordele van ‘n maatskappy teenoor ander
ondernemingsvorme gefokus. In Graad 12 gaan ons die kenmerke, voordele
en nadele hersien en die verskillende ondernemingsvorme vergelyk. Ons sal
dan fokus op hoe verskillende kriteria bydra tot die sukses of mislukking van elke
ondernemingsvorm.

Eenheid 15.1 Ondernemingsvorme 


Daar is meer as een moontlike ondernemingsvorm wat geskik is vir ‘n besigheid,
maar die eienaars van die besigheid moet verskeie kriteria oorweeg om die
beste opsie te kies. Entrepreneurs moet verskeie faktore oorweeg wat kan
bydra tot die sukses of mislukking van ‘n besigheid. Soms sal besighede dalk hul
ondernemingsvorm moet verander namate hulle mettertyd ontwikkel en uitbrei.

Die volgende diagram verskaf ‘n opsomming van verskeie ondernemingsvorme.


Die kenmerke, voordele en nadele van elke ondernemingsvorm sal in hierdie
hoofstuk gedek word.

Alleeneienaarskap

Vennootskap Privaat maatskappy

Maatskappy
Beslote korporasie met persoonlike
aanspreeklikheid

Winsgewende
Koöperasie Publieke maatskappy
maatskappy

Maatskappy in staatsbesit

Maatskappy

Nie-winsgewende
maatskappy

KWARTAAL 3 | ONDERWERP 15 | Ondernemingsvorme: Kriteria vir sukses of mislukking 337

BS GRAAD 12 LB AFR.indb 337 2022/03/27 23:48:57


KWARTAAL 3

Eenheid 15.2 Betekenis van beperkte


aanspreeklikheid en onbeperkte
aanspreeklikheid
Dit is belangrik om te bepaal wie SEKERLIK IS DIT 'N
aanspreeklik sal wees vir die skuld, WONDERLIKE UITVINDING,
MAAR WAT VAN
verliese of optrede van die besigheid AANSPREEKLIKHEID?

in elke ondernemingsvorm. Beperkte


en onbeperkte aanspreeklikheid kan
as volg gedefinieer word:
• Beperkte aanspreeklikheid
– Verliese word beperk tot die
bedrag wat die eienaars in die
besigheid belê het.
• Onbeperkte aanspreeklikheid
– Daar kan beslag gelê word
op persoonlike bates van die
eienaars om vir die skuld van die besigheid te betaal.

QR-KODE Die verskille tussen beperkte aanspreeklikheid


Beperkte en onbeperkte en onbeperkte aanspreeklikheid
aanspreeklikheid
BEPERKTE AANSPREEKLIKHEID ONBEPERKTE
AANSPREEKLIKHEID
• Verliese word beperk tot die bedrag wat • Die aanspreeklikheid van die eienaar(s)
die eienaar(s) in die besigheid belê het. om skuld/eise te betaal is nie net tot die
besigheid beperk nie.
• Die eienaar(s) se persoonlike bates • Daar kan beslag gelê word op die
word teen die skuld van die besigheid eienaar(s) se persoonlike bates om vir
beskerm. die skuld van die besigheid te betaal.
• Van toepassing op • Van toepassing op ‘n alleeneienaarskap
https://www.youtube.com/ Ondernemingsvorme/maatskappye en vennootskap aangesien hulle nie ‘n
watch?v=42T-K3wmZZs wat ‘n aparte regsentiteit/ aparte regsentiteit/regspersoonlikheid
regspersoonlikheid het. het nie

Neem kennis
1 Verskille hoef nie in tabelvorm te wees nie.
2 Die verskille hoef nie verbind te wees nie, maar dit moet duidelik wees.
3 Die gebruik van tabelle maak dit makliker om vrae te verstaan en te beantwoord.

338 BESIGHEIDSTUDIES | GRAAD 12

BS GRAAD 12 LB AFR.indb 338 2022/03/27 23:48:57


Eenheid 15.3 Kriteria wat gebruik word om die sukses en/of mislukking van ondernemingsvorme te evalueer

Eenheid 15.3 Kriteria wat gebruik sal


word om die sukses en/of mislukking van
die ondernemingsvorme te evalueer
In Graad 12 gaan ons hoofsaaklik fokus op hoe die volgende VYF kriteria wat
sal bydra om die sukses en/of mislukking van ondernemingsvorme te evalueer:
belasting, bestuur, kapitaal, verdeling van winste en wetgewing/regsvereistes.

BELAS-
TING
BELASTING

Dit verwys na die koers waarteen die tipe


onderneming belas word, die frekwensie van
belastingbetalings en die invloed daarvan op die
sukses/mislukking van die besigheid.
EN/OF
Dit kan ook verwys na die verskillende maniere
waarop ondernemings belas word en maniere
wat hulle kan gebruik om minder belasting te
betaal en die invloed daarvan op die sukses/
mislukking van die besigheid.

BESTUUR

Die manier waarop besluite geneem word


en hoeveel persone deel is van bestuur.
Die invloed van besluitneming op die
sukses of mislukking van die besigheid..

KAPITAAL

Dit verwys na hoe maklik/moeilik dit vir 'n


onderneming is om kapitaal te bekom en die invloed
daarvan op die sukses/mislukking van die besigheid.

VERDELING VAN WINSTE

Dit verwys na hoeveel mense die winste verdeel


moet word en die invloed daarvan op die
sukses/mislukking van die besigheid.

WETGEWING/REGSVEREISTES

Die eienaars moet die wetlike vereistes waaraan


besighede onderwerp word, oorweeg, insluitend die
vereistes voordat 'n besigheid kan begin en of die
besigheid 'n regsentiteit is of nie.
EN/OF
Dit kan ook verwys na die wetlike aspekte wat 'n
impak sal hê op die tipe onderneming waarvan die
eienaars bewus moet wees en die invloed daarvan
op die sukses/mislukking van die besigheid.

KWARTAAL 3 | ONDERWERP 15 | Ondernemingsvorme: Kriteria vir sukses of mislukking 339

BS GRAAD 12 LB AFR.indb 339 2022/03/27 23:48:59


KWARTAAL 3

Om die kriteria hierbo op die verskillende ondernemingsvorme toe te pas, vra


jouself die volgende vrae:

BELASTING:
• Wie sal belas word?
• Wat is die belastingkoers?
• Watter impak sal die belastingkoers/betaling op die lede/aandeelhouers/
eienaars van die besigheid hê?
• Hoe vergelyk die belastingkoers met ander ondernemingsvorme?

BESTUUR:
• Wie bestuur hierdie ondernemingsvorm?
• Is die bestuurder aktief betrokke by die besluite van die onderneming?
• Sal die bestuurders bydra tot die sukses/mislukking van die onderneming?
• Sal die bestuurders goeie besluite kan neem?

KAPITAAL:
• Watter vorm van kapitaal sal verkry word?
• Watter bedrag kapitaal kan ingesamel word?
• Kan die onderneming ekstra kapitaal vir uitbreiding insamel?
• Wat sal die impak van kapitaal op die sukses/mislukking van die onderneming
wees?

VERDELING VAN WINSTE:


• Wie sal die wins van die onderneming ontvang?
• Hoe sal wins verdeel word?
• Sal winste eienaars/bestuurders aanmoedig om hard te werk?
• Sal verdeling van winste bydra tot die sukses/mislukking van die
onderneming?

WETGEWING/REGSVEREISTES:
• Wat is die wetlike beperkings op die besigheid met oprigting?
• Wat is die tyd en koste implikasies van wetgewing vir die oprigting van die
besigheid?
• Sal wetgewing eienaars/aandeelhouers beperk/motiveer om by die besigheid
aan te sluit?
• Sal wetgewing bydra tot die sukses/mislukking van die onderneming?

| Aktiwiteit 15.1 Klaswerk/Huiswerk

VRAAG 1
1.1 Voltooi die volgende stellings deur die woorde in die lys hieronder te gebruik. Skryf
slegs die woord langs die vraagnommer (1.1.1 tot 1.1.3) neer.

konsekwentheid ; natuurlike persoonlikheid ; nie-winsgewende
kontinuïteit ; regspersoonlikheid ; winsgewende

1.1.1 n Maatskappy in staatsbesit is ‘n … maatskappy.


1.1.2 Besighede met … het die vermoë om te bestaan ​​selfs al vind ‘n
verandering van eienaarskap plaas.
1.1.3 Besighede met ‘n … kan dagvaar of gedagvaar word. (6)
1.2 Verduidelik die verskille tussen beperkte aanspreeklikheid en onbeperkte
aanspreeklikheid.(8)
[14]

340 BESIGHEIDSTUDIES | GRAAD 12

BS GRAAD 12 LB AFR.indb 340 2022/03/27 23:48:59


Eenheid 15.4 Ondernemingsvorme en die bydrae van die kriteria tot die sukses en/of
mislukking van elke Ondernemingsvorm

Eenheid 15.4 Ondernemingsvorme


en die bydrae van die kriteria tot die
sukses en/of mislukking van elke
ondernemingsvorm

Eenmansaak/Alleeneienaarskap DIT IS WAT EK HAAT


VAN 'N EENMANSAAK,
OP BAASDAG GEE
‘n Eenmansaak word gevorm wanneer daar ‘n enkele stigter is wat die NIEMAND VIR MY
'N GESKENK NIE!
besigheid besit en bestuur. Dit is die eenvoudigste ondernemingsvorm
omdat die besigheid nie apart van die eienaar is nie.

Eienskappe van ‘n eenmansaak


• Dit is die eenvoudigste en oudste ondernemingsvorm.
• Die besigheid word slegs deur een persoon besit en bestuur.
• Dit is maklik om op te rig, aangesien daar geen wetlike
formaliteite is wanneer die besigheid gestig word nie.
• Daar is geen wetlike vereistes ten opsigte van die naam van die besigheid nie.
• Die eienaar het onbeperkte aanspreeklikheid vir al die skuld van die besigheid.
• ‘n Eenmansaak is gewoonlik `n klein besigheid met `n beperkte potensiaal
vir uitbreiding.
• Die besigheid het geen regspersoonlikheid nie, en het dus geen kontinuïteit
nie omdat kontinuïteit afhang van die lewe en gesondheid van die eienaar.
• Wins word by die res van die eienaar se belasbare inkomste gevoeg.

Impak van ‘n eenmansaak Wenk


Positiewe/Voordele Negatiewe/Nadele Die begrippe eenmansaak
en alleenhandelaar kan ook
• Dit is maklik om die besigheid te begin • Die eienaar is verantwoordelik vir die gebruik word wanneer jy na
of te beëindig. verskaffing van al die nodige kapitaal. ‘n alleeneienaarskap verwys.
• Dit verg min kapitaal om te begin. • Die besigheid is nie ‘n regsentiteit nie Gebruik EEN van die begrippe
• Daar is slegs enkele wetlike formaliteite. en het geen kontinuïteit nie. reg deur jou bespreking vir
• Die eienaar kan alle besluite neem en • As die eienaar nie genoeg kennis of die doel van konsekwentheid.
hoef met niemand te konsulteer nie. ervaring het nie, kan die besigheid
• Die eienaar is geregtig op alle winste. misluk.
• Dit het ‘n eenvoudige bestuurstruktuur. • Die eienaar is persoonlik aanspreeklik
• Bates van die besigheid behoort aan die vir al die skuld en verliese van die
eienaar. besigheid.
• Die groei van die besigheid kan beperk
word as gevolg van ‘n gebrek aan
kapitaal.

Let wel: Gebruik die inligting van ‘n eenmansaak om dit toe te pas op die
verskillende kriteria wat bydra tot die sukses en/of mislukking van ‘n eenmansaak.

KWARTAAL 3 | ONDERWERP 15 | Ondernemingsvorme: Kriteria vir sukses of mislukking 341

BS GRAAD 12 LB AFR.indb 341 2022/03/27 23:49:00


KWARTAAL 3

Kriteria wat bydra tot die sukses en/of mislukking van ‘n eenmansaak
Kriteria Sukses EN/OF Mislukking
Belasting • Die eienaar word slegs in ‘n persoonlike • As winste te groot word, kan die eienaar uiteindelik
hoedanigheid op winste belas. ‘n groter bedrag belasting in sy/haar persoonlike
• Die eienaar se inkomste word teen ‘n laer koers as hoedanigheid betaal.
die maatskappybelastingkoers belas. • Versuiming deur die eienaar om persoonlike
• Indien die eienaar onder ‘n sekere drempelbedrag inkomstebelasting regulasies na te kom, kan lei tot
per jaar verdien, is geen inkomstebelasting aansienlike finansiële boetes wat deur die SAID
betaalbaar nie, en die besigheid se wins word dus opgelê word.
nie belas nie.
Bestuur • Een eienaar kan vinnige besluite neem omdat hy/sy • Die eienaar moet al die administrasie, bestuur en
nie ander hoef te raadpleeg nie en daar geen konflik besluitneming in die besigheid doen.
is nie. • Eienaars moet op hul eie ervaring en vaardighede
• Die eienaar pas dalk eie kreatiwiteit toe wanneer staatmaak en kan verkeerde besluite neem.
belangrike besluite geneem word.
Kapitaal • Kapitaal sal versigtig bestee en bestuur word omdat • Winste is dalk nie groot genoeg vir uitbreiding nie.
eienaars alle kapitaal bydra. • Die eienaar kan nie altyd mense met groot
• Die eienaar kan moontlik bykomende kapitaal salarisse aanstel nie wat daartoe lei dat minder
van finansiële instellings verkry as hy/sy gekwalifiseerde personeel in diens geneem word.
kredietwaardig is. • Die eienaar is verantwoordelik vir enige kapitaal
wat geleen word.
Verdeling • Die eienaar ontvang alle winste uit die besigheid • Winste dek dalk nie alle besigheidskuld nie, wat die
van winste wat tot kapitaalgroei kan lei. uitbreiding van die besigheid kan belemmer.
• Die eienaar mag die wins gebruik om die besigheid • Indien die eienaar nie wins maak nie, kan die
uit te brei. inkomste en lewensbestaan ​​van die eienaar ernstig
geraak word.
Wetgewing • Dit is maklik/goedkoop om te begin. • Die eienaar is persoonlik aanspreeklik vir die verlies
• Daar is beperkte regulatoriese vereistes ten opsigte van die besigheid en moet versigtig begroot.
van die naam van die besigheid. • Moet aan relevante munisipale regulasies voldoen
• Onbeperkte aanspreeklikheid van die eienaar of dit kan lei tot die sluiting van die besigheid.
aanmoedig om harder te werk om die sukses van die • Die besigheid is nie ‘n regspersoon nie, daarom het
besigheid te verseker. die eienaar onbeperkte aanspreeklikheid vir die
skuld van die besigheid.
• Persoonlike skuld en die skuld van die besigheid is
een en dieselfde.
• Die besigheid het geen kontinuïteit nie, want dit is
afhangende van die lewe van die eienaar.
• Besighede mag slegs vir meer lenings kwalifiseer
as hulle gelisensieer is. Lenings is nie maklik
verkrygbaar nie

Vennootskap
‘n Vennootskap is wanneer twee of meer mede-eienaars saam ‘n besigheid
bedryf. Vennote voeg hul geld saam vir ‘n gemeenskaplike doelwit, deel
gespesialiseerde vaardighede en hulpbronne en deel in die wel en wee van
besigheid sukses.

Eienskappe van ‘n vennootskap


• Geen wetlike formaliteite word vereis om die vennootskap op te rig nie, slegs
‘n skriftelike vennootskapsooreenkoms word vereis.
• Daar is geen wetlike vereistes ten opsigte van die naam van die besigheid nie.

342 BESIGHEIDSTUDIES | GRAAD 12

BS GRAAD 12 LB AFR.indb 342 2022/03/27 23:49:01


Eenheid 15.4  Ondernemingsvorme en die bydrae van die kriteria tot die sukses en/of
mislukking van elke Ondernemingsvorm

• Vennote kombineer kapitaal en kan ook kapitaal by finansiële instellings leen.


• Vennote het onbeperkte aanspreeklikheid en is gesamentlik en afsonderlik
aanspreeklik vir die skuld van die besigheid.
• Wins word volgens die vennootskapsooreenkoms gedeel.
• Dit is opsioneel om die finansiële state van ‘n vennootskap te oudit.
• Vennote deel verantwoordelikhede en hulle is almal betrokke by
besluitneming.
• Die vennootskap betaal nie inkomstebelasting nie, slegs die vennote betaal in
hul persoonlike hoedanighede.
• Die vennootskap het geen regspersoonlikheid nie en het dus geen kontinuïteit nie.

Impak van vennootskappe


Positiewe/Voordele Negatiewe/Nadele
• Daar is min wetlike vereistes om ‘n vennootskap te stig. • Vennote het onbeperkte aanspreeklikheid wat beteken dat
• Omdat die kapitaal van twee of meer persone saamgevoeg hulle hul persoonlike bates kan verloor.
word, is daar meer kapitaal. • Verskillende persoonlikhede en opsies van vennote kan lei
• Vennootskappe word nie deur die wet verplig om oudits te tot konflikte/verskille.
doen nie. • Daar is ‘n gebrek aan kontinuïteit. Indien een vennoot sterf,
• Vennote kan hul kennis en vaardighede saamvoeg om aftree of verlaat, moet ‘n nuwe vennootskap gevorm word.
gesamentlik die beste besluite te neem. • Vennote kan nie almal geld en bates ewe veel bydra nie.
• Die werkslading en verantwoordelikheid word tussen • Daar kan ‘n gebrek aan kapitaal en kontantvloei wees.
vennote gedeel. • Vennote is aktief betrokke by die bestuur en hul
• Vennote word slegs verplig om belasting te betaal in hul gesamentlike idees/insette kan lei tot beter besluitneming.
persoonlike en individuele hoedanigheid.
• Die vennote het ‘n persoonlike belang in die besigheid.

Let wel: Gebruik die inligting van ‘n vennootskap om dit toe te pas op die
verskillende kriteria wat bydra tot die sukses en/of mislukking van vennootskappe.

Kriteria wat bydra tot die sukses en/of mislukking van ‘n vennootskap
Kriteria Sukses EN/OF Mislukking
Belasting • Die vennootskap betaal nie inkomstebelasting • Vennote met ‘n hoë inkomste betaal meer
nie, slegs die vennote in hul persoonlike belasting, wat ander vennote kan ontmoedig om
hoedanighede. by die vennootskap aan te sluit.
• Vennote kan meer kontant onttrek
om hul belastinglas te verminder wat
kontantvloeiprobleme vir die vennootskap kan
veroorsaak.
Bestuur • Vennote is aktief betrokke by die bestuur en • Besluitneming kan tydrowend wees, aangesien
hul gesamentlike idees/insette kan lei tot beter alle vennote moet saamstem.
besluitneming. • Vennote moet al die administrasie, bestuur en
• Nie alle vennote hoef aktief by die bestuur besluitneming in die besigheid doen.
betrokke te wees nie, dus kan die mees • Vennote mag verskil oor hoe om die besigheid te
bekwame vennote as bestuurders aangestel bestuur, wat tot spanning tussen hulle kan lei.
word. • Vennote is agente van die vennootskap en
• Vennote kan kreatief wees en toegang hê tot die slegte bestuursbesluite kan op ander vennote
kundigheid van ander vennote wanneer moeilike afgedwing word.
besluite geneem moet word. • Verskillende persoonlikhede en menings kan tot
konflik of meningsverskille lei.
• Onverantwoordelike dade van een vennoot kan
die hele vennootskap in gevaar stel.

KWARTAAL 3 | ONDERWERP 15 | Ondernemingsvorme: Kriteria vir sukses of mislukking 343

BS GRAAD 12 LB AFR.indb 343 2022/03/27 23:49:01


KWARTAAL 3

Kriteria Sukses EN/OF Mislukking


Kapitaal • Meer kapitaal kan verkry word omdat meer as • Vennote het dalk nie almal die kapitaal om in
een vennoot tot kapitaal bydra. die besigheid te sit wanneer dit nodig is nie.
• Vennote is verantwoordelik vir die sukses en • Ongelyke insette aangesien sommige vennote
hulle sal versigtig wees met die besteding en kundigheid in plaas van kontant in sit
bestuur van kapitaal.
Verdeling van • Vennote deel winste volgens hul bydraes • Die hoeveelheid werk wat verrig is, is dalk
winste wat harde werk en toewyding van hulle sal nie gelyk aan die hoeveelheid wins wat elke
aanmoedig. vennoot ontvang nie, wat tot ontevredenheid
• Winste word verdeel volgens ‘n geskrewe kan lei.
vennootskapsooreenkoms wat help om
misverstande/onenighede te beperk.
Wetgewing • Maklik en goedkoop om op te rig, aangesien • Vennote is gesamentlik en afsonderlik
vennote ‘n vennootskapsooreenkoms moet aanspreeklik vir die skuld van die besigheid as
opstel. gevolg van die onbeperkte aanspreeklikheid vir
• Vennote is meer gemotiveerd om ‘n sukses skuld.
te maak omdat hul persoonlike besittings in • Indien een vennoot sterf of aftree, moet die
gevaar is. oorblywende vennote ‘n nuwe ooreenkoms
• Geen regulatoriese vereistes rakende die naam opstel.
van die besigheid nie. • Mondelinge ooreenkomste tussen vennote kan
• Die onbeperkte aanspreeklikheid vir skuld konflik tussen vennote veroorsaak.
kan vennote motiveer om sukses te behaal • ‘n Vennootskap is nie ‘n regsentiteit nie, vennote
aangesien hulle hul persoonlike besittings kan kan dagvaar of gedagvaar word.
verloor.

Het jy geweet Beslote korporasie


Slegs natuurlike persone word ‘n Beslote Korporasie (BK) is ‘n besigheidsentiteit met ‘n afsonderlike
toegelaat om deel te vorm van regspersoonlikheid, maar het die regsbevoegdheid van ‘n natuurlike persoon.
‘n beslote korporasie.
Eienskappe van ‘n beslote korporasie
• Die naam van die besigheid moet eindig met die agtervoegsel BK.
• ‘n BK kan ‘n minimum van een en ‘n maksimum van tien lede hê wat ‘n
gemeenskaplike doelwit deel.
• Lede is nie vennote of het aandele nie, maar hulle het ‘n belang in die BK.
• Die woord ‘beslote’ beteken dat alle lede betrokke in die besigheid is en neem
deel aan die bestuur daarvan.
• Elke lid maak ‘n bydrae van sommige bates, kundigheid of dienste aan die BK.
• Lede het beperkte aanspreeklikheid behalwe waar die BK vir ses maande of
langer meer as tien lede gehad het.
‘n Beslote korporasie het 1 – 10
n 
• ‘n BK het hul eie regspersoonlikheid en het dus onbeperkte kontinuïteit.
lede
• Die ouditering van boeke is opsioneel aangesien lede slegs ‘n rekenpligtige
Het jy geweet beampte benodig om finansiële rekords na te gaan.
• Die oordrag van ‘n lid se belang moet deur alle ander lede goedgekeur word.
Volgens die Maatskappywet,
Nr. 71 van 2008, mag geen • Winste word gedeel in verhouding tot die lid se belang in die BK.
nuwe registrasies van beslote • ‘n BK betaal belasting op inkomste wat deur die besigheid verdien word.
korporasies plaasvind nie,
maar bestaande korporasies
sal en mag voortgaan met
bedrywighede.

344 BESIGHEIDSTUDIES | GRAAD 12

BS GRAAD 12 LB AFR.indb 344 2022/03/27 23:49:02


Eenheid 15.4  Ondernemingsvorme en die bydrae van die kriteria tot die sukses en/of
mislukking van elke Ondernemingsvorm

Impak van beslote korporasies


Positiewe/Voordele Negatiewe/Nadele
• ‘n BK is ‘n regsentiteit en het ‘n • ‘n BK word teen dieselfde koers as
kontinuïteit van bestaan. maatskappye belas en dit is hoër as
• Die lede van ‘n BK het beperkte persoonlike inkomstebelasting.
aanspreeklikheid. • ‘n BK het beperkte groei en uitbreiding
• Daar is baie min wetlike vereistes omdat ‘n BK nie meer as tien lede kan
soos ouditering of gereelde algemene hê nie.
jaarvergaderings. • Dit is moeilik vir lede om die BK te
• ‘n BK kan na ‘n privaat maatskappy verlaat aangesien alle lede moet instem
omgeskakel word en lede kan tot die beskikking van ‘n lid se belang.
aandeelhouers word. • Verskille tussen lede kan tot konflik lei
• Eienaars se belang in die BK hoef nie en besluite vertraag.
in verhouding tot hul kapitaalbydrae te • ‘n Lid van ‘n BK kan persoonlik
wees nie. aanspreeklik gehou word vir die
verliese van die BK indien die lid
onbevoeg optree.

Let wel: Gebruik die inligting van ‘n beslote korporasie om dit toe te pas op
die verskillende kriteria wat bydra tot die sukses of mislukking van beslote
korporasies.

Kriteria wat bydra tot die sukses of mislukking van ‘n beslote korporasie
Kriteria Sukses EN/OF Mislukking
Belasting • Die BK betaal inkomstebelasting op die wins. • Die BK betaal belasting teen dieselfde koers
• Wins word aan lede verdeel en hulle betaal as maatskappye, wat hoër as die koers vir ‘n
persoonlike belasting daarop. vennootskap is.
• Beslote korporasies word van dividend-belasting
vrygestel wanneer hulle dividende van ‘n
maatskappy ontvang.
Bestuur • Lede sit hul vaardighede en kundigheid saam • Lede moet al die administrasie, bestuur en
om die BK te bestuur. besluitneming doen.
• Daar is geen hiërargiese struktuur nie, aangesien • Lede kan verskil en kan konflik hê, wat besluite
alle lede gelyk is in besluitneming. sal vertraag.
Kapitaal • Daar kan een tot tien lede wees wat ‘n % • In vergelyking met ‘n maatskappy, is kapitaal
kapitaal bydra. Meer kapitaal kan beskikbaar beperk tot tien lede.
wees. • Indien een lid die BK verlaat, moet kapitaal
• Lede is verantwoordelik vir die sukses van die uitbetaal word.
BK en hulle sal versigtig wees met die besteding
en bestuur van kapitaal.
Verdeling van • Winste word tussen lede verdeel volgens hul • Gedurende moeilike ekonomiese tye sal wins
winste persentasie lidmaatskap. verminder en lei tot verlies van vertroue in die
• Lede sal harder werk om meer wins te verdien. BK deur die lede.
Wetgewing • Nuwe BK’s kan nie meer gevorm word nie, maar • ’n Rekenpligtige beampte moet aangestel word
bestaande BK’s kan vir tien jaar aanhou werk. en dit kan duur wees.
• Lede kan in sekere gevalle aanspreeklik wees • Daar is baie min wetlike beheer oor die bestuur
vir die skuld van die besigheid, wat hulle kan van BK’s.
motiveer om sukses te behaal.

KWARTAAL 3 | ONDERWERP 15 | Ondernemingsvorme: Kriteria vir sukses of mislukking 345

BS GRAAD 12 LB AFR.indb 345 2022/03/27 23:49:02


KWARTAAL 3

Privaat maatskappye
Privaat maatskappye kan gevorm word volgens die Maatskappywet, Nr. 71 van
2008, en kan groot of klein wees. ’n Sleutel-kenmerk is dat privaat maatskappye
beperkte aanspreeklikheid het, maar nie aandele aan die publiek kan verkoop nie,
en nie hul aandele by die JSE kan noteer nie.

Het jy geweet Eienskappe van ‘n privaat maatskappy


Volgens die Maatskappywet • ‘n Privaat maatskappy benodig ‘n minimum van een aandeelhouer en daar is
Nr. 71 van 2008, is geen beperking op die aantal aandeelhouers wat ‘n privaat maatskappy mag
winsgewende, publieke, hê nie.
privaat en persoonlike • Volgens die Maatskappywet, Nr. 71 van 2008, benodig ‘n maatskappy een of
aanspreeklikheid maatskappye meer direkteure en een of meer aandeelhouers.
die hoofvorm van winsgewende • Maatskappye moet by die Kommissie vir Maatskappye en Intellektuele
maatskappye. Die hoofdoel Eiendom (KMIE/CIPC) registreer deur ‘n Memorandum van Inkorporering op
van hierdie maatskappye is om te stel.
wins te maak deur ‘n produk of
• Die maatskappy se naam eindig met letters/afkorting/agtervoegsel (Edms.) Bpk.
diens te verskaf.
• ‘n Privaat maatskappy word nie toegelaat om aandele aan die publiek te
verkoop nie.
• Die maatskappy verkry kapitaal deur aandele aan hul aandeelhouers uit te reik.
• Beleggers sit kapitaal in om wins uit aandele in die vorm van dividende te verdien.
• Die maatskappy het ‘n regspersoonlikheid en onbeperkte kontinuïteit.
• Die Maatskappywet, Nr. 71 van 2008, bepaal dat die ouditering van finansiële
state opsioneel is.
Wenk • Winste word gedeel in die vorm van dividende in verhouding tot die aandele
wat gehou is.
Die begrippe direksie en raad
• Maatskappye is afsonderlike regsentiteite en geniet dus onbeperkte kontinuïteit.
van direkteure kan uitruilbaar
gebruik word.
Impak van privaat maatskappye
Positiewe/Voordele Negatiewe/Nadele
• ‘n Maatskappy het sy eie regsidentiteit en aandeelhouers • Baie kapitaal word benodig om ‘n maatskappy te begin.
het geen direkte regsimplikasies nie/beperkte
aanspreeklikheid.
• Daar is die potensiaal van goeie langtermyn groei. • Hoe meer aandeelhouers, hoe kleiner die dividend vir elke
aandeelhouer.
• Maatskappye betaal belasting teen ‘n vaste belastingkoers • Moet voldoen aan die Belastingvereistes van die regering.
• ‘n direksie/raad van direkteure met kundigheid en ervaring • Direkteure het nie ‘n persoonlike belang in die besigheid nie
kan aangestel word om besluite te neem. en sal nie altyd die maatskappy se belang eerste stel nie.
• Nie verplig om finansiële jaarstate by die KMIE in te dien • Finansiële jaarstate moet deur ‘n gekwalifiseerde
nie. persoon nagegaan word, wat ‘n ekstra uitgawe vir die
maatskappy is.
• Dit is ‘n regspersoon en kan kontrakte in sy eie naam teken. • Dit is moeilik om op te rig aangesien die maatskappy aan
baie wetlike vereistes onderwerp word.
• Die nuwe wet dwing persoonlike aanspreeklikheid af • Betaal belasting op die wins van die besigheid en
op direkteure wat bewustelik deelgeneem het aan die verklaarde dividende. Die maatskappy is aan dubbele
uitvoering van sake op ‘n roekelose of bedrieglike wyse. belasting onderhewig.
• Finansiële state is privaat en nie beskikbaar vir die • Maatskappye moet finansiële jaarstate opstel.
algemene publiek nie.

346 BESIGHEIDSTUDIES | GRAAD 12

BS GRAAD 12 LB AFR.indb 346 2022/03/27 23:49:02


Eenheid 15.4  Ondernemingsvorme en die bydrae van die kriteria tot die sukses en/of
mislukking van elke Ondernemingsvorm

Positiewe/Voordele Negatiewe/Nadele
• ‘n Maatskappy het kontinuïteit van bestaan.
• Dit is moontlik om ‘n privaat maatskappy te verkoop
aangesien dit ‘n regsentiteit in hul eie reg is.
• Dit kan maklik kapitaal verkry deur aandele aan hul lede uit
te reik.

Let wel: Gebruik die inligting van ‘n privaat maatskappy om dit toe te pas op
die verskillende kriteria wat bydra tot die sukses en/of mislukking van privaat
maatskappye.

Kriteria wat bydra tot die sukses en/of mislukking van ‘n privaat maatskappy
Kriteria Sukses EN/OF Mislukking
Belasting • Die maatskappy betaal belasting teen ‘n vaste • Maatskappye is onderhewig aan dubbele
koers op hul wins. belasting, byvoorbeeld aandeelhouers betaal
• Kan belastingkortings kry as hulle by KSI- die sekondêre belasting wat beleggers kan
projekte betrokke is. ontmoedig om aandele in die maatskappy
• Kan staatstenders bekom en hul lisensies hernu te koop.
as hulle nie belasting ontduik nie.
Bestuur • Word bestuur deur ten minste een bekwame/ • Direkteure mag nie ‘n direkte belang in
hoogs bekwame direkteur. die maatskappy hê nie, wat groei en wins-
• Die bestuur van die maatskappy kan verbeter maksimering kan belemmer.
aangesien direkteure aanspreeklik is teenoor • Direkteursfooie verhoog die maatskappy se
aandeelhouers. uitgawes wat netto wins verminder.
• Aandeelhouers kan vir die mees bekwame • Sommige aandeelhouers mag nie hul stemreg
direkteure stem/aanstel om die maatskappy te uitoefen nie, wat lei tot die keuse van die
bestuur. verkeerde persoon as ‘n direkteur.
• Groot bestuurstrukture kan daartoe lei dat
besluitneming tyd neem.
• Direkteure mag dalk nie gemotiveer word om
baie hard te werk nie, omdat aandeelhouers oor
die direkteure se vergoeding besluit.
Kapitaal • Meer kapitaal kan verkry word deur aandele aan • Dit kan nie tot ‘n baie groot besigheid groei
aandeelhouers uit te reik. nie, aangesien dit nie die publiek kan nooi om
• Groot bedrae kapitaal kan ingesamel word aandele te koop nie.
aangesien daar geen beperking op die aantal • Beperkings op die oordraagbaarheid van
aandeelhouers is nie. aandele mag dalk nie finansieel sterk beleggers
• Die maatskappy het toegang tot langtermyn lok nie.
kapitaal en het dus goeie langtermyn-groei • ‘n Groot hoeveelheid kapitaal kan nie verkry
geleenthede. word nie, aangesien die kapitaalbydrae slegs tot
• Al is aandele nie vryelik oordraagbaar nie, private aandeelhouers beperk is.
kan groot privaat maatskappye ‘n aansienlike
hoeveelheid kapitaal verkry.
Verdeling van • Hoë winste en goeie opbrengste aan • Aandeelhouers kan hul aandele verkoop
winste aandeelhouers dui op die sukses van ‘n wanneer dividende laag is, wat lei tot ‘n daling
maatskappy, wat die waarde van aandele in aandeelpryse.
verhoog. • Dividende word nie altyd uitbetaal nie, wat
• Winste wat gegenereer word, kan herbelê word nuwe beleggers kan ontmoedig.
om sakebedrywighede uit te brei.
• Aandeelhouers ontvang winste volgens die
aantal aandele wat hulle besit.

KWARTAAL 3 | ONDERWERP 15 | Ondernemingsvorme: Kriteria vir sukses of mislukking 347

BS GRAAD 12 LB AFR.indb 347 2022/03/27 23:49:02


KWARTAAL 3

Kriteria Sukses EN/OF Mislukking


Wetgewing • Prosedures om ‘n privaat maatskappy op te rig • Oprigtingsprosedures is tydrowend, ingewikkeld
is vereenvoudig deur die nuwe Maatskappywet, en duur, aangesien baie regsdokumente
No. 71 van 2008. voorberei en ingedien moet word.
• Beperkte aanspreeklikheid maak voorsiening vir • Hoë oprigtings-/vestigings uitgawes vereis groot
die neem van groter risiko’s, wat kan lei tot die aanvangskapitaal.
groei van die besigheid. • Jaarlikse oudit van finansiële state (indien
• Oudit van finansiële state (indien nodig), gee nodig) is duur.
aandeelhouers die versekering dat die besigheid • Indien ’n privaat maatskappy nie aan wetgewing
behoorlik bestuur word en ondersteun die voldoen nie, kan hul lisensie deur die Kommissie
insameling van bykomende kapitaal. vir Maatskappye en Intellektuele Eiendom
• Daar is nie meer ‘n beperking op die aantal (KMIE/CIPC)  teruggetrek word.
aandeelhouers in ‘n privaat maatskappy nie.
• Persoonlike aanspreeklikheid van aandeelhouers
raak nie die maatskappy se bates nie.

Neem kennis
Maatskappy met persoonlike aanspreeklikheid 
1 Ander kenmerke van ‘n
‘n Maatskappy met persoonlike aanspreeklikheid is baie soortgelyk aan ‘n
maatskappy met persoonlike
privaat maatskappy, maar die belangrikste verskil is die aanspreeklikheid van die
aanspreeklikheid is dieselfde
as ‘n privaat maatskappy direkteure.
behalwe vir die eerste drie
kenmerke wat aan die
regterkant genoem word. Eienskappe van ‘n maatskappy met persoonlike
2 Die voordele is dieselfde as
‘n privaat maatskappy.
aanspreeklikheid
3 Die nadele is dieselfde as • Die maatskappy se naam moet met die letters Geïnk eindig.
‘n privaat maatskappy • Vorige en huidige direkteure kan verantwoordelik gehou word vir die skuld
behalwe dat die direkteure van die besigheid aangesien aanspreeklikheid vir skuld onbeperk is.
van die maatskappy met • Die Memorandum van Inkorporering moet verklaar dat dit ‘n maatskappy met
persoonlike aanspreeklikheid
persoonlike aanspreeklikheid is.
se aanspreeklikheid vir skulde
• Die maatskappy moet ten minste een direkteur op hul direksie hê.
van die besigheid onbeperk is.

Let wel: Gebruik die inligting van ‘n maatskappy met persoonlike aanspreeklikheid om dit toe te pas op die
verskillende kriteria wat bydra tot die sukses en/of mislukking van maatskappye met persoonlike aanspreeklikheid.

Kriteria wat bydra tot die sukses en/of mislukking van ‘n maatskappy met
persoonlike aanspreeklikheid
Kriteria Sukses EN/OF Mislukking
Belasting • Die MPA betaal slegs belasting nadat • Is aan dubbele belasting onderhewig,
besigheidsuitgawes afgetrek is. byvoorbeeld, wanneer aandeelhouers sekondêre
• Die maatskappy betaal belasting teen ‘n belasting betaal, kan dit ‘n maatskappy
vaste koers, wat laer kan wees as die van benadeel wat reeds finansieel sukkel.
vennootskappe.
• Kan belastingkortings kry as hulle by KSI-
projekte betrokke is.
• Kan staatstenders bekom en hul lisensies hernu
as hulle nie belasting ontduik nie.
• Die beeld van die besigheid word bevorder
en lok beleggings wanneer maatskappye aan
belasting regulasies en wette voldoen.

348 BESIGHEIDSTUDIES | GRAAD 12

BS GRAAD 12 LB AFR.indb 348 2022/03/27 23:49:02


Eenheid 15.4  Ondernemingsvorme en die bydrae van die kriteria tot die sukses en/of
mislukking van elke Ondernemingsvorm

Kriteria Sukses EN/OF Mislukking


Bestuur • Die MPA word bestuur deur ‘n bevoegde raad • Direkteure mag nie ‘n direkte belang in
van direkteure wat kundiges op hul gebiede kan die maatskappy hê nie, wat groei en wins-
wees. maksimering kan belemmer.
• Meer direkteure kan aangestel word om meer • MPA en hul aandeelhouers word verplig om
vaardighede of kundigheid na die MPA te bring. ‘n groter bedrag vir direkteursvergoeding te
• Aandeelhouers kan vir die mees bekwame begroot om die beste direkteure te lok.
direkteure stem en aanstel om hul maatskappy • Direkteursfooie verhoog die maatskappy se
te bestuur. uitgawes wat netto wins verminder.
Kapitaal • Kapitaal kan vergroot/verhoog word deur meer • Dit kan nie tot ‘n baie groot besigheid groei nie,
aandeelhouers te kry. aangesien die publiek nie geredelik toegang het
om aandele te koop nie.
• Beperkings op die oordraagbaarheid van aandele
mag dalk nie finansieel sterk beleggers lok nie.
• ‘n Groot hoeveelheid kapitaal kan nie verkry
word nie aangesien die kapitaalbydrae slegs tot
private aandeelhouers beperk is.
Verdeling van • Hoë winste en goeie opbrengste aan • Aandeelhouers kan hul aandele verkoop
winste aandeelhouers dui op die sukses van ‘n wanneer dividende laag is, wat lei tot ‘n daling
maatskappy, wat die waarde van aandele verhoog. in aandeelpryse.
• Winste wat gegenereer word, kan herbelê word • Dividende word nie altyd uitbetaal nie, wat
om sakebedrywighede uit te brei. nuwe beleggers kan ontmoedig.
Wetgewing • Die maatskappy en hul eienaars (aandeelhouers) • Langdurige registrasievereistes kan die
is afsonderlike entiteite, wat meer mense kan werklike bedryf van die besigheid vertraag en
aanmoedig om by die maatskappy aan te sluit. aandeelhouers kan winsgewende geleenthede
• Direkteure word (deur die Wet) gedwing om inboet.
verantwoordelik op te tree en harder te werk • Dit is duur om hierdie ondernemingsvorm te
aan die sukses van die maatskappy om hul bates registreer, wat besigheidsuitgawes verhoog en
te beskerm. winste verminder.
• Direkteure teken prestasiekontrakte wat hulle • Die opstel van direkteure se prestasiekontrakte
sal motiveer om professioneel en eties te kan tydrowend en duur wees, en koste verhoog.
presteer. • Oudits word slegs vereis indien die MPA  aan die
• Regte en pligte van aandeelhouers word bepaal vereiste toetse vir solvensie en likiditeit voldoen,
in die Maatskappywet, Nr. 71 van 2008, wat wat tot ekstra ouditkoste lei.
onetiese en korrupte gedrag minimaliseer.
• Mag staatstenders bekom aangesien die MPA
behoorlik geregistreer is in ooreenstemming met
die Maatskappywet.

Publieke maatskappy
‘n Publieke maatskappy is ontwerp vir grootskaalse bedrywighede wat groot
kapitaalbeleggings vereis. ‘n Publieke maatskappy is ‘n maatskappy wat
geregistreer is om hul aandele aan die algemene publiek aan te bied. Die publieke
maatskappy kan hul aandele by die Johannesburgse Sekuriteitebeurs (JSE) noteer
om aandele aan die publiek te verkoop.

Eienskappe van ‘n publieke maatskappy


• ‘n Minimum van een persoon word vereis om ‘n publieke maatskappy te begin.
• Volgens die Maatskappywet, Nr. 71 van 2008, vereis dit drie of meer
direkteure en drie of meer aandeelhouers.
• Dit moet by die KMIE/CIPC registreer deur ‘n Memorandum van Inkorporering
op te stel.
• Die maatskappy se naam eindig met die letters/afkorting/agtervoegsel Bpk.

KWARTAAL 3 | ONDERWERP 15 | Ondernemingsvorme: Kriteria vir sukses of mislukking 349

BS GRAAD 12 LB AFR.indb 349 2022/03/27 23:49:02


KWARTAAL 3

• Publieke maatskappye het regspersoonlikheid en het onbeperkte kontinuïteit.


• Dit kan kapitaal verkry deur aandele aan die publiek uit te reik en kapitaal te
leen deur skuldbriewe uit te reik.
Wenk
• Die maatskappy kan ‘n prospektus aan die publiek uitreik om kapitaal in
Jy kan ook die begrip te samel.
openbare maatskappye • Die aandeelhouers van ‘n maatskappy het beperkte aanspreeklikheid.
gebruik wanneer jy na • Die nuwe wet dwing persoonlike aanspreeklikheid af op direkteure wat
publieke maatskappye bewustelik deelgeneem het aan die uitvoering van sake op ‘n roekelose/
verwys.
bedrieglike wyse.
• ‘n Publieke maatskappy moet ‘n Algemene Jaarvergadering (AJV) hou.
• Ouditering van finansiële state is verpligtend en geouditeerde state is
beskikbaar vir aandeelhouers en die publiek.
• Winste word in die vorm van dividende verdeel in verhouding tot die tipe en
aantal uitgereikte aandele.

Impak van publieke maatskappye


Positiewe/Voordele Negatiewe/Nadele
• Die besigheid het sy eie regsidentiteit. • Maatskappye moet alle finansiële
inligting aan hul aandeelhouers bekend
maak.
• Dit is maklik om fondse in te samel vir • Oudits is verpligtend en ‘n groot bedrag
groei deur die verkoop van aandele. word aan finansiële oudits bestee.
• ‘n Aandeelhouer is slegs aanspreeklik • Aandele moet in die openbaar
vir die bedrag wat belê is./ verhandel word.
Aandeelhouers het beperkte
aanspreeklikheid.
• Aandeelhouers kan ‘n kundige direksie/ • ‘n Volledige verslag moet elke jaar
raad van direkteure aanstel. aan die groot aandeelhouers voorgelê
word.
• Maatskappye mag aandele vrylik koop • Dit is moeilik en duur om op te rig
en verkoop. aangesien die maatskappy aan baie
wetlike vereistes onderwerp word.
• Aandeelhouers kan hul aandele vrylik • Hoe meer aandeelhouers, hoe minder
verkoop/oordra. dividende aan elke aandeelhouer.
• Die publiek het toegang tot • Aandeelhouers mag min of geen
gepubliseerde finansiële state, wat insette in die sake van die maatskappy
hulle kan motiveer om aandele in `n toegelaat word nie.
spesifieke maatskappy te koop.
• Bykomende aandele kan verkry word • As gevolg van wetgewing neem
deur meer aandele of skuldbriewe uit besluite langer en daar kan
te reik. meningsverskille wees.
• Streng regulatoriese vereistes beskerm • Finansiële sake moet in die openbaar
aandeelhouers. bekend gemaak word, en hierdie
inligting kan tot mededingers se
voordeel gebruik word.

Let wel: Gebruik die inligting van publieke maatskappye om dit toe te pas op
die verskillende kriteria wat bydra tot die sukses en/of mislukking van publieke
maatskappye.

350 BESIGHEIDSTUDIES | GRAAD 12

BS GRAAD 12 LB AFR.indb 350 2022/03/27 23:49:02


Eenheid 15.4  Ondernemingsvorme en die bydrae van die kriteria tot die sukses en/of
mislukking van elke Ondernemingsvorm

Kriteria wat bydra tot die sukses en/of mislukking van ‘n publieke maatskappy
Kriteria Sukses EN/OF Mislukking
Belasting • Die maatskappy betaal belasting teen ‘n vaste • Is aan dubbele belasting onderhewig ,
koers op hul wins. byvoorbeeld, as aandeelhouers die sekondêre
• Kan belastingkortings kry as hulle by KSI- belasting moet betaal, kan dit ‘n maatskappy
projekte betrokke is. benadeel wat reeds finansieel sukkel.
• Kan staatstenders bekom en hul lisensies hernu
as hulle nie belasting ontduik nie.
Bestuur • Bestuur deur ‘n raad van bekwame/hoogs • Direkteure mag nie ‘n direkte belang in
bekwame direkteure, wat lei tot beter die maatskappy hê nie, wat groei en wins-
besluitneming. maksimering kan belemmer.
• Die bestuur van die maatskappy kan verbeter • Direkteure mag dalk nie gemotiveer word om
aangesien direkteure aanspreeklik is teenoor baie hard te werk nie omdat aandeelhouers oor
aandeelhouers. die direkteure se vergoeding besluit.
• Aandeelhouers kan by die AJV vir direkteure • ‘n Groot bestuurstruktuur kan vertraging in
stem en die mees bekwame direkteure aanstel besluitneming tot gevolg hê.
om die maatskappy te bestuur. • Direkteursfooie verhoog die maatskappy se
• Direkteure bring kreatiewe idees, wat uitgawes en verminder netto wins.
doeltreffendheid in die maatskappy aanmoedig. • Bestuur kan voor regsuitdagings gestel word as
hul verslae nie aan die King-kode III voldoen nie.
• Sommige aandeelhouers mag nie hul stemreg
uitoefen nie, wat kan lei tot die keuse van die
verkeerde persoon as ‘n direkteur.
Kapitaal • Kan groot bedrae kapitaal insamel aangesien • Groei is beperk as voldoende kapitaal nie verkry
aandele en skuldbriewe aan die publiek verkoop kan word nie.
kan word. • Groot bedrae kapitaal word benodig om ‘n
• Die aandelekapitaal klousule in die publieke maatskappy op te rig.
Memorandum van Inkorporering kan verander • Om ekstra kapitaal in te samel kan moeilik wees
word om meer aandele uit te reik. as die ekonomiese klimaat ongunstig is.
• ’n Publieke maatskappy se aandele kan op • Aandeelpryse verander heeltyd en hulle kan
die JSE genoteer word wat die maatskappy waarde verloor.
blootstelling aan meer potensiële beleggers gee. • ‘n Toename in die aantal uitgereikte aandele kan lei
tot meer dividende wat uitbetaal word en minder
behoue inkomste
​​ uit die maatskappy se winste.
Verdeling van • Hoë winste en goeie opbrengste aan • Aandeelhouers kan hul aandele verkoop
winste aandeelhouers dui op die sukses van ‘n wanneer dividende laag is, wat lei tot ‘n daling
maatskappy, wat die waarde van aandele in aandeelpryse.
verhoog. • Dividende word nie altyd uitbetaal nie, wat
• Winste wat gegenereer word, kan herbelê word nuwe beleggers kan ontmoedig.
om sakebedrywighede uit te brei.
• Aandeelhouers ontvang winste volgens die tipe
en getal van hul aandele.
Wetgewing • Maatskappye moet voldoen aan die • Prosdures vir oprigting is tydrowend,
Maatskappywet, No. 71 van 2008. ingewikkeld en duur, aangesien baie
• Die maatskappy en sy eienaars (aandeelhouers) regsdokumente voorberei/ingedien moet word.
is afsonderlike entiteite, wat meer mense kan • Hoë oprigtings/vestigings uitgawes vereis groot
aanmoedig om by die maatskappy aan te sluit. aanvangskapitaal.
• Beperkte aanspreeklikheid maak voorsiening vir • Jaarlikse ouditering van finansiële state is duur.
die neem van groter risiko’s, wat kan lei tot die • Indien ’n publieke maatskappy nie aan
groei van die besigheid. wetgewing voldoen nie, kan hul lisensie deur
• Oudit van finansiële state gee die Kommissie vir Maatskappye en Intellektuele
• aandeelhouers die versekering dat die besigheid Eiendom (KMIE/CIPC) teruggetrek word.
behoorlik bestuur word en ondersteun die
verkryging van bykomende finansiering.

KWARTAAL 3 | ONDERWERP 15 | Ondernemingsvorme: Kriteria vir sukses of mislukking 351

BS GRAAD 12 LB AFR.indb 351 2022/03/27 23:49:02


KWARTAAL 3

Verskille tussen die privaat maatskappy en


publieke maatskappy
PRIVAAT MAATSKAPPY PUBLIEKE MAATSKAPPY
Wenk
• Mag nie aandele aan die algemene • Genoteerde maatskappye mag hul
As ‘n vraag oor die verskille
publiek aanbied nie. aandele in die openbaar op die
gevra word, maak seker dat
Johannesburgse Effektebeurs (JSE)
jy net verskille insluit en nie
verhandel.
ooreenkomste nie.
• Aandele is nie vrylik oordraagbaar nie. • Aandele is vrylik oordraagbaar.

• Minimum van een direkteur. • Minimum van drie direkteure.

• Die naam moet eindig met Eiendoms • Die naam moet eindig met Beperk/Bpk.
Beperk/(Edms.) Bpk.
• Finansiële jaarstate hoef nie geouditeer • Finansiële jaarstate moet geoudit en
en gepubliseer te word nie. gepubliseer word.
• Het nie nodig om ‘n prospektus • Moet registreer en ‘n prospektus by
te publiseer nie, aangesien die die Kommissie vir Maatskappye en
maatskappy nie hul aandele aan die Intellektuele Eiendom (KMIE/CIPC)
publiek mag verhandel nie. publiseer.
• Daar word nie van die maatskappy • Moet `n minimum aantal aandele
verwag om die minimum inskrywing te verkoop/’n minimum inskrywing bereik,
bereik/minimum aantal aandele uit te voordat die maatskappy met besigheid
reik nie. mag begin.

| Aktiwiteit 15.2 Klaswerk/Huiswerk

VRAAG 1
1.1 Identifiseer die Ondernemingsvorm wat deur ELKE stelling hieronder voorgestel word:
1.1.1 Die finansiële state van Moshe Hoewe moet geoudit word.
1.1.2 Elmaree en Soso het slegs ‘n skriftelike ooreenkoms nodig gehad om ‘n
nuwe besigheid op te rig.
1.1.3 Die direkteure van Shavet Geïnk sal aanspreeklik gehou word vir die skuld
van die maatskappy. (3 × 2) (6)
1.2 Bespreek die voordele van ‘n publieke maatskappy. (8)
1.3 Verduidelik die verskille tussen ‘n vennootskap en ‘n publieke maatskappy, gebaseer
op die volgende:
1.3.1 Bestuur (4)
1.3.2 Belasting (4)
1.3.3 Kapitaal (4)
Gebruik die tabel hieronder as ‘n GIDS om VRAAG 1.3 te beantwoord.
PRIVAAT
ASPEKTE VENNOOTSKAP
MAATSKAPPY
1.3.1 Bestuur
1.3.2 Belasting
1.3.3 Kapitaal
[26]

352 BESIGHEIDSTUDIES | GRAAD 12

BS GRAAD 12 LB AFR.indb 352 2022/03/27 23:49:02


Eenheid 15.4  Ondernemingsvorme en die bydrae van die kriteria tot die sukses en/of
mislukking van elke Ondernemingsvorm

Maatskappy in staatsbesit
’n Maatskappy in staatsbesit het die regering as hul hoofaandeelhouer en val
onder die Departement van Openbare Ondernemings. Hierdie besighede neem
die rol van kommersiële ondernemings namens die regering op.

Eienskappe van ‘n maatskappy in staatsbesit


• ’n Maatskappy in staatsbesit moet drie of meer direkteure en een of meer
aandeelhouers hê. Transnet is ‘n maatskappy in
n 
• Dit moet by die KMIE/CIPC registreer deur ‘n Memorandum van Inkorporering  staatsbesit
op te stel.
• Dit word deur die regering besit en vir wins bedryf.
• Maatskappye in staatsbesit word as publieke maatskappye gelys.
• Die naam moet met die letters/afkorting/agtervoegsel MSB (Bpk.) beëindig.
• Maatskappye in staatsbesit ondersteun privaat besighede deur infrastruktuur
soos kommunikasiedienste (Poskantoor) en voorsiening van elektrisiteit
(Eskom) te verskaf.

Impak van maatskappye in staatsbesit


Positiewe/Voordele Negatiewe/Nadele
• Die winste kan gebruik word om ander staatsdepartemente • Dit lei dikwels tot swak bestuur aangesien die regering nie
te finansier. altyd so doeltreffend soos die privaatsektor is nie.
• Dit bied noodsaaklike dienste wat dalk nie deur die • Daar is dikwels ondoeltreffendheid as gevolg van die
privaatsektor aangebied word nie. grootte van die besigheid.
• Pryse word redelik gehou./Skep gesonde mededinging met • Dit maak dikwels staat op staatsubsidies.
die privaatsektor om dienste aan meer burgers bekostigbaar
te maak.
• Verkwistende duplisering van dienste word uitgeskakel. • ‘n Gebrek aan aansporings vir werknemers om te presteer
as daar ‘n afwesigheid van ander motiveerders soos
produktiwiteit bonusse is.
• Beplanning kan deur middel van ‘n sentrale beheer • Die regering kan geld verloor deur die besigheid.
gekoördineer word.
• Maatskappye in staatsbesit genereer inkomste om • ‘n Gebrek aan aansporings vir werknemers om te presteer
maatskaplike programme te finansier. as daar geen aandeel in die wins is nie.
• Die MSB kan werk skep vir alle vaardigheidsvlakke. • Verliese moet deur die belastingbetaler gedek word.
• Aandele is nie vrylik verhandelbaar nie, wat dit moeilik
maak om kapitaal te verkry.
• Die MSB moet streng regulasies volg vir bedrywighede om
kapitaal in te samel.
• Finansiële state moet geoudit word, wat duur is.

Let wel: Gebruik die inligting van maatskappye in staatsbesit om dit toe te
pas op die verskillende kriteria wat bydra tot die sukses en/of mislukking van
maatskappye in staatsbesit.

KWARTAAL 3 | ONDERWERP 15 | Ondernemingsvorme: Kriteria vir sukses of mislukking 353

BS GRAAD 12 LB AFR.indb 353 2022/03/27 23:49:02


KWARTAAL 3

Nie-winsgewende maatskappye (NWM’e)


NWM’e is besigheidsentiteite wat opgestel is om mense te help, die omgewing te
beskerm of om ‘n goeie doel te beywer. Dit kan godsdienstige organisasies soos
kerke, liefdadigheidsorganisasies en kultuurorganisasies insluit. Die primêre doel
van ‘n NWM is om die publiek te bevoordeel, nie om wins te maak nie.

Eienskappe van nie-winsgewende maatskappye


• Die kerndoel van NWM’e is om dienste te lewer, en nie om wins te maak nie.
• Hulle word gefinansier deur skenkings en buitelandse befondsing.
• Die naam van die maatskappy moet met die letters/afkorting/agtervoegsel
NWM beëindig.
• Alle winste moet gebruik word vir die kern-doelwitte van die nie-
winsgewende maatskappy.
• Dit moet ‘n Memorandum van Inkorporering voorberei om die maatskappy te
registreer.
• Kwalifiserende NWM’e kry belastingvrye status.

Impak van nie-winsgewende maatskappye


Positiewe/Voordele Negatiewe/Nadele
• Die wins van NWM’e word uitsluitlik • NWM’e genereer nie genoeg kapitaal
vir die kern-doelwit van die organisasie om hul uitgawes te dek nie.
gebruik.
• Hulle verskaf maatskaplike dienste aan • Hulle het professionele hulp nodig om
verskeie gemeenskappe, byvoorbeeld, hierdie organisasie op die been te bring.
Meals on Wheels verskaf kos aan
behoeftige mense.
• Bydraes/skenkings aan NWM’e is • Skenkings wat van die publiek ontvang
belastingaftrekbaar en kan lei tot meer word, is dalk nie altyd genoeg nie.
skenkings van mense/besighede.
• Die aanspreeklikheid van die lede is • Hulle word nie toegelaat om bonusse
beperk. aan lede te betaal nie.
• NWM’e het kontinuïteit van bestaan. • Bates word nie aan die lede uitgedeel
by sluiting nie, maar moet aan
soortgelyke maatskappye gegee word.
• Die meeste van die inkomste van ‘n nie- • Die verkryging van toelaes kan ‘n
winsgewende maatskappy is vry van stadige en vermoeiende proses wees.
inkomstebelasting.
• As hulle kwalifiseer, kan NWM’e toelaes • Dit is nie maklik om ‘n NWM te skep
ontvang. nie. Dit verg tyd, moeite en geld.

Let wel: Gebruik die inligting van nie-winsgewende maatskappye om dit toe te
pas op die verskillende kriteria wat bydra tot die sukses en/of mislukking van nie-
winsgewende maatskappye.

354 BESIGHEIDSTUDIES | GRAAD 12

BS GRAAD 12 LB AFR.indb 354 2022/03/27 23:49:02


Eenheid 15.4  Ondernemingsvorme en die bydrae van die kriteria tot die sukses en/of
mislukking van elke Ondernemingsvorm

Kriteria wat bydra tot die sukses en mislukking van ‘n nie-winsgewende maatskappy
Kriteria Sukses EN/OF Mislukking
Belasting • Mag vir belastingvrystelling kwalifiseer indien • Daar word van hulle vereis om
aan sekere kriteria voldoen word. inkomstebelasting te betaal as hulle betrokke
• Hulle kan sekere belastingvoordele of is by aktiwiteite wat nie met hul besigheidsdoel
belastingkortings ontvang wanneer hulle aktief verband hou nie.
by gemeenskapsprojekte betrokke is. • Moet aan sekere belastingvereistes
voldoen om vrygestel te word, byvoorbeeld,
bedrywighede moet uitsluitlik vir
liefdadigheids-, wetenskaplike of openbare
veiligheidsdoeleindes wees.
Bestuur • ‘n NWM kan goed bestuur word aangesien dit ‘n • Groot bestuurstrukture kan besluite kompliseer/
minimum van drie direkteure benodig. vertraag.
• Meer direkteure kan aangestel word om meer • Direkteure kan besigheidsfondse wanbestuur
vaardighede, idees en kundigheid na die NWM aangesien hulle dalk nie ‘n direkte belang in die
te bring. NWM het nie.
• Die wetlik voorgeskrewe bestuurstruktuur • Direkteure is aanspreeklik vir enige verlies/
verseker ‘n goed georganiseerde maatskappy. skade/koste wat deur die maatskappy gely word.
• Direkteure het dalk nie die vaardighede om
hulpbronne te bestuur nie.
Kapitaal • ‘n Onbeperkte aantal stigters kan meer kapitaal • Stigters kan beperkte kapitaal bydra, wat dalk
tot die maatskappy bydra. nie voldoende is vir die oprigting en bedryf van
• Meer kapitaal kan deur skenkings of borgskappe die maatskappy nie.
vir die bedrywighede en uitbreiding ingesamel • Die maatskappy maak staat op skenkings as sy
word. hoofbron van kapitaal, wat sy bedrywighede en
• Skenkers in nie-winsgewende maatskappye kan uitbreidings kan belemmer.
belastingkortings ontvang wat verdere bydraes • Die NWM kan sukkel om genoeg kapitaal en
kan aanmoedig. fondse in te samel as hulle nie skenkers oortuig
nie en skenkings word misbruik.
Verdeling van • Die wins van die maatskappy word gebruik • Kan potensiële beleggers ontmoedig om in
winste om ander behoeftes van die maatskappy te die maatskappy te belê, aangesien dit ‘n nie-
finansier. winsgewende maatskappy is.
Wetgewing • Die maatskappy en hul eienaars (aandeelhouers) • Oprigtingsprosedures is tydrowend, ingewikkeld
is afsonderlike entiteite, wat meer mense kan en duur, aangesien baie regsdokumente
aanmoedig om by die maatskappy aan te sluit. voorberei en ingedien moet word.
• Finansiële state word geoudit wat tot die
doeltreffende gebruik van hulpbronne kan lei.

Koöperasies Het jy geweet


‘n Koöperasie is ‘n outonome vereniging van persone wat vrywillig saamkom om
Koöperasies kan gevorm
in hul gemeenskaplike ekonomiese, sosiale of kulturele behoeftes te voorsien deur word deur ‘n kombinasie van
middel van ‘n gesamentlike onderneming. Hulle deel hulpbronne, infrastruktuur regspersone en natuurlike
en koste om ‘n beter uitkoms te bereik. persone.

Eienskappe van koöperasies


• ‘n Minimum van vyf lede word vereis om ‘n koöperasie op te rig.
• Die doel van ‘n koöperasie is om wedersydse voordele vir die lede te skep.
• Dit is ‘n regsentiteit en kan grond/eiendom besit en bankrekeninge oopmaak.
• Al die lede besit aandele, maar het gelyke stemreg, ongeag die hoeveelheid
aandele wat hulle besit.
• Die wins van die koöperasie word onder lede verdeel na gelang van die
omvang van transaksie met die besigheid.
• Die besluite word demokraties geneem, met ander woorde, die lid se stem wen.

KWARTAAL 3 | ONDERWERP 15 | Ondernemingsvorme: Kriteria vir sukses of mislukking 355

BS GRAAD 12 LB AFR.indb 355 2022/03/27 23:49:03


KWARTAAL 3

• Koöperasies word deur ‘n minimum van drie direkteure bestuur.


Wenk • Die koöperasie moet by die Registrateur van Koöperasies registreer.
Die begrippe vrylik • Die woord ‘Koöperasie Beperk’ moet aan die einde van die naam verskyn.
oordraagbaar en vrylik • Hulle word deur ‘n minimum van drie direkteure bestuur.
verhandelbaar kan uitruilbaar • Die koöperasie word gemotiveer deur diens eerder as wins.
gebruik word.
Impak van koöperasies
Positiewe/Voordele Negatiewe/Nadele
• Die koöperasie is aanspreeklik vir hul • Die fondse van ‘n koöperasie is beperk.
eie skuld, daarom geniet lede beperkte
aanspreeklikheid vir die skuld van die
besigheid.
• Koöperasies word demokraties bestuur • Finansiële state moet geoudit word.
omdat elke lid een stem het.
• Die oprigting van koöperasies is • Die aandele is nie vrylik verhandelbaar
makliker as maatskappye. nie.
• Indien koöperasies aan sekere • Besluite is dikwels moeilik om te bereik
vereistes voldoen, kan hulle finansiële en tydrowend.
ondersteuning van die Departement
van Handel en Nywerheid ontvang.
• ‘n Koöperasie kan hul eie bestuur • Die sukses van koöperasies hang af van
aanstel. die ondersteuning van die lede.
• Winste word onder lede gedeel volgens • Daar is nie baie aansporing vir lede om
die omvang van die transaksies van in ‘n koöperasie te belê nie.
daardie lid met die besigheid.
• Koöperasies het dikwels ‘n gebrek aan
ervare en vaardige sakeleiers.

Let wel: Gebruik die inligting van koöperasies om dit toe te pas op die
verskillende kriteria wat bydra tot die sukses en/of mislukking van koöperasies.

Kriteria wat bydra tot die sukses en/of mislukking van koöperasies
Kriteria Sukses EN/OF Mislukking
Belasting • Dividende wat deur ‘n maatskappy aan • Koöperasies word teen dieselfde koers belas as
‘n koöperasie verklaar word, sal van maatskappye wat hoog/duur kan wees.
dividendbelasting vrygestel word.
Bestuur • Koöperasies kan hul bestuur aanstel. • Besluite is dikwels moeilik om te bereik.
• ‘n Direksie/Raad van direkteure (minimum twee) • Nie alle direkteure is tot goeie bestuur in staat
word deur aandeelhouers gekies. nie.
• Alle lede het een stem elk en besluite word
demokraties geneem.
Kapitaal • Kapitaal word verhoog deur aandele aan lede • Die fondse van ‘n koöperasie is beperk en
uit te reik. daarom is dit moeilik om te groei.
• Indien koöperasies aan sekere vereistes voldoen,
kan hulle finansiële ondersteuning van die
Departement van Handel en Nywerheid ontvang.
Verdeling van • Elke lid het ‘n gelyke aandeel in die koöperasie. • Die koöperasies word gemotiveer deur diens
winste eerder as wins, wat minder wins vir lede beteken.
Wetgewing • Koöperasies moet by die Registrateur van • Die oprigtingsproses is tydrowend en moeilik.
Koöperasies registreer.
• Die oprigting van koöperasies is makliker as
maatskappye.

356 BESIGHEIDSTUDIES | GRAAD 12

BS GRAAD 12 LB AFR.indb 356 2022/03/27 23:49:03


Eenheid 15.4  Ondernemingsvorme en die bydrae van die kriteria tot die sukses en/of
mislukking van elke Ondernemingsvorm

| Aktiwiteit 15.3 Klaswerk/Huiswerk

VRAAG 1
1.1 Verduidelik die eienskappe van koöperasies. (8)
1.2 Bespreek hoe die volgende kriteria kan bydra tot die sukses en/of mislukking van ‘n
alleeneienaarskap:
1.1.1 Kapitaal 
1.1.2 Verdeling van winste
1.1.3 Wetgewing (12)
[20]

VRAAG 2: BESIGHEIDSGELEENTHEDE (ONDERNEMINGSVORME)

Vennootskappe was ‘n baie gewilde Ondernemingsvorm. Die mate waarin


eienaars aanspreeklik is vir die skuld, het meer entrepreneurs laat oorweeg
om privaat en openbare maatskappye as ‘n ondernemingsvorm te oorweeg.
Die afgelope tyd verander meer maatskappye na openbare maatskappye,
aangesien dit meer geneig is om suksesvol te wees.

Skryf ‘n opstel oor Ondernemingsvorm waarin jy die volgende aspekte insluit:

• Beskryf kortliks die eienskappe van ‘n vennootskap.


• Verduidelik die verskille tussen beperkte aanspreeklikheid en onbeperkte
aanspreeklikheid.
• Onderskei tussen ‘n privaat maatskappy en ‘n publieke maatskappy.
• Gee besighede raad oor hoe die volgende kriteria tot die sukses en/of mislukking van ‘n
publieke maatskappy kan bydra:
» Wetgewing
» Bestuur. [40]

Die vergelyking van die Ondernemingsvorm ten opsigte


van die verskillende kriteria
Dit is belangrik om die kriteria van die ondernemingsvorme te ken en te
verstaan. Hierdie kennis is nodig om die bydra van die kriteria tot die sukses en/of
mislukking van elke ondernemingsvorm te bepaal.

Kriteria Alleeneie- Vennoot- Beslote Koöpe- Wins- Nie-wins-


naarskap skap korporasies rasies gewende gewende
maats- maats-
kappy kappy
Belasting Besighede Vennote sal ‘n BK word as ‘n BK word as Maatskappye Kwalifiserende
word nie belas in hul private ‘n regspersoon ‘n regspersoon word as ‘n NWM’e kry
nie, maar die hoedanigheid teen dieselfde teen dieselfde regspersoon belastingvrye
eienaar sal in belas word. koers as koers as belas teen ‘n status.
sy/haar private maatskappye maatskappye vasgestelde
hoedanigheid belas. belas. maatskappy-
belas word. belastingkoers
en die
dividende word
ook belas.

KWARTAAL 3 | ONDERWERP 15 | Ondernemingsvorme: Kriteria vir sukses of mislukking 357

BS GRAAD 12 LB AFR.indb 357 2022/03/27 23:49:03


KWARTAAL 3

Kriteria Alleeneie- Vennoot- Beslote Koöpe- Wins- Nie-wins-


naarskap skap korporasies rasies gewende gewende
maats- maats-
kappy kappy
Bestuur ‘n Alleenhand- Die vennoot- Alle lede van ‘n Alle lede het Direkteure sal Word bestuur
elaar bestuur skapsoor- BK is betrokke elk een stem en die maatskappy deur ‘n
hul eie eenkoms sal en neem deel besluite word bestuur. minimum van
besigheid. bepaal wie aan die bestuur demokraties Direkteure drie direkteure.
en hoe die daarvan. geneem. word by die
vennootskap Direkteure AJV deur
bestuur sal (minimum aandeelhouers
word. twee) gekies.
word deur
aandeelhouers
gekies
Kapitaal Die eienaar dra Vennote dra Lede dra ‘n Kapitaal word Kapitaal word Dit ontvang
alle kapitaal by. kapitaal by ooreengekome ingesamel deur ingesamel deur skenkings van
volgens die % kapitaal tot aandele aan aandele aan die publiek
vennoot- die BK by. lede te verkoop. aandeelhouers en as hulle
skapsoor- te verkoop kwalifiseer, kan
eenkoms. en deur NWM’e toelaes
skuldbriewe ontvang.
vir ‘n publieke
maatskappy uit
te reik.
Verdeling van Al die wins Wins word Wins word deur Wins word Wins behoort Die wins van
winste behoort aan die volgens die lede gedeel onder lede aan die NWM’e word
eienaar. vennoot- volgens hul verdeel volgens maatskappy. uitsluitlik vir die
skapsoor- belangstelling in die hoeveelheid Aandeelhouers kerndoel van
eenkoms deur die BK. sake wat deel in die die organisasie
vennote gedeel hulle met die wins volgens gebruik.
koöperasies die aantal en
gedoen het. waarde van hul
aandele, indien
die maatskappy
‘n dividend
verklaar.
Wetgewing Slegs enkele ‘n Paar wetlike Moet ‘n Koöperasies Maatskappye Moet daaraan
wetlike vereistes om CK1-vorm moet by die moet voldoen voldoen en ‘n
formaliteite vas te stel. indien, maar Registrateur aan enige Memorandum
met registrasie. ‘n Vennoot- geen nuwe van wetlike van
skapsoor- registrasies Koöperasies vereistes van Inkorporering
eenkoms moet van beslote registreer. die Maat- indien.
aangegaan / korporasies mag skappywet, Nr.
voltooi word. plaasvind nie. 71 van 2008.

358 BESIGHEIDSTUDIES | GRAAD 12

BS GRAAD 12 LB AFR.indb 358 2022/03/27 23:49:03


Eenheid 15.4 Ondernemingsvorme en die bydrae van die kriteria tot die sukses en/of
mislukking van elke Ondernemingsvorm

Breinkaart: Onderwerp 15 – Ondernemingsvorme: Kriteria vir


sukses en/of mislukking
UseGebruik die breinkaarte as ‘n riglyn om die inhoud wat in hierdie onderwerp
behandel word, te konsolideer. Maak seker dat jy die inhoud van elke opskrif in
hierdie onderwerp bestudeer.
Alleeneienaarskap
Koöperasie 'n alleeneienaarskap is die
'n Koöperasie is 'n groep eenvoudigste vorm van
belangstellendes wat vrywillig besigheidsentiteit omdat die
verenig het om in hul besigheid nie apart van die
gemeenskaplike ekonomiese/ eienaar is nie.
sosiale of kulturele behoeftes te
voorsien deur 'n onderneming
wat gesamentlik besit word.

Vennootskap
Nie-winsgewende Vennote sal hul geld saamvoeg
maatskappy vir 'n gemeenskaplike doelwit,
NWM'e is entiteite wat gespesialiseerde vaardighede
ingestel is om mense en hulpbronne deel, en die wel
te help. en wee van sakesukses deel.

ONDERNEMINGS-
VORME

Beslote korporasie
Maatskappy in staatsbesit 'n Beslote korporasie (BK) is
'n Maatskappy in staatsbesit het 'n besigheidsentiteit met 'n
die regering as hul hoofaandeel- afsonderlike regspersoonlikheid.
houers. Hulle neem die rol van Geen nuwe registrasies van
kommersiële ondernemings aan. beslote korporasies mag
plaasvind nie, maar bestaande
korporasies mag voortgaan
met bedrywighede.

Publieke maatskappy
Die maatskappy kan hul aandele
aan die publiek bied en kan op Maatskappy met Privaat maatskappy
die JSE genoteer word. persoonlike 'n Privaat maatskappy
aanspreeklikheid kan 'n klein of groot
'n maatskappy met maatskappy wees en het
persoonlike aanspreek- een of meer direkteure.
likheid is baie soortgelyk Die publiek kan nie aandele
aan 'n privaat maat- in die maatskappy koop nie.
skappy. Die maatskappy
benodig een of meer
direkteure/
aandeelhouers.

Wetgewing Belasting
• Wat is die wetlike beperkings • Wie sal belas word?
op die besigheid t.o.v. oprigting? • Wat sal die belastingkoers wees?
• Wat sal die impak van die • Watter impak sal dit op die lede/eienaars/
wetlike vereistes op die aandeelhouers en die besigheid hê?
onderneming wees?

Bestuur
• Wie sal die besigheid
bestuur?
• Hoe sal dit bestuur
word?
Verdeling van winste • Wat sal die impak op
• Wie sal wins ontvang? KRITERIA VIR die besigheid wees?
• Volgens watter kriteria sal
die wins verdeel word?
SUKSES EN/OF
• Wat sal die impak van die MISLUKKING VAN Kapitaal
verdeling van wins op die
onderneming wees?
ONDERNEMINGS- • Wat is die hoedanigheid van die
VORME onderneming om kapitaal te bekom?
• Watter vorm van kapitaal sal
verkry word?
• Watter bedrag kan ingesamel word?
• Wat is die impak op die besigheid?

KWARTAAL 3 | ONDERWERP 15 | Ondernemingsvorme: Kriteria vir sukses of mislukking 359

BS GRAAD 12 LB AFR.indb 359 2022/03/27 23:49:03


KWARTAAL 3

Konsolidasie

VRAAG 1
1.1 Verskeie opsies word as moontlike antwoorde op die volgende vrae gegee. Kies die antwoord en skryf slegs die letter (A–D)
langs die vraagnommer (1.1.1 - 1.1.5) neer, byvoorbeeld, 1.1.6 D.
1.1.1 ‘n Skriftelike uitnodiging aan die publiek om aandele te koop staan bekend
​​ as ‘n ….
A Prospektus
B Memorandum van Inkorporering
C Ooreenkoms
D Registrasiesertifikaat
1.1.2 Die voormalige en huidige direkteure van ‘n … is gesamentlik en afsonderlik verantwoordelik vir die skuld van
die maatskappy.
A maatskappy in staatsbesit
B privaat maatskappy
C publieke maatskappy
D maatskappy met persoonlike aanspreeklikheid
1.1.3 Die woord beperk in ‘n maatskappy se naam dui aan dat …
A aanspreeklikheid van die direkteure beperk is.
B aanspreeklikheid van die aandeelhouers beperk is.
C aanspreeklikheid van die maatskappy beperk is.
D die verkoop van aandele beperk is.
1.1.4 In ‘n ... is elke besigheidseienaar regtens verantwoordelik vir die gesamentlike aanspreeklikheid van die besigheid
en kan persoonlike besittings verloor.
A vennootskap
B beslote korporasie
C privaat maatskappy
D publieke maatskappy
1.1.5 Indien hulle kwalifiseer, kry ... belastingvrye status.
A nie-winsgewende maatskappye 
B beslote korporasies
C persoonlike aanspreeklikheid maatskappye
D openbare maatskappye(5 × 2) (10)

Wenk
Jy moet die feite hieronder ken, want dit sal makliker wees om die faktore
vir die sukses en mislukking van die verskillende ondernemingsvorme te
verstaan.

1.2 Voltooi die tabel hieronder en vergelyk die verskillende tipes ondernemingsvorme.
Alleeneie- Vennoots- Privaat Publieke Nie-wins-
naarskap kap maatskappy maatskappy gewende
maatskappy
Wie is verantwoordelik vir
belasting?
Wie bestuur die besigheid?
Hoe word die kapitaal
ingesamel?
Hoe word winste gedeel?
Wie is aanspreeklik vir skuld?
Hoe word die besigheid
geregistreer?
(30)
[40]

360 BESIGHEIDSTUDIES | GRAAD 12

BS GRAAD 12 LB AFR.indb 360 2022/03/27 23:49:03


Eenheid 15.4 Ondernemingsvorme en die bydrae van die kriteria tot die sukses en/of
mislukking van elke Ondernemingsvorm

Konsolidasie

VRAAG 2
2.1 Lees die scenario hieronder en beantwoord die vrae wat volg.
BARNARD & SEUNS (BS)
Barnard & Seuns is ‘n suksesvolle vennootskap, maar die vennote wil verander
na ‘n ondernemingsvorm waar hulle aandele aan die publiek kan verkoop.

2.1.1 Noem ‘n nuwe ondernemingsvorm wat geskik sal wees vir BS. (2)
2.1.2 Beskryf kortliks die voordele van die Ondernemingsvorm wat in VRAAG 2.1.1 geïdentifiseer is (6)
2.1.3 Verduidelik die nadele van ‘n vennootskap. (6)
2.2 Gee besighede raad oor hoe die volgende kriteria kan bydra tot die sukses en/of mislukking van ‘n alleeneienaarskap:
2.2.1 Belasting (4)
2.2.2 Verdeling van winste (4)
[22]

QR-KODE
Skandeer hierdie kode vir ‘n
oorsig oor die inhoud van
hierdie onderwerp rakende die
spesifieke kernleerpunte.

https://youtube.com/play-
list?list=PLY8n0zQCEkpq-
FIeP-ayvS2S2zCgxTISr3

KWARTAAL 3 | ONDERWERP 15 | Ondernemingsvorme: Kriteria vir sukses of mislukking 361

BS GRAAD 12 LB AFR.indb 361 2022/03/27 23:49:03


BESIGHEIDSTUDIES
GRAAD 12
SKOOLGEBASEERDE ASSESSERING (SGA) FORMELE ASSESSERINGSTAAK
KWARTAAL 3
VOORBEELD
PROJEK
PUNTE: 50

Skool:

Uitreikdatum: Sperdatum:

Van van leerder:

Naam van leerder:

FINALE PUNT:

50 punte

INSTRUKSIES AAN LEERDERS

1. Hierdie projek sal die volgende onderwerpe assesseer:


• Maatskaplike verantwoordelikheid
• Korporatiewe maatskaplike investering
• Menseregte, inklusiwiteit en omgewingskwessies
• Aanbieding en data-respons
2. Lees die instruksies van elke vraag noukeurig deur en reageer gepas.
3. Versamel hulpbronne oor jou antwoorde om VRAAG 1.1.1 en 1.1.2 te beantwoord.
4. Dien jou taak in op die sperdatum om penalisering te vermy.
5. Maak seker jy heg die voorblad en die rubriek vir die nasien van jou antwoorde aan voor indiening.

Hierdie projek bestaan uit 6 bladsye.

362 BESIGHEIDSTUDIES | GRAAD 12

BS GRAAD 12 LB AFR.indb 362 2022/03/27 23:49:03


VRAAG 1: KORPORATIEWE MAATSKAPLIKE VERANTWOORDELIKHEID EN KORPORATIEWE
MAATSKAPLIKE INVESTERING
1.1 Lees die stelling hieronder en beantwoord die vrae wat volg.

In Julie 2021 is dit berig dat minstens 40 000 Suid-Afrikaanse ondernemings geplunder, verbrand of gevandaliseer
is tydens wydverspreide oproer wat in KwaZulu Natal en Gauteng uitgebreek het.
Bron: https://www.africanews.com>2021/07/21>South.Africa

1.1.1 Doen navorsing en lys enige DRIE redes, behalwe politiek, vir die plundering van winkels,
winkelsentrums en die vernietiging van eiendom wat in Julie 2021 in KwaZulu Natal en
Gauteng plaasgevind het. (3)
1.1.2 Bespreek enige KMI-projekte wat deur besighede aangepak is om ELK van die sosio-
ekonomiese kwessies wat in VRAAG 1.1.1 hierbo genoem word, te hanteer. (2)
Gebruik die tabel hieronder as ‘n RIGLYN om VRAAG 1.1.1 - 1.1.2 te beantwoord
SOSIO-EKONOMIESE KWESSIES KMI-PROJEKTE
(1.1.1) (1.1.2)
1.
2.
3.

1.2 Bespreek maniere waarop besighede tyd en moeite kan bydra om die welstand van hul werknemers
te verbeter. (5)

VRAAG 2: MENSEREGTE
2.1 Lees die scenario hieronder en beantwoord die vrae wat volg.
DUBE KONSTRUKSIE BPK (DKB)
Die direkteure van Dube Konstruksie Bpk. bevorder die menseregte van hul werknemers. DKB verseker
dat alle werknemers ‘n afskrif van hul indiensnemingskontrak ontvang het. Persoonlike inligting oor hul
werknemers word vertroulik gehou. DKB verseker altyd dat werkers gelyke betaling ontvang vir werk van
gelyke waarde.

2.1.1 Identifiseer DRIE tipes menseregte wat DKB bevorder. Motiveer jou antwoord deur uit die
scenario aan te haal. (5)
Gebruik die tabel hieronder as ‘n RIGLYN om VRAAG 2.1.1 te beantwoord.

TIPES MENSEREGTE MOTIVERING


1.
2.
3.

2.1.2 Stel maniere voor waarop besighede die reg op veiligheid, sekuriteit en beskerming van lewe in
die werkplek kan bevorder. (5)

VRAAG 3: DIVERSITEITSKWESSIES
3.1 Lees die gevallestudie hieronder en beantwoord die vrae wat volg.

Volgens die Ekonomiese Intelligensie-Eenheid glo tot 64% van besighede dat taal-hindernisse hul pogings
om internasionaal uit te brei verhinder. Chinese en Brasiliaanse maatskappye word die meeste geraak deur
finansiële verlies weens taal-hindernisse.
Bron: https://www.business2community.com/marketing/businesses-can-deal-language-barriers-01679524 

3.1.1 Verduidelik hoe besighede taal as ‘n diversiteitskwessie in die werkplek kan hanteer. (5)
3.1.2 Stel maniere voor waarop besighede die kwessie van kulturele verskille as ‘n diversiteitskwessie
in die werkplek kan hanteer. (5)

Formele Assesseringstaak Kwartaal 3: Projek 363

BS GRAAD 12 LB AFR.indb 363 2022/03/27 23:49:04


VRAAG 4: OMGEWINGSKWESSIES
4.1 Lees die scenario hieronder en beantwoord die vrae wat volg.
HANSEN STAAL KONSTRUKSIE (HSK)
Die gesondheids- en veiligheidsverteenwoordigers by Hansen Staal Konstruksie maak seker dat
beskermende klere aan alle werkers verskaf word. Hulle identifiseer ook potensiële gevare in die
werkplek. Die gesondheids- en veiligheidsverteenwoordigers hersien maatreëls om die gesondheid en
veiligheid van werkers te verseker.

4.1.1 Haal DRIE rolle van die gesondheids- en veiligheidsverteenwoordigers uit die scenario
hierbo aan. (3)
4.1.2 Beskryf kortliks ander rolle van die gesondheids- en veiligheidsverteenwoordigers in
die werkplek. (2)
4.2 Verduidelik die verantwoordelikhede van werknemers in die bevordering van menslike gesondheid en
veiligheid in die werkplek.(5)

VRAAG 5: AANBIEDING EN DATA-RESPONS


5.1 Lees die scenario hieronder en beantwoord die vrae wat volg.

IBRAHIM KOMMUNIKASIE (IK)


Suzy, die verkoopsverteenwoordiger van Ibrahim Kommunikasie is versoek om ‘n aanbieding oor die verkope
van die besigheid te doen. Sy het die skyfie hieronder vir haar aanbieding voorberei.

Verslag Besigeid vaar baie swak die


afgelope drie maande
Werknemers moet harder
werk om bonnusse te kry
Ons moet nuwe produkte
oorweeg

5.1.1 Bespreek die impak van PowerPoint-skyfies in aanbiedings. (5)


5.1.2 Gee Suzy raad oor die aspekte wat ingesluit moet word wanneer ‘n multimedia-aanbieding
ontwerp word. (5)
[50]

364 BESIGHEIDSTUDIES | GRAAD 12

BS GRAAD 12 LB AFR.indb 364 2022/03/27 23:49:04


BESIGHEIDSTUDIES GRAAD 12 RUBRIEK VIR ASSESSERING VAN PROJEK
ASSESSERINGS-
0 1 2 3 4 5 TOTAAL
KRITERIA

BS GRAAD 12 LB AFR.indb 365


Redes vir die Leerders het geen Leerder het EEN Leerder het TWEE Leerder het TWEE Leerder het DRIE Leerder het DRIE 5
plundering van winkels, redes genoem vir die rede genoem vir die redes genoem vir die redes genoem vir die redes genoem vir die redes genoem vir die
winkelsentrums en plundering van winkels, plundering van winkels, plundering van winkels, plundering van winkels, plundering van winkels, plundering van winkels,
die vernietiging van winkelsentrums en winkelsentrums en winkelsentrums en winkelsentrums en winkelsentrums en winkelsentrums en
besigheidseiendom die vernietiging van die vernietiging van die vernietiging van die vernietiging van die vernietiging van die vernietiging van
en voorgestelde eiendom nie, en het besigheidseiendom, besigheidseiendom, besigheidseiendom, besigheidseiendom, besigheidseiendom
korporatiewe nie korporatiewe maar het geen maar het geen en EEN korporatiewe en EEN korporatiewe en TWEE of DRIE
maatskaplike maatskaplike voorstel gemaak korporatiewe maatskaplike maatskaplike korporatiewe
investeringsprojekte investeringsprojekte van korporatiewe maatskaplike investeringsprojek investeringsprojek maatskaplike
om plundering te voorgestel om die maatskaplike investeringsprojek voorgestel om voorgestel om investeringsprojekte
hanteer. plundering te hanteer investeringsprojekte voorgestel om plundering te hanteer. plundering te hanteer. voorgestel om die
nie. om plundering te plundering te hanteer OF OF plundering te hanteer.
hanteer nie. nie. Leerder het EEN Leerder het TWEE
OF OF rede genoem vir die redes genoem vir die
Leerder het geen Leerder het EEN plundering van winkels, plundering van winkels,
redes genoem vir die rede genoem vir die winkelsentrums en winkelsentrums en
plundering van winkels, plundering van winkels, die vernietiging van die vernietiging van
winkelsentrums en winkelsentrums en besigheidseiendom, besigheidseiendom,
die vernietiging van die vernietiging van en TWEE korporatiewe en TWEE korporatiewe
besigheidseiendom besigheidseiendom, en maatskaplike maatskaplike
nie, en het EEN het EEN korporatiewe investeringsprojekte investeringsprojekte
korporatiewe maatskaplike voorgestel om voorgestel om
maatskaplike investeringsprojek plundering te hanteer. plundering te hanteer.
investeringsprojek voorgestel om
voorgestel om plundering te hanteer.
plundering te hanteer.
Maniere om by te dra Leerder het geen manier Leerder het EEN manier Leerders het TWEE Leerder het DRIE Leerder het VIER Leerder het VYF maniere 5
tot die welstand van gegee om by te dra gegee om by te dra maniere gegee om by maniere gegee om by maniere gegee om by gegee om by te dra
werknemers van die tot die welstand van tot die welstand van te dra tot die welstand te dra tot die welstand te dra tot die welstand tot die welstand van
besigheid. werknemers van die werknemers van die van werknemers van die van werknemers van die van werknemers van die werknemers van die
besigheid nie. besigheid. besigheid. besigheid. besigheid. besigheid.
Identifisering van Leerder het geen tipe Leerder het EEN tipe Leerder het slegs EEN Leerder het TWEE Leerder het DRIE Leerder het DRIE 5
tipes menseregte met mensereg genoem nie mensereg genoem, tipe mensereg genoem, tipes menseregte uit tipes menseregte uit tipes menseregte uit
motiverings uit die en het geen motivering maar het geen maar EEN motivering die scenario genoem die scenario genoem die scenario genoem
scenario. daarvoor gegee nie. motivering uit die uit die scenario gegee. en EEN motivering en een motivering en TWEE of DRIE
scenario gegee nie. daarvoor gegee. daarvoor gegee. motiverings uit die
OF scenario gegee.
Leerder het TWEE

Formele Assesseringstaak Kwartaal 3: Projek


tipes menseregte uit
die scenario genoem
en TWEE motiverings

365
gegee.

2022/03/27 23:49:04
366
ASSESSERINGS-
0 1 2 3 4 5 TOTAAL
KRITERIA

BS GRAAD 12 LB AFR.indb 366


Maniere waarop Leerder het geen Leerder het EEN Leerder het TWEE Leerder het DRIE Leerder het VIER Leerder het VYF 5
besighede die reg op strategie genoem strategie genoem strategieë genoem strategieë genoem strategieë genoem strategieë genoem
veiligheid, sekuriteit en om die reg op om die reg op om die reg op om die reg op om die reg op om die reg op
beskerming van lewe veiligheid, sekuriteit en veiligheid, sekuriteit en veiligheid, sekuriteit veiligheid, sekuriteit en veiligheid, sekuriteit en veiligheid, sekuriteit en
kan bevorder. beskerming van lewe beskerming van lewe en lewensbeskerming beskerming van lewe beskerming van lewe beskerming van lewe
van hul werknemers of van hul werknemers of van hul werknemers of van hul werknemers of van hul werknemers of van hul werknemers of
kliënte te bevorder nie. kliënte te bevorder. kliënte te bevorder. kliënte te bevorder. kliënte te bevorder. kliënte te bevorder.
Maniere waarop Leerder het geen Leerder het EEN Leerder het TWEE Leerder het DRIE Leerder het VIER Leerder het VYF

BESIGHEIDSTUDIES | GRAAD 12
besighede taal as strategie genoem strategie genoem strategieë genoem strategieë genoem strategieë genoem strategieë genoem 5
diversiteitskwessie om taal as ‘n om taal as ‘n om taal as ‘n om taal as ‘n om taal as ‘n om taal as ‘n
in die werkplek kan diversiteitskwessie in diversiteitskwessie in diversiteitskwessie in diversiteitskwessie in diversiteitskwessie in diversiteitskwessie in
hanteer. die werkplek te hanteer die werkplek te hanteer. die werkplek te hanteer. die werkplek te hanteer. die werkplek te hanteer. die werkplek te hanteer.
nie.
Maniere waarop Leerder het geen Leerder het EEN Leerder het TWEE Leerder het DRIE Leerder het VIER Leerder het VYF 5
besighede die kwessie strategie genoem om strategie genoem om strategieë genoem om strategieë genoem om strategieë genoem om strategieë genoem om
van kulturele verskille kulturele verskille as ‘n die kulturele verskille as die kulturele verskille as kulturele verskille as ‘n kulturele verskille as ‘n kulturele verskille as ‘n
as ‘n diversiteitskwessie diversiteitskwessie in ‘n diversiteitskwessie in ‘n diversiteitskwessie in diversiteitskwessie in diversiteitskwessie in diversiteitskwessie in
in die werkplek kan die werkplek te hanteer die werkplek te hanteer. die werkplek te hanteer. die werkplek te hanteer. die werkplek te hanteer. die werkplek te hanteer.
hanteer. nie.
Rolle van gesondheids- Leerder het geen Leerder het EEN rol uit Leerders het TWEE rolle Leerder het TWEE rolle Leerder het DRIE rolle Leerders het DRIE rolle 5
en veiligheidsverteen- rolle uit die scenario die scenario geïdentifi- uit die scenario geïden- uit die scenario geïden- uit die scenario geïden- uit die scenario geïden-
woordigers. geïdentifiseer nie en seer en geen ander rolle tifiseer en geen ander tifiseer en EEN ander tifiseer en EEN ander tifiseer en TWEE ander
ook nie ander rolle van gesondheids- en rolle vir gesondheids- en rol van gesondheids- en rol van gesondheids- en rolle van gesondheids-
van gesondheids- en veiligheidsverteenwoor- veiligheidsverteenwoor- veiligheidsverteenwoor- veiligheidsverteenwoor- en veiligheidsverteen-
veiligheidsverteenwoor- digers gegee nie. digers gegee nie. digers gegee. digers gegee. woordigers gegee.
digers gegee nie. OF OF OF OF
Leerder het nie rolle uit Leerder het EEN rol uit Leerder het EEN rol uit Leerder het TWEE rolle
die scenario geïdenti- die scenario geïdenti- die scenario geïdenti- uit die scenario geïden-
fiseer nie en het EEN fiseer en EEN ander rol fiseer en TWEE ander tifiseer en TWEE ander
ander rol van gesond- van gesondheids- en rolle van gesondheids- rolle van gesondheids-
heids- en veiligheids- veiligheidsverteenwoor- en veiligheidsverteen- en veiligheidsverteen-
verteenwoordigers digers gegee. woordigers gegee. woordigers gegee.
gegee.
Verantwoordelikhede Leerder het geen Leerder het EEN Leerder het TWEE Leerder het DRIE Leerder het VIER Leerder het VYF 5
van werknemers in verantwoordelikheid verantwoordelikheid verantwoordelikhede verantwoordelikhede verantwoordelikhede verantwoordelikhede
die beskerming van van werknemers van werknemers van werknemers van werknemers van werknemers van werknemers
menslike gesondheid geïdentifiseer om geïdentifiseer om geïdentifiseer om geïdentifiseer om geïdentifiseer om geïdentifiseer om
en veiligheid in die menslike gesondheid menslike gesondheid menslike gesondheid menslike gesondheid menslike gesondheid menslike gesondheid
werkplek. en veiligheid in die en veiligheid in die en veiligheid in die en veiligheid in die en veiligheid in die en veiligheid in die
werkplek te beskerm werkplek te beskerm. werkplek te beskerm. werkplek te beskerm. werkplek te beskerm. werkplek te beskerm.
nie.

2022/03/27 23:49:04
ASSESSERINGS-
0 1 2 3 4 5 TOTAAL
KRITERIA

BS GRAAD 12 LB AFR.indb 367


Multimedia-aspekte Leerder het nie Leerder het slegs EEN Leerder het slegs TWEE Leerder het slegs DRIE Leerder het slegs VIER Leerder het VYF 5
aanbevelings gemaak aanbeveling gemaak aanbevelings gemaak aanbevelings gemaak aanbevelings gemaak aanbevelings gemaak
oor aspekte wat in die oor aspekte wat in die oor aspekte wat by die oor aspekte wat in die oor aspekte wat in die oor aspekte wat in die
multimedia-aanbieding multimedia-aanbieding multimedia-aanbieding multimedia-aanbieding multimedia-aanbieding multimedia-aanbieding
ingesluit moet word nie. ingesluit moet word. ingesluit moet word. ingesluit moet word. ingesluit moet word. ingesluit moet word.
Impak van PowerPoint- Leerder het geen Leerder het EEN Leerder het TWEE Leerder het DRIE Leerder het VIER Leerder het VYF 5
skyfies voordeel en/of nadeel voordeel en/of nadeel voordele en/of nadele voordele en/of nadele voordele en/of nadele voordele en/of nadele
van PowerPoint-skyfies van PowerPoint-skyfies van PowerPoint-skyfies van PowerPoint-skyfies van PowerPoint-skyfies van PowerPoint-skyfies
genoem nie. genoem. genoem. genoem. genoem. genoem.

PUNTE ONTVANG/BEHAAL:

Totaal /50

Formele Assesseringstaak Kwartaal 3: Projek


367

2022/03/27 23:49:04
BESIGHEIDSTUDIES
GRAAD 12
SKOOLGEBASEERDE ASSESSERING (SGA) FORMELE ASSESSERINGSTAAK
KWARTAAL 3
VOORBEELD
VOORBEREIDENDE EKSAMEN VRAESTEL 1
PUNTE: 150 TYD: 2 UUR

INSTRUKSIES EN INLIGTING
Lees die volgende instruksies aandagtig deur voordat die vrae beantwoord word.
1. Hierdie vraestel bestaan uit DRIE afdelings.
AFDELING A: VERPLIGTEND
AFDELING B: Bestaan uit DRIE vrae.
Beantwoord enige TWEE van die drie vrae in hierdie afdeling.
AFDELING C: Bestaan uit TWEE vrae.
Beantwoord enige EEN van die twee vrae in hierdie afdeling.
2. Lees die instruksies vir elke vraag aandagtig deur en neem deeglik kennis van wat vereis word. Let daarop
dat SLEGS die eerste TWEE vrae in AFDELING B en die EERSTE vraag in AFDELING C nagesien sal word..
3. Nommer die antwoorde korrek volgens die nommeringstelsel wat in hierdie vraestel gebruik is. GEEN
punte sal toegeken word vir antwoorde wat verkeerd genommer is NIE.
4. Behalwe waar ander instruksies gegee word, moet antwoorde in volsinne geskryf word.
5. Gebruik die puntetoekenning en aard van elke vraag om die lengte en diepte van ‘n antwoord te bepaal.
6. Gebruik die tabel hieronder as ‘n riglyn vir punte- en tydstoekenning wanneer jy elke vraag beantwoord.

AFDELING VRAAG PUNTE TYD


A Objektiewe tipe vrae 1 30 30 minute
VERPLIGTEND

B DRIE direkte/indirekte tipe vrae 2 40 30 minute


KEUSE (Beantwoord enige TWEE.)
3 40 30 minute
4 40 30 minute

C TWEE opsteltipe vrae 5 40 30 minute


KEUSE (Beantwoord enige EEN.)
6 40 30 minute

TOTAAL 150 120 minute


7. Begin die antwoord op ELKE vraag op ‘n NUWE bladsy, bv. VRAAG 1 – nuwe bladsy, VRAAG 2 – nuwe
bladsy, ens.
8. Jy mag ‘n nie-programmeerbare sakrekenaar gebruik.
9. Skryf netjies en leesbaar.

Hierdie vraestel bestaan ​​uit 5 bladsye.

368 BESIGHEIDSTUDIES | GRAAD 12

BS GRAAD 12 LB AFR.indb 368 2022/03/27 23:49:04


AFDELING A (VERPLIGTEND)
VRAAG 1
1.1 Verskeie opsies word as moontlike antwoorde op die volgende vrae gegee. Kies die antwoord en skryf
slegs die letter (A–D) langs die vraagnommer (1.1.1 tot 1.1.5) in die ANTWOORDEBOEK neer, bv. 1.1.6 D.
1.1.1 Die … maak voorsiening vir die instelling van die Kommissie vir Versoening, Bemiddeling en
Arbitrasie (KVBA).
A Wet op Arbeidsverhoudinge, 1995 (Wet 66 van 1995)
B Wet op Gelyke Indiensneming, 1998 (Wet 55 van 1998)
C Nasionale Kredietwet, 2005 (Wet 34 van 2005)
D Wet op Vaardigheidsontwikkeling, 1998 (Wet 97 van 1998)
1.1.2 Besighede stel ‘n ... -ontleding saam om hul sterk- en swakpunte te identifiseer.
A Porter se Vyf Kragte
B PESTWO
C SCAMPER
D SSGB
1.1.3 Hierdie besigheid kan onder die tersiêre sektor geklassifiseer word.
A William Opleiding en Ontwikkeling CC
B William Meubelvervaardigers
C Sibusisiwe Mynmaatskappy
D Nandewar Mielie Groeiers
1.1.4 Besighede gebruik (die) ... as ‘n bron van interne werwing om vir ‘n vakante pos te adverteer.
A elektroniese media
B networking
C intranet
D internet
1.1.5 Die …-funksie verseker dat akkurate inligting vir bestuur beskikbaar is om goeie
bestuursbesluite te neem.
A bemarking
B finansiële
C openbare betrekkinge
D administrasie (5 × 2) (10)

1.2 Voltooi die volgende stellings deur die woord(e) in die lys hieronder te gebruik. Skryf slegs die woord(e)
langs die vraagnommer (1.2.1 tot 1.2.5) in die ANTWOORDEBOEK neer.

Verbruikersbeskerming;  werwing;  nepotisme;  terugwaartse;  SSGB;  PESTWO;

Vergoeding vir beroepsbeserings en -siektes;  frontering;  sifting;  voorwaartse

1.2.1 Die Wet op … skep ‘n raamwerk vir die gesondheid en veiligheid van werknemers in die
werkplek.
1.2.2 Die menslike hulpbronbestuurder van UUY Beperk het … geïmplementeer as deel van die
keuringsproses toe hulle die aansoekers se Curriculum Vitaes geëvalueer het.
1.2.3 Die direkteure van Zaza (Edms.) Bpk. het die naam van hul vragmotorbestuurder op die lys van
hul direkteure ingesluit. Dit staan ​​bekend as …
1.2.4 Moya Melk Winkels het die … integrasie-strategie gekies toe hulle Doodah Suiwel Plaas
oorgeneem het.
1.2.5 Benno Ondernemings het ‘n ...-ontleding gebruik om faktore in die makro-omgewing te
identifiseer wat uitdagings aan hul besigheid stel. (5 × 2) (10)

Formele Assesseringstaak Kwartaal 3: Voorbereidende Eksamen Vraestel 1 369

BS GRAAD 12 LB AFR.indb 369 2022/03/27 23:49:04


1.3 Kies ‘n beskrywing uit KOLOM B wat by ‘n term in KOLOM A pas. Skryf slegs die letter (A–J) langs die
vraagnommer (1.3.1 tot 1.3.5) in die ANTWOORDEBOEK neer, bv. 1.3.6 K.

KOLOM A KOLOM B
1.3.1 Algemene bestuur A werkers word betaal volgens die aantal items wat geproduseer word
1.3.2 Wet op Gelyke B herstel doelbewus wanbalanse van die verlede deur onderwys en opleiding
Indiensneming C spreek vaardigheidstekorte in die Suid-Afrikaanse arbeidsmag aan
1.3.3 Nasionale D verskaf opleidingsgeleenthede wat vereis dat werknemers slegs eksterne
Vaardigheids- praktiese kursusse bywoon
ontwikkeling- E ontwikkel nuwe bemarkingsplanne
strategie F kommunikeer die gedeelde visie, missie en waardes op ‘n effektiewe wyse
1.3.4 Leerlingskap G verskaf opleidingsgeleenthede wat kan lei tot ‘n erkende
1.3.5 Stukwerk beroepskwalifikasie
H moedig goeie gehalte opleiding in die werkplek aan om deurlopende
ontwikkeling van vaardighede te verseker
I bevorder gelyke geleenthede en regverdige behandeling vir alle werkers in
die werkplek
j werkers word betaal vir die hoeveelheid tyd wat hulle aan ‘n taak spandeer
 (5 × 2) (10)
TOTAAL AFDELING A [30]

AFDELING B
Beantwoord ENIGE TWEE vrae in hierdie afdeling.
LET WEL: Dui die VRAAGNOMMER van elke vraag wat jy kies, duidelik aan. Die antwoord op ELKE vraag moet op
‘n NUWE bladsy begin, bv. VRAAG 2 op ‘n NUWE bladsy, VRAAG 3 op ‘n NUWE bladsy.

VRAAG 2: BESIGHEIDSOMGEWINGS
2.1 Noem enige VYF PESTWO-ontleding faktore. (5)
2.2 Beskryf enige TWEE tipes integrasie-strategieë. (6)
2.3 Identifiseer die verlof bepalings soos uiteengesit in die Wet op Basiese Diensvoorwaardes (WBDV), 1997
(Wet 75 van 1997) waaraan Jack Handelaars voldoen het in ELKE stelling hieronder.
2.3.1 Werknemers word toegelaat om een ​​dag verlof te neem vir elke 17 uur gewerk.
2.3.2 Peter, een van hul werknemers is ses weke betaalde verlof toegelaat om van sy nek-operasie te
herstel.
2.3.3 Neville het twee dae verlof geneem om sy ma se begrafnisreëlings te tref. (6)
2.4 Brei uit oor die betekenis van markpenetrasie as ‘n tipe intensiewe strategie.  (4)
2.5 Lees die scenario hieronder en beantwoord die vrae wat volg.
HELENA BAKKERY (HB)
Die werknemers van Helena Bakkery het met ‘n wettige staking begin weens ‘n dispuut oor ‘n
salarisverhoging. HB koop hul grondstowwe by Abdulla se Meul wat nie die produkte betyds lewer nie. Die
regering het die rentekoers verhoog, wat dit vir HB moeilik maak om geld by die bank te leen.

Gebruik die tabel hieronder as ‘n RIGLYN om VRAAG 2.5.1 tot 2.5.3 te beantwoord.

UITDAGINGS BESIGHEIDSOMGEWINGS MATE VAN BEHEER


(2.5.1) (2.5.2) (2.5.3)

2.5.1 Haal DRIE uitdagings vir HB uit die scenario hierbo aan. (3)
2.5.2 Klassifiseer HB se uitdagings volgens die DRIE besigheidsomgewings. (3)
2.5.3 Noem die mate van beheer wat HB oor ELKE besigheidsomgewing het. (3)

370 BESIGHEIDSTUDIES | GRAAD 12

BS GRAAD 12 LB AFR.indb 370 2022/03/27 23:49:04


2.6 Onderskei tussen Swart Ekonomiese Bemagtiging (SEB) en Breë-Basis Swart Ekonomiese Bemagtiging
(BBSEB).(4)
2.7 Gee besighede raad oor maniere waarop hulle aan die Wet op Vergoeding vir Beroepsbeserings en
-siektes 1997 (Wet 61 van 1997) kan nakom. (6)
[40]

VRAAG 3: BESIGHEIDSBEDRYWIGHEDE
3.1 Noem enige SES aspekte wat in ‘n indiensnemingskontrak ingesluit moet word. (6)
3.2 Identifiseer die Wet wat deur die menslike hulpbronbestuurder by Agama Bpk. in ELKE stelling hieronder
toegepas is.
3.2.1 Werknemers word toegelaat om by ‘n vakbond van hul keuse aan te sluit.
3.2.2 Hulle verseker dat die werkplek die demografie van die land verteenwoordig.
3.2.3 Werknemers word nie gedwing om oortyd te werk nie.(6)
3.3 Verduidelik die rol van die onderhoudvoerder tydens die onderhoud. (8)
3.4 Onderskei tussen gehaltebeheer en gehalteversekering.(8)
3.5 Lees die scenario hieronder en beantwoord die vraag wat volg.

BROOD EN KOEKIES FABRIEK (BKF)


Brood en Koekies Fabriek is welbekend vir die verkoop van hoë gehalte produkte. BKF doen altyd opnames
om uit te vind oor die ervaring van die kopers wat hul produkte gebruik. BKF is in staat om gehalte
grondstowwe en toerusting te koop wat benodig word vir uitbreiding.

Identifiseer TWEE TGB-elemente wat deur BKF toegepas word. Motiveer jou antwoord deur uit die
scenario hierbo aan te haal.
Gebruik die tabel hieronder as ‘n RIGLYN om VRAAG 3.5 te beantwoord.

TGB-ELEMENT MOTIVERING
1.
2.
(6)
3.6 Stel maniere voor waarop TGB die koste van gehalte kan verminder. (6)
[40]

VRAAG 4: DIVERSE ONDERWERPE


BESIGHEIDSOMGEWINGS
4.1 Noem enige VIER pilare van die Wet op Breë-Basis Swart Ekonomiese Bemagtiging (BBBEE), 2003 (Wet
53 van 2003). (4)
4.2 Lees die scenario hieronder en beantwoord die vrae wat volg.

ANDILE VINNIGE KONTANT (AFK)


Andile Vinnige Kontant stel kontant beskikbaar aan enige persoon, ongeag hul finansiële status.

4.2.1 Identifiseer die Wet wat deur AFK oortree word. (2)
4.2.2 Verduidelik strafmaatreëls wat AFK in die gesig staar vir oortreding van die Wet wat in VRAAG
4.2.1 geïdentifiseer is.(4)
4.3 Identifiseer die element van Porter se Vyf Kragte-model wat deur Denise Ontwerpers in ELKE stelling
hieronder toegepas word:
4.3.1 Denise Ontwerpers koop al hul materiaal by Jasmin Handelaars, wat die enigste verkoper in die
mark is. (2)
4.3.2 Pamela Ontwerpers bied soortgelyke dienste teen billike pryse. (2)
4.3.3 Sommige van hul kliënte gebruik tuisgemaakte produkte aangesien hulle nie meer kan bekostig
om produkte by kleinhandel-winkels te koop nie. (2)
4.4 Bespreek die voordele van diversifikasiestrategieë. (4)

Formele Assesseringstaak Kwartaal 3: Voorbereidende Eksamen Vraestel 1 371

BS GRAAD 12 LB AFR.indb 371 2022/03/27 23:49:04


BESIGHEIDSBEDRYWIGHEDE
4.5 Noem enige VIER bronne van eksterne werwing. (4)
4.6 Lees die scenario hieronder en beantwoord die vraag wat volg.

NADINE ONDERNEMINGS (NE)


Nadine Ondernemings verkoop ‘n verskeidenheid goedere en dienste in verskeie afsetpunte. NO het besluit
om Jan se indiensnemingskontrak te beëindig weens onbevredigende werksprestasie. NO het ook Mpho se
indiensnemingskontrak weens operasionele redes beëindig.

Identifiseer TWEE redes waarom NO Jan en Mpho se indiensnemingskontrakte beëindig het. Motiveer jou
antwoord deur uit die scenario hierbo aan te haal. (6)
REDES VIR DIE BEËINDIGING VAN DIE
MOTIVERING
INDIENSNEMINGSKONTRAKTE
1.
2.

4.7 Verduidelik die voordele van ‘n goeie gehaltebestuurstelsel. (4)


4.8 Gee besighede raad oor die rol van gehaltesirkels as deel van deurlopende verbetering van prosesse en stelsels.
(6)
[40]
TOTAAL AFDELING B [80]

AFDELING C
Beantwoord ENIGE EEN vraag in hierdie afdeling.
LET WEL: Dui die VRAAGNOMMER van elke vraag wat jy kies, duidelik aan. Die antwoord op ELKE vraag moet op
‘n NUWE bladsy begin, bv. VRAAG 5 op ‘n NUWE bladsy OF VRAAG 6 op ‘n NUWE bladsy.

VRAAG 5: BESIGHEIDSOMGEWINGS (WETGEWING)

Die Wet op Vaardigheidsontwikkeling (Nr. 97 van 1998), WVO is ingestel om die vaardighede van mense
in Suid-Afrika te ontwikkel. Die regering het SOOO’s ingestel om die implementering van die Wet op
Vaardigheidsontwikkeling te ondersteun. Besighede moet aan die WVO voldoen om onnodige strafmaatreëls vir
oortreding van hierdie Wet te vermy.

Skryf ‘n opstel oor die Wet op Vaardigheidsontwikkeling waarin jy die volgende aspekte insluit:
• Beskryf kortliks die doel van die Wet op Vaardigheidsontwikkeling.
• Bespreek die rol van SOOO’s in die ondersteuning van die implementering van WVO.
• Evalueer die impak van die WVO op besighede.
• Beveel maniere aan waarop besighede aan die WVO kan voldoen. [40]

VRAAG 6: BESIGHEIDSBEDRYWIGHEDE (MENSLIKE HULPBRONNEFUNKSIE)

Suksesvolle besighede beskryf die posbeskrywing en posspesifikasie duidelik voordat hulle vakante poste adverteer.
Die keuringsprosedure en onderhoudsprosesse stel besighede in staat om die beste mense vir die pos aan te stel.
Hulle bied ook byvoordele om hul werknemers gelukkig en tevrede te hou.

Skryf ‘n opstel oor die menslike hulpbronnefunksie waarin jy die volgende aspekte insluit:
• Beskryf kortliks die verskille tussen posbeskrywing en posspesifikasie
• Verduidelik die keuringsprosedure.
• Bespreek die doel van ‘n onderhoud.
• Gee besighede raad oor die impak van byvoordele. [40]

TOTAAL AFDELING C [40]


GROOTTOTAAL150

372 BESIGHEIDSTUDIES | GRAAD 12

BS GRAAD 12 LB AFR.indb 372 2022/03/27 23:49:04


BESIGHEIDSTUDIES
GRAAD 12
SKOOLGEBASEERDE ASSESSERING (SGA) FORMELE ASSESSERINGSTAAK
KWARTAAL 3
VOORBEELD
VOORBEREIDENDE eksamen vraestel 2
PUNTE: 150 TYD: 2 UUR

INSTRUKSIES EN INLIGTING
Lees die volgende instruksies aandagtig deur voordat die vrae beantwoord word.
1. Hierdie vraestel bestaan uit DRIE afdelings.
AFDELING A: VERPLIGTEND
AFDELING B: Bestaan uit DRIE vrae.
Beantwoord enige TWEE van die drie vrae in hierdie afdeling.
AFDELING C: Bestaan uit TWEE vrae.
Beantwoord enige EEN van die twee vrae in hierdie afdeling.
2. Lees die instruksies vir elke vraag aandagtig deur en neem deeglik kennis van wat vereis word. Let daarop
dat SLEGS die eerste TWEE vrae in AFDELING B en die EERSTE vraag in AFDELING C nagesien sal word.
3. Nommer die antwoorde korrek volgens die nommeringstelsel wat in hierdie vraestel gebruik is. GEEN
punte sal toegeken word vir antwoorde wat verkeerd genommer is NIE.
4. Behalwe waar ander instruksies gegee word, moet antwoorde in volsinne geskryf word.
5. Gebruik die puntetoekenning en aard van elke vraag om die lengte en diepte van ‘n antwoord te bepaal.
6. Gebruik die tabel hieronder as ‘n riglyn vir punte- en tydstoekenning wanneer jy elke vraag beantwoord.

AFDELING VRAAG PUNTE TYD


A Objektiewe tipe vrae 1 30 30 minute
VERPLIGTEND

B DRIE direkte/indirekte tipe vrae 2 40 30 minute


KEUSE (Beantwoord enige TWEE.)
3 40 30 minute
4 40 30 minute

C TWEE opsteltipe vrae 5 40 30 minute


KEUSE (Beantwoord enige EEN.)
6 40 30 minute

TOTAAL 150 120 minute


7. Begin die antwoord op ELKE vraag op ‘n NUWE bladsy, bv. VRAAG 1 – nuwe bladsy, VRAAG 2 – nuwe
bladsy, ens.
8. Jy mag ‘n nie-programmeerbare sakrekenaar gebruik.
9. Skryf netjies en leesbaar.

Hierdie vraestel bestaan ​​uit 5 bladsye.

Formele Assesseringstaak Kwartaal 3: Voorbereidende Eksamen Vraestel 2 373

BS GRAAD 12 LB AFR.indb 373 2022/03/27 23:49:04


Afdeling A (VERPLIGTEND)
VRAAG 1
1.4 Verskeie opsies word as moontlike antwoorde op die volgende vrae gegee. Kies die antwoord en skryf
slegs die letter (A–D) langs die vraagnommer (1.1.1 tot 1.1.5) in die ANTWOORDEBOEK neer, bv. 1.1.6 D.
1.1.1 Besighede gebruik spandinamika-teorieë om … …
A take toe te ken aan spanlede met soortgelyke persoonlikhede.
B take toe ken volgens die rolle van spanlede.
C totale bevrediging te bevorder.
D goeie verhoudings met spanne te vestig.
1.1.2 Die bedrag wat die versekerde moet betaal wanneer ‘n eis ingedien word, staan ​​bekend as ...
A premie.
B rente.
C bybetaling.
D boekwaarde.
1.1.3 Die finansiële bestuurder van Kobbie Handelaars gebruik ... om verkoopsyfers in kolomme aan
die direkteure te vertoon.
A staafgrafieke
B lyngrafieke
C sektordiagramme
D Venn-diagramme
1.1.4 Die … tegniek vereis dat elke werknemer eers stilweg hul idees genereer en dit dan met
kollegas deel.
A Dinkskrum
B Nominale groep-
C Kragveld-ontleding
D Delphi-
1.1.5 Hierdie ondernemingsvorm word gevestig deur ‘n groep mense wat instem om saam te werk
tot hul wedersydse ekonomiese voordeel.
A Koöperasie
B Beslote korporasie
C Maatskappy met persoonlike aanspreeklikheid
D Publieke maatskappy (5 × 2) (10)
1.2 Voltooi die volgende stellings deur die woord(e) in die lys hieronder te gebruik. Skryf slegs die woord(e)
langs die vraagnommer (1.2.1 tot 1.2.5) in die ANTWOORDEBOEK neer.

padongelukke;  ras;  effektetrusts;  privaat maatskappy;  enkelvoudige rente;

taal;   RSA Kleinhandel-spaareffekte;   maatskappy met persoonlike aanspreeklikheid;

saamgestelde rente;  Werkloosheidsversekerings

1.2.1 Zander het sy werk by Saputo Vervaardigers verloor en van die … fonds van die Departement
van Arbeid geëis.
1.2.2 Beata verdien … wat  op die hoofbedrag en opgehoopte rente bereken word.
1.2.3 Nalco Bpk. stel ‘n tolk aan sodat alle werknemers verstaan ​​wat in die vergadering gesê word.
Hulle hanteer ... as ‘n diversiteitskwessie.
1.2.4 As ‘n minimum vereiste het Thembi R1 000 belê in ...
1.2.5 In ‘n …  is die huidige en vorige direkteure gesamentlik en afsonderlik verantwoordelik vir die
maatskappy se skuld. (5 × 2) (10)

374 BESIGHEIDSTUDIES | GRAAD 12

BS GRAAD 12 LB AFR.indb 374 2022/03/27 23:49:04


1.3 Kies ‘n beskrywing uit KOLOM B wat by ‘n term in KOLOM A pas. Skryf slegs die letter (A–J) langs die
vraagnommer (1.3.1 tot 1.3.5) in die ANTWOORDEBOEK neer, bv. 1.3.6 K.

KOLOM A KOLOM B
1.3.1 Versekerbare risiko A verandering in mode
1.3.2 Kreatiewe denke B pryse van goedere in landelike gebiede
1.3.3 Onprofessionele C ontvang vergoeding vir onbetaalde dividende
sakepraktyk D gebruik roetine-metodes om probleme op te los
1.3.4 Belastingontduiking E ‘n werker het die ure wat sy/hy aan ‘n projek gewerk het oordryf
1.3.5 Stigtersaandele F geld in transito
G gebruik nie-roetine metodes om probleme op te los
H misbruik van werktyd
I die besigheid vervals winsmarges op belasting-eisvorms
J ontvang dividende vir die oprigting van ‘n besigheid
 (5 × 2) (10)
TOTAAL AFDELING A: [30]

AFDELING B
Beantwoord ENIGE TWEE vrae in hierdie afdeling.
LET WEL: Dui die VRAAGNOMMER van elke vraag wat jy kies, duidelik aan. Die antwoord op ELKE vraag moet op
‘n NUWE bladsy begin, bv. VRAAG 2 op ‘n NUWE bladsy, VRAAG 3 op ‘n NUWE bladsy. .

VRAAG 2: BESIGHEIDSGELEENTHEDE
2.1 Noem enige VIER beginsels van versekering. (4)
2.2 Identifiseer die tipe beleggings van Nana Ondernemings in ELK van die volgende stellings.
2.2.1 Nana Ondernemings het R40 000 vir 3 jaar by BNF Bank belê teen ‘n rentekoers van 7% in ‘n
konserwatiewe belegging.
2.2.2 Nana Ondernemings het ‘n portefeuljebestuurder gevra om R20 000 saam met ander beleggers
in voorkeur-aandele te belê. (4)
2.3 Beskryf die funksies van die Johannesburgse Effektebeurs (JSE)(6)
2.4 Verduidelik die voordele van versekering vir besighede.  (6)
2.5 Lees die scenario hieronder en beantwoord die vrae wat volg.
SYS SKOEN VERVAARDIGERS (SSV)
Tashreeq, die finansiële bestuurder van Sys Skoen Vervaardigers moet ‘n voorlegging aan die aandeelhouers
by die AJV doen. Hy sal sy gehoor afskrifte van sy aanbieding aan die einde van die aanbieding gee. Hy het
ook besluit om visuele hulpmiddels te gebruik wat maklik met die aanraking van ’n vinger beheer kan word.

2.5.1 Identifiseer TWEE visuele hulpmiddels wat deur Tashreeq gebruik word. Motiveer jou antwoord
deur uit die scenario hierbo aan te haal.

VISUELE HULPMIDDELS MOTIVERING


1.
2.
(6)
2.5.2 Gee Tashreeq raad oor hoe om na die aanbieding op ‘n nie-aggressiewe en professionele wyse
op vrae te reageer. (6)
2.6 Verduidelik hoe die volgende faktore kan bydra tot die sukses en/of mislukking van ‘n  vennootskap:
2.6.1 Bestuur (4)
2.6.2 Kapitaal (4)
[40]

Formele Assesseringstaak Kwartaal 3: Voorbereidende Eksamen Vraestel 2 375

BS GRAAD 12 LB AFR.indb 375 2022/03/27 23:49:04


VRAAG 3: BESIGHEIDSROLLE
3.1 Beskryf kortliks enige TWEE ekonomiese regte van werknemers in die werkplek. (4)
3.2 Identifiseer die volgende menseregte wat in Roberto Onderdele Winkel in ELKE Verklaring hieronder
toegepas word.
3.2.1 Roberto behandel al sy werknemers dieselfde ongeag hul sosio-ekonomiese status.
3.2.2 Werknemers kan hul griewe op bring sonder vrees vir viktimisering.
3.2.3 Werknemers werk in ‘n veilige werksomgewing wat vry is van gevaarlike produkte. (6)
3.3 Verduidelik die verskil tussen etiese gedrag en professionele gedrag.(4)
3.4 Stel maniere voor waarop besighede moeilike werknemers in die werkplek kan hanteer.  (8)
3.5 Lees die scenario hieronder en beantwoord die vrae wat volg.
TSEPO HANDELAARS (TH)
Die bestuur van Tsepo Handelaars het Thandi aangestel om aan hul advertensieveldtog-projek te werk.
Thandi het Johan, Mohammed, Elise en Chantelle versoek om by haar aan te sluit by die projek. Thandi gee
krediet aan lede vir hul positiewe bydraes. Sy verseker ook dat alle spanlede aan besluitneming deelneem.

Identifiseer TWEE kriteria vir suksesvolle spanprestasie wat deur Thandi toegepas word. Motiveer jou
antwoord deur uit die scenario hierbo aan te haal.

Gebruik die tabel hieronder as ‘n RIGLYN om VRAAG 3.5 te beantwoord.

KRITERIA MOTIVERING
1.
2.
(6)
3.6 Verduidelik maniere waarop besighede geslag as ‘n diversiteitskwessie in die werkplek kan hanteer. (6)
3.7 Bespreek die impak van die Kragveld-ontleding as ‘n probleemoplossingstegniek. (6)
[40]
VRAAG 4: DIVERSE ONDERWERPE
BESIGHEIDSGELEENTHEDE
4.1 Noem enige VIER tipes voorkeuraandele. (4)
4.2 Lees die scenario hieronder en beantwoord die vraag wat volg.

ABBY BPK (AB)


Abby BPK het hul voorraad vir R5 000 verseker terwyl die werklike waarde R8 000 is. Die voorraad het aan
die brand geslaan en skade van R4 000 tot gevolg gehad.

4.2.1 Noem die versekeringsklousule wat van toepassing op AB is in die scenario hierbo. (2)
4.2.2 Bereken die bedrag wat AB as vergoeding van die versekeraar behoort te ontvang. Toon alle
bewerkings.(4)
4.3 Verduidelik die verskil tussen beperkte aanspreeklikheid en onbeperkte aanspreeklikheid. (4)
4.4 Gee raad aan aanbieders oor die aspekte wat in ag geneem moet word wanneer ‘n multimedia-
aanbieding saamgestel word..  (6)

BESIGHEIDSROLLE
4.5 Noem enige VIER stadiums van spanontwikkeling.  (4)
4.6 Lees die scenario hieronder en beantwoord die vraag wat volg.

FARIED KONSTRUKSIE BEPERK (FKB)


Faried Konstruksie Beperk spesialiseer in die bou van besigheidspersele en woonhuise. Die bestuur van FKB
verseker dat hul werknemers en aandeelhouers bewus is van die maatskappy se indiensnemingsbeleid.
Hulle verseker ook dat gereelde kommunikasie tussen bestuur en belanghebbendes plaasvind. Die bestuur
van FKB voer altyd besigheidsaktiwiteite professioneel, verantwoordelik en eties uit.

376 BESIGHEIDSTUDIES | GRAAD 12

BS GRAAD 12 LB AFR.indb 376 2022/03/27 23:49:05


4.6.1 Identifiseer TWEE King-Kode beginsels vir goeie korporatiewe bestuur wat deur FKB toegepas word.
Motiveer jou antwoord deur uit die scenario op die vorige bladsy aan te haal.
Gebruik die tabel hieronder as ‘n RIGLYN om VRAAG 4.6.1 te beantwoord.

KING-KODE BEGINSELS MOTIVERING


1.
2.
(6)
4.6.2 Verduidelik maniere waarop professionele, verantwoordelike, etiese en effektiewe
sakepraktyke uitgevoer behoort te word.. (4)
4.7 Beveel strategieë aan wat besighede kan gebruik om die omgewing en menslike gesondheid te
beskerm..(6)
[40]
TOTAAL AFDELING B: [80]

AFDELING C
Beantwoord ENIGE EEN vraag in hierdie afdeling.
LET WEL: Dui die VRAAGNOMMER van elke vraag wat jy kies, duidelik aan. Die antwoord op ELKE vraag moet op
‘n NUWE bladsy begin, bv. VRAAG 5 op ‘n NUWE bladsy OF VRAAG 6 op ‘n NUWE bladsy.

VRAAG 5: BESIGHEIDSGELEENTHEDE (BESTUUR EN LEIERSKAP)

Suksesvolle besighede het goeie leiers en bestuurders wat van voor af lei. Baie mense stem saam dat leiers met
‘n positiewe ingesteldheid die besigheidsdoelwitte bereik. Uitstekende leiers volg ‘n situasionele leierskapsteorie
as ‘n riglyn oor hoe om mense te lei en te bestuur. Ander leiers verkies die Laissez-Faire leierskapstyl om hul
volgelinge te lei.

Skryf ‘n opstel oor bestuur en leierskap waarin jy die volgende aspekte insluit:
• Beskryf kortliks die verskille tussen bestuur en leierskap.
• Verduidelik die rol van persoonlike ingesteldheid in suksesvolle leierskap.
• Bespreek die situasionele leierskapsteorie.
• Gee raad aan besighede oor die impak van die Laissez-Faire leierskapstyl op besighede. [40]

VRAAG 6: BESIGHEIDSROLLE

Daar word van sakeondernemings verwag om hul maatskaplike verantwoordelikhede na te kom deur
korporatiewe maatskaplike verantwoordelikheid (KMV). Besighede moet goed vertroud wees met die verhouding
tussen maatskaplike verantwoordelikheid en die drievoudige sleutelaspekte (DSA). Daar word ook van hulle
verwag om tyd en moeite by te dra om die welstand van hul werknemers te verbeter.

Skryf ‘n opstel oor maatskaplike verantwoordelikheid en korporatiewe maatskaplike verantwoordelikheid


waarin jy die volgende aspekte insluit:
• Beskryf kortliks die doel van korporatiewe maatskaplike verantwoordelikheid.
• Verduidelik die verhouding tussen maatskaplike verantwoordelikheid en die drievoudige-sleutelaspekte.
• Ontleed die impak van KMV op besighede.
• Beveel maniere aan waarop besighede tyd en moeite kan bydra om die welstand van hul werknemers te
verbeter. [40]

TOTAAL AFDELING C [40]


GROOTTOTAAL[150]

Formele Assesseringstaak Kwartaal 3: Voorbereidende Eksamen Vraestel 2 377

BS GRAAD 12 LB AFR.indb 377 2022/03/27 23:49:05


WOORDELYS Besigheidspraktyk die prosedures/reëls wat ‘n besigheid volg in die
nastrewing van hul doelwitte.
Besluitneming in hierdie stap moet die besluitnemer(s) verskeie
alternatiewe oorweeg voordat hulle op die beste een besluit.
Bespoedig om iets vinnig te voltooi.
Bestorming stadium van spanontwikkeling waartydens spanlede
A mekaar teëstaan/daar heelwat konflik in die span is.
Aanbieding die daad om inligting of data aan ‘n gehoor in ‘n Billikheid gelyke en regverdige behandeling in die werkplek/
organisasie te kommunikeer. samelewing.
Aandeel ‘n deel van die eienaarskap in ‘n maatskappy. Boekwaarde die koopprys van ‘n bate, min waardevermindering.
Aandele stel beleggers in staat om ‘n gedeelde eienaarskap van ‘n Byvoordele voordele wat verskaf word deur die besigheid aan
maatskappy te verkry. werknemers bykomend tot hul salarisse.
Aansoeker/kandidaat die persoon wat die vrae tydens die
onderhoud beantwoord.
C
Charismatiese leierskapstyl die leier gebruik charisma en sjarme
Aanspreeklikheid om aan ander aanspreeklik te wees vir besluite
om werknemers te beïnvloed.
wat geneem word.
Curriculum Vitae (CV) ‘n kort opsomming van die opleiding,
Administrasie-intensief die implementering van die Wet behels
kwalifikasies, ondervinding, vaardighede, vorige beroepe en
groot hoeveelhede papierwerk en administrasie
spesiale persoonlikheidseienskappe van ‘n individu wat gebruik
Aflegging die besigheid beëindig die indiensnemingskontrakte van
word wanneer vir werk aansoek gedoen word.
werknemers vir operasionele/strukturele/ herstruktureringsredes.
Aksieplan ‘n plan wat al die stappe toon wat nodig is om ‘n D
spesifieke doelwit te bereik. Data-respons die interpretasie en ontleding van inligting wat
Algemene Jaarvergadering (AJV) ‘n Vergadering van ‘n verskaf is.
maatskappy wat deur al die aandeelhouers bygewoon word wat Defensiewe strategieë die besigheid gebruik defensiewe strategieë
een keer per jaar plaasvind. om die bestaan/oorlewing/bedrywighede van die besigheid teen
Arbeidsappèlhof kan enige beslissing/bevele wat deur die mededingers te verdedig gedurende tye van finansiële teëspoed
Arbeidshof gemaak is omkeer/wysig. of onrus.
Arbeidshof besleg arbeidsgeskille wat nie deur die KVBA opgelos Delegeer take word deur die leier aan ondergeskiktes oorgedra.
kan word nie Demokratiese leierskapstyl werknemers word uitgenooi om deel te
wees in die besluitnemingsproses.
B Deurlopende verbetering van prosesse en stelsels die vermoë/
Bankrotskap verwys na ‘n besigheid wat nie in staat is om sy
toewyding van die besigheid om deurlopende verbetering aan te
krediteure terug te betaal nie.
bring in die manier waarop produksie-aktiwiteite uitgevoer word
BBSEB-gradering meet ‘n besigheid se voldoening aan BBSEB
en/of aan die stelsel/metode waarvolgens dit gedoen word.
en ‘n sertifikaat word aan die besigheid uitgereik wat hul
Dienste ‘n aksie of uitvoering van ontasbare aktiwiteite wat deur een
BBSEB-gradering stipuleer.
party aan ‘n ander aangebied word.
BBSEB-telkaarte meet ‘n besigheid se voldoening/nakoming aan
Direkteure persone wat deur die aandeelhouers tot die bestuur
BBSEB en ‘n sertifikaat word aan die besigheid uitgereik wat hul
van ‘n maatskappy verkies word om die aandeelhouers se belange
BBSEB-gradering stipuleer.
te verteenwoordig.
Bedingingsrade onderhandelinge tussen vakbondverteenwoordigers
Diskriminasie die opsetlike onregverdige/vooroordeel/differensiële
en werkgewersorganisasies oor arbeidsverwante kwessies soos
behandeling van mense/sosiale groepe op grond van ras/
aandrang op hoër lone of verbeterde werksomstandighede.
ouderdom/geslag/seksuele oriëntasie/gestremdheid/geloof.
Bedreiging van plaasvervangers die gemak waarmee die
Diskriminerende die optrede om benadeelde/rassige (en ander)
produk of diens van die besigheid vervang kan word deur ‘n
onderskeidings tussen mense te maak
goedkoper alternatief.
Diversifikasiestrategieë word gebruik om sakebedrywighede uit te
Bedryfsanalise-instrument ‘n spesifieke hulpmiddel/tegniek/
brei deur produkte, dienste, markte, en produksie stadiums van die
metode/proses wat deur ‘n besigheid gebruik word om ‘n bepaalde
bestaande besigheid by nuwe markte/marksegmente by te voeg.
of verskillende besigheidsomgewings te ontleed.
Dividende ‘n bedrag geld wat ‘n maatskappy uit sy winste aan sy
Beëindiging die einde van ‘n belegging.
aandeelhouers betaal.
Belanghebbendes enige persoon of organisasie wat ‘n direkte of
indirekte belang in die besigheid en hul aktiwiteite het. E
Beleggers die persone/instansies wat geld spaar/beskikbaar stel met Eensydig optredes wat deur een party uitgevoer word sonder die
die verwagting om wins/opbrengs daarop te maak. instemming van die ander party.
Belegging die proses om geld vir wins te spaar. Ekonomiese regte die regte wat elke persoon moet hê om
Beperkte aanspreeklikheid – By insolvensie van ‘n besigheid, word ekonomies aktief te wees en volgens sekere wette en regulasies in
verliese vir die eienaars beperk tot die bedrag wat hulle in die die werkplek behandel te word.
besigheid belê het. Eksterne werwing proses om potensiële kandidate vir sekere
Besigheidsektore die verskillende kategorieë sakeondernemings beskikbare poste van buite die besigheid te verkry.
wat gebaseer is op die tipe besigheid/produksie-aktiwiteit wat Emissies/Vrystellings skadelike stowwe wat tydens
uitgevoer word. produksieprosesse vrygestel word.
Besigheidsetiek die stel waardes van ‘n besigheid, vertoon deur die Eskalasie om meer te word/toe te neem in intensiteit.
bestuurders, uitvoerende bestuur en werknemers. Hierdie waardes Etiese gedrag Optredes wat volgens ‘n stel waardes wat moreel
moet moreel aanvaarbaar wees deur die samelewing, en binne aanvaarbaar in die samelewing is.
vasgestelde besigheidskodes.

378 BESIGHEIDSTUDIES | GRAAD 12

BS GRAAD 12 LB AFR.indb 378 2022/03/27 23:49:05


F I
Filantropies dade wat daarop gemik is om ander en hul Indiensnemingskontrak ‘n wetlik bindende ooreenkoms tussen die
omstandighede op te hef werkgewer en die werknemer.
Funksionaliteite verskillende gebruike wat deur die spesifieke Induksie sluit inleidende opleiding/bekendstelling van nuwe werkers
visuele hulpmiddel aangebied word. aan die werkplek/organisasie in wat waardevolle inligting oor
produkte/dienste/prosesse/prosedures/beleide/onmiddellike span
G en bestuur insluit.
Gedagterevolusie ‘n beduidende verandering/ transformasie Inisiatief implementering van oplossings vir nuwe of belangrike
na bestaande idees/persepsies/ oortuigings en die effektiewe planne wat deur die besigheid onderneem en bestuur is.
toepassing daarvan. Innoverend dit is wanneer verskillende nuwe idees gebruik word
Gedragskode ‘n dokument wat aanvaarbare gedrag in die besigheid om iets unieks te skep of ‘n nuwe oplossing vir dieselfde probleem
stel. Almal in die besigheid moet volgens hierdie beginsels optree. te skep.
Gehalte/Kwaliteit die vermoë van ‘n produk/diens om spesifieke Integrasie-strategieë gebruik deur besighede om beheer oor
behoeftes van verbruikers te bevredig. verskaffers/verspreiders/mededingers te verkry.
Gehaltebeheer ‘n stelsel wat verseker dat daar aan die verlangde integreer om verskillende veranderlikes/faktore op die vereiste tye
gehalte voldoen word deur die finale produk te inspekteer om te effektief te kombineer
verseker dat dit aan die vereiste standaarde voldoen. Intensiewe kragtige/deeglike/ ernstige/gekonsentreerde pogings/
Gehaltebeheerstelsels ‘n gehaltebeheerstelsel is ‘n raamwerk wat optredes wat deur die besigheid toegepas word.
‘n besigheid gebruik om sleutel-organisasieprosesse te bestuur. Intensiewe strategieë vereis intensiewe pogings van die besigheid
Gehaltebestuur die proses van die bestuur van alle aktiwiteite wat om hul mededingende voordeel/posisie met bestaande of nuwe
nodig is om te verseker dat ‘n besigheid produkte/dienste van produkte in die mark te verbeter, gemik op die winsgewendheid
konstant hoë standaarde produseer. van die besigheid te verhoog/verbeter.
Gehalteprestasie die totale prestasie van elke afdeling gemeet aan Interaktiewe witborde elektroniese witborde waarop beelde
die gespesifiseerde standaarde. vanaf ‘n rekenaarskerm deur die aanbieder vertoon en verander
Gehaltesirkels ‘n groep werknemers met ‘n verskeidenheid kan word.
vaardighede en ondervinding wat saamkom om probleme op te los Interne werwing proses om potensiële kandidate vir sekere
wat verband hou met gehalte/om verbeterings te implementeer. beskikbare poste van binne die besigheid te verkry.
Gehalteversekering kontrole wat tydens en na die produksieproses Interpersoonlike gedrag die manier waarop mense in ‘n groep
uitgevoer word. teenoor mekaar reageer.
Gelyke indiensnemingsplan ‘n dokument wat uiteensit hoe Interpersoonlike gesindheid houding teenoor mekaar in groep.
die onderneming van voorneme is om diensbillikheid oor vyf jaar
te bereik. J
Gelykheid gelyke indiensnemingspraktyke, sonder enige Johannesburgse Effektebeurs (JSE) die mark wat handel oor die
diskriminasie. Almal is geregtig op gelyke regte, status, koop en verkoop van aandele in genoteerde maatskappye.
voordele, ens.
Gepromulgeer om wetgewing in die parlement aan te neem sodat K
dit ‘n amptelike wet in Suid-Afrika word Kapitaalmark/effektemark die finansiële mark waarin langtermyn-
Geskil ‘n argument/onenigheid tussen mense/groepe mense in skuldeffekte gekoop en verkoop word.
die werkplek. Keuring die uitkies/keuse van ‘n gekwalifiseerde kandidaat vir ‘n
Gestremdheid ‘n fisiese of geestelike toestand wat ‘n persoon se beskikbare pos gebaseer op die vereistes van posontleding.
bewegings, sintuie of aktiwiteite beperk. Keuringsprosedure die proses wat gevolg moet word voordat
Grief klagte deur ‘n werknemer teen die werkgewer of ‘n aanstellings gemaak word.
medewerker. Kollektiewe bedinging die proses om arbeidsgeskille gesamentlik
Groepsdenke die psigologiese verskynsel om besluite as ‘n groep te tussen vakbondverteenwoordigers en werkgewersorganisasies aan
neem, wat lei tot onbetwiste besluitneming. te spreek en op te los.
Kollektiewe ooreenkoms ‘n Ooreenkoms aangegaan tussen ‘n
H vakbond en ‘n werkgewersorganisasie oor die diensvoorwaardes
Hartlik om iets op ‘n vriendelike manier te doen. vir spesifieke aangeleenthede.
Heersende bestaan op ‘n bepaalde tydperk.  Konflik onenigheid tussen twee of meer werknemers.
Heffings oplegging/invordering van geld deur die regering, Konglomerasie-diversifikasie die besigheid voeg nuwe produkte of
gewoonlik in die vorm van belasting. dienste by wat nie met bestaande produkte verband hou nie, wat
Hindernisse obstruksies wat kan verhoed dat iets gebeur. by nuwe groepe kliënte kan aanklank vind.
Hindernisse van nuwe toetreders tot die mark die bestaande Konsentriese diversifikasie die besigheid voeg nuwe produkte/
obstruksies wat nuwe toetreders verhoed om die mark suksesvol dienste by wat verband hou met bestaande/huidige produkte/
te betree. dienste, maar sal byval vind by nuwe kliënte/verbruikers.
Hiperskakels ‘n skakel van een dokument na die inhoud van ‘n Kontinuïteit verwys na die vermoë van die onderneming om te bly
ander dokument. voortbestaan ​​selfs al vind ‘n verandering van eienaarskap plaas.
Horisontale diversifikasie die besigheid voeg nuwe produkte/ Kontrasteer die proses om die verskille tussen twee faktore of
dienste by wat nie met bestaande/huidige produkte verband veranderlikes aan te toon.
hou nie, maar wat by bestaande/huidige kliënte/verbruikers kan koopkrag verwys na die aantal goedere wat die geldeenheid van ‘n
aanklank vind. land kan koop
Horisontale integrasie die besigheid neem beheer oor/inkorporeer/ Kopers die verbruikers of kliënte wat goedere en dienste van die
smelt saam met ander besighede in dieselfde/verwante bedryf wat besigheid aankoop.
dieselfde/soortgelyke produkte produseer/verkoop. Kopiereg die wettige reg op die eienaar van ‘n oorspronklike skepping

WOORDELYS 379

BS GRAAD 12 LB AFR.indb 379 2022/03/27 23:49:05


Korporatiewe bestuur die uitoefening van etiese en effektiewe Markwaarde die bedrag geld waarteen die bate/besitting verkoop
leierskap deur die individue wat verantwoordelik is vir die bestuur kan word.
van die besigheid. Daar word van hulle verwag om goeie prestasie, Mate van beheer die mate van beheer wat die besigheid oor die
effektiewe beheer, volhoubaarheid en winsgewendheid te bereik. spesifieke besigheidsomgewing het.
Korporatiewe Maatskaplike Investering (KMI) die belegging Mededingende intensiteit die mate van mededinging binne die
van korporatiewe fondse/ander bates vir die kern doel om sosiale mark/bedryf. 
uitkomste te bereik. Mededingende krag die krag van die besigheid in die konteks van
Korporatiewe Maatskaplike Verantwoordelikheid (KMV) hoe die mededinging in verhouding met ander mededingende besighede
besigheid hul prosesse bestuur, insluitend tyd en moeite, om al die binne die mark/bedryf. 
belanghebbendes van die besigheid positief te beïnvloed. Mededingende posisie die posisie van die besigheid word gemeet
Korttermynbelegging belegging vir minder as een jaar. aan die mededingende besighede binne die mark/bedryf.
Krag van kopers die vermoë van kopers om die besigheid te Mededingers mededingende besighede wat soortgelyke of identiese
beïnvloed om die prys van die produk/diens te verlaag/daal. produkte aan die kliënte van jou (die) besigheid verkoop.
Krag van mededingers die mate/hoeveelheid van krag van Mededingersprofiel die sistematiese insameling van data van ‘n
bestaande/huidige mededingers binne die mark. mededinger wat die besigheid gebruik om hul mededingende
Krag van verskaffers die vermoë van verskaffers om die prys van die posisie te verbeter.
verskafde produk/diens te verhoog. Menseregte die basiese regte wat almal het omdat hulle mense is,
Kreatiewe denke dit is die vermoë om na dieselfde scenario/ ongeag hul geslag/ras/nasionaliteit of enige ander status.
uitdaging te kyk en met oorspronklike, nuwe innoverende idees/ Metodologie ‘n sistematiese/ opeenvolgende proses om ‘n bepaalde
oplossings vorendag te kom. aktiwiteit uit te voer.
Kredietverskaffers besighede wat goedere en dienste op krediet Mikro-omgewing die besigheid self, gekenmerk deur al die prosesse/
verkoop/kredietaankope-opsies aanbied/kredietfasiliteite/ funksies/faktore binne die besigheid.
kredietprodukte aan kliënte verskaf. Minimumloon die laagste loonvlak wat deur die wet toegelaat word.
Kronisme om poste, bevorderings of geleenthede aan vriende te Monitering en evaluering van gehalteprosesse die effektiewe
verskaf, maar hierdie persone is nie vir die poste gekwalifiseer nie implementering van TGB vereis monitering en evaluering van
Kulturele regte die reg om die idees, gebruike en sosiale gedrag van kwaliteit prosesse deur die hele besigheid.
‘n bepaalde groep of samelewing uit te oefen. Monopolie gekenmerk deur een besigheid wat ‘n unieke produk
KVBA ‘n onafhanklike ‘n liggaam vir die oplossing van geskille wat verkoop en die mark oorheers
samewerking en vrede bevorder. Multimedia-aanbieding om klank en video effektief in ‘n
aanbieding te kombineer. 
J
Laissez-faire/Vrye-teuels leierskapstyl die leier laat werknemers N
wat ervare, betroubaar en vertroubaar is toe om besluite te neem in Nakomingsbevel/ voldoeningsbevel ‘n dokument uitgereik deur
die nastrewing van die organisasie se doelwitte. ‘n geregshof aan ‘n besigheid wat die besigheid dwing om aan ‘n
Langtermynbelegging die duur/tydperk van die belegging is meer spesifieke aspek van ‘n wetgewing/beslissing te voldoen.
as drie jaar. Nasionale Kredietreguleerder (NKR) die regulerende liggaam wat
Leerlingskappe teoretiese/praktiese opleidingsgeleenthede wat lei die NKW toepas, verbruikers oor hul regte opvoed, nakoming van
tot ‘n erkende beroepskwalifikasie. die NKW verseker en die kredietbedryf monitor en administreer.
leesbaar teks wat duidelik is om te lees. Nepotisme om poste, bevorderings of geleenthede aan familie
Leiers en volgelinge teorie volgelinge volg die instruksies van die te verskaf, maar hierdie familielede is nie vir die poste
leier in hierdie leierskap teorie. gekwalifiseer nie.
Leierskapstyle verwys na die verskillende metodologieë wat leiers Nie-verbale aanbieding ‘n aanbieding van inligting aan ‘n gehoor
gebruik om rigting en leiding aan werknemers te gee. sonder om gesproke woorde te gebruik.
Leierskapsteorieë lei leiers oor die verskillende leierskapstyle wat Nie-verpligte versekering opsionele versekering teen
toegepas en gebruik kan word. gespesifiseerde verliese wat mag of nie mag voorkom nie.
Likwidasie die besigheid verkoop alle bates om krediteure te betaal Normering/Stel van norme stadium van ontwikkeling waartydens
weens ‘n gebrek aan kapitaal/die onvermoë om krediteure terug te spanlede in harmonie met mekaar werk.
betaal/bankrotskap. Nuwe toetreders nuwe besighede wat die mark/bedryf betree.
Likwidasie die verkoop van die bates van ‘n maatskappy om NVK die primêre reguleerder van verbruiker-en-besigheid interaksies
krediteure te betaal. in Suid-Afrika en is gestig om die ekonomiese welsyn van
verbruikers te bevorder en te verseker.
M Nywerheid-afswaai die algemene verlangsaming in
Makro-omgewing eksterne onbeheerbare faktore/kragte buite besigheidsaktiwiteite binne ‘n sekere bedryf/mark hoofsaaklik as
die besigheid. gevolg van ‘n afname in verkope.
Markaandeel die gedeelte van die mark/kliënte waaraan die
besigheid produkte/dienste verkoop. O
Markomgewing komponente/elemente/faktore onmiddellik buite Ombudsman ‘n staatsamptenaar wat verantwoordelik is vir die
die besigheid. ondersoek van klagtes van private burgers/lede van die publiek wat
Markontwikkeling die besigheid gebruik hierdie groeistrategie teen besighede/organisasies/regering gemaak is.
om hul bestaande/huidige produkte in nuwe markte/geografiese Omgaan om aktief met ander te werk.
gebiede te verkoop. Onbeperkte aanspreeklikheid – Daar kan beslag gelê word
Markpenetrasie die besigheid fokus op die verkoop van bestaande/ op persoonlike bates van die eienaars om vir die skuld van die
huidige produkte in die bestaande/huidige mark om hul besigheid te betaal.
markaandeel te vergroot. Onderhoud ‘n formele vergadering waar inligting tussen die
onderhoudvoerder en die kandidaat/aansoeker uitgeruil word.

380 BESIGHEIDSTUDIES | GRAAD 12

BS GRAAD 12 LB AFR.indb 380 2022/03/27 23:49:05


Onderhoudvoerder individu/bestuurder wat verantwoordelik is vir Probleemoplossingstegniek die metode wat gebruik word om
die vra van vrae tydens die voer van die onderhoud. komplekse besigheidsverwante probleme op te los.
Ondernemingsvorm verwys na die regsposisie van die besigheid en Produkontwikkeling die besigheid gebruik hierdie groeistrategie om
die manier waarop dit besit word. nuwe produkte in bestaande/huidige markte bekend te stel.
Onderversekering dit vind plaas in die versekeringsbedryf as ‘n Professionalisme beskryf die internasionaal aanvaarde standaarde
individu/besigheid bates/besittings verseker vir ‘n bedrag geld wat en verwagtinge wat besighede en die samelewing van mense se
minder is as die markwaarde van die bates/besittings. gedrag en vlakke van bevoegdheid in die werkplek het. Dit is ‘n
Onetiese praktyke wanneer die besigheid optree met ‘n ander stel breër konsep as etiek en sluit aspekte in soos voorkoms, gesindheid,
waardes van wat moreel aanvaarbaar is. lojaliteit, ens.
Ongeregtighede onregverdige optrede wat menseregte skend. Prysoorlog ‘n mededingende strategie wat deur ‘n besigheid
Onprofessionele praktyke wanneer mense/die besigheid nie binne gebruik word om pryse doelgerig te verlaag om die vermoë van
die aanvaarde standaarde en verwagtings optree nie, is dit deel van mededingers te verminder om laer pryse te vra en sodoende
onprofessionele praktyke. mededingers uit die bedryf te dryf in ‘n poging om kliënte te verkry
Ontbinding/Routydperk stadium van ontwikkeling waarin die en te behou.
projek geëindig het.
Ontbondeling die besigheid verkoop sommige bates of afdelings wat R
nie meer winsgewend, produktief, funksioneel of relevant is nie. Regspersoonlikheid/regsentiteit die maatskappy bestaan ​​nie fisies
Onvermydelik toestande wat moet gebeur. as ‘n persoon nie, maar tree op as ‘n regspersoon wat ‘n kontrak
Oorbodig nie meer nodig of funksioneel nie. kan aangaan en sluit, ‘n persoon of ‘n ander maatskappy kan
Oorversekering dit vind plaas in die versekeringsbedryf as ‘n dagvaar, en gedagvaar kan word.
besigheid bates en besittings verseker vir ‘n bedrag wat hoër is as Regstellende aksie die beleid en proses om voorkeure in
die markwaarde daarvan. werksgeleenthede aan voorheen benadeelde mense te verskaf
Openbare aanspreeklikheid Skade wat deur sakebedrywighede aan Regstellende aksi  die beleid en proses om voorkeure in
die publiek veroorsaak word. werksgeleenthede aan voorheen benadeelde mense te verskaf.
Operasionele redes besluite word deur die besigheid geneem Regstelling om die ongeregtighede/skendings van apartheid aan
om te verseker dat gereelde/ huidige/ bestaande bedrywighede te spreek 
kan voortbestaan. Rente die bedrag geld wat ‘n belegger verdien in ruil vir hul
Oudit die proses wat bestaan om​​ die finansiële rekeninge van die belegging.
onderneming te ondersoek en te verifieer. Respek beleefde gedrag teenoor of omgee vir iemand/iets wat jy
Outokratiese leierskapstyl werknemers is nie betrokke by die dink belangrik is. Dit is wanneer jy iemand/iets met ordentlikheid of
besluitnemingsproses nie. bedagsaamheid behandel.
Risiko die moontlikheid dat verliese/skade/besering mag voorkom./
P onsekerheid van verliese eerder as verwagte wins uit ‘n belegging.
Personeelomset die koers waarteen werknemers die maatskappy Roofwerwing om ‘n spesifieke kandidaat te identifiseer en te
verlaat en deur nuwe werknemers vervang word. nader wat kenmerkende eienskappe vir ‘n pos het (In Engels –
Persoonlike ingesteldheid/houding ‘n individu se emosionele, headhunting)
sielkundige en fisiese reaksies op gebeure wat hul prestasies
beïnvloed. S
PESTWO-analise ‘n bedryfsontleding-instrument wat gebruik word Samewerking die proses om saam te werk om soortgelyke doelwitte
om die faktore in die eksterne omgewing (makro-omgewing) wat te bereik.
die besigheid kan beïnvloed, te identifiseer en te evalueer. Sekondêre sektor fokus op die vervaardiging/verwerking/
Plaasvervangers produkte goedkoper alternatiewe wat deur omskakeling/transformasie van natuurlike hulpbronne/
verbruikers gebruik word. grondstowwe in semi-finale/finale produkte.
Plasing geselekteerde kandidate word aangestel/geposisioneer Sekuriteit ‘n bate wat gewaarborg word deur die persoon wat
waar hulle optimaal sal funksioneer en waarde tot die besigheid befondsing benodig, wat die finansiële instelling beskerming
sal toevoeg. bied indien die lener nie in ‘n posisie is om ‘n lening/skuld terug
Portefeulje verskillende beleggingsopsies van ‘n belegger. te betaal nie.
Porter se Vyf Kragte-model gebaseer op die rasionaal dat vyf Situasionele leierskapsteorie in hierdie leierskapsteorie pas die
kragte die mededingende krag/posisie van die besigheid binne die leier verskillende leierskapstyle toe na gelang van verskillende
mark/bedryf bepaal/beïnvloed. situasies.
Posbeskrywing beskryf pligte/verantwoordelikhede van ‘n Skuldberaders verskaf professionele advies/berading en
spesifieke pos. terugbetalings-opsies aan private burgers/lede van die publiek/
Posontleding ‘n hulpmiddel wat deur die menslike hulpbronfunksie besighede/organisasies wat te veel skuld het.
gebruik word om inligting oor die onderneming se arbeidsmag te SOOO’s (SETAs) ‘n opleidingsorganisasie vir beroepsvaardigheid in
bekom en te ontleed, sodat hulle die regte persoon in die regte pos Suid-Afrika wat leerlingskappe, internskappe en vakleerlingskappe
kan plaas en dit bestaan ​​uit die posbeskrywing en posspesifikasie. binne hul jurisdiksie identifiseer/beskryf/bestuur en skep.
Posspesifikasie beskryf die minimum aanvaarbare persoonlike Sosiale regte die reg van mense op welsyn en maatskaplike
eienskappe/vaardighede/ kwalifikasies wat nodig is vir die pos. voordele.
Premie die bedrag geld wat die versekerde aan die versekeraar Sosiale verantwoordelikheid ‘n etiese standpunt wat sê dat elke
moet betaal. individu/organisasie die samelewing as geheel moet bevoordeel.
Primêre sektor onttrek/ontgin/versamel/oes natuurlike hulpbronne/ Sosiale Verantwoordelikheidsindeks (SVI) maak voorsiening
grondstowwe uit die aarde. vir die maatstaf van KMV/KMI-voldoening van maatskappye wat
Probleemoplossing die proses om die feite in te samel wat nodig is bestuurders help om hul KMV/KMI-prestasie te verbeter. Dit is ‘n
om ‘n spesifieke uitdaging te oorkom. indeks wat deur die JSE gebruik word om beleggers in te lig oor die
korporatiewe volhoubaarheidsbeleid en -praktyke van besighede.

WOORDELYS 381

BS GRAAD 12 LB AFR.indb 381 2022/03/27 23:49:05


Spandinamika emosionele kragte wat die gedrag van ‘n span en die V
manier waarop die span hul doelwitte bereik, beïnvloed. Vaste koers die rentekoers bly dieselfde vir die duur van die
Spanwerk die gewilligheid van ‘n groep mense om saam te werk in beleggingstydperk.
die nastrewing van ‘n gemeenskaplike doelwit. Vennootskapsooreenkoms ‘n dokument wat die inligting bevat
Spontaan iets gebeur as ‘n skielike impuls sonder voorafbepaling of van die ooreenkoms tussen die vennote oor aspekte soos finansies,
eksterne stimulus. verdeling van werk, deling van winste, ens.
SSGB-analise ‘n bedryfsontleding-instrument wat ‘n besigheid in Verbale aanbiedings ‘n metode om ‘n boodskap deur gesproke
staat stel om die interne (mikro) en eksterne (mark en makro) woorde oor te dra.
omgewings van ‘n besigheid te bestudeer. Vergoedingsfonds hierdie fonds verskaf vergoeding aan
Stakings die gedeeltelike/volledige weiering van ‘n groep werknemers wat beseer word of siektes opdoen terwyl hulle aan
werknemers om te werk met die doel om ‘n grief/geskil oor enige diens is.
saak van wedersydse belang tussen die werkgewer en werknemers Vergoedingsraad ‘n statutêre liggaam van die Vergoedingsfonds
reg te stel. wat die Minister van Arbeid raad gee oor kwessies soos beleidsake,
Standaarde die tegniese spesifikasies/kriteria wat in die vlak van jaarlikse voordeel-verhogings, aanstelling van evalueerders en
gehalte van goedere/dienste weerspieël word. wysigings aan die WVBSS.
Strategie ‘n doelgerigte optrede wat die besigheid volg om sy doel/ Verpligte versekering versekering wat deur die wet vereis word,
doelwitte te bereik. byvoorbeeld WVF.
Strategie-evaluering laat ‘n besigheid toe om te evalueer/assesseer Versekerde waarde Die bedrag geld waartoe die versekerde en
of die beoogde strategie sy doel dien. versekeraar ooreengekom het om bates/lewe van ‘n persoon te
Strategiese bestuursproses die manier waarop ‘n organisasie sy verseker wanneer die kontrak onderteken word.
strategie definieer. Versekering ooreenkoms tussen versekerde en versekeraar waarin
Swart in die konteks van BBSEB is ‘n generiese term vir die Swart-, die versekeraar instem om die versekerde te vergoed in die geval
Bruin- , en Indiër-bevolking wat burgers van Suid-Afrika is van van ‘n bepaalde verlies, in ruil vir ‘n premie.
geboorte of afkoms, of wat voor April 1994 genaturaliseerde Verskaffers besighede wat insette, grondstowwe, half afgewerkte
burgers van Suid-Afrika geword het. goedere en produkte aan ‘n besigheid verskaf.
Swartlys om ‘n vonnis te plaas teen die naam van ‘n slegte Verskaffingsketting/produksieketting die stappe/prosesse wat
skuldenaar wat versuim om skuld terug te betaal nadat verskeie nodig is om die produk deur die primêre, sekondêre en tersiêre
pogings deur die kredietverskaffer aangewend is om die skuld besigheidsektore by die kliënt te kry.
te verhaal. Die vonnis teen die naam van die slegte skuldenaar Verskansing ‘n belegging wat jou finansies teen die moontlikheid
beteken dat die skuldenaar wettiglik verhinder sal word om van risiko’s beskerm.
goedere op krediet te koop vir ‘n vasgestelde tydperk, byvoorbeeld Visuele hulpmiddels kaarte/prente/beelde wat help om ‘n punt te
5 jaar. verduidelik/’n aanbieding te verbeter.
Voldoende finansiering en kapasiteit die vermoë van die
T besigheid om die korrekte voldoende finansiering en kapasiteit vir
Taak werk wat voltooi moet word.
alle operasionele vereistes te verkry in die strewe om TGB effektief
Tersiêre sektor verskaf finale produkte en dienste aan kliënte.
te implementeer.
Teruggetrek die besigheidslisensie kan amptelik deur die Arbeidshof
Voorlopige siftingsonderhoude ‘n kort vorm van
gekanselleer of herroep word.
onderhoudvoering met potensiële kandidate om te bepaal watter
Terugvoer inligting oor ‘n aanbieding deur ‘n gehoor wat as basis vir
kandidate aan die spesifieke kriteria voldoen.
verbetering gebruik word.
Voorwaartse vertikale integrasie die besigheid kombineer/
Terugwaartse vertikale integrasie die besigheid kombineer
smelt saam met/neem sy verspreiders in die verskaffingsketting/
met/smelt saam/neem sy verskaffers in die voorsieningsketting/
produksieketting (oor).
produksieketting (oor).
Vorming stadium van ontwikkeling waartydens spanlede mekaar
Totale Gehaltebestuur (TGB) ‘n geïntegreerde stelsel/metodologie/
ontmoet.
proses wat regdeur die organisasie toegepas word, wat help om
gehalte produkte en dienste aan kliënte te ontwerp/produseer/ W
verskaf. Waardigheid om ‘n persoon met respek te behandel.
Transaksionele leierskapstyl gebruik belonings en strawwe as Wedersyds ‘n soortgelyke reaksie teenoor mekaar.
aansporings om die gedrag van werknemers te beïnvloed. Weerhou om jouself te keer/verhoed om iets te doen. 
Transformasie-/oorgangsbestuur-leierskapsteorie is die beste Welstand die mate van geluk/voorspoed/sukses/positiewe moraal
van toepassing tydens ‘n tydperk van drastiese verandering in ‘n van werknemers/gemeenskap/samelewing.
organisasie. Welwillendheid ‘n gesindheid van vriendelikheid.
Werknemerbehoudskoers die koers waarteen die besigheid hul
U werknemers kan behou.
Uitsluiting vind plaas wanneer die werkgewer werknemers verhoed
Werkplekbeserings beserings wat plaasvind tydens die uitvoering
(letterlik uitsluit) om die besigheidsperseel te betree tydens
van werksverwante pligte/-verantwoordelikhede.
stakingsaksie en (arbeids)geskil-beslegtingsproses om plundering
Werwing proses wat deur ‘n besigheid gebruik word om sekere
en skade aan eiendom te voorkom.
vakatures in die besigheid te identifiseer en geskikte kandidate
Uitvoer om ‘n opdrag uit te voer.
daarvoor te lok.
WFIS/FICA Suid-Afrika se primêre wetgewing teen geldwassery en
teenterrorisme-finansiering.

382 BESIGHEIDSTUDIES | GRAAD 12

BS GRAAD 12 LB AFR.indb 382 2022/03/27 23:49:05

You might also like